Suurlemoene en kruise

Maart 17, 2009 at 5 : 58 317 Kommentaar

Dit is ‘n feit soos ‘n perd.  Die lewe deel so af en toe aan almal ‘n suurlemoen uit.  Dit hang van jou af wat jy met die die suurlemoene maak.  Die ou mense het gereken dat dit die tyd is wanneer daar lemonade gemaak moet word.  Deesdae weet almal dat jy ‘n bottel Tequila en sout moet gryp.  Maak nie saak wat jy doen nie, maar jy moet die suurlemoen tot jou voordeel aanwend.

Sondagoggend, raak ek so effens wakker en sit gou die tv aan vir inspirasie om verder te slaap.  Free Spirit wys, nie juis ‘n program wat my interesseer nie.  Toevallig is daar ‘n artikel oor man met progeria.  Leiers raak selde ouer as 13, maar Leon Botha is 23.  Ongehoord oud.  Hy is besig om vir homself naam as ‘n skilder te maak en gebrekkig soos wat my kunskennis is, kan self ek sien dat hy goed is.  Hy leef reeds op geleende tyd, maar hy sit en wag nie op die dood nie.  Hy lewe elke dag  voluit.  Sy weergawe oor “If life hands you a lemon”?  “Slice it and serve it.”  Treffend, nie waar nie.

Leon Botha het nie tyd om die suurlemoene op te tert nie.  Hy het by kuns betrokke geraak omdat niemand ander vir hom ‘n geleendheid wou gee om homself te bevorder nie.  Hy dra sy kruis geduldig, gedienstig, gedweë – as die digter my sal verskoon.  Ek haal my hoed vir hom af.  Ek dink hy is ‘n waardige rolmodel vir vele mense.

Dit bring my by waardige kruisdraers.  Ek is seker dat daar dadelik 2 of selfs 3 name dadelik by almal opgekom het.  Mense wat dapper genoeg was om hulle kruise met almal te deel om mense meer bewus van die lewe buite hulle eie kringetjie te maak.  Die dames doen regtig wonderlike werk en ek haal ook my hoed vir hulle af.  Tog, is hulle kruis swaarder en ligter as Johan Botha s’n? 

Almal dra tog ‘n kruis, anders lewe hulle nie.  Is iemand se kruis minderwaardig aan ‘n ander kruis?  Kry swakker mense net kleiner kruise?  Is almal se meetsnoere regverdig uit gemeet?

In ‘n mate is almal seker heroes.  Almal het op een of ander manier hulle “uitdagings” die hoof gebied en hopenlik as beter mense die volgende uitdaging aangepak.  Ek het een keer iets gelees van as jy iets doen net om te oorleef, is dit nie dapperheid nie. 

Dalk nie, maar dit is nog steeds motivering vir s0veel ander.

Blogvraag:  Wie het Progeria beskryf?  (Twee mense, onafhanklik van mekaar).

Blogantwoord:  Willes was reg met Detroit, Michigan.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Die grootste gevaar op die pad Sing-a-long

317 Kommentaar Add your own

  • 1. Klip  |  Maart 18, 2009 om 11 : 47

    Alles is deesdae , “kits” kyk nou net hoe maklik.

  • 2. *Mathilda*  |  Maart 18, 2009 om 11 : 48

    Marog is lekkerder as spinasie

  • 3. *Mathilda*  |  Maart 18, 2009 om 11 : 49

    He he … nuwe woord – strooitjie maklik !

  • 4. Ouma Rosie  |  Maart 18, 2009 om 11 : 51

    Whahahahahaha Tilla briljant!

    and, they lived happily ever after.

    Goeie les

  • 5. Nats  |  Maart 18, 2009 om 11 : 51

    Hello hello julle!!

    Sjoe maar julle chat omtrent vanoggend!😯

    Topic
    Tweeling, jy noem ‘n Leon en ‘n Johan Botha… tik fout of praat jy van twee verskillende ouens wat albei skilder?

    Ek probeer positief wees met wat ek het, maar soms is dit moeilik as dinge skeef loop om te besef wat jy eintlik het! Dis hoekom ek van die Rose Projek hou en GM Angels – dit lat jou besef wat jy het!!!!

  • 6. Adrie  |  Maart 18, 2009 om 11 : 51

    Ek hou ook van marog.

  • 7. Ouma Rosie  |  Maart 18, 2009 om 11 : 52

    Hulle gebruik die strootjie om te colour!!!

  • 8. Adrie  |  Maart 18, 2009 om 11 : 52

    Sorry Nats

    Dit is net Leon Botha.

  • 9. Ouma Rosie  |  Maart 18, 2009 om 11 : 53

    Hellllloooooooo Natsie!! Ouma se oulike kleinkind, hier is vir jou sweeties

  • 10. Nats  |  Maart 18, 2009 om 11 : 56

    Ouma Rosie!!!!!!!!
    Dankie ouma is die beste, mooiste, oulikste ouma ooit!!!!

  • 11. Ouma Rosie  |  Maart 18, 2009 om 11 : 56

    Ok die son trek water, Ouma beter gaan werk as ek wil eet aan die einde van die maand😯

    Soet wees julle!

  • 12. Ouma Rosie  |  Maart 18, 2009 om 11 : 57

    Ouma weet al die dnge, julle sal ver moet soek vir so oulike Ouma Natsie!! :mrgreen:

  • 13. Adrie  |  Maart 18, 2009 om 12 : 04

    Soek julle ‘n nuwe post?

  • 14. Zoekoe  |  Maart 18, 2009 om 12 : 09

    Net wat jy wil Adrie…..

  • 15. *Mathilda*  |  Maart 18, 2009 om 12 : 10

    Quote for the day

    “Whatever you give a woman, she will make greater.
    If you give her sperm, she’ll give you a baby.
    If you give her a house, she’ll give you a home.
    If you give her groceries, she’ll give you a meal.
    If you give her a smile, she’ll give you her heart.
    She multiplies and enlarges what is given to her.
    So, if you give her any crap
    Be ready to receive a TON of crap !

  • 16. *Mathilda*  |  Maart 18, 2009 om 12 : 12

    Sjoe – ek sien nou eers op hoeveel comments ons staan ! Opera sal beslis haar mini uittrek as sy dit sien

  • 17. Adrie  |  Maart 18, 2009 om 12 : 15

    Nuwe blog is op.

    Gaan mal.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: