Sing-a-long

Maart 18, 2009 at 12 : 14 64 Kommentaar

Almal het iewers ‘n herinnering van saamsing.  Die formele saamsingery begin in die kleuterskool.  In die laerskool het die onnies dit dikwels gebruik om ‘n groot groep kinders besig te hou.  Veral op ‘n bus iewers een.  Dan praat ek nie eers van atletiek byeenkomste nie.  Op die meeste kampe word daar op een of ander tyd om ‘n vuur gesing.  Mense gaan woon graag Carols by en sing self by wedstryde.

Die formele saamsing kan pynlik wees, al is dit nie altyd die geval nie.  In my tyd het ons op skool die tradisionele liedjies se woorde geleer, ek wonder of dit nog steeds die geval is?  Saamsingery is egter ‘n heeltemaal ander storie as die spontaan gebeur.  Of dit nou in die kar of kroeg of self net lawwigheid op die strand is.  En natuurlik saam met Pieter, die koning van saamsing.

Hou jy van sing?  Sing jy in die kar of die stort?  Sing jy in die kerk?  Verkies jy dat iemand anders eerder sing?

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Suurlemoene en kruise Parool vir Clive Derby-Lewis?

64 Kommentaar Add your own

  • 1. Zoekoe  |  Maart 18, 2009 om 12 : 16

    Dalk eerste !!!

  • 2. Ouma Rosie  |  Maart 18, 2009 om 12 : 17

    Tweede

  • 3. Zoekoe  |  Maart 18, 2009 om 12 : 18

    Ek sal sing los vir die wat KAN

  • 4. Zoekoe  |  Maart 18, 2009 om 12 : 20

    Ons moes ook altyd in die laerskool so saam sanik in die saal en ons moes die ou leidjies uit ons koppe leer ken…. ej het dit verpes !!

  • 5. Ouma Rosie  |  Maart 18, 2009 om 12 : 24

    Ek is mal oor sing, orals en altyd, ek kan nie sonder musiek nie!
    Maar ek hou nie van sing in die kerk, ek los dit vir die tannies wat voorsing 😆

  • 6. Adrie  |  Maart 18, 2009 om 12 : 28

    Ek sing, maar net daar waar niemand my kan hoor nie.

  • 7. Ouma Rosie  |  Maart 18, 2009 om 12 : 32

    Mens moet sing Adriana, selfs al is dit vals, dis goed vir die hart!!

  • 8. Ouma Rosie  |  Maart 18, 2009 om 12 : 32

    Zoekoe van watse soort musiek hou jy?

  • 9. Carina  |  Maart 18, 2009 om 12 : 34

    Ek neurie. ek sing nie.

  • 10. *Mathilda*  |  Maart 18, 2009 om 12 : 35

    THE BOTTLE OF WINE

    For all of us who are married, were married, wish you were married, or wish you weren’t married, this is something to smile about the next time you see bottle of wine:

    Sally was driving home from one of her business trips in Northern Arizona when she saw an elderly Navajo woman walking on the side of the road.

    As the trip was a long and quiet one, she stopped the car and asked the Navajo woman if she would like a ride.

    With a silent nod of thanks, the woman got into the car.

    Resuming the journey, Sally tried in vain to make a bit of small talk with the Navajo woman. The old woman just sat silently, looking intently at everything she saw, studying every little detail, until she noticed a brown bag on the seat next to Sally.

    ‘What in bag?’ asked the old woman.

    Sally looked down at the brown bag and said, ‘It’s a bottle of wine. I got it for my husband.’

    The Navajo woman was silent for another moment or two. Then speaking with the quiet wisdom of an elder, she said:

    ‘Good trade…..’

  • 11. Adrie  |  Maart 18, 2009 om 12 : 37

    Hi Carina

    Ouma, dalk goed vir die hart, maar die arme mense wat dit moet aanhoor.

    Ek is baie vals.

  • 12. Klip  |  Maart 18, 2009 om 12 : 37

    Ek laaik net as Britney sing , maar ek moet haar sien sing

  • 13. Klip  |  Maart 18, 2009 om 12 : 38

    Alaml sing mos “pampoen” saam as hulle dronk is

  • 14. Klip  |  Maart 18, 2009 om 12 : 40

    Check hierdie klomp papgooiers , hulle sing nie in die kerk , maar as hulle gesuip langs die viswater sing dan sing hulle saam met al hierdie doef doef afr musiek

  • 15. Adrie  |  Maart 18, 2009 om 12 : 40

    Snaaks hoe baie mense ken hulle laerskoollied as hulle gesuip is.

  • 16. Klip  |  Maart 18, 2009 om 12 : 40

    Brannewyn en bier laat n mens mooi sing……

  • 17. Adrie  |  Maart 18, 2009 om 12 : 41

    Watse weergawe van pampoen?

  • 18. Klip  |  Maart 18, 2009 om 12 : 41

    Wat is die eerste reel van die volkslied.

    Staan op aandag ……………..

  • 19. Klip  |  Maart 18, 2009 om 12 : 45

    Nee ek weet nie …… is daar verskillende weergawes??

    Toe ek jonk was het ek saam met oom oorle Koos Dup probeer sing , maar hy was te vinnig vir my

  • 20. Klip  |  Maart 18, 2009 om 12 : 46

    En toe word ons dronk………………..

  • 21. Adrie  |  Maart 18, 2009 om 12 : 48

    Uit die blou van onse hemel.

  • 22. Adrie  |  Maart 18, 2009 om 12 : 48

    Ek weet nie hoe begin kosie nie.

  • 23. Adrie  |  Maart 18, 2009 om 12 : 52

    Ek weet net hy soek ‘n leplek in Afrika.

  • 24. Renchia  |  Maart 18, 2009 om 12 : 53

    Ek hou van sing. Sing orals…. sing altyd saam….net saggies…

    Lekker sing

  • 25. Zoekoe  |  Maart 18, 2009 om 12 : 55

    Ek luister na afrikaanse musiek, soos Theuns Jordaan, Kurt Darren, Nia Nel, Koos Kombuis, Laurika Rauch is my favourite, ek verpes deesdae enige musiek wat van oorsee af kom – veral amreikaanse snert wat alles dieselfde klink, veral die whitney houstin tipe musiek !!

  • 26. Zoekoe  |  Maart 18, 2009 om 12 : 59

    En natuurlik – my alltime gunsteling sanger is Robbie Wessels – veral langs die dam as ek probeer visvang he he he he

  • 27. Adrie  |  Maart 18, 2009 om 12 : 59

    Welkom Renchia

    Wat sing jy graag

  • 28. Adrie  |  Maart 18, 2009 om 1 : 01

    Theuns, Dozi en Robbie kan nie sing nie.

    Selfs ek sing beter en ek suig.

  • 29. Klip  |  Maart 18, 2009 om 1 : 03

    A woman rubbed a bottle and out popped a genie. The amazed woman asked if she got three wishes.

    The genie said, “Nope, sorry, three-wish genies are a storybook myth. I’m a one-wish genie. So… what’ll it be?”

    The woman did not hesitate. She said, “I want peace in the Middle East.

    See this map? I want these countries to stop fighting with each other and I want all the Arabs to love the Jews and Americans and vice-versa. It will bring about world peace and harmony.”

    The genie looked at the map and exclaimed, “Lady, be reasonable. These countries have been at war for thousands of years. I’m out of shape after being in a bottle for five hundred years… I’m good but not THAT good! I don’t think it can be done. Make another wish and please be reasonable.”

    The woman thought for a minute and said, “Well, I’ve never been able to find the right man. You know – one that’s considerate and fun, likes to cook and help with the house cleaning, is great in bed, and gets along with my family, doesn’t watch sports all the time, and is faithful. That is what I wish for…a good man.”

    The genie let out a sigh and said, “Let me see the map again.”

  • 30. Klip  |  Maart 18, 2009 om 1 : 05

    Hoe minder die vis byt hoe harder sing ons en dronker word ons.

    Op n kak visvang dag sal ek dit waag om na steve ook te luister , maar net as ek baie dronk is , en die dam moet heeltemal leeg wees

  • 31. Adrie  |  Maart 18, 2009 om 1 : 07

    Geen wonder die visse byt nie.

  • 32. Renchia  |  Maart 18, 2009 om 1 : 08

    A3, wat ookal op die radio, cd of tv speel. Ek is ook nie mal oor Robbie nie….Theuns kan gaan, Dozi ??? Wel nou ja…. kan net nie simfonie konserte sing nie *smile*

  • 33. Klip  |  Maart 18, 2009 om 1 : 09

    A3 watse musiek kan ons dan langs die viswater speel?

  • 34. Klip  |  Maart 18, 2009 om 1 : 11

    Ek laaik Mendoza

  • 35. Adrie  |  Maart 18, 2009 om 1 : 19

    Ek wonder altyd oor die mense wat dink hulle kan sing en dan net eintlik hulle name vergat in die openbaar

  • 36. Adrie  |  Maart 18, 2009 om 1 : 21

    Klip

    Seker maar visvangtunes

    Maar ek het al gehoor ‘n mens moet stil wees as jy vis wil vang.

    Renchia

    Jy kan saam met ‘n simfornie orkes sing as jy self die lied skryf.

  • 37. Adrie  |  Maart 18, 2009 om 1 : 22

    Eerlik nou, instrumentals is goed en wel. Far and wide inbetween. Ek wil hoor hoe iemand sing, nie net dit die instrumente hoor nie.

  • 38. *Mathilda*  |  Maart 18, 2009 om 1 : 27

    Nou wil ek gaan visvang !

  • 39. Adrie  |  Maart 18, 2009 om 1 : 30

    Met die klem daarop om ‘n vis te vang, Kloon?

  • 40. Klip  |  Maart 18, 2009 om 1 : 34

    Mathilda , ek wil ook gaan visvang ……. waar byt die vis???

  • 41. Klip  |  Maart 18, 2009 om 1 : 36

    A3 het jy al gehoor hoe sing n mannetjies kat as jy sy instrumente uithaal.

  • 42. Klip  |  Maart 18, 2009 om 1 : 36

    Hierdie visse in Witbank dam dra donkerbrille

  • 43. *Mathilda*  |  Maart 18, 2009 om 1 : 38

    Yap – Rietspruit

  • 44. Zoekoe  |  Maart 18, 2009 om 2 : 24

    En weg is amal – seker op lunch !

  • 45. Adrie  |  Maart 18, 2009 om 2 : 24

    Klip

    Die arme mannetjies kat.

  • 46. *Mathilda*  |  Maart 18, 2009 om 3 : 00

    Ek het nounet begin wonder wat alweer met my stelsel aangaan. Ek het nou ‘n volledige les gaan kry oor ‘n mechanical seal op ‘n pomp !

  • 47. Adrie  |  Maart 18, 2009 om 3 : 14

    Arme Tilla

    Dit klink boring.

  • 48. Wille Kjind Q  |  Maart 18, 2009 om 3 : 24

    My Sarie Marais is so ver van my hart,
    maar’k hoop om haar weer te sien.
    Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon,
    nog voor die oorlog het begin.

    O bring my t’rug na die ou Transvaal,
    daar waar my Sarie woon,
    daar onder in die mielies by die groen doringboom,
    daar woon my Sarie Marais,
    daar onder in die mielies by die groen doringboom,
    daar woon my Sarie Marais.

    Ek was so bang dat die Kakies my sou vang
    en ver oor die see wegstuur;
    toe vlug ek na die kant van die Upington se sand
    daar onder langs die Grootrivier.

    O bring my t’rug na die ou Transvaal,
    daar waar my Sarie woon,
    daar onder in die mielies by die groen doringboom,
    daar woon my Sarie Marais,
    daar onder in die mielies by die groen doringboom,
    daar woon my Sarie Marais.

    Die Kakies is mos net soos ‘n krokodillepes.
    Hul sleep jou altyd water toe.
    Hul gooi jou op ‘n skip vir ‘n lange, lange “trip”,
    die josie weet waarnatoe.

    O bring my t’rug na die ou Transvaal,
    daar waar my Sarie woon,
    daar onder in die mielies by die groen doringboom,
    daar woon my Sarie Marais,
    daar onder in die mielies by die groen doringboom,
    daar woon my Sarie Marais.

    Verlossing het gekom en die huis toe gaan was daar,
    terug na die ou Transvaal;
    my liewelingspersoon sal seker ook daar wees
    om my met ‘n kus te beloon.

    O bring my t’rug na die ou Transvaal,
    daar waar my Sarie woon,
    daar onder in die mielies by die groen doringboom,
    daar woon my Sarie Marais,
    daar onder in die mielies by die groen doringboom,
    daar woon my Sarie Marais.

  • 49. *Mathilda*  |  Maart 18, 2009 om 3 : 25

    Nie regtig nie – ten minste gaan niemand my bullshit oor dit nie

  • 50. Wille Kjind Q  |  Maart 18, 2009 om 3 : 25

    Mirrag!

  • 51. Zoekoe  |  Maart 18, 2009 om 3 : 26

    Hallo Willes 😀 😛

  • 52. *Mathilda*  |  Maart 18, 2009 om 3 : 28

    Willes

    Groet ten minste voor jy begin sing !

  • 53. Wille Kjind Q  |  Maart 18, 2009 om 3 : 29

    Ver in die wêreld, Kittie, Kittie, Kittie,
    ver in die wêreld, Kittie, Kittie oor die see.
    Sy laat haar draai en sy laat haar swaai,
    maar sy laat haar nie verraai,
    sy laat haar draai en sy laat haar swaai,
    maar sy laat haar nie verraai.

    Al in die rondte, Kittie, Kittie, Kittie,
    al in die rondte, Kittie, Kittie om die draai.
    Hy swaai haar hier en hy swaai haar daar,
    maar sy hou haar bymekaar,
    hy swaai haar hier en hy swaai haar daar,
    maar sy hou haar bymekaar.

    Wie is die kêrel, Kittie? Kittie? Kittie?
    Wie is die kêrel, Kittie, wat so knaend draai?
    Dis Piet de Waal wat die paal wil haal
    maar sy flous hom elke maal.
    Dis Piet de Waal wat die paal wil haal
    maar sy flous hom elke maal.

  • 54. Wille Kjind Q  |  Maart 18, 2009 om 3 : 31

    @ Tilla

    Goeie mirrag…………………

  • 55. *Mathilda*  |  Maart 18, 2009 om 3 : 32

    Dankie tog ! Hoe gaan dit Willes ?

  • 56. Wille Kjind Q  |  Maart 18, 2009 om 3 : 34

    My hartjie, my liefie, die son sak weg,
    die son sak weg, die son sak weg.
    My hartjie, my liefie, die son sak weg
    daar onder by die blou berge.

    En ek wil, ek wil, ek wil na die nooi’ntjie gaan vry;
    Sy is so mooi en so liefies vir my.
    En ek wil, ek wil, ek wil na die nooi’ntjie gaan vry;
    daar onder by die blou berge.

    My hartjie, my liefie, die maan kom op,
    die maan kom op, die maan kom op.
    My hartjie, my liefie, die maan kom op
    daar onder by die blou berge.

    En ek wil, ek wil, ek wil na die nooi’ntjie gaan vry;
    Sy is so mooi en so liefies vir my.
    En ek wil, ek wil, ek wil na die nooi’ntjie gaan vry;
    daar onder by die blou berge.

    My hartjie, my liefie, die maan sak weg,
    die maan sak weg, die maan sak weg.
    My hartjie, my liefie, die maan sak weg
    daar onder by die blou berge.

    En ek wil, ek wil, ek wil na die nooi’ntjie gaan vry;
    Sy is so mooi en so liefies vir my.
    En ek wil, ek wil, ek wil na die nooi’ntjie gaan vry;
    daar onder by die blou berge.

  • 57. Adrie  |  Maart 18, 2009 om 3 : 34

    WP pis my af vandag

  • 58. Wille Kjind Q  |  Maart 18, 2009 om 3 : 44

    GGGRRR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 59. *Mathilda*  |  Maart 18, 2009 om 3 : 45

    As dit eers so begin

  • 60. Wille Kjind Q  |  Maart 18, 2009 om 3 : 45

    En ek dog die biatch is net lelik met my👿

  • 61. Wille Kjind Q  |  Maart 18, 2009 om 3 : 48

    En daas my comment weer weg!

  • 62. Adrie  |  Maart 18, 2009 om 3 : 53

    Ek hak vas hier?

  • 63. Piet  |  April 15, 2009 om 9 : 04

    Ken enige iemand die volle woorde van die weergawe “Oom Kosie soek ‘n lêplek in Afrika” ?? Afirkaans natuurlik!!! 🙂

  • 64. WILLE KJINDQ  |  April 15, 2009 om 9 : 31

    @ Piet

    Ek sal in my argiewe moet rond krap😯

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: