Op jou boekrak

Maart 30, 2009 at 5 : 54 205 Kommentaar

Daar bewandel bittermin mense die aarde wat nie lees as een van hulle stokperdjies aandui nie.  Hoeveel van die mense sal jy ooit met ‘n boek betrap?   Hoeveel van die mense sal jou van ‘n boek kan vertel wat hulle al gelees het? 

Ek het tot my skok ontdek dat ek deesdae eerder sal blog (of blogs lees) as om ‘n boek te vat en te lees.  Ek is versot op lees, maar dit is deesdae ‘n storie om letterlik met ‘n boek te gaan sit.  Of meer korrek, dit is deesdae ‘n prestasie om ‘n boek te lees wat ek nog nie gelees het nie.  Nie omdat ek al so ‘n groot verskeidenheid gelees het nie, maar omdat dit al is wat in my woonstel beskikbaar is.  Alles natuurlik goeie boeke ook.

Ek blameer die biblioteek en die prys van boeke.  Ek gee nie om om my hand diep in my sak te steek vir ‘n goeie boek nie, maar hoe moet ek vooraf weet dat dit ‘n goeie boek is?  Ek en resesente stem nie noodwendig met alles saam nie.  Ek wil eers ‘n boek lees voordat ek dit koop.  Ek sien noudie dag hoe een van Langenhoven se klassieke karakters R180 kos vir ‘n boek wat nie eers 5mm dik is nie.  Daardie boek kan gerus bly waar hy is.  Die biblioteek weer is deesdae omtrent nooit oop nie.  Hulle tye suig, ek dink regtig hulle behoort tot 20:00 saans oop te bly.

My boekrak tuis en by die werk is propvol, daar is inderwaarheid van my boeke op my ma se rak ook.  My boeke is ‘n mengsel van wat ek nuut / gebruik gekoop het, gesteel het (van my ma natuurlik en bewaar haar siel as sy een van my boeke steel) en geaas het toe ander mense dit wou weggooi.  Hoe op aarde gooi jy ‘n boek weg?  Dit is teen enige gebod.

Die tipe boeke wissel ook aansienlik.  Ek het heelwat vakliteratuur, waarvan ek nie na universiteit ontslae wou raak nie.  Ek besit omtrent elke boek wat ooit uit Dalene Matthee se pen verskyn het.  Ek is mal oor haar werke.  Ek het ook onbeskaam ‘n paar ligte Afrikaanse romans en darem ‘n paar dieper boeke ook.  Ek lees nie graag Engels nie, maar het wel ‘n paar Tom Clancy boeke en ander wat ek baie geniet het en aangekoop / gesteel het.  Waarop ek beslis baie maklik sal geld uitgee is ‘n goeie Afrikaanse kinder of jeugliteratuur.  Nee, dit is nie vir my hipotetiese kinders nie.  Dit is vir my.  Ek koop net Afrikaans, want dit raak so skaars soos hoendertande.

Ek verkies fiksie bo enige ander tipe leesstof.  As daardie fiksie nog verweef is met feite, des te beter.  My gunsteling genre is effens moeiliker om te beskryf.  Ek het ‘n redelike wye belangstelling, dus kan ek myself nie tot een tipe boek beperk nie.  Ek is wel ‘n sucker vir ‘n boek waar iemand welverdiend hulle verlede / omstandighede / vyande oorwin en ek hou van gelukkige eindes.

Ek moet weer meer lees.  Regstelling, my werk behels baie leeswerk.  Ek moet meer vir my plesier lees.  Dalk moet ek ‘n boekklub op die blog begin.

Hou jy van lees?  Wat was die laaste boek wat jy gelees het?  Watter tipe boeke lees jy graag en koop jy graag boeke?

Blogvraag:  Wie was Sarel Seemonster en Karel Kraai se stemme?

Blogantwoord:  Boskind was reg dat Pippa ‘n jagluiperd was en Penny ‘n luiperd.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Joy Adamson Dralende uitstel

205 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Maart 31, 2009 om 1 : 15

    Fossiel

    Vertel ons, was daar in jou tyd al boeke?

    Het jy al ooit al geleer lees?

  • 2. Adrie  |  Maart 31, 2009 om 1 : 16

    *Adrie trek Ridder se aandag af sodat hy nie kan sien hoe Tilla sy saal vol stroop smeer nie.

  • 3. White Knight  |  Maart 31, 2009 om 1 : 18

    Herrie Merrie

    Boeke, wat wil jy van boeke weet?

    Ek lees al vandat papirus en perkament rolle die boeke van die dag was.

  • 4. White Knight  |  Maart 31, 2009 om 1 : 19

    Self se die Egiptiese spyker skrif in die kleitablette van Farao

  • 5. White Knight  |  Maart 31, 2009 om 1 : 20

    Dankie Tilla

    Nou kan ek die saal skoon lek voor ek verder ry en die nodige natuurliike suiker inkry.😈

  • 6. White Knight  |  Maart 31, 2009 om 1 : 22

    Merrie is ook maar bang om self dit naby die Ridder se Hings te waag. Regte slapgewriggie, ander moet altyd dinge namens haar doen.😡

  • 7. Adrie  |  Maart 31, 2009 om 1 : 22

    WOW!!!!

    Fossiel, ek is beindruk. Herogliewe nogal.

    Kan jy daardie kleiklip lees wat in een of ander museum aangehou word.

    Watter boeke wat ons kan lees (Afrikaans of Engels) sal jy aan beveel?

  • 8. Adrie  |  Maart 31, 2009 om 1 : 23

    Tilla

    Ek het vir jou gese jy moet super glue gebruik. 😡 👿

  • 9. Adrie  |  Maart 31, 2009 om 1 : 24

    Fossiel

    Daardie hings van jou hiperleer al klaar as ek net vir hom kyk.

  • 10. White Knight  |  Maart 31, 2009 om 1 : 27

    Merrie

    Enigste boek vir jou is 365 stappe per jaar, hoe muise uit hul eie deurmekaar wereld kan ontsnap😆

  • 11. White Knight  |  Maart 31, 2009 om 1 : 29

    Hings hiperleer, merrie?.🙂

    Hoop nie hy klim baie hoog teen daai leer op nie. Ek wil netnou ry.

  • 12. Adrie  |  Maart 31, 2009 om 1 : 31

    Muise????

    Onthou ek is immuun teen iets soos muisneste.

    Erken dit maar fossiel, jy het nog nooit in jou lewe ‘n boek gelees nie. Seker nie eers ‘n voorgeskrewe boek op skool nie.

  • 13. *Mathilda*  |  Maart 31, 2009 om 1 : 31

    Ai tog – die koppies raas alweer lekker

  • 14. White Knight  |  Maart 31, 2009 om 1 : 33

    Mathilda

    Ek stem saam daai Merrie se koppe, een vir elke persoonlikheid, raas weer lekker vandag.😉

  • 15. Adrie  |  Maart 31, 2009 om 1 : 33

    😳 Hiberneer bedoel.

    Hier lees kinders. Ons wil darem nie die perd voor hulle skiet as hy sy rug op die leer gebreek het nie.

  • 16. Adrie  |  Maart 31, 2009 om 1 : 35

    Fossiel

    Dit beteken nie as jy elke dag in ‘n pak hier opdaag dat ek persoonlikheid verander het nie.

  • 17. Adrie  |  Maart 31, 2009 om 1 : 39

    O, ja. Vandag is die laaste dag wat iemand ‘n skenking tot die blogprojek kan maak.

  • 18. White Knight  |  Maart 31, 2009 om 1 : 41

    Merrie Muis

    Of ek hier is of nie, jou persoonlikheid verander meer as politieke partye se verskonings oof hoekom hulle droogmaak.

  • 19. Adrie  |  Maart 31, 2009 om 1 : 42

    Fossiel

    Jy vat nou vir arme merriemuis in die gesig. Hoe moet sy voel dat jy haar met my vergelyk?

  • 20. *Mathilda*  |  Maart 31, 2009 om 1 : 43

    Ek dink ek gaan nou ‘n draaitjie stap en dan my boek vat en biki lees

  • 21. Adrie  |  Maart 31, 2009 om 1 : 46

    Tilla

    Ek neem aan ons verveel jou.

  • 22. White Knight  |  Maart 31, 2009 om 1 : 49

    Net ter verduideliking

    Merrie Muis hierbo = Herrie Merrie met die Muis gesig.😈

    Byeeeeee

    Sien weer ander dag

  • 23. Adrie  |  Maart 31, 2009 om 1 : 50

    Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!! Kyk hoe hol die fossiel weg!!!

  • 24. Adrie  |  Maart 31, 2009 om 1 : 52

    Damn!!!!

    Is ek weer spam op my eie blog?

  • 25. *Mathilda*  |  Maart 31, 2009 om 2 : 04

    Nee – ek is net nuuskierig !

  • 26. Adrie  |  Maart 31, 2009 om 2 : 08

    Geniet dit dan

  • 27. *Mathilda*  |  Maart 31, 2009 om 2 : 14

    Ek kan lees en blog gelyk – solank hier iemand is om met my te gesels

  • 28. *Mathilda*  |  Maart 31, 2009 om 2 : 15

    My vinger rus op die refresh knoppie

  • 29. Adrie  |  Maart 31, 2009 om 2 : 17

    Hulle het op die oomblik ‘n ander ding op wordpress aan die gang. Mense is twee in ‘n span verdeel. Een man en een vrou. Hulle moet dan ‘n storie skryf. Die een skryf die eerste paragraaf, die ander een die volgende paragraaf en dan weer terug na die eerste een. Tot die storie klaar is.

  • 30. Adrie  |  Maart 31, 2009 om 2 : 30

    En toe haal Tilla haar vinger van die refresh knoppie af . . .

  • 31. *Mathilda*  |  Maart 31, 2009 om 2 : 34

    Issie

  • 32. Adrie  |  Maart 31, 2009 om 2 : 36

    Is

  • 33. *Mathilda*  |  Maart 31, 2009 om 2 : 40

    Issie – maar die reël was dat iemand dan ten minste met my moet praat

  • 34. Adrie  |  Maart 31, 2009 om 2 : 43

    Ek het met jou gepraat. GRRRRR

  • 35. Adrie  |  Maart 31, 2009 om 2 : 43

    Ek het jou van die hele tag storie vertel en jy maak nie eers of jy belangstel nie.

    GRRR

  • 36. Adrie  |  Maart 31, 2009 om 2 : 44

    En sommer nog ‘n grrrr

  • 37. Adrie  |  Maart 31, 2009 om 2 : 45

    Dit is moeilik om met iemand te praat wat omtrent glad nie ‘n bydrae lewer nie.

  • 38. Adrie  |  Maart 31, 2009 om 2 : 46

    Wat net af en toe ‘n sinnetjie laat val dat hulle lewe.

  • 39. Adrie  |  Maart 31, 2009 om 2 : 46

    Met die klem op meer AF as toe.

  • 40. Adrie  |  Maart 31, 2009 om 2 : 48

    Toemaar, ek onthef jou van die verpligting om my geselsskap te hou. Maar net tot more. Ek moet gou ‘n kalf uit die put uit gaan haal.

  • 41. Adrie  |  Maart 31, 2009 om 2 : 49

    Jy kan natuurlik so 9 hooftrekke uit jou boek hier plaas, sodat ons kan besluit of jou boek die moeite werd is om te lees.

  • 42. *Mathilda*  |  Maart 31, 2009 om 2 : 50

    Arme kalf !

    Is die tag ding die storie ding gewees wat een vertel en dan die ander ?

  • 43. *Mathilda*  |  Maart 31, 2009 om 2 : 54

    Ek het nog nie aan my boek geraak nie – sal maar vanaand lees (of wanneer jy die kalf uit die put gaan haal het)

  • 44. *Mathilda*  |  Maart 31, 2009 om 2 : 55

    Ek het onthou van daai ‘it’s rude to read in company’ ding

  • 45. *Mathilda*  |  Maart 31, 2009 om 3 : 03

    Waar lê die ander nou alweer en slaap ?

  • 46. *Mathilda*  |  Maart 31, 2009 om 3 : 05

    Hallo – anybody out there ?

  • 47. *Mathilda*  |  Maart 31, 2009 om 3 : 05

    Iemand ?

  • 48. *Mathilda*  |  Maart 31, 2009 om 3 : 06

    Enige iemand ?

  • 49. *Mathilda*  |  Maart 31, 2009 om 3 : 06

    Koeweeeeeeee !

  • 50. *Mathilda*  |  Maart 31, 2009 om 3 : 07

    200ste !!!!

  • 51. Adrie  |  Maart 31, 2009 om 4 : 00

    Iemand al terug?

  • 52. Klip  |  Maart 31, 2009 om 5 : 15

    Hallo almal

  • 53. Klip  |  Maart 31, 2009 om 5 : 17

    Net gou hierdie met julle deel……………

    Pubs and Physics…….Now you know

    It turns out that there’s a scientific and logical explanation for why people (mostly men) spend so much time in pubs and only get home in the early hours of the morning. The reason for this odd behaviour is based on Einstein’s famous Relativity Theory. It works like this: it is a well known fact that the more you drink, the faster you move. After about 8 beers (or 4
    double brandies %26 coke, etc), you’re moving at close to the speed of light, and this is where Einstein enters the picture. According to his Relativity Theory, any body moving at, or close to the speed of light, undergoes Time Dilation, i.e. time for you in the pub passes slower than for an observer
    outside the pub. Complicated calculations have shown that the pub becomes a type of time machine:- for every half-hour spent inside the pub, something like two hours pass outside the pub. A typical situation is: “OK guys, it’s 8 O’clock, I’m gonna surprise the family and get home early!!” However, the moment this person steps outside the pub, the time travel effect is negated by negative radiation from the environment, and he/she then goes: “WTF??!!?? – why is it so quiet?? Holy shit!!! It’s half past one!! WHAT HAPPENED???!!??” …..and the answer, of course, is Time Dilation!!

    I’ve tried to explain this to outside observers, but so far nobody (except fellow time travellers) has been able or willing to understand the sound scientific basis of this phenomenon.

  • 54. ADRIANA  |  Maart 31, 2009 om 7 : 15

    Haai Klip

    Ek werk gou aan ‘n nuwe blog.

  • 55. Die Week in ‘n Neutedop…. « Demoerin se Wêreld  |  April 3, 2009 om 6 : 47

    […] Ek is baie dankbaar vir die liefde vir boeke wat sommer vroeg in my lewe al by my gekweek is. My boekrakke vol boeke is van my kosbarste besittings. Ek is ook natuurlik die boring persoon wat met elke kind […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: