DBV teenoor KBV

Februarie 25, 2009 at 6 : 00 329 Kommentaar

Die DBV is nie my gunsteling instelling in Suid-Afrika nie.  Tog moet ek hulle erkenning gee vir hulle werk.  Niemand kan dit deesdae waag om skeef na hulle honde / katte / diere te kyk nie.  Die DBV is soos ‘n sluimerde skaduwee, altyd reg om uit die bos te spring en die oortreders vas te vat.  Met krag en mening.  Hulle gaan ‘n groot bohaai opskop, sodat elke koerant ‘n berig gaan dra en dit op elke Talkshow, joernaalprogram, radioprogram en blog bespreek gaan word.

Goed en wel, dit is immers hoekom daar ‘n DBV is.  Vergelyk dit met wat gebeur wanneer daar met kinders gemors word.  Dit kom wel in die koerante, maar met ‘n mediavrystelling van die polisie of ‘n verslagewer wat in die hof rondhang.  ‘n Mens hoor nooit van Kinder Beskermings Vereniging (KBV) nie.  Hulle is baie minder aggressief en heelwat minder effektief.  Hoekom?

Is hulle bang om aanstoot te gee of wend hulle net ‘n halfhartige poging aan om mee te begin?  ‘n Mens hoor net van hulle as hulle in geldelike nood verkeer.  Jy sien in hulle plamfette van die goeie werk wat hulle doen.  Tog sien jy nooit dat hulle soos die DBV by ‘n huis inbars en ‘n kind met alles moontlik uit haglike omstandighede verwyder nie.  Dit word van die staat verwag om dit te doen, maar die staat het ander belange.

Is daar iemand met guts wat bereid is om so ‘n organisasie te stig?  Wat ‘n boelie op hulle plek gaan sit en in belang van die kind gaan optree?  Wat mense gaan dwing om van hulle kennis te neem soos in die geval van die DBV.  Ek glo vas hoe meer mense bewus gemaak gaan word oor kindermishandeling, hoe meer en gouer gaan daar daadwerklik opgetree word.

Miskien lê die verskil in menseregte en diereregte.  Juis omdat ‘n dier minder regte het, is dit dalk makliker om diere te beskerm.  Dit is ook nie onaanvaarbaar om jou neus by ‘n dier se sake in te steek nie.  Dit is ook makliker en goedkoper om ‘n dier te versorg as ‘n kind.  Tog kan ‘n beskadige kind baie meer skade aan die samelewing aanrig as ‘n beskadige dier.  Dalk het hulle nie die fondse om daadwerklik op te tree nie. 

Ek weet nie.  Ek weet net dat ek by ‘n KBV wil aansluit wat ‘n werklike verskil kan maak.  Laat weet my as julle van een weet.

(KBV is net my eie versamelterm vir nie-winsgewende kinderorganisasies.)

Blogvraag:  Wat is die 4 tipes kindermishandeling?

Blogantwoord:  Olga was reg.  Klara Kunig was te genadig en menslik met die Jode gewees.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Irma Grese Geheimpies vir skoolwerk

329 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Februarie 26, 2009 om 5 : 26

    300 ste

  • 2. poplap  |  Februarie 26, 2009 om 5 : 26

    seker drank of kos…

  • 3. Klip  |  Februarie 26, 2009 om 5 : 26

    Your wish is my command

    Hunters Dry , en n Pina Colada oppad.

  • 4. poplap  |  Februarie 26, 2009 om 5 : 27

    hehe…you snooze you loose!!!!

  • 5. Adrie  |  Februarie 26, 2009 om 5 : 27

    Poplap

    Jy is die wenner van more se skrywe. Posduif dit asb aan my.

    Vandag se topic? Maak jy nie eers of jy die post lees nie?

  • 6. Klip  |  Februarie 26, 2009 om 5 : 27

    Poplap , jy moet net nie vergeet nie , almal hier het ook na jou verlang

  • 7. Adrie  |  Februarie 26, 2009 om 5 : 28

    Dankie Klip

    Mmmm, jy weet hoe om jou drankies te meng.

  • 8. poplap  |  Februarie 26, 2009 om 5 : 28

    ag dankie klip, nou voel ek ook special

  • 9. poplap  |  Februarie 26, 2009 om 5 : 29

    a3

    jy is starrag vandag! die 616 topic

  • 10. Klip  |  Februarie 26, 2009 om 5 : 29

    Daai dag was dit so warm hier in op die blog soos die SON op bladsy 3

  • 11. poplap  |  Februarie 26, 2009 om 5 : 30

    ek sal my prys afstaan aan klip….mater da wens jy 1st prize.

  • 12. Klip  |  Februarie 26, 2009 om 5 : 30

    @}`~~~

    So spesiale blommetjie saam met elke glas . Baie dankie , dis nie elke dag dat ek vir iemand iets kan ingooi om te drink nie

  • 13. Adrie  |  Februarie 26, 2009 om 5 : 31

    Poplap

    Daar was ‘n bakleiery soos min, nadat Klip ‘n drol gekloon het. Die onderwerp was jou dood in ‘n hospitaal

  • 14. Klip  |  Februarie 26, 2009 om 5 : 32

    poplap , ek is gestrem , ek kon nog nooit n opstel skryf oor enige onderwerp nie , net saam stront praat😆

  • 15. Adrie  |  Februarie 26, 2009 om 5 : 32

    Ek groet julle vereers.

    Die nuwe blog sal so binne die volgende halfuur verskyn.

    Tata

  • 16. poplap  |  Februarie 26, 2009 om 5 : 34

    klip

    dan is dit nou tyd vir BAIE stront praat!! as jy 616 posts met jou geklonery kan veroorsaak….het ek alle vertroue in jou

  • 17. Klip  |  Februarie 26, 2009 om 5 : 34

    Geniet jou aand A3 en ry veilig

  • 18. poplap  |  Februarie 26, 2009 om 5 : 35

    ongeskik!! my dop is nog nie eers klaar nie en daar gat sy

  • 19. Klip  |  Februarie 26, 2009 om 5 : 36

    Dankie vir die vertroue poplap, maar as ek my hoe hakskoene en Gstring aantrek is daar nie keer nie, maar A3 vang my nog elke keer uit , ek dink dis omdat ek nie beenhare skeer nie

  • 20. poplap  |  Februarie 26, 2009 om 5 : 37

    wax dit dan, dis gou-gou

  • 21. Klip  |  Februarie 26, 2009 om 5 : 37

    Drink and drive.

    Julle dames kan mos multi task ?

  • 22. poplap  |  Februarie 26, 2009 om 5 : 38

    en kak seer

  • 23. Klip  |  Februarie 26, 2009 om 5 : 38

    😮 ek is so rond daar sal nie genoeg wax wees nie

  • 24. poplap  |  Februarie 26, 2009 om 5 : 39

    drink,drive en blog=konsternasie

  • 25. Klip  |  Februarie 26, 2009 om 5 : 40

    Ek probeer van hierdie hare wat by my neus uitgroei ontslae raak , maar my oe traan so ek kan niks sien nie , en wax gaan ook nie werk nie

  • 26. poplap  |  Februarie 26, 2009 om 5 : 40

    ek gaan ook nou ma eers waai, praat weer klip.

  • 27. Klip  |  Februarie 26, 2009 om 5 : 41

    Ek moet toegee daar is darem maar mense wat vinnig kan tik op hulle selfone , en dan nie eers kyk waar hulle tik nie

  • 28. Klip  |  Februarie 26, 2009 om 5 : 41

    Geniet jou aand poplap , en as jy nog nie tuis is nie ry veilig

  • 29. AMELIA  |  Februarie 26, 2009 om 8 : 46

    Baie dankie ek het nie geweet hoof letters het so bedoeling nie, wat sus Salome betref, het haar nou gebel sy se rekenaar is nog in die hospitaal en ons hoop dus op spoedige herstel vir hom.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: