Geheimpies vir skoolwerk

Februarie 26, 2009 at 5 : 48 210 Kommentaar

Soms op skool is daar ‘n geheime skakelaar wat die duisternis van ‘n les eensklaps kan verlig.  ‘n Goeie onderwyser sal die geheim ontsyfer of formuleer en aan die klas bekendstel.  Dit sal ‘n les in die brein vasmessel, een wat nooit weer vergete sal raak nie.  Waarvan praat ek?  Daardie rympies, leidrade en speletjies wat skoolwerk eintlik skool speel gemaak het.  Goed wat nie in ‘n handboek is nie, maar wat wonders werk.

Voorbeelde sal dalk beter werk.  Ek onthou vandag nog die eerste les in Engels st 3.  Ek moet byvoeg dat die Engelse Juffrou (en registeronderwyser) so mal soos ‘n paashaas was.  Sy kon ook baie lekker fudge maak wat sy by die skool verkoop het.  Met die les moes ons almal op die tafels (nie stoele nie) staan.  Herhaldelik het ons uitgeroep “I am the king of the castle and you the dirty rascals.”  I was hoër as die stoele (rascals) en word daarom altyd met ‘n hoofletter geskryf.

In st 4 het die Bybelmeneer nog ‘n raaisel vir ons kom oplos.  Hoe om interessant altyd reg te spel.  Dit was sommer ietsie terloops toe ‘n kind hom vra om met die spelling te help.  ‘n Meisie dra 1 rokkie en twee sokkies.  Dus het interessant een R en twee S’e.  Wie gaan nou weer interessant verkeerd spel?

Ons st 5 wiskunde juffrou het ons weer ‘n manier gegee om nooit weer die 9 maal tafel verkeerd te hê nie.  Jy hou jou hande voor jou, palms na onder.  Van links af, is jou linker pinkie 1, jou wysvinger 2, jou middelvinger 3 ens.  tot by jou regter pinkie wat 10 is.  Jy laat sak die vinger van die tafel wat gevra word.  Links van die vinger is die tiene en regs die ene.  Bv 4 x9, jy laat sal jou linker wysvinger (vinger no 4).  Daar is 3 vingers regs (30) en 6 vingers regs (6).  Die antwoord is dus 36. 

Wie ken die name van die planete?  Ek, danksy Arm Man Maer Vent Jy Sien Uit Na Pap (Aarde, Mercurius, Mars, Venus, Jupieter, Saturnus, Uranus, Neptunus en Pluto).  My ma het my die rympie in die laerskool geleer (nee, my ma is nie ‘n juffrou nie), sy het dit weer by ‘n onderwyser geleer.  In st 6 het ons die planete geleer, maar toe ken ek dit klaar.  Ons het selfs ‘n rympie geleer wat die planete in volgorde geplaas het, maar my rympie het vasgesteek en hoe moeilik kan volgorde nou wees?  Die rympie werk nie meer vandag nie, Pluto  is mos nie meer ‘n planeet net.

Watter geheime het jy op skool geleer? 

Blogvraag:  Wie het Uit Juffrou se dagboek geskryf?

Blogantwoord:  Volgens Childline:  Fisiese Mishandeling, Emosionele Mishandeling, Seksuele Mishandeling en Afskeep.

Ons het die Rose Projek in werking gestel.  Ons het ‘n gesin geidentifiseer wat probeer, maar tog ‘n bietjie ekstra hulp nodig het.  Ek het vir almal wat aangedui het dat hulle wil help ‘n epos gestuur.  As jy dalk ook betrokke wil raak of net meer inligting soek, wys my net met ‘n comment.  Ek sal dan die besonderhede vir jou aanstuur.  Ons probeer om soveel as moontlik kruideniersware vir die gesin in te samel.  Hulle het ‘n paar troeteldiere ook, dus is troeteldier kos ook nie te versmaai nie.

Byvoorbaat dank.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

DBV teenoor KBV Heuwels val op my

210 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 2 : 31

    Selfoon🙄

    As sy nie gou een kry nie, is sy binnekort in ‘n sel. A padded cell

  • 2. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 2 : 33

    WK is op n “anger management” seminaar😆

  • 3. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 2 : 33

    Die eerste blogger van Groendakkies.

  • 4. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 2 : 37

    Maar verseker nie die laaste een nie.

  • 5. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 2 : 40

    As gevolg van my “anger ” het ek vanoggend n paar career limiting statements gemaak

  • 6. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 2 : 41

    Wie braai vanaand??

  • 7. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 2 : 42

    Of sal ek vra , wie gaan uit eet vanaand?

  • 8. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 2 : 45

    Of wie gaan fliek?

  • 9. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 2 : 46

    Of wie gaan fokkerol doen?

  • 10. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 2 : 47

    Soos: Lig jou gat en doen dit self?

  • 11. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 2 : 47

    Moet nou nie so geheimsinnig wees nie

  • 12. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 2 : 47

    Ek gaan waarskynlik vanaand kos inbring.

  • 13. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 2 : 50

    A3 my statement was n bietjie meer harsh gewees, my senior se wange is nou bol geblaas , hy lyk soos n 2010 sokkerbal

    Te m&*^& met tradieses …..

    Hy gaan seker bok slag vanaand om van al die evil spirits ontslae te raak

  • 14. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 2 : 51

    Kos inbring??? is dit nou as jy vir WK in haar sel gaan kuier

  • 15. Nats  |  Februarie 27, 2009 om 2 : 51

    Sjoe julle kan omtrent praat sodra mens kos noem!

    Klip
    Verkeerde kos is die wat mens skelm wil eet wat baie vet maak!😉
    En gewoontlik is dit kos wat so lekker is wat ongesond is – en ek vir een is mal oor souse en baie kaas in my kos!! Mmmm

  • 16. Zoekoe  |  Februarie 27, 2009 om 2 : 51

    EK gaan ‘n wortel eet vanaand . . . na GYM !

  • 17. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 2 : 52

    Klip

    Gee hom net ‘n paar stene om ‘n brug mee te bou.

  • 18. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 2 : 53

    Kos maak net vet as jy nie daarvoor bid nie

    Ek kan nie wag dat dit kouer moet word sodat ek weer lekker sop kan vreet nie .

  • 19. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 2 : 53

    Ek messel hom eerder toe…..

  • 20. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 2 : 53

    Shame Zoekoe, het jy ‘n donkie geword?

    Nats, jy weet mos hoe is mense oor kos.

    Klip, wat anders moet ek met kos doen wat ek weggeneem het?

  • 21. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 2 : 54

    ‘n Mens kry ook koue soppe.

  • 22. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 2 : 56

    Zoekoe , n wortel met kaas sous ??

    Lekker yskoue tamaties met baie sout

    Ek gaan vanaand wegle aan slaptjips en rissies by die roadhouse. Dis lekker vetterig en gly so met die brand sommer lekker af. More is dit weer “ringsting “op sy beste

  • 23. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 2 : 57

    A3 seker as jy terugkom moet jy dit eet

  • 24. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 2 : 58

    Koue sop is soos warm roomys

  • 25. Zoekoe  |  Februarie 27, 2009 om 2 : 58

    eerder i hasie –

  • 26. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 2 : 59

    Ek is inherent baie lui so ek hou van sop , dan hoef ek minder te kou .

  • 27. Zoekoe  |  Februarie 27, 2009 om 2 : 59

    Die wortel gaan op my EXTRA LARGE PIZZA wees, as garnishing 😀

  • 28. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 3 : 01

    Klip

    Nee, man. Sop wat bedoel is om koud bedien te word.

  • 29. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 3 : 01

    Nou praat jy

  • 30. Zoekoe  |  Februarie 27, 2009 om 3 : 02

    Ek stem saam met Klip…. sop moet nooit koud wees nie, en bier nooit warm nie, maak nie saak wat die engelse sê nie. . .

  • 31. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 3 : 04

    Sop is vir siek mense, koud of warm.

  • 32. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 3 : 06

    My vrou wil my los as gevolg van siekte

  • 33. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 3 : 08

    Van ‘n siekte wat jy vir haar gegee het?

  • 34. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 3 : 08

    Sy is siek van al my stront wat ek aanvang….

  • 35. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 3 : 09

    Nee ek speel sommer .

  • 36. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 3 : 10

    Wie kan mev Klip blameer?

  • 37. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 3 : 12

    Ai sy het ook al hare op haar tanne

  • 38. Zoekoe  |  Februarie 27, 2009 om 3 : 14

    Plax, dit verwyder hare op tande 😆

  • 39. Verons  |  Februarie 27, 2009 om 3 : 16

    So van Handtekeninge namaak my 2 kinders het my handtekening so goed nagemaak dat nie eers ek kon sien dis nie ek wat daar geteken het nie, inteendeel altwee van hulle het daai handtekening as hulle ie aangeneem. As ek my seun en my dogter ons handtekening op dieselfde papier maak sal jy nie kan sê wie sin is wie sin nie!! Weird daai 2 van my!!😀
    Klip ek gaan vannaand saam met my pelle kuier, more rugby kyk en kuier en Sondag kom my kinders by my eet!
    Gie-gie ek het al verleer om te kook wonder wat gaan ek aan hulle voorsit???😕

  • 40. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 3 : 17

    Dis fungus, sy moet gaan tande borsel.

  • 41. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 3 : 27

    Verons

    KFC?
    😉 Jy was jou kids se ma, verbaas dit you dat hulle weird is?

  • 42. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 4 : 14

    Is almal vroeg huis toe?

  • 43. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 4 : 14

    Jeuk die pay so baie?

  • 44. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 4 : 15

    Die idee is om dit oor die hele maand uit te gee, nie in een naweek nie.

  • 45. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 4 : 16

    Anders is daar nog baie maand oor aan die einde van jou pay.

  • 46. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 4 : 17

    Enige vrywilligers om my kar te was?

  • 47. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 4 : 17

    Nee, ek is nie van plan om julle te betaal nie.

  • 48. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 4 : 17

    Dalk, as jy ‘n goeie job doen Z$10

  • 49. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 4 : 18

    Vir binne en buite.

  • 50. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 4 : 18

    Hoera!!!

    Ek is die alleenheerser op die blog.

  • 51. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 4 : 20

    😉 Nie juis dat dit nuus is nie.

  • 52. poplap  |  Februarie 27, 2009 om 4 : 52

    lo

  • 53. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 5 : 38

    Hola poplap, as ek so na die tyd kyk is jy ook seker al huistoe

  • 54. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 5 : 42

    Aan die einde van my pay is daar nog baie maand oor.

    Verons , dit klink of jou naweek goed beplan is .

    A3 maar jou kar kan nog nie vuil wees nie

  • 55. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 5 : 45

    A3 jy is seker nou besig om weg te le aan daai wegneem ete van jou

  • 56. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 5 : 51

    lyk my eks alleen

  • 57. Klip  |  Februarie 27, 2009 om 5 : 51

    Ok ek loop ook nou maar ……

  • 58. Klasgenoot  |  Februarie 27, 2009 om 7 : 32

    Betty Eats Cake And Uncle Sells Eggs = Because

  • 59. Adrie  |  Februarie 27, 2009 om 8 : 20

    Klasgenoot,

    Noudat jy dit noem, ons het dit ook geleer. Ook in st 3. Ek weet daar is ook sulke rympies vir Difficult en Mississippi. As ek dit verkeerd gespeel het, vergewe maar, ek het nooit die rympie geleer nie.

  • 60. Klasgenoot  |  Februarie 28, 2009 om 1 : 06

    Ek weet, ek was saam jou innie klas😛

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: