Groot sport in SA

Maart 5, 2009 at 5 : 36 115 Kommentaar

Net nadat Suid-Afrika as die gasheerland vir die FIFA wêreldbeker aangewys is, het die mense begin fees vier.  Toegegee, dit is een van die grootste sport byeenkoms op aarde.  Dit kan vir ons die weg baan om vir die Olimpiese spele gasheer te speel.  Tog het ons op daardie stadium al reeds ‘n suksesvolle Rugby wêreldbeker aangebied.  Die FIFA wêreldbeker is maar net groter.  Tog is Suid-Afrika geen vreemdeling om van die grootste in die wêreld aan te bied nie.

Neem byvoorbeeld die Midmar Myl – die grootste ope water swemkompetisie.  Die Midmar het sy ontstaan te danke aan petrol beperkinge in 1973.  Mike Arbuthnot, Dick Park en Brian Glover kon nie na Oos-London toe ry om aan die Buffel Myl deel te neem nie.  Net daar het hulle besluit dat Natal hulle eie swem myl benodig.  Die eerste Midmar Myl was op 10 Februarie 1974 gehou met 153 deelnemers.  Trevor Strydom het die myl gewen en die jongste deelnemer was 10 jaar oud.  Deesdae word die myl oor ‘n naweek gehou.  Die deelnemers swem altyd ten minste ‘n myl, maar dit kan meer wees as die dam baie vol is.  Elke 2 minute begin daar nog ‘n groep te swem.

Terwyl ons nou in Pietermaritzburg is, die Comrades Marathon is die grootste en oudste ultra marathon in die wêreld.  Vic Clapham het die Comrades voor gestel om sy kamerade wat in die eerste wêreld oorlog gesterf het te onthou.  Tydens die oorlog moes die kamarade 2700 km in Duits Oos-Afrika marsjeer, daarom het Clapham iets gesoek wat ‘n fisieke uitdaging sou wees.  Die eerste Comrades het 48 inskrywings gehad, maar net 34 mans het in die pad geval op 24 Mei 1921.  Bill Rowan het net onder 9 ure nodig gehad om te wen en net 16 deelnemers het die marathon voltooi.

Die Cape Argus Fiets wedren is die grootste individuele tyd ren in die wêreld.  Ongeveer 40 000 mense durf jaarliks die 109 km in die Kaapse skiereiland aan.  Bill Myrlea en  John Stegmann het in 1978 die Big Ride-In georganiseer vir bewusmaking dat Suid-Afrika fietspaaie kort.  31 jaar later het hulle nog nie sukses met daardie bewusmaking behaal nie.  :evil:  Maar in elk geval, soos die ren gegroei het, het dit in die Skiereiland marathon ontwikkel.  Nog voor die  eerste reisies het naam verander om die plaaslike koerant en borg te akkomodeer.

Die Cape Argus vind 8 Maart 2009 plaas.  Wag ‘n bietjie, Oom en Tannie Roer gaan vanjaar die Argus aandurf.  Die Dorings wil hulle graag alles van die beste toewens.   Ons  hoop hulle kom wel gesond en in een stuk by die resies uit.  Hopenlik gedra die fietse hulle soos hulle moet (dit sluit wiele in) en groet hulle nie die pad met die hand nie.  Geniet dit en doen wat gedoen moet word.

Blogvraag:  Wie is die rekord houer van die Cape Argus?

Blogantwoord:  Maxie was reg met Betty White (Rose).  Sofia was die tweede jongste op die stel.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Senior Burgers I’ll drive you crazy if you let me

115 Kommentaar Add your own

  • 1. Wipneus!  |  Maart 5, 2009 om 5 : 40

    Ernst van Dyk huh?

  • 2. Wipneus!  |  Maart 5, 2009 om 5 : 44

    Oeps

  • 3. Wipneus!  |  Maart 5, 2009 om 5 : 45

    wag dat ek vir Roer die antwoord gaan vra

  • 4. Adrie  |  Maart 5, 2009 om 5 : 47

    Ernst van Dyk het nie eers bene nie. Hy het dalk die gestremde rekord.

  • 5. Wipneus!  |  Maart 5, 2009 om 5 : 52

    Christopher Wilson

  • 6. Wipneus!  |  Maart 5, 2009 om 5 : 52

    Morsig het jy geen skaamte nie!!! Is dit dalkies Lloyd Wright

  • 7. Wipneus!  |  Maart 5, 2009 om 5 : 53

    Ouma klap Adrie op haar mond!!!

  • 8. Wipneus!  |  Maart 5, 2009 om 6 : 04

    Robert Hunter

  • 9. Wipneus!  |  Maart 5, 2009 om 6 : 05

    Is dit nie dalk Oom Roer nie???

  • 10. Wipneus!  |  Maart 5, 2009 om 6 : 06

    Ryk Neethling en Victor Matfield, nou ken ek niemand meer nie!!

  • 11. Olga  |  Maart 5, 2009 om 6 : 13

    Die herrhemerrie se gat brand alweer.

  • 12. Olga  |  Maart 5, 2009 om 6 : 27

    Ek wonder hoeveel betaal oprah haar gaste om op haar show te huil. Dis regtig cheap.

  • 13. Adrie  |  Maart 5, 2009 om 7 : 15

    Olga

    Die Amerikaners hou mos van melodrama.

    Ouma Wip

    Jy het nie die man in die maan of Jacob Zuma geraai nie.

  • 14. Roer  |  Maart 5, 2009 om 7 : 23

    Dankie, dankie, dankie! Julle is so oulik. Ek sal vir W’nBietjie se^ as ek haar sien, want ek dink nie sy gaan naby rekenaar kom voor Maandag nie. Mag verkeerd wees. Vir nou probeer ek dit vergeet. Vanaand is Desperate Housewives! Woohoo. Môre sal ek weer aan bicycles dink. (((Adrianatjie)))

  • 15. Wipneus!  |  Maart 5, 2009 om 7 : 30

    Ek het Roer geroep sy sal vir my die antwoord kom gee👿

  • 16. Adrie  |  Maart 5, 2009 om 7 : 36

    Tannie Roer is besig👿 . Sy berei geestelik voor vir die race! gmf. Gee haar n breek!

  • 17. Wipneus!  |  Maart 5, 2009 om 7 : 41

    Ag tjol man sy het nou net vir my op die maan kom kuier!! Sy is al laas week deur die geestelike ritueel!!

    Buitendien ek het klaar haar bike met knoffel en kragtige water bygekom!!

    Sy doen nou die fisies ding jy weet, strek die spiere etc etc!!

  • 18. Adrie  |  Maart 5, 2009 om 7 : 45

    Jy verbreek haar konsentrasie breek.

  • 19. Wipneus!  |  Maart 5, 2009 om 7 : 45

    Klaar gewerk! Lekker naweek hou almal!! 😆

  • 20. Adrie  |  Maart 5, 2009 om 7 : 46

    Yeah, rite. Jy gaan verlang.

  • 21. Wipneus!  |  Maart 5, 2009 om 7 : 49

    Jy ook! Maar môre is dit Me time!! A girl moet darem aan haarself ook dink jy weet! Geniet jou naweek 😉
    Bye Olga en al die rooflesers!!! 😆

  • 22. Adrie  |  Maart 5, 2009 om 7 : 51

    Soet wees. Onthou daar is ‘n ekonomiese krisis, moet nu nie elke kredietkaart gaan smelt nie.

  • 23. Wille Kjind Q  |  Maart 5, 2009 om 8 : 27

    HEEL LAASTE!

  • 24. Wille Kjind Q  |  Maart 5, 2009 om 8 : 30

    En da hol almal weg!

  • 25. Adrie  |  Maart 5, 2009 om 8 : 39

    Dit is jy wat jou tyd vat. Grrr!!!

  • 26. Wille Kjind Q  |  Maart 5, 2009 om 8 : 48

    Gmpf! Jy weet ek kanni mee oppi foun chat terwyl ek besig is met anne dinge nie.

  • 27. Wille Kjind Q  |  Maart 5, 2009 om 8 : 51

    Is ons nou wee 1 comment agter?

  • 28. Wille Kjind Q  |  Maart 5, 2009 om 8 : 51

    Of somme 2….

  • 29. Wille Kjind Q  |  Maart 5, 2009 om 8 : 52

    Jip! Somme 2

  • 30. Wille Kjind Q  |  Maart 5, 2009 om 8 : 54

    Ek sal ma net wee ‘n zol rook

  • 31. Adrie  |  Maart 5, 2009 om 9 : 01

    Die omobokse is leeg.

  • 32. Wille Kjind Q  |  Maart 5, 2009 om 9 : 17

    Issi! Die 1 in Olga se kas is nog vol.

  • 33. Wille Kjind Q  |  Maart 5, 2009 om 9 : 20

    Besides….. Die prozacs borrel is nog vol

  • 34. Adrie  |  Maart 5, 2009 om 9 : 28

    Jy maak die plek n dwelmhool.

  • 35. Wille Kjind Q  |  Maart 5, 2009 om 9 : 31

    :mrgreen:

  • 36. Adrie  |  Maart 5, 2009 om 9 : 37

    Se nou Good luck vir tannie Roer. Haar kar kannie 109 km ry nie, nou moet sy dit met n fiets doen.

  • 37. Wille Kjind Q  |  Maart 5, 2009 om 9 : 40

    Tannie Roes….. Voorspoed

  • 38. Wille Kjind Q  |  Maart 5, 2009 om 9 : 45

    Ek wonner nou net of ek nog moet trai om paspoorte vi die kids te kry. Met die nuwe reëls dink ek dit gat 100 keer meer moeilik wees

  • 39. Wille Kjind Q  |  Maart 5, 2009 om 9 : 46

    Nag. Ek ga nou dux

  • 40. Adrie  |  Maart 5, 2009 om 9 : 46

    🙄

  • 41. Adrie  |  Maart 5, 2009 om 9 : 48

    Probeer en kyk wat gebeur!

  • 42. Wheelbarrow Jack  |  Maart 5, 2009 om 9 : 52

    Ek is bly iemand besef dis verkeerd om verbode middels so te glamourise. Dit skep so die verkeerde indruk. Daar is kinders ook wat die blogs lees. Julle bring nou die idee tuis dat dit goed is om zol wt dagga is te rook, te drink om die tyd om te kry en pille te pop. Ek is teleurgestel.

  • 43. Wheelbarrow Jack  |  Maart 5, 2009 om 9 : 54

    Nee dames regtig. Is julle breindood?

  • 44. Wheelbarrow Jack  |  Maart 5, 2009 om 10 : 00

    Dis reg, moenie antwoord nie. Daar is immers niks wat julle kan se om die glamourising te regverdig nie.

  • 45. Adrie  |  Maart 5, 2009 om 10 : 29

    Domkrag

    Jy het n punt beet.

  • 46. Wille Kjind Q  |  Maart 6, 2009 om 5 : 17

    More more! Dis Vrydag…. Yippee!!!

  • 47. Wille Kjind Q  |  Maart 6, 2009 om 5 : 20

    WBJ…. Ek het jou nie geantwoord nie omdat ek nie jou comment gisteraand algesien het nie. Ek gaan jou nie antwoord nie tensy jy wee wil baklei. Punt

  • 48. Adrie  |  Maart 6, 2009 om 8 : 14

    More Almal

  • 49. Beeld  |  Maart 6, 2009 om 8 : 39

    Linda de Beer

    Potchefstroom. – ’n Gesin se lieflinghond is vermoedelik met ’n tuinvurk doodgesteek voordat albei haar voorbene afgekap is.

    Mnr. David Heinenman en sy seun, Niël (11), het haar karkas laat eergistermiddag langs ’n woonstel agter in hul erf in Du Plooystraat gekry.

    Niël het toe reeds ure lank na Jessie (byna 2), ’n worshond-kruising wat elke aand “skelm” by hom geslaap het, gesoek.

    Hul huishulp het nie dié dag gewerk nie. Die tuindiens was wel die oggend by die huis. Niël het ná skool oudergewoonte met die honde gaan speel en toe agtergekom Jessie is weg.

    Die Heinenmans het die voorval by die polisie aangemeld. Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) is ook daarvan verwittig.

    Haar karkas is na dr. Francois Gerber, ’n veearts, geneem vir ’n nadoodse ondersoek.

    Gerber het gister gesê sy verslag sal eers vandag gereed wees, maar haar wonde is beslis nie bytmerke, soos dié deur ’n ander dier, nie.

    Mev. Maryna Heinenman het gesê dit lyk of haar bene met iets afgekap is. Daar is geen teken van die afgekapte ledemate nie. Die wonde aan haar keel stem ooreen met dié wat ’n tuinvurk sou aanrig.

    “Hulle moet hom (die skuldige) vir my bring as hulle hom kry. Ek sal sy hande met ’n graaf afkap,” het sy gesê.

    Supt. Koos Degenaar, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê ’n saak van opsetlike saakbeskadiging word ondersoek.

  • 50. Beeld  |  Maart 6, 2009 om 8 : 47

    Daleen van Maanen

    Hartbeespoortdam. – Miljoene liter onverwerkte rioolafval stroom die afgelope week onverpoosd die Hartbeespoortdam in.

    Dit kom nadat twee rioolpompstasies afgeskakel is weens gebreekte pompe en mangate op die oostelike oewer gevolglik oorstroom het.

    By Beeld se besoek aan die oostelike oewer en pompstasies gister het onverwerkte rioolafval op plekke kniediep opgedam en die dam ingestroom. ’n Mangat op die oostelike oewer het rioolvuil soos ’n spuitfontein uitgespoeg.

    Volgens betroubare inligting het ’n pomp by die Ifafi-pompstasie, wat rioolvuil na die rioolwerke pomp, twee weke gelede gebreek. Die pomp is nie herstel nie en die bystandpomp het verlede Sondag gebreek. ’n Sekondêre pompstasie op die oewer van die dam is ook afgeskakel wat die oorstroming van mangate veroorsaak. Rioolwater spoel van dié pompstasie deur ’n halfvoltooide ontwikkeling na die dam. Na raming het 20 miljoen liter onverwerkte rioolvuil reeds die dam ingespoel.

    Volgens die Madibeng-munisipaliteit het ’n rioolpyp tussen die twee pompstasies twee weke gelede gebars en herstelwerk het drie dae lank geduur. “Die pomp het Sondag uitgebrand weens oorspanning,” het mnr. Tumelo Tshabalala, munisipale woordvoerder, gesê. “Ons is besig met herstelwerk en sal dit môre (vandag) installeer.”

    “In die lig van die huidige Hartbeespoortdam-herstelprojek is sulke voorvalle ontstellend,” het mnr. Dirk Bouwer van die Hartbeespoortdam-wateraksiegroep gister gesê.

    Die departement van waterwese en bosbou bestuur die laaste twee jaar ’n intensiewe herstelprogram vir die Hartbeespoortdam wat die verwydering van alge en hiasinte insluit.

    “Dié soort rioolstortings gebeur nou so gereeld dat daar ernstig besin sal moet word om opvang- of keerdamme by die mangate te bou. Indien situasies soos dié opduik, kan die rioolvuil tydelik behandel en gemonitor word voordat dit in die dam vloei,” het Bouwer gesê.

  • 51. Beeld  |  Maart 6, 2009 om 8 : 48

    Virginia Keppler

    Die polisie ondersoek die dood van ’n jong Pretoriase ma wie se pasgebore seuntjie wees gelaat is nadat sy glo gedwing is om normaal te kraam, al kon sy nie.

    Me. Michell (Lulu) Smith (25) van Eersterust het in ’n koma gegaan terwyl sy op 4 Februarie in die Tshwane-distrikshospitaal aan haar seuntjie, Justin, geboorte gegee het.

    Sy is ’n dag later in die Dr. George Mukhari-hospitaal in Ga-Rankuwa, noord van Pretoria, dood.

    Haar ma, mev. Nicky White (42), het gesê verpleegsters en die dokter by die Tshwane-distrikshospitaal het haar dogter gedwing om meer as twee uur lank normaal te kraam, al het haar kliniekkaart aangedui sy kan nie normaal kraam nie.

    Mev. Jillian Hammond, Smith se tannie, het gesê toe sy die verpleegsters hieroor waarsku, was hulle onbeskof en onbehulpsaam. Sy was by terwyl Smith in kraam was.

    “Die verpleegsters het hard op haar maag gedruk en haar kwaai aangemoedig om te druk. Hulle het in ’n stadium gesê: ‘Dit hang van Lulu af, sy moet druk.’ ”

    Smith het in ’n stadium vir haar ouma, mev. Gilla Hammond (59), wat ook by die hospitaal was, geskreeu: “Mammie, help my, hulle maak my seer!”

    “Ek was so hopeloos en kon niks doen nie,” het haar ouma hartseer gesê.

    Volgens Hammond jr. het die verpleegsters die dokter ná twee uur geroep en toe druk hulle ’n vorm voor Smith se gesig in en sê sy moet teken.

    “Ek het gevra om eers die vorm deur te lees en dat ek dit sal teken, maar hulle het gesê sy is oud genoeg om self te lees en te teken.

    “In dié stadium was sy reeds baie swak en kon skaars die vorm vashou om te teken. Die verpleegsters het toe laat weet hulle gaan haar ’n keisersnee gee en dit gaan 45 minute duur.

    “Hulle het haar ’n inspuiting gegee en is toe teater toe met haar.”

    Hammond jr. het gesê ’n uur en ’n half later het ’n verpleegster kom sê Smith is in ’n koma. “Sy het gesê hulle soek vir haar ’n bed in die hoësorgeenheid in die Dr. George Mukhari-hospitaal, want daar is nie ’n bed beskikbaar by die Steve Biko-hospitaal nie.”

    Kort hierna het hulle haar in ’n ambulans gelaai en selfs geweier dat Hammond jr. haar in die ambulans vergesel.

    White het gesê ’n dokter by die Dr. George Mukhari-hospitaal het daardie aand gesê haar dogter is breindood, van haar bors af verlam en die prognose is baie sleg.

    Sy is die volgende oggend dood.

    Haar gebroke familie blameer nou die Tshwane-distrikshospitaal en meen iets verskrikliks het daar skeef geloop en tot Smith se dood gelei.

    Mnr. Thapelo Rabalao, woordvoerder van dié hospitaal, het gesê hulle beskou die voorval as baie ernstig en sal dringend daaraan aandag gee.

    Kapt. Lucas Sithole, polisiewoordvoerder, het gesê die Akasia-polisie het ’n saak geopen en is besig met ’n geregtelike doodsondersoek om vas te stel watter omstandighede het Smith se dood veroorsaak.

  • 52. Nats  |  Maart 6, 2009 om 8 : 49

    Goeie more julle!!!

    Kom ons hoop maar die sokker storie werk uit – anders gaan ons dalk nooit weer ons voetjies in ‘n ander land kan sit nie – want sokker aanhangers (veral daai woes ouers… wat noem mens hulle nou weer??) sal ons nooit vergewe nie!

    Wie kyk Amazing Race?? Ek geniet dit!! Nou nie sport nie maar dis kwaai!🙂

  • 53. Beeld  |  Maart 6, 2009 om 8 : 51

    Daniel Maluleke

    ’n Pretoriase sekswerker het beslag gelê op die splinternuwe motor van ’n kliënt wat haar nie vir haar dienste betaal het nie.

    En toe die 32-jarige man van Centurion die motor gister by die polisie as gesteel gaan aangee, het hy hom éérs vasgeloop.

    Die man se moeilikheid het begin toe hy en sy vrou stry gekry het. Hy het troos by die sekswerker van Sunnyside gaan soek, het kapt. Malose Mashiane, polisiewoordvoerder, gesê.

    Sy het hom R2 000 vir die aand se dienste gevra.

    Hy het belowe om dit die volgende oggend vroeg te betaal, maar toe probeer wegkom sonder om op te dok.

    Volgens Mashiane het die sekswerker en haar kollegas toe op die man se splinternuwe Volkswagen Jetta beslag gelê.

    Hulle het vir hom gesê as hy nie sy skuld betaal nie, gaan hy nie sy kar kry nie.

    Die man is toe na die naaste polisiekantoor waar hy voorgegee het die motor is gesteel.

    Die polisie het dadelik ondersoek ingestel, maar dit het geblyk die man lieg. ’n Vriend by wie hy R350 geleen het, het glo alles verklap.

    Die polisie het hom dadelik gearresteer. Hy sal na verwagting binnekort op aanklag van meineed in die Pretoriase landdroshof verskyn, het Mashiane gesê.

  • 54. Beeld  |  Maart 6, 2009 om 8 : 53

    Rio de Janeiro. – ’n Negejarige meisie wat deur haar stiefpa verkrag is en toe met ’n tweeling swanger geraak het, het eergister ’n aborsie ondergaan, het dokters gesê.

    Dr. Sergio Cabral van die Pernambuco-universiteit se Amaury De Medeiros-gesondheidsentrum het gesê die prosedure was suksesvol.

    Aborsie is onwettig in Brasilië, maar word toegelaat by verkragtings en waar die swangerskap die ma se lewe in gevaar stel.

    Volgens Cabral het die meisie en haar ma tot die aborsie ingestem.

    “Die meisie het aan albei vereistes voldoen om wel ’n aborsie te kry.”

    Volgens dokters sou die swangerskap die lewe van die meisie – wat net 1,33 m lank is en maar 36 kg weeg – in gevaar stel en het hulle druk van die Katolieke Kerk, wat die aborsie probeer keer het, weerstaan.

    Die stiefpa (23) het skuld beken op die verkragting en is in Recife, hoofstad van die staat Pernambuco, gearresteer.

    Volgens polisie is die meisie seksueel mishandel sedert die ouderdom van ses. – Sapa-DPA

  • 55. Nats  |  Maart 6, 2009 om 8 : 56

    :shokc:

    Die stiefpa is maar 23!! Hoe oud is die ma dan!!! Negejarige met ‘n tweeling – ja nee ek stem saam, sy sou dit nie kon doen nie – is net nie natuurlik nie! En sou beslis haar lewe in gevaar gestel het!

  • 56. ADRIANA  |  Maart 6, 2009 om 8 : 58

    Hi Tweeling

    Ek dink beslis ook dat ‘n aborsie die enigste uitweg daar was.

  • 57. Adrie  |  Maart 6, 2009 om 8 : 59

    Die berig verdraai wel ook die waarheid ‘n bietjie.

    Die Katolieke laat wel ‘n aborsie toe as die ma se lewe in gevaar gestel word. Die lesser evil.

  • 58. Olga  |  Maart 6, 2009 om 9 : 02

    More, more.

  • 59. Nats  |  Maart 6, 2009 om 9 : 09

    Ek moet daar saam stem – as dit mens se lewe in gevaar stel moet jy seker maar jouself kies as die risiko loop om miskien jou en jou ongebore baba se lewe te eis.

    Maar in die geval ‘n nege jarige wat verkrag was – stem ek 100% voor!!

  • 60. Olga  |  Maart 6, 2009 om 9 : 09

    Dit pis my geheel en al af as die beeld so vermoedelik, vermoedelik. n Ding het gebeur of dit het nie. Neem n dier se lewe op n wrede manier en dit word saakbeskadiging genoem. Oor 3 maande doen die vermoedelike oortreder dieselfde met n hulpelose kind of ou mense dan is hy of sy die slagoffer oor issues uit sy of haar verlede. Ons regstelsel is m¤€r toe.

  • 61. Olga  |  Maart 6, 2009 om 9 : 16

    En lets face it, swart heerskappy is on omtoereikend en behoort summier gesaak te word. As die riool dienste en die sup by die hospitaal blankes was, sou die personeel hulle werk na behore gedoen het.

  • 62. Nats  |  Maart 6, 2009 om 9 : 17

    Olga
    Die hartseer ding is sulke mense begin gewoontlik by diere, en gaan dan op na mense toe… begin oefen by easy tarkets.

  • 63. Olga  |  Maart 6, 2009 om 9 : 23

    Sover dit die post betref, die fifa ding stink noual. En soos nats se, sokker toeskouers is wilder as limpopo re paaie. Kyk maar die ergste toeskouer voorvalle is onder sokker toeskouers. Ek se julle noual, hier kom n ding. Hier kom groot K@K

  • 64. Adrie  |  Maart 6, 2009 om 9 : 24

    Olga

    Dit is vir regsoorwegings dat hulle moet vermoedelik. Hulle kan eers se^ het, nadat ‘n persoon in die hof skuldig bewys is.

  • 65. Olga  |  Maart 6, 2009 om 9 : 25

    Dis ongelukkig n feit soos n perd nats. Hulle kies hulle targets met oorleg. Maar wanneer hulle tereg staan op hulle dade, is hulle nie toerekenbaar nie.

  • 66. Adrie  |  Maart 6, 2009 om 9 : 26

    Olga

    Baie waar wat jy se^: Sokker ondersteuners is hooligans en nie net in SA. Die ondersteuners is passievol. Ongelukkig is dit net die Italianers wat tjank as hulle span verloor. Die res, probeer ander vertrap.

  • 67. Olga  |  Maart 6, 2009 om 9 : 29

    Siblerrymantics juf annie. Hulle praat niemand skuldig nie. Die hond is vermoedelik met n tuinvurk doodgesteek. Ek kan jou n brief gee die bebloede tuinvurk is op die toneel gevind.

  • 68. Nats  |  Maart 6, 2009 om 9 : 40

    Adrie
    Daar is die woord! Hooligans! Het jy al daai fliek gekyk? Hooligans – en dis regtig so!! Daar gaan mense nie werk toe as sokker aan is nie – hulle staak omtrent.

    Olga
    Snaaks hoe sommige mense in klein hontjies verander met hulle sterte tussen hulle bene as hulle gevang word en nie meer die oorhand het nie en net vergewe wil word en hulle is so jammer en bid ens ens- maar wanneer die onskuldige victim smeek vir genade is daar niks!

  • 69. Olga  |  Maart 6, 2009 om 9 : 40

    Dan gaan ons na die fietstoerding toe. Dit is in die lewe geroep om motoriste bewus te maak dat fietsryers ook padgebruikers is en dus ook regte het. Toegegee. Hulle is ook pad gebruikers. Die laeveld se paaie is oor die alemeen smal, kronkelende bergpaaie ne. Bid jou ons dilemma aan. Dis mistig, reenerig, jy kom om n draai, bosse en of kranse langs die pad belemmer jou uitsig. Skielik is daar n bñdel fietsryers voor jou oor die pad gesprei. Ek kon al stop. Want ek bekruip die pad. Dan sal die kniepompend moroon nog in die saal omdraai en my n vinger gee. Sulke tye wens ek my bad boy het saamgery om die moroon van sy fiets af te haal en met sy voorgraafhande net so bietjie af te stof. As die fiietsryer nie links van die geelstreep bly nie, konfirkeer sy of haar fiets. Gee hom of haar n vet boete en laat hom of haar of hulle huis toe loop.

  • 70. Olga  |  Maart 6, 2009 om 9 : 44

    Nou kan tannie roer maar raas. Ek diskrimineer nie. Maar op ons kronkelpaaie kan fietsryers regtig links van die geel streep bly of by die huis.

  • 71. Adrie  |  Maart 6, 2009 om 9 : 47

    Olga

    Ek en Tannie Roer baklei al maande lank daaroor. Ek dink sy wil my al met haar fiets doodry.

    *Adrie kyk vinnig rond of sy Tannie Roer gewaar

    Ek wonder of al die karre wat op treinspore getref is ook die treine se skuld is? Al het die karre nie voor die spoorlyn gestop nie.

  • 72. Adrie  |  Maart 6, 2009 om 9 : 49

    Tweeling

    Ek het nog nie Hooligans gesien nie. As ek aan sokker dink, dink ek aan die Italiane wat tjank.

  • 73. Nats  |  Maart 6, 2009 om 9 : 49

    Olga
    Daar stem ek saam jou!! Van die fietsryers dink die pad behoort aan hulle!! Ry soos hul wil en waar hul wil!

  • 74. Olga  |  Maart 6, 2009 om 9 : 50

    Ek glo in LIVE AND LET LIVE. Ek glo die 11 de gebod behoort te wees HOU JOU VOERTUIG IN STAND. die 12 de gebod GEBRUIK DIE PAD MET DISKRESSIE EN WEES TE ALLE TYE PARAAT. Jy is in al2 gevalle dit verskuldig aan jou passasies en mede padgebruikers.

  • 75. Adrie  |  Maart 6, 2009 om 9 : 55

    Olga

    Ek dink die Bybel het ‘n drukfout in. Hulle het een gebod vergeet. Dit is: God vergewe alles, maar Hy vergewe nie die onreg wat ‘n kind aangedoen is nie. Dit moes deel van die 10 gewees het, maar iewers het iemand deurmekaar geraak.

  • 76. Olga  |  Maart 6, 2009 om 9 : 59

    Daar is motoriste ook wat dink die pad behoort aan hulle. Hulle hoort ook nie op die pad nie. Julle moet hulle sien, dan links, dan regs van die middelstreep. Kom jy om die sigbeperkte draai, dan is die kar voor jou in jou baan. Dan is jy verplig om oor die geel streep te ry. Behoede die arme fietsryer wat daar mag wees. Maar hulle gaan dan in die suv aan die verkeerde kant van die pad wees, en die links van die geel streep is oop vir jou.

  • 77. Verons  |  Maart 6, 2009 om 10 : 00

    More…
    Ek was in 1974 13jaar oud gewees toe ek aan die Midmarmyl deelgeneem het ek het algeheel 35e geeindig en 1e in my ouderdom….

  • 78. Olga  |  Maart 6, 2009 om 10 : 01

    Dan staan die gebooie nou al op 13.

  • 79. Verons  |  Maart 6, 2009 om 10 : 02

    Net so ‘n humoristiese “ware” storie wat niks met die onderwerp uit te waai het nie….

    Convicted fraudster Schabir Shaik has reportedly survived his first night back in his luxury Durban mansion after serving 84 days of his 15-year prison sentence. Shaik’s doctors have confirmed that he is in the final stages of a terminal condition called “life”, and that the condition is irreversible. “We can only pray he makes it through the next 30 years,” said one.

    Shaik’s medical parole ended the former businessman’s harrowing prison ordeal, during which he spent 220 out of 304 days in a private hospital.

    However Shaik’s personal physician and longtime friend, Dr Kildare Scott-Free, told journalists this morning that Shaik’s prognosis was “very grim”.

    “Prisoners only get medical parole if they are in the final stages of a terminal condition,” said Scott-Free.

    “In Schabir’s case, the ANC-approved parole board found that the condition in question was an awful and debilitating disease that we in the medical fraternity call ‘life’.”

    He said that “life” had a zero-percent survival rate.

    “Sufferers usually die within about 80 years of contracting the condition,” he explained.

    He confirmed that Shaik had survived his first night back at home, but that the condition had worsened slightly.

    “Each day that goes past the sufferer loses about 24 hours,” explained Scott-Free.

    “Last night it was touch and go,” he said. “At one point he couldn’t find the remote for the plasma screen and his blood pressure shot up.

    “But we managed to calm him down by showing him his latest bank statement.”

    Shaik recently received R5-million from the state as compensation for interest lost when his assets were seized following his convictions.

    However Scott-Free said that last night’s emergency was a grim sign of things to come.

    “We can’t always be there to give him the remote and remind him how rich he is,” he said.

    “The outlook isn’t good. I’m not sure Schabir will make it through the next 30 years.

    “This really is the end.”

    Meanwhile the ANC has denied that it fast-tracked Shaik’s parole because Jacob Zuma was running short of cash and needed “a little pick-me-up until payday”.

  • 80. Adrie  |  Maart 6, 2009 om 10 : 02

    Olga

    My punt is, jy is kleiner as fietsryer of voetganger as ‘n kar. Jy gaan baie seerder kry. Sorg dat jy uit hulle pad bly sover as moontlik.

    Nee, dit beteken nie dat dit ‘n free for all vir die motoriste is nie.

  • 81. Adrie  |  Maart 6, 2009 om 10 : 04

    Verons

    Jy moet met die Midmar mense gaan praat. Hulle website se^ dat daar geen vroulike deelnemers in 1974 was nie.

  • 82. Olga  |  Maart 6, 2009 om 10 : 04

    As jy egter die 10 wat die bybel het in oEnskou neem, juf annie, die feit dat kind, voertuig, pad nie genoem word nie, beteken nie dit was nie gedek onder die hoof 10 of die groot 10 nie

  • 83. Adrie  |  Maart 6, 2009 om 10 : 09

    Olga

    Behalwe van “Laat die kindertjies na my toe kom” en ‘n paar dissipline tekste, se die Bybel nie veel oor kinders se welstand nie. Ek het al gewonder of dit net iets was wat daardie tyd ondenkbaar was?

  • 84. Adrie  |  Maart 6, 2009 om 10 : 12

    Ondenkbaar, soos in dat die mense nooit daaraan sou dink om ‘n kind te laat honger ly of te molesteer of verkrag nie.

    Die Bybel verbied pertinent seks met ‘n dier. Daar is ook ‘n paar ander goed wat taboe is. Maar niks oor seks met ‘n kind nie.

  • 85. Adrie  |  Maart 6, 2009 om 10 : 13

    ‘n Mens moet seker ook in aanmerking neem dat bruide van 12/13 in die Bybel se tyd algemeen was.

  • 86. Olga  |  Maart 6, 2009 om 10 : 16

    Want die bybel het die kind as natuurlik beskermd gesien. Onreg teen mens was teen n kind ook. Want God het die kind as n mens geskape.

    Overgesetseinde en desnieteenstaande, alle voorspoed aan oom en tannie roer. Mag dit n veilige wedervaring vir hulle en hulle makkers wees. Mag hulle fiets-saals sagte tande he.

  • 87. Verons  |  Maart 6, 2009 om 10 : 20

    A3 daar was omtrent 20 vroulike deelnemers en almal was jonger as 18jaar! Ek en my vriendin het saam geswem daar was nog foto’s van ek en haar op die destydse Vaderland se agterblad waar on saam saam uit die water uit stap en ons was op die voorblad van die Iscornuus gewees ons altwee se pa’s het daar gewerk……………

  • 88. Adrie  |  Maart 6, 2009 om 10 : 21

    Olga

    Gaan jy namens die Dorings volgende jaar die Argus doen?

    Terloops, ek verstaan daar is ‘n bergfiets afdeling ook.😆 In die berge natuurlik.

  • 89. Adrie  |  Maart 6, 2009 om 10 : 23

    Verons

    As ek jy is, stuur ek dit vir die Midmar organiseerders. Hulle feite is dan verkeerd op hulle webpage.

    Hulle noem dat die jongste inskrywer 10 was.

  • 90. Verons  |  Maart 6, 2009 om 10 : 30

    😳 Het gou my vriendin in die Kaap gebel want sy het nog die artikels en foto’s dit was in 1975!!!!!!! die 2e keer wat die midmarmyl ingestel was en dis hoekom ons op die Vaderland se agterblad was omdat dit die 1e keer was wat vrouens deelgeneem het…..

  • 91. Verons  |  Maart 6, 2009 om 10 : 33

    😳 😳
    Amper het ek my naam gat gemaak by die organiseerders van die Midmarmyl. ek wou dat my vriendin vir my die artikels e-mail sodat ek hulle kon gaan konfronteer………… dankie tog vir sentimentele vriendinne!😀

  • 92. Adrie  |  Maart 6, 2009 om 11 : 05

    😆

    Gelukkig het koerant artikels datums op. Stuur vir ons die artikel en ek sit dit op die blog Verons.

  • 93. Danville dan  |  Maart 6, 2009 om 11 : 05

    Ek wonder in watter daggadroom of tik newel was dit. Kan ek die deelnemer lyste van ’74 tot 84 vir julle kry?

  • 94. Adrie  |  Maart 6, 2009 om 11 : 11

    Ek het ‘n hele album met al die artikels waarin ek gefeature het.

  • 95. Adrie  |  Maart 6, 2009 om 11 : 12

    Danville Dan

    Gaan groot. Ons sal graag Verons se tyd wil beskou. :mrgreen:

  • 96. Danville dan  |  Maart 6, 2009 om 11 : 14

    Veronica o****** jy lieg steeds soos toe ons kinders was. Onthou jy, ma tuma, j weet jy lieg.

  • 97. Adrie  |  Maart 6, 2009 om 11 : 22

    Danville Dan, stadig oor die klippe. Op hierdie blog gee ons nie regte name nie.

  • 98. Verons  |  Maart 6, 2009 om 12 : 15

    😆😆😆

  • 99. Verons  |  Maart 6, 2009 om 12 : 16

    A3 ek was nog nooit skaam vir my naam nie en nog minder oor wie en wat ek is/was nie…….

  • 100. Adrie  |  Maart 6, 2009 om 12 : 21

    Verons

    Die blog het min genoeg reels, die wat daar is kan gerus gehoorsaam word. Ek laat persoonlike info toe nie. Let wel, ek het jou van gaan uithaal.

    Kou maar lekker verder.

  • 101. Verons  |  Maart 6, 2009 om 1 : 14

    Hi julle laat ek weg wees ek is alweer oppad na ‘n begrafnis, die pel van my wat November verlede jaar dood is aan ‘n abses in sy tand se broer het Sondag dood verongeluk! Die freaky deel is dat die broer ook in Ellisras dood is!
    Hy word vanmiddag bo-op sy broer begrawe min het hy hy 4 maande terug geweet dat die graf wat hy vir sy broer gekoop het en help toegooi sou ook sy rusplek 4 maande later word…….

    My jaar begin alweer so sleg soos laas jaar……😥

  • 102. Verons  |  Maart 6, 2009 om 1 : 15

    o ja A3 die klomp wat saam met my op skool was ken nie getroude van nie, hulle ken my net op my nooiensvan

  • 103. Nats  |  Maart 6, 2009 om 1 : 35

    Goeie middag julle!

    Ek eet gou my lunch – vetkoek en mince (met just about alles op)
    Iemand vir een?

    Verons
    Cool – dis nice! Jy moet ons laat weet oor daai artikel! My ma was ook in die koerant… vir rolbal!😆 Sy is soooo trots daarop – net jammer die artikel is heel deur mekaar met hul feite!

  • 104. Adrie  |  Maart 6, 2009 om 2 : 29

    K het ook vetkoek en mince ghad.

  • 105. Nats  |  Maart 6, 2009 om 2 : 42

    En nou gaan ek huis toe rol!!

    Myne het snaakse goed opgehad… van bacon, eier tot ‘n piesang toe!!! Weird, gewoontlik sal ek nie sulke goed eet nie, maar my ma het gekoop – was heel aangenaam! Net groot!

  • 106. poplap  |  Maart 6, 2009 om 3 : 14

    elo almal

  • 107. poplap  |  Maart 6, 2009 om 3 : 15

    my luch was n chicken pie…..😦

  • 108. poplap  |  Maart 6, 2009 om 3 : 16

    okay hier is niemand

    koebaai dan

  • 109. Nats  |  Maart 6, 2009 om 3 : 28

    Scary stuff… nou net met Debbie by Wet Nose gesels… Jan Van Aardt het tussen 600 en 800 honde wat so lewe soos die wat Carte Blache en Jac 94.2 vir ons gewys het!!!

    SKOKKEND!!!!!! Daai man beter begin bid – geen genade vir hom nie!

  • 110. Wipneus!  |  Maart 6, 2009 om 3 : 54

    Hello julle ek kom net gou inval om nog ‘n antwoord te gee:
    Robbie Hunter

    Lekker naweek! Soet wees!

  • 111. WILLEKJINDQ  |  Maart 6, 2009 om 4 : 51

    Testing

  • 112. WILLEKJINDQ  |  Maart 6, 2009 om 4 : 51

    Yippee!

  • 113. Wille Kjind Q  |  Maart 6, 2009 om 4 : 55

    Nee mapstieks! Ek sukkel my gaai af met die ding! Dit het ‘n keyboard en ek leer nog.

  • 114. WILLE KJINDQ  |  Maart 6, 2009 om 5 : 46

    Eish!

  • 115. WILLE KJINDQ  |  Maart 6, 2009 om 5 : 49

    Ek het dam die knoppies ammper uitgefigure

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: