Word of Mouth

Maart 22, 2009 at 3 : 17 39 Kommentaar

Enige suksesvolle maatskappy bestee die grootste aandeel van sy inkomste aan bemarking.  Dit verseker dat hulle die kliente kan behou wat hulle het en nuwes werf om sodoende die volgende jaar meer aan bemarking kan spandeer.  Plekke soos ABSA, Vodacom, MTN, Standard Bank, SAB ens borg nie uit die goedheid van hulle harte sport byeenkomste nie.  Hulle belê miljoene om te verseker dat hulle raak gesien word.

Is dit dan nie ironies dat die beste bemarking ook die goedkoopste is nie.  Ek verwys na die term “word of mouth”.  Dit behels dat verbruikers hulle goeie ervaringe met ‘n produk of organisasie aan die wêreld verkondig.  Waarskynlik is dit ook die eerlikste vorm van bemarking.  Dit word onpartydig gegee waar dit verdien word en nie om kliente teen enige prys te trek nie.

Gaan enige advertensie ooit erken dat ‘n plek se diens stink?  Dat hulle produk tweedegraads is?  Almal se sjokolade is van die beste op aarde, almal is die goedkoopste en natuurlik gee almal om vir hulle kliente.  Natuurlik is die meeste daarvan net mooi praatjies met niks om dit te ondersteun nie.  Iemand se goeie ervaring is iets wat werklik gebeur het.  Hulle spog by al hulle vriende wat dan gaan verwag om dieselfde te ervaar.  Indien dit wel gebeur,  kring die “bemarking” verder uit.  Dieselfde geld vir ‘n slegte ervaring.

Die Bybel noem iewers dat ‘n skinderstorie erger as ‘n veldbrand is.  Dit raak al hoe erger hoe verder dit gaan.  Des te meer waar dit iemand naam skade aan doen.  Niemand gaan immers hulle klein tongetjie insluk van iets gewoond of van iets goed nie.  Dus word dit dit meestal geignoreer.

Meestal, nie altyd nie.  Ek het dit hierdie week beleef. 

Roseprojek vordering

Ons het ‘n baie opwindende week beleef wat die blogprojek betref.  Eerstens was daar ‘n skenking wat my stomgeslaan het.  Dit van iemand wat nog nooit die blog gelees het nie.  Sy het van ‘n skaam blogger van die projek gehoor en besluit dat sy wil saamspeel.  Sy het ‘n bedrag by ‘n slaghuis inbetaal waarteen die gesin vir ‘n paar maande sal kan vleis kry.  Ek wil ook vir Voortrekker Kontant Slaghuis (Tel:  012 335 0642) bedank dat hulle bereid is om saam te speel.

Wille Kjind sou ook gereel het dat hulle motor die week gediens word.  Weens ‘n misverstand, moes dit uitgestel word.  Op terugblik, is dit eintlik snaaks.  Willes het ‘n oproep ontvang waarin sy meegedeel is dat die motor aan die brand geslaan het.  Dadelik het ons gedink die kar is verby waar ‘n diens kan help.  Intussentyd was stoom (van die water pyp wat losgekom het) verkeerdelik as rook aangesien.  Blykbaar net R3 se skade.  Hopenlik sal die motor teen die einde van die week gediens kan word.

Baie dankie ook vir Boendoe, Klip, Wheelbarrow Jack en Wipneus wat kontant geskenk het.

Daar is nog net 9 dae oor van die Rose Projek.  Dit is nog nie te laat om ‘n ietsie tot die projek by te dra nie.  Einge skenking, hoe klein ook al sal ‘n wêreld se verskil maak.  Laat weet my asseblief as jy graag nog sal wil deel neem.

Blogvraag:  Wat is die 4 elemente van bemarking wat deur Prof E Jerome McCarthy gedefiniëer is?

Blogantwoord:  Wipneus was reg met Micheal Todd.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Tyd om te groet Die Jeug van vandag

39 Kommentaar Add your own

  • 1. Zoekoe  |  Maart 22, 2009 om 5 : 17

    Eerste !!! Yeah Baby !!!! 😛

  • 2. Zoekoe  |  Maart 22, 2009 om 5 : 23

    Die vier goete wat bemarking uit bestaan is:

    produk, prys, plek en promosie.

  • 3. Klip  |  Maart 22, 2009 om 7 : 46

    Goeie naand almal

  • 4. *mathilda*  |  Maart 22, 2009 om 7 : 59

    Helo

  • 5. Klip  |  Maart 22, 2009 om 8 : 26

    Hi daar Mathilda

  • 6. Klip  |  Maart 22, 2009 om 8 : 27

    Word of mouth ….baie interessant , woorde dra krag.

  • 7. *mathilda*  |  Maart 22, 2009 om 8 : 28

    Ganit klip

  • 8. Klip  |  Maart 22, 2009 om 11 : 36

    Mathilda , skuus man daar mis ek jou nou , het ook nou eers hier gesit en bollie praat met my kollegas.

  • 9. Klip  |  Maart 23, 2009 om 5 : 51

    Goeie more , ek hoop almal gaan n sommer n pragtige week beleef.

    My naweek begin oor n uur

  • 10. Zoekoe  |  Maart 23, 2009 om 7 : 07

    Môre julle 😀

  • 11. *Mathilda*  |  Maart 23, 2009 om 8 : 21

    More maaikies

  • 12. Nats  |  Maart 23, 2009 om 9 : 07

    Goeie more julle!!

    Jip, word of mouth doen wonders vir besighede! As ek swak diens ondervind sal almal daarvan weet, en ek sal eerder verder ry na ‘n ander winkel as om weer daar te koop!

  • 13. *Mathilda*  |  Maart 23, 2009 om 9 : 08

    Dis weer een van daai dae

  • 14. *Mathilda*  |  Maart 23, 2009 om 9 : 12

    Nats !

  • 15. Zoekoe  |  Maart 23, 2009 om 9 : 13

    Daai stil… dae 🙄

  • 16. Nats  |  Maart 23, 2009 om 9 : 25

    *M*
    Jou dogters word al hoe mooier!!! Regtig stunning fotos!!

  • 17. *Mathilda*  |  Maart 23, 2009 om 9 : 37

    Dankie Nats – hulle word nou groot

  • 18. *Mathilda*  |  Maart 23, 2009 om 10 : 31

    Ag nee hel – hier gaan nogsteeds niks aan nie

  • 19. Zoekoe  |  Maart 23, 2009 om 10 : 52

    Doodse stilte. . .

    Wonner waars die madam ?

  • 20. *Mathilda*  |  Maart 23, 2009 om 10 : 54

    Zoeks – ek dink dis blou Maandag

  • 21. Zoekoe  |  Maart 23, 2009 om 11 : 00

    Mathilda, ek dink jys reg !

  • 22. *Mathilda*  |  Maart 23, 2009 om 11 : 09

    Ek dink ek moet kos kry

  • 23. Verons  |  Maart 23, 2009 om 11 : 09

    More julle,
    Ek dink ook word of mouth is die beste advertensie! Ek het ondervinding daarvan en ook agtergekom dat baie mense my nogals geloofwaardig vind!

  • 24. *Mathilda*  |  Maart 23, 2009 om 11 : 13

    Verons !!!!!

  • 25. Zoekoe  |  Maart 23, 2009 om 11 : 33

    Watse kos gaan jy vir ons kry Mathilda?

    Hallo Verons 😀

  • 26. *Mathilda*  |  Maart 23, 2009 om 11 : 37

    Zoekoe

    Jong – enigeiets wat eetbaar is !

  • 27. *Mathilda*  |  Maart 23, 2009 om 11 : 56

    Ek wil nou huistoe gaan !

  • 28. Verons  |  Maart 23, 2009 om 12 : 37

    Hallo Tilla! Jou kinders is pragtig!

    Hallo Zoeks!

  • 29. *Mathilda*  |  Maart 23, 2009 om 12 : 43

    Thanx Verons – jy is nogal skaars deesdae

  • 30. *Mathilda*  |  Maart 23, 2009 om 1 : 40

    O hel – dis gevrek hier vandag

  • 31. Zoekoe  |  Maart 23, 2009 om 2 : 54

    Gevrek….. is nie die woord nie 🙄

  • 32. *Mathilda*  |  Maart 23, 2009 om 3 : 48

    Okay nou maar tatta hoor

  • 33. Wille Kjind Q  |  Maart 23, 2009 om 5 : 44

    En agter os kom ôk inni kraal…………………..

  • 34. Wille Kjind Q  |  Maart 23, 2009 om 5 : 45

    Sien ek het ôkki veel gemissi😕

  • 35. Wille Kjind Q  |  Maart 23, 2009 om 5 : 46

    Ouch!

  • 36. Wille Kjind Q  |  Maart 23, 2009 om 5 : 47

    Iemand het die 4kol inni middel vanni blog gelos

  • 37. Wille Kjind Q  |  Maart 23, 2009 om 5 : 47

    ………………. toe stamp ek my toon teenit

  • 38. Wille Kjind Q  |  Maart 23, 2009 om 5 : 48

    MMMmmmmmm……. en daas 4 rooflesers

  • 39. Wille Kjind Q  |  Maart 23, 2009 om 5 : 49

    Lyk my ek sal later ma wee moet kom oge wys

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: