Die tyd voor selfone

Maart 9, 2009 at 5 : 55 107 Kommentaar

Deesdae as jy iets wil doen, maak jy seker dat jy jou sleutels, beursie en selfoon by jou het.  ‘n Selfoon is amper soos ‘n bra, jy verskyn nêrens sonder een nie.  Tog was daar ‘n tyd, nie te lank gelede nie, wat almal nie ‘n selfoon gehad het nie. 

Deesdae is ons 24 uur per dag beskikbaar vir elke Jan Rap en sy maat.  Mense raak ernstig vies as jy nie binne 3 luie jou selfoon beantwoord nie of binne 3 minute op ‘n sms reageer nie.  Ek is een van daardie mense, ek en wag is nie maatjies nie.  Veral as ek iets met jou moet reël of afhandel.  Ek haat stempos met ‘n passie.  Ek is egter ook een van daardie mense wat dikwels nie op my selfoon beskikbaar is nie.  Ek raak net so kwaad as iemand verwag ek moet my selfoon 24 uur ‘n dag, 7 dae ‘n week oppas. 

Tog, soos Sonkind ‘n mooi prentjie geteken het, was dit nie altyd die geval nie.  Daar was ‘n tyd wat jy verlief moes wees daarmee as iemand nie sy/haar telefoon geantwoord het nie.  Dus kon iets gewag het tot daardie persoon beskikbaar was.  Dit was ‘n tyd waarop jy die baas was, nie ‘n verdompde telefoon nie.

Ek het al 10 jaar lank ‘n selfoon.  Ek kan inderwaarheid nie die nut van ‘n land telefoon insien nie.  Dit is dalk goedkoper, maar met selfone kan jy met ‘n sms of mxit ook kommunikeer wat goedkoper is as om te bel.  ‘n Selfoon is ook soveel meer.

Wat het jy 15 jaar gelede gedoen as jy ‘n probleem met jou motor ondervind het?  Moes jy net doodeenvoudig wag vir ‘n ridder op ‘n wit perd, dit self reggemaak het en geloop het?  Almal met ‘n selfoon het hulle bank in hulle hand.  Baie meer gerieflik as om in ‘n tou in die bank te gaan staan.    Hoe het mense al hulle vriende se nommers en verjaarsdae onthou?  Niemand kan stry dat selfone gerieflik is om mense in kontak te hou nie, hoe maklik is dit nie om ‘n vinnige foto te deel of ‘n vinnige huganit sms te stuur nie.  Selfone is ook ideaal om verlowings, geboortes en nood te verkondig.

‘n Selfoon is soveel meer as net ‘n kommunikasie middel.  Jy kan alles dadelik google, sonder om eers te wag om by ‘n rekenaar of (erger) ‘n biblioteek te kom.  Jy het altyd ‘n kamera byderhand en kan selfs misdaad in real-time verfilm.  As jy moet wag, is daar altyd ‘n speletjie om jou te vermaak.  Jy het jou blackboekie ook altyd by jou, as iemand ‘n nommer soek.  Jy kan jou lysies op jou selfoon hou of ‘n vinnige nota aan jouself maak.   

Persoonlik dink ek selfone het meer plusse as minne.  Is dit egter jou privaatheid werd?  Moet ons dalk net meer etiket aan die dag lê?  Ten minste hoef jy nie meer tuis te bly as jy vir ‘n dringende oproep wag nie.

Blogvraag:  Wie was Helen Keller se goewernante (wat self blind was)?

Blogantwoord:  Olga was reg met Moeder Theresa

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Rose Projek – Vordering Waar kom jou hond vandaan?

107 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Maart 9, 2009 om 6 : 03

    eerste.

  • 2. Olga  |  Maart 9, 2009 om 6 : 09

    Anne sullivan.

  • 3. WILLE KJINDQ  |  Maart 9, 2009 om 7 : 32

    Tweeste

  • 4. Olga  |  Maart 9, 2009 om 7 : 41

    Wat n nare storie. Die tv het klank, maar die beeld is wragtig n kaleidoskoop blobs. Dit wys ook niks van scrambled nie. Noem ook geen probleem as ek van kanaal verander nie. Nou moet ek in die kombuis op n ruglose bank langs die tafel my foon se knoppies tokkel.

  • 5. Olga  |  Maart 9, 2009 om 7 : 45

    My selfoon is omtrent my lewe in my hand. Heng, as ek nie soms blog of mxit nie, sal arme bessie se ore dit ontgeld. Ek doen alles met my foon, nrs, datums, reminders, chat, blog, email, ek doen net nie banksake van my foon af nie.

  • 6. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 7 : 58

    Olga

    Wat dalk slim is, as jou sel gesteel word, word jou bank ook gesteel. Dalk jou geld ook.😆

  • 7. Olga  |  Maart 9, 2009 om 8 : 11

    He, he, he. Dit kan ek gewis nie bekostig nie. Self my bank rek het n verheim of 2.😆 😆 😆

  • 8. Olga  |  Maart 9, 2009 om 8 : 15

    Niemand kon of wou jou riddles unravel nie. Hoe dom is ons tog.

  • 9. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 8 : 18

    Jy die antwoorde gesien? Dit is eintlik so logies!

  • 10. WILLE KJINDQ  |  Maart 9, 2009 om 8 : 55

    Ek moet sê ek was verlore sonner my sel. Dit maak my mal as ek nie 1 hetti en anne kere maakit my mal as die ding by my het

  • 11. WILLE KJINDQ  |  Maart 9, 2009 om 8 : 57

    Wai riddles wa?

  • 12. WILLE KJINDQ  |  Maart 9, 2009 om 8 : 58

    Wag lat ek gat kyk

  • 13. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 9 : 03

    Te laat . . . . klaar die antwoorde gegee.

  • 14. WILLE KJINDQ  |  Maart 9, 2009 om 9 : 10

    Ek het dam geantwoord voorlat ekki antwoorde gesien het. Baja trots op myself. Sou gelike het om alli antwoorde te kon kry maar nou ja

  • 15. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 9 : 15

    Hoe het jy gevaar?

  • 16. WILLE KJINDQ  |  Maart 9, 2009 om 9 : 16

    Sukkel sukkel 3

  • 17. WILLE KJINDQ  |  Maart 9, 2009 om 9 : 18

    Ek sou 4 gekry het as ek nie besig was met my 3de glas wyn nie

  • 18. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 9 : 25

    He he he

  • 19. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 9 : 27

    Ek is mal oor sulke raaisels. Ek hou ook van daardie password protected probleme

  • 20. WILLE KJINDQ  |  Maart 9, 2009 om 9 : 30

    Password protected games laat my brein oortyd werk. Like dit stukkend

  • 21. WILLE KJINDQ  |  Maart 9, 2009 om 9 : 32

    Eish…. Ek beter gat kla maak met my huiswerk. Moet nog kosblikke bou EN skollegud was👿

  • 22. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 9 : 38

    Vrek! Ek is eintlik mal oor enige iets wat ek kan uitpluis. Hoe moeiliker dit is, hoe lekkerder is dit wanneer ek die oplossing kry.

  • 23. WILLE KJINDQ  |  Maart 10, 2009 om 5 : 17

    GGGRRR!!!!!!

  • 24. WILLE KJINDQ  |  Maart 10, 2009 om 5 : 29

    EK WILLI OPSTAAN NIE!!!!!!

  • 25. *Mathilda*  |  Maart 10, 2009 om 7 : 03

    more maaikies

  • 26. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 7 : 29

    More

  • 27. *Mathilda*  |  Maart 10, 2009 om 8 : 00

    Ek is half aangetrek as ek nie my selfoon het nie

  • 28. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 8 : 08

    Kloon

    Soos ek se, dit is amper soos om sonder n bra te loop.

  • 29. *Mathilda*  |  Maart 10, 2009 om 8 : 13

    Al is ek hoe laat – as ek my foon vergeet het gaan ek terug huistoe om hom te gaan haal – ek sal beslis nie ‘n hele dag maak sonder hom nie

  • 30. Olga  |  Maart 10, 2009 om 8 : 42

    More, more.

  • 31. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 8 : 44

    Die dag wanneer ek my selfoon vergeet, dan sal die hele wereld my mos soek. Grrr!

  • 32. Olga  |  Maart 10, 2009 om 9 : 04

    vertel ek gster vir oom bob se agterkleinseun hy moet die boom by die kraan uitspit, ek wil dit teen die heininp plant. was bang die ding gaan die kraan om spit. kom vra jiems n byl. nee, wil ek weet, wat gaan jy met die byl doen? beduie hy my mooi. hy gaan die hesche boom uithaal en teen die heining plant. ok, dink ek, as hy n paar takke gaan afkap, kan dit nie skade doen nie. gee hom toe byl en snoeisker. ai, toe hy kom roep, het hy alles afgekap en die takke netjies langs die heining hoopgesleep. ek dink dit was overcommunication se skuld. sjym. hy het obviously nie n selfoon nie.

  • 33. Nats  |  Maart 10, 2009 om 9 : 27

    Goeie more julle!

    Ek is maar lekker besig vandag!

    Topic
    Ek vergeet gereeld my cell by die werk – dan stress ek dat ek mos daai dag ‘n pap wiel of iets sal kry! So ek nip al die pad huis toe! Ek is nie soooo erg aan my cell geheg nie, antwoord selde betyds en reply meeste van die tyd eers laaater terug. As iets belangrik is bel my, en ek sal jou bel as iets belangrik is tot ek jou in die hande kry!

  • 34. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 9 : 33

    Olga

    Ek sou van hom groen geverf en geplant het as n boom. Ek dink party mense het net n vernietigingsdrang. Weet nie van beskerm en voortbou nie.

  • 35. Nats  |  Maart 10, 2009 om 9 : 47

    Olga
    Nee kyk dit sal my baie vies maak!

    Die Chinese in ons kompleks het ‘n baie mooi boom geplant, die bas was nog baie dun seker so 10cm en die boom het houe gevat so dit gaan ‘n rukkie neem vir die boom om mooi uit te sit!

    Toe ons weer sien het hulle moeg geword vir die lang wag, en sommer die boom so 30cm van die gras af afgesaag!! Nou staan daar net ‘n boom stompie!

  • 36. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 10 : 00

    Nats

    Wat kan n mens met sulke sotte doen? Hulle stuur om n bos te gaan plant?

  • 37. Nats  |  Maart 10, 2009 om 10 : 57

    Adrie
    Nee jong – dit gaan my verstand te bowe!

  • 38. Olga  |  Maart 10, 2009 om 10 : 59

    Die boom self pla my nie. ek is nie lief vir bome wat net groei nie. dit blom nie, maak nie vrugte nie. dit groei net. wat my pla is die gebrekkige kommunikasie.

  • 39. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 11 : 11

    Olga

    Bome gee suurstof. Belangriker as blomme of vrugte.😉 Met al die suurstofdiewe wat rondloop, kan n mens nie genoeg suurstof kweek nie. 😆

  • 40. poplap  |  Maart 10, 2009 om 11 : 21

    Doctor to his lady patient: “You look terribly weak and exhausted!

    > > Are you having your meals three times a day as I have advised?”

    > > Lady replied: “Doctor, I thought you said three males a day.”

  • 41. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 11 : 29

    Wel, wat kan n mens se? Sy is seker n meermin.

  • 42. Zoekoe  |  Maart 10, 2009 om 11 : 48

    Hallo mense 😀

  • 43. Pikkelik  |  Maart 10, 2009 om 11 : 51

    43ste dink ek~

  • 44. Pikkelik  |  Maart 10, 2009 om 11 : 53

    Jip, ek;s reg! Hoor hier, ek is deesdae op die eenvoudigste denkbare selfoon wat se battery langer hou. Wat sonder ‘n kamera en internet werk en net die belangrikste funksies het. Nou vra julle hoekom? Want Poppedyn het altwee my ander selfone so verwoes dat dit nie meer reggemaak kan word nie!!! Maar ja, ek kan darem nog SMS’e stuur en oproepe maak… Not to shabby!

  • 45. Verons  |  Maart 10, 2009 om 11 : 55

    More, sonder my sel voel ek half aangetrek, ek kan myself nie indink hoe ek sonder die ding kon klaarkom nie en tog het ons!

  • 46. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 12 : 00

    Hey Pikkie

    Ek hoop die virusse is al oor die grens.

    Oor my selfoon voel ek al amper: they aan take my food and freedom. They can take my sms and calls. Just leave the internet.

  • 47. Zoekoe  |  Maart 10, 2009 om 12 : 22

    Ek bel soms op my selfoon, en ek kan porn pics kyk op die ding… 😈

  • 48. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 12 : 36

    Zoekoe

    Jou😯 gaan uitval.

  • 49. Zoekoe  |  Maart 10, 2009 om 1 : 47

    My😯 sit mooi styf vas in my kop 😛

  • 50. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 1 : 56

    Het jy dit met superglue vasgeplak?

  • 51. Zoekoe  |  Maart 10, 2009 om 2 : 05

    So iets ja….

    Die plek is gevrek vandag !

  • 52. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 2 : 11

    Die plek is deesdae elke dag gevrek.

    Ek is nog steeds hier, al is ek nie eers op kantoor nie.

  • 53. Beeld  |  Maart 10, 2009 om 2 : 28

    Gloria Edwards
    ’n Loodgieter wat ’n dreineringstelsel in Edenvale aan die Oos-Rand moes installeer, het gister op R1,5 miljoen in ’n koelhouer in ’n gat afgekom.

    Mnr. Roger Nkuna (25) was besig om ’n gat van 6 m diep vir dié stelsel vir ’n nuwe kantoorgebou in 10de Laan te grawe toe hy die koelhouer op ’n diepte van sowat 4 m met sy graaf raak gekap het.

    Hy het eers gedink dit is ’n bom en het die Ekurhuleni-metropolisie ontbied.

    Insp. Kobeli Mokheseng, metropolisiewoordvoerder, het gesê die beamptes het die blou en wit koelhouer oopgemaak en R50- en R20-note, altesame R1,5 miljoen, daarin gevind.

    “Volgens ’n kenner lê die note al sowat drie tot vier jaar in die houer en is dit deur die reën beskadig.”

    Die vermoede is dat ’n misdadiger dit dalk daar weggesteek het met die plan om dit weer te kry wanneer hy uit die tronk kom, het Mokheseng gesê.

    “Of dalk het rowers gedink dit is ’n goeie plek om die geld weg te steek vir later. Die oorsprong van die geld word egter ondersoek.”

  • 54. Olga  |  Maart 10, 2009 om 2 : 30

    Wat n nagmerrie. Die mis is horibaal. Dikker as botter. jy kan dit behoorlik met n mes sny.

  • 55. Beeld  |  Maart 10, 2009 om 2 : 31

    Cobus Claassen
    Die Paralimpiese held Oscar Pistorius het Beeld gister belet om foto’s van hom op ’n toneel by die N4-hoofweg in Pretoria te neem waar ’n vriendin van hom kort tevore in ’n ongeluk betrokke was.

    ’n Vrou is op slag dood nadat sy voor me. Anneke Kruger se aankomende motor ingeloop het. Kruger werk vir In/sight, die maatskappy wat Pistorius se sakebelange behartig.

    ’n Omstander wou by Pistorius weet hoekom die fotograaf nie foto’s mag neem nie, waarop hy geantwoord het: “Oom, ék is Oscar Pistorius.”

    Kruger was kort voor 14:00 in ’n oostelike rigting op die N4 op pad na ’n afspraak toe die ongeluk naby die Simon Vermooten-afrit gebeur het.

    Volgens Kruger het die vrou uit ’n taxi geklim en die hoofweg begin oorsteek.

    “Sy het in die middel van die pad op die wit streep gaan stilstaan. Ek het my toeter geblaas en ligte geflikker om haar te waarsku.”

    Sy sê die vrou het op die nippertjie voor haar motor ingeloop.

    Mnr. Frans Olivier, ’n ooggetuie, het gesê: “Daar was geen manier waarop Kruger vir die vrou kon uitswaai nie.

    “Ek het in die ander baan gery en die vrou kon net so maklik voor my ingeloop het.”

    Pistorius, wat onlangs in die nuus was nadat hy in ’n bootongeluk op die Vaalrivier betrokke was, was kort daarna op die toneel.

    Beeld se fotograaf het foto’s van Pistorius begin neem terwyl hy Kruger getroos het, onwetend dat dit die Paralimpiese ster is.

    Hy het die fotograaf meegedeel sy het nie toestemming om hom af te neem nie en gedreig dat “ek my prokureur (sal) bel”.

    Die fotograaf het haar foto’s uitgevee, maar dit is later elektronies herwin.

    Mnr. Peet van Zyl, Pistorius se agent, het by navraag gesê hy glo nie Pistorius sal met die media wil praat ná die wyse waarop daar oor sy bootongeluk berig is nie.

    Hy het later gesê Pistorius stel nie belang om kommentaar oor gister se voorval te lewer nie.

    “Ek sal eers self met hom wil praat en probeer vasstel wat (op die toneel) gebeur het voordat ons kommentaar lewer.”

    Dit kom nadat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) verlede week bevestig het Pistorius gaan nie weens die bootongeluk op 21 Februarie vervolg word nie.

    Die polisie het ’n saak van roekelose en nalatige bestuur van ’n vaartuig teen hom ondersoek nadat sy boot, wat hy glo bestuur het, vermoedelik bo-oor ’n kaai in die Vaalrivier gery het.

    Pistorius het gesigbeserings opgedoen en sy boot is erg beskadig.

    Die oorledene se identiteit is teen druktyd nie bekend gemaak nie. Die polisie het die voorval bevestig.

  • 56. Beeld  |  Maart 10, 2009 om 2 : 32

    Amanda Roestoff
    “Lionel was ’n leidsman.”

    So het vader Chris Townsend, inligtingsbeampte van die Suid-Afrikaanse Katolieke Biskoppekonferensie, die vermoorde vader Lionel Sham (66), ’n priester van Mohlakeng buite Randfontein aan die Wes-Rand, gister beskryf.

    Sham is die derde Katolieke priester wat die afgelope paar jaar weens geweld in Suid-Afrika sterf. Met sy dood het hy die tweede Katolieke priester geword in net meer as ’n week wat gewelddadig in Suid-Afrika gesterf het.

    Vader Daniel Matsela Mahula (33) van Klerksdorp is op 27 Februarie deur vier rylopers wat hy opgelaai het, naby Bloemhof vermoor.

    Vader Allard Mmako (42) is in Oktober 2007 koelbloedig deur motorkapers doodgeskiet.

    Die Randfonteinse polisie ondersoek die moontlikheid dat Sham dalk versmoor het, terwyl twee jeugdiges (18 en 20) wat van die moord verdink word, glo kleefband oor sy mond geplak het. Sy hande en voete was ook styf vasgebind, voordat die mans van Poortjie naby Sebokeng buite Vereeniging aan die Vaalrand, vermoedelik sy woonplek en kantoor op die Katolieke kerk se perseel leeggedra het. ’n TV-stel, DVD-speler, rekenaar, draagbare radio en komberse is gebuit, voordat die mans hom in sy maroen Toyota Corolla gedompel het.

    Sy lyk is Sondag, ’n dag ná sy verdwyning, “sonder enige sigbare wonde” in ’n oop veld ’n paar honderd meter van die Orange Farm-polisiekantoor, suid van Johannesburg, ontdek. Hy is later in die Sebokeng-lykhuis uitgeken, ná kerkgangers die naweek ’n volskaalse soektog in die gemeenskap en toe in Gauteng begin het. Klein bloedspatsels op ’n handdoek in die kantoor en op die vloer het van die soekers onraad laat vermoed, sê die polisie.

  • 57. Olga  |  Maart 10, 2009 om 2 : 33

    Ag toe mu bitch. moet my nie vertel van duplicate comment nie. ek het die frigging submit knoppie net 1 keer gedruk.

  • 58. Beeld  |  Maart 10, 2009 om 2 : 34

    Durban. – ’n Skoolmeisie het na bewering haar ses maande oue babadogter langer as 24 uur alleen in ’n huis toegesluit terwyl sy skool toe is en daarna by haar kêrel gaan oorslaap het.

    Bure wat die baba heelnag gehoor huil het, het die volgende oggend op die kind afgekom toe hulle die huis se deur oopgebreek het, het kapt. Jabulani Mdletshe, polisiewoordvoerder, gesê.

    Die baba is sedertdien in die sorg van familielede geplaas.

    Die baba se 19-jarige ma, ’n gr. 10-leerling in die Mfekaye-omgewing naby Hluhluwe, is op ’n klag van kinderverwaarlosing gearresteer toe sy Vrydag omstreeks 10:00 opgedaag het. Haar ouma, by wie sy bly, was van die huis weg om ’n siek familielid te gaan versorg.

    Die leerling sal na verwagting binnekort in die landdroshof in KwaMsane verskyn. – Dries Liebenberg

  • 59. Zoekoe  |  Maart 10, 2009 om 2 : 44

    Dammit Daai ou wat die gat gegrou het kan seker sy gat skop hy het die polisie gebel…. fok ek sou daai geld gevat het en gewaai het !!!

  • 60. Olga  |  Maart 10, 2009 om 2 : 44

    moes dit kon dink. sy moes haar tradisie op datum hou. sex voor enige ieTs anders. wat wed ek julle sy is klaar vrygelaat.

  • 61. Olga  |  Maart 10, 2009 om 2 : 47

    blykbarkan die geld nog sy eiendom word zoekoe. finders keepers ens.

  • 62. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 2 : 49

    Ek verstaan hy het eers gedink dat dit ‘n bom is. Ek sou gedink het dat dit ‘n lyk kan wees. Ek weet nie of ek nuuskierig genoeg is om te gaan ondersoek instel nie.

  • 63. Olga  |  Maart 10, 2009 om 2 : 52

    Ander mense het koppe op hulle lywe.victorja bekkam is n kop met n lyf aan.

  • 64. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 2 : 54

    Sy is darem ongesond maer. Sy lewe seker van Skoenlapper lewer. 1 ‘n week

  • 65. Zoekoe  |  Maart 10, 2009 om 2 : 59

    19 jarige meisei in graad 10 ? ?? sy is erg dof…. !

  • 66. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 3 : 00

    Zoekoe

    Ek is seker sy is nie die oudste in haar klas nie.

  • 67. Olga  |  Maart 10, 2009 om 3 : 05

    ongesond maer is nie die ding nie. sy is n karikatuur van wat n maer mens moet wees.

  • 68. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 3 : 06

    Dit is omtrent ‘n definisie van net vel en been.

  • 69. *Mathilda*  |  Maart 10, 2009 om 3 : 10

    Ai ek wens hulle wil klaarkry met ons stelsels

  • 70. Nats  |  Maart 10, 2009 om 3 : 12

    Baba 24uur alleen gelos!

    My goeie donner – hoe stupid kan jy wees!! Wed julle dis nie lank nie, dan is daar nog ‘n babatjie!!

    Lekker stupid!!

  • 71. Olga  |  Maart 10, 2009 om 3 : 14

    Juf annie, ek het deur jou spesiale album gegaan. jy moet dit regtig op n cd sit. die ink van die koerant uitknipsels begin verdof. of is dit dalk omdat die papier so vergeel. jy was n terror in jou gi.

  • 72. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 3 : 14

    Tweeling

    Ek vermoed sy was besig om ‘n tweede baba te maak toe sy die baba alleen gelaat het.

  • 73. Olga  |  Maart 10, 2009 om 3 : 16

    Dis waarskynlik ook nie die eerste baba nie nats. onthou, 19 in gr 10. al my kjenners het 18 geword in gr12.

  • 74. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 3 : 16

    Olga

    Ek dink daar is nou nog mense wat ‘n draai moet gaan loop wanneer hulle aan my in ‘n gi dink.

  • 75. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 3 : 18

    Ek dink daar is ‘n paar skoolgoed in daardie album ook.

  • 76. Olga  |  Maart 10, 2009 om 3 : 22

    so het ek gesien. skool prestasies wat in die koerant besing was ook. ek onthou hoe het jy die noord natal kampioen destyds geintimideer. sjym, hy kruip seker steeds weg. en ek het dit gemis.

  • 77. Nats  |  Maart 10, 2009 om 3 : 29

    Olga
    Ek het self 18 geword in Matric – en onthou hoe snaaks dit was om ‘n seun / dogter ouer as 18 in Matriek te hê… kan jy jouself indink om 19 in graad 10 te wees met ‘n kind!!!

  • 78. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 3 : 33

    Sy gaan seker totdat sy 30 is op skool bly.

  • 79. Olga  |  Maart 10, 2009 om 3 : 39

    swart dogters word van puberteit af aangemoedig om swanger te raak sodat hulle die kindertoelae kan kry. dis nie vreemd om hulle in laeskole teen die mure in die son op n ry te sien sit nie. besig om babas te borsvoed. en dit is n feit soos n perd, nats. dan staan die ghogos by die heinings en wag om die babas huis toe te neem.

  • 80. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 3 : 46

    Olga

    In hulle kultuur moet hulle met ‘n voorkind hulle vrugbaarheid bewys.

    Hulle is gelukkig besig om te verwesters ook.

  • 81. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 3 : 48

    Oor die Noord Natal kampioen kan ek ook net se^. Ag shame.

  • 82. Olga  |  Maart 10, 2009 om 3 : 50

    Of die pa’s finansieel vir die kinders sorg of nie, die toelaag word aansoek voor gedoen, en hulle kry dit.

  • 83. Olga  |  Maart 10, 2009 om 3 : 54

    ja, hulle verwesters. sit op hulle groot gatte by alexanders of braz coffeehouse en die kjenners skree hulle kaduks in checkers of pnp.

  • 84. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 3 : 56

    Ek weet regtig nie of ‘n kind daardie paar R100 werd is nie.

  • 85. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 4 : 01

    Ek het nou die dag gesien hoe ‘n swart pa met ‘n kleuter en ‘n baba alleen vlieg. Ek het dit nog nie eers met ‘n wit pa gesien nie. Hy het heel tuis gelyk met ‘n doekesak oor skouer.

  • 86. Olga  |  Maart 10, 2009 om 4 : 01

    ek wonder of die swart dogter wie haar vrugbaarheid op 12 al bewys het meer labola kry as die 1 wie se vrugbaarheid op 18 eers bewys word.

  • 87. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 4 : 04

    Whaahahahahahaahaha

    Sy kan seker net vinniger gelabola word.

  • 88. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 4 : 07

    Daar is dus seker net minder insetkostes met haar.

  • 89. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 4 : 17

    Ek wonder hoeveel mense doen nog regtig die labola ding?

  • 90. Olga  |  Maart 10, 2009 om 4 : 36

    hulle labola nog dat die byle huil. en moenie n fout maak nie

  • 91. Olga  |  Maart 10, 2009 om 4 : 41

    Die stadsheer kom met sy gront sart rav en sy woordvoerder om labola te ko m onderhandel. dit is danksy djakop n mase storie, die labola onderhandelings.

  • 92. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 4 : 45

    Ek wonder of dit deesdae in kontant is?

  • 93. Olga  |  Maart 10, 2009 om 4 : 48

    beeste, skape ens EN kontant. afhangende van waar hulle woon.

  • 94. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 4 : 50

    Wat noem die Indiers hulle labola nou weer?

  • 95. Olga  |  Maart 10, 2009 om 4 : 51

    aandele ook. he, he, he.

  • 96. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 4 : 55

    Ek is nou nog bitter spyt dat ek nie nou die dag genoeg kapitaal vir goud aandele gehad het nie. Ek sou ‘n killing gemaak het.

  • 97. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 5 : 09

    Ek moet net die lotto wen om ‘n miljoener te word en te bly.

  • 98. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 5 : 10

    Ek sien altyd my gat met aandele. Omdat ek nie die kapitaal het om te bele^ in dit wat gaan winste toon nie. 😆

  • 99. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 5 : 11

    Murphy sal my wel seker ‘n pit druk.

  • 100. Adrie  |  Maart 10, 2009 om 5 : 12

    Die dag wanneer ek die kapitaal het, gaan ek seker my slag met aandele verloor.

  • 101. Olga  |  Maart 10, 2009 om 5 : 52

    Jy het 100 gemaak met jou monoloog. dis nit, dis koud, dis depressing.

  • 102. Olga  |  Maart 10, 2009 om 5 : 55

    en nit is natuurlik nat. kyk net hoe tokkel die wysneus dari laptop se toetse soos sy die nuwe post tik. ek wonder waaroor gaan dit vanaand? dalk labolla? met haar kan geen mens ooit seker wees nie.

  • 103. Nats  |  Maart 10, 2009 om 5 : 58

    Goeie naand julle!!

    Ek sit inni gym… ek moet 2x keer ‘n maand kom anders verloor ek my geld en kontrak! Ek gym nie vannaand nie, sit net hier!🙂

  • 104. Nats  |  Maart 10, 2009 om 6 : 02

    Labola!😆
    Wha ha ha!!!

    Die een swart ou wat saam my werk moes labola gee toe hy sy vrou getrou het – baie vreemde storie, hulle het mekaar daai dag nie eens gesien nie – die troudag nou! Baie weird!

  • 105. *mathilda*  |  Maart 10, 2009 om 6 : 02

    Helo julle

  • 106. Nats  |  Maart 10, 2009 om 6 : 10

    Hello *M*
    Koebaai *M* en al die ander maaitjies wat so stil is!

    Moet gaan!! Lekker aand julle!!

  • 107. *mathilda*  |  Maart 10, 2009 om 6 : 21

    Bye nats

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: