Gebeurgolwe

Maart 3, 2009 at 5 : 57 102 Kommentaar

Het julle agter gekom hoe sekere goed in fases voorkom.  Jy hoor nooit van iets nie, skielik staan daar iets skokkends op die lamppaal oppad werk toe.   Twee dae later, is daar nog ‘n geval.  Ondenkbaar!!!  Dis nog lank nie die einde nie.  Vir die volgende paar weke gaan dit weer en weer en weer gebeur.  Dan hou dit hopenlik op of ons raak gewoond daaraan?

Het julle dit al ooit opgelet?  Laat een verwarde tiener dit regkry om selfmoord te pleeg.  Skielik styg die aantal selfmoordpogings.  Ongelukkig is daar meer wat suksesvol is.  Hoërskole word op hulle knieë gedwing, die beraders het hulle hande vol, maar dit gebeur weer.  Gewoonlik in dieselfde streek as waar die eerste selfmoord plaasgevind het.

Die afgelope somer het daar weer hoeveel kinders in hulle ouers se swembaddens verdrink.  Ek het dalk met oogklappe deur die lewe gegaan, maar ek het dit nie in vorige jare as so baie beleef nie.  Het die mense skielik laks met veiligheid geraak of is hulle nou net uitgevang?

Onthou julle so ‘n paar jaar terug toe daar ‘n baba verkrag was?  Die monster het dit glo gedoen om van vigs te genees.  Dit het omtrent gelyk of elke Jan Rap en sy maat die bygeloof beproef het.  Daar is ook dikwels na-apers wanneer daar oor ‘n reeksmoordenaar gespekuleer word.  Wat ‘n manier om aandag te soek.

‘n Mens hoor selde van probleme met passasiersvliegtuie.  Dit was egter nie die geval einde 2007 nie.  Elke paar dae het nog ‘n passasiersvliegtuig probleme ondervind.  Ek moes op daardie stadium Kaap toe en het dit sterk oorweeg om te loop.  Netnou is die kosmos moeg en dreig en moet die vlienier ‘n groot dam in die Karoo gaan gaan soek.  Dit het gelukkig nie gebeur nie.  Tot 2008.  As ek toe ‘n ligte vliegtuig gehad het, het ek dit in ‘n hoenderhok omskep.  Die goed het soos klippe uit die lug geval.   Dit is gelukkig nou weer iets van die verlede.

Die nuwe treffer in die land is trein ongelukke.  Treine wat mekaar uit die pad uit ry.  Karre wat nie vinnig genoeg oor ‘n spoorlyn kan kom nie. 

Wat vir my die ironieste is, is dat dit nooit met goeie goed gebeur nie.  Jy hoor nie dat daar op elke tweede plaas in die Karoo olie ontdek is nie.  Jy hoor nie binne net twee weke dat daar genesing vir alle kankers, vigs en vreemde siektes is nie.  Sien julle my punt?

Van watter ander gebeurgolwe kan jy onthou?  Verbeel ek my maar?

Blogvraag:  Wat is ‘n Limniese (Limnic) ramp?

Blogantwoord:  Willes was reg met Faroa Rames III.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Petisies, toi-toi of bekhou? Senior Burgers

102 Kommentaar Add your own

  • 1. *mathilda*  |  Maart 3, 2009 om 6 : 05

    Eerste

  • 2. *mathilda*  |  Maart 3, 2009 om 6 : 25

    Thanx kloon

  • 3. Olga  |  Maart 3, 2009 om 7 : 05

    Tweede.

  • 4. Olga  |  Maart 3, 2009 om 7 : 13

    Limnhese ramp is wanneer gas op die bodem van n meer opbou en ontplof.

  • 5. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 7 : 19

    Olga

    Het ek dit reg vertaal? Ek het dit uit my duim gesuig!

  • 6. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 7 : 21

    Is ons nou weer 1 comment agter? GRRRR

  • 7. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 7 : 32

    Waar is ek, waar is ek, waar is ek?

  • 8. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 7 : 34

    Daar is ek!!

  • 9. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 7 : 35

    😆

  • 10. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 7 : 38

    Ja, ja – ek het dit verloor!

  • 11. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 7 : 40

    Stuur die wit jassies.

  • 12. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 7 : 46

    Ek bly in 10 Dowling straat, London.

  • 13. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 7 : 51

    Noem my sommer Magaret.

  • 14. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 8 : 14

    Ek verf solank die dak groen. Voordat dit weer kom reen.👿

  • 15. Wille Kjind Q  |  Maart 3, 2009 om 9 : 28

    Eish!

  • 16. Wille Kjind Q  |  Maart 3, 2009 om 9 : 32

    Ek glo natuurlik dat dit die duiwel se kjinners is wat bid vi sulke rampe. Stroes bob! Julle ka ma sê ek hoort saam my 3ling inni selle wit jassie plekkie. Ek gee nie om nie… Dis my storie en ek hou da by

  • 17. Wille Kjind Q  |  Maart 3, 2009 om 9 : 33

    Bedoel ‘bid’ (of whateva hulle doen)

  • 18. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 9 : 39

    Hmmm! Amper se ek iets wat my more voor al die kerkrade sou he. Kom ek volstaan met die duiwel sorg vir sy kinders.

  • 19. Wille Kjind Q  |  Maart 3, 2009 om 9 : 40

    Mmm… Ek sien hies dam nog wyn oor

  • 20. Wille Kjind Q  |  Maart 3, 2009 om 9 : 41

    Hey! Praat jong. Van wanne af is jy bang?

  • 21. Wille Kjind Q  |  Maart 3, 2009 om 9 : 42

    Of is jy ‘n pissie?

  • 22. Wille Kjind Q  |  Maart 3, 2009 om 9 : 48

    Ok… Ek sal weg kyk dan ka jy jou sê sê

  • 23. Wille Kjind Q  |  Maart 3, 2009 om 9 : 48

    Belowe

  • 24. Wille Kjind Q  |  Maart 3, 2009 om 9 : 49

    Njannies

  • 25. Wille Kjind Q  |  Maart 3, 2009 om 9 : 50

    Promise

  • 26. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 9 : 55

    Ons het die naweek gepraat oor die kleurlinge en dwelms. Kyk op special assignment.

  • 27. Wille Kjind Q  |  Maart 3, 2009 om 9 : 56

    Of the subject…. Ek kyk nou special assignment en dis 4kin hartseer. Ek kan nie verstaan hoe mense verslaaf kan raak aan ‘n ding soos tik nie

  • 28. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 9 : 57

    Willes, ek wou net n bietjie meer direk gese het die duiwel sorg vir sy kinders.

  • 29. Wille Kjind Q  |  Maart 3, 2009 om 9 : 57

    He! He!

  • 30. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 9 : 58

    Whahahahaha. Great minds?

  • 31. Wille Kjind Q  |  Maart 3, 2009 om 9 : 59

    Ek wil in my broek skyt as ek sulke sien. Hartseer sê ek jou… 4kin hartseer

  • 32. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 10 : 00

    Tik is blykbaar goedkoop en maak jou maer, maar neuk jou vel op.

  • 33. Wille Kjind Q  |  Maart 3, 2009 om 10 : 00

    Eish! Daai ding van fools….

  • 34. Wille Kjind Q  |  Maart 3, 2009 om 10 : 01

    Daai 1 wat die baba weggesmyt het lyk nie vi my maer nie😯

  • 35. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 10 : 03

    Het jy al ooit op Zee se blog gaan rondkrap?

  • 36. Wille Kjind Q  |  Maart 3, 2009 om 10 : 03

    Wag! Laat ek eerder loop. My bêtterie is hond warm en eks bang dit ga explode. My foun is mos gay…. Hy like van die charger heeldag in sy hol

  • 37. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 10 : 04

    Dink net hoe vet was sy . . . .

  • 38. Wille Kjind Q  |  Maart 3, 2009 om 10 : 04

    Nee ek dink nie so nie. Sal 1dag nog gat kyk

  • 39. Wille Kjind Q  |  Maart 3, 2009 om 10 : 06

    Dalk moet ons tik maak wat jou net maer maak sonner alli anne simptome

  • 40. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 10 : 06

    Zee se blog

    http://www.zee3.wordpress.com

  • 41. Wille Kjind Q  |  Maart 3, 2009 om 10 : 07

    Ok… Nag. Lekka dux. PS… Die foun wat ek soek kos R9000!

  • 42. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 10 : 10

    Dit is nogal die moeite werd. Die “Hartseer stories” gaan oor haar seun.

  • 43. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 10 : 11

    Gaan verkoop n bietjie tik en jou kop is deur:mrgreen:

  • 44. Olga  |  Maart 3, 2009 om 10 : 25

    Nee, ek glo nie daar besaan n woord soos nimnies in afr nie. maar jy het darem die engelse woord gegee, toe weet ek so effens waarvan jy praat.

  • 45. Olga  |  Maart 3, 2009 om 10 : 28

    Ek meen limnies.

  • 46. Wille Kjind Q  |  Maart 3, 2009 om 10 : 31

    A3… My buurman is kla die druglord. Ek kanni sy cuzzies by hom steel nie. A nee a! My se ma het my dam maniere geleer. Steel is nie mooi nie… Dis sonde!

  • 47. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 10 : 42

    Olga

    Wat is die regte woord daarvoor?

    Willes

    Dit is nie steel nie, dit is besigheid.

  • 48. Olga  |  Maart 3, 2009 om 10 : 49

    Tog bestaan die woord limnologie wat meerkunde is wel.

  • 49. Olga  |  Maart 3, 2009 om 10 : 54

    Ek sien jy het nou n nuwe gesiggie, juf annie. Het jy herbex gebruik?

  • 50. Wille Kjind Q  |  Maart 4, 2009 om 5 : 17

    More more!

  • 51. Wille Kjind Q  |  Maart 4, 2009 om 5 : 19

    Olga…. Lyk my strepe nie ôk vi jou dunner nie?

  • 52. Wille Kjind Q  |  Maart 4, 2009 om 5 : 21

    Jislaaik julle… Ek issi lus om op te staan nie!👿

  • 53. Adrie  |  Maart 4, 2009 om 6 : 09

    He he he Olga

    Net n ander foto, dieselfde gevreetjie.

    More almal

  • 54. Beeld  |  Maart 4, 2009 om 8 : 04

    Fanie van Rooyen

    Die taxibestuurder wat Bernadine Kruger (16) na bewering doodgery het, kan nie van moord aangekla word nie, want dit was ’n ongeluk, het die nasionale vervolgingsgesag (NVG) gister gesê.

    “Dit is ’n saak van strafbare manslag en kan nie moord wees nie omdat daar geen bedoeling was om te moor nie. Dit was ’n ongeluk,” het me. Yvonne Phoshoko, NVG-woordvoerder, gister in ’n verklaring gesê.

    Mnr. Conrad Beyers, VF+-raadslid in die Tshwane-metroraad, het gister in ’n verklaring beweer die NVG het die VF+ in kennis gestel daar word “tans oorweging geskenk aan die VF+ se versoek dat die aanklag van strafbare manslag in ’n aanklag van moord moet verander”.

    “Ná die VF+ se versoek het ’n hoofaanklaer van die NVG in Pretoria die VF+ ingelig dat hy in die proses is om die bestaande saak teen die taxibestuurder onder oënskou te neem,” het Beyers gesê.

    “Die VF+ het regsadvies gekry dat ’n moordklag van toepassing is ingevolge die regsbeginsel van dolus eventualis.”

    Daarvolgens kan ’n oortreder wat kon voorsien en hom/haar daarmee versoen dat sy/haar aksies tot iemand se dood (direk of indirek) sou lei en steeds met daardie aksies voortgaan, volgens Beyers aan moord skuldig wees.

    Beyers het gesê dit is “uiters belangrik” dat die howe die saak korrek moet hanteer en dat die sterks moontlike aanklag teen hierdie taxibestuurder ingedien moet word.

    “Buiten die feit dat ’n moordklag korrek sou wees, sal dit ook ’n sterk boodskap aan wettelose taxibestuurders stuur,” het hy gesê.

    “As die verkeerde boodskap uitgaan, gaan ons net meer roekelose en uitdagende gedrag deur taxibestuurders ervaar.”

    Phoshoko het gesê sy weet nie wie in die NVG sal so ’n versoek soos die VF+ s’n oorweeg nie.

    Mnr. Percyval Matji is eergister in die Pretoriase landdroshof op borgtog van R1 000 vrygelaat.

    Hy het na bewering verlede Maandag eers teen Bernadine se bromponie vasgery en toe bo-oor haar gery.

    Hy moet weer op 6 April op aanklag van strafbare manslag in die hof verskyn.

  • 55. Beeld  |  Maart 4, 2009 om 8 : 07

    Virginia Keppler

    ’n Pretoriase man se “engeltjies het oortyd gewerk” terwyl hy en sy vrou 170 km ver met ’n gevaarlike Mosambiekse spoegkobra in hul motor gery het.

    Mnr. Gordon Parratt (69) het koelkop gebly terwyl hul ongewenste passasier van 85 cm sy lyf telkens om sy been gekrul het.

    Hy en sy vrou, Ilda (65), van Moreletapark in die ooste van Pretoria is verlede Vrydag by die Biyamiti-kamp in die Krugerwildtuin weg.

    ’n Hele ent verder het mnr. Parratt iets soos ’n insek naby sy been en voet gevoel en dit weggevee.

    Toe hy weer wegvee en afkyk, het hy die slang langs sy linkervoet gesien. Dit het soos ’n Mosambiekse spoegkobra gelyk.

    Al was hy erg geskok, het hy baie kalm gebly en sy vrou van die saam?ryer vertel.

    “Gelukkig is ek nie ’n paniekerige mens nie. My vrou het dadelik haar voete op die paneelbord gesit.”

    Hulle het in Hazyview by ’n taxi-staanplek stilgehou, maar “ek wou nie daar uitklim en my kar los nie, want ek was bang dit word gesteel”.

    Die egpaar het na die reptielpark in Hazyview gery. Hulle het “alles wat kon loskom”, uit die motor gehaal, maar nie die slang gekry nie.

    Mev. Parratt wou hê hulle moes die motor daar los en ander vervoer huis toe kry, maar haar man wou nie.

    ’n Beampte van die reptielpark het vir hulle twee rolle rekpleister gegee.

    As die kobra sou byt, kon hulle ledemate afbind om te probeer keer dat die gif versprei.

    “Ek het ook gevra waar al die mediese sentrums langs die pad is sodat ek daarheen kon ry indien dit nodig sou wees,” het mnr. Parratt gesê.

    Hy het die slang later weer by sy voet gewaar. Hy kon nie stilhou nie, want hy was op ’n bergpas.

    “In Sabie het ons stilgehou, maar kon nie die slang kry nie.

    “Sowat 15 km van Lydenburg het die slang hom om my linkerbeen en -enkel gedraai en sy kop tot by my knie gebring.

    “Die verkeer was erg en dit het baie gereën, maar ek het steeds kalm gebly,” het hy gesê.

    Net voor Lydenburg het die egpaar stilgehou en rondgevra vir ’n slangkenner. Mnr. Hein Geldenhuys (49) is ontbied.

    Parratt het sy vrou by ’n gastehuis afgelaai en toe na Geldenhuys se huis gery.

    Geldenhuys het die kobra gevang. “Dit is toe dat hy net gif spoeg,” het Parratt vertel.

    Volgens Geldenhuys is ’n slang in ’n motor ’n nagmerrie. “Ek kon darem die slang vang sonder om hom te beseer.”

    Hy is verbaas “oor hoe kalm die oom was”.

    Volgens hom is die slang baie gevaarlik en val hy die senuweestelsel én die weefsel aan.

    “Die oom was baie gelukkig. Die Vader was hom baie genadig en sy engeltjies het oortyd gewerk.”

  • 56. Beeld  |  Maart 4, 2009 om 8 : 09

    Daniel Maluleke

    ’n 12-jarige pasiënt, ’n ambulansbestuurder en twee verpleegsters was gister drie uur lank in die Pretoriase middestad gestrand nadat lede van die Tshwane-metropolisie hul ambulans weggesleep het.

    Mnr. John Marima, die bestuurder, het vertel hulle het die seun van die Steve Biko-hospitaal in Pretoria na die Kalafong-hospitaal wes van die stad vervoer.

    “Die pasiënt het gevra om toilet toe te gaan.”

    Marima het gesê hy het omstreeks 11:00 in die middestad stilgehou en die deur vir die seun en die verpleegsters oopgemaak. Hy wou dadelik ’n parkeerplek soek. Tot sy verbasing het die metropolisie onmiddellik sy ambulans weggesleep. Hulle het glo ook gedreig om sy rybewys op te skort. Toe Beeld by die toneel aankom, was die seun honger en uitgeput in die hitte.

    Volgens Marima het hy alles in sy vermoë gedoen om aan die metropolisie te verduidelik hy vervoer ’n siek seun wat terug hospitaal toe geneem moet word, maar alles het op dowe ore geval.

    Hul antwoord was: “Ons doen ons werk en ons kan niks hoor wat jy sê nie. Jy weet goed jy mag nie hier parkeer nie.”

    Ná drie uur se gewag het die metropolisie die voertuig teruggebring nadat Marima se werkgewers ingegryp het.

    Supt. Alta Fourie, metropolisiewoordvoerder, het gesê Marima het in die middel van Parlementstraat geparkeer. “Die voertuig was nie ’n gemerkte ambulans nie, dit het nie plakkers opgehad nie en die rooi lig was ook nie aan nie. As gevolg daarvan moet die man ’n boete van R1 000 opdok, want die manier waarop hy opgetree het, veroorsaak ’n gevaar vir en belemmering van verkeer,” het sy gesê.

  • 57. Adrie  |  Maart 4, 2009 om 8 : 11

    Hoe meer dae, hoe meer dinge.

  • 58. Beeld  |  Maart 4, 2009 om 8 : 15

    Dis ‘n nare werklikheid, maar pleegsorg is noodsaaklik. Veel erger nog is ‘n tekort aan pleegouers vir kinders wat vir hul eie beswil uit hul ouerhuis verwyder moet word. Elretha Britz het meer hieroor uitgevind.

    Pleegsorg gaan oor die beste belang van die kind. Altyd.

    Dit klink so logies.

    Totdat me. Lorraine Botha, kantoorhoof van Kerklike Maatskaplike Dienste (KMD) in Bloemfontein, en me. Barbara Strydom, maatskaplike werker gemoeid met pleegsorg, vertel van die rits prosedures wat gevolg moet word.

    Die belangrikste rede vir dié deeglike proses is dat ’n jong kind altyd verkies om by sy ouers te wees, ongeag die omstandighede.

    Geen maatskaplike werker wil dié behoefte ondermyn nie. Daarom word eers geluister na baie mense na aan die kind om ’n werklike opgaaf van die situasie te kry, word verslae geskryf wat by die hof ingedien word en eers wanneer ’n hofbevel uitgereik word, tree pleegsorg in werking.

    Aan die ander kant is daar die pleegouers. Wie sien kans vir ’n kind wat heel waarskynlik uit swak maatskaplike omstandighede kom en soms nie eens geleer het hoe om te eet nie?

    “Daar ís mense wat geroepe voel om ’n verskil in ’n kind se lewe te maak, maar hulle is min. Te min vir die aantal kinders vir wie ons ’n heenkome moet vind,” sê Strydom.

    Die grootste tekort is aan pleegsorg vir ouer kinders.

    Die meeste pleegouers sien kans vir babas tot so twee jaar. Maar hoe ouer die kind, hoe minder mense bied aan om as pleeg?ouers in te tree.

    Hoe beland ’n kind in pleegsorg?

    Die eerste stap is gewoonlik ’n oproep uit die gemeenskap aan die KMD oor swak maatskaplike omstandighede waarin die kinders verkeer.

    Die maatskaplike werker stel dadelik ondersoek in by hulpbronne soos die ouerhuis waarna verwys word, by die persoon wat die probleem aangemeld het, by bure, die skool, familie.

    ’n Kliniese assessering word uitgevoer en die psigo-emosionele toestand van die kind vasgestel.

    Die maatskaplike werker stel ’n verslag op wat aan die hof voorgelê word.

    Die hof beslis of die kind uit die ouerhuis verwyder en onder pleegsorg geplaas moet word.

    Die maatskaplike werker evalueer die volgende ten opsigte van die ouers:

    Maatskaplike situasie

    Verwaarlosing

    Geweld

    Konflik

    Fisieke en emosionele versorging

    Mishandeling

    Wie is geskik?

    Mense wat in die welsyn van kinders belangstel.

    Liefdevolle ouers.

    Mense met stabiele huislike omstandighede.

    Verkieslik nie kinderlose ouers of enkellopendes nie, maar daar is uitsonderings.

    Dié wat wil, moet . . .

    gekeur word;

    opleiding kry;

    deurentyd nou saamwerk met die maatskaplike werker;

    toesien dat die pleegkind skoolgaan. By die KMD moet ’n skoolrapport elke tweede jaar ingedien word;

    as die biologiese ouers nog leef, hulle toegang tot die kind gee; en

    die pleegouertoelae vir die kind se behoeftes gebruik.

    Dit is wel net tydelik

    Die strewe is altyd om ’n kind terug te plaas by sy ouers; daarom begelei die maatskaplike werker die biologiese ouers terwyl die kind onder pleegsorg is.

    Pleegsorg is ’n tydelike maatreël.

    Kinders sal egter nooit by hul eie ouers teruggeplaas word ten koste van liefde, stabiliteit en beter omstandighede nie.

    Nog feite

    Kinders tot sewe jaar word nie in ’n kinderhuis geplaas nie.

    Tieners met gedragsprobleme word liefs in ’n kinderhuis geplaas waar hulp is.

    In ingewikkelde gevalle besluit ’n paneel waar ’n kind geplaas moet word.

    Plasing is besonder moeilik wanneer daar meer as een kind is. Maatskaplike werkers skei nie graag boeties en sussies nie.

    Veiligheidsouers

    ’n Veiligheidsouer is in krisissituasies nodig wanneer ouers byvoorbeeld in die gevangenis opgesluit word en ’n heenkome gevind moet word.

    As ’n kind se lewe bedreig word en hy inderhaas uit die ouerhuis verwyder moet word, word hy ook by ’n veiligheidsouer geplaas.

    So ’n ouer versorg die kind totdat die saak voor die hof kom, wat binne 48 uur moet wees.

    Dit kan uitgerek word as pleeg?ouers gevind moet word, wat tot ses maande kan duur.

    Organisasies wat help

    As julle daarin belangstel om moontlik pleegouers te word of net meer wil uitvind, kan die volgende organisasies julle van raad dien en bystaan:

    Die Christelike Maatskaplike Raad Noord:

    webwerf http://www.cmrn.co.za; 012 460 9272/3/4;

    e-pos cmr@cmrn.co.za.

    Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF):

    webwerf http://www.savf.co.za; 012 325 3920 (nasionale kantoor);

    e-pos nviljoen-toet@savf.co.za.

    Kinderwelsyn Suid-Afrika:

    webwerf http://www.childwelfaresa. org.za;

    011 492 2888 ;

    e-pos info@childwelfaresa.org.za.

    NG Welsyn (Potchefstroom-hoofkantoor):

    018 297 3928

    NGBD (Gauteng en Mpumalanga): 011 403 5190

    Die Ondersteuningsraad van die Hervormde Kerk: 012 322 8885 ;

    e-pos oraad@nhk.co.za.

    Die departement van maatskaplike ontwikkeling in jou provinsie.

  • 59. Beeld  |  Maart 4, 2009 om 8 : 21

    Maygene de Wee

    Kaapstad. – Sy gaan nie toelaat dat kondome by skole versprei word nie, het me. Naledi Pandor, onderwysminister, gister gesê.

    “Dit sal dan lyk asof onderwysers leerlinge toestemming gee om seksueel te verkeer.”

    Sy het by die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) gepraat by die oorhandiging van ’n skenking van R8 miljoen deur die Amerikaanse agentskap vir internasionale ontwikkeling (USAid) aan die UWK.

    “Leerlinge moet geleer word van die gevare verbonde aan seksuele aktiwiteite en MIV/vigs. Ons moet hulle eerder leer om te weerhou, getrou te wees en om, wanneer hulle gereed is, ’n kondoom te gebruik.”

    Pandor het gesê sy sal eerder wil hê leerlinge moet, wanneer hulle voel hulle is gereed vir ’n seksuele verhouding, na ’n gesondheidskliniek gaan en kondome vra. “By ons gesondheidsklinieke is . . . verpleegpersoneel wat ook die gevare aan die leerlinge sal oordra.”

    Sy het gesê hoewel sy bewus is van ’n paar skole in die Wes-Kaap wat wel kondome versprei, hoop sy dat dit met ’n verantwoordelike program gepaardgaan en dat leerlinge nie onverantwoordelik optree nie.

  • 60. Olga  |  Maart 4, 2009 om 8 : 26

    More. More.

  • 61. Adrie  |  Maart 4, 2009 om 8 : 37

    Welkom Olga.

  • 62. Olga  |  Maart 4, 2009 om 8 : 44

    Witmense en verwaarlosini kleurlinge en dwelms, swartmense en sex. Wat word van die lewe?

  • 63. Verons  |  Maart 4, 2009 om 8 : 47

    More, julle
    Ek het nou al die comments gelees dat ek skoon vergeet her wat die onderwerp is……….

  • 64. Olga  |  Maart 4, 2009 om 8 : 49

    Dit help veel beeld gee die cmr se nr. Hulle gaan ook net se dit is sus en so se probleem, wil jy hulle nr he? Ek neem aan die hervormde kerk sal weer vra ‘is hulle lidmate van ons kerk?’

  • 65. Adrie  |  Maart 4, 2009 om 8 : 52

    Die staat gaan seker weer vra, is hulle swart?

  • 66. Olga  |  Maart 4, 2009 om 9 : 00

    Ek dink ook so hoor. Die staat stel nie belang om witmense te help nie.

  • 67. Olga  |  Maart 4, 2009 om 9 : 04

    Re die rooineus storie die volgende. Die kimd is inderhaas na sy ma toe geneem. Waar hy ook nie skool gaan nie. Waar hy ook maar heeldag tussen rokende koffie drinkende mense gaan wees waar niemand werk nie. Wat gaan dit hom leer? Nes sy pa, jy hoef nie te werk nie.

  • 68. Olga  |  Maart 4, 2009 om 9 : 07

    Re gebeurtelikhede: het julle al opgemerk hoe daar skynbaar net seuns gebore word? Dan steek n dogtertjie soos n seer duim tussen hulle uit. Of anders om.

  • 69. Adrie  |  Maart 4, 2009 om 9 : 11

    Ek wonder of hy ooit gr 1 sal haal.

  • 70. Adrie  |  Maart 4, 2009 om 9 : 12

    Olga

    Waarsku jy oor ‘n oorlog?

  • 71. Olga  |  Maart 4, 2009 om 9 : 31

    Dit wil so lyk ne. In elk geval, sover dit die rose projek betref, insamelhng in mp die naweek?

  • 72. Olga  |  Maart 4, 2009 om 9 : 34

    Die kid se tannie het my gesms. om te se sy het die werk gelos want sy was siek. Sy het fukoue gehad en kon nie 12 iere lank tul slan nie. So, ja, gelkerdheid tel oEnskynlik nie.

  • 73. Olga  |  Maart 4, 2009 om 9 : 41

    Skuus, dit was geleerdheid.

  • 74. Adrie  |  Maart 4, 2009 om 9 : 49

    Daardie tannie se spelling is pateties.

    Ja, Olga, dit is die plan so ver.

  • 75. Olga  |  Maart 4, 2009 om 9 : 50

    Terug na jacaranda omroepers. Ek het so pas uitgevind hoekom hulle die kompetisie no so vinnig opse dat niemand dit kan kry nie. My fav maurice het dit nou net gedoen en sommer in dieselfde asem gese hy het vir giel van krugersdorp op die lyn. Giel kon nie die nommer gehoor het en geskakel nie. Dit was absoluut te vimnig. Was giel dus op die lyn voordat die nommer gegee was? Was giel gelayby om te wen? Ek dink so.

  • 76. Adrie  |  Maart 4, 2009 om 9 : 56

    Jacaranda gee gewoonlik die nommer twee keer, speel ‘n lied of 3, herhaal die nommer en antwoord iemand wat alreeds 10 minute terug gebel het. Die workzone shout out is ook aan tot vanmiddag 4 uur.

  • 77. Olga  |  Maart 4, 2009 om 9 : 57

    Dit+verklaar dan ook hoekom jolinda van middelburg wie retro rewind wanneer ookal in maurice se program gewen het, nooit haar prys ontvang het nie. Sy het jacaranda en hulle bemarkers gebel en gefax maar puur verniet hoor. Daarom luister sy nie meer jacaranda nie. Sy is n bekeerde kragbron luisteraar.

  • 78. Olga  |  Maart 4, 2009 om 10 : 00

    Nee, hy het die xpo wenk gegee, die nr en gese giel van krugersdorp het gebel. Maar, ja, ek weet waarvan jy praat. Dalk het ek n blackout gehad daarom dat die verkeerdheid my getref het. Ek het nie die eerste rondte hier 3 m van my blou radiotjie gehoor nie, ne.

  • 79. Olga  |  Maart 4, 2009 om 10 : 04

    Het julle shabir shaik gsteraand op tv gesien? Hy lyk ver van siek af. Maar diE vrylating vertoon seker beter as n presidentieule kwytskelding. Of dink ou djacob hy gaan dit nie maak nie? Viva cope. Hulle kry nou al die REGTE kandidate ne.

  • 80. Olga  |  Maart 4, 2009 om 12 : 01

    En daar gebeur dit. Lotto pryre gaan 27 ste mrt op. Iemand word nie gou genoeg ryk nie. Nog n gebeurtelikheid juf annie. Drank, sigarette, petrol en lotto wat so saam saam opgaan. Alles luxuries ne. E k wonder of tjoklits en tjips ook opgaan? Hells bells, vergeet ek nou. Lotto is nie n luxury vir my nie, dis my fav charity.

  • 81. Olga  |  Maart 4, 2009 om 12 : 05

    As lent klaar is,😦 sal ek seker nie meer tjoklits en tjips kan bekostig nie.👿 Ai tog.😥

  • 82. Adrie  |  Maart 4, 2009 om 12 : 43

    En tolgelde het ook onlangs opgegaan.

  • 83. *Mathilda*  |  Maart 4, 2009 om 12 : 45

    Mirrag !

  • 84. Adrie  |  Maart 4, 2009 om 12 : 48

    Hey Kloon

    Bly jy kon dit maak.

  • 85. *Mathilda*  |  Maart 4, 2009 om 12 : 55

    Thanx – bly iemand het my gemis. Dit was ‘n rowwe oggend

  • 86. Adrie  |  Maart 4, 2009 om 12 : 57

    Vertel jy my.

    Dit is nag hier.

  • 87. Beeld  |  Maart 4, 2009 om 1 : 05

    Herman Scholtz

    Daar bestaan geen rasionele verduideliking vir waarom die paroolraad Riaan Botha nié wil vrylaat nie.

    So het sy regsverteenwoordiger gister in die Pretoriase hooggeregshof aangevoer in ’n aansoek om die paroolraad se besluit te hersien.

    Botha, ’n voormalige kaptein van die Noordelikes-rugbyspan, dien 18 jaar tronkstraf in die Zonderwater- medium B-gevangenis uit weens die moord op ’n tiener, Pitsi Matloga, op die Bothas se plaas buite Polokwane.

    Vyf rugbyspelers van dié klub het tereggestaan, maar slegs Botha en Ben Korff is skuldig bevind. Hulle het Matloga glo as ’n wilddief aangesien en hom aangerand om hom ’n les te leer, maar die saak is as ’n rassistiese aanval gesien.

    Adv. Graham Bester, namens korrektiewe dienste, het die aansoek teengestaan en gesê hoewel hulle nié betwis dat Botha ’n “modelgevangene” is wat reeds ’n derde van sy vonnis uitgedien het nie, die reaksie van die gemeenskap in gedagte gehou moet word.

    “Die gemeenskap se woede, verontwaardiging en bekommernis moet in ag geneem word.”

    Hy het gesê hulle moet veral versigtig wees in gevalle van geweldmisdade tussen verskillende rasse.

    Bester het verskeie voorbeelde van misdadigers wat op parool vrygelaat is, aangehaal om te wys die paroolraad het diskresie om te besluit of dit gepas sal wees.

    Waarnemende regter Piet Ebersohn het die voorbeeld van Schabir Shaik, veroordeelde bedrieër, opgehaal. “Dis die nuwe een. So die volgende keer wat jy tronk toe gaan, raak jy ernstig siek.”

    Bester het toegegee dat die publiek gistermiddag “tien teen een” gesit en wonder het hoe die besluit om Shaik vry te laat verdedig kan word.

    Luidens verslae wat in die hof gedien het, het ’n kliniese sielkundige gesê sy kan “geen motivering aanbied van waarom (Botha) nie op parool vrygelaat moet word nie”. Botha toon berou, het verskeie rehabilitasieprogramme in die tronk ondergaan, sal homself kan onderhou en werk skep in die gemeenskap van Naboomspruit waar hy sal woon.

    Die paroolraad het onder meer hul besluit verduidelik deur te verwys na die erns van die misdaad, die feit dat die gebeure internasionale mediadekking tot gevolg gehad het, sy adres nie bevestig kan word nie en hy nog ’n paar voorvrylatingskursusse moet voltooi.

    Bester het klem gelê op regter-president Bernard Ngoepe se destydse vonnisopmerking waar hy aanbeveel dat Botha twee derdes van sy vonnis moet uitdien.

    Dié opmerkings is intussen weer deur die appèlhof gekritiseer wat dit beskryf as “ ’n ongewenste inmenging op die terrein van ’n ander staatsinstelling (die departement van korrektiewe dienste)”.

    “Howe moenie onnodig inmeng wanneer daar ’n bevoegde entiteit is wat die besluit moet neem nie,” het Bester gesê.

    Uitspraak is voorbehou.

  • 88. poplap  |  Maart 4, 2009 om 1 : 25

    A parrot on a perch is sitting in front of a pet store in Mitchell’s
    Plain..

    A woman walks by.

    The parrot says to her, “Hey lady.” “Djy’s kak lelik.”

    The woman is furious! She storms past the store to her work.

    On the way home she sees the same parrot and it says to her again,

    “Hey lady Djy’s kak lelik.” upsetting her again.

    The next day the same parrot again says to her, “Hey lady.” “Djy’s kak
    lelik.”

    The woman furiously went into the store

    and said that she would sue the store and have the bird killed.

    The store manager promised he would see to it that the

    Parrot would not be so rude again.

    When the woman walked past the store that day after work

    the parrot called to her, “Hey lady.”

    She paused and said, “Yes?”

    The bird said, “Djy weet mos.”

  • 89. Adrie  |  Maart 4, 2009 om 1 : 29

    Dit is dissapearing act day vandag.

  • 90. *Mathilda*  |  Maart 4, 2009 om 1 : 45

    Wie dissappear ?

  • 91. Olga  |  Maart 4, 2009 om 1 : 54

    Dit is meer as rassisme. Ek hoop botha en ander soos hy dagvaar die anc omdat hulle wit is.

  • 92. Adrie  |  Maart 4, 2009 om 1 : 57

    Almal.

  • 93. Adrie  |  Maart 4, 2009 om 2 : 04

    Dit is net rassisme as daar ‘n wit oortreder is.

  • 94. Adrie  |  Maart 4, 2009 om 3 : 12

    Ek gaan ‘n beurs vir wit kinders stig as ek groot is.

  • 95. Olga  |  Maart 4, 2009 om 3 : 39

    Jy sal beslis weet hoe skaars beurse vir wit kinders is.

  • 96. Adrie  |  Maart 4, 2009 om 3 : 43

    Groot en ryk

    Die ryk deel veral.

  • 97. poplap  |  Maart 4, 2009 om 4 : 51

    sjoe, dis stil hie vandag

  • 98. poplap  |  Maart 4, 2009 om 4 : 51

    kom ons maak gou 100

  • 99. poplap  |  Maart 4, 2009 om 4 : 52

    of liewer ekke by my lonesome

  • 100. poplap  |  Maart 4, 2009 om 4 : 52

    my work here is done…

  • 101. Olga  |  Maart 4, 2009 om 5 : 36

    Jong, dit is nie volstruis onderwerpe waaroor jy deesdae skryf nie, tog is die 5ce min. Dink jy die rooflesers verstaan nie waaroor jy skryf nie? Jy moet dalk 1voudiger woorde gebruik.

  • 102. Leoni van Niekerk  |  Junie 8, 2012 om 10 : 27

    Môre. My seuntjie is al 4jaar in pleegsorg, my maatskaplike werker wil my nie help om my kind terug tekry nie. Ek sien hom gereeld, elke 2de naweek en bel hom elke sondag van 17:00 tot 18:00. Ek mag hom sien waneer dit die pleegouers pas. Niemand wil my help nie en ek is al raadop

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: