Bestaan geregtigheid nog?

April 6, 2009 at 2 : 43 58 Kommentaar

Die nasionale vervolgings gesag het die saak teen Zuma laat vaar.

Daar word onder meer verklaar dat mnr. Bulelani Ngcuka, voormalige hoof van die nasionale vervolgingsgesag, en adv. Leonard McCarthy, voormalige Skerpioene-baas die regsproses misbruik het.

Ek sê waar daar ‘n rokie trek moet daar ‘n vuurtjie wees.  As Shaick met Zuma ‘n verhouding kan hê wat korrup is, dan moet Zuma mos korrup wees.  Hoekom orals klippe in die vervolgings gesag se pad rol as hy niks het om weg te steek nie?  Hoekom sy dag in die hof, waarvoor ons miljoene betaal het, vermy?

Dink jy Zuma is skuldig?

Het jy nog vertroue in die regsbank?

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Bewaarskole? Vriendin moenies

58 Kommentaar Add your own

  • 1. *Mathilda*  |  April 6, 2009 om 2 : 47

    Uhm – NEE

  • 2. *Mathilda*  |  April 6, 2009 om 2 : 49

    Geen vertroue meer in die regstelsel nie (eintlik lankal nie) en JAAAAA hy is so skuldig soos nog iets

  • 3. Adrie  |  April 6, 2009 om 2 : 50

    Ek dink ek moet gaan aanmeld vir Korrupsie 101. Anders sal ek nie ver in die land van ons kom nie.

    Tilla😯

    Dink jy Zuma is onskuldig? 😉

  • 4. Adrie  |  April 6, 2009 om 2 : 50

    Whahahahahaha

    Toe sien jy wat ek sien.

  • 5. Nats  |  April 6, 2009 om 2 : 56

    Ja en NEE!!!

  • 6. Nats  |  April 6, 2009 om 2 : 59

    Daar moes genoeg bewyse gewees het vir hom om aangekla te word!! So hoe kan dit net so verdwyn!?!?! Geld het seker weer lekker die praat werk in daai hof gedoen!

    Hy moet saam Shaick terug gaan tronk toe!!!

    Maar ons gaan seker nie so vinnig van hom ontslae raak nie, want die dag wat hy uit die tronk kom word hy seker president!!!!

  • 7. Adrie  |  April 6, 2009 om 3 : 00

    Ek kan nie glo hulle laat vaar dit nie.

    Ek het ‘n vermoede almal probeer hulle basse red vir wanneer Zuma president is. GRRRRRRRR

  • 8. Adrie  |  April 6, 2009 om 3 : 01

    Nou gaan hy president word sonder dat hy WEER in die tronk was.

  • 9. *Mathilda*  |  April 6, 2009 om 3 : 02

    Adrie

    Nie in hierdie leeftyd nie

  • 10. *Mathilda*  |  April 6, 2009 om 3 : 08

    Dis nou of hy onskuldig is

  • 11. Adrie  |  April 6, 2009 om 3 : 08

    Wie moet ek gaan omkoop om president te word?

    Kan ek almal van julle omkoop om vir my te stem?

  • 12. Adrie  |  April 6, 2009 om 3 : 10

    Jacob, comrade, my stem kos net R1 miljoen rand. In kontant.

  • 13. Adrie  |  April 6, 2009 om 3 : 10

    Enige ander party kan my stem vir R500 000 kry.

  • 14. Adrie  |  April 6, 2009 om 3 : 11

    Behalwe die DA. Hulle kan sommer my stem verniet kry.

  • 15. Nats  |  April 6, 2009 om 3 : 22

    Flippen fantasties!!!!!! En nie die goeie tipe nie!!!

    Nou net gaan lees oor die vier boeke van Twilight… en nou ja wat, ek weet nou sommer wat gaan gebeur! Alles!!!! Daar spoil ek dit nou lekker vir myself!

    Note to self: Moenie weer navorsing gaan doen as jy nie die antwoord wil weet nie!!!

  • 16. *Mathilda*  |  April 6, 2009 om 3 : 24

    Nats

    Dit was nie baie slim nie !

    Adrie

    Gaan jy ons betaal vir daai stem ?

  • 17. *Mathilda*  |  April 6, 2009 om 3 : 26

    O ja kloon

    Sê vir klip – of hy kan sommer self kom lees – baie dankie vir die info – maar ongelukkig was ons te laat.

    Wanneer skop die volgende blogprojek af ?

  • 18. Adrie  |  April 6, 2009 om 3 : 28

    Kloon

    Natuurlik, ek moet net eers my lang vingers in belasting geld le

  • 19. Adrie  |  April 6, 2009 om 3 : 30

    Kloon

    Die volgende blog projek . . . .

    Dit is natuurlik ‘n vraag daardie

    Ek het ‘n paar idees wat ek sal deel sodra die een afgehandel is. Ek dink aan ‘n blog rekening en kleiner maandlikse bedrae. Ek dink aan Curriebeker verspellings. En en en . . . .

  • 20. Nats  |  April 6, 2009 om 3 : 30

    *M*
    Baie stupid!! Kan myself lekker skop!

    Ek het nou die dag ‘n oproep van die DA se kantoor gekry!!! Hulle vra my of hulle op my stem kan staatmaak!? En wou toe my detail bevestig… hulle gee toe my ou adres en telefoon nommers ens. Ek sê toe ek voel nie gemaklik dat ek my persoonlike detail vir hulle gee nie.

    Baie weird!!!!

  • 21. *Mathilda*  |  April 6, 2009 om 3 : 32

    Nats

    Ek gee GEEN persoonlike info uit nie !

  • 22. Adrie  |  April 6, 2009 om 3 : 33

    Nats

    Ek het laas ook daaroor gekots. Ek is nie amptelik ‘n DA lid nie. Hoe weet hulle om vir my promosie materiaal te stuur?

  • 23. *Mathilda*  |  April 6, 2009 om 3 : 34

    Ek dink daar gaan juis nou baie sulke bedrog en goed gebeur as gevolg van die bollie – dis mos nou ‘n goeie aansluitingspunt om info uit mense uit te kry

  • 24. *Mathilda*  |  April 6, 2009 om 3 : 35

    Ek kry weer in my moer in sms’e van die VF party – ek het nog nooit in my lewe iets met hulle te doen gehad nie – waar kry hulle my nommer ? Ek ignore dit soos ‘n stopstraat

  • 25. Nats  |  April 6, 2009 om 3 : 37

    *M*
    Ergste is hy het al my detail vir my gegee!! Ek sê toe nee, nie ‘n manier wat ek sommer net gaan info uit gee nie. Ek antwoord nie eens my foon “Hallo Nats wat praat nie” ek antwoord net hallo!

    Hulle bel my mos, moet weet met wie hulle praat.🙂

  • 26. Adrie  |  April 6, 2009 om 3 : 39

    Tilla

    Jy pas dalk by hulle kieser profiel.

  • 27. Adrie  |  April 6, 2009 om 3 : 40

    Gaan iemand ‘n beswaar he as ek die DA logo op die blog plaas tot met die verkiesing?

  • 28. Nats  |  April 6, 2009 om 3 : 41

    😆

    Het julle daai VF borde gesien “Is jou vel te wit vir ‘n werk?”

    Ha ha ha!!! Wonder hoe lank daai borde daar gaan bly!

  • 29. Adrie  |  April 6, 2009 om 3 : 42

    Re 27. As daar enigsins ‘n beswaar van enige iemand is, sal ek dit nie doen nie.

  • 30. Nats  |  April 6, 2009 om 3 : 42

    Plaas voort!!!!!
    Jy kan sommer my naam daar skryf ook as jy wil!

    Nats vote DA!! En kla!!!

  • 31. *Mathilda*  |  April 6, 2009 om 3 : 46

    Ek het nie ‘n probleem daarmee nie kloon – as ek geregistreer was sou ek ook vir hulle gestem het ! Ek doen nie VF nie en ek dink ook nie ek pas in hulle profiel nie – wil ook nie – hulle is net ‘n poep in die wind !

  • 32. Adrie  |  April 6, 2009 om 3 : 48

    Nats

    Ek dink nogal daardie goed gaan bly.

  • 33. Adrie  |  April 6, 2009 om 3 : 48

    Kloon

    Lees ek reg????

    Het jy die 14de gebod oortree?

  • 34. *Mathilda*  |  April 6, 2009 om 3 : 50

    Ek gaan nou huistoe – eventually – sien julle more

  • 35. *Mathilda*  |  April 6, 2009 om 3 : 51

    Jip jy lees reg

  • 36. Adrie  |  April 6, 2009 om 3 : 51

    Hel 😯 Is dit al 4 uur? Waar is die dag heen?

  • 37. Adrie  |  April 6, 2009 om 3 : 52

    Waar was jy met die vorige verkiesing geregistreer?

  • 38. Adrie  |  April 6, 2009 om 4 : 10

    Die ousie het longontsteking.

  • 39. Adrie  |  April 6, 2009 om 4 : 12

    Sy kan omtrent glad nie praat nie.

  • 40. Nats  |  April 6, 2009 om 4 : 28

    Tsk… sy kan ten minste kom allo sê, ons gebruik mos nie ons stemme letterlik op die blog nie of hoe?

  • 41. Adrie  |  April 6, 2009 om 4 : 32

    Haar vingers is seker styf.

  • 42. Adrie  |  April 6, 2009 om 4 : 33

    Of haar vingers sit in haar longe

  • 43. Nats  |  April 6, 2009 om 4 : 34

    Seker in klein bolletjies gerol van die heeltyd hoes!😉 Nou staan en trek hulle styf! He he he!

  • 44. Adrie  |  April 6, 2009 om 4 : 36

    Nats

    Seker mense haal haarself nie net uit die hospitaal nie, sy gaan werk dan ook boonop.

  • 45. Nats  |  April 6, 2009 om 4 : 41

    Ek is nou moeg… wil regtig egtig huis toe gaan!!!

  • 46. Adrie  |  April 6, 2009 om 4 : 44

    Ek ook.

    Ek moes sommer die hele week verlof geneem het.

  • 47. Nats  |  April 6, 2009 om 4 : 45

    Hoekom het jy nie??

    Ek dink ek was moeg gebore… alles my ma se skuld!!🙂

  • 48. Olga  |  April 6, 2009 om 4 : 45

    Arme wk. maar sy tik nie met haar stem nie. wat n dag. my yskas het die gees gegee. die mop skree al genade as dit my sien. Het blom ook longontsteking? of het sy n sak slap menslike fesus se goed wat hang in n vice gaan beet vat en sy sit nou in die tronk? viva. dan is blom al n runner up vir president.

  • 49. Adrie  |  April 6, 2009 om 4 : 47

    Tweeling

    Het jou ma gejol toe sy jou verwag het? Of is jy dalk op ‘n jol gemaak. 😳 Toemaar, moet eerder nie antwoord nie.

  • 50. Olga  |  April 6, 2009 om 4 : 50

    Jacob is so skuldig soos sonde. hoe kan die buiteland geloof he in n land wie se prosi 783 aanklagte teen hom gehad het? 1 van die dae kak ons dunner as pèrrefien. hulle gaan die 1 na die ander handelsbetrekkinge met s.a sny. viva jere4kenmiah.

  • 51. Adrie  |  April 6, 2009 om 4 : 54

    Olga

    Weet jy yskas dat hy droog maak?

  • 52. Olga  |  April 6, 2009 om 4 : 58

    Ja, die yskas mechanic was hier en weg ook. plaas gee hy my brief wat se onherstelbaar. kan dalk genoeg uit die versekering kry om n nuwe bed te koop.

  • 53. Nats  |  April 6, 2009 om 5 : 01

    Adrie
    too much info!!! Wil nie weet nie!!!
    *druk ore toe, sing liedtjies en dink aan baba hondtjies* 😉

    Alo Olga, baai Olga!

    Sien julle gevreetjies weer more!!!!

    Cheerio!

  • 54. Olga  |  April 6, 2009 om 5 : 02

    Ag, gaan kak anc. shabir shaik het dinge herken dat hy namens en vir zuma gedoen het.

  • 55. Jannas  |  April 6, 2009 om 5 : 57

    He he he! Net gou kom kyk wat maak julle met die JZ ding. Vandag is die reg verkrag deur die wat haar moes beskerm. Daar is niks te vrese nie. As jy reg leef en nie verkeerd doen nie, het jy nilks te vrees nie, maak nie saak hoe korrup die regering is en hoe onregverdig die regbanke is nie. Hou jou kop laag, los hulle uit en doen jou eie ding eerlik en opreg en jy sal nie moeilikheid hê nie.

  • 56. Olga  |  April 6, 2009 om 6 : 54

    Ja rite jannas en as jy gereeld stort sal niks aan jou vasklou nie.

  • 57. Adrie  |  April 6, 2009 om 7 : 43

    Jan

    Tot eerlikheid en opregdheid teen die wet raak. Ek is nie oor myself bekommerd nie, maar hel daar is meer as genoeg skelms op straat.

  • 58. Die Week in ‘n Neutedop…… « Demoerin se Wêreld  |  April 17, 2009 om 6 : 02

    […] en so ook ons tweede week met net 4 werksdae. Goeie nuus is daar is nog 2 sulke weke. Heehaa! Zuma se saak is intussen teruggetrek, net betyds vir die verkiesing volgende week. Wondere sal my ook […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: