Nog ‘n lewe?

Maart 1, 2009 at 2 : 28 149 Kommentaar

Reinkarnasie.  Die Boediste en Hindu’s glo daarin.  Wie is ek om te sê hulle is van die pad af?  Ek is nie heeltemaal seker wat die reinkrinasie behels nie.  Ek weet wel dat jy nie noodwendig as ‘n mens terug keer nie, jou groot comeback kan as ‘n vis, olifant of vlieg wees. 

As jy dus ‘n volgende lewe kan hê, moet ‘n mens ook ‘n vorige lewe kon geniet het.  Daar is sekerlik net soveel lewende geeste as op die aarde as hulle oor en oor gebruik moet word.  Ek vermoed hulle kan nie eers ‘n vakansie geniet nie.  In elk geval nie ‘n vakansie soos ons dit ken nie.  As ‘n mens aanvaar dat wetenskaplikes die aarde se ouderdom reggeskat het, moes ons al ‘n paar rondes gehad het. 

Ek is oortuig daarvan dat ek in een van my vorige lewens Grace O’Malley was.  Ek moet darem iemand kies wat nie op ‘n brandstapel geland het vir hulle moeite nie.  Grace was vir baie mense ‘n pyn in hulle alies gewees, ek is seker julle sien die ooreenkomste.  Sy was nie boos nie en sy was ook nie ‘n heilige nie.  Sy het eerder haar kop gevolg as die massas en dit het haar vir haar gewerk.  Dit werk vir my ook.

Dit is moeiliker om my volgende lewe te kies.  Al wat ek met sekerheid kan sê is dat ek weer ‘n mens, meer spesifiek ‘n vrou wil wees.  Die voordeel van reinkarnasie is om jou foute van die vorige lewe reg te maak en om te bereik wat jy nie in die vorige lewe kon nie.  Aangesien ek nog aan die begin van my lewe staan, is my foute nog klein en kan ek nog alles bereik wat ek wil.  Ek sal eers eendag op die outehuis se stoep kan besluit wat ek moet regstel en wat ek nog moes doen. 

Daar was ‘n slim mens gewees wat gesê het ‘n mens berou net wat jy nie gedoen het nie aan die einde van jou lewe.   As jy dus nou alles doen wat jy wil, het jy werklik nog ‘n lewe nodig?  Ek dink een lewe is dan heeltemaal genoeg.  Ek is nie seker wat Grace berou het nie, dalk omdat sy nie aan die Suidpunt van Afrika gewoon het nie.

Wie of wat was jy in jou vorige lewe?  Wat wil jy in jou volgende lewe doen?  Glo jy in reinkarnasie?

Blogvraag:  Uit watter liedjie kom die woorde:  Eendag toe ek nog jonk was toe sit ek in die kantien, ek drink toe daar ‘n dop of tien en dit om kwaad te dien.

Blogantwoord:  Olga was reg dat dit ‘n ingewikkelde antwoord is.  Dit neem die aarde 365 dae, 5 ure en49 minute om  sy wentelbaan om die son te voltooi.  Skrikkeldag kompenseer vir 6 ure wat ons per jaar verloor en dus ook 11 minute per jaar te veel.  Om vir die 11 minute op te maak is daar nie ‘n skrikkeldag in vol eeu jare nie, tensy dit deur 400 gedeel kan word.

Baie geluk aan Aventer wat vandag verjaar.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Heuwels val op my Petisies, toi-toi of bekhou?

149 Kommentaar Add your own

  • 1. Salome  |  Maart 1, 2009 om 3 : 30

    EERSTE!!!

  • 2. Salome  |  Maart 1, 2009 om 3 : 32

    Wela Kapela aan al die gereeldes!!!

    Ek weet darem nie so mooi of ek iets of iemand anders wil wees as ek moet terug kom. Ek sal wel ‘n paar keuses anders maak wat ek in my huidige lewe gehad het, maar anders dink ek nie dat ek eendag op die ouetehuis stoep my sal sit en verknies oor iets wat ek gemis het nie.

  • 3. Olga  |  Maart 1, 2009 om 5 : 10

    Tweede. alweer.

  • 4. Olga  |  Maart 1, 2009 om 5 : 32

    Ek moes n matroos wie nie kon swem nie gewees het in my vorige lewe. Ek het al soveel ‘ek was al hier’ oomblikke op of langs die see gehad. Van kindsbeen af. Ek hon my pa 1keer presies na n spesifieke rots langs die kus neem. Tog het almal geweet dat dit die eerste keer was dat ek daar was. Ek was toe 5 jaar oud.

  • 5. Olga  |  Maart 1, 2009 om 5 : 38

    Ander keer weer, het ek so beangs geword, ek het gehiperventileer voordat ons die see in sig gehad het. Toe ons op die strand kom, het ek blerrie histeries geword. Ek se julle mos my kop raas. Ek het nooit oor die jetty kon loop nie. My pa moes my oordra. Tog kon ek met my boet in n roeibootjie die grootdam se branders aandurf.

  • 6. Mike  |  Maart 1, 2009 om 6 : 18

    Just passing by.Btw, your website have great content!

    _________________________________
    Making Money $150 An Hour

  • 7. Adrie  |  Maart 1, 2009 om 7 : 08

    Olga

    Jip, jou kop skree! 😆

    Mike

    Jy dink seker die site is Russies. Jy het geen clue wat hier aangaan nie.

  • 8. *mathilda*  |  Maart 1, 2009 om 8 : 34

    Hallo maters, sjoe wat n besige nat naweek – het Saterdag n troue gehad en daar sal toe mos n wolkbreuk wees toe ons moes ry, papnat daar aangekom – 91mm in halfuur ! En vandag het ons gaan shop vir TL se verjaardag en toe vir plig koshuis toe gevat en intussen moes ek 4 mense bel wat vandag vervel !

  • 9. *mathilda*  |  Maart 1, 2009 om 8 : 41

    Nou wil ek op die blog kom relax en nou is hier eers niemand nie

  • 10. *mathilda*  |  Maart 1, 2009 om 8 : 55

    Dan groet ek maar eers weer

  • 11. Adrie  |  Maart 1, 2009 om 9 : 04

    Kloon

    Kom terug!!!!

  • 12. Adrie  |  Maart 1, 2009 om 9 : 09

    Ek alweer spam op my eie blog.

  • 13. Olga  |  Maart 1, 2009 om 9 : 44

    Ja, ek glo in reinkarnasie. Teen my sin, maar ek doen. Ek het al te veel ervarinkies geham (almal op of langs die see) om enigsins te twyfel.

  • 14. Adrie  |  Maart 1, 2009 om 9 : 59

    Olga

    Ons het dan die see ingemeen, behalwe dat ek n kaptein was.:mrgreen:

    Reinkarnasie is vir my net n lekker bogpraat onderwerp.

  • 15. Olga  |  Maart 1, 2009 om 10 : 01

    Weet jy juf annie, indien ek my nie misgis nie, kan jy leke bollie praat oor enige onderwerp.

  • 16. Adrie  |  Maart 1, 2009 om 10 : 06

    Olga

    Dit is seker my geheime talent.

  • 17. Adrie  |  Maart 1, 2009 om 10 : 08

    Net jammer dat ek nie geld soos bossies met snert kan maak nie.

  • 18. Olga  |  Maart 1, 2009 om 10 : 42

    At the risk of repeating myself: indien ek dit nie mis het nie, het jy al geld gemaak met snert praat.

  • 19. Wille Kjind Q  |  Maart 2, 2009 om 4 : 49

    More more!

  • 20. Olga  |  Maart 2, 2009 om 5 : 34

    More, more. Ek moet nog slaap.

  • 21. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 6 : 29

    More

  • 22. Beeld  |  Maart 2, 2009 om 7 : 47

    Willem Pelser
    ’n Man en ’n agtjarige tweeling word vermis nadat die bakkie waarin hulle was van ’n laagwaterbrug naby Nelspruit afgespoel is.

    Teen gistermiddag laat was daar steeds geen teken van mnr. Peet du Preez (50) en die tweeling wat agter op sy bakkie was nie. Gure weer en krokodille het gister die soektog in die wiele gery. Polisieduikers van Witrivier het wel onder uiters moeilike omstandighede sy Hyundai-bakkie sowat 100 m van die brug in die rivier gekry en uitgesleep.

    Du Preez en die twee kinders, wat vermoedelik ’n huiswerker van die omgewing se kinders is, het Vrydagmiddag tussen Nelspruit en Ngodwana vermis geraak toe Du Preez se bakkie van ’n laagwaterbrug oor die Elandsrivier afgespoel is.

    Mnr. Gerrie Pieterse, Du Preez se swaer, het gistermiddag vertel Du Preez het Vrydagmiddag sowat drie ure lank by die laagwaterbrug gewag dat die watervlak moet sak. Hy was van sy werkplek by Sappi na sy huis in Houtboschhoek, net suid van Nelspruit, op pad. Teen 15:00 het die watervlak so gesak dat hy dit veilig geag het om oor te ry.

    Net toe hy wou ry, het ’n onbekende vrou Du Preez gevra of haar twee kinders, ’n seuntjie en ’n dogtertjie, ook kan saamry omdat hulle by die huis moet kom.

    Du Preez het ingestem. Die kinders is agter op die bakkie gelaai en hy het oor die brug gery.

    In die middel van die brug was die stroom te sterk en sy bakkie is meegesleur. Sowat 100 m stroom-af het Du Preez volgens ooggetuies daarin geslaag om uit die bakkie te kom en het probeer om die twee kinders te red.

    Ooggetuies het gesien hoe hy in ’n stadium regop kom, maar het daarna weer onder die watermassa verdwyn. Volgens Pieterse was Du Preez “bang vir water” en kon hy glad nie swem nie.

    Die ma van die tweeling het histeries toegekyk hoe haar kinders saam met Du Preez en die bakkie onder die water verdwyn.

    Sy was daarna ontroosbaar. Soekspanne van die polisie en die Air Mercy Service en die Witrivier-honde-eenheid het tot laat die nag vergeefs na Du Preez en die kinders gesoek.

    Supt. Paul Bester, bevelvoerder van die honde-eenheid in Witrivier, het gistermiddag gesê weens die gure weer wat gister ondervind is, kon die polisie nie ’n helikopter inspan om na Du Preez en die kinders te soek nie.

    Boonop moes polisieduikers gister die soektog tydelik staak nadat krokodille die duikers bedreig het.

    Bester sê ’n volle span duikers sit vanoggend die soektog in die vol Elandsrivier voort.

    Me. Nonnie Pieterse, Du Preez se suster, en vriende het gister self die walle van die rivier gefynkam in ’n wanhopige poging om hom op te spoor.

    Hy het ’n blou oorpakbroek, ’n wit hemp en veiligheidstewels gedra toe hy weggeraak het.

    Pieterse het gister gesê sy is desperaat om haar broer op te spoor. Die ergste, sê sy, is dat niemand weet of hy dood of lewend is nie.

    “As ons hom tog net kan kry, al is hy dood, sal ek berusting kan vind,” het sy gesê. Sy het egter nog glad nie hoop laat vaar dat hy dalk nog leef nie.

  • 23. Beeld  |  Maart 2, 2009 om 7 : 49

    André Damons
    ’n Tienjarige meisie is glo vroeg Vrydagoggend in Glenvista in die suide van Johannesburg saam met haar ma agter in ’n polisievangwa gelaai toe dié in hegtenis geneem is.

    Me. Angela Pietersen-Swart (49) is omstreeks 02:30 by haar huis deur sowat tien polisielede in verband met beweerde bedrog in hegtenis geneem. Die polisie het haar dogter, Sami-Jo, glo saam met haar in die vangwa gelaai, al was Pietersen-Swart se man en seun by die huis.

    Mnr. Kirk Pietersen (25), haar seun, het gesê die polisie was verbaal baie aggressief. “My klein suster was so bang dat sy aan my ma vasgeklou het, toe laai hulle haar ook in die vangwa. Dit was nie nodig vir tien polisiemanne met gewere en koeëlvaste baadjies om ’n ma van twee te kom arresteer nie en toe ek hulle daaroor uitvra, het hulle gesê dit is nie my probleem nie.”

    Mnr. Leon Swart, Pietersen-Swart se man, het gesê hy het tot in Rosettenville agter die polisie aangery waar hy glo moes soebat om Sami-Jo, wat toe byna ’n halfuur in die vangwa was, te kry.

    Volgens hom het die polisie sy vrou glo in ’n polisiemotor gelaai en Sami-Jo aan hom oorhandig voordat hulle Soweto toe gejaag het. Hulle het glo meer as vyf uur lank met Pietersen-Swart rondgery voordat hulle haar omstreeks 08:00 na die Mondeor-polisiekantoor geneem het, waar sy aangekla is.

    Volgens Pietersen het die polisiebeamptes glo gesê hulle ry na Soweto om ander mense ook in hegtenis te neem, maar dit het nie gebeur nie.

    “Dit was ’n baie traumatiese en slegte ervaring. Ek en my dogtertjie het aanhoudend geskreeu, want ek kon nie asem kry nie. Ek het verlede week uit die hospitaal gekom (nadat ek opgeneem is weens) rugprobleme. Ek kan nou nie eens op my eie asem haal nie,” het Pietersen-Swart gister vanuit die Links?field Park-kliniek in Linksfield, Johannesburg, aan Beeld gesê. Sy is weens asemhalingsprobleme na dié kliniek geneem.

    Volgens insp. Lorraine van Emmerik, polisiewoordvoerder, word die aantygings in ’n ernstige lig beskou en sal dit ondersoek word. Sy het gesê die polisie het inligting oor ander verdagtes opgevolg en dis hoekom hulle eers Rosettenville en Soweto toe is.

    Volgens haar word ander aanklagte ook teen Pietersen-Swart ondersoek.

  • 24. Beeld  |  Maart 2, 2009 om 7 : 53

    Gloria Edwards
    Die toekoms van die dieretuin Noah’s Ark in Nigel aan die Oos-Rand is in die weegskaal nadat die balju beslag gelê het op al die diere daar.

    Dié beslaglegging hou verband met ’n dagvaardingsaak in die Nigel-landdroshof waarin die eienaar van die perseel waarop die dieretuin geleë is, mnr. Louis Coetzee, die eienaar van die dieretuin, mnr. Leon du Toit, glo vir R100 000 agterstallige huurgeld en skadevergoeding dagvaar.

    Toestande in dié dieretuin is onlangs in die soeklig geplaas nadat in die TV-program Carte Blanche beweer is die diere word afgeskeep en in swak omstandighede aangehou.

    Mnr. Chris Troskie, Coetzee se prokureur, het gesê hulle is ook besig met ’n uitsettings- aksie in die hooggeregshof ingevolge die kansellasie van die huurkontrak tussen sy kliënt en Du Toit.

    Volgens Troskie mag nóg die balju nóg Du Toit die diere verwyder voordat die saak afgehandel is. “Hierna sal die departement van natuurbewaring moet besluit wat van die dieretuin gaan word.”

    Ná die Carte Blanche-program het die Gautengse departement van omgewingsake Noah’s Ark drie weke kans gegee om verskeie “probleme” wat hulle geïdentifiseer het reg te stel. Dié spertyd verstryk Woensdag.

    Mnr. Sizwe Matshikiza, departementele woordvoerder, het gesê Noah’s Ark het ’n geldige lisensie en toestande word gemonitor.

    Dié probleme, asook foute wat die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) en Gauteng se gesondheidsdepartement uitgewys is, is egter volgens Du Toit reeds reggestel.

    “Al ons hokke is deur natuurbewaring goedgekeur. Ons diere is met die hand grootgemaak en dus hul hokke gewoond. Ons het ingeboude waterbakke wat nie gesien word nie. Die veearts kom gereeld en alles is skoon en op standaard.”

    Du Toit staan die hofaksies teen hom teen en sê hy het nie-oordraagbare permitte vir die diere, wat beteken dat daar ’n skikking moet wees oor wat met die diere gebeur.

    Dr. Adrian Tordiffe, kliniese veearts by die nasionale dieretuin in Pretoria en mnr. Dave Morgan, uitvoerende direkteur van die Afrika-vereniging vir dieretuine en akwariums (Paazab), sê daar is ’n gaping in wetgewing wat klein dieretuine beheer. “Daar geen wetgewing rondom dieretuine nie.”

  • 25. Verons  |  Maart 2, 2009 om 9 : 00

    More, more!
    Ek het eendag by iemand opgeland wat kon bepaal wie jy in jou vorige lewe was (het natuurlik heeltyd gedink dis gekkegeit) en volgens hom was ek ‘n franse edelman wat baie jonk (hy sê ek was tussen 17 en 18jaar oud) in ‘n swaardgeveg dood is!
    Gie-gie dit verklaar baie dinge in my lewe!😆

  • 26. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 9 : 11

    Eish!!!!

    Verons, aangesien jy en Olga in julle vorige lewens mans was, sien ek ‘n belangrike gaping in my redenasie. Mens wissel elke lewe van geslag. Dus moes ek tussen Grace en nou iewers ‘n man gewees het. Die vraag is wie?

    Dit kon net een mens gewees het. Oscar Wilde. Wys net, ek is die flouste van al my lewens. Sy berou was dat hy nie ‘n vrou was nie.

  • 27. Verons  |  Maart 2, 2009 om 9 : 17

    A3 is nie noodwendig so nie, my vriendin was blykbaar ‘n minares van ek dink dat was King George en sy het 3 kinders by hom gehad!

  • 28. Verons  |  Maart 2, 2009 om 9 : 18

    So dit lyk nie jou geslag is regtig ‘n faktor nie, jy kan as ‘n vrou of man dalk terug kom…

  • 29. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 9 : 21

    Ag nee, damn, Verons

    Nou kan ek nie meer Oscar Wilde wees nie. GRRR!!! Dit is okay, ek hou in elk geval baie meer van Grace O’Malley.

  • 30. Olga  |  Maart 2, 2009 om 9 : 21

    Watter mens met verstand laai 2 jarige kinders agter op n oop bakkie in die reen? Hello? Erger nog – hoe laat n ma haar 2 jarige kinders met n vreemdeling die mase afstand in die reen, agter op n vreemde man se bakkie ry? Sou hy hulle eenvoudig langs die pad aflaai? Sover dit die polisie betref, blyk vigilante behandeling al te wees wat gebulliery gaan genees. Wk, is jy in?

  • 31. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 9 : 22

    Lyk my ek hou van Iere.

  • 32. *mathilda*  |  Maart 2, 2009 om 9 : 26

    Ai as ek eers opera se mini moet aantrek om more te sê !

  • 33. Olga  |  Maart 2, 2009 om 9 : 27

    Ek dink ek was n watroos juf annie, daar was vroue skeepslui ook gewees. Maar dit was volgens n afr roman wat ek gelees en vergeet het. Ek dink my vrees, veral om oor n jetty te loop mag dalk wees omdat ek in n storm gekielhaal was. He, he. Ou nagmerrie wat my kindertyd gery het. Ek staan op wat ek weet n plank is, en die see kook swart met wit skuimkoppe onder my. Daarom dat ek bier met n passie pes. Die wit skuimkop.

  • 34. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 9 : 27

    Olga

    Die tweeling was darem 8 jaar oud. Ek het ook nogal gewonder hoekom die ma nie saam met hulle op die bakkie geklim het nie.

  • 35. Olga  |  Maart 2, 2009 om 9 : 29

    Maar sien jy, ek was nie n man nie. Dan sou ek dit ook met n passie gepes het. Maar wag, . . . . nee, toemaar.

  • 36. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 9 : 30

    Olga

    Die vrouens op skepe was net daargewees vir vermaak. Tensy sy die kaptein (soos Grace) was of die Kaptein se vrou.

    Kielhaal was darem regtig waar wreed gewees.

    Dink jy dalk aan een van Tannie Ena se boeke waar die Kaptein se dogter saamgevaar het en die seerower laat les opse het?

  • 37. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 9 : 30

    Hallo Kloon.

  • 38. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 9 : 32

    Olga

    Jy was dalk ‘n matroos was rum verkies het. Dalk moet net so een of twee poboelies gekielhaal word, dan sal hulle dalk regkom. Ek het egter nie veel hoop nie.

  • 39. Olga  |  Maart 2, 2009 om 9 : 34

    Dan staan of val ek steeds daarby juf annie, 2, jaar, v jaar, sifuckenmantics, (teef maar oom jack. Ek is doof.) watter ma laat haar kids in die reen, in die sonskyn in enige omstandighede agter op of voor in n vreemdeling se bakkie of kar ry. Watter man, laat kinders agter op n oop bakkie in die reen ry?

  • 40. Olga  |  Maart 2, 2009 om 9 : 41

    Nee juf annie, dit was vroue bemanning wie moes rok dra. Hulle kon die rokke onder die maspaal of wat ook al laat om op te klim om te kyk vir seeverkeer Dit onthou ek wel.

  • 41. Nats  |  Maart 2, 2009 om 9 : 42

    Goeie more julle!

    Ek glo nou nie juis in reinkarnasie nie… maar as ek sou kon kies as wat / wie ek kan terug kom sal ek seker as ‘n voël wil terug kom – wou nog altyd weet hoe dit voel om te vlieg!!!

  • 42. Nats  |  Maart 2, 2009 om 9 : 49

    O ja en dan seker as ‘n mannetjie voël – hulle is mos maar altyd mooiers as die vroutjies!🙂

  • 43. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 9 : 51

    Olga

    Jy ken mos die dapper manne van SA. Jy moet daardie boek se naam onthou, ek wil dit ook gaan lees.

    Tweeling

    Watter tipe voEl? Span jou verbeelding in.

  • 44. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 9 : 53

    n Vink? Sodat die vroulike voEl die nes uitmekaar kan pluk?

  • 45. Olga  |  Maart 2, 2009 om 10 : 09

    Sal bietjie by my vriendin in die bib gaan kuier en die boeke deurgaan.

  • 46. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 10 : 11

    Olga

    Wat wil jy in jou volgende lewe wees?

  • 47. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 10 : 52

    most dangerous cake recipe

    5 MINUTE CHOCOLATE MUG CAKE

    4 tablespoons flour

    4 tablespoons sugar

    2 tablespoons cocoa

    1 egg

    3 tablespoons milk

    3 tablespoons oil

    3 tablespoons chocolate chips (optional)

    a small splash of vanilla extract

    1 large coffee mug

    Add dry ingredients to mug, and mix well. Add the egg and mix thoroughly.. Pour in the milk and oil and mix well. Add the chocolate chips (if using) and vanilla extract, and mix again.

    Put your mug in the microwave and cook for 3 minutes at 1000 watts (high). The cake will rise over the top of the mug, but don’t be alarmed! Allow to cool a little, and tip out onto a plate if desired.

    EAT! (this can serve 2 if you want to feel slightly more virtuous). And why is this most dangerous cake recipe in the world? Because now we are all only 5 minutes away from chocolate cake at any time of the day or night!

    You are going to print this out straight away, aren’t you?

  • 48. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 11 : 01

    Miertjie stap eendag na die rivier… maar Miertjie is die MOER in.

    “Krokodil!!!!!!!, Krokodillllllllll!!!!!!!!” skree hy in sy woede.

    Krokodil wonder toe wat aan gaan en hy steek sy kop bo die water.

    Mierjtie skree weer..”Krokodil! klim uit die blerrie water uit!”

    Krokidil kyk toe die storie so en wonder wat vandag met miertjie aan
    gaan en miertjie skree weer, maar die keer met vollebors, “K R O K O D
    I L klim uit die donnerse water uit!”

    Krokodil klim toe maar heel skrikkerig uit die water uit, want
    miertjie is heeltemal bef*k vandag.

    Miertjie loop toe al langs die rivier totdat hy by Seekoei kom en hy
    skree,”SEEKOEI! S E E K O E I!!! V. E. T. G. A .T! Klim uit die
    bliksemse water uit!”

    Maar nou is miertjie eers bedonnerd en die bloed POMP na sy brein.

    Na ‘n rukkie skree miertjie weer, “Seekoei klim uit die F*kk*n
    Water uit!” Seekoei bekyk die storie so en wonder wat fout is met
    miertjie vandag, Maar tog klim Seekoei bangerig uit die water uit.

    Intussen vlieg valk verby en sien dat miertjie

    nie in ‘n goeie bui is nie en hy vra “maar miertjie wat is fout?”

    En miertjie skree “I E M A N D ???????????? HET MY F*KK*N
    SWEMBROEK GESTEEL!”

  • 49. Nats  |  Maart 2, 2009 om 11 : 25

    Adrie
    Seker ‘n swaeltjie sodat ek agter warm weer kan aan vlieg!
    Of ‘n arend – vir my soooo mooi!

  • 50. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 11 : 40

    Arend of arendskos?

    Interessant.

  • 51. Olga  |  Maart 2, 2009 om 11 : 43

    Jy sal my nou nie glo nie, juf annie, maar ek sal niemand anders as myself wil wees nie. Veral as ek gebore kan word met die kennig waaroor ek nou beskik. Miertjie, u go!

  • 52. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 11 : 48

    Olga

    Sal jy dan jou lewe anders lei, of sal jy alles weer van voor af doen?

  • 53. *Mathilda*  |  Maart 2, 2009 om 12 : 08

    Kloon

    ‘n resep komende van jou – is dit veilig ?

  • 54. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 12 : 10

    Kloon

    Ek het dit nie self ontwikkel of beproef nie. Try jy en laat weet ons?

  • 55. *Mathilda*  |  Maart 2, 2009 om 12 : 13

    As ek lank genoeg hier kan bly om hom te print – ons stelsels neuk nogsteeds rond

  • 56. Zoekoe  |  Maart 2, 2009 om 12 : 19

    Hallo mense !

  • 57. Zoekoe  |  Maart 2, 2009 om 12 : 20

    Ek wil terugkom as Hugh Heffner in my volgende lewe… 😀

  • 58. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 12 : 20

    Zoekoe

    Kom ons wonder hoekom . . .

  • 59. Zoekoe  |  Maart 2, 2009 om 12 : 21

    Ek ry nou nou Pietersburg toe vir die werk, en kom eers vrydag terug…. boring !!!!

  • 60. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 12 : 22

    Ek moet se^, Heffner het duidelik sy kop gebruik. Al rede hoekom hy so gemaklik kan lewe.

  • 61. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 12 : 22

    Zoekoe

    Jy moet maar vir Opera inspan, as sy wil saamwerk, natuurlik.

  • 62. Zoekoe  |  Maart 2, 2009 om 12 : 23

    Sy kop, ja sure 😈

  • 63. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 12 : 25

    As hy hom net aan sy “brein” gesteur het, was hy seker vandag net ‘n arm vuil perv. Nou is hy darem stinkryk.

  • 64. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 12 : 25

    Maar nog steeds ‘n vuil perv.

  • 65. Nats  |  Maart 2, 2009 om 12 : 26

    Zoekoe
    Hugh Heffner – hoekom is ek nie verras nie😉

    Ek dink dis simpel om heeldag in jou nagklere rond te loop – al is dit sy trade mark dink ek nogsteeds dis simpel!

  • 66. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 12 : 28

    Tweeling

    Hier is spesiaal vir jou iets. http://www.photofunia.com/

  • 67. Zoekoe  |  Maart 2, 2009 om 12 : 28

    Simpel, maybe, maar daai man het nou vir jou karakter… what a life en hy is al 234 jaar oud en gaan nog aan soos ‘n tiener seun op puberty !! 😛

  • 68. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 12 : 28

    Praat van die duiwel en trap op haar stert.

  • 69. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 12 : 29

    Hy is seker baie dankbaar vir Viagra.

  • 70. Nats  |  Maart 2, 2009 om 12 : 29

    NWT

  • 71. Zoekoe  |  Maart 2, 2009 om 12 : 29

    😆 ja seker 😆

  • 72. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 12 : 30

    Of hy hou net daarvan om te kyk.

  • 73. Zoekoe  |  Maart 2, 2009 om 12 : 30

    OK eks weg – cheers 4 eers julle !

  • 74. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 12 : 34

    Hy het beslis guts ook gehad. Ek is verbaas dat hy nie op ‘n brandstapel geland het nie.

  • 75. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 12 : 35

    Cheers Zoekoe.

    Hoop nie jy vergaan daar nie.

  • 76. Nats  |  Maart 2, 2009 om 1 : 06

    EINA!!!!!!

    Ek het sopas amper my duim se nael kwyt geraak – nou is amper halfte van my duim blou – swart!!

    EINAAAAAA!!!

  • 77. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 1 : 23

    Tweeling

    Wat maak jy?

    Ek is bly om te sien jy kan nog blog.

  • 78. *Mathilda*  |  Maart 2, 2009 om 1 : 27

    Ag nee ek kan nie chat nie

  • 79. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 1 : 30

    Hoekom nie?

    Probeer jy chocolade koek bak?

  • 80. Nats  |  Maart 2, 2009 om 1 : 43

    Adrie
    Ek gaan vra vir danger pay – hol die wêreld vol met my sus hulle se honde rond, het uitgekom toe ek hulle gaan haal het… toe glip die een verby en met die dat ek keer buig my duim se nael agteroor!!
    Hy het nou ‘n hartjie van sy eie en vuur warm!!

  • 81. *Mathilda*  |  Maart 2, 2009 om 1 : 44

    Nee man – ons stelsel neuk rond – bly vries (en dis nog nie eers koud nie)

  • 82. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 1 : 45

    Nats

    Eina. Kort naels is die antwoord.

  • 83. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 1 : 57

    En jou sus skuld jou natuurlik ‘n manicure.

  • 84. Nats  |  Maart 2, 2009 om 2 : 11

    Adrie
    My nael is relatief kort – en te seer vir ‘n mani!!
    Sy sal maar met geld moet op maak!😉

  • 85. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 2 : 19

    Jip

    Dagvaar haar vir elke laaste pennie.

    Sien julle ‘n rosie in die url?

  • 86. *Mathilda*  |  Maart 2, 2009 om 2 : 36

    Kom ons probeer weer

  • 87. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 2 : 39

    Welkom terug.

  • 88. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 2 : 48

    Duidelik het dit toe nie gewerk nie.

  • 89. *Mathilda*  |  Maart 2, 2009 om 2 : 56

    O ja – ek sien niks nuuts hier nie (die rosie)

  • 90. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 2 : 59

    Kloon

    Watter troue het julle Saterdag gehad?

  • 91. White Knight  |  Maart 2, 2009 om 3 : 01

    Dagse Roos Dorings😉

    Adrie
    Jy nie lus vir blog vandag nie, nou praat jy maar tjol?😦

  • 92. *Mathilda*  |  Maart 2, 2009 om 3 : 04

    ‘n vriendin sn

  • 93. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 3 : 05

    Ridder

    Ek het mos geblog. Ek het self hier en daar effens gestir ook. Baie effentjies.

    Buitendien is tjolpraat my claim to fame.

  • 94. Olga  |  Maart 2, 2009 om 3 : 06

    Eisj. nee, ek sal dinge van belang heeltemal anders doen.

  • 95. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 3 : 06

    😯 Het jy vriendinne?

  • 96. White Knight  |  Maart 2, 2009 om 3 : 06

    Beslis nie Adrie se troue nie.

  • 97. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 3 : 07

    Ridder het nie ‘n vorige lewe gehad nie, hy is nog in sy eerste lewe van ‘n miljoen jaar terug.

  • 98. White Knight  |  Maart 2, 2009 om 3 : 08

    Die man wat met Adrie trou is mal en sy soek nie ‘n mal man nie. Een van daai in ‘n huis is genoeg.😯

  • 99. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 3 : 08

    Beslis nie.

  • 100. White Knight  |  Maart 2, 2009 om 3 : 09

    Ridder was nog altyd net ‘n Ridder. Jy kan maar se ek is met ‘n swaard in die hand en ‘n perd tussen die bene gebore.😛

  • 101. *Mathilda*  |  Maart 2, 2009 om 3 : 10

    Wat is die ? Be nasty to kloon day ? En dit net oor my internet nie mooi wil saamspeel nie

  • 102. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 3 : 10

    Is 98 ‘n kompliment of ‘n belediging?

  • 103. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 3 : 11

    Tilla

    Neva

  • 104. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 3 : 11

    Ridder

    Hmm, ek se^ eerder niks. Netnou bloos jy.

  • 105. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 3 : 12

    As ‘n ding oor en oor moet lewe, kan daar seker nie iets soos spoke wees nie?

  • 106. White Knight  |  Maart 2, 2009 om 3 : 14

    Adrie 98 is spesiaal vir jou ‘n kompliment.

  • 107. White Knight  |  Maart 2, 2009 om 3 : 15

    Daar is mos net een soos jy, nie nog een so deurmekaar nie.😆

  • 108. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 3 : 15

    Awwwww, Ridder, ek voel geerd. Jy weet dit is nie my verjaarsdag nie?

  • 109. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 3 : 16

    GMFFFF!!!!!!

    Eerder ek, as wat ek is soos die res.

  • 110. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 3 : 18

    Demmit!!! My kop is ook soos ‘n sif!!!!

  • 111. White Knight  |  Maart 2, 2009 om 3 : 19

    Is dit hoekom jy so water lek as jy drink.? 😈

  • 112. *Mathilda*  |  Maart 2, 2009 om 3 : 20

    Is 95 ‘n kompliment of belediging ?

  • 113. White Knight  |  Maart 2, 2009 om 3 : 22

    Natuurlik Matilda, dit kom van Adrie af, wat verwag jy anders?

  • 114. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 3 : 42

    ‘n Kompliment natuurlik, 95 bedoel ek.

  • 115. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 3 : 42

    Hoe spel ‘n mens toi toi in Engels?

  • 116. Nats  |  Maart 2, 2009 om 3 : 54

    sjooo weee maar my finger pyn!!!!

    Kan die pyn veroorsaak dat ek skoon siek voel? Naar en net af…😦

  • 117. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 4 : 06

    Nats

    Verplaas die pyn na jou klein toon toe. 😆

    Is jou vinger blou en geswel? Dan wil jy dalk ‘n dokter oorweeg.

  • 118. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 4 : 09

    Tweeling

    Jou vinger pyn so erg dat dit sommer ‘n finger word? 😯

  • 119. Nats  |  Maart 2, 2009 om 4 : 13

    😳

    Vinger…

    Net my nael is pot blou, pers.. amper swart – my vinger is darem nie geswel nie!

    Ek weti of ek ‘n foto kan neem nie want ek het my Samsung uiteindelik vervang! Nou sit ek met ‘n ouerige Nokia… ek mis my foon!!! Maar nou ja!

  • 120. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 4 : 14

    Dit is seker net ‘n vet bloukol onder jou nael

  • 121. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 4 : 16

    Ek sou die hond wragtig iets aangedoen het.

  • 122. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 4 : 19

    Ek wil my doodgiggel soos ek hier sit.

  • 123. White Knight  |  Maart 2, 2009 om 4 : 23

    Tipies, jou vriendin is in pyn en jy verlekker jou.

  • 124. White Knight  |  Maart 2, 2009 om 4 : 24

    Nats, maak ‘n baie klein gaaitjie in die nael reg bokant daai bloukol sodat die bloed kan uit dan hou dit op met klop.

  • 125. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 4 : 26

    Ridder

    Nats is nie my vriendin nie. Almal kan jou vertel sy is my tweeling. Tsk!!!! Haar pyn, is my pyn.

  • 126. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 4 : 27

    Gril ek nou vir daardie gaatjie, en ek gril nie maklik nie.

  • 127. White Knight  |  Maart 2, 2009 om 4 : 32

    Gril soveel jy wil, dit werk en die verligting is onmiddelik.

  • 128. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 4 : 34

    Ek vat jou woord, afsny freak my minder uit. Ek sweer.

  • 129. Nats  |  Maart 2, 2009 om 4 : 34

    Ridder
    Ek het gehoor daarvan – maar dis te seer om te dink ek moet ‘n gaatjie gaan staan en maak!!! Gril skoon soos ek hier sit!!!!

    Adrie
    Lag maar lekker!
    *nats trek adrie se hare dat dit lyk soos Albert Einstein sin*

  • 130. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 4 : 37

    *Adrie klap Nats so hard, dat sy haar kop teen die muur stamp. Dit klop ook nou.

  • 131. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 4 : 39

    Tweeling

    Wanneer jy ophou tjank, sal ek jou vinger vir jou afsny? Ek sal vir jou ‘n morfien inspuiting gee, maar ek gril ook vir die boorbesigheid.

    Is daar nie ‘n tandarts naby jou nie

  • 132. Nats  |  Maart 2, 2009 om 4 : 42

    Tweeling
    Geee thanks – onthou net ek gaan ook so by jou staan volgende keer wat jy siek is / pyn het!😈

  • 133. White Knight  |  Maart 2, 2009 om 4 : 43

    Met Adrie aan jou sy hoef jy gelukkig nie te soek vir jou vyande as jy seer het nie.👿

  • 134. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 4 : 43

    GMFFFF

    Tweeling, ek sidder en beef hierso.

  • 135. White Knight  |  Maart 2, 2009 om 4 : 45

    Ridder laat die Perd op Adrie se linker groot toon nael trap tot sy skreeu.😈

  • 136. Nats  |  Maart 2, 2009 om 4 : 46

    Ridder
    Jip – met ‘n vriendin (maak keel skoon) … Tweeling het jy nie ‘n vyand nodig nie!!

    Adrie
    Nou gaan trek ‘n trui aan😉

  • 137. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 4 : 48

    Ridder se perd sal mos nooit op ‘n merrie trap nie.

  • 138. White Knight  |  Maart 2, 2009 om 4 : 52

    Net goeie gemanierde Merries.
    Hy het ook sy trots.

  • 139. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 4 : 54

    Juis

    Hy gaan bang wees ek smeer af.

  • 140. White Knight  |  Maart 2, 2009 om 4 : 56

    Nee wat jou soort trap hy gereeld op. Hy is gewoond aan vuil word in oorlog, dan was hy weer daarna.

  • 141. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 4 : 58

    Jou perd is eintlik baie lafhartig. Hy kan nie trap tensy iemand se rug na hom gedraai is nie.

  • 142. White Knight  |  Maart 2, 2009 om 4 : 59

    Jy nog gebreklik ook boonop?😕

  • 143. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 5 : 00

    Ek wonder nou. Is dit perdjie na sy vaatjie?

  • 144. White Knight  |  Maart 2, 2009 om 5 : 00

    Hy trap op jou Linker groot toon en jy beweer jy staan met jou rug na hom toe. Dan moet jy verseker gebreklik wees.

  • 145. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 5 : 01

    Ridder

    Hoe het jy geweet? Hoekom dink jy het ek spesiale parkeer regte.

  • 146. White Knight  |  Maart 2, 2009 om 5 : 03

    Omdat die trane by jou rug afloop as jy huil?😥

  • 147. Adrie  |  Maart 2, 2009 om 5 : 10

    Ek? Huil??

    Ek kan nie huil nie. Al probeer ek.

  • 148. Renchia  |  Maart 3, 2009 om 8 : 15

    Adrie,

    Ek salueer jou vandag. Ek is ‘n reuse Steve fan, maar hou my opinies vir myself. Dit het tyd geword dat iemand vir Ingrid op haar plek sit. Al my comments haal sy af, want sy het ‘n persoonlike vendetta teen my. Jy sien, ek is Hannie, haar lewensmaat se suster en al daardie inkrimenerende blogs van haar, veral gedurende Oktober verlede jaar, het oor my gegaan. Jy kan my mail as jy wil.

    Lekker dag
    Renchia

  • 149. Adrie  |  Maart 3, 2009 om 6 : 06

    Renchia

    Ek het darem nie ‘n persoonlike vendetta teen Ingrid nie.

    Sterkte met julle familiesake.

    Ek hoop jy kom loer sommer meer male hier in. Voel vry om enige tyd pens en pootjies in te val en saam te kuier.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: