Parool vir Clive Derby-Lewis?

Maart 18, 2009 at 6 : 03 83 Kommentaar

clive

Die media gons die afgelope paar weke oor Clive Derby-Lewis se hofaansoek waarin hy versoek om op parool vrygelaat te word.  Die aansoek is gister deur ‘n volbank regters eenparig met kostes van die hand gewys. 

In kort het Derby-Lewis in 1993 betrokke was in die Chris Hani moord.  Chris Hani was destyds die Sekretaris van die Komuniste Party en die leier van die ANC se militêre vleuel.  Ene Arthur Kemp het ‘n lys met vooraanstande ANC en SAKP lede opgesteel wat uit die weggeruim moes word.  Hani was derde, na Nelson Mandela en Joe Slovo.  Derby-Lewis het die wapen voorsien waarmee die sluipmoord uitgevoer was.

Derby-Lewis was ter dood veroordeel.  Nadat die doodstraf in 1995 afgeskaf is, het sy straf na lewenslank verander.  Hy het by die Waarheids en Versoenings Komissie aansoek gedoen om amnestie, maar dit was nie toegestaan nie.  Hy het in 2008 vir parool gekwalifiseer (hy is ouer as 65, het 15 jaar van sy vonnis uitgedien en sy rehabiliteerbaar).  Die Hani familie het dit teen gestaan en daarom het hy hom tot die hof gewend.

‘n Been met baie vleis om af te knaag.  Sy regsverteenwoordiger gebruik Shabir Shaik as ‘n voorbeeld.  Ja, Shaik het onregverdig parool gekry, maar word appels nie nou met lemoene vergelyk nie?  Shaik was tronk toe vir korrupsie en bedrog.  Hy is seker effens onregverdig behandel, hy is gevonnis oor sy korrupte verhouding met Zuma.  Dit blyk alhoemeer dat Zuma se saak nooit gaan voorkom nie.  Derby-Lewis het koelbloedige, beplande moord gepleeg.  Shaik is 15 jaar tronk toe gestuur.  Derby-Lewis kan dankbaar wees hy lewe nog. 

Ek moet egter ook vra of daar so ‘n bohaai sou gewees het as Derby-Lewis iemand anders vermoor het.  Word daar van hom ‘n voorbeeld gemaak omdat hy ‘n politikus bygekom het?  Dimitri Tsafendas was wel onaanspreeklik verklaar op sy moord op Verwoerd, maar hy is tot sy dood in Weskoppies aangehou.  Hy kon deur enige President van Suid-Afrika vry gelaat geword het.  Tog is dit nie net sy toestand wat dit verhoed het nie.

Hoeveel sê het gewone slagoffers families oor die parool van mense wat hulle te nagekom het?  As Derby-Lewis vir ene Nkozi, Naidoo of veral Nel vermoor het, sou hulle families ‘n aanbeveling by die paroolraad kon doen?  Ek dink nie so nie.  Hulle sou maar met die besluit van die parool moes saam leef.  Volgens die grondwet is almal gelyk?  Moet dit nie wees gelyk, behalwe waar dit politici aangaan nie.

Is hierdie plein en simpel ‘n wit en swart saak?  Hoe voel julle, behoort Derby-Lewis parool te kry?  Wat as hy een van jou familielede vermoor het?

Blogvraag:  Wie het Chris Hani geskiet en was saam met Clive Derby-Lewis ter dood veroordeel?

Blogantwoord:  Willes was reg met Jonathan Hutchinson en Hasting Gilford.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Sing-a-long ‘n Groen Skrywe

83 Kommentaar Add your own

  • 1. WILLE KJINDQ  |  Maart 18, 2009 om 6 : 20

    Eerste

  • 2. WILLE KJINDQ  |  Maart 18, 2009 om 6 : 21

    Janusz Walus

  • 3. WILLE KJINDQ  |  Maart 18, 2009 om 6 : 22

    Of so iets……….

  • 4. WILLE KJINDQ  |  Maart 18, 2009 om 6 : 24

    Whats good for the goose is good for the gander

  • 5. WILLE KJINDQ  |  Maart 18, 2009 om 6 : 29

    Clive is ongelukkig te wit om sy gevreetjie ooit wee inni samelewing te ka wys. Mev Hani het ‘n unforgiving spirit…… Punt!

  • 6. WILLE KJINDQ  |  Maart 18, 2009 om 6 : 32

    As ou Sipho vi tannie Zille dooi (heaven forbid) gat hy seke net vi ‘n naweek inni tjoekie sit.

  • 7. WILLE KJINDQ  |  Maart 18, 2009 om 6 : 33

    Ek moet seke my bek hou voorlat ek saam ou Clive inni tjoekie sit

  • 8. *mathilda*  |  Maart 18, 2009 om 6 : 42

    Helo

  • 9. WILLE KJINDQ  |  Maart 18, 2009 om 6 : 59

    Tilla!

  • 10. WILLE KJINDQ  |  Maart 18, 2009 om 7 : 00

    Eish! Nwt

  • 11. WILLE KJINDQ  |  Maart 18, 2009 om 10 : 15

    Sal opera wragtag ha mini uit trek. TSK!!!!!!

  • 12. WILLE KJINDQ  |  Maart 18, 2009 om 10 : 19

    Simpel koei

  • 13. WILLE KJINDQ  |  Maart 18, 2009 om 10 : 20

    Wa Olga❓

  • 14. WILLE KJINDQ  |  Maart 18, 2009 om 11 : 00

    En nou kan ek wragtag nie slaap nie👿

  • 15. WILLE KJINDQ  |  Maart 19, 2009 om 5 : 15

    More more

  • 16. WILLE KJINDQ  |  Maart 19, 2009 om 5 : 41

    En natuurlik sal Zumatello nooit die binnekant van die tjoekie sien nie….. Sy ninja turtle broers watch mos sy back. GMPF!

  • 17. Zoekoe  |  Maart 19, 2009 om 7 : 23

    Hallo mense

    Man die ou het ‘n militante moer politikus doodgemaak, hy is ‘n hero in my oe !!!!

  • 18. Renchia  |  Maart 19, 2009 om 8 : 02

    Ek sou dink hy kan maar parool kry. Hy was lank genoeg in die tronk en ek is seker hy sal op sy gryse ouderdom nie weer so iets doen nie. Shabor Shaik kan maklik weer bedrog pleeg – as hy nie al klaar het nie.

    My beskeie mening….
    Renchia

  • 19. Adrie  |  Maart 19, 2009 om 8 : 17

    More Almal

  • 20. Zoekoe  |  Maart 19, 2009 om 8 : 19

    Hallo Adrie 😀

    Hoekom die swaar post vandag ?

  • 21. Adrie  |  Maart 19, 2009 om 8 : 20

    Zoekoe

    Ek wonder wat gaan met die aap gebeur wat Mugabe vermoor? Gaan hy ‘n held wees of gaan hy ook tronk toe? Wie gaan die besluit neem?

    Renchia
    😉 So in jou beskeie mening is 15 jaar genoeg vir moord?

  • 22. Adrie  |  Maart 19, 2009 om 8 : 21

    Zoekoe

    Skryf ek ooit ligte posts? In vergelyking met gister se (eerste) post, is die een baie lig.

  • 23. Zoekoe  |  Maart 19, 2009 om 8 : 22

    Die aap wat moegoeapie vermoor sal my hero wees vir altyd en altyd – en sekerlik vir meeste mense in daai land ook, maybe maak hulle hom selfs die nuwe diktator !

  • 24. Adrie  |  Maart 19, 2009 om 8 : 25

    Wat my pla van die hele storie is die betrokkenheid van die familie. Die Hani familie het baie se^ in die parool stories. Ek vermoed ook dat hulle invloed met Balfour het. Hy het gese^ Derby-Lewis gaan not a hell op parool vrygelaat word nie.

    Ek dink nie ander slagoffers het insae tot hulle violaters se parool het nie? Hoekom kry die Hani familie voorkeur?

  • 25. Beeld  |  Maart 19, 2009 om 8 : 26

    Virginia Keppler
    Die staat kan niks doen teen die Pretoriase kleuterskool waar ’n vierjarige seuntjie na bewering onsedelik aangerand is nie.

    Die departement van maatskaplike ontwikkeling het gister maatskaplike werkers na dié skool in die Moot-gebied gestuur.

    Mnr. Fred Mokoko, departementele woordvoerder, het gesê die kleuterskool is nie by die departement geregistreer nie omdat geen wet in hierdie stadium sulke registrasie verplig nie.

    “Sou ons in ons ondersoek fout vind, is ons nie by magte om die kleuterskool te sluit nie omdat daar ’n polisiesaak hangende is. Ons kan wel saam met die polisie werk.”

    Mokoko het gesê die departement gaan ook met die klaers in verbinding tree om hulle te ondersteun.

    Dit is jammer dat die nuwe Kinderwet nog nie goedgekeur is nie, want dit verplig enigiemand wat ’n kind oppas of ’n kleuterskool of dagsorgsentrum bedryf om by die departement te registreer, het hy gesê.

    Volgens Mokoko sal die nuwe wet die departement meer magte gee om kleuterskole te sluit.

    ’n Besluit word binnekort geneem oor die moontlike arrestasie van die kleuterskooleienares se man.

    Die ondersoekbeampte het reeds die saak met die senior staatsaanklaer bespreek, het supt. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder, gesê.

    “Die staatsaanklaer wag nou op die sielkundige verslae oor die kinders om dan ’n finale besluit te neem.”

    Volgens ’n ingeligte behoort die verslae teen einde vandeesweek voltooi te wees. Drie kinders het verklarings oor die beweerde voorvalle by die polisie gedoen. Een van hulle, ’n vierjarige seuntjie, se ouers het gister gesê hulle is bly om te hoor die saak kom nou tot ’n punt nadat hy na bewering op 13 Februarie aangerand is.

    Talle Beeld-lesers het gister gebel en hul misnoeë met die polisie se “stadige optrede” uitgespreek.

    Beeld het ook gister die skool besoek. Die eienaar het gesê sy is net bewus van een seun namens wie ’n klag by die polisie ingedien is.

    “Ek weet nie van die ander kinders nie. Die polisie het my ook net een keer kom ondervra,” het sy gesê.

    Op die vraag of Beeld met haar man kon praat, het sy gesê: “Ek sien nie kans dat my man se naam deur die modder gesleep word nie.”

    Al het sy die polisie en Beeld van “goedkoop sensasie” beskuldig, was sy baie beleefd.

    Beeld mag regtens nie die naam van die skool publiseer nie omdat dit die vermeende oortreder kan identifiseer. Die wet bepaal ’n beskuldigde in seksverwante sake moet eers pleit voordat hy/sy geïdentifiseer mag word.

  • 26. Beeld  |  Maart 19, 2009 om 8 : 27

    Carina van Wyk
    ’n Johannesburgse staatshospitaal het net genoeg kos vir twee dae oor.

    Dit is as maaltye “met sousbone en botterbone gerek word”.

    ’n Kombuiswerker van dié hospitaal het gister met haar eie geld vir pasiënte brood gekoop.

    Dié hospitaal, wat se naam op versoek van die bestuur weerhou word, is een van talle in Gauteng wat se kombuisrakke leeg staan omdat die Gautengse gedeeldedienssentrum (GSSC) verskaffers glo nie betaal nie. Die GSSC moet onder meer diensteverskaffers aanstel en betaal.

    Volgens ’n bestuurslid van die hospitaal is daar vleis vir drie maaltye oor en glad nie vars groente, vrugte of brood nie. Beeld het verneem die sjef het gister groente by ’n ander hospitaal geleen. Die hospitaal het sedert einde Januarie ’n tekort aan brood en koop glo meel uit die kleinkas om brood te bak.

    Mnr. Jack Bloom, DA-LPW, het gesê verskeie hospitale in die provinsie het ’n tekort aan kos.

    By die Chris Hani Baragwanath-hospitaal het pasiënte glo die afgelope drie maande nie ’n stukkie hoender of vis oor hul lippe gehad nie.

    “Die situasie word nou vererger omdat die provinsiale regering uit geld geraak het in aanloop tot die einde van die boekjaar op 31 Maart,” het Bloom gesê.

    ’n Groot voedselverskaffer wat anoniem wil bly, het gesê hy moes eergister ’n betaling van sowat R300 000 ontvang, maar ’n paar honderd rand is in dié onderneming se rekening inbetaal. ’n Werknemer van die provinsiale regering het hom laat weet alle betalings is tot 1 April bevries. Me. Khusela Sangoni, die GSSC se hoof van kommunikasie, het in ’n verklaring gesê bewerings van ’n agterstand in betalings is “niks minder as goedkoop politiekery deur Jack Bloom, wat ’n desperate mediahonger opportunis geword het” nie. Volgens Sangoni sal Bloom enigiets doen om die regering in oneer te bring – insluitend om gerugte as evangelie te verkondig sonder om oor feite seker te maak.

    Sy het gesê die GSSC beoog om hul kontraktuele verpligtinge na te kom “soos ons nog altyd het”.

    ’n Verskaffer van onder meer suiwelprodukte, ’n verskeidenheid kruideniersware, meel en vleis, lewer sedert verlede maand nie af nie.

    Die eienaar het gesê hy het “byna geen” betalings in Februarie en Maart ontvang nie. “Dis verskriklik dat pasiënte daarvoor gestraf word.”

    Die hospitaalbestuurslid het gesê dis verstaanbaar dat verskaffers nie aflewer nie.

    “Hulle (die GSSC) speel met hierdie mense (die verskaffers). By my gaan dit oor siek mense. Vir hom (die verskaffer) is dit ’n besigheid.”

    Die Gautengse gesondheidsdepartement het teen druktyd nog nie kommentaar gelewer nie.

  • 27. Beeld  |  Maart 19, 2009 om 8 : 28

    Loraine Kalp
    Bloemfontein. – Die slaghuiseienaar wat vleis en lyke in dieselfde vrieskas gebêre het, het gister hier in die landdroshof verskyn.

    Mnr. André Knipe (44) is eergisteraand laat in hegtenis geneem oor die oortredings van die Gesondheidswet. Hy is op waarskuwing vrygelaat.

    Knipe het gister op dié klagtes voor landdros Andries Schoeman verskyn. Hy moet weer op 25 Mei in die hof verskyn.

    Sy hofverskyning spruit uit ’n polisieklopjag waar lyke in die slaghuis se vrieskas gekry is.

    Lede van die eenheid teen georganiseerde misdaad en speurders van die Parkweg-speurkantoor het saam met amptenare van die departement van gesondheid op die Oranjesig-slaghuis op die hoek van Gemsbokstraat en Harveyweg toegeslaan. In die yskas waar vleis gebêre is, is drie mans se lyke gekry.

    Jack’s Funerals was voorheen in dié gebou en het glo na ’n ander perseel in Harveyweg geskuif. Van die vrieskaste van Jack’s Funerals het agtergebly.

    Langs die begrafnisonderneming was ABJ Meat Wholesalers. Die eienaar hiervan het ook Oranjesig-slaghuis op dieselfde perseel waar die begrafnisonderneming geleë was, geopen. Volgens ’n polisieverklaring vroeër is vleis en lyke op dieselfde werkoppervlakke gewas.

    ’n Vorige werknemer van die slaghuis het bevestig dat sy soms met vleis moes werk waar lyke gewas is.

    Die deure van Jack’s Funerals en Oranjesig-slaghuis, wat aan Knipe behoort, is gesluit.

    Thaba Funerals is eergister deur die polisie gekontak om die lyke te verwyder. Toe Thaba Funerals daar opdaag, het die polisie besluit om eerder die lyke na die staatslykshuis te bring.

    Mnr. J.D. Henning, eienaar van Thaba Funerals, het gesê hulle is geensins by die skandaal betrokke nie. Hulle het bloot onder polisie-opdrag opgedaag om die lyke te verwyder. Hulle het weer gister opdrag gekry om die lyke van die staatslykshuis te verwyder en die begrafnisse verder te hanteer.

  • 28. Beeld  |  Maart 19, 2009 om 8 : 31

    Gloria Edwards
    Net soos sommige sorgsentrums haweloses uitbuit, is daar sommige haweloses wat barmhartige Samaritane uitbuit.

    So is aan Beeld gesê toe minstens ses mense laat weet het die gesin waaroor Beeld vroeër berig het, het dié koerant se lesers mislei.

    Beeld het Maandag berig oor mnr. Johan (48) en mev. Rina Coetzee (50) wat beweer hulle ryloop al sedert November verlede jaar met hul dogter, Jolene (15), en dié se baba, Britney (1), sodat hulle kan werk soek.

    Die Coetzees het beweer hulle het alles verloor toe ’n vakansieoord naby Upington, waar mnr. Coetzee glo gewerk het, glo toegemaak het.

    Hulle het ook beweer hulle is uitgebuit deur verskeie sorgsentrums waar hulle skuiling en kos gaan soek het.

    Nou blyk dit egter dat die Coetzees die afgelope twee jaar in Parys in die Vrystaat by sorgsentrums gebly en op dié dorp gewerk het.

    Mnr. Pieter Smit van die Hervormde kerk in Parys het gesê die Coetzees het in die Basa Park-sorgsentrum gewoon en die kerke het daar aan hulle kos verskaf.

    Me. Debbie Bernhardt van die Rotariërklub in Parys het gesê mnr. Coetzee het by haar gewerk en toe verdwyn.

    Me. Annatjie Bezuidenhout van Parys beweer die Coetzees is ’n gesin van 14 wat van dorp tot dorp ryloop en Britney glo gebruik om simpatie by barmhartige Samaritane te wek. “Hulle het by my gebly en net verdwyn sonder om huur te betaal. Ek kry die kinders jammer.”

    ’n Vrou van Nigel beweer die Coetzees het langs haar gewoon en op dié dorp gewerk voordat hulle verdwyn het. “Hulle maak dit moeilik vir mense wat regtig sukkel om hulp te kry.”

    Beeld se ondersoek verlede week het getoon dat daar wel sorgsentrums is wat haweloses uitbuit. Dít nadat Beeld met verskeie ander haweloses gepraat het en self twee van dié sentrums aan die Oos-Rand besoek het, waar haweloses belet word om te gaan werk soek.

    Past. Steven du Plessis, eienaar van die sorgsentrum New Beginnings in Boksburg wat bo verdenking is, het egter gesê sommige haweloses buit ook die stelsel uit. “Van hulle is meester-manipuleerders en misbruik die goedheid van sorgsentrums en mense wat wél wil help,” het hy gesê.

    Me. Monica Combrinck van die Mooihawens-sorgsentrum in Meyerton, wat die Coetzees ná die berig ingeneem het, het gesê hulle hou die situasie dop, maar sal die Coetzees nie wegwys nie.

    Mnr. Coetzee volstaan met sy aanvanklike verhaal en ontken al die bewerings.

  • 29. Adrie  |  Maart 19, 2009 om 8 : 44

    Lees veral nommer 27 as jy geen ander comment lees nie.

  • 30. *Mathilda*  |  Maart 19, 2009 om 8 : 48

    More more

  • 31. Adrie  |  Maart 19, 2009 om 8 : 58

    Mense

    Ek woon nie meer in ‘n beton oerwoud nie, maar sommer in ‘n reen woud.

  • 32. Ogies  |  Maart 19, 2009 om 8 : 59

    Jy weet, my antwoord was klaar in my kop. Natuurlik, laat hom vry. Ek dink dis net weer ‘n kwessie van swart @ wit. En toe kom die res van jou vraag. Wat as hy iemand na aan my vermoor het? Ek sou hom steeds vrygelaat wou kry. Hoekom? Sodat ek hom persoonlik kan bykom!

  • 33. Zoekoe  |  Maart 19, 2009 om 9 : 03

    En mensvleis lyk nes varkvleis as dit gesny is….. foooook !!!!

  • 34. *Mathilda*  |  Maart 19, 2009 om 9 : 03

    Eish – dit reën so hier by ons dat my pa vanoggend die hek skoon van sy rail afgery het !

  • 35. *Mathilda*  |  Maart 19, 2009 om 9 : 05

    Zoekoe

    Hoe weet jy ?

  • 36. Zoekoe  |  Maart 19, 2009 om 9 : 05

    Daai slaghuis maak seker lekker boerewors met mensvet !!!! eeeuuuw !!! phuuuuuuaaaaok !!

  • 37. Zoekoe  |  Maart 19, 2009 om 9 : 06

    Ek weet Adrie, ek kyk baie Discovery channel 🙄

  • 38. Zoekoe  |  Maart 19, 2009 om 9 : 07

    Mathilda, ek kyk baie Discovery Channel !!! 😆

  • 39. Adrie  |  Maart 19, 2009 om 9 : 16

    Ogies

    WHAHAHAHAHAHAHAHAHA

    Slim een. So jy dink die Hani familie moet hom uitsort?

  • 40. *Mathilda*  |  Maart 19, 2009 om 9 : 17

    O fok tog – remind my om NOOIT weer Discovery Channel te kyk nie !

  • 41. Adrie  |  Maart 19, 2009 om 9 : 24

    Tilla

    Net omdat jy nie van iets weet nie, beteken nie dat dit nie daar is nie.

  • 42. Zoekoe  |  Maart 19, 2009 om 9 : 28

    Ek wonder nou, hoe lyk mens “loin chops” as dit mooi gesny is . . . ❓

  • 43. *Mathilda*  |  Maart 19, 2009 om 9 : 28

    Kloon

    Ja soos hulle sê wat die oog nie sien nie maak die hart nie seer nie !

  • 44. Adrie  |  Maart 19, 2009 om 9 : 29

    Zoekoe

    Jy sal dit seker eet ook.

  • 45. Zoekoe  |  Maart 19, 2009 om 9 : 33

    Nee ek twyfel of ek dit sal eet…. maar soos Mathilda gesê het. wat mens nie weet nie, kan jou nie skade doen nie…. maak mens wonder soms wat gaan in somige slaghuise aan…. lekker plek om van ongewensde politieke probleme ontslae te raak….

  • 46. *Mathilda*  |  Maart 19, 2009 om 9 : 33

    As hy so lekker is soos ‘n varktjoppie sal ek hom ook eet !

  • 47. Jenny  |  Maart 19, 2009 om 9 : 36

    Madonna en seun
    Madonna, ’n bejaarde popster, is glo op soek na nog ’n “arm kind uit Afrika” om aan te neem.
    Dít is nie die soort geleentheid wat ons hier in Suid-Afrika sommer moet laat verbygaan nie, en Lood steun dus ten volle die voorstel van Brandon Faber, ’n News24-leser, dat sy vir . . . Julius Malema kan kry!
    Nie net is ons dan ontslae van die Eerste Kleuter nie, maar sal dit nie pret wees as hy op Ma Donna se skoot sit en Papa don’t preach sing nie?
    ) Soos Brandon sê: (Mad)onna en (Mal)ema – dis amper of dit so bestem was . . .

  • 48. Zoekoe  |  Maart 19, 2009 om 9 : 39

    😆 😆 whaaaaahahahahahahahahahaha 😆 😆

    LMFGA 😆 dis nou ‘n goeie een Jenny 😆

  • 49. Sebastiaan  |  Maart 19, 2009 om 9 : 45

    Daar is n ou wet
    In plek: enige iemand wat meer as 6 kinder op n slag by n bepaalde adres oppas moet by die departement registreer. Dit sluit speelgroepe in. Dan natuurlik, dit was wetgewing deur die np daargestel. So die anc mag dit ignoreer en se hulle wag dat hulle wetgewing deurgevoer word.

  • 50. Sebastiaan  |  Maart 19, 2009 om 10 : 05

    Laat lewis vry. Hy voldoen aan al die vereistes. Hy het 15 jaar uitgedien. Dit word alreeds gesien as n leewenslange vonnis. Hy is ouer as 65. Hy is gerehabiliteer en HY TOON BEROU. Die hani famielie het van die begin af heeltemalt e veel se. Wat het gebeur met die mense wat met hani se begrafnis destyds uitgegaan en witmense gaan vemoor het uit weerwraak. Ek kan nie onthou dat HULLe ooitg aangekeur was nie. Laat staan gestraf was vir hulle dade nie.

  • 51. Nats  |  Maart 19, 2009 om 10 : 12

    More julle!

    I’m singing in the rain! ♫ ♫
    Ek het vanoggend my malaria pille gaan kry vir vlg week!

    Topic
    Dis baie moeilik – maar ek voel tot in ‘n mate het hy sy tyd in die tronk deurgebring, 15 jaar is lank! Dit gaan nie die persoon terug bring nie, maar darem het hy tyd in die tronk spandeer en berou vir wat hy gedoen het. Baie moordenaars sien nie eens die tronk nie, en hulle maak ou mense wreed dood – vir hulle het ek geen simpantie nie (maar is moord nie maar moord nie) Sjoe dis ‘n moeilike een… sal nog bietjie mooi en lank oor die moet dink!

  • 52. Nats  |  Maart 19, 2009 om 10 : 46

    Lyk my die reën maak almal slaperig!!

  • 53. Zoekoe  |  Maart 19, 2009 om 10 : 47

    Soms is moord geregverdig…. veral as dit by politikuste kom !

  • 54. *Mathilda*  |  Maart 19, 2009 om 11 : 45

    Ek dink ook almal slaap nog

  • 55. Pikkelik  |  Maart 19, 2009 om 11 : 49

    Agge nee Adriana, dis ‘n moeilike onderwerp!!! My brein willie inskop nie… Ek willie comment nie. Ek willie besluit oor iemand anders se toekoms nie. Ek willie kant kies nie… Ek willie God speel nie. Ek wil nie vergelykings tref nie. Ek wil nie meer hieroor dink nie. Ek WIL hê jy moet ietsie anders skryf dat ons sommer net kan kuier… Gmf….

  • 56. Zoekoe  |  Maart 19, 2009 om 12 : 05

    Ja skryf oor iets ligs – soos die weer of iets !!

  • 57. Wille Kjind Q  |  Maart 19, 2009 om 12 : 23

    GGGRRR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    Vandag issi my dag nie. O ja………. *mompel* mirrag

  • 58. *Mathilda*  |  Maart 19, 2009 om 12 : 28

    Jy skryf net wat jy wil – met ander woorde – kuier !

  • 59. *Mathilda*  |  Maart 19, 2009 om 12 : 42

    Willes

    Vertel ons daarvan – dalk voel jy beter !

  • 60. Wille Kjind Q  |  Maart 19, 2009 om 12 : 47

    @ *M*

    Ek sal gefire word as ek op ‘n openbare blog praat vanni kak.

  • 61. Wille Kjind Q  |  Maart 19, 2009 om 12 : 49

    Trust me……..

  • 62. Wille Kjind Q  |  Maart 19, 2009 om 12 : 50

    Ek was nog nooit so naby aan ‘n kliënt bliksem nie!

  • 63. Wille Kjind Q  |  Maart 19, 2009 om 12 : 55

    Dankie tog ek het my voorkop gebotox. Anders het my gevreet wee soos ‘n evil wicked demon gelyk wat die wicked witch of eastwood ‘n goeie paksla ka gee

  • 64. Wille Kjind Q  |  Maart 19, 2009 om 12 : 58

    Eish! Nou klink ek amper se evil soos daai Hani vroumens👿

  • 65. Wille Kjind Q  |  Maart 19, 2009 om 12 : 59

    En almal hol mos weg as ek hie aankom! GMPF!!!

  • 66. Nats  |  Maart 19, 2009 om 1 : 03

    Hello Wille Q!!!!
    Skoe wee jou lank laas raak geloop!

  • 67. Zoekoe  |  Maart 19, 2009 om 1 : 06

    Hallo Willes 😀 😀

    Hallo Nats 😀 😀

  • 68. Wille Kjind Q  |  Maart 19, 2009 om 1 : 09

    Hallo!!!! Ek soen julle somma

  • 69. Wille Kjind Q  |  Maart 19, 2009 om 1 : 11

    En ek het amper begin sing!

  • 70. Nats  |  Maart 19, 2009 om 1 : 12

    Lo da Zoekoe!!!🙂

    Wille Q
    Sterkte met daai klient!

  • 71. Nats  |  Maart 19, 2009 om 1 : 40

    Ag jitte!! Die vrou langs ons het die mooiste hond!!! Sy is gekruis met ‘n great dane (noem haar sommer ‘n mini dane)
    Stunning haar amper gesteel!!!!

  • 72. Sebastiaan  |  Maart 19, 2009 om 1 : 43

    Wat het van janus jacob waluz geword?

    Wegkruipers.

    Blok blok. . . .

  • 73. Zoekoe  |  Maart 19, 2009 om 1 : 51

    wie is dit ?

  • 74. Verons  |  Maart 19, 2009 om 2 : 06

    Mirrag julle!
    Ja Sebastiaan daai vraag vra ek ook? Ek sê ook hulle moet Derby vrylaat hy het klaar sy straf uitgedien en buitendien is al die ander “politike gevangenisse” is eventually vrygelaat!
    Die bekendste een natuurlik Nelson Mandela, hy het baie meer mense se dood veroorsaak met sy bomme!

  • 75. Verons  |  Maart 19, 2009 om 2 : 11

    Nats waar gaan jy heen?
    Ek was al baie in malaria gebiede en ek het net eenkeer malaria pille geneem en dit het my kak sleg laat voel!
    Die klomp bo in Afrika verkies dat jy nie die pille neem voor die tyd nie want dan kan hulle nie malaria betyds by jou diagnoseer nie, omdat die pille die simptome onderdruk!
    Ek weet van 2 mense wat gesterf het van malaria en hulle het altwee malaria pille gedrink en toe malaria uiteindelik by hulle gediagnoseer is was dit te laat die siekte was toe al baie ver gevorder maar as hulle dit vroëer kon opspoor kon hulle albei vandag nog geleef het!

  • 76. Wille Kjind Q  |  Maart 19, 2009 om 3 : 16

    Daar kom die wa, die vierperdewa!
    Hy het nie naam nie, sy naam moet hy nog kry.
    Tant Leentjie draai, stadig swaai, daar onder in die baai,
    tant Leentjie draai, stadig swaai, daar onder in die baai.

    Daar kom die wa, die vierperdewa!
    Hy kan nie hou nie, hy’s glad te swaar gelaai.
    Hokaai, hokaai, by die draai–een om af te laai;
    Hokaai, hokaai, briek aandraai, stilhou by die draai.

    Wat dra die wa, die vierperdewa?
    Net pure nooi’ntjies, en een moet agterbly.
    Hul’s ewe fraai–wie sal raai wie om af te laai?
    Laat my maar sê, sonder raai, watter ek wil hê.

    Af klim die nooi, die uitgesoekte nooi.
    Sy het nie baas nie–dis tyd dat sy een kry.
    Dit pas ‘n baas op ‘n plaas om ‘n nooi te kry:
    Ek het ‘n nooi, goed en mooi, en sy’s baas oor my.

  • 77. Nats  |  Maart 19, 2009 om 3 : 35

    Hi Verons,

    Ons gaan Mozambique toe, nie regtig ‘n malaria gebied nie en almal wat saam gaan duik so hulle vat ook nie pille nie… ons is maar net versigtig. Was al baie in malaria gebiede en nog altyd pille gedrink.
    My sus hulle vat die testing kit saam, so ons sal vinig genoeg uitvind of ons malaria gekry het.

    Vriendin se pa is van malaria dood, hy het nie pille gedrink nie. So ek vat maar eerder nie ‘n kans nie.🙂

  • 78. *mathilda*  |  Maart 19, 2009 om 4 : 24

    Eeuw, daai malariapille is bitter

  • 79. Wille Kjind Q  |  Maart 19, 2009 om 4 : 34

    Die julle! (Nee dis julle!) Dis julle! (Nee dis julle!)
    Dis julle wat die wind laat waai! (O nee, dis julle!)
    Die julle! (Nee dis julle!) Dis julle! (Nee dis julle!)
    Dis julle wat die wind laat waai! (O nee, dis julle!)
    Dis ‘n onder-, (Nee, ‘n bo-,) dis ‘n onder-, (nee, ‘n bo-,)
    dis ‘n onderstebo baadjie; (O nee, dis nie!)
    Dis ‘n onder-, (Nee, ‘n bo-,) dis ‘n onder-, (nee, ‘n bo-,)
    dis ‘n onderstebo baadjie! (Ons dag dis bo!)

    (Dis julle!) O, so! (Dis julle!) Ag nè?!
    (Dis julle wat die wind laat waai!) Nooit!
    (Dis julle!) Wie sê so? (Dis julle!) Nou, toe nou!
    (Dis julle wat die wind laat waai!) Raai!
    (Dis ‘n onder-,) Ha-ha! (dis ‘n bo-,) Ha-ha!
    (dis ‘n onderstebo baadjie!) So waar?!
    (Dis ‘n onder-,) Mf! (dis ‘n bo-,) Nga!
    (dis ‘n onderstebo baadjie!) Jul laat ons lag!

    Dis julle wat die, dis julle wat die,
    dis julle wat die wind laat waai!
    Dis julle wat die, dis julle wat die,
    dis julle wat die wind laat waai!

  • 80. Nats  |  Maart 19, 2009 om 4 : 49

    WHA WHA HA HA HA!!!!!

    Ek het regtig ‘n blond vir ‘n suster! Sy bel my op die landlyn met haar landlyn… toe kom daar nog ‘n oproep deur op my landlyn so ek sê toe ek gaan haar gou op hold sit… sy is toe sommer vies want wie bel my nou??
    Ek sit haar op hold, tel op op die ander lyn – niemand! Lyn is dood!
    Terug na haar toe, toe sê sy sy het my perongeluk van haar cell af gebel!!!

    Wha ha ha!!!!

  • 81. Wille Kjind Q  |  Maart 19, 2009 om 5 : 45

    Hier’s ek weer, hier’s ek weer
    met my rooirok voor jou deur,
    en ek wil jou hê, en ek sal jou kry.
    Hier’s ek weer, hier’s ek weer
    met my rooirok voor jou deur,
    en ek wil jou hê, en ek sal jou kry.
    Al slaan jou ma my driemaal oor my kop,
    dan staan ek op en kom ek weer.
    Al slaan jou ma my driemaal oor my kop,
    dan staan ek op en kom ek weer

  • 82. Zoekoe  |  Maart 19, 2009 om 6 : 01

    En toe word ons dors

  • 83. Adrie  |  Maart 19, 2009 om 6 : 55

    Sebastian en Verons

    Janusz Walus is ook nog steeds in die tronk, maar hy kom nie in aanmerking vir parool nie.

    Pikkie

    Skuus man. Ek doen maar net my eie menings peiling.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: