Rose Projek – Vordering

Maart 8, 2009 at 11 : 08 140 Kommentaar

Na ernstige oorweging het ek besluit om meer omvattende besonderhede van die gesin wat ons wil help op die blog te sit.  Die gesin bestaan op die oomblik uit ‘n ma (M), ‘n gestremde dogter (S – 21 jaar) en ‘n dogter in matriek (U).  Hulle bly in ‘n stadsraadhuisie in Pretoria.  Die gesin voldoen aan die voorwaardes wat ons verlede jaar gestel het, naamlik dat hulle self aan hulle eie heil moet werk, maar ‘n bietjie ekstra hulp nodig het.

M is gelukkig genoeg om wel ‘n werk te hê, al is dit teen ‘n klein salaris.  Dit bring darem geld in en gee die gesin ‘n medies.  ‘n Medies wat noodsaaklik is vir S, ‘n Prader-willi sindroomlyer (Skaars genetiese siekte wat chromosoom 15 aantas).  S is medies ongeskik om te werk, inteendeel, sy het 24 uur versorging nodig.  Sy het die verstand van ‘n 10 jarige.  Op ‘n stadium was sy voltyds op ‘n ventillator en in ‘n rolstoel vasgekluister.  Sy was gelukkig instaat om 50 kg te verloor en is danksy ‘n trageaoptomie (tragie) nie meer afhanklik van die ventillator nie.  Sy kan ook nou sonder die rolstoel oor die wegkom. 

Soos baie Prader-Willi sindroom lyers, is S ook diabeties.  Sy is op die oomblik in die hospitaal om behandeling daarvoor te ontvang.  Al het die gesin ‘n mediese fonds, is daar baie bybetalings om te maak.  Hulle is ook op die oomblik ver agter met die water en ligte betalings.  In kort:  daar is nie nog geld vir lewensmiddelle nie.  Ek gaan net ‘n paar aanhalings gee van die brief wat ek van M ontvang het.  Van julle het dalk daarvan in die Rekord gelees.

…daar is nie geld vir deoderant nie ook nie seep nie die tandepasta is leeg gedruk en is nie meer vloeibaar nie, jy suig aan die bopunt en kry darem die geur van aqua Fresh, en om te gorrel met sout het seker nog niemand dood gemaak nie. Hare soos gras want die skottelgoed seep is nie bedoel vir hare was nie.

uiteindelik is dit ons beurt ek staan voor ‘n man wat ek ook kan sien het nie altyd ‘n maklike lewe gehad nie hy lyk ook maar krom van stres en die grys hare staan welig om sy hoof, meneer kry ek die woorde uit my asem voel te vinnig my hart klop soos ‘n mossie wat uit die nes geval het hopeloos te vinnig..meneer ek het ‘n werk en ‘n kar ‘n huis en krag maar ek het nie vannaand vir my kinders kos nie…as u my nie kan help nie sal ek loop en net iemand anders probeer want my kinders moet kos hê. Asseblief meneer, ek kyk in sy blou oë en voel duislig.
Hy sit agter die toonbank waar die till is en sy oë ontmoet weer myne ek sien hy som my op in ‘n mate dink ek hy is iemand wat ander maklik sal help, maar ek kry ook die gevoel dat jy nie vir hierdie vreemde man moet lieg nie…en met lieg is ek nie goed nie veral nie as dit oor kos vir my kinders gaan nie., Hy staan op en kom agter die toonbank uit met ‘n spoed wat ek nie van so ouerige man verwag nie gee lang lenige tree na die yskas gryp 2 pakke vleis stop dit in ‘n sak en knik sy kop……
 
Ons loop by die slaghuis uit ek is oor selfbewus my kop grond toe die trane loop vrylik sommer so van self skiet dit uit my oë my dogter sien dit en byt haar onder lippie ek sien die kennetjie ook bewe dit is stukkend in my ek wil net daar neerval en huil en skreeu maar my brein sê vir my hou kop julle kan eet vannand.

Ek hoef nie die hele brief aan te haal om te wys dat die mense desperaat is nie.  Daarom dat ons hulle gekies het.

Ek wil sommer ook nou vir almal wat reeds hulp aangebied het bedank daarvoor.  Ek het ook al reeds ‘n paar skenkings ontvang.   Olga het het haar koskaste en beursie wawyd oopgemaak. 

p1020291

Benewens die goedere hierbo het sy ook ‘n geskenkbewys en ‘n tenk petrol geborg.  Wat regtig baie (amper te veel) vir een mens is.  Ek het besluit om die goedere aan die gesin te oorhandig soos ek dit kry, aangesien ek het nie baie stoorplek nie.  Ek was dus vanaand by hulle gewees en hulle was ontsettend dankbaar daarvoor.  Erns, Jannas en Poplap het kontant donasies gegee.  Dit sal op ‘n manier aangewend word sodat die gesin die maksimum voordeel daaruit kan trek. 

Ek skryf egter die post om meer mense aan te moedig om te probeer help.  Jou skenking lyk dalk vir jou baie min, maar almal se klein bydraes kan ‘n groot verskil in die gesin se lewe maak. Een verbeurde luukse gaan jou nie kwaad doen nie, maar dit kan vir hulle ‘n aand beteken waar hulle nie honger gaan slaap nie.  Jy kan basies op 2 maniere help.  Jy kan jou koskaste deurgaan en alles skenk wat jy ekstra het.  As jy in Gauteng bly, kan jy my kontak om dit iewers van jou hande afteneem.  Jy is ook welkom om ‘n kontantskenking te maak.

Epos my gerus as jy deel van die inisiatief wil wees.  amaal3@gmail.com

Blogvraag:  As wie was Agnesë Gonxhe Bojaxhiu beter bekend?

Blogantwoord:  Willes was reg met die eerste navigeerbare duikbote (en Olga was reg met die spelling).

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

I’ll drive you crazy if you let me Die tyd voor selfone

140 Kommentaar Add your own

  • 1. WILLE KJINDQ  |  Maart 8, 2009 om 11 : 13

    Eerste

  • 2. WILLE KJINDQ  |  Maart 8, 2009 om 11 : 15

    Eish! Ek weeti

  • 3. Olga  |  Maart 8, 2009 om 11 : 16

    Eerste!

  • 4. Olga  |  Maart 8, 2009 om 11 : 17

    Van 3de af. SOWI, ek wou nh jok nie.

  • 5. WILLE KJINDQ  |  Maart 8, 2009 om 11 : 20

    He! He!

  • 6. Olga  |  Maart 8, 2009 om 11 : 22

    Slaat my dood met n ndt brood. Moeder theresa haarself.

  • 7. Olga  |  Maart 8, 2009 om 11 : 24

    Elo wk. Gaan dit goed?

  • 8. WILLE KJINDQ  |  Maart 8, 2009 om 11 : 26

    Meer soos moeder Olga😉

  • 9. WILLE KJINDQ  |  Maart 8, 2009 om 11 : 29

    Ga gud dankie. Ek het nou sopas my laaste glasie wyn gedrink. Hoopenlik gat die wyn my help slaap

  • 10. WILLE KJINDQ  |  Maart 8, 2009 om 11 : 32

    My dinges! Ek kanni glo Mynie Groove is so dik nie😯

  • 11. WILLE KJINDQ  |  Maart 8, 2009 om 11 : 33

    Wag…. Lat ek eerder gat slaap. Nag julle

  • 12. Olga  |  Maart 8, 2009 om 11 : 36

    50kg vir n kind om te verloor is n helse klomp gewig. Ek haal my hoed af vir haar. Aan die ma wil ek sè: ” mev, ek bewonder jou regtig vir wat jy vir jou kinders opoffer en doen. Mag God jou seen, behoed, bewaar en ryklik seén. Jy is voorwaar n ma.” Aan die dogter in matriek: “sussie, waardeer jou ma. Die waarde van haar opoffering is enorm. Soos ook haar liefde vir jou en jou suster. Wees trots op jou ma. Haar waarde is meer as korale. Sterke met jou matriekjaar. Leer mooi en werk hard. Sterkte.”

  • 13. Olga  |  Maart 8, 2009 om 11 : 39

    Nag wk. Ja, dis moeilik om die nou se myne te vereenselwig met die mynie in haar leerbroek. He, he, he. Ja, die jare gaan sit op ons. Wat kan ek sè?

  • 14. WILLE KJINDQ  |  Maart 9, 2009 om 4 : 35

    More! More!

  • 15. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 7 : 08

    More almal

  • 16. Beeld  |  Maart 9, 2009 om 8 : 11

    Wilhelm de Swardt

    Kaapstad. – Elkeen van die meer as 30 000 fietsryers wat aan die Argus-fietsrybyeenkoms deelgeneem het, weet ná gister presies waar die naam Kaap van Storms vandaan kom.

    Agterna was daar talle rillerstories oor jaers se oorlewingstryd teen ’n verwoede Suidoosterwind wat by tye teen tot 100 km/h gewaai het.

    By Smutswinkel het die wind glo soms teen 130 km/h gewaai.

    So erg was dit dat die helikopters wat die televisiekameramanne op die roete moes uitneem, nie kon opstyg nie omdat dit te gevaarlik sou wees.

    By die wegspringplek was dit chaos. Al die baniere met die borge se kentekens het weggewaai en die heinings en advertensieborde het bly omwaai.

    Vir die eerste keer in die Argus se geskiedenis is die struktuur by die eindpunt verwyder omdat daar vir die jaers se veiligheid gevrees is.

    Van die fietsryers was amper letterlik in die bollie, want die wind het die mobiele toilette by die wegspringpunt met minagting oor die pad begin rondwaai. Dit het keer gekos om te verseker die toilette bly regop.

    Mnr. Frank Bezuidenhout, ’n fietsryer van Johannesburg, het vertel van ’n fietsryer wat daarvan gedroom het om in ’n ridderpak, kompleet met lans en al, Kaapstad se strate binne te trap. Daar het dadels van gekom, want die ridder dog nog hy gaan vir ’n kamera glimlag toe skep die wind hom. Vir ’n paar sekondes was hy ’n “ridder van die windjie”.

    Bezuidenhout het vertel dat ’n kameraman sy kamera moes los en agter die ridder aan hardloop om te keer dat hy “wegwaai”.

    Bezuidenhout het gesê die wind het ook sake vir die vroue-jaers hel gemaak. “Arien Torsius en Michelle Corbett, twee van Suid-Afrika se voorste vroue-fietsryers, was voor die wegspring na aan trane, want elke keer wanneer hulle probeer het om ’n bietjie op te warm, het die wind hulle omgewaai.”

    Dit is nie waar Torsius se fietsry-ellendes geëindig het nie. Sy het vertel sy is op die roete ’n slag van die pad gewaai. ’n Toeskouer het haar gelukkig gevang.

    Bezuidenhout, wat al 17 keer die Argus voltooi het, het die handdoek ingegooi. “Ek het ’n paar kilometers getrap, maar toe ek sien dat ek teen 10 km/h windop sou moes sukkel, het ek besluit dit is nie vir my nie. Ek is te oud vir sulke dinge en het niks meer om te bewys nie.

    “Al wat dit beteken, is dat dit my nou langer gaan neem om my 21 ste Argus te voltooi.”

    Teen 09:00 het die wind so erg gewaai dat baie jaers nie al trappende kon wegspring nie, maar hul fietse oor die beginstreep moes stoot.

  • 17. Beeld  |  Maart 9, 2009 om 8 : 13

    Daniel Maluleke

    ’n Provinsiale verkeersbeampte het glo langs ’n teerpad ’n motoris met sy verkeersmotor teen die knieë gestamp, die middelvingerteken vir hom gewys en ’n vuurwapen op hom gerig.

    Mnr. Johann Schreck (44) van Witbank het die verkeersman glo aan die bors gegryp nadat dié die middelvingerteken vir hom gewys het.

    Schreck het klagte van die rig van ’n vuurwapen en aanranding teen die verkeersman ingedien. Op sy beurt het die verkeersman klagte van regsverydeling, aanranding en opsetlike saakbeskadiging teen Schreck ingedien.

    Schreck, sy vrou Madelein (28), en hul baba, Xavier (18 maande), was Woensdagmiddag van ’n vakansieplek by Bela-Bela (Warmbad) na Pretoria onderweg.

    Hulle het by Schreck se ma in Pretoria gaan kuier.

    Schreck is ’n toesighouer by die maatskappy Komatsu in Witbank.

    Die gesin het op die ou Warmbadpad gery.

    Naby Pienaarsrivier het Schreck nie “dood” by ’n stopteken stilgehou nie.

    Sowat 2 km verder het hy die blou ligte van twee verkeersbeamptes, ’n man en ’n vrou, se motor agter kom gesien.

    Hulle het beduie hy moet stilhou.

    Die beamptes het gevra waarom hy nie “dood” gestop het nie.

    Hulle het hom aangesê om uit te klim en na hul motor te stap.

    “Hul (die verkeersmense se) motor se ruite was gekraak. Hulle het gesê dit het niks met my uit te waai nie.”

    Schreck sê hy het gevra om hul identifikasiekaarte en rybewyse te sien “om te bevestig of hulle inderdaad verkeersbeamptes is, want ek wou nie my lewe asook dié van my gesin in gevaar stel nie.”

    Die manlike verkeersman het glo toe die vingerteken gewys en later ’n vuurwapen uitgepluk en op hom gerig.

    Volgens Schreck het hy voor die verkeersmotor gestaan. Die verkeersman het weer in sy motor geklim.

    “Asof dit nie genoeg is nie, het hy my knieë daarmee gestamp.”

    Mev. Schreck het aan die vroulike verkeersbeampte gevra wat haar man gedoen het om dié optrede te regverdig.

    Die vroulike beampte het aan mev. Schreck gesê om stil te bly.

    Die egpaar het in hul motor geklim en na ’n polisiekantoor gery.

    Die verkeersbeamptes het hulle gevolg. Terwyl die egpaar hier ’n verklaring afgelê het, het die manlike verkeersbeampte glo gesê Schreck is rassisties.

    Volgens Schreck was swart polisiebeamptes toe aan die verkeersbeampte se kant, terwyl wit polisiebeamptes aan sy (Schreck se) kant was.

    Die verkeersbeamptes het, volgens Schreck, gesê dat hy een van hulle aangerand en gevloek het.

    Volgens Shreck het die verkeersbeamptes aan die polisie gesê dat hy die verkeersboetekaartjie opgeskeur het.

    Schreck het egter ’n opgefrommelde kaartjie aan Beeld gewys.

    Insp. André van Staden, polisiewoordvoerder, sê die partye het klagte teen mekaar ingedien.

    Van Staden het ten sterkste ontken dat daar, kort nadat die twee klaers hul verklarings afgelê het, ’n stryery tussen wit en swart polisiebeamptes was.

    Volgens hom het die polisiebeamptes net gehelp om die twee strydende partye uit mekaar te hou. Van Staden het gesê dat die klaers rassistiese uitlatings teenoor mekaar gemaak het.

    Van Staden het gesê dat Schreck ligte beserings aan sy knieë opgedoen het.

    Die polisie ondersoek die klagte.

  • 18. Zoekoe  |  Maart 9, 2009 om 8 : 14

    Hallo mense !!! ek is terug in die beskawing !!

  • 19. Beeld  |  Maart 9, 2009 om 8 : 14

    Willem Pelser

    Die Limpopo-polisie se provinsiale hoofkantoor in Polokwane (Pietersburg) ondersoek bewerings dat twee jong Chinese sakemanne, wat ’n klerewinkel in Marble Hall bedryf, die naweek wreed deur lede van die Marble Hall-polisie aangerand is.

    Mnre. Huang He en Feng Li, albei 21, is na bewering eergister met traangas gespuit en sowat ’n uur lank met onder meer ’n dik rubberpyp geslaan.

    Hul bolywe was gister pers en blou en die mans was erg getraumatiseer. Hulle moes mediese behandeling ontvang.

    Mnr. Eugene Etsebeth, ’n sakeman wat ’n ondernemings langs die Chinese se winkel bedryf en hom oor Feng en Huang ontferm het, het hulle eergisternag in die polisieselle besoek en foto’s van hul beserings. Volgens hom lyk die beserings “verskriklik”.

    Hy het gehelp om ’n prokureur te kry en die mans is dieselfde aand nog vrygelaat.

    Die beweerde aanranding spruit glo uit die afdanking van ’n vrou wat vir hulle gewerk het nadat sy glo by die diefstal van klere in hul winkel betrek is.

    Die vrou het ná haar afdanking haar lot by die polisie bekla en bewerings gemaak oor behandeling wat sy van die Chinese gekry het.

    Die polisie het daarna verskeie polisiebeamptes na die Chinese se winkel gestuur.

    Feng en Huang is na bewering in hul winkel deur verskeie polisiemanne oorval wat hulle glo uit die bloute en sonder rede “bestorm en met traangas gespuit het en toe agter in ’n polisievangwa geboender het”.

    Volgens Etsebeth het verskeie polisiemanne beurte gemaak om die Chinese aanhoudend met onder meer ’n rubberwaterpyp te slaan. ’n Sterk stroom water is ook glo etlike minute lank in hul gesig gespuit totdat hulle nie meer kon asem kry nie. Dit alles terwyl hul hande agter hul rug geboei was.

    Feng en Huang het hardop gehuil en gesoebat dat die polisie moet ophou, maar die polisiemanne het glo heeltyd geskreeu: “Hierdie is Suid-Afrika en nie China nie.”

    Volgens Etsebeth is Feng so geslaan dat hy ’n bloedsak op sy rug het.

    Nadat Etsebeth en ’n prokureur by die polisiekantoor opgedaag het, het die polisie die Chinese vrygelaat sonder om hulle aan te kla “op voorwaarde dat hulle nie ’n saak van aanranding maak nie”. Die prokureur het die Chinese gehelp om ’n klag by die polisie in die buurdorp Groblersdal in te dien.

    Supt. Ronel Otto, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, het gister bevestig die provinsiale polisie-hoofkantoor gaan die bewerings ondersoek.

  • 20. ADRIANA  |  Maart 9, 2009 om 8 : 15

    Welkom terug Zoekoe

  • 21. Zoekoe  |  Maart 9, 2009 om 8 : 17

    Kyk ‘n fokken spietkop is ‘n dom moer met klein brein en ‘n groot gun – baie baie gevaarlike kombinasie !!!

  • 22. Zoekoe  |  Maart 9, 2009 om 8 : 20

    Dankie Adrie !!!

  • 23. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 8 : 24

    Dit is nogal jammer dat iemand nie sy groot gun iewers opgedruk het nie.

  • 24. Olga  |  Maart 9, 2009 om 8 : 25

    More, more. Die boelies het alweer hulle ppiere gewys. (16) Hierdie egpaar was gelukkig om wit polisie beamptes te sien. Ek het gedag die bedreigde spesie het al uit gesterf.

  • 25. Olga  |  Maart 9, 2009 om 8 : 33

    Nee, kyk, sulke optrede is totaal en al onaanvaarbaar. Was daar geen mense wat kon keer nie? Hande agter die rue geboei? Dan was dit nog heel waarskynlik 2 chinesies wat tipies aan hulle ras soos 13 jariges gebou is. Wow vir die boelies. Ek wil eerder nie dink wat hulle met 2 wit mans sou doen nie.

  • 26. Nats  |  Maart 9, 2009 om 8 : 48

    Goeie more julle!!

    Tweeling
    Ek is nog in – net so bietjie vergeet😦 Sal plan maak om dit by jou te probeer kry!

    Ek was gister Wet Nose toe!!! Ek het een van my vrese oorwin en na die honde gaan kyk – ek het ook nie eens gehuil of enige iets nie! Myself belowe om sterk te bly anders sal Manlief my nie weer soontoe laat gaan nie!
    Hy het dit net so geniet – veral die perde en donkies!🙂

  • 27. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 8 : 51

    Olga

    Ek se^ mos al lankal dat die polisie deesdae ‘n spul lafhartige boelies is.

    Tweeling

    Was daar iets interessant by Wetnose?

  • 28. Nats  |  Maart 9, 2009 om 8 : 59

    Adrie
    Jip! Baie van daai honde wat van daai puppy mill af gekom het – daar is regtig stunning honde!!! Maar ook honde wat so bang is dat hul nie eens naby jou wil kom nie – dit was hartseer om te sien.😦
    En hulle het ‘n klein swart varkie – te cute! ‘n Blinde perd, talle katte, bokkies ens.

  • 29. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 9 : 22

    Ek wonder regtig of van die diere organisasies nie meer skade as goed doen deur van die diere so aan te hou nie.

  • 30. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 10 : 05

    Ek het gister so in die verby ry swartwitpense gesien. Dit was nogal cool.

  • 31. poplap  |  Maart 9, 2009 om 10 : 08

    elo almal

  • 32. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 10 : 14

    Hi Pop

    Hoe gaan dit?

    Goed om jou gister te gesien het.

  • 33. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 10 : 29

    Is julle vingers oor die naweek gesteel?

  • 34. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 10 : 29

    Lyk my so.

  • 35. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 10 : 30

    Mens kan jou vingers weer chirurgies laat heg . . .

  • 36. Nats  |  Maart 9, 2009 om 10 : 34

    Adrie
    Ek twyfel – as daar mense is wat help kry daai diere baie aandag!! Het jy Carte Blanche gekyk? Hoe daai diere oorleef in daai omstandighede is skokkend!! Van hulle word dood geteel – ander gaan dood van siektes ens ens… ‘n kennel lewe is 100000 keer beter as waaraan hulle gewoond is.

    Daar het hulle net vrot hoenders en vleis gekry en omtrent geen water. Elke een het ‘n bedtjie, kos en water by die kennel onder dak en word weekliks gedip en hulle word reg gemaak so jy kan nie met hulle teel nie al wil jy!

    Hulle glo nie aan diere uitsit nie (tensy hulle nie anders kan nie) Jy sal nie glo watse mooi diere van daai honde uit draai nie!

  • 37. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 10 : 35

    Ek weet egter nie hoe lank dit gaan neem om weer te kan tik nie.

  • 38. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 10 : 54

    Nats

    True, ek stry nie. Maar wat word van daardie diere as hulle nie huise kry nie? Wat is die doel om die blinde perd aan te hou? Hy gaan dalk ou bene haal, maar hy is net daar om ‘n punt te bewys. Hy is nie iemand se kameraad nie, hy is nie ‘n dier van nut nie. Dit gaan kostes sny om hom uit te sit.

    Kostes wat aangewend kan word om na meer te kyk wat hopenlik vir iemand tot nut kan wees.

  • 39. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 11 : 01

    Dit is weer die hele hart vs verstand argument.

  • 40. Nats  |  Maart 9, 2009 om 11 : 02

    Tweeling
    Ek weet jy stry nie – maar hulle glo aan “right to live” Hulle gun elke dier om te bly lewe. Om ‘n dier net uit te sit is te maklik… as jy al hulle stories lees van diere wat hulle al gered het sal jy dalk anders voel. Ek voel ook dis beter om ‘n dier net uit te sit en ja jy spaar geld ens ens – maar hulle is glad nie so nie. As jy lees hoe hulle praat oor hulle diere sal jy weet om hulle te hou is nie om ‘n punt te probeer maak nie – hulle ken ook al hulle diere op die naam.

    Name: LADY – NOT FOR ADOPTION
    Breed: PONY
    Sex: Female
    Age: 0.00
    Description: THIS IS A SPECTACULAR PONY WITH A STORY OF COURAGE.

    Lady was left abndoned on a farm, our inspector rescued her and is completely blind. When she arrived at Wet Nose our vet cecked her out immediatly and noticed she was pregant and due to foal very soon. She was an absolute bag of bones. two weeks later Lady gave birth to Zultan. She has loved and cared for Zultan everyday and he is her eyes and her great love.

    Lady gets checked each week by our vet andthey are extremely happy with her progress. She has picked up weight and loves attention and cuddles. She allows the farrier do trim her hooves, she loves the pampering she gets at Wet Nose from allthe volunteers and staff. Lady wil stay with us until he time comes to pass over.

    Her foal Zultan will always remain with Wet Nose as this was our promise to her that we will always care for him so she need never worry about him.

    This Lady is remarkable and can give us all inspiration in our daily travels.

    We are so proud of our special blind girl and the vets that care and treat her all love her dearly.

  • 41. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 11 : 07

    Ek dink dat daar tussen Wet nose en my al reeds ‘n onoorkombare meningsverskil heers oor wat ‘n dier is.

    Een van die dae dring hulle seker op stemreg vir diere aan.

  • 42. *Mathilda*  |  Maart 9, 2009 om 11 : 07

    More julle

  • 43. *Mathilda*  |  Maart 9, 2009 om 11 : 16

    Wa is die WetNose gedoente ?

  • 44. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 11 : 16

    Kloon

    Welkom! Eerder laat as nooit

  • 45. Sebastiaan  |  Maart 9, 2009 om 11 : 16

    Julle dames doen bja goeie
    Werk met sulke projek. As di dame n kar het ma haar petrol moes geborp word, is dit n uitgemaakte saak dat haar kar versiening nodig het. Waar is julle ghries monkies? Wie se man is ‘n motormech om ha karretjie te diens? As dit gaan staan sal sy ook nie kan bekostig om dit te laat insleep en herstel nie.

  • 46. *Mathilda*  |  Maart 9, 2009 om 11 : 20

    Kloon

    Sê ek ook !

  • 47. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 11 : 31

    Basjan

    Ons is besig om te kyk of ons iets kan reel.

  • 48. poplap  |  Maart 9, 2009 om 11 : 31

    Juffrou verspreek haar en vra aan kinders: Wat is die vierkants-wortel van seks? Jannie antwoord: Dis die hoek van die koek wat die gang van die slang bepaal.

  • 49. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 11 : 36

    🙄

    Kloon

    Het jy n lekker naweek gehad?

  • 50. poplap  |  Maart 9, 2009 om 11 : 36

    a3

    honey is n ghries monkey🙂

  • 51. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 11 : 37

    Arme Honey

    Ek is net baie bly dat ek iemand kan betaal om na my kar te kyk. Ek hou niks van vuil hande nie.

  • 52. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 11 : 38

    Sorry

    My blonde dag. Jy bedoel jou honey?

  • 53. poplap  |  Maart 9, 2009 om 11 : 38

    ek betaal ook, maar hy kyk nie na my kar nie…:(

  • 54. poplap  |  Maart 9, 2009 om 11 : 39

    ja a3

    my honey, namens hom bied ek sy dienste aan….

  • 55. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 11 : 44

    Dankie Poplap

    Ek sal na jou terug kom daarvoor.

    Ek kan dalk ook noem dat die vrou se kar se verf afdop.

  • 56. Olga  |  Maart 9, 2009 om 11 : 47

    Somige mense is besonders blond, skroplap. Verskoon die kjend tog maar.

  • 57. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 11 : 50

    FB reken mos dat ek ‘n natuurlike blond is.

  • 58. poplap  |  Maart 9, 2009 om 11 : 50

    olga

    elo gannit?

  • 59. *Mathilda*  |  Maart 9, 2009 om 11 : 56

    Ja wat – behalwe van biki teëspoed op die pad terug gister was dit heel aangenaam.

  • 60. Olga  |  Maart 9, 2009 om 12 : 01

    Hi poplap, goed dankie. Jouself? Heng tilla het n anc pothole nog n band geeis?

  • 61. poplap  |  Maart 9, 2009 om 12 : 02

    olga
    voor die wind dankie

  • 62. Olga  |  Maart 9, 2009 om 12 : 06

    Vriendin het die naweek 2 bande en 2 rims in die donker in n anc slaggat verloor. Toe moes hulle in die donker feitlik langs daveyton wag vir hulp om uit witbank op te daag.

  • 63. Olga  |  Maart 9, 2009 om 12 : 11

    Ek dink natuur die padbouers, herstellers, wat hulle ookal genoem word breek die pad snags sodat hulle altyd werk sal he. Die tempo waarteen ons paaie vol gate val, is net te vinnig om normaal te kan wees.

  • 64. Verons  |  Maart 9, 2009 om 12 : 13

    More julle…………..

  • 65. Nats  |  Maart 9, 2009 om 12 : 16

    ai tog WP begin al weer met sy nonsens vandag! Darem kan ek die rosie sien!!! Very nice Tweeling!

    *M*
    Hulle is ander kant Pretoria – op die N4 Witbank, Cullinan off ramp.

    Tweeling
    Honde stem – ha ha ha!! Nee hulle is darem nou nie sooo erg nie. Hulle is regtig nice mense! Ek sal nie hulle werk kan of wil doen nie. Maar ek stem dat ‘n dier ‘n 2de kans behoort te kry. As dit van jou af hang kan kinders seker stem!😉

  • 66. Olga  |  Maart 9, 2009 om 12 : 24

    Wel nats, as mens n belofte aan n perd kan maak, kan jy seker verwag dat kjenners kan stem. Hou hulke net die honde aan, verkoop dit, of wat beoog hulle om met die diere te doen? Die veeartse se werk by sulke organisasies moet wees hnekom hulle praktyk tariewe so belaglik duur is.

  • 67. Olga  |  Maart 9, 2009 om 12 : 26

    Ai, my foon was alweer in die omo boks.

  • 68. Zoekoe  |  Maart 9, 2009 om 12 : 32

    Ek voel soos ‘n omo boks vandag….

  • 69. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 12 : 36

    Tweeling

    Nee, ek dink dat verantwoordelike, kritiesdenkende mense stemreg moet he^. Ek sidder om daaraan te dink dat iemand wat vra wie is Helen Zille kan gaan stem. Ek dink ook kinders het beter dinge om te doen as om te stem. Ek gun hulle ‘n lewe sonder politiek.

  • 70. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 12 : 37

    En jy lag . . .

    In Australie was daar wetgewing oorweeg om diere ‘n setel in die parlement te gee.

  • 71. Olga  |  Maart 9, 2009 om 12 : 38

    Maak soos die res van ons zoekoe. Voel soos n mens. Met jou hande.

  • 72. Nats  |  Maart 9, 2009 om 12 : 42

    Adrie
    Ek het nie regtig so gedink nie -punt is ek gun ‘n dier ‘n lewe sonder mishandeling, een met liefde! Dit beteken nie ek wil nou ewe skielik hê die dier moet stemreg kry nie… net ‘n wet wat hulle kan beskerm.

    Olga
    Mens kan die diere aan neem. Hulle ‘n beter lewe gee, en so maak jy ‘n donasie na hulle toe. Hulle het ‘n veeartse en ja hulle betaal hulle… dis nie die rede hoekom ‘n veearts so duur is nie. (Obviously nie)

  • 73. Olga  |  Maart 9, 2009 om 12 : 43

    Demmit juf annie, het die die persoon reggehelp en gese helen zille is n aktrise in isidingo?

  • 74. Olga  |  Maart 9, 2009 om 12 : 46

    Die aussies wou seker n skaap in die parlement he.

    nats

    dankie dat jy se. Dis dan n plek waar ek liefs nie moet ko nie. Ek kan nie nog honde huis toe bring nie.

  • 75. Nats  |  Maart 9, 2009 om 12 : 49

    Olga
    Ek ook nie… wil almal huis toe vat – een baba hondtjie het my hart gesteel! Ek het nog nooit so kleurvolle hondtjie gesien nie – al nege haar pups lyk anders en is alle kleure! Wil weet met wat daai vark haar gekruis het – want sy is ‘n klein hondtjie met 9 puppies!

  • 76. Olga  |  Maart 9, 2009 om 12 : 54

    Nats
    ek glo diere, nes menssae moet te alle tye met respek behandel word. Maar huis diere gaan uitsterf. Dis onvermydelik. Kyk in die winkels wat kos hulle kos. Gaan kyk wat kos frontline wat hulle nie meer vlooiloos laat nie, al gebruik jy die regte dosis grote op die regte gewig hon. Kyk na die veearts tariewe en die koste van hulle meds. Die koste regverdig amper nie meer die besit van n hond of kat nie.

  • 77. Olga  |  Maart 9, 2009 om 12 : 57

    Hoe vreeslik moes haar swangeskap net nie gewees het met 9 kleintjies in haar lyfie nie. Het jy pics geneem nats? Wat was die vark se storie? Die puppy mill (?) storie?

  • 78. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 1 : 00

    Tweeling

    Ek gun ook elke dier ‘n lewe sonder mishandeling. Ek gun dit vir elke plant ook. Ek glo dat wanneer die dier ‘n mens se eiendom is, dat dit na behore versorg moet word. Daardie dier is dan die persoon se verantwoordelikheid.

    ‘n Dier kan nie met ‘n mens redeneer nie. ‘n Dier is ook nie gelyk aan ‘n mens nie (in elk geval nie in my oE nie). Ek weet nie hoe ‘n mens met ‘n dier kan redeneer nie. Enige belofte teenoor ‘n dier beteken vir die dier niks, dit is daar uit menslike oorweging.

    ‘n Mens moet enige welsyn organisasie met intelligensie en integriteit bestuur. Ek se^ nie dat Wetnose nie intelligent is nie, hulle stories oor die diere hou die mense se harte seker sag genoeg om ‘n kontantvloei te verseker.

    Ek sien nie die nut daarvan in om unwanted diere lewendig te hou nie. Sit hulle uit en wend die geld op ‘n beter manier aan. Hoe? Help die gemiddelde gesin om veeartsbehandeling vir hulle diere te kan bekostig. Help om verskeie reservate te ontwikkel en te onderhou. Help meer gesinne om hulle diere te kan voer.

    Baie mense is gewillige om hulle lewe vir hulle troeteldiere te gee. Maar hulle lewe betaal nie die onkostes wat met die dier aangegaan moet word nie. Dit is ook baie maklik om te se^ hulle moet nie diere aanhou nie, maar ons weet die teendeel is waar. Kinders smokkel ‘n rondloop katjie in, die hond is net die heeltyd by jou, jy ‘n ‘n sak met ‘n werpsel in by die rivier opgetel. Jy kry per ongeluk ‘n hond, een wat jy na die beste van jou vermoE versorg, maar jou vermoE word in rand en sent gemeet.

    Terloops, ek het nie gese^ dat jy jou beywer vir stemreg vir diere nie.

  • 79. Olga  |  Maart 9, 2009 om 1 : 01

    Maar dalk moet ek nie weet nie. Ek moet my bloeddruk in ag neem.

  • 80. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 1 : 04

    Ek kan dalk net noem dat ek my laaste hond by die bure gekonfiskeer het. Sy was in ‘n ongeluk en hulle het haar op ‘n hopie gelos om te vrek. Na die veearts rekening betaal was, wou hulle haar terug he^. That did not happen.

  • 81. Olga  |  Maart 9, 2009 om 1 : 09

    Daar stem ek heeltemal met jou saam juf annie. Maar die veeartse wik ook maar so gou as moontlik so ryk as moontlik word. Weet jy ek het 2 jaar gelede r580 by die veearts betaal toe bessie siek was. Sy het bosluiskoors gehad. Sy was ondersoek, bloedsmeer was bekyk en sy het 2 inspuitings gekry.

  • 82. Olga  |  Maart 9, 2009 om 1 : 11

    Die 2 honde en kat se frontline kos r198 pm. Ons kan net frontline by die veearts koop.

  • 83. poplap  |  Maart 9, 2009 om 1 : 11

    A cop pulls over a taxi.
    The cop approaches the taxi and says to the taxi driver: “License please.”
    The taxi driver retorts: “What for?”
    Cop: “You didn’t come to a complete stop at the stop sign.”
    Taxi driver: “I slowed down, and no one was coming.”
    Cop: “You still didn’t come to a complete stop. Your license please.”
    Taxi driver: “What’s the difference?”
    Cop: “The difference is you have to come to a complete stop and that’s the
    law. Your license please!”
    Taxi driver: “Heish …… if you can show me the difference between
    slowing down and stopping, I’ll give you my license and you can give me
    the ticket, if not, you let me go and give me no ticket.”
    The cop says: “Please step out of your vehicle, sir.”
    The taxi driver gets out of his taxi, whereupon the cop takes out his
    truncheon and starts beating the cr@p out of the taxi driver..
    After a while the cop says: “Now do you want me to stop… or do you just
    want me to slow down?”

    EISH, DIE COP HY EXPLAIN BAIE MOOI!

  • 84. Nats  |  Maart 9, 2009 om 1 : 11

    Olga
    Ek hoop regtig nie honde ens sterf uit nie. Ek sal nie sonder ‘n hond kan nie!!

    Ja ek het fotos geneem – Tweeling, kan ek maar opsit?

    Tweeling
    Ek stem saam met baie dinge wat jy sê, maar ek hou meer van diere as van mense – so ek gaan nie gou my siening verander nie. Wet Nose help diere – mense moet weet hoe om na diere om te sien voor hulle een koop / kry. Ja Wet Nose help mense ook in plakkers kampe, dip hulle honde, skenk kos, maak hulle reg ens. Maar ek sê moenie ‘n hond hê as jy nie na hom kan kyk nie – punt! Hoe moeilik is dit nou eintlik?

    Daar is geen rede hoekom ‘n dier mishandel hoef te word nie – dis my siening.

  • 85. Olga  |  Maart 9, 2009 om 1 : 20

    Geen dier of mens moet mishandel word nie. Ek hoop ook nie diere sterf uit nie, nats. Met wie gaan ek dan gesels?

  • 86. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 1 : 21

    Ek steun geen vorm van mishandeling nie.

    Jy kan die foto’s opsit, maar dan moet jy ‘n blog daarmee saam skryf. Vir more dalk?

  • 87. *Mathilda*  |  Maart 9, 2009 om 1 : 23

    Kloon

    Wanneer wil julle die rose-projek op die laatste doen of gaan dit ‘n ongoing storie wees ?

  • 88. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 1 : 25

    Volgens die blog set-up op die oomblik steun ons basies 4 causes.

    Kinders – A3
    Gestremdes – Tilla
    Oues – Willes
    Diere – Nats

    Dalk moet ons na die projek vir elke cause ‘n bladsy oopmaak met useful info daar. Miskien een keer ‘n maand ‘n blog skryf omtrent iets van ons cause.

    As daar ‘n cause is wat ons nie gelys het nie, laat weet ons. As die cause meriete dra, en jy is bereid om die bladsy te run, kan ons dit byvoeg. Ek dink bv nou aan iets soos die omgewing.

  • 89. Nats  |  Maart 9, 2009 om 1 : 27

    Olga
    Snaaks – ek praat ook vreeslik met my honde… ek is maar so bietjie mal, en hulle verstaan my!! Gelukkig praat hulle nog nie terug nie!🙂

    Adrie
    O heng… sal bietjie dink werk moet doen!

  • 90. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 1 : 27

    Kloon

    Ek dink die heel finale datum is 31 Maart 2009. Dus ongoing tot dan.

  • 91. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 1 : 27

    Nats

    Bessie antwoord Olga terug ook. Veral as daar beskuit in die omtrek is.

  • 92. Nats  |  Maart 9, 2009 om 1 : 28

    Adrie
    Baie goeie idee!! Wat van iets ook om water en elektrisiteit te bespaar!! Dan gee ons mense goeie tips!

  • 93. Nats  |  Maart 9, 2009 om 1 : 29

    Adrie😆

    Olga
    Kan ek ook beskuit kry?? Daai beskuit van jou lyk darem maar baie lekker!!

  • 94. Olga  |  Maart 9, 2009 om 1 : 30

    Hoe het die perd blind geword? Kan jy jou voorstel waarteen het sy al alles vasgeloop? Hoe sees moes sy nie gekry het in haar blindheid nie? Watter waarde hou die lewe vir haar in? Geen mens sal ooit weet nie. Hoekom het mense in plakkerskampe altyd n swetterjoel honde? Ek het al n artikel in n tydskrif gelees dat die plakkerskamp kjenners sommer die arme honde se ore met skere afknip om hulle sulke klein punt ore te gee soos die honde in strokies verhale.

  • 95. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 1 : 32

    Nats

    As daar iemand is wat ‘n veer voel vir omgewings sake, kan hulle vir die pos aansoek doen. Ek voel ‘n veer, maar nie genoeg om daarvoor op die bandwagon te klim nie.

  • 96. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 1 : 33

    Olga

    Baie telers knip ook hondjies se ore. Dit is darem nou teen die wet, ek weet egter nie of dit iemand gaan stop nie.

  • 97. Olga  |  Maart 9, 2009 om 1 : 34

    Nats, ek sal jou onthou met my volgende beskuit drive.

  • 98. *Mathilda*  |  Maart 9, 2009 om 1 : 34

    O okay, dan is daar nog tyd – ek moet net eers my kind se netbaltoer en haar klere daarvoor en als aanskaf en betaal dan sal ek ook ‘n bydrae maak – doen ons dit maar soos met sisters of laat weet maar per snail mail vir my hoe dit gebeur asseblief

  • 99. Nats  |  Maart 9, 2009 om 1 : 36

    Olga
    Ek weet nie, sy was op ‘n plaas of iets gevind – was seker van geen nut vir haar eienaar nie en hy/sy het haar net so gelos. Dis ook hartseer dat sy nou so moet sukkel – maar sy kom heel goed oor die weg, weird net soos mense aanpas, pas diere ook aan.

    Vriende van ons het ‘n foxie wat blind is – sal nie glo hoe daai hond in die huis rond beweeg nie.

    Baie mense knip ook self hulle honde se ore en sterte met skêrre af want dis vrek duur om dit te laat doen – dis hoekom dit nou onwettig is.

  • 100. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 1 : 37

    Tilla

    As jy verkies om ‘n kontant donasie te maak, kan jy dit in my rekening vir eers betaal. Onthou ook dat jy meer as welkom is om goedere te skenk (ipv kontant).

  • 101. *Mathilda*  |  Maart 9, 2009 om 1 : 43

    Ja ek verstaan so maar ek weet nie hoe kry ons dit by jou nie (of is dit die ideale plan om weer te kuier ?)

  • 102. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 1 : 45

    Tilla

    Dit is details, wat ons kan uitsort.

  • 103. Zoekoe  |  Maart 9, 2009 om 1 : 46

    Dalk kan ek ‘n kas bier afstaan vir die familie…. ? ? ?

  • 104. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 1 : 47

    Zoekoe

    Genade, gaan jou hart dit hou? Om van die bier afstand te doen? Ons wil jou darem nie martel vir ‘n goeie saak nie.

  • 105. Nats  |  Maart 9, 2009 om 1 : 53

    Zoekoe😯 Jy… sommer ‘n kas bier afstaan!? Dit vat om gedoen te word!

  • 106. Zoekoe  |  Maart 9, 2009 om 1 : 56

    😆 aag dis die minste wat ek kan doen julle 😉

  • 107. Nats  |  Maart 9, 2009 om 1 : 58

    Zoekoe
    Iets wat so na aan jou hart lê is nie sommer min nie! Dis baie!

  • 108. *Mathilda*  |  Maart 9, 2009 om 1 : 59

    Kyk – al breek ek my nek – dit moet ek sien ! You go Zoekoe !

  • 109. Zoekoe  |  Maart 9, 2009 om 2 : 01

    Watse bier drink die mense Adrie ? soos in watse brand?

  • 110. *Mathilda*  |  Maart 9, 2009 om 2 : 19

    O ja – ek het nie klaar vertel nie – Olga, nee, ons het nie ‘n pothole geslaan nie.

    Ons het gery en die volgende oomblik klink dit soos ‘n geweerskoot in die kar – toe bars die bestuurderskant se venster – tot nou toe weet ons nie wat gebeur het nie – ons weet nie of iemand iets uit ‘n kar uit laat val het of die kar met ‘n klip gegooi het of wat de hel nou eintlik gebeur het nie (hoe verduidelik mens dit vir die versekering?) maar ons het ons melk weggeskrik ! Hy shatter in soveel stukkies – jy kan nie glo nie. Baba skreeu omtrent haar longe uit van die skrik en die skielike wind alles direk op haar, haar pa moet doodstil sit want daar is glas everywhere en ek moet maar die steke vat in die proses om vir baba na die ander kant toe te skuif want stop stop ek beslis nie langs die pad nie ! Dit was omtrent ‘n gemors – ons moes toe nog so 50 kilos huis toe ry met daai geraas en als – not nice !

  • 111. Nats  |  Maart 9, 2009 om 2 : 39

    *M*
    Sjoe dit baie weird! En gevaarlik! Bly jul is ok!

  • 112. Olga  |  Maart 9, 2009 om 3 : 09

    Ari tog tilla. Ook bly julle is darem ok. Ai, as die ou verkiesing tog net verby kom. dimk julle cope en die anc gaan na die verkiesing weer saam smelt?

  • 113. Nats  |  Maart 9, 2009 om 3 : 24

    Olga
    Kanse is baie goed dat as COPE wen die ANC vinnig probeer in kom en visa versa – pateties! Kom ons hoop maar sou COPE wen dat hulle nie die ANC sal terug vat nie. Maar then again COPE is (was) die ANC!

    Nee wag kom ons wees positief dat nie een van hulle gaan wen nie!!

  • 114. Olga  |  Maart 9, 2009 om 4 : 32

    Dan se ons maar viva vf. Met dien verstande dit meen vROUE fEMALES.

  • 115. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 4 : 33

    The 5 Riddles….

    THIS IS ONE OF THE BEST FIVE RIDDLES I HAVE SEEN….THE ANSWERS ARE AT
    THE BOTTOM. RIDDLE #5 IS AMAZING. IT SHARPENS THOSE GENES IN YOUR
    BRAIN AND STALLS ALZHEIMER’S FOR YEARS!!

    1. A murderer is condemned to death. He has to choose between three
    rooms. The first is full of raging fires, the second is full of
    assassins with loaded guns, and the third is full of lions that haven’t
    eaten in 3 years. Which room is safest for him?

    2. A woman shoots her husband. Then she holds him under water for over
    5 minutes. Finally, she hangs him. But 5 minutes later they both go out
    together and enjoy a wonderful dinner together. How can this be?

    3. What is black when you buy it, red when you use it, and gray when
    you throw it away ?

    4. Can you name three consecutive days without using the words
    Wednesday, Friday, or Sunday?

    5. This is an unusual paragraph. I’m curious as to just how quickly
    you can find out what is so unusual about it. It looks so ordinary and
    plain that you would think nothing was wrong with it. In fact, nothing
    is wrong with it! It is highly unusual though. Study it and think
    about it, but you still may not find anything odd. But if you work at
    it a bit, you might find out. Try to do so without any coaching!

  • 116. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 4 : 34

    Zoeks

    Jy sal maar die boring ding moet doen van kos koop. Die mense drink net tee, koffie en water. :mrgreen:

  • 117. Olga  |  Maart 9, 2009 om 4 : 35

    Wie stem oom bob sit agter die ongeluk waarin miester morgan se vrou dood is? Hoekom niemand nog die dem oerang – oetang en sy wyfie in die zoo gesit het nie, is regtig bokant my.

  • 118. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 4 : 37

    Handop. Oom Bob hoort in ‘n ongeluk.

  • 119. Olga  |  Maart 9, 2009 om 4 : 42

    Verkeerd juf annie. Oom bob is ni n ongeluk nie. Hy is n ongeluk. Die ongeluk wat met rhodesia gebeur het.

  • 120. Olga  |  Maart 9, 2009 om 4 : 44

    Skuus ek het bedoel die ou oerang – oetang hoort nie in n ongeluk nie. Hy is ene.

  • 121. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 4 : 44

    Olga

    Reine waarheid daardie.

    Hoe vorder jy met die raaisel?

  • 122. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 4 : 45

    Olga

    Wat het ‘n arme oerang-oetang met jou gedoen dat jy hom nou so moet beledig?

  • 123. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 4 : 55

    Raaisels eerder.

  • 124. Olga  |  Maart 9, 2009 om 5 : 03

    elo?

  • 125. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 5 : 13

    Nommer asseblief?

  • 126. Olga  |  Maart 9, 2009 om 5 : 17

    Opera weer vol k.k.

  • 127. Olga  |  Maart 9, 2009 om 5 : 18

    Dis die riddles wat haar skuins de olga in maak.

  • 128. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 5 : 19

    Olga

    Kyk na jou epos adres. Dit is nie com nie.

  • 129. Olga  |  Maart 9, 2009 om 5 : 32

    Ai, gaan ek ooit die adres ding regkry. ek probeer met my perrefien foun blog. maar ai, tog. die comments nr se ek behoort nog te kan 5c, maar die blerrie 5c wil nie van die ander fone deur gaan nie. grrrr.

  • 130. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 5 : 34

    Olga

    Jou epos adres wat jy in jou parafien foun gesit het, is verkeerd. Daarom wys jou gevreetjie nie.

  • 131. Olga  |  Maart 9, 2009 om 5 : 36

    Jy wil seker nog die antw gemotiveer he.

  • 132. Olga  |  Maart 9, 2009 om 5 : 39

    ok, wys dit nou? ek kan nie gesiggies sien met hom nie. my nolie maak my perrefien foun vernhet sleg. net ek is nou fout met ou pf.

  • 133. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 5 : 39

    Antwoord net en dan sien ons?

  • 134. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 5 : 43

    Jip, mens kan weer jou rooiheid sien.

  • 135. Olga  |  Maart 9, 2009 om 5 : 47

    #1. ek sal 3 vat. leeus wat 3 jaar lank nie gevreet het nie? hulle kan nie meer vreet nie.

  • 136. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 5 : 52

    Ja, korrek.

  • 137. Olga  |  Maart 9, 2009 om 5 : 53

    2. akteurs wat n toneel opvoer?

  • 138. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 5 : 57

    Nuwe blog is op.

    Ek sal later die antwoorde kom gee.

  • 139. Olga  |  Maart 9, 2009 om 6 : 18

    4. sabbat, maandag, dinsdag?

  • 140. Adrie  |  Maart 9, 2009 om 8 : 04

    1 – 3: die leeus sal dood wees

    2 – die vrou is n fotograaf

    3 – charcoal

    4 – Yesterday, today, tomorrow

    5 – daar is nie n e in die paragraaf nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: