Petisies, toi-toi of bekhou?

Maart 2, 2009 at 4 : 12 176 Kommentaar

Give me the courage to change what I cannot accept,

To accept what I cannot change

And the wisdom to know the difference.

Daar gaan selde ‘n week verby waarin ek nie ‘n petisie ontvang nie.  Erger nog, daar is selde ‘n petisie wat en nog nooit van te vore gesien het nie.  Dieselfdes maak elke paar maande weer ‘n keer hulle opwagting.  Dit laat my wonder omtrent petisies se effektiwiteit.

In Suid-Afrika wys ons ons misnoë op twee maniere.  As jy wit is, stel jy ‘n petisie op (of wag totdat een jou tref) en as jy swart is gaan toi-toi jy.  Is enige een van die metodes ooit suksesvol?  Ek vind dat epos petisies ‘n klug is, dit is baie maklik om namens ‘n klomp mense te teken.  Om te toi-toi moet jy letterlik opdaag, jy kan jou steen des aanstoots ook letterlik uit die weg ruim as hy die moed het om op te daag.  Tog, hoe dikwels kry die groepe hulle sin?  Het enige van die betogings die gewensde uitwerking?

Ek twyfel en ek soek ‘n bekende voorbeeld om my anders te oortuig.  Toi-toi maak jou nie eers maer nie, as ek oordeel aan die gemiddelde mens wat toi-toi.  Stilbly is mos ook ‘n antwoord en van waar ek sit lyk dit vir my asof dit net soveel krag as toi-toi en petisies dra.

Ek is egter nie gebore om my mond te hou nie.  Ek mag ook slim wees, maar ek is nie wys nie.  Ek sal myself doodbaklei vir ‘n saak waarin ek glo, maar opgee gaan min wees.  Ongelukkig is min mense met logika geseën, dus is dit ‘n hopelose stryd.  ‘n Mens moet egter nooit ophou hoop nie.

Is dit egter regtig ‘n slegte ding dat betogings selde vrugte afwerp?  Wil ons werklik hê dat stelsels en gesag met iets soos getalle omver gegooi moet word?  Dit is op die ou einde waarop dit neerkom.  Hoe meer mense saam dans / teken, hoe meer reg moet jou saak wees?  Persoonlik dink ek dit die meerderheid te dikwels die kat in die stert beet het.  Volgens sekere meningspeile wil die meerderheid van die land Jacob Zuma as president hê.  Moet ek enigsins iets hierby voeg?

Kom ons wees eerlik, die meeste betogings is massahisteria, ontdaan van enige logika.  Wil ons hê emosie of rede moet seëvier?  Ek kies rede!

Blogvraag: Onder watter heerser was die eerste erkende werkers stakings gewees?

Blogantwoord:  Die een ou spook is was vet en die ander ou spook was maer.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Nog ‘n lewe? Gebeurgolwe

176 Kommentaar Add your own

  • 1. beenkop  |  Maart 3, 2009 om 5 : 11

    jy kry deesdae polisse vir alles: in die case….bedrogsuitvangpolis🙂

  • 2. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 5 : 12

    Whahahahahahah

    Kry ‘n mens ‘n lasterpolis? Waar kan ek een bekom?

  • 3. beenkop  |  Maart 3, 2009 om 5 : 14

    nee maar ek dink jy kry miskien lasterversekering.. 🙂

  • 4. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 5 : 14

    Miskien help my nie veel nie. 😦

  • 5. beenkop  |  Maart 3, 2009 om 5 : 18

    nee maar kyk as dit by versekering kom dan gaan jy nie n probleem he nie: “don’t call us we’ll call you”….(all day even if you hang up on us twice) 🙂

  • 6. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 5 : 19

    Been

    Noudat jy dit noem . . . .

    Makelaars, bel my. Ek soek lasterversekering. Julle het my nommer iewers.

  • 7. beenkop  |  Maart 3, 2009 om 5 : 20

    but wait…there’s more subscribe now and get a free monthly payment off your december holiday *terms and conditions appy

    hehe

  • 8. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 5 : 25

    🙄

    Ek dink ek kort ‘n borg om die premies te bekostig.

  • 9. *mathilda*  |  Maart 3, 2009 om 5 : 38

    Kloon !

  • 10. beenkop  |  Maart 3, 2009 om 5 : 42

    janee pasop vir daai terms and conditions, beter jy gaan dit eers deur met regshelp as jy nie self in daai beroep is want dis met daai goed waar hulle die mense mince meat maak wanneer dit eers so begin heen en weer verwys!

  • 11. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 5 : 43

    KLOON!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 12. *mathilda*  |  Maart 3, 2009 om 5 : 44

    Ek het jou geselskap gemis vandag

  • 13. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 5 : 47

    😉 Was jy dan hier om my geselskap te mis?

  • 14. *mathilda*  |  Maart 3, 2009 om 5 : 50

    Of course yes

  • 15. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 5 : 55

    Ek sien ek het niks gemis nie. Kan julle nie vir 10 minute alleen laat nie.

  • 16. *mathilda*  |  Maart 3, 2009 om 5 : 55

    Ek was meeste van die tyd n roofleser (by force – not choice)

  • 17. *mathilda*  |  Maart 3, 2009 om 5 : 57

    Ons is al so frustreerd met die netwerk – ek dink almal begin so op n streep nat buskaartjies soek

  • 18. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 5 : 58

    Darem nie plastiese lepels nie.

  • 19. *mathilda*  |  Maart 3, 2009 om 6 : 01

    Enigeiets sal op die stadium werk. Ek het take om voor inligting te kry en selfs dit kan ek nie gedoen kry nie

  • 20. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 6 : 01

    Dit is nogal bad van die Sri Lanka krieket spelers.

  • 21. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 6 : 01

    Ek het gesien. My raad is om dit te vertaal.

  • 22. *mathilda*  |  Maart 3, 2009 om 6 : 02

    Jy het nie dalk n berig daarvan nie – wil vir die engelsman wys

  • 23. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 6 : 06

    Ek soek gou.

  • 24. Beeld  |  Maart 3, 2009 om 6 : 08

    Ses Sri Lankaanse-krieketspelers en hul Britse assistent-afrigter is Dinsdag beseer en minstens vyf polisiemanne dood toe aanvallers die span se bus op pad na ‘n stadion in Lahore aangeval is.
    Hier volg ‘n tydlyn van voorvalle waar krieketspanne deur militante optrede in Suid-Oos Asiese lande geraak is:

    Moembaai: 26 November 2008

    Die Engelse krieketspan vlieg huis toe ná terroriste Indië se finansiële hoofstad, Moembaai, aangeval en die dood van 170 mense veroorsaak het in ‘n reeks aanvalle.

    Nieu-Delhi: 13 September, 2008

    Krieket Australië besluit om voort te gaan met ‘n toer na Indië ná vyf bomme in Nieu-Delhi ontplof. Die Australiese krieketspan kom ‘n week ná 20 mense dood en meer as 90 beseer is, in Indië aan.

    Lahore: 11 Maart 2008

    Die Australiese krieketspan stel ‘n toer na Pakistan uit ná bomaanvalle in Lahore die lewe van minstens 15 mense eis.

    Karachi: 8 Mei, 2002

    Die Nieu-Seelandse krieketspan vlieg huis toe ná ‘n selfmoord-bomaanvaller die dood van 14 mense veroorsaak buite die hotel waar hulle tuisgaan. Die span se fisioterapeut is in die ontploffing beseer, en 11 Franse, twee Pakistani’s en die selfmoordaanvaller is dood.

    Colombo: 24 Julie 2001

    Die sekuriteit rondom ‘n wedstryd waarin Nieu-Seeland speel, word versterk ná minstens 14 mense dood en 12 beseer is in ‘n aanval deur Tamil-rebelle.

    Colombo, 11 Februarie 1996

    Krieketspanne van Australië en die Wes-Indiese Eilande weier om vooraf-Wêreldbeker-wedstryde in Sri Lanka te speel ná ‘n reuse-bomaanval die lewe van 80 mense eis en 1200 mense beseer.

    Colombo: 16 November 1992

    ‘n Selfmoord-bomaanval eis die lewe van vier mense buite die hotel waar die Nieu-Seelandse span besig is om ontbyt te eet. Vyf spelers en die span se afrigter word toegelaat om huis toe te gaan weens “menslikheidsredes”.

    Colombo: 21 April 1987

    Meer as 100 mense is dood toe ‘n motorbom by ‘n busstasie in Colombo ontplof terwyl die Nieu-Seelandse krieketspan daar toer. Die reeks van drie toetse word verminder na net een wedstryd.

  • 25. Die Week in ‘n Neutedop….. « Demoerin se Wêreld  |  Maart 6, 2009 om 6 : 49

    […] sonder bekommernis oor toekomstige gevolge. Partykeer is dit dalk ‘n beter opsie as ‘n petisie […]

  • 26. Adrie  |  Maart 6, 2009 om 8 : 13

    More Almal

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: