Vriendin moenies

April 6, 2009 at 6 : 38 165 Kommentaar

Vriendinne is ‘n spesie op hulle eie.  Daar is goed wat jy vir jou vriendinne sal doen, wat amper ondenkbaar is.  Soos as die arme siel die dag wil trou, sal jy onder haar rok in klim om haar kousband reg te trek.  Jy sal in die middel van die nag haar oproep neem al wil sy oor die grootste loser onder die son tjank.  Jy sal na hulle kinders kyk, al is hulle die stoutste kinders wat jy al ooit gesien het.  Jy sal hulle uit die tronk gaan haal, mits jy nou natuurlik nie saam met hulle in die tronk sit nie.

Net om ‘n paar voorbeelde te noem.  Dit het natuurlik ‘n prys.  Hulle gaan natuurlik dieselfde vir jou moet doen.  Verder is jy ook jou vriendin se grootste vyand.  Die kanse is goed dat jy haar kombuistee of ooievaarstee gaan reel.  Jy gaan haar ook waarskynlik ‘n paar kere dwing om iets teen haar sin te doen.  Tog is daar goed wat ‘n definitiewe nee is wat jou vriendinne betref.

Heel bo aan die lys is enige verbindinge met haar ou of haar eks ou.  Vriendinne deel nie mans nie, onder geen omstandighede nie.

Jy moet ook mooi dink waar eerlikheid te sprake kom.  Die meeste mense verafsku eerlikheid betreffende hulle self.  Jy kan dit dalk waag om eerlik te wees oor haar lewensmaat, maar dit is ‘n groot waagkans.  Eerlikheid ten op sigte van haar kinders en haar handelswyse sal nooit waardeer word nie.

Iemand wat op jou netwerklys is, is nie ‘n vriendin nie.  Al is die verhouding tot altwee se voordeel.  Die oomblik as jy ‘n kennis gebruik om tot jou eie voordeel aan te wend, netwerk jy.  Dit is nie ‘n vriendskap nie.

‘n Ware vriendin deel ook nie jou nommer aan telebemarkers uit nie.  Hulle probeer ook nie geld uit jou maak nie.  Hulle nooi jou nie na partytjies waar daar tupperware of onderklere of iets verkoop word nie.  Hulle probeer jou ook nie aan ‘n vriend, boetie of neef afsmeer nie.

Is daar moenies waarvan ek vergeet het?  Is daar moenies waarmee ek oordryf het?

Blogvraag:  Wie het Tupperware ontwikkel?

Blogantwoord:  Olga was reg met Friedrich Fröbel

Baie Sterkte aan Wille Kjind Q wat tans met dubbele longontsteking sit.  Ons hoop dat sy gou weer gesond sal raak.  Wat natuurlik baie makliker sal gebeur as sy in die hospitaal bly soos sy moet en nie gaan werk nie.

My maniere het weer gedros.  Baie dankie Giggel, Nats, Maxie en Tilla vir julle kontant skenkings vir die blogprojek. 

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Bestaan geregtigheid nog? Te veel van ‘n goeie ding

165 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  April 7, 2009 om 1 : 38

    Nats

    Ek kyk so af en toe The Amazing Race

  • 2. Adrie  |  April 7, 2009 om 1 : 47

    Verons

    Ek het verlede jaar iewers gelees dat daar meer blankes as swartes in die land geregistreer is. Dus stem ‘n groot gedeelte van daardie blankes nie of daar is baie ANC aanhangers onder die blankes.

    Ek is bevrees ek moet maar vir die lesser evil stem. Wat DA is.

  • 3. See Kat  |  April 7, 2009 om 1 : 48

    Adrie as hulle dit nie gee nie dan loop die mense vir meer geld na ander Engineering firmas of oor see. Na die verhoging het daar net uit ons afdeling 5 ouens gewaai na ander firmas vir meer geld. So hulle probeer maar die mense hou. Die reses is in die bou bedryf en karre wat die banke beinvloed maar dit is nie die hele land se ekonomie nie in die invrastruktuur gaan dinge nog aan en jy beplan en bou nie iets oor nag nie. Meeste van die maatskapye laat die onwerp en beplanning aan gaan dan sit hulle die projek net op die ys. Want na die ressessie as jy nie reg is nie dan gaan jy sukkel om op te vang.

  • 4. Adrie  |  April 7, 2009 om 1 : 52

    Seekat

    Moet ek vir jou vloek oor die bouery wat my orals in die voet skiet.

  • 5. See Kat  |  April 7, 2009 om 1 : 55

    Ongelukkig moet ek nou baai se want ons word geblok op sekere web pages en kan net oor middagete op dit gaan dit is hoekom ek so skaars is. Want anders streem party mense die radio stasies wat die netwerk dood trek.

  • 6. Adrie  |  April 7, 2009 om 1 : 57

    Tata Seekat

    Dankie vir die inloer.

  • 7. *Mathilda*  |  April 7, 2009 om 2 : 07

    Ek het kos gekry !

  • 8. *Mathilda*  |  April 7, 2009 om 2 : 32

    Wa is almal nou ?

  • 9. *Mathilda*  |  April 7, 2009 om 2 : 36

    Ek weet ook tot nou toe nie waaroor ek in die bollies is nie

  • 10. Verons  |  April 7, 2009 om 2 : 55

    Nats ek het ‘n mans vriend en die mense noem ons battery en torch die een doen niks sonder die ander nie, ek het al ‘n paar keer girls gekry wat my beledig omdat hulle dink ons is ‘n paartjie!😉 Hy is 10jaar jonger as ek en 10jaar ouer as my dogter en hy kuier ewe lekker saam ons twee. Partykeer gaan hy en my dogter op ‘n jol en dan staan die hare op my kop skoon regop as ek hoor watter kattekwaad hulle aan gejaag het! Maar aan die ander kant as ek en hy op ons stukke is het die mense hulle hande vol met ons!
    Nie ek of hy is gepla of die mense dink ons is ‘n paartjie of nie! Die mense wat in ons lewe tel weet dis nie so nie en dis al wat tel! Die ander kan maar wonder en skinder! So het ons al paar keer baie lagwekkende situasies gehad!😀

  • 11. *Mathilda*  |  April 7, 2009 om 3 : 44

    Ag dan gaan ek maar siende dat niemand met my wil gesels nie – toodles

  • 12. Nats  |  April 7, 2009 om 3 : 58

    Totsiens julle gevreetjies!!

    Sien more, ek gaan bietjie vroeer huis toe!!!

  • 13. Wille Kjind Q  |  April 7, 2009 om 4 : 36

    ( ( ( ( ( ( ( ( ( H A L L O ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ) ) ) ) ) ) ) ) ) )

  • 14. Olga  |  April 7, 2009 om 4 : 50

    ai wk, het hulle almal jou verlaat? hoe gaan dit?

  • 15. Wille Kjind Q  |  April 7, 2009 om 4 : 58

    OLGA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!! MWAH!!!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: