Die grootste gevaar op die pad

Maart 16, 2009 at 4 : 44 117 Kommentaar

Soveel mense, soveel uiteenlopende menings.  Veral waar dit padgebruik aangaan.  Dit is geen geheim dat Suid-Afrika van die hoogste padsterftes in die wêreld het nie.  Die geheim is hoekom sterf daar jaarliks so baie mense op die paaie?

Volgens die owerhede is drankmisbruik en spoed van die grootste sondebokke.  Hulle argumente word deur statistiek gesteun.  Daar is ook heelwat logiese argument wat daarop neerkom dat spoed nie die wortel van alle kwaad is nie.  Onpadwaardige voertuie word ook dikwels as ‘n rede aangevoer. 

Jaarliks word daar nuwer beter karre gemaak wat veronderstel is om die veiligste nog te wees.  Ongelukkig is enige motor net so veilig as wat die bestuurder dit toelaat om te wees.  Die bestuurder kan darem nou ook nie verantwoordelik gehou word vir al die ander bestuurders om hom nie. 

Baie plekke sien die hoë ongeluksyfer as ‘n manier om geld te maak.  Ongelukke kan toegeskryf word aan ruitveërs, skokbrekers en bande wat lankal vervang moes gewees het.  Weereens het hierdie argument meriete.  So ook die storie van die bestuurder wat weens uitputting ‘n ongeluk veroorsaak het omdat hy nie elke 2 ure gestop het om homself te verfris nie.

Padtoestande is ook nie onskuldig nie.  Is daar nog ‘n pad in Suid-Afrika wat nie ‘n slaggat het nie?  Deesdae is sinkgate ook nie skaam om gesig te wys nie.  Om van mis, reën, hael en son direk in jou oë nie te praat nie.

Padverbruikers het natuurlik hulle eie weergawes wat die oorsaak is.  Dit begin gewoonlik met die verdomde taxi’s en die vervlakste trokke.  Verder is dit vroue bestuurders, swart bestuurders, ou bestuurders, mans bestuurders, jong bestuurders ens.  Daar is natuurlik ook voetgangers, motorfietsryers en fietsryers wat dink die pad behoort aan hulle.  Voetgangers, motorfietsryers en fietsryers is ook vinnig om die motoriste vir alles te blameer. 

Vingers word gewys in elke denkbare rigting.  Dit laat my dink aan die gesegde dat daar altyd 3 vingers na jouself toe terug wys as jy vinger wys.  Laat ‘n mens dink.  Daar is net een gemeenskaplike feit wat uitstaan wanneer daar oor moontlik oorsake gepraat word.  Die eie-ek is die beste padverbruiker op aarde.  As almal meer soos die eie-ek was. 

Wat dink julle is die grootste oorsaak van padongelukke?  Hoe dink julle kan dit bekamp word?

Blogvraag:  Van waar het Stoptekens hulle oorsprong in 1915 te danke?

Blogantwoord:  Willes was reg met die Heilsleër soos wat ons dit vandag ken.  Die blog antwoord was bevraagteken.  William en Catherine Booth se organisasie wat in 1865 geskep is, was die East London Christian Mission genoem.  Olga was die naaste aan reg.  Dit het eers in 1878 die Salvation Army geword.  Die redaksie vra nederig om verskoning vir die fout.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Laat ons vir ewig Jool Suurlemoene en kruise

117 Kommentaar Add your own

  • 1. Zoekoe  |  Maart 16, 2009 om 6 : 24

    Eerste !!!!

  • 2. Zoekoe  |  Maart 16, 2009 om 6 : 24

    Die klomp funsas is die rede vir die pad sterftes

  • 3. WILLE KJINDQ  |  Maart 16, 2009 om 6 : 34

    Tweedeste

  • 4. WILLE KJINDQ  |  Maart 16, 2009 om 6 : 40

    Detroit, Michigan

  • 5. WILLE KJINDQ  |  Maart 16, 2009 om 6 : 42

    Lat ek eers die post lees😯

  • 6. WILLE KJINDQ  |  Maart 16, 2009 om 6 : 46

    Dom stjoepid poepols wat oppi stoep moet sit en poep ruik

  • 7. Zee  |  Maart 16, 2009 om 7 : 38

    Ek wil oor stoptekens gesels….

    Hoekom is daar stopstraate?
    Om by te stop natuurlik Zee!
    Hi, regtig? nou hoekom moet ek die owerhede bel om mense te force om te stop by die stopstraat by die kleurterskool, waar daar hobbels in die pad is reg by die stopstraat, en dan ook nog ‘n sirkel ook?
    Ai Zee, ek het nie die antwoord vir jou nie, miskien is die mense haastig om by die werk of huis te kom.
    Maar dis mos nie ‘n verskoning nie!!

    Ek het vandag so lekker gekry… Vanoggend by die kleuterskool is die hele traffic department daar in full force nadat ek al 3 keer gemoan het oor die stopstraat wat eintlik as ‘n RY VINNIGER teken beskou word. Ons kinders se lewens is so in gevaar.

    Ek hoop dat die wat nie vanoggend ‘n boete gekry het nie en ook skuldig is daaraan…. DINK VOOR JY WEER NET OOR DIE STOPSTRAAT RY!!!! Jy mag dalk nie die kleinding sien wat sy handjie uit sy ma se hand ruk en net begin hardloop nie… En dit mag dalk te laat wees.

    Jis, ek moes eintlik hieroor geblog het… BUT I get very very angry as ek sien hoe mense ander bloedjies se lewens nie in ag neem nie.

    Ja, ek was ook al skuldig daaraan om nie dood by stopstrate te stop nie, maar mens moet seker maar eers deur hierdie experience gaan om regtig te besef hoekom daar reëls vir die pad gemaak word!

  • 8. Adrie  |  Maart 16, 2009 om 8 : 03

    Ek sal eerlik wees, ek beskou n stop as n glorified toegeeteken. Ek stop net as ek moet. Darem ook as daar voetgangers by die kruising is.

    Gelukkig ry ek nie verby skole of kleuterskole nie.😉

  • 9. WILLE KJINDQ  |  Maart 17, 2009 om 5 : 16

    More more.

  • 10. WILLE KJINDQ  |  Maart 17, 2009 om 5 : 18

    Ek voel net nie baie lus om vandag op te staan nie

  • 11. carina  |  Maart 17, 2009 om 7 : 26

    Roekelose bestuur. Ek dink lisensies word te maklik toegeken.

  • 12. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 7 : 54

    More almal

    Carina, ek moet met jou verskil. Dit is ‘n absolute nagmerrie om ‘n afspraak vir jou lisensie te kry en daarna is dit ‘n gelukskoot as jy dit kry. As die toetsbeampte nie van jou gesig hou nie, dan is dit tickets. 😆

  • 13. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 7 : 57

    Dit is dalk nog ‘n oorsaak.

    Te veel mense wat sonder ‘n lisensie ry omdat hulle nie kans sien vir lang toue nie.

  • 14. Beeld  |  Maart 17, 2009 om 7 : 58

    St. Pölten. – Mnr. Josef Fritzl, die Oostenrykse man wat sewe kinders by sy dogter verwek het terwyl hy haar 24 jaar lank in ’n kelder onder sy huis toegesluit het, het gister skuld beken op aanklagte van bloedskande, maar skuld ontken op die aanklagte van moord op hul pasgebore babaseun en slawerny.

    Fritzl het net voor hom uitgestaar of na mnr. Rudolf Mayer, sy regsverteenwoordiger, gekyk terwyl die staatsaanklaer hom daarvan beskuldig het dat hy sy dogter Elisabeth (nou 43) voor hul kinders verkrag het.

    Volgens me. Christiane Burkheiser, staatsaanklaer, was een van die ergste aspekte van haar nagmerrie “die onsekerheid oor wanneer hy (Fritzl) weer gaan kom en haar voor die kinders se oë gaan verkrag”.

    Fritzl is volgens die staat ook verantwoordelik vir die dood van een van ’n tweeling wat kort ná geboorte in 1996 in die kelder dood is. Dit was moord weens nalatigheid omdat hy geen mediese hulp vir die baba gekry het nie, het die staat gesê.

    Hy het “gedeeltelik” skuld beken op verkragting en skuld beken dat hy die kinders van hul vryheid ontneem het.

    Oostenrykse wette onderskei tussen die erns van verkragting en die vlak van dwang, en neem die vlak van geweld en die gevolge vir die slagoffer in ag.

    Hy het ook skuld ontken op ’n aanklag dat hy sy dogter die grootste deel van haar lewe gevange gehou het.

    Volgens mnr. Rudolf Mayer, Fritzl se regsverteenwoordiger, is dié aanklag onvanpas. Mayer het beskryf hoe Fritzl “ ’n tweede gesin grootgemaak het” en die beeld as ’n “monster” wat die media aan hom gegee het, gekritiseer.

    Hy het gesê Fritzl was bekommerd oor die kinders se welsyn deurdat hy sommige van hulle uit die kelder geneem en sy siek dogter Kerstin (19) hospitaal toe geneem het, wat tot sy inhegtenisneming gelei het.

    As Fritzl aan moord skuldig bevind word, kan hy lewenslange of tot 15 jaar tronkstraf opgelê word.

    Fritzl het aan die hof gesê dat hy self ook ’n moeilike kinderlewe gehad het.

    “My ma wou my nie gehad het nie. Sy wou eenvoudig nie ’n kind gehad het nie en het my dienooreenkomstig behandel. Ek is geslaan,” het hy gesê.

    Op 12-jarige ouderdom het hy dit aan haar duidelik gemaak dat hy hy dit nie meer gaan duld nie en hy homself gaan begin verdedig. “Van toe af was ek die verpersoonliking van Satan vir haar.”

    Die verhoor het onder streng veiligheidsmaatreëls plaasgevind. ’n Vlugspergebied is selfs bo die hofgebou ingestel sodat joernaliste nie lugfoto’s kon neem nie. Talle mense het buite die hofgebou betoog, sommige met babapoppe met nagemaakte bloed op.

    Mnr. Herbert Szlezak het ’n houtkruis vasgehou met van die poppe op en gesê: “Dít is die babas wat nie deur die samelewing beskerm word nie. Oostenryk is ’n land van pedofiele.”– Reuters, Sapa-AFP, Sapa-AP

  • 15. Beeld  |  Maart 17, 2009 om 8 : 04

    ’n Hawelose gesin wat in ’n tent langs die Brakpan-dam gebly het, het binne ’n paar uur nadat Beeld daaroor berig het ’n heenkome gevind.

    Beeld het gister berig oor mnr. Johan (48) en me. Rina Coetzee (50) wat al glo sedert November met hul kinders, Jolene (16) en Britney (1), ryloop om werk te soek.

    Die Coetzees het beweer hulle is uitgebuit deur sorgsentrums wat haweloses inneem, waar hulle glo belet is om te gaan werk soek.

    Ure nadat Beeld verskyn het, het twee sorgsentrums en verskeie Beeld-lesers laat weet hulle wil help.

    Die gesin gaan nou by die Mooihawens-sorgsentrum in Meyerton woon. Me. Monica Combrinck van dié sentrum het gesê hulle sal die Coetzees help om werk te soek. “As hulle werk kry, betaal hulle slegs R450 per maand huur vir die hele gesin, met drie etes ingesluit.” – Gloria Edwards

  • 16. Beeld  |  Maart 17, 2009 om 8 : 12

    Buks Viljoen
    ’n Hoëvlakondersoek is gelas nadat die verdagte in ’n opspraakwekkende moordsaak glo van agter op ’n oop polisiebakkie ontsnap het deur hom uit sy handboei los te wikkel.

    Beeld het in Desember 2007 op die voorblad berig hoe mnr. Fanie Keyser (47), ’n verteenwoordiger in die farmaseutiese bedryf in Pretoria en deeltydse beesboer, met ’n AK47 doodgeskiet is kort nadat hy en sy gesin by hul vakansiehuis in Marlothpark teenaan die Krugerwildtuin aangekom het.

    Die polisiebeamptes wat ’n verdagte in dié moord, mnr. Shadrack Ndzukula (18), verlede week vervoer het, het hom na bewering alleen op die bakkie gelos terwyl hulle by ’n kafee stilgehou het om kos te koop. Die enigste boei waarmee Ndzukula se een hand aan die bakkiereling vas was, was glo so slap dat hy net sy arm daaruit kon trek, het Beeld verneem.

    ’n Woedende mnr. Siphosezwe Masango, LUR vir veiligheid en sekuriteit in Mpumalanga, het die ondersoek na die ontsnapping gelas. Ndzukula se ontsnapping verlede Dinsdag het veral inwoners van Marlothpark erg geskok. Hy is in Augustus verlede jaar tydens ’n polisieklopjag op ’n kampong naby dié dorp vasgetrek. Sy makker, ’n 12-jarige seun, is ten tyde van die klopjag doodgeskiet.

    Hulle het ’n AK47-aanvalsgeweer by hulle gehad toe die polisie toegeslaan het.

    Aanvanklik is gesê Ndzukula het ontsnap terwyl hy van die hof na die polisiekantoor op Komatipoort geneem is. Behalwe om te bevestig dat hy ontsnap het, wou die polisie toe nie meer inligting oor die ontsnapping bekend maak nie. Beeld het intussen betroubaar verneem nalatigheid het waarskynlik ’n rol in die ontsnapping gespeel.

    Die verdagte het na bewering nie tydens die rit tussen die hof en die polisiekantoor ontsnap nie, maar terwyl hy alleen agter op gesit en wag het. ’n Vangwa was glo nie beskikbaar om hom te vervoer nie.

    Toe die polisiebeamptes uit die kafee kom, was die verdagte weg en het die boei steeds aan die reling gehang. Skynbaar was dit nie styf genoeg vasgemaak nie en het Ndzukula, ’n Mosambiekse burger, sy hand daaruit getrek en gevlug.

    Masango het gister gesê die laksheid van sommige polisiebeamptes stel die lewens van inwoners van Mpumalanga in gevaar.

    “Voorvalle soos dié ontsnapping skaad die goeie werk van die polisiemanne wat hom in die eerste plek in hegtenis geneem het.”

    Die polisie op Komatipoort was nie gister beskikbaar om kommentaar te lewer nie.

  • 17. Beeld  |  Maart 17, 2009 om 8 : 16

    Daniëlla du Plooy
    ’n Erg beseerde pensioentrekker het sowat 18 uur lank vasgebind in sy huis in Blairgowrie, Johannesburg, gelê voordat die polisie hom gevind het.

    Dit nadat hulle sy gesteelde motor teruggevind en na sy huis gegaan het.

    Die man (60) het volgens mnr. Nick Dollman, Netcare 911-woordvoerder, gesê twee rowers het hom eergisteraand omstreeks 20:00 in sy huis oorval.

    Die slagoffer is glo styf vasgebind met die draad van ’n klerehanger en het skedel- en gewrigbreuke opgedoen. Sy enkels is ook beseer.

    “Die man het gesê hy is geslaan en geskop. Die veelvuldige kneusplekke reg oor sy liggaam getuig van ’n ernstige aanranding met moontlike inwendige beserings.”

    Die polisie het hom omstreeks 14:20 in sy huis gevind.

    “Hy is in ’n ernstige toestand en na die Netcare Olivedale-hospitaal geneem vir behandeling.”

    Dit wil voorkom of die huis geplunder is en roof die motief was. Volgens Dollman lyk dit of die man alleen in die huis bly.

  • 18. Beeld  |  Maart 17, 2009 om 8 : 30

    Frans Coetzee
    Kimberley. – Die private vervolging van mnr. Piet Els (78), ’n welgestelde sakeman van die stad, in verband met die beweerde verkragtings van ’n 13-jarige byna 40 jaar gelede, is summier gestaak.

    Regter S.A. Majiedt het in die hooggeregshof gelas dat die 51-jarige klaagster van Pretoria verbied word om met die private vervolging voort te gaan omdat dit tot ’n onbillike verhoor sal lei.

    Regter P.L. Tlaletsi het saamgestem. Die klaagster was ten tyde van die eerste beweerde verkragting 13 jaar oud. Die beweerde verkragtings het glo van 1968 tot 1970 gebeur.

    Els het aangevoer die klaagster het bedekte motiewe met die private vervolging gehad.

    Sy wou in 2006 R300 000 by Els leen, maar hy het geweier.

    Die klaagster het die private vervolging ingestel nadat die direkteur van openbare vervolging in die Noord-Kaap geweier het om Els te vervolg.

    Majiedt het in sy uitspraak gesê die klaagster se aanklagte gaan mank aan besonderhede. Sy verstrek byvoorbeeld nie bepaalde datums waarop die beweerde verkragtings plaasgevind het nie, maar verklaar slegs dat die eerste beweerde verkragting in “Maart 1968 op ’n Saterdagaand” gepleeg is.

    Majiedt het gesê hy het die besluit om die klaagster te verbied om met private vervolging voort te gaan ná versigtige oorweging geneem “aangesien dit die hofdeure vir die klaagster finaal sluit wat strafregtelike vervolging betref”.

  • 19. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 8 : 37

    Die blogantwoord is reggestel.

  • 20. *Mathilda*  |  Maart 17, 2009 om 8 : 40

    More more

  • 21. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 8 : 47

    Welkom, welkom

  • 22. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 8 : 48

    Ek moet se^; re 19.

    Ek ruik ook ‘n vet rot daar.

  • 23. Verons  |  Maart 17, 2009 om 9 : 07

    More, more!
    Weet julle wat gebeur netnou met my?
    Ek werk op die die ou Warmbadpad (Lavenderweg) wel voor ons ons werk as jy uitdraai na my erk toe is daar ‘n spesiale uitdraai baan gemaak! Wel terwyl ek nog so staan en wag vir die verkeer van voor af kom daar skielik ‘n taxi agter ‘n bus uit reg in my baan!! Ek kan nie uitdraai nie want ek staan klaar om regs te draai ek flikker toe vir die dom donner om te wys hy moet padgee sal die bliksem nie vir my begin ligte flikker en hoeter blaas asof ek in die verkeerde baan is!!! Wel ek kon eenvoudig nie wegkom nie en het toe maar net bly staan en gebid…………. die taxi is mm’s tussen my en die bus wat hy verbygesteek het verby nog steeds besig om vir my tekens te wys! Dit het als te vinnig gebeur dat en nie die fokker se registrasienr kon sien nie!! Die ergste van als hy het nie eers probeer stadiger ry nie hy het net sy speod gehou en aan bly jaag!!

  • 24. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 9 : 15

    Verons

    Ek was al twee keer (een keer as passasier en een keer as bestuurder) in min of meer dieselfde possisie as jy. In beide gevalle was dit ‘n verdompde BMW wat my wou weg toeter sodat hy kan jaag soos hy lekker kry.

  • 25. Klip  |  Maart 17, 2009 om 9 : 24

    Hola peeps

  • 26. Klip  |  Maart 17, 2009 om 9 : 28

    Meeste mense koop sommer hulle lisensies.

  • 27. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 9 : 34

    Ek het my lisensie op die ou fashion manier gekry. Ek het baie mooi vir die toetsbeampte geglimlag.

  • 28. Verons  |  Maart 17, 2009 om 9 : 35

    Klip dit is so algemeen dat die wettige lisensiehouers nou in die minderheid is!
    Volgens my is dit net een van 2 redes hoekom mense hulle lisensies “koop”
    1. Omdat hulle nie kan bestuur nie en nooit ooit hulle lisensies sal slaag nie!
    2. Omdat dit so ‘n helse ding is om net ‘n afspraak te kry en as jy een kry is dit jou luck dat die krag af is die dag wat jy moet gaan of daar is een of ander poephol wat self nie kan bestuur nie wat jou laat druip net omdat jy wit is of omdat die ou voor jou in die ry gepoep het……………….. dat mens sommer uit pure moedeloosheid sommer een koop!

  • 29. *Mathilda*  |  Maart 17, 2009 om 9 : 36

    Ek is hommer !

  • 30. Sebastiaan  |  Maart 17, 2009 om 9 : 36

    Almal en sy maat gaan deesdae bestuurskool toe. Daar gaan passeer hulle met n ligte trokkie. Hulle hoef nie eers te parkeer nie. Dit is bitter omregverdig want 98 % van hulle sal nooit weer n kode 10 trokkie bestuur nie.

  • 31. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 9 : 46

    Basjan

    Praat jy nou. Ek het nog altyd gedink dat dit die plaasdogters se kroekspul is, maar lyk my die idee is gepatenteer.

    Van parkering gepraat, wie parkeer in elk geval soos jy moet parkeer wanneer jy uitfaseer? Nie ek nie.

  • 32. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 9 : 47

    Behalwe wanneer ek in die stad moet parkeer. Dit is al wanneer ek in tru parralel parkeer. Dan is daar geen ander genade nie.

  • 33. *Mathilda*  |  Maart 17, 2009 om 10 : 00

    He he – nogal nederig omverskoning gevra !!!

  • 34. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 10 : 22

    Let wel: Die redaksie vra nederig om verskoning.

  • 35. *Mathilda*  |  Maart 17, 2009 om 10 : 27

    Ek loop eerder 2 blokke ver voor ek ‘n parallel parking doen (tensy daar 2 plekke oop is en ek net kan inry !

  • 36. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 10 : 34

    Tilla

    Waar het jy jou lisensie gekoop?

    Jy verstaan nie lekker nie. Die parkering wat jy in die middestad kry is verseker al klaar 5 blokke weg en dit is die enigste parkering.

  • 37. Klip  |  Maart 17, 2009 om 10 : 35

    Ek het net laasweek gegaan om my PrDP te gaan hernu, twee ure in die tou gestaan

  • 38. Zoekoe  |  Maart 17, 2009 om 10 : 37

    Ek kan ‘n Kombi parallel parkeer – weet nie wats so moeilik daaraan nie….. ? ? ?

  • 39. *Mathilda*  |  Maart 17, 2009 om 10 : 37

    Ek het hom te mooi gedoen toe ek vir my lisensie gegaan het (na ek vir die omie gevra het hoeveel kanse ek kry) – maar ek sê net ek verkies om dit nie te doen nie – dis te veel werk ! Maar as ek absolutely geen keuse het nie doen ek dit !

  • 40. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 10 : 38

    Klip

    Het jy baie bake beans geeet dat jy net 2 ure in die tou gestaan het?

  • 41. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 10 : 44

    Ek haat gangparkering, as ‘n mens dit reg moet doen. So ry ek eendag verby ‘n parkering in Menlyn. ‘n Oop parkering in Menlyn is soos manna uit die hemel. Jy ry nie ligtelik verby nie.

    So sit ek mos vir Becky (my eerste kar) in tru, voordat iemand my parkering kan steel. Daar staan toe 3 mans, net reg om vir my te lag. Parkering is nie my sterk punt nie.

    Wie laaste lag, lag die lekkerste. Ek het met 1 beweging perfek parkeer. Hulle sterte.

  • 42. Klip  |  Maart 17, 2009 om 10 : 51

    Daar is so n klomp vars karakters wat gewoonlik die plek volstaan , ek moes eintlik boontjies geeet het

  • 43. Klip  |  Maart 17, 2009 om 10 : 55

    Toe ek in die polisie was het ek eers n kode 8 lisensie gekry , toe moes ek gaan vir kode 10 en die ook gekry , en toe ek my nuwe kaartlisensie kry is dit sommer n EC ( kode 14) nou soek ek net n lorry om te bestuur

  • 44. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 10 : 55

    Klip

    Jy sou ten minste nie uit gevoel het nie.

  • 45. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 10 : 56

    Jy mag nie blog en lorrie ry nie.

  • 46. Klip  |  Maart 17, 2009 om 10 : 57

    Ja nee multitasking is nie vir my nie

  • 47. Klip  |  Maart 17, 2009 om 10 : 58

    Kan darem se ek eet n lekker slaai tewyl ek hier sit en blog.

  • 48. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 10 : 58

    Behoede ons dit . . ..

  • 49. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 10 : 58

    Klip

    SJARRAP!!!!!!

  • 50. Klip  |  Maart 17, 2009 om 10 : 59

    Ek moet nog die blog ding op ,my telefoon probeer..

  • 51. Klip  |  Maart 17, 2009 om 11 : 00

    !!!! sjuuut!!!!

  • 52. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 11 : 02

    *fluister

    Staan jou baas by jou?

    Download http://www.operamini.com op jou selfoon.

  • 53. Pikkelik  |  Maart 17, 2009 om 11 : 06

    Ek dink deesdae hou die mense wat KAN bestuur ‘n groter gevaar op die pad in, want as jy nie ry soos die ander ry nie, SAL jy in ‘n ongeluk kom….

  • 54. *Mathilda*  |  Maart 17, 2009 om 11 : 09

    Klip

    What Adrie said “SJARRAP”

  • 55. Klip  |  Maart 17, 2009 om 11 : 09

    Nee ek is op die oomblik alleen en my slaai is amper klaar

  • 56. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 11 : 10

    Pik

    Whaahahahahahahaha

    Baie waar.

  • 57. Klip  |  Maart 17, 2009 om 11 : 11

    CAPE TOWN. Just days after vowing to send the army into Cape Town to crush a threatened strike by taxi bosses, tough mayor and opposition leader Helen Zille says she will task the South African National Defence Force with hunting down and destroying the people who told her that her hair style was fabulous and who taught her a series of hip-hop dance moves.

    Zille’s threat to use the army to enforce law and order in the ongoing taxi dispute has raised eyebrows, not least within the armed forces who say they never signed on to do any actual fighting.

    According to SANDF spokesperson Brigadier Daisy Makwetla of the 110th Padded Immobile Infantry, the army was reluctant to confront taxi bosses as they were “flipping dangerous”.

    She added that any kind of major operation in the city would also severely disrupt the SANDF’s capacity to continue eating sausage rolls and playing dominos.

    However this morning Helen Zille’s spokesman, Thabo Token-Black, confirmed that the Cape Town mayor was determined to see justice prevail.

    “Obviously with the election so close we don’t want to make any alarmist statements,” said Token-Black.

    “But I don’t think it would be out of line to suggest that taxi owners are about to meet with Helen’s good friend, Pain.”

    He confirmed that she was also briefing military commanders about a potential surgical strike against her hairstylist and a freelance dance instructor named Faisal.

    “Nobody wants to point fingers, least of us all,” he explained. “But you’ve seen the footage of the hair and the dancing.

    “People need to die.”

    Asked what the DA’s message to voters would be over the next few weeks, Token-Black said that it would be a message of respect and tolerance.

    “Except for Maurice of Hackles Glam Parlour. And his little dog. And Faisal, who said he could turn Helen into Fergie from the Black Eyed Peas in three sessions. And Faisal’s homey Abdol who told Helen that the hip-hop hand wave would look totally bitchin’.

    “They need to run and hide, because there’s a world of hurt coming their way. Helen’s coming to kick ass and chew bubblegum, and she’s all out of gum.”

    Zille could not be reached for further comment as she had reportedly taken the DA’s senior leadership on a twenty-mile forced march on thorns to “root out the weak and fling their carcasses to the jackals”, or to ask them to resign, whichever seemed more appropriate at the time.

  • 58. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 11 : 13

    Ek sien nou die dag ‘n kar om ‘n skerp draai ry, maar nie so skerp dat jy spoed moet verminder nie. Ek ry gewoonlik 100 op daardie draai, die spoed grens is 60 / 80. Dit is ‘n heel gemaklike draai. Daardie kar het elke 2 m gebriek. Ek weet nie of die spoed beheer was of onsekerheid nie. Die ou het heeltemaal beheer verloor en die pad letterlik byster geword.

  • 59. Klip  |  Maart 17, 2009 om 11 : 14

    Ek probeer daai miniopera op my foon gou

  • 60. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 11 : 16

    As jy dit op ou sel het, dan gaan jy na options, enter adress. Tik dan die blog se adres in. Wag tot die bladsy oopmaak. Gaan dan na options, tools, save as bookmark. Dan het jy dit vir easy reference.

  • 61. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 11 : 17

    Onsekere bestuurders is net so ‘n groot gevaar as dronk bestuurders.

  • 62. Zoekoe  |  Maart 17, 2009 om 11 : 22

    En bestuurders wat nie die reels ken nie… veral by verkeers sirkels !!!

  • 63. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 11 : 31

    Zoekoe

    Wat se jou reel oor verkeerssirkels?

  • 64. Klip  |  Maart 17, 2009 om 11 : 36

    My eerste boodskap van my foon af

  • 65. Zoekoe  |  Maart 17, 2009 om 11 : 39

    Die persoon wat klaar in die sirkel is het voorrang (obviously) en mens gee toe na jou regterkant. Plein en simple !

  • 66. Klip  |  Maart 17, 2009 om 11 : 40

    Ek dink ek het dit reggekry , maar ek skryf maar nog op my screen , die getik gaan te lank vat

  • 67. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 11 : 47

    Zoekoe

    Ek het al in die koerante gesien hoe gee verskillende spietkops verskillende reels vir veral mini-sirkels.

  • 68. Klip  |  Maart 17, 2009 om 12 : 00

    Ek probeer nou al my charm om vroeer huistoe te gaan

  • 69. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 12 : 05

    Ek wil ook vroeg huis toe gaan. Hier gaan vandag nie veel aan nie.

  • 70. Zoekoe  |  Maart 17, 2009 om 12 : 17

    spietkops is idiotel

  • 71. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 12 : 21

    Daardie is die reine waarheid.

  • 72. *Mathilda*  |  Maart 17, 2009 om 12 : 29

    Jy gee idiote ‘n slegte naam ! Spietkops is laer as slangbollie op die seebodem !

  • 73. *Mathilda*  |  Maart 17, 2009 om 12 : 31

    Ek wil ook huistoe gaan

  • 74. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 12 : 42

    Slangbollie is darem vir iets goed.

  • 75. Zoekoe  |  Maart 17, 2009 om 12 : 50

    ek is jammer as ek enige idioot te na gekom het ! 🙄

  • 76. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 1 : 02

    Jy beter wees.

    Ek dink iemand wat regtig baie laag is, is seker laer as ‘n spietkop.

  • 77. *Mathilda*  |  Maart 17, 2009 om 1 : 02

    Hie hie

  • 78. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 1 : 25

    Kloon

    Wat gaan daar in julle valley aan?

  • 79. *Mathilda*  |  Maart 17, 2009 om 1 : 39

    Net die straatligte as dit hulle pas !

  • 80. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 1 : 42

    So van straat ligte gepraat. Dit irriteer die daglig uit my as die goed nie werk nie.

  • 81. Zoekoe  |  Maart 17, 2009 om 1 : 48

    amper so min soos op die blog …..🙄

  • 82. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 1 : 53

    Zoekoe

    En jy kan praat . . .

  • 83. Zoekoe  |  Maart 17, 2009 om 2 : 06

    Dis wat ek goed doen…. praat….. nie dat enigiemand meer op my blog wil praat nie 🙄

  • 84. *Mathilda*  |  Maart 17, 2009 om 2 : 06

    Kloon

    Ons hardloop nou al amper volvrag op die plant

  • 85. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 2 : 08

    Zoekoe

    Ek wil nie jou private party daar gatecrash nie.

    Ouma moet darem ook van beter weet as om ‘n snotkop op te chat.

    Jy is ook maar man, ook maar dig. Ouma smeek jou om saam te gaan op julle volgende trip, maar jy nooi haar nie. Sies vir jou.

  • 86. Zoekoe  |  Maart 17, 2009 om 2 : 34

    Dis nie vir my om te nooi nie…. die bakkie het net 2 seats anyway !

  • 87. Zoekoe  |  Maart 17, 2009 om 2 : 35

    Plus ons besluit nie vooraf wanneer ons gaan speel nie… dit is gewoonlik op die ingewing van ‘n baie spesifieke oomblik dat die vriende net in die bakkies spring en vra of ek saamkom, gee my skaars tyd om bier te koop en die coolboks op te laai…. !

  • 88. *Mathilda*  |  Maart 17, 2009 om 2 : 41

    Zoekoe

    Jy moet maar die coolbox permanent vasgespe op die bakkie – dan hoef jy darem net die bier te koop as dit tyd is !

  • 89. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 2 : 41

    Verskonings en ekskuse.

    Koop jou eie bakkie, dan nooi jy haar saam.

  • 90. Zoekoe  |  Maart 17, 2009 om 2 : 45

    Gee die geld, dan sal ek my cortina intrade ook dan kan ek dalk so duur gas guzzler bekostig om in die stad mee te ry. . .

  • 91. Zoekoe  |  Maart 17, 2009 om 2 : 47

    Mathilda, ek het eens op ‘n tyd, maar die coolbokse word gereeld gesteel – so nou los ek dit nie meer op iemand se bakkie nie…. raak te duur storie

  • 92. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 2 : 48

    Ken jy nie ‘n backyard mechanic wat jou Cortina in ‘n bakkie kan omskep nie?

  • 93. Zoekoe  |  Maart 17, 2009 om 2 : 57

    Ek sien ‘n ou tipe willys jeep vir R35 duisend…. maar ek het nie so baie cash nie, nie eers in my kerdietkaart nie.

  • 94. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 3 : 00

    Zoekoe

    Dalk moet jy ‘n gigilo word.

  • 95. *Mathilda*  |  Maart 17, 2009 om 3 : 06

    Adrie

    Nee daai sal nie werk nie – hy sal wel die geld hê maar dan sal hy dit op ‘n kombi moet spandeer van al die wat dan sal wil saamry !

  • 96. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 3 : 09

    Tilla

    Hy sal hulle maar net moet verduidelik dat dit sy afnaweek is.

  • 97. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 3 : 09

    Of hy sal moet leer om hulle te ontsnap.

  • 98. Zoekoe  |  Maart 17, 2009 om 3 : 15

    eish !!!! mens kan sien julle dames is verveeld vandag 🙄

  • 99. *Mathilda*  |  Maart 17, 2009 om 3 : 23

    Hoekom Zoeks – dink jy nie ons het goeie planne nie ?

  • 100. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 3 : 24

    Stank vir dank as jy my vra.

  • 101. *Mathilda*  |  Maart 17, 2009 om 3 : 28

    Sê ek ook

    Klip – waar is jy met Opera se mini heen ?

  • 102. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 3 : 29

    Hy het seker weer in die lokasie gaan brood koop.

  • 103. *Mathilda*  |  Maart 17, 2009 om 3 : 34

    Hy weet nie opera eet nie brood nie of hy is bang hy moet ook ‘n gigolo word

  • 104. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 3 : 36

    Hy het seker vroeg geloop.

    Hy probeer seker nog onder die mini kom.

  • 105. *Mathilda*  |  Maart 17, 2009 om 3 : 48

    Ek gaan ook nou eers waai – sien later

  • 106. Beeld  |  Maart 17, 2009 om 3 : 56

    “Ek is geskok en uiters geleurgesteld. Ek het rêrig, rêrig ‘n positiewer resultaat verwag.”
    Só het Clive Derby-Lewis se regsman, mnr. Marius Coertze, gesê nadat sy kliënt se paroolaansoek van die hand gewys is. ‘n Volbank regters in die Pretoriase hooggeregshof het die paroolaansoek van Clive Derby-Lewis Dinsdagoggend met koste van die hand gewys.

    Coertze het gesê hy verstaan nie waarom die aansoek nie geslaag het nie.

    “Die ergste is dat ek nou moet teruggaan na my kliënt om die slegte nuus aan hom oor te dra. Dit gaan moeilik wees.”

    Die koste-uitspraak beloop ‘n reuse-bedrag geld, het Coertze gesê.

    “Ek aanvaar dit beloop meer as R1 miljoen en Clive moet dit betaal.”

    Coertze het melding gemaak van veroordeelde bedrieër Schabir Shaik wat op parool vrygelaat is.

    “My gevoel is dat onder die huidige politieke dispensasie is daar nie administratiewe geregtigheid vir veral Afrikaners soos Clive Derby-Lewis nie.

    “As jy na die Shaik-saak kyk – dit maak ‘n bespotting van die gereg dat hy parool op ‘n silwer skinkbord aangebied word en iemand soos Derby-Lewis moet met alle mag veg en hy slaag steeds nie,” het Coertze gesê.

    Derby-Lewis het die paroolaansoek gegrond op die feit dat hy reeds ouer as 65 jaar is en sy regspan het aangevoer dat hy gerehabiliteer is.

    Hy dien lewenslange tronkstraf uit weens die moord op mnr. Chris Hani in 1993. Hy het reeds 15 jaar van die vonnis uitgedien.

    Die volbank regters het in ‘n geskrewe uitspraak bevind dat die hof nie in ‘n posisie is om parool toe te staan nie, omdat die hof nie rekords het van die verrigtinge van die paroolraad nie. Die paroolraad het in 2007 aanbeveel dat Derby-Lewis in aanmerking kan kom om op parool vrygelaat te word.

    Die hof het ook in die guns van die Hani-familie bevind dat hulle toegelaat behoort te word om aanbevelings te doen – en in hierdie geval het hulle nie die geleentheid gekry nie.

    Die regters het ook bevind dat Derby-Lewis se hofaansoek “voortydig” was.

    “Dit is duidelik uit die hofstukke dat die aansoeker bang is dat die minister (van korrektiewe dienste) sy paroolaansoek op ‘n arbitrêre manier sal weier.

    “As dit gebeur, sal dit korrek wees om aansoek te doen dat die minister se aansoek heroorweeg word,” lui die uitspraak. – Sapa

  • 107. Beeld  |  Maart 17, 2009 om 3 : 59

    Melissa Nel
    Kaapstad. – Die akteur Ben Kruger (neef Gert in “7de laan”) het ‘n rol losgeslaan in die Britse TV-reeks “Silent Witness”, wat van 15 April in Houtbaai en Kaapstad verfilm word.

    Kruger, wat in Pretoria woon en tans met vakansie is, het gesê hy is baie opgewonde oor die rol van ‘n speurder wat hy sal vertolk.

    “Silent Witness” se produksiespan het Kruger se agent, me. Moon?yeenn Lee, genader oor die rol.

    Kruger het verlede Dinsdag ‘n oudisie in Johannesburg gedoen.

    “Nadat ek die oudisie gedoen het, het hulle gevra of ek die rol wil hê. Toe ek ‘ja’ sê, het hulle gesê: ‘Sien jou in Kaapstad’.”

    Dié drama sal op die BBC uitgesaai word.

    Neef Gert en Flooze (Sorina Erasmus) was ‘n ruk gelede nog ‘n paartjie in “7de laan” wat kykers van die reeks met hul wilde streke vermaak het.

    Erasmus is, sedert sy die reeks verlaat het, besig om liedjies op te neem nadat die platemaatskappy EMI haar einde Januarie ‘n kontrak aangebied het.

    Sy hoop om haar CD teen einde April uit te reik.

    Erasmus het bygevoeg sy sien daarna uit om van haar nuwe liedjies, soos “Hoesit my choma” (een van Flooze se gunsteling-sêgoed), by Absa se Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn bekend te stel.

  • 108. Zoekoe  |  Maart 17, 2009 om 4 : 17

    En nous amal weg

  • 109. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 4 : 20

    Se wie?

  • 110. *mathilda*  |  Maart 17, 2009 om 4 : 46

    Hier is ek ook weer

  • 111. *mathilda*  |  Maart 17, 2009 om 4 : 49

    Eish, ek wou gou vir n vriendin wat more verjaar iets gaan koop het – daar sak n bui reën en hael (darem klein) uit dat ek maar liewer gejaag het om die kar onder n afdak te kry !

  • 112. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 5 : 03

    Dit verspoel ook omtrent hierso

  • 113. *mathilda*  |  Maart 17, 2009 om 5 : 19

    Ek moes omtrent swem na my ma toe

  • 114. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 5 : 35

    Het TL al vlerkies?

  • 115. *mathilda*  |  Maart 17, 2009 om 5 : 36

    Nope

  • 116. *mathilda*  |  Maart 17, 2009 om 5 : 41

    Weg is ons laaste 2 comments

  • 117. Adrie  |  Maart 17, 2009 om 5 : 46

    Cheers vir eers. Chat dalk later.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: