Vreemdeling word Jerusalemer

Maart 24, 2009 at 6 : 47 29 Kommentaar

Ek was al ‘n paar jaar in Gauteng woonagtig voordat ek my eerste kar gery het.  Ek is maar voorstrewend en het nie ‘n probleem gehad om dit op die snelweg te waag nie.  In die begin het ek so ver as moontlik in die middelbaan gebly.  My MP registrasie het my beskerm waar my engeltjies nie kon nie.  Later het ek dit in die vinnige baan gewaag, nog later myself in die vinnige baan tuisgemaak.  Ek het geleer om te sug en skouers op te haal vir die vreemdelinge op die pad. 

Gautengers is baie dinge: die grootste vetste rotte, nie van die vriendelikste nie, groot padvarke, maar hulle is baie verdraagsaam teenoor die vreemde registrasies op die pad.  (Meer as wat van die ander provinsies gesê word wanneer ‘n Gautenger hulle op hulle grond bevind).  Later het ek die MP beskerming vir ‘n GP nommerplaat verruil en dit oorleef.  Nou die dag kom ek agter dat ek met gemak deur die verkeer vleg.  Dit beteken dat ek ‘n kar in die vinnige (3de) baan sonder om ‘n oog te knip in die stadige baan (1ste) baan kan verbysteek en weer direk voor hom kan ry.  Beteken dit nou dat ek ‘n Gautenger is?

Nie juis dat dit saak maak nie, Gauteng en Mpumulanga bly maar tog net Transvaal.  Dus kan ek nou nie regtig as ‘n vreemdeling in Jerusalem gesien word nie.  Tog kom daar ‘n dag waarop ons onsself as ‘n vreemdeling iewers begin.  Jy trek na ‘n nuwe provinsie, jy begin by ‘n nuwe maatskappy te werk, jy trou ens.  Jy moet jou ouself afsweer of ten minste hervorm om by die nuwe omstandighede aan te pas.

Laat ek die volgende voorbeeld gebruik om te verduidelik.  Jy  is ‘n nooi Nel.  Jou lewelank lewe jy as ‘n Nel, jy is lojaal teenoor die Nels en jy is trots daarop om ‘n Nel te wees.  Jy trou en is nou ‘n Botha.  Jy dink die Bothas is van ‘n ander planeet, jy voel nog soos ‘n Nel, maar jy is tegnies nou ‘n Botha.  Jy moet jou bes probeer om ‘n Botha te word.  Jy wil dit nie noodwendig doen nie, maar dit word van jou verwag.

Op watter punt word jy ‘n boorling van Jerusalem?  Eerstens moet jy seker eers die wil hê om tuis te voel in Jerusalem.  Daarna moet jy Jerusalem as jou eie aanvaar.  Daarna voel jy dalk soos ‘n Jerusalemer. 

Alles goed en wel, maar wanneer aan vaar die Jerusalemers (die nuwe maatskappy, die nuwe dorp, die nuwe land of die Nels) jou as jou eie?  Indien ooit?

Blogvraag:  Wat is die lughawe naaste aan Jerusalem?

Blogantwoord:  Maxie wat reg met Evita Bezuidenhout se “man”.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Die Jeug van vandag Vir wie haal jy jou hoed af?

29 Kommentaar Add your own

  • 1. Sebastiaan  |  Maart 24, 2009 om 7 : 12

    Lod by tel aviv eerste, hello so iets

  • 2. WILLE KJINDQ  |  Maart 24, 2009 om 7 : 25

    Eerste!

  • 3. pop  |  Maart 24, 2009 om 7 : 26

    tweede!!!!

  • 4. pop  |  Maart 24, 2009 om 7 : 26

    en derde

  • 5. pop  |  Maart 24, 2009 om 7 : 27

    en vierste

  • 6. WILLE KJINDQ  |  Maart 24, 2009 om 7 : 36

    Pop!

  • 7. WILLE KJINDQ  |  Maart 24, 2009 om 7 : 37

    Jy beter nog hie is

  • 8. WILLE KJINDQ  |  Maart 24, 2009 om 7 : 37

    Jy nog byri werk😯

  • 9. WILLE KJINDQ  |  Maart 24, 2009 om 7 : 38

    Tsk

  • 10. WILLE KJINDQ  |  Maart 24, 2009 om 7 : 39

    Mis ek jou WEER

  • 11. WILLE KJINDQ  |  Maart 24, 2009 om 7 : 40

    DÊMMIT

  • 12. WILLE KJINDQ  |  Maart 24, 2009 om 7 : 41

    Gmpf

  • 13. WILLE KJINDQ  |  Maart 24, 2009 om 7 : 42

    Eish

  • 14. WILLE KJINDQ  |  Maart 24, 2009 om 7 : 45

    Ok baai

  • 15. pop  |  Maart 24, 2009 om 7 : 53

    wk
    ekke is hier

  • 16. pop  |  Maart 24, 2009 om 7 : 55

    nou jy lekker opstairs, maak net of jy my mis

  • 17. maxie  |  Maart 24, 2009 om 8 : 16

    Ben-Gurion lughawe

  • 18. WILLE KJINDQ  |  Maart 25, 2009 om 5 : 16

    More more!

    @ Pop

    Gmpf! Simpel opera het ha mini uitgetrek en kaalgat rondgehol. En eksi upstairs nie…..➡ JY is🙄

  • 19. WILLE KJINDQ  |  Maart 25, 2009 om 5 : 20

    Ek issi minste lus vi werk vandag

  • 20. Zoekoe  |  Maart 25, 2009 om 9 : 03

    Hallo mense !!!! Shit dis stil hier !

  • 21. pop  |  Maart 25, 2009 om 9 : 45

    gaan alweer niks aan…

  • 22. MC  |  Maart 25, 2009 om 10 : 13

    More julle…..
    Gaan chat ‘n bietjie op jakaranda sport Blog…..dis lekker daar, gee jul menings

  • 23. Pikkelik  |  Maart 25, 2009 om 11 : 07

    Lo almal!!! Na 7 mnde in Upington voel ek nog steeds of die mense in Uping bly en ek in Ton….

  • 24. MC  |  Maart 25, 2009 om 11 : 26

    Wat dink julle van ons min dae van werk in April??? Ek dink ek moet my 18dae verlof in sit vir die oorblywende dae dan score ek ‘n hele maand van vakansie!!!🙄

  • 25. Sonkind  |  Maart 25, 2009 om 2 : 05

    Mens bly altyd ‘n vreemdeling in die poorte van Jerusalem😈

    Die Gautengers is definitief beter bestuurders as die Kapenaars, al sal ek nooit my berg verruil nie😉

  • 26. Zoekoe  |  Maart 25, 2009 om 3 : 10

    Sjoe – ek het nog nooit die plek SO GEVREK gesien nie….😯

  • 27. Sebastiaan  |  Maart 25, 2009 om 4 : 41

    Jakaranda blog is lam. Waar is die blog master dan? Of is dit di blog mistres? Seker op jakaranda se lam blog.

  • 28. WILLE KJINDQ  |  Maart 25, 2009 om 6 : 25

    Eish!

  • 29. WILLE KJINDQ  |  Maart 25, 2009 om 7 : 20

    Tra la la la lala la la la lala

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: