Laat ons vir ewig Jool

Maart 15, 2009 at 2 : 54 165 Kommentaar

Daardie kenmekaar vraelyste vra dikwels wie ‘n mens se gunsteling liefdadigheidsorganisasie is.  Daar is baie organisasies wat ‘n mens nie mag weier nie.  Jy weet nooit wanneer jyself, jou geliefdes of familielede dalk van hulle dienste afhanklik gaan wees nie.  Natuurlik tref ‘n mens so ver as moontlik voorsorg, maar dit is nie altyd genoeg nie.  Ek hou nogal van organisasies wat navorsing ook doen.  Ek sal altyd ‘n geldjie afknyp vir kinders, oues, gestremdes en siektes (kanker, tering, malaria, cholera).  Ek oorweeg basies enige iets met meriete.

My onbeskaamde gunsteling liefdadigheids organisasie is TUKS Jool.  Meer spesifiek, Asterhof Jool.  Jool, of eerder die Jooloptog is in die 30’s gebore.  Daar was ‘n hospitaal wat dringend geld nodig gehad het en die manne Kollege het ingegryp.  Hulle het die strate gaan invaar en namens die hospitaal gaan bedel.  Hulle het hulle eie verwagtinge oortref en die hospitaal gered.  Vandag is Jool net soveel groter, ‘n 365 dae van die jaar projek.

Alle studente wat by Jool betrokke raak, doen dit vrywillig (sommiges net meer vrywillig as ander).  Koshuise samel names die SJK (Sentrale Jool Kommittee) geld in met verskeie inisiatiewe.  Hulle bou ook vlotte wat in die begin van die jaar in die optog gebruik word om hoofsaaklik Jool te bemark.  Die vlot moet sover as moontlik na die aftog aangewend kan word om ‘n instelling mee te help.  Die vlotte word gebou met borge wat van besighede gekry word, nie die publiek se sente nie. 

Verder is die koshuis oor verantwoordelik om op hulle eie soveel as moontlik geld in te samel.  Koshuise doen ook verskeie liefdadigheidsprojekte, wat hulle self (met die hulp van besighede en die publiek) moet befonds.  Toe ek nog gejool het moes hulle o.a. ‘n langtermyn projek oor 2/3 jaar aanpak en gepoog het om die instansie onafhanklik te maak.  Al die fondse wat die koshuise insamel word aan die SJK (wat ‘n fondsinsameling nommer het) oorbetaal wat na konsultasie met ‘n maatskaplike werkster aan verdienstelike sake oorbetaal word. 

Die SJK het ook projekte van hulle eie.  Die bekendste is die debutante.  Dit is dames studente wat op hulle eie geld vir jool insamel.  Met die verloop van ‘n paar maande val daar stelselmatig ‘n klomp uit, totdat daar net ‘n handvol oorbly.  Van hulle word daar dan ‘n Joolkoningin gekies wat as die ambassadeur van TUKS Jool optree.

Ek het in my eerste jaar met Jool (Jou Onbaatsugtige Opoffering vir Liefdadigheid) te doen gekry.  Ek het geleer om blik te skud dat die biesies bewe en om joolblaaie te verkoop aan mense wat reeds 3 het.  Ek het geleer hoe om ‘n liefdadigheidsprojek te reël, met ‘n oorspronklike twist.  My sogenaamde opoffering was iets wat ek elke oomblik van geniet het.  Dit het my ook ‘n paar belangrike vaardighede geleer. 

Ons Jool HK in my eerstejaar het altyd vir ons vertel ons vir ewig moet Jool.  Sy het ons gewys hoe maklik dit is, dat self die 5 c wat jy in die blikkie gooi ‘n Jool projek is.  Dit is in hierdie gees dat ek by goed soos die Rose Projek betrokke raak.

ROSE PROJEK VORDERING

Ons was bevoorreg genoeg om die week weer ‘n aflewering te gaan maak.  Baie dankie aan Wille Kjind Q en die twee anonieme skenkers wat dit moontlik gemaak het.

p1020325

Let asseblief op, die Heks het ook by die projek betrokke geraak.  Sy vertrou ons glo nie en moet saam tou om seker te maak ons steel niks nie.  Hemele behoed ons. 

Baie dankie ook aan Zoekoe en Anoniem (selfs ek weet nie wie dit is nie) se kontant bydraes.  Laat weet my asseblief as julle geld vir die projek in my rekening plaas, sodat ek darem weet wat daar aangaan.

Blogvraag:  Watter internasionale liefdadigheidsorganisasie het William en Catherine Booth in 1865 in Groot Britanje begin? 

Blogantwoord:  Willes was reg met die behandeling vir sifillis.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Gewapen vir die pad Die grootste gevaar op die pad

165 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Maart 16, 2009 om 5 : 43

    Naweek?

    Wat is dit?

  • 2. poplap  |  Maart 16, 2009 om 5 : 44

    seker presies wat dit sê.

  • 3. Klip  |  Maart 16, 2009 om 5 : 44

    Poplap , jy weet mos as jy in Witbank bly dan is daar mos net mooi “NIKS” om oor te kla nie😆

    A3 party mense eet nie eers die kos wat hulle verkoop nie

  • 4. poplap  |  Maart 16, 2009 om 5 : 45

    klip

    hehe

    die res:
    check julle annerdag..

  • 5. Klip  |  Maart 16, 2009 om 5 : 46

    Vir die eerste keer in jare is ek stoksiel allen vir die naweek by die huis , en met n broek vol planne besluit ek toe maar dis beter om by die huis te sit en bier drink , as in Witbank se “jol plekke”

  • 6. Klip  |  Maart 16, 2009 om 5 : 47

    Geniet jou aand poplap!

  • 7. Adrie  |  Maart 16, 2009 om 5 : 49

    Klip

    Ek is bly jy het darem die naweek oorleef. Kon nie maklik gewees het nie.

  • 8. Klip  |  Maart 16, 2009 om 5 : 50

    Ek het toe maar aan my “cooking” skills gewerk en toe die vrou by die huis kom was sy heel impress , nou nie so seer met die aanbieding nie ( sy moet vir haarself inskep) maar met die smaak

  • 9. Klip  |  Maart 16, 2009 om 5 : 52

    Ek het nou vir my eie gat n lat gepluk , sal seker nou elke naweek as ek af is moet kosmaak

  • 10. Adrie  |  Maart 16, 2009 om 5 : 53

    Wie mos skoonmaak daarna?

  • 11. Klip  |  Maart 16, 2009 om 5 : 54

    Ek het nog n paar takies om af te handel voor my aflos inkom

    Geniet jou aand A3 en almal wat nog kom inloer

  • 12. Adrie  |  Maart 16, 2009 om 5 : 54

    Behalwe die naweke wat jy werk?

    Ons sien binnekort hoe werk Klip elke naweek.

  • 13. Adrie  |  Maart 16, 2009 om 5 : 54

    Cheers

  • 14. Klip  |  Maart 16, 2009 om 5 : 55

    Dit was een van die surprises , ek het self skoongemaak , maar ek het nie bed op gemaak nie😆

  • 15. Klip  |  Maart 16, 2009 om 5 : 55

    Heerlike aand vir almal

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: