Heuwels val op my

Februarie 27, 2009 at 5 : 47 118 Kommentaar

Zee het onlangs ‘n blog geskryf van hoe klein sy gevoel het nadat sy haar beursie by die huis vergeet het.  Aangesien ek ook ‘n beursie met ‘n wil van sy eie het, weet ek presies hoe sy voel.  Vernederend soos wat dit is, is dit nie die enigste nederige ervaring wat jou kan tref terwyl jy uit is nie.  Dit sal jou nooit by die huis byval nie, maar altyd wanneer dit so ongeleë as moontlik is. 

Behalwe van my moedswillige beursie, is my tweede naam mos ook mors.  Ek weet regtig nie wat die ergste is nie:  om te mors en onbewus daarvan te wees of om te mors en te weet jy kan net mooi niks daaraan doen nie.  Dit sal ook nooit gebeur by jou laaste stop oppad huis toe nie.  Almal moet jou skande die hele dag gade slaan.  Die ergste is wanneer jy nie agter gekom het dat jy tandepasta op jouself gemors het nie. 

Dit is nie net beursies wat ongemanierd hulle eie pad volg nie.  My sleutels het die mode by hulle geleer.  Dit gebeur gewoonlik as ek nie dadelik my sleutels in my sak of handsak sit nie.  Jy voel dan omtrent so groot soos ‘n mier.  Veral as jy formeel moet navraag doen of iemand nie jou sleutels ingehandig het nie.  Gelukkig het ek nie kinders nie.  Dit sal natuurlik die snotkoppies wees wie hulle ma by die aankondiger gaan soek.

In pak kan ook vinnig vir ‘n krisis sorg.  Mens vergeet te maklik iets krities.  Goed soos tandeborsels, haarborsels, onderklere, reukweerder ens.  Jy besef dit gewoonlik wanneer dit te laat is.  Jy is gewoonlik so bly om ‘n plek te ontdek wat dit verkoop, dat enige prys daarvoor ‘n goeie prys is.  Dit gebeur egter ook dat jy die verkeerde goed inpak soos onpaar skoene. 

Skoene hou beslis nie daarvan om op getrap te word nie.  Hulle kies hulle tyd perfek om te breek.  Gewoonlik waar jy nie sommer gou ‘n paar skoene kan koop nie.  Ek dra nooit ‘n ekstra paar skoene saam met my nie.  Die mense gaan dink dat jy gek is as jy kaalvoete loop (jou uitrusting steun gewoonlik nie kaalvoete nie), maar jy lyk belaglik met die stukkende skoen.  Dit is gewoonlik wanneer jy begin wonder of jou testament in orde is.

Het dit julle al oorgekom?  Waarvan het ek vergeet?  Wat laat mans rooi in die gesig? 

Blogvraag:  Hoekom is 1900, 2100 en 2200 nie skrikkeljare nie?

Blogantwoord:  Olga was reg met Sita.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Geheimpies vir skoolwerk Nog ‘n lewe?

118 Kommentaar Add your own

  • 1. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 6 : 03

    Breaking news

    Helen Zille gaan al haar klere uit trek

  • 2. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 6 : 08

    😳 Blertsies😳

  • 3. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 6 : 11

    Met al die riool wat nou in ons damme inloop gaan die regering ” sewerage shedding ” beurtskyt in stel , so as dit nie jou beurt is nie gaan jy moet knyp

  • 4. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 6 : 13

    Hoop ons drink water se gehalte gaan verbeter

  • 5. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 6 : 16

    Lekker slaap almal

  • 6. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 6 : 20

    Ok ek belowe ek loop nou , hier is die laaste

  • 7. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 6 : 21

    1.
    Nigella’s Way
    Stuff a miniature marshmallow in the bottom of a sugar cone to prevent ice-cream drips.

    The Real Woman’s Way
    Just suck the ice cream out of the bottom of the cone, for goodness sake. You are probably lying on the couch with your feet up eating it anyway.

    2.
    Nigella’s Way
    To keep potatoes from budding, place an apple in the bag with the potatoes.

    The Real Woman’s Way
    Buy Smash and keep it in the cupboard for up to a year.

    3.
    Nigella’s Way
    When a cake recipe calls for flouring the baking tin, use a bit of the dry cake mix instead and there won’t be any white mess on the outside of the
    cake.

    The Real Woman’s Way
    Spar sells cakes. They even do decorated versions.

    4.
    Nigella’s Way
    If you accidentally over-salt a dish while it’s still cooking, drop in a potato slice.

    The Real Woman’s Way
    If you over salt a dish while you are cooking, that’s tough! Please recite with me the Real Woman’s motto: “I made it and you will eat it and I don’t
    care how it tastes.”

    5.
    Nigella’s Way
    Wrap celery in aluminium foil when putting in the refrigerator and it will keep for weeks.

    The Real Woman’s Way
    It could keep forever. Who eats it?

    6.
    Nigella’s Way
    Cure for headaches: Take a lime, cut it in half and rub it on your forehead. The throbbing will go away.

    The Real Woman’s Way
    Cure for headaches: Take a lime, cut it in half and drop it into 8 ounces of vodka : Drink the vodka. You might still have the headache, but you won’t
    care!

    7.
    Nigella’s Way
    If you have a problem opening jars, try using latex dishwashing gloves. They give a non-slip grip that makes opening jars easy.

    The Real Woman’s Way
    Why do I have a man?

    8.
    Nigella’s Way
    Freeze leftover wine into ice cubes for future use in casseroles.

    The Real Woman’s Way
    Left over wine???? Helllloooo!

  • 8. Olga  |  Februarie 27, 2009 om 6 : 57

    Seker tweede.

  • 9. Olga  |  Februarie 27, 2009 om 7 : 09

    Ai, hoe vreeslik to. die ou dogtertjie in die langekloof wat deur 2 seuntjies met stokke doodgeslaan is. Die ma staan daar en praat van ‘die kind’ en ‘die kind.’ Ken sy nie haar kind se naam nie?

  • 10. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 7 : 11

    Hallo Olga!

  • 11. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 7 : 16

    Ek dink nogal dat kinders n verleendheid kan skep. Veral as hulle moeg of verveeld raak.

  • 12. Olga  |  Februarie 27, 2009 om 7 : 26

    die antw oop die blog vraag is dem ingewikkeld. Kom daarop neer dat skrikkejaar soos ons weet elke 4 jaar voorkom. die genoemde jare is sentesimaal wat seker maar nie deelbaar is deur 400 nie, alhoeweel dit deelbaar is deur 4. Dis hoe ek dit kan opsom.

  • 13. Olga  |  Februarie 27, 2009 om 7 : 28

    Elo juf annie. Dink jy die seuntjies het die ou dogtertjie uit verveeldheid doodgeslaan?

  • 14. Olga  |  Februarie 27, 2009 om 7 : 30

    Die oppaster kom maar die dogtertjie saamgeneem het klinhek toe.

  • 15. Olga  |  Februarie 27, 2009 om 7 : 32

    Ag dan gaan teef ek maar op mxit. Kom bessie, vat jy die samsung. Ek sal die @&€¤ sony ericsson vat wat my duim opvreet.

  • 16. Olga  |  Februarie 27, 2009 om 7 : 33

    Sien ek reg?Johan stemmet het nie n onderbaadjie aan nie.

  • 17. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 7 : 36

    Olga

    Nee, ek dink nie so nie. Ek dink dit was n gebrek van toesig en die geweld in kinderprogramme en selfs die gemeenskap. Hulle is 5 en 7, hulle leer nog onderskei tussen fantasie en werklikheid.

  • 18. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 7 : 40

    Ek dink tannie Fiela gaan vanaand by die oppasser en ma spook. Hulle is mos juis in die Langekloof of het ek verkeerd gehoor. Hulle sal moet please explain en dit gaan hulle niks help om vis in n pispot te vang nie. Die goewerment se tjap gaan hulle nie red nie.

  • 19. Zee  |  Februarie 27, 2009 om 7 : 49

    Naand dames…

    Adrie, ek mors ook mos altyd op alles, dis hoekom ek daardie stain remover pen in my handsak dra.

    Jinne, ek sweer ek was nog nooit so verleë soos nou die aand nie!

  • 20. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 8 : 04

    Zee

    Dit is maar die prys van n goeie storie. Dit was maar net een aand, maar die storie hou n leeftyd.

  • 21. Olga  |  Februarie 27, 2009 om 10 : 01

    Ja dit het in die langekloof gebeur. Kort n tjap op hulle gesuipery as jy my vra.

  • 22. Olga  |  Februarie 27, 2009 om 10 : 02

    Ons eet so dan en wan uit. En glo my, ek bemors myself altyd as ek ligte klere aanhet.

  • 23. Wille Kjind Q  |  Februarie 27, 2009 om 10 : 18

    Naand alli morsige, vergeetagtige slim mense wat hul tafels oppi banke leer. Ek eet nie ‘gister se kos’ nie ma ek moet sê dat gister se kfc wat julle gelos het dam lekka smaak.

  • 24. Wille Kjind Q  |  Februarie 27, 2009 om 10 : 21

    Ek hou letterlik my foun met albei hande vas net solat ek ka blog👿

  • 25. Wille Kjind Q  |  Februarie 27, 2009 om 10 : 32

    Ek gat nou dux. Nag almal

  • 26. Olga  |  Februarie 27, 2009 om 10 : 49

    Hi en bye wk. J moet nuwe betrie koop man. Nokia programeer daardie fone se btry om net 21 maande te hou.

  • 27. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 43

    More more! Olga…. Ek weier om ‘n bêttery te koop wat ‘n plaas se prys kos. Ek het anyway kla die ding laat vlieg. Nou MOET ek ‘n anne 1 kry:mrgreen:

  • 28. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 56

    Ek ga lekka zoo toe! Ek ga lekka zoo toe! Ek hoop netti dit ga reeni😯

  • 29. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 8 : 15

    More, more. geniet die zoo wk.

  • 30. Adrie  |  Februarie 28, 2009 om 10 : 48

    More almal

    Willes, ek is seker jou familielede in die zoo soek net geld. Jy moet leer om jou voet beslis neer te sit en nee te se! Genoeg is genoeg!👿

  • 31. Beeld  |  Februarie 28, 2009 om 12 : 14

    Clarissa Venter
    Port Elizabeth. – Nog ’n moord op ’n jong kind deur ander kinders het skokgolwe deur die Oos-Kaap gestuur.

    In die vierde moord van dié aard die afgelope jaar in dié provinsie is Elize Smit (3) Donderdag op die plaas De Hoek in die Misgund-omgewing vermoedelik deur twee boeties van onderskeidelik vyf en sewe doodgeslaan.

    Volgens supt. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, moes ’n oppasser na die meisie omsien terwyl haar ouers op die plaas werk. Die oppasser wou egter na die plaaslike kliniek gaan nadat die kind se ouer suster, Lucretia (14), haar omstreeks 06:15 op pad skool toe soontoe gebring het. Die oppasser het klein Elize toe by haar bure se seuns gelos, hoewel ook dié kinders se oppasser nie daar was nie.

    “Ons vermoed die seuns, wie se tweejarige boetie ook in die huis was, het Elize met stokke begin slaan. Sy het aan ernstige kopbeserings beswyk.”

    ’n Klag van moord is geopen. Die seuns vir evaluering is na ’n maatskaplike werker geneem. Nadat ’n verslag saamgestel is, sal die aanklaer in die saak besluit of daar ’n verhoor behoort te wees. Volgens Naidu kan kinders tussen die ouderdomme van twee en sewe nie vir hul dade aanspreeklik gehou word nie.

    Dr. Konrad van Staden, ’n kliniese sielkundige van Port Elizabeth, meen ’n kombinasie van faktore veroorsaak dat kinders só optree. “Sulke kinders kom gewoonlik uit ’n wanfunksionele gesin waar hulle aan geweld en afbrekende gedrag blootgestel word.”

    Hy het gesê hulle vertolk dan daardie rol omdat dié soort gedrag aangeleer word.

    In Maart verlede jaar is Roseline Majola (11) van Joubertina met klippe doodgegooi. Ses van haar maats, tussen 13 en 15 jaar oud, is in hegtenis geneem.

    Daarna is vyf seuns in Augustus in hegtenis geneem weens die moord op die 19 maande oue baba Nikayla (Nunu) Go?liath van Thornhill.

    En op 18 November is die vyfjarige Rayno Ruiters van Port Alfred vermoedelik deur drie seuns van onderskeidelik 14, 15 en 16 jaar oud vermoor.

  • 32. Beeld  |  Februarie 28, 2009 om 12 : 28

    Nicolize van der Walt
    Potchefstroom. – ’n 40-jarige polisiebeampte het eergister hier in die hof verskyn op verskeie aanklagte wat met kinders en pornografie verband hou.

    Die beskuldigde is eergister op borgtog van R2 000 vrygelaat en is nie gevra om te pleit nie.

    Die man, wat glo in die Potchefstroomse gemeenskapsdienssentrum werk, word daarvan beskuldig dat hy glo pornografie aan minderjarige kinders (10 en 14) gewys, hulle op seks voorberei en een van die kinders gedwing het om seks met ’n volwassene te hê.

    Volgens supt. Lesego Metsi, polisiewoordvoerder, gaan dié volwassene ook binnekort in hegtenis geneem word.

    “Ons weerhou die beskuldigde se naam om die kinders te beskerm. Weens die aard van hul (hy en die kinders se) verhouding sal die gemeenskap die kinders kan identifiseer, al is hulle nie familie van die beskuldigde nie,’’ het Metsi gesê.

    Sy het gesê die polisie is besig met ’n ondersoek en die nodige departementele stappe sal teen hom gedoen word.

    Die saak is vir verdere ondersoek tot 18 Maart uitgestel.

  • 33. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 12 : 37

    Dit is n sad, sad dag as mens besef die uitbuiting, molestering en mishandeling van kinders sal net end kry die dag dat daar nie meer kinders is nie.

  • 34. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 12 : 41

    So miskien moet ons ons bearbei om steriliseering voor die voet te laat toepas. As die huidige geslag kinders dan weer kan begin voortplant, behoort dit te wees in n kultuur van geen onreg teenoor kinders nie. Stem julle saam?

  • 35. Adrie  |  Februarie 28, 2009 om 1 : 02

    Nee, dit gaan nie werk nie. Die geslag is alreeds te nagekom en gaan dit op hulle eie kinders doen.

    Dit raak net moeliker om dit onder die mat weg te steek. Hoe moeiliker dit vir die wetters raak, des te beter. Bekhou sterf uit.

  • 36. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 1 : 26

    Jy reken? As kleuters nou al kleuters doodslaan, wa dink jy gaan dit stop? As bulle staan en wag vir mense kinders om gebore te word? Ag, nee, man.

  • 37. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 1 : 36

    Hoekom kom die kinder geweld teen kinders bitter selde tussen swart en blanke kinders voor? Daar is tog meer arbeider families onder die swart bevolking en die die blanke bevolking het haar deer. Is kleurlinge dan meer disfunksioneel as ander rasse? Wk, moet my nie vloek nie, asb. Dit is net n waarneming. Baba tsipang, die ou meisietjies in die grot, die meisie in die dak, om 3 te noem. Ek weet daar is wit kinders ook, swart kinders ook. nee, kyk, dit maak my kop plat.

  • 38. Adrie  |  Februarie 28, 2009 om 1 : 38

    Olga

    Juis, daardie kleuters gaan grootmense word en dan voortplant om die die mens se voorbestaan te verseker. As almal tussen se^ 35 en 15 wat nog nie kinders het nie nou gesteriliseer word om nie te kan kinders he^ nie, is die skade klaar op die jonger geslag gedoen.

    Daar was al van te vore kleutermoorde. Ek dink die seuns het die gemeenskap nageboots. Op die TV word die mense nie met stokke dood geslaan nie.

  • 39. Adrie  |  Februarie 28, 2009 om 1 : 42

    Dwelmmisbruik blyk ook meer onder die kleurlinge te wees. Ek weet nie hoekom nie.

  • 40. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 1 : 43

    Ek het myself nou dalk verkeerd uitgedruk. Maar ek probeer nou sake in perspektief kry. Dan is kinder geweld teen kinders steeds meer algemeen in kleurling gemeenskappe, dan blanke gemeenskappe, dan swart gemeenskappe. Mens hoor bitter selde van sulke dinge uit die indier gemeenskap nou dat ek daaraan dink. Ek wonder hoekom? Wk, dink jy die indiers het hulle eie regstelsel? Of is dit dalk geloofs redes? Hoor ons net nie daarvan nie of gebeur dit nie? As dit nie gebeur nie, dan kan die res van ons gewis gaan lesse neem by die mense.

  • 41. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 1 : 49

    Weet jy juf annie, ek dink drank en dwelms is net ekskusies. Almal suip deesdae. Ek ook. Dit meen nie ek moet wette gaan oortree net omdat ek gesuip het nie. Dalk moet alle vorms van alkohol vervaardiging verban word. Mens kan druiwe in vaste vorm ook eet. Maar instede daarvan het die regering gaan interblixem met tabak verbouing om rook as n euwel uit te roei. Sowaar, ek kan nie die logika daarvan insien nie.

  • 42. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 1 : 55

    Self toe ek 20 sigarette per dag gerook het, het ek my nie aan mishandeling, aanranding, moord, dronkbestuur, pedofilie, roof, ens vergryp nie. Ek het altyd geweet wat ek doen, wat mense om my doen, wat om my aangaan. Ja, ja, ek weet. Misdaad en ander vergrype word deur nugter mense gepleeg. Seker maklik 3kwart van die tyd. So, drank, dwelms, breimspoeling is net ekskusies.

  • 43. Adrie  |  Februarie 28, 2009 om 2 : 03

    Olga, ek laat my nie vir n oomblik oortuig dat dit nie met die indiers voorkom nie. Hulle is n baie geslote gemeenskap. Tog is daar nie so iets soos vroueregte by hulle nie. Kinders word kleintyd al verloof, nadat hulle seker gemaak het die dogtertjie is n maagd. Die vrou word gestraf as sy verkrag is. Dit is die man se reg om sy vrou(ens), dogters ens te mishandel soos hy goed dink.

    Daarmee se ek nie dat alle Indiers of selfs die meeste van hulle barbaarse monsters is nie.

  • 44. Adrie  |  Februarie 28, 2009 om 2 : 09

    As n mens in ag neem dat Childline net vrywilligers soek wat n swart taal magtig is, moet n mens seker aanneem dat hoofsaaklik net swart kinders hulle dienste gebruik. Of dat hulle net swart kinders wil bedien. Indier, blanke en kleurlingkinders praat Engels of Afrikaans.

  • 45. Adrie  |  Februarie 28, 2009 om 2 : 14

    Huishoudelike geweld en verkragtings neem toe wanneer daar gesuip, gespuit, gesnuif, gerook (buiten gewone tabak) of gepop word. Dit is die realiteit. Dit is egter geen verskoning nie. Mense moet verantwoordelikheid vir hulle eie dade aanvaar.

  • 46. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 3 : 17

    Net so. Maar waar daar n vice is, is daar n ag kry my jammer, ekskuus ne.

  • 47. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 3 : 28

    Onthou jy die wat rooineus my uitgetrap het? Ek het die cmr gebel en omt te begin die adres genoem. Nie die probleem nie. Toe die cmr wie ek in katoorure op haar sel moes bel, die adres hoor, toe se sy dadelik, ‘dit is n kinderwelsyn geval. Kan ek u die maatskaplike werkser, mev wie se moer ookal, se telnr gee? Watter probleem? Ek het nog nie die probleem genoem nie. Vir my vertel dit daar moes voorheen al klagtes gewees het. Of raas my kop? Soveer ek weet, was kinderwelsyn nog nie naby die gesin nie.

  • 48. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 3 : 30

    Sjym dit was die dag dat klip ook uitgetrap was deur rooineus.

  • 49. Adrie  |  Februarie 28, 2009 om 4 : 46

    Van Klip gepraat, hy rooflees nie eers vandag nie.

  • 50. Klip  |  Februarie 28, 2009 om 5 : 14

    Hier het ek so pas aangeland, klaar geroof lees , en ek wil julle terugvoer gee oor die meisiekind waarvan ek gepraat het.

  • 51. Klip  |  Februarie 28, 2009 om 5 : 22

    Die meisie gaan blykbaar Vrydag Nelspruit toe , na een of ander rehab. Ek het gister met my vriend gesels rondom hoe om hulp aan te bied , toe kom ek agter daar is meer as wat die oog kan sien.

    Die kind was toe nie by Sanca nie , want die ma weier dat sy moet gaan , blykbaar is sy bang al hulle familie geheime gaan op die lappe kom. Ons vermoed dat die kind eerder na n kinderhuis in Nelspruit gestuur word.

    My vriend se seun het die afgelope twee dae twee katte vermoor( sy sussie en ouma se katte) , en hy ontken dis hy.

    Ek moet Woensdag sy ander seun by Denmar gaan haal , hy moes daar gewees het vir 21 dae , maar lyk my hulle gaan net 14 dae met hom uithou. Hy is erg verslaaf aan heroien , en die verslawing is nog nie aangespreek nie .

    Hoe gee n mens raad as iemand dit nie wil aanvaar nie ? Daar is so baie geraamtes in die kas , wat dalk ontbloot gaan word , en nou soos Olga sal se , nou raas my kop. Ek dank net die Hemelse Vader dat my gesin nog relatief normaal is .

  • 52. Klip  |  Februarie 28, 2009 om 5 : 33

    An Aussie refuse collector is going along a street picking up the wheelie bins and emptying them into his dustcart. He goes to one house where the
    bin hasn’t been left out, so he has a quick look for it, goes round the back of the house, but still can’t see it. So, against the rules but in the spirit of kindness, he knocks on the door.
    There’s no answer.
    Being a kindly and conscientious bloke, he knocks again – much harder.

    Eventually a Japanese bloke comes to the door. ‘Harro!’ says the Japanese chappie.

    ‘Gidday, mate! Where’s ya bin?’ asks the collector

    ‘I bin on toiret’ explains the Japanese bloke, a bit perplexed.

    Realising the little foreign fellow had misunderstood him, the bin man smiles and tries again. ‘No mate, where’s your dust bin?’.

    ‘I dust been to toiret, I toll you!” says the Japanese man – still perplexed.

    ‘Listen,’ says the collector. ‘You’re misunderstanding me. Where’s your wheelie bin?’

    ‘Ok. Ok ‘ replies the Japanese man with a sheepish grin. ‘ I wheelie bin having sex wirra wife’s sister……..!’

  • 53. Klip  |  Februarie 28, 2009 om 5 : 36

    A teacher was doing a study testing the senses (taste) of first graders using a bowl of lifesavers
    The children began to identify the flavors by their color:

    Red………………..Cherry

    Yellow…………….Lemon

    Green…………….Lime

    Orange …………..Orange

    Finally the teacher gave them all HONEY lifesavers. After eating them, none of the children could identify the taste.

    ‘Well,’ she said, ‘I will give you all a clue. It’s what your mother may sometimes call your father.’

    One little girl looked up in horror, spit her lifesaver out and yelled, ‘Oh my gosh!! They’re ass-holes’

  • 54. Klip  |  Februarie 28, 2009 om 5 : 40

    HTTP error WTF❓

    Ek sukkel my boude af vandag

  • 55. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 6 : 10

    ai, hoe kan enige mens in s.a vandag aan heroine verslaaf raak. Hoe bekostig jong wit mense dit op die salarisse wat hulle in s.a verdien?

  • 56. Klip  |  Februarie 28, 2009 om 6 : 43

    Die seun het std 7 gedruip, hy het al amper sy ouers se huis leeg gedra , hy het n vriendin wie se ma hom na die drug dealers toe aanry , en met die fokker vroumens is ek nog nie klaar nie.

    Die kinders gebruik enige ding(rook , spuit , snuif , you name it) …..ek kon dit nie glo nie …..

  • 57. Klip  |  Februarie 28, 2009 om 6 : 44

    Wel ek is af vir die volgende paar dae

    Hoop julle het almal n mooi week wat voorle.

  • 58. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 24

    I are back! Lekka sopnat gereën toe ek by die huis stop. Kan nie glo dat mens binne 10 voet vanni kar tot by die deur so nat kan word nie😯

  • 59. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 26

    Olga…. Ongelukkig ka ek jou nie antwoord nie. Ek sal jou okki vloek net oorlat jy vra nie. Die bêre ek net vi spesiale mense wat my smeek😉

  • 60. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 31

    Behalwe vi my buurman wat ‘n druglord is het ek nog net op skool tedoene gehad met die euwel. In my lewe het ek meer blankes gesien drugs gebruik. Onthou net dat die omgewing waarin ek grootgeword het uit 90% blankes bestaan het.

  • 61. Zee  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 32

    Olga…

    Dis hoekom ek die Nigerians so haat. Hulle kry eers die kinders aan die goed verslaaf….compliments, en dan koop hulle dit,maar dit is spot goedkoop so R40 n sakkie in Hillbrow..

    Dan steel hulle om die habbit aan die gang te hou!

  • 62. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 33

    Klip… Dis super bad! Ek dink aan jou. Dit kanni maklik wees nie.

  • 63. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 34

    Lo Zee

  • 64. Zee  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 34

    WK, ek is so bly ek weet nie waar jy bly nie…

    Daai druglord sou dit seker dan nie gemaak het nie!

  • 65. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 36

    Zee… Eish! Die man se boetie is ‘n speurder of ‘n ding

  • 66. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 39

    Aani begin het ek baklei, polieste gebel, gevloek, mooi gepraat, gebitch, geskel…. Ma helaas… Ek het net my eie lewe in gevaar gestel

  • 67. Zee  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 39

    Wk…dan se ek ook maar net EISH!!!!!!!

  • 68. Zee  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 40

    WK dit is die probleem… die wat moet beskerm word, word nie beskerm nie!

  • 69. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 41

    Mind you…. Ek sal self ‘n zol of 10 rook as ek nooit na daai simpel chicken licken ads hoef te kyk nie

  • 70. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 43

    Miskien moet ek vi die polieste ga werk

  • 71. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 44

    Zee, ek het sover deur di genade nie n kind aan dwelms verslaaf nie, as jy egter beskuit jy gaan n nigerier lynch of wk se buurman se huis om sy ore afbreek, skree net voor die tyd. Jy sal nie alleen tjoekie toe gaan nie.

  • 72. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 44

    Wil jy ‘n happie van my kfc hê. Ek sien die omo boks staan ook hier

  • 73. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 46

    Olga… Be my guest. Ek sal die popcorn gereed hou:mrgreen:

  • 74. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 46

    Wk, wat maak die chicket licket ad?

  • 75. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 47

    Daai 3 simpel moffies maak my naar. ‘You’ve been served’

  • 76. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 48

    Waarmee wk?

  • 77. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 49

    Popcorn en omo boks❗

  • 78. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 50

    Huh? @ 76

  • 79. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 50

    Ek het dit nog nie gesien nhe. As nog n do@&¥#%§€ miskiet my steek, vang ek die swernoot, smeer sy gat met sannie se cream en park my grassnyer daar in.

  • 80. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 51

    Eish!

  • 81. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 52

    Waaraan kan ek jou guest wees? Dis lent. Ek moet maar die omo box en die popcorn pass.

  • 82. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 52

    Ek skink eerder vi ons ‘n knertsie

  • 83. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 54

    Genade. Ons praat soos 2 wat kla gesjuip is. Vigeet die knertsie

  • 84. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 54

    Ek moet maar water drink. sonder eisj.

  • 85. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 56

    Ek kan nie zol snuif nie.😆 ek sal nies daarvan.

  • 86. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 57

    He! He!

  • 87. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 59

    By the way… Ek hoop vi jou part jy sien nooit daai C licken ads nie. Dit sal jou somme dop en zolle gebruik

  • 88. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 7 : 59

    Blerrif foon vries nou na elke 5c.

  • 89. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 8 : 01

    Eitch. My ma wil nou dat ek more plante gat koop wat sy wil plant. Eksi baja lussi

  • 90. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 8 : 02

    Ai, ek kyk deesdae tv net om te chat. En my kog is te plat om op 2 skerms op 1 slag te konsentreer.

  • 91. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 8 : 02

    My duim is al seer getik😥

  • 92. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 8 : 03

    Hoekom nie? Kwekery is my 1 van my fav plekke.

  • 93. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 8 : 04

    Ek kan boek lees, tv kyk en oppi blog chat:mrgreen:

  • 94. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 8 : 05

    Die °¢®¤ soniy erikΞon met sy smal knoppies en dun ringetjies maak my duim tog so seer.

  • 95. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 8 : 06

    Die plante koop issi die probleem nie. Probleem is EK sal dit moet plant. Dit terwyl ek kook en wasgud was

  • 96. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 8 : 07

    Ek moet nog ‘n foun gat soek ook nog👿

  • 97. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 8 : 07

    My kop raas te hard daarvoor.

  • 98. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 8 : 08

    Hoekom moet naweke so kort wees?

  • 99. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 8 : 09

    😆 Dis terapeuties man. Laat jou sus kos maak en gooi die wasgoed onder die bed.

  • 100. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 8 : 11

    Ag, dis amper april met 3 langnaweke.

  • 101. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 8 : 11

    My sal in ha lewe nie kook nie. En ek hetti so baja klere dat ek dit onner die bed ka gooi nie

  • 102. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 8 : 12

    Bedoel my SUS

  • 103. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 8 : 12

    Wat gaan nou met opera aan?

  • 104. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 8 : 15

    Sy trek seke ha mini uit

  • 105. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 8 : 16

    Nou wys dit gevreetjies by die naam. nie meer doer regs as jy dit aanskuif nie. Nee, ek dink die raaskop platkop siekte het aangesteek.

  • 106. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 8 : 16

    Klein slet hou mos van strip

  • 107. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 8 : 18

    Dis oorlat jy nie ‘n knertsie wil hê nie

  • 108. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 8 : 18

    Nou wys dit gevreetjies by die naam. nie meer doer regs as jy dit aanskuif nie. Nee, ek dink die raaskop platkop siekte het aangesteek. Treurigheid tog. ag opera fatcat b. . . . druk dit.

  • 109. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 8 : 20

    Nou wa my comment?

  • 110. Wille Kjind Q  |  Februarie 28, 2009 om 8 : 25

    Olga… Jyt die blog getoor

  • 111. Olga  |  Februarie 28, 2009 om 11 : 27

    Toe het my 5c deurgegaan, maar opera (bitch) se vir my type a comment terwyl die comment steeds in die regte hokkie daar is.

  • 112. Olga  |  Maart 1, 2009 om 8 : 03

    More, more!

  • 113. Jo-Ann  |  Maart 1, 2009 om 8 : 40

    🙂

    Die beste ooit was Vrydag…. besig dat die biesies bewe en ‘n makelaar bel my terwyl ek vir ‘n slag agter my lessenaar sit. Na ‘n lang gesprek vra hy my om sommer vir hom die nommer te SMS. Ek begin toe sommer so in die gesels solank vir my selfoon soek. (Hou ingedagte dat my vorige selfoon uit my kantoor gesteel is in ‘n ander gebou). Paniek pak my beet omdat ek die ding nie kry nie. Ek sê afgetrokke koebaai en soek nog… en sien die simpel ding in my hand – die makelaar het my nie op die landlyn gebel nie. Ek raak nou oud!

  • 114. Adrie  |  Maart 1, 2009 om 9 : 25

    Jo

    WHAHAHAHAHAHAHAHAHA

    Briljant!!!

    More Almal

  • 115. fokker  |  Maart 1, 2009 om 10 : 07

    more almal n leke sop nat sondag ogend

  • 116. Salome  |  Maart 1, 2009 om 2 : 19

    Hallo julle almal!!!

    Liefie was eendag soos ‘n wille ding toe ons kruideniers koop en sy kaart nie wil swipe nie. Hy het ‘n vreeslike bohaai opgeskop oor P&P se verdomde kaartmasjiene wat nooit werk nie, die trollie goed net so gelos en ons het oor die straat by Checkers gaan koop. Die kaart wat nie wou deur gaan was vir my nie naastenby so erg soos Liefie wat vir die Bestuurdertjie kliphard vertel dat sy dames almal clueless is. Ek het so tussen die ander mense deur by die deur uit verdwyn. (Dit is darem tog snaaks dat dit altyd net by P&P is wat Liefie se kaart skielik nie werk nie.)

  • 117. Adrie  |  Maart 1, 2009 om 2 : 32

    Hi Saloom

  • 118. Olga  |  Maart 1, 2009 om 5 : 09

    Ons het donderdag dieselfde by checkers ør gekom. Nou 5 dae later skuld checkers hazy view ons r484, 36. Maar dis te lank n storie om hier te vertel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: