Die basiese vaardighede

Maart 27, 2009 at 8 : 22 65 Kommentaar

Baie mense bly vandag alleen.  Die dae wat ‘n gesin ten minste een man of een vrou gehad het, is vir altyd verby.  Die goed van mansgoed en vroumens werk dankie-tog ook.  Die probleem is egter dat ‘n mens dikwels op jouself aangewese is.  Jy moet self die vuilgoed uitvat en self jou knope aanwerk wat afgeval het. 

Wat is die minimum vaardighede wat ‘n mens benodig om op jou eie te kan bly?  Goed en wel, daar is altyd ‘n telefoon byderhand.  Jy kan amper 24 uur ‘n dag iemand bel om namens jou die kastaiings uit die vuur te kom krap.  Gerieflik, ja, maar ‘n mens het nie altyd die tyd of geld vir die uitweg nie.  Daar is tye wanneer jy self moet inspring.

Voor die handliggende vaardighede is natuurlik spyse.  Jy hoef nie ‘n uithalerkok te wees nie, maar jy moet darem iets vir jouself aan mekaar kan slaan.  Of ten minste net weet hoe om 2 minute noodles gaar te maak of ‘n blik oop te maak. 

Daar is ook ‘n paar herstelwerkies wat bloot te klein is om iemand uit te kry om te kom help.  Goed soos gloeilampe blaas op die onmoontlikste tye.  Ek was geskok toe ek eendag besef het dat daar mense is wat nie ‘n driepuntprop kan vervang nie.  En ek praat nou nie net van vroue nie.  Dit is ook ‘n moet dat jy jou eie elektroniese aparate kan koppel, ontkoppel en kan gebruik.  Jy het immers daarvoor betaal en moet dit kan geniet.

Die vaardighede behoort ook tot jou motor te strek.  Natuurlik verwag niemand dat jy die enjin uitmekaar kan haal en terug te kan sit nie.  Tog moet jy darem weet hoe om self ‘n wiel te ruil as jy moet.  Jy moet darem weet hoe om jou kap oop te maak en weet waar gooi ‘n mens petrol in.  Jy moet ook weet hoe en waar ‘n mens na die olie en watervlakke kan nagaan.

Net ‘n paar vinnige idees.  Wat dink jy wat is die basiese vaardighede wat elke mens moet bemeester?

Blogvraag:  Waarvoor staan SETA?

Blogantwoord:  Die antwoord wat ek gesoek het was dat die VK hulle eie adres regs bo sit, gevolg met die ontvanger se adres direk daarna links.  In die VSA plaas hulle die skrywer se adres ook links.  Olga se antwoord is egter ook waar.

ONTHOU

  • Daar is nog net 3 dae waarin jy ‘n bydrae tot die Roseprojek kan maak.
  • Earth hour is vanaand van 20h30 – 21h30.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Hoe dra jy die boodskap oor? Joy Adamson

65 Kommentaar Add your own

  • 1. WILLE KJINDQ  |  Maart 27, 2009 om 9 : 00

    Eerste!

  • 2. WILLE KJINDQ  |  Maart 27, 2009 om 9 : 02

    Sector educatio & training Association

  • 3. WILLE KJINDQ  |  Maart 27, 2009 om 9 : 03

    Southeastern employment & training association

  • 4. WILLE KJINDQ  |  Maart 27, 2009 om 9 : 05

    20h30 tot 31h30:mrgreen:

  • 5. WILLE KJINDQ  |  Maart 27, 2009 om 9 : 10

    Almal moet tenminste weet hoe om ‘n gearbox uitmekaar te kan haal en wee aanmekaar te plak sonner ‘spare parts’ wat oor bly😯

  • 6. WILLE KJINDQ  |  Maart 27, 2009 om 9 : 11

    He! He! Ek hoor al hou vloek my 3ling my

  • 7. WILLE KJINDQ  |  Maart 27, 2009 om 9 : 13

    As jy nie ‘n wiel kan ruil nie dan moet jy nie ‘n kar ry nie. Anners moet jy vi jou ‘n boyfriend (of girlfriend) kry wat kan

  • 8. WILLE KJINDQ  |  Maart 27, 2009 om 9 : 16

    As jy nie ‘n globe kan change nie het ek okki veel hoop vi jou nie

  • 9. WILLE KJINDQ  |  Maart 27, 2009 om 9 : 17

    Jy hoef okki ‘n skroewedraaier aan te skaf nie. ‘n bottermes werk net so goed

  • 10. WILLE KJINDQ  |  Maart 27, 2009 om 9 : 24

    Nou gat ek verder op mxit kuier

  • 11. maxie  |  Maart 27, 2009 om 9 : 44

    Basiese vaardighede:
    Om ‘n kraan se washer te vervang
    Om ‘n globe te vervang is vanselfsprekend
    Om ‘n wegholmuis te vang sonder dat hy seerkry
    Bietjie eerstehulpkennis
    Om jou motor te ken en te weet waar elke vreemde geluidjie vandaan kom, as daar is
    Om ‘n verstopte toilet reg te maak
    Om te weet hoe om ‘n katgeveg stop te sit, dieselfde geld vir ‘n hondegeveg

    En dan, maar net as jy regtig moet, kan jy seker leer hoe ‘n stoof en ‘n blikoopmaker werk😉

  • 12. Adrie  |  Maart 27, 2009 om 10 : 05

    Hallo Maxie.

    Hel, as dit die vereistes is, dop ek met lof.

  • 13. Emil  |  Maart 27, 2009 om 10 : 07

    Wille KjindQ is moet slim😆

    Ek weet niks van enige engine nie!

  • 14. Adrie  |  Maart 27, 2009 om 10 : 08

    Willes

    Ek verbaas dalk vir jou en die ratkas.

  • 15. Salome  |  Maart 27, 2009 om 10 : 14

    Hallo Adrie
    Hallo al jul anner!!

    Willes
    Ek kan “help” om ‘n F100 se ratkas aanmekaar te sit (en dan moet jy nie ‘n kleinding naby he wat ‘n boud ongesiens aan die verkeerde kant van die flywheel indraai anders word dit ‘n heeldag job) maar of ek die ding alleen sal kan doen weet ek nie so mooi nie . . .

    Ek stem oor die anner; jy moet vir jou innerlike kan sorg, jou kar in rybare toestand kan hou en jou eie elektriese behore in orde kan hou.

  • 16. Adrie  |  Maart 27, 2009 om 10 : 18

    SALOOM!!

    Het jy Cremora tert gebring?

  • 17. maxie  |  Maart 27, 2009 om 10 : 22

    @ Adrie

    Nee wat, jy slaag in my boekie, met verdienste.

    Nag almal.

  • 18. Adrie  |  Maart 27, 2009 om 10 : 24

    Lekker slaap, Max!

  • 19. Salome  |  Maart 27, 2009 om 10 : 27

    Ja natuurlik, oudste vejaar more. Da is net nie tjoklit koek nie.

  • 20. Salome  |  Maart 27, 2009 om 10 : 30

    Ek sit hier langs die Wtb dam (oudste se request vir verjaardag persent), gelukkig in ‘n chalet en more oggend ga ons by die Wimpy ontbyt en die nuwe cinemas by die Ridge inwy – da is nou 6 en nie meer net 3 nie.

  • 21. Adrie  |  Maart 27, 2009 om 10 : 31

    Baie geluk oudste!!

    Hoekom so stil deesdae saloom?

  • 22. Salome  |  Maart 27, 2009 om 10 : 32

    Adriana? het jy nou ok ga slaap?
    Ons gaan iets van Witch mountain kyk en die muis met die groooot ore.

  • 23. Adrie  |  Maart 27, 2009 om 10 : 32

    Hoe oud word hy?

  • 24. Adrie  |  Maart 27, 2009 om 10 : 33

    Ek kyk nou hairspray

  • 25. Salome  |  Maart 27, 2009 om 10 : 34

    My lewe was bietjie baie dol en bedrywig die laaste ruk. Die rekenaar is nou eers reg, en Liefie werk so laat saans dat ek nie altyd tyd kry om op sy lappie te kuier nie. Het darem so nou en dan die e-mails op gevolg.

  • 26. Adrie  |  Maart 27, 2009 om 10 : 35

    So jy is nou weer op jou pos?

  • 27. Salome  |  Maart 27, 2009 om 10 : 36

    Oudste is more 15.
    Ons kuier nou nog almal hier om ‘n half dood vuurtjie (voel amper soos oukersaand) Het vanaand Redbelt gekyk – bietjie flou maar oraait.

  • 28. Salome  |  Maart 27, 2009 om 10 : 38

    Ek is op my pos vir solank as wat ek op die foon kan kuier want jy sal nie glo nie, maar my 3G is nogsteeds op Secunda by die “werkers” wat nog nie hul eie gereel het nie.

  • 29. Adrie  |  Maart 27, 2009 om 10 : 38

    Ideale tyd om marshmallows te braai!😆

  • 30. Adrie  |  Maart 27, 2009 om 10 : 40

    My battery is pap. Lekker slaap!

  • 31. Salome  |  Maart 27, 2009 om 10 : 41

    Sue me I’m guilty!! het wragtag nie sulke goed in gepak nie . . .

  • 32. Salome  |  Maart 27, 2009 om 10 : 42

    Jou battery of die kommunikasie middel s’n . . .
    Nag Adrie – Rustige nag!!

  • 33. Sebastiaan  |  Maart 28, 2009 om 3 : 21

    Elke mens moet darem weet hoe om geld te trek. En hoe om lugtyd op jou foon te laai. Of eerder hoe om die regte lugtyd vir jou foon te koop. Die winkels weier om om te ruil as jy mtn tyd koop vir jou cellc foon.

  • 34. WILLE KJINDQ  |  Maart 28, 2009 om 6 : 39

    Veels geluk liewe oudste
    omlat jy vijaaaaaaaar
    maggie Heeeeere jou seeeeen
    en nog baja jare spaaaaaaaar

  • 35. WILLE KJINDQ  |  Maart 28, 2009 om 6 : 46

    Aag moeder! Ek vra vi M wat hy vandag wil doen en hy tune my toe hy soek net ‘n ice cream. Haai shame….. Dit kos dan nou net R2-50.Ma het meer iets soos fliek of zoo ingedagte gehad. Of die bunny park in boksburg. Of of of. Smaak my die kjind is nie stjoepid nie:mrgreen:

  • 36. WILLE KJINDQ  |  Maart 28, 2009 om 6 : 49

    Amper vigeet ek my se maniere…

    More almal

  • 37. WILLE KJINDQ  |  Maart 28, 2009 om 6 : 51

    Ek sal later wee kom inloer. Het dam nou die foun so half en half uitgefigure gekry

  • 38. Klip  |  Maart 28, 2009 om 9 : 24

    Goeie more almal

  • 39. Klip  |  Maart 28, 2009 om 9 : 25

    n Man moet darem net kan vleis braai

  • 40. Klip  |  Maart 28, 2009 om 9 : 28

    Die man en vrou se verantwoordelikhede

    Routine…

    (1) The woman buys the food.
    (2) The woman makes the salad, prepares the vegetables, and makes dessert.
    (3) The woman prepares the meat for cooking, places it on a tray along with the necessary cooking utensils and sauces, and takes it to the man who is lounging beside the grill – beer in hand.

    Here comes the important part:

    (4) THE MAN PLACES THE MEAT ON THE GRILL.

    More routine…..

    (5) The woman goes inside to organise the plates and cutlery.
    (6) The woman comes out to tell the man that the meat is burning. He thanks her and asks if she will bring another beer while he deals with the situation.

    Important again:

    (7) THE MAN TAKES THE MEAT OFF THE GRILL AND HANDS IT TO THE WOMAN.

    More routine….

    (8) The woman prepares the plates, salad, bread, utensils, napkins, sauces, and brings them to the table.
    (9) After eating, the woman clears the table and does the dishes.

    And most important of all:
    (10) Everyone PRAISES the MAN and THANKS HIM for his cooking efforts.
    (11) The man asks the woman how she enjoyed “her night off.” And, upon seeing her annoyed reaction, concludes that there’s just no pleasing some women….

  • 41. Klip  |  Maart 28, 2009 om 9 : 38

    Vir die wat nog nie braai vaardig is nie so n paar “tips”

    1. Doen so bietjie moeite met jou aankoop van jou vleis. ‘n Braai is ‘n ernstige ding, benader dus jou aankope ook so. In die ou dae was jou slagter amper familie. Jy het hom immers meer gesien as jou dokter.
    Deesdae is dinge soveel makliker en onpersoonlik. Rakke het gesigte vervang met die gevolg dat die jonger geslag onbekend geraak het oor wat nou eintlik goeie vleis is. As ‘n ding goed verpak is dan lyk hy mos gaaf genoeg om te braai.

    Kak man! So, as jy nie vleis ken nie, vra jou slagter.

    2. Daar is nie ‘n ding soos ‘n te warm vuur nie. Dikker snitte vir
    braai! Dun steak is altyd taai en proe kak.

    3. Steaks is medium-rare en miskien selfs medium. As jy van jou vleis ‘well-done hou – gebruik ‘n blow torch en hou jou vleis van ‘n braaier af. Hardloop dan ook sommer in ‘n muur vas. Herhaaldelik! Rare is net vir persone wat die smaak van vleis opreg waardeer!

    4. ‘n Steak sonder vet is nie ‘n steak nie.( Fillet het geen vet nie).
    Fillet is vir bejaarde mense. Tenderised steak hoort op die Kerkbasaar se steakrolls. Nie op ‘n vuur nie!

    5. Wors moet nog kan buig as hy afgehaal word – dit moet nie breek nie. Wors word ook nie vol gate gesteek nie, kry vir jou iets anders om te steek.

    6. As jy nie kan braai nie, moenie! Jy fok net jou gaste rond.
    7. Vleis word van die rooster of die plaat af opgeskep – nie uit ‘n lou-oond uit nie.

    8. Uitpass voor die ete is uit soos boknaai ! Dit is moerse ongeskik en ‘n aanduiding dat jy kak gewoontes het.

    9. As jy self jou vleis wil braai want jy vertrou nie die braaier nie, of as jy net doodeenvoudig vol kak is, praat voor die tyd of shut up!

    10. As jy ‘n ander persoon die braaireg by jou huis gee dan swaai hy die septer.

    11. As jy met hout wil vuurmaak, koop ordentlike hout. Gebruik slegs as daar genoeg vuuraanstekers is want om die ding aan die gang te kry kos hitte. Baie hitte. Die rook van ‘n sukkelende vuur is ‘n steurnis. ‘Smokey Robinson’ word nie hier geduld nie. As jy kan braai en nie ‘n ordentlike vuur kan maak nie dan lieg jy.

    12. Komplimenteer die braaier as die vleis gaaf is. Indien nie, sê so! Hoe de fok anders moet hy leer?

    13. Een slaai by ‘n braai is genoeg.

    14. Hou jou stompies uit ‘n braaivuur uit! Jou kak gewoonte hoort by jou huis!

    15. Met rugby steek jy die vuur tydens halftyd aan.

    16. Hoender eet jy met die hand. Tjops ook. Steak en wors, met ‘n mes en vurk.

    17. As jy jou pap tydens ‘n braai met melk en suiker eet, is jy
    wanaangepas en skreeu jy seker vir die WP. Vra almal by die
    braai om jou teen jou kop te klap, maar dit sal seker ook nie eers help nie.

    18. Politiek, godsdiens en baba praatjies is uit om ‘n braaivleisvuur. Rugby, jag, 4×4 bakkies en die buurvrou se tan-lyne is die norm. Visvang-stories word eers gepraat as almal gesuip is, want dan kan die wat nie visvang nie, saam kakpraat.

    19. Vleis moet gereeld omgedraai word, nie halfpad aan die eenkant gaar gebrand word en dan omgedraai word nie. Draai kort kort jou vleis.

    20. Vleisbraai is nie net ‘n geleentheid om te staan en drink nie.
    Baie moeite word gedoen met die voorbereiding en die gaste wil graag ‘n lekker stukkie vleis geniet

    21. ……. en so terloops, almal wat 7 uur die aand wil eet, moet
    eerder by hulle eie huis fokken bly, daar is nie ‘n tyd om te eet vir ‘n braaivleis nie, eet as die fokken vleis gaar is !

  • 42. Adrie  |  Maart 28, 2009 om 10 : 05

    More!

  • 43. roer  |  Maart 28, 2009 om 1 : 52

    Liewen hoven, maar Earth Hour is lank.😯😆

  • 44. WILLE KJINDQ  |  Maart 28, 2009 om 4 : 35

    He! He! sê ek ôk mos😉

  • 45. WILLE KJINDQ  |  Maart 28, 2009 om 4 : 37

    Sjoe…… Wat ‘n mission! Ek het 4 bome geplant en nous ek stukkend

  • 46. WILLE KJINDQ  |  Maart 28, 2009 om 4 : 38

    Wonner ek nou of ek nog moet ga stap

  • 47. WILLE KJINDQ  |  Maart 28, 2009 om 4 : 39

    My mind says yes…… But my body says no😯

  • 48. WILLE KJINDQ  |  Maart 28, 2009 om 4 : 41

    Yes… No… Yes… No… Yes… No… Yes………………

  • 49. WILLE KJINDQ  |  Maart 28, 2009 om 4 : 42

    NO!!!!!!!!!!

  • 50. WILLE KJINDQ  |  Maart 28, 2009 om 4 : 43

    Wel ek kanni stry met daai logika nie:mrgreen:

  • 51. WILLE KJINDQ  |  Maart 28, 2009 om 5 : 57

    MMMMmmmm Wiesenhof se Wiese fries is die grootste sonde onneri son. Vandag ek dit die eerste keer geëet het kan ek net nie genoeg kry nie

  • 52. WILLE KJINDQ  |  Maart 28, 2009 om 7 : 33

    Het iemand dalk my torch bêtteries gesien? Die uur gat dam lank wees sonner lig!

  • 53. WILLE KJINDQ  |  Maart 28, 2009 om 8 : 19

    Gmpf! Kry die goed in my kar van alle plekke. Amper sit ek vir ‘n uur lank inni donker😯

  • 54. WILLE KJINDQ  |  Maart 28, 2009 om 8 : 22

    PHEW!!!! EN hulle werk:mrgreen:

  • 55. WILLE KJINDQ  |  Maart 28, 2009 om 8 : 23

    Eks reg soos ‘n roer

  • 56. WILLE KJINDQ  |  Maart 28, 2009 om 8 : 24

    My vinger is oppi main switch….. Gat somme alles afsit met 1 druk

  • 57. WILLE KJINDQ  |  Maart 28, 2009 om 8 : 27

    Net jammer die kjinners gat nou hul tievie program mis. Hulle verstaan dam so half en half dat dit vi hul eie beswil is

  • 58. WILLE KJINDQ  |  Maart 28, 2009 om 8 : 28

    Whoop whoop!!!!!

  • 59. WILLE KJINDQ  |  Maart 28, 2009 om 8 : 29

    Ek watch julle met my hout oog

  • 60. WILLE KJINDQ  |  Maart 28, 2009 om 8 : 32

    He! He! Ek skree soos ‘n mal vrou inni straat vi almal om die blêrrie ligte af te sit

  • 61. maxie  |  Maart 28, 2009 om 9 : 44

    Ek is DIEP teleurgesteld oor die algehele gebrek aan belangstelling in ons buurt m.b.t. Earth Hour.

    Dammit ek vloek sommer.

  • 62. Adrie  |  Maart 28, 2009 om 10 : 22

    Max

    My buurt is ook maar useless.

  • 63. Adrie  |  Maart 28, 2009 om 10 : 22

    O ja!! Ek het ‘n vermoede dat jy van more se post gaan hou. 😉

  • 64. Wheelbarrow Jack  |  Maart 29, 2009 om 8 : 57

    more, wie is dood of van sel en blog geskei dat hier deesdae so min op dorings aangaan?

  • 65. Adrie  |  Maart 29, 2009 om 9 : 37

    Hallo Domkrag. Almal mis seker maar jou sjarme.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: