Te veel van ‘n goeie ding

April 7, 2009 at 6 : 04 44 Kommentaar

Ek het eendag ‘n artikel van Matt Damon gelees.   Hy het iemand aangehaal wat gemeen het dat daar net 3 opvolge was wat beter as die oorspronklike was.  Die Nuwe Testament is ‘n verbetering op die Ou Testament.  Huckleberry Finn is beter as Tom Swayer en The Godfather II is beter as die eerste fliek.  In 2000 jaar, het hulle dus net 3 keer nie droog gemaak met die opvolg van iets nie.

Wel, dalk ‘n bietjie meer as 3 keer.  Damon het gemeen dat Bourne Supremacy beter as Bourne Identity was.   Ek kan nog ‘n paar flieks noem waar dit wel gebeur het.  Maar almal sal saam stem dat dit ver in die minderheid is.   Dink byvoorbeeld aan Bridget Jones.  Die eerste fliek was verfrissend anders.  Mense was dadelik verlief op haar, sosiale ramp wat sy was.  In die tweede fliek was dit te obvious.  So obvious dat dit inderwaarheid effens irriterend is.  Gelukkig was planne vir ‘n derde Bridget Jones laat vaar.

Ironies genoeg is een van die meer suksesvolle opvolge.  ‘n Mens kan dit nog uitstaan en selfs geniet.  Tog is die eerste Bridget net soveel beter.  Daar was opvolgflieks wat veel erger was.  Dink byvoorbeeld aan Grease 2.  As jy nie weet wat ek bedoel nie, wees dankbaar.

Ongelukkig het Hollywood die filosofie as ‘n fliek goed gedoen het, moet daar ‘n opvolg gemaak word teen alle koste.  Het hulle nog nooit gehoor van ‘n mens karring nie met ‘n goeie ding nie?  Dink net hoe sal Sound of Music II gewees het?  Maria kon immers nie nog ‘n man met 7 kinders gaan soek nie.  Die ware klassieke flieks kan nie ‘n opvolg dra nie.  Hulle behoort die sukses van die eerste te waardeer sonder om verder daarop te kapitaliseer.

Nou het een of ander nar besluit Mamma Mia het ‘n opvolg nodig.  Hulle kyk alreeds na watter ABBA liedjies gebruik kan word.  Daar is selfs sprake dat van die liedjies in die eerste fliek herhaal kan word.  Mamma Mia was nie die eerste opvoering van ABBA liedjies nie, maar dit was wel die suksesvolste.  Gaan hulle weer die resep reg kry?  Gaan hulle nog ‘n treffer kan skep sonder om die hele storie op te mors?

Ek twyfel.  Natuurlik gaan ek self oordeel, maar ek het nie veel hoop nie. 

Hoe hou julle van opvolgstories?  Wat is jou gunsteling opvolgfliek?  Die een wat jy die meeste gehaat het?

Blogvraag:   Wie het The Godfather – boek – geskryf?

Blogantwoord:  Olga was reg Earl Silas Tupper.

Vir diegene wat belangstel of nuuskierig is, ek het ‘n page (bo langs Bly te Kenne) met die opsomming met wat ons met die Rose Projek bereik het.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Vriendin moenies Respek vir gelowe

44 Kommentaar Add your own

  • 1. Jannas  |  April 7, 2009 om 6 : 45

    Bietjie van die onderwerp af maar ek glo van julle sal die volgende ene wat ek op blogger Doodlenut se blog gekaap het, geniet:

    Bitter and disillusioned Liewe Heksie packing for Perth

    BLOMMELAND. They call her Liewe Heksie but Lavinia is her name. She’s the cleverest witch she knows, and she’s even been to the moon. But for Liewe Heksie, 56, these words ring hollow. “It sounded much better in Afrikaans,” she says. “Now everything is in English or Xhosa.” Middle-aged, bitter and disillusioned with the new South Africa, Heksie is emigrating to Australia.

    Lavinia is the first to admit that the years have been unkind to her. The dirty blonde fringe is streaked with grey and the black velvet dress is pockmarked with cigarette burns.

    “It’s been a real struggle since they canned the show,” she says, lighting one of the Lucky Strikes that have left her with severe emphysema.

    “If I still had the show, flip, oke, I wouldn’t be eating pilchards off a Tupperware lid now, genuine.”

    But, she says, the loss of stardom and wealth has paled into insignificance next to the loss of her dearest friends. Her eyes fill with tears as she recalls her beloved cat, Matewis.

    “We put him to sleep in 1997,” she says. “He got cancer in his brain and stomach, and on his nose, and in one ear, plus his tail went sort of vrot.”

    She blames the asbestos in the walls and ceiling of the council flat she’s called home since her television show went off air in the late 1980s.

    “It’s also why Blommie doesn’t come here any more,” she adds. “He visited a few times in about 1991, but he said it was giving him migraines, and then he stopped coming.”

    She says she finally lost touch with her oldest friend after the elf announced his homosexuality in 1999.

    “It still makes me very heartsore when I think about how we parted,” she says, lighting another Lucky Strike.

    “I’m not homophobic. It just came as a surprise. So when he said, ‘Heksie, ek is ‘n gay stoute kabouter!’ I said ‘Haai oe, Blommie, di’s nie mooi nie’.

    “He totally took it up the wrong way. Ag nee, wait, that also sounds homophobic. But you know what I mean.”

    She says she will always love Blommie, and hopes he can forgive her in time.

    However she believes Australia will provide fresh opportunities and a chance to start again.

    “I still love South Africa, and it’s great that we’ve got democracy now,” she says. “Even if it did kill my show.”

    But, she adds, the advent of affirmative action has been a “bitter pill to sluk”.

    “I used to be the only good witch in the whole Gauteng-Blommeland region,” she says.

    “But after 1994 there were suddenly spell-quotas and magical Sotho snakes and tokkeloshes and fokken Liewe Swart Heksies wherever you looked.

    “Skuus dat ek so vloek,” she adds hastily. She is also quick to insist that she is not a racist, adding that she enjoyed working with many black actors such as Karel Kraai on ‘Wielie Walie’.

    She dusts off a yellowing photograph of her with Matewis and carefully packs it into her small suitcase, before heading for the door for the last time.

    “I think South Africa is a wonderful country with a great future,” she says.

    “Just not for white 56-year-old Afrikaans-speaking practitioners of the occult.”

  • 2. maxie  |  April 7, 2009 om 7 : 36

    Mario Puzo

  • 3. Liewe Heksie  |  April 7, 2009 om 8 : 20

    😥

    Tannie oom Kanna, daardie is n fake heksie. Sy het my naam gehi-jill! Boe hoe hoe

  • 4. Adrie  |  April 7, 2009 om 8 : 26

    Hallo Jan en Maxie

    Ek het die LH stuk al in Afrikaans teegekom. Ek vind dit jammer dat iemand haar kinderlike onskuld so verdraai het. Maar hulle bring hulle punt tuis.

  • 5. WILLE KJINDQ  |  April 7, 2009 om 8 : 56

    Laaste!!!!!

  • 6. WILLE KJINDQ  |  April 7, 2009 om 9 : 02

    Ek het Mama kaka gekyk en ek kannie dink dat enige iemand in hul regte mind dit kan oorweeg om nog ‘n kaka te maak. Ek het vanni storie lyn gehou maar die verkragting van daai liekies was net 1 teveel

  • 7. WILLE KJINDQ  |  April 7, 2009 om 9 : 03

    EEEUUUWWW!!!!!!

  • 8. Adrie  |  April 7, 2009 om 9 : 44

    En jy weet hoe klink die oorspronklike?:mrgreen: Die musiek pla glad nie as jy hardop saamsing nie.

    Hollywood se probleem is dat hulle nie uit die boks kan dink nie.

  • 9. Emil  |  April 7, 2009 om 10 : 24

    Hoe’s daai longontsteking, Wille Kjindq?

    Ek dink die opvolgreekse wat ons deesdae op TV sien, is uiters vervelig.

  • 10. Adrie  |  April 8, 2009 om 2 : 49

    Emil

    Jy is so reg oor die opvolg op dramas. Ek meen, Prison Break gaan oor hoe om die tronk te ontsnap. Nie om vir die res van jou lewe daaruit te bly nie. Dalk moet die vervaardigers weer onthou van happily ever after.

  • 11. *Mathilda*  |  April 8, 2009 om 5 : 34

    kom ons kyk of ek toe wel so tegnologies gestremd is as wat ek dink ek is

  • 12. *Mathilda*  |  April 8, 2009 om 5 : 36

    oh yeah o yeah ! Hel, ek hoop net dis reg gedoen

  • 13. WILLE KJINDQ  |  April 8, 2009 om 5 : 57

    More more!

    @ Emile

    Dit ga punt inni wind dankie. Ek kan eintlik nie wag virri naweek nie….. Ga bq vakansie hou.

    @ Adriana

    Ek gat jou nie antwoord nie😈

    @ Tilla

    OH‚ YEAH! OH YEAH! YOU GO GIRL!

  • 14. *Mathilda*  |  April 8, 2009 om 7 : 03

    Hallo again – ek gaan net gou meeting toe – is nou weer terug

  • 15. *Mathilda*  |  April 8, 2009 om 7 : 16

    Terug !

  • 16. Olga  |  April 8, 2009 om 7 : 32

    More, more. gaan dit goed? jy is chirpy vir n siek mens wk. moet die vooruitsig aan jou vakansie wees. geniet dit.

  • 17. Ogies  |  April 8, 2009 om 8 : 00

    Volgens my is daar net een fliek waarvan die opvolg flieks die moeite werd was en dit was Lethal Weapon 1-4.

  • 18. Adrie  |  April 8, 2009 om 8 : 03

    En Rocky 1 – 3 en ek sal 6 ook daarby insluit

  • 19. Adrie  |  April 8, 2009 om 8 : 04

    Ek hoop julle maak lekka of julle werk.

  • 20. *Mathilda*  |  April 8, 2009 om 8 : 06

    More Olga en Ogies

  • 21. *Mathilda*  |  April 8, 2009 om 8 : 07

    Adrie

    Iemand moet die ekonomie aan die gang hou !

  • 22. *Mathilda*  |  April 8, 2009 om 8 : 26

    Ek gaan nou maar plant toe siende dat niemand met my wil gesels nie.

  • 23. Nats  |  April 8, 2009 om 8 : 40

    Goeie more julle!

    Opvolg flieks wat die moeite werd is… Saw 1 en 2 en miskien 3, net jammer hulle het elke slag na 1 gekyk hoeveel bloed en guts hulle kan maak!! Gross – maar ek het die storie lyn geniet.

    LOTR was ok, dit raak net te laaaaaaaaank!!!

    Iets wat ek geniet is natuurlik X-Men, en ek sien daar kom nog een einde van die maand!!!

    Baie slegte opvolg was Basic Instinct – ek het nou nog nie nommer twee klaar gekyk nie – pateties!

  • 24. *Mathilda*  |  April 8, 2009 om 8 : 50

    More Nats

  • 25. Adrie  |  April 8, 2009 om 8 : 50

    Nats, ek en jy sal nie goeie fliekbuddies wees nie. Ek gril my dood.

  • 26. Nats  |  April 8, 2009 om 8 : 55

    *M*
    More!!

    Adrie
    Dis seker hoekom ons nog nie saam gaan fliek het nie… dis nie by toeval nie, die sterre weet ons moet nie!!😉

  • 27. *Mathilda*  |  April 8, 2009 om 8 : 56

    Kloon

    Ek stem – dis ook nie my tipe van flieks nie.

    Olga

    Ek wag nou nog om te hoor hoekom ek innie bollies is – gaan dit lank vat ?

  • 28. *Mathilda*  |  April 8, 2009 om 8 : 57

    Eeuw en Rocky ook nie – ek kan daai Stallone nie verdra nie !

  • 29. *Mathilda*  |  April 8, 2009 om 8 : 58

    Nats

    Werk jy more ?

  • 30. Adrie  |  April 8, 2009 om 9 : 10

    Tilla, ek is n groot Rocky fan, Stallone of te not. Boks of te not. Dom of te not. Dit bly n inspirenende storie.

  • 31. Nats  |  April 8, 2009 om 9 : 40

    Sorry ek moes gou my rekenaar uit vat en gaan skop het… terug, so kom ons kyk of die ding nou wil saam werk.

    Stallone!!!! My favourite man! Was verlief op hom gewees van ‘n baie jong ouderdom af – veral na Judge Dred (of so iets) Net jammer hy het so lelikerig oud geword. Rambo (die laaste een) was nogal wreed… nie soooo baie van dit gehou nie.

    *M*
    Ek werk tot so 1pm of 2pm more! Jippeee!! Dis ‘n bonus as die baas saam gaan see toe😉

  • 32. Adrie  |  April 8, 2009 om 10 : 49

    Ek is bly ek hoef nie more te ry nie. Die pad gaan nag wees!

  • 33. Wille Kjind Q  |  April 8, 2009 om 2 : 02

    *sssjjjttt* praat net saggies solat die maaikies nie wakker word nie

  • 34. pop  |  April 8, 2009 om 2 : 02

    hello julle

  • 35. pop  |  April 8, 2009 om 2 : 04

    almal al klaar op long weekend?

  • 36. Olga  |  April 8, 2009 om 2 : 06

    Tilla, dis oor jou verontagsamin van die 14de gebod. geen ekskusie is rede genoeg om dit te verontagsaam nie. mens is dit aan jou kinders verskuldig. aangesien jy nog lewe het jy geen rede hoeko jy nie kon gaan registreer nie. ons saan almal tussen wat nog, in die son, in die reen, maar ek laat my stem geld.

  • 37. Olga  |  April 8, 2009 om 2 : 08

    die no 2s en 3s in flieks en tv reekse is 90% van die tyd algehele snert. ek sidder as ek dink wat hulle met erfsondes gaan aanvang.

  • 38. Adrie  |  April 8, 2009 om 2 : 25

    Hi Pop. Lyk my almal werk dat hulle hop anders kry hulle nie langnaweek nie.

  • 39. pop  |  April 8, 2009 om 2 : 35

    sekere mense sit en loaf ne?

  • 40. *Mathilda*  |  April 8, 2009 om 2 : 36

    So kom ek toe nou terug van die plant af (het nie eers vuil geword nie) en toe is ons netwerke alles af ! GRRRRR !!!

    Olga

    Altwee naweke wat hulle gegee het was die enigste naweke in ‘n lang tyd wat ons nie by die huis was nie en dit was lank voor hulle datums gereël !

  • 41. *Mathilda*  |  April 8, 2009 om 3 : 41

    En nou gaan ek darem amper huistoe

  • 42. *Mathilda*  |  April 8, 2009 om 3 : 49

    Toodles

  • 43. Nats  |  April 8, 2009 om 4 : 09

    WP!!!!!

    GRRRRR!!!!!!

  • 44. *Mathilda*  |  April 8, 2009 om 5 : 31

    en nogsteeds is almal weg

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: