Irma Grese

Februarie 24, 2009 at 6 : 10 115 Kommentaar

What can you say about a girl that was 22 and died?  That she served her cause, was cruel, sadistic and loved no-one, not even herself.  (‘n Gruwelike verdraaiing van Erich Segal se openingsparagraaf in Love Story.)

Dink aan die Nazi’s en jy dink dadelik aan Hitler, Himmler en die SS.  Die SS is gesiglose monsters vir wie die Jode ‘n heilige vrees voor gehad het.  Sommige van ons weet selfs dat daar vroulike SS lede was.  Volgens wikipedia was daar soveel as 3700 vroulike wagte van die konsentrasie kampe gewees.  Meestal wreed en bloeddorstig.  Een veral se naam het herhaaldelik opgekom.

250px-irma_grese

Irma Grese, gebore op 7 Oktober 1923, was een van Alfred en Berta Grese se 5 kinders gewees.  Berta het in 1936 selfmoord gepleeg en haar pa het in 1937 by die Nazi’s aangesluit.  Grese was 14 toe sy die skool verlaat het, onder meer omdat sy swak gevaar het, geboelie was en obsessief met die Liga van Duitse meisies was.  Sy het as ‘n verpleegstersassistent gehelp vir 2 jaar, maar kon nie kwalifiseer vir verdere opleiding nie.  Sy het toe as ‘n melkeryhulp gewerk.

In July 1942 is sy teen haar wil na die Ravensbrück Konsentrasie kamp gestuur.   In Maart 1943 is sy na Birkenau kamp in Auschwitz verplaas waar sy tot Januarie 1945 gebly het.  Sy was in Ravensbrück as ‘n SS lid opgelei.  Voor die einde van 1943 was sy die Senior Voorman (Supervisor) van Auschwitz, die tweede hoogste vrou in die kamp en in beheer van 30 000 vroulike gevangenes. 

Grese het min menslikheid in haar gehad en ‘n lewe was vir haar maar min werd.  Sy was ‘n sadis, wat dit geniet het om mense vir die gaskamers te kies.  Sy het van die vroue geskiet en ander selfs met ‘n sambok dood geslaan.  Sy het goed opgeleide honde gehad wat sy uitgehonger het en op die vroue los gelaat het.  Sy het altyd met swaar stewels, ‘n pistool en ‘n sweep geloop.

Volgens ‘n ander bron is van die stories oor Grese vergesog.  Olga Lengyel en Gisela Perl vertel in hulle onderskeie autobiografië van ‘n aborsie wat Grese op haarself aangevra het.  In Perl se weergawe was dit net sy en Grese in die vertrek waar die aborsie voltrek was.  Lengyel beweer weer sy, Perl en Grese was in die vertrek.  Na die aborsie het Grese hulle met die dood gedreig as hulle sou praat.  Iemand van haar karakter sou hulle eerder gedood het.  Iewers bederf iemand nie ‘n goeie storie met feite nie.

Na ‘n kort verblyf in Ravensbrück Januarie 1945, was Grese Werk Diens Bestuurder in Bergen-Belsen.  Hier was sy op 17 April 1945 in arres geneem deur Britse soldate.  Sy was in die eerste tydperk van die Belsen Verhoor verhoor van 17 September tot 17 November 1945.  Maj L Cranfield het haar saak behartig.  Die verhore was in Lüneburg, onder Britse militêre wet afgehandel.  Aanklagte was teen die Geneva Konvensie (1929) oor die behandeling van gevangenes geformuleer. 

Sy is op aanklagte op oorlogsmisdade in Auschwitz en Belsen skuldig bevind en ter dood veroordeel.  Haar appel was verwerp.  Sy het geen berou getoon nie.  Op 13 Desember 1945 is sy saam met 2 vroue (Juana Bormann en Elisabeth Volkenrath) en 7 vroue gehang in die Hameln Tronk.  Die vroue is eerste een vir een gevang, gevolg deur die mans in pare.  Haar laaste woorde was Schnell, toe sy Albert Pierrepoint, die laksman, aangejaag het.

Irma Grese is die jongste vrou wat in die 20 eeu onder die Engelse wet tereg gestel is.

Ek wonder, as sy destyds lewenslank gevangenisstraf opgelê was, hoe ‘n tipe mens sy vandag sou wees.  Sou sy nou al berou gehad het?  Sou sy nogsteeds die wrede streep gehad het?

Blogvraag:  Hoekom was Klara Kunig in Januarie 1945 van kampdiens ontslaan?

Blogantwoord:  Wipneus was reg met Lyon Frankryk.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Wet in eie hande? DBV teenoor KBV

115 Kommentaar Add your own

  • 1. *mathilda*  |  Februarie 24, 2009 om 7 : 05

    Eerste

  • 2. Olga  |  Februarie 24, 2009 om 7 : 10

    Tweede.

  • 3. Olga  |  Februarie 24, 2009 om 7 : 18

    Klara kunig was te genadig en menslik daarom was sy van kampdiens onthef.

  • 4. Olga  |  Februarie 24, 2009 om 7 : 19

    Wat het die wysneus aangevang ouma wip? Los vir my asb besonderhede.

  • 5. Olga  |  Februarie 24, 2009 om 11 : 30

    Is n persoon soos irma grese rehabiliteerbaar? Ek wyfel sterk. Maar daar is deesdae baie irmas in die sapd. Lees gerus in die laevelder van 24 feb op bl3 die artikel “aandjie uit eindig in verkragting”. Dan kan ons debatteer of die irma’s rehabiliteerbaar is.

  • 6. Zee  |  Februarie 25, 2009 om 12 : 31

    Ek sweer ek het hierdie dame se prentjie iewers as n avatar raakgeloop vandag!

  • 7. Zee  |  Februarie 25, 2009 om 12 : 36

    Ja nee ek was reg…..

    http://onderdiemaanensterre.wordpress.com/2009/02/24/operasie-karma-regpluk-begin/#comment-7609

    Mmmmmmmmm toevallig of nie…

    Adriana?

  • 8. Zoekoe  |  Februarie 25, 2009 om 6 : 55

    Hallo !

  • 9. Hannes  |  Februarie 25, 2009 om 7 : 20

    En hoekom wil enige iemand oor die slet lees?

  • 10. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 8 : 06

    More Almal

    Lieflike dag, is dit nie.

  • 11. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 8 : 07

    Zee

    Baie toevallig, wie sou dit kan glo.

    Hannes

    Want niemand weet iets van haar af nie.

  • 12. Verons  |  Februarie 25, 2009 om 8 : 14

    More, ek moet sê ek het ook nie lus om van die vrou te weet nie, en ek is baie bly sy is ter dood veroordeel!! Ek hoop haar siel vrot in die hel!!

  • 13. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 8 : 17

    Verons

    Hoe sou jy geweet het dat geregtigheid geseevier het as ek nie daaroor gepost het nie?

  • 14. Beeld  |  Februarie 25, 2009 om 8 : 18

    Dries Liebenberg
    Die nuus dat ’n 13-jarige meisie naakfoto’s van haarself via MXit verkoop het, het die polisie laat besluit om ’n bewusmakingsveldtog oor die moontlike gevare daarvan in skole in Richardsbaai te begin.

    Volgens dié hoërskoolmeisie doen heelparty van haar vriendinne glo dieselfde.

    Insp. Ryno Louw van die polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad vrees die meisie het gevaar geloop om in ’n sindikaat se web verstrik te raak.

    Al het sy glad nie in haar MXit-boodskappe gesê waar sy woon nie, het die koper, ’n Johannesburgse man, dadelik geweet sy is van KwaZulu-Natal. Dít is net moontlik met kontakte in die selfoonbedryf, glo Louw.

    Nadat die man haar R170 per foto betaal het, wou hy begin reëlings tref om haar te ontmoet, het Louw gesê.

    Haar ma het volgens berigte gesien hoe sy vinnig skelm probeer om boodskappe op haar selfoon uit te vee en uitgevind wat aan die gang is. Die ma het die polisie genader.

    Louw het gesê dit klink of dit geruime tyd aan die gang was. Sy het geweet sy kommunikeer met ’n volwassene van Johannesburg, maar hy het haar uitgelok om pornografie te maak.

    Louw en kapt. Debbie Ferreira, plaaslike polisiewoordvoerder, het eergister hul eerste praatjie by ’n laerskool in Richardsbaai gelewer.

    “Dit lyk my al die kinders op laerskool doen MXit. Hulle weet beslis meer daarvan as ek,” het Louw gesê.

    Die polisie waarsku ouers om te sorg dat hul kinders nie met vreemdelinge op dié sosiale netwerk kommunikeer nie.

    MXit het gister gesê hulle is daartoe verbind om die veiligheid van hul 12 miljoen gebruikers te verseker, maar ’n mens moenie tegnologiese vooruitgang die skuld vir sulke voorvalle gee nie. ’n Mens kan byvoorbeeld nie Microsoft die skuld gee vir die 419-bedrogspul per e-pos nie, het mnr. Juan du Toit, bemarkingsbestuurder van MXit, gesê.

    Die diensverskaffer monitor gespreksgroepe en het onlangs ’n sper-meganisme bekend gestel waarmee ouers sekere kletskamers vir hul kinders kan sluit.

    MXit raai ouers aan om vir hul kinders te verduidelik om nooit foto’s vir iemand te stuur wat hulle in die verleentheid kan stel as dit versprei word nie.

  • 15. Beeld  |  Februarie 25, 2009 om 8 : 19

    Herman Scholtz
    ’n Meisie wat glo as sesjarige herhaaldelik deur haar ma se kêrel met die hulp van die ma verkrag is, het in ’n skoolopdrag geskryf haar ma is dood.

    Sy verwys ook na haar as “die tannie”, lui ’n verslag wat deur ’n maatskaplike werker, me. L. Mjonose, by die Pretoriase hooggeregshof ingedien is.

    Die meisie wou nie verder by haar ma woon nie en sy assosieer haar met “ ’n monster”, lui die verslag.

    Die man (25) is gister vir psigiatriese waarneming verwys.

    Hy en haar ma (38) mag nie geïdentifiseer word nie om die identiteit van die slagoffer te beskerm.

    Die man en vrou het ook ’n driejarige seun.

    Luidens die klagstaat staan hulle tereg op ses aanklagte van onsedelike aanranding, een van verkragting en drie van aanranding.

    Hulle het die meisie na bewering verskeie kere oor ’n tydperk in 2005 erg gemolesteer.

    Die ma het na bewering ’n aktiewe rol in die misdade gepleeg deur haar dogter se mond toe te druk toe sy deur haar vriend verkrag is en ook self haar dogter onsedelik aan te rand.

    Sy het ook glo tydens een van die voorvalle ’n mes teen haar dogter se bors gehou.

    Die ma, wat haarself as ’n “pil-alkoholis” bestempel, voer aan sy kan nie onthou wat gebeur het nie en het ’n sogenaamde “black-out” gehad.

    Dit is omdat sy onder meer Zolpidem- (Stilnox) -slaappille saam met alkohol gebruik het en daaraan verslaaf geraak het.

    Die vrou se regsverteenwoordiger voer ook in hofstukke aan die pille moes ’n waarskuwing met die volgende woorde bevat het: “Zolpidem mag tot geheueverlies en onvanpaste optrede, waaronder misdadige aktiwiteite, lei.”

    Adv. Mattie Klein het namens die man aangevoer hy is intellektueel ingeperk en verstaan nie altyd die hofverrigtinge om sinvolle instruksies te gee nie.

    Dr. Wicus Coetzee, ’n kliniese sielkundige, sê in ’n verslag wat by die hof ingedien is, die man “funksioneer op ’n grenslyn-intelligensievlak”.

    Dít, voer die verdediging aan, beïnvloed sy toerekenbaarheid.

    ’n Uitsteldatum vir die verhoor moet nog bepaal word.

    Dit hang af van die beskikbaarheid van ’n bed in die Weskoppies-hospitaal.

  • 16. Beeld  |  Februarie 25, 2009 om 8 : 20

    Susan Cilliers
    ’n Voormalige aktrise wie se stem vroeër jare gereeld in Springbokradio-verhale gehoor is, is gisteroggend ná ’n maande lange siekbed in Pretoria oorlede.

    Elsabé Moolman (67) was ook te sien in TV-reekse soos Nommer asseblief, waarin sy die rol van Lettie vertolk het.

    Sy was in en uit die hospitaal en het erg verswak sedert sy in Junie verlede jaar tydens ’n bootreis in die Noordelike Halfrond dodelik siek geword het, het haar man, dr. Anton Moolman, gister aan Beeld vertel. Dr. Moolman was vroeër jare besturende direkteur van Transnet.

    “Ons het baie uitgesien na die bootreis van 12 dae na die Skandinawiese lande en St. Petersburg. Ná vier dae op die boot het Elsabé kwaai maagpyn gekry. Sy is in die waaksaal van ’n internasionale hospitaal in Rusland opgeneem.”

    Dokters daar het trombose by haar gediagnoseer en moes weens belemmerde bloedtoevoer 1 m van haar dunderm en 30 cm van haar dikderm verwyder.

    Ná sowat ’n week in die hospitaal in Rusland is Moolman na ’n Switserse hospitaal waar sy vyf weke versorg is voordat sy sterk genoeg was om terug te kom na Suid-Afrika.

    Hier was sy tot haar dood gisteroggend in en uit die hospitaal.

    Dr. Moolman het gister vertel sy vrou was eergisteroggend by die huis toe sy ’n uitslag gekry het.

    “Dit was ’n massiewe infeksie wat haar hele gestel beïnvloed en tot orgaanversaking gelei het.”

    Moolman het ook lewerskade opgedoen weens al die medikasie wat sy moes gebruik.

    Sy het in 2001 by die dood omgedraai nadat sy vermoedelik ’n infeksie in ’n Johannesburgse hospitaal opgedoen het. “Haar gestel het toe ook ’n knou gekry, maar sy het ’n normale lewe gelei,” het haar man gister gesê.

    Moolman laat haar man, twee kinders, dr. Munée Heyns van Pretoria en mnr. Tiaan Moolman van Johannesburg, en vyf kleinkinders agter.

    Sy word oormôreoggend om 10:00 uit die Andrew Murray-gemeente in Johannesburg begrawe.

  • 17. Beeld  |  Februarie 25, 2009 om 8 : 22

    Herman Scholtz
    Google moet uit Suid-Afrika padgee.

    So voer die eienaars van die handelsmerk Googly, ’n krieketbordspeletjie, in die Pretoriase hooggeregshof aan.

    Die beslote korporasie Sport Leadership Innovations (SLI) vra vir ’n interdik om Google te verbied om sy handelsmerk op onder meer klere, skoene, speletjies, sporttoerusting en Kersboomversierings te gebruik.

    SLI wil ook hê die Google-handelsmerk moet van die soekenjin se Suid-Afrikaanse webtuiste google.co.za verwyder word omdat dit inbreuk maak op sy eie handelsmerk.

    Luidens hofstukke het SLI ’n opvoedkundige krieketbordspeletjie genaamd Googly ontwerp wat jong spelers vaardighede leer om leiers op die krieketveld te wees. Die voormalige krieketheld Hansie Cronjé was sedert 1997 die “gesig” van die bordspeletjie, maar is daarvan onttrek toe hy twee jaar daarna in die omkoopskandaal gedompel is.

    Volgens SLI ondersteun die Wes-Kaapse onderwysdepartement die bordspeletjie.

    Mnr. Gerald Majola, uitvoerende hoof van die Verenigde Krieketraad van Suid-Afrika, en die voormalige krieketster Mike Procter is ook by die bemarking daarvan betrokke.

    SLI verkoop ook klere en lewer dienste onder die Googly-handelsmerk.

    Googly, wat ’n krieketterm vir ’n boulaksie is, het in 1997 in vier kategorieë van produkte en dienste as handelsmerk geregistreer.

    Dit is dié kategorieë waarin SLI nou vir Google wil verbied om dié handelsmerk te gebruik.

    Google het in 2005 vir die eerste keer in Suid-Afrika aansoek gedoen om die registrasie van sy handelsmerk.

    SLI het hiervan bewus geword en sy prokureurs sedert die stigting van die BK, Adams & Adams, gevra om ondersoek in te stel en hul regte af te dwing.

    Dié prokureurs het hulle egter laat weet dat hulle ook namens Google optree en weens moontlike botsende belange nie vir SLI kon raad gee nie.

    SLI voer nou aan Google se handelsmerk is te naby aan Googly en dit kan die publiek verwar. Google verkoop ook “onregmatig” goedere soos klere wat inbreuk maak op Googly se handelsmerk in dié kategorieë.

    Luidens die hofstukke het Google nog nie op die aantygings gereageer nie, het Adams & Adams as regsverteenwoordigers onttrek en is die saak oorspronklik op die rol vir onbestrede mosies geplaas. Die verweerder het wel intussen kennis gegee hy gaan die aansoek om ’n interdik teenstaan.

  • 18. *Mathilda*  |  Februarie 25, 2009 om 8 : 41

    More more

  • 19. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 8 : 43

    Bly jy kon dit maak, Kloon.

  • 20. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 8 : 45

    Julle kan daar bo gaan stem wat julle van die post dink.

  • 21. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 8 : 52

    Zille is nie in die minste gepla oor die botox behandeling nie.

  • 22. *Mathilda*  |  Februarie 25, 2009 om 8 : 54

    Ek het gesien daar is ‘n splinternuwe venstertjie !

    Ek’s net so bly ek kon dit maak – ek hoop net dit hou ook.

  • 23. ADRIANA  |  Februarie 25, 2009 om 8 : 56

    Eis jou werk nou hulle pond vleis.

  • 24. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 8 : 58

    GRRRR

    Zille se rugby span suig. Ek moet haar anders oortuig.

  • 25. Verons  |  Februarie 25, 2009 om 9 : 01

    He-he!!! A3 daar het jy dit!!!
    Zille vir die BULLE!!!!
    Dink jy nie dis tyd dat jy reabliteer nie??❓

  • 26. *Mathilda*  |  Februarie 25, 2009 om 9 : 05

    Nie regtig nie – daar is iets fout met die een of ander netwerk – dit affekteer tot die telefone en wie weet wat nog – maar van volgende week af kan ek dalk weer biki besig raak want dan start die plant weer op wat afgebrand het !

  • 27. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 9 : 06

    Ek dink eerder Zille moet gerehabiliteer word.

  • 28. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 9 : 09

    Verons

    Het jy al jou boete betaal nadat die bulle hulle alies gesien het?

  • 29. Wille Kjind Q  |  Februarie 25, 2009 om 9 : 10

    Even though its been so long, my love for you keeps going strong

    I remember the things that we used to do, a kiss in the rain

    Til the sun shined through, Id try to deny it, but Im still in love with you

    I miss you like crazy, I miss you like crazy, ever since you went away

    Every hour of every day, I miss you like crazy, I miss you like crazy

    No matter what I say or do, theres just no getting over you

    I can see the love shining in your eyes, and it comes as such a sweet surprise

    If seeings believing its worth the wait, so hold me and tell me its not too late

    Were so good together, were starting forever now, and I miss you like crazy

    I miss you like crazy, ever since you went away, every hour of every day

    I miss you like crazy, I miss you baby, a love like ours will never end

    Just touch me and were there again

    Musical interlude

    Just one night and well have that magic feeling like we used to do

    Hold on tight and whatever comes our way were gonna make it through

    If seeings believing its worth the wait, so hold me and tell me its not too late

    Were so good together, were starting forever now

    And I miss you like crazy, I miss you like crazy

    No matter what I say or do theres just no getting over you

    And I miss you (baby), I miss you (baby), all the tender love you gave me

    When a feeling gets this strong, you know the real thing come along

    And I miss you, I miss you like crazy baby, only youre sweet love

    Can save me, I miss you like crazy, a love like ours will never end

    Just touch me and were there again,

    Miss you like crazy, I miss you like crazy

  • 30. Nats  |  Februarie 25, 2009 om 9 : 17

    Goeie more julle!!

    Sjoe wee… sou nie saam die vrou aan tafel wou sit nie! Ek is net bly sy het haar dag gekry!!!

  • 31. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 9 : 18

    Ek wonder regtig of sy sou bedaar het soos wat sy ouer geword het.

    Nie al 55000 van die SS lede is tereggestel nie en vandag is hulle bitterskaam oor hulle verlede.

  • 32. Wille Kjind Q  |  Februarie 25, 2009 om 9 : 21

    Ek lees net gou da bo. NWT

  • 33. Nats  |  Februarie 25, 2009 om 9 : 29

    Adrie
    Hulle het goeie rede om skaam te wees!!! Net jammer hulle het nie daai tyd hul dag gekry nie – maar dit sal nog kom!

    Ek twyfel sterk of sy ‘n “beter” persoon sou word – ek dink sy sou dalk net erger geword het, want daai tyd het sy geen berou getoon nie, en gewoontlik as jy gevang word en jy besef wat jy verkeerd gedoen het moes sy bietjie berou gewys het – tensy sy net te trots was om te wys sy was verkeerd.

    Maar die hele honde storie pla my – want sy het presies geweet wat sy doen en moes ‘n paar dae neem om daai plannetjie te maak, so sy kon intussen besef wat sy doen is wreed – maar sy het voort gegaan met dit – wat vir my beteken sy is eintlik ‘n reeks moordenaar en sou dit een of die ander manier mense dood gemaak het.

    Sy het seker in haar eie siek wêreld gelewe!

  • 34. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 9 : 31

    Tweeling

    Die honde was nie haar eie uitvindsel gewees nie. Baie van die vroulike SS lede (waarvan baie ouer as sy was) het ook sulke honde gehad.

  • 35. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 9 : 32

    Ek wonder of haar eie honde haar sou verskeur het as iemand hulle aangehits het?

    Op daardie foto lyk sy baie ouer as 22.

  • 36. Wille Kjind Q  |  Februarie 25, 2009 om 9 : 37

    Trug!

  • 37. Wille Kjind Q  |  Februarie 25, 2009 om 9 : 38

    Ek stem. Sy lyk ‘n paar kringe ouer as 22

  • 38. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 9 : 39

    Ongenaakbaarheid sit seker ‘n hele paar kringe by.

  • 39. Wille Kjind Q  |  Februarie 25, 2009 om 9 : 39

    Ek het gisteraand lekka gesukkel om in te kom. Toe ek op ‘n stadium KON in….. toe kon ek nie comment nie.

  • 40. Nats  |  Februarie 25, 2009 om 9 : 40

    Jip sy lyk ‘n goeie 10 jaar ouers op daai foto!

    Adrie
    Jikes!! Weird hoe mense in groepe so wreed kan wees, maar tien teen een op hulle eie lammetjies is!! Groepsdruk is ‘n wrede ding! Maar nog steeds om so iets te beplan moet jou kop lelik uitgehak wees!

  • 41. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 9 : 40

    Daar was een van die SS tannies, ek dink amper dit was Ilse Koch, maar ek kan verkeerd wees, wat van die Jode geeet het.

  • 42. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 9 : 42

    Seker die belangrikste ding wat ouers hulle kinders kan leer. Wees jou eie mens, moenie die massas volg nie.

  • 43. Wille Kjind Q  |  Februarie 25, 2009 om 9 : 44

    As ek sulke kringe onner my oge gehad het dan sou ek myself met die honde gedokter het

  • 44. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 9 : 45

    Wat dink julle van die ma in nommer 15?

    Irma Grese kan seker as een van die wreedste mense nog wees, maar as ek honde gehad het, het ek hulle vir ‘n vrou soos daardie ma aangewend.

  • 45. Nats  |  Februarie 25, 2009 om 9 : 46

    Adrie
    GROSS!!!! Hulle was regtig siek siek mense!!!

  • 46. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 9 : 48

    Amerika kan iets van die Britse reg in 1945 leer. SA ook seker. Net 2 maande vir haar verhoor en minder as ‘n maand later is haar appel verwerp en die vonnis voltrek.

  • 47. Wille Kjind Q  |  Februarie 25, 2009 om 9 : 48

    NWT

  • 48. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 9 : 49

    Nats

    ‘n Mens kan nie Gross beledig met uitvaagsels soos hulle nie.

  • 49. Nats  |  Februarie 25, 2009 om 9 : 49

    Adrie
    Ja nee die honde sal dan handig in kom – maar ek sal my honde te jammer kry om hulle uit te honger!! So ek sal haar seker self moet aan rand! Solank ek nie ‘n nael breek nie!

    Ernstig nou – Dis erg wreed en vieslik, kan nie glo mens kry sulke mense nie!! Sy kan haarself ongelukkig nie ‘n ma noem nie, sy het net geboorte aan daai kinders gegee.

  • 50. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 9 : 52

    Geen wonder haar kind noem haar tannie nie.

    Nats

    Jou honde sal nie omgee as hulle vir so ‘n goeie doel aangewend word nie.

  • 51. Nats  |  Februarie 25, 2009 om 9 : 57

    Adrie
    True – en dit gaan ‘n vreeslike dood wees, want my honde eet nie baie nie, so hulle sal dit kan uitrek oor ‘n paar dae!!

  • 52. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 10 : 06

    Ek het al gehoor van groepe wat honde opgelei het om hulle slagoffers te verkrag.

    Moet my nie vra hoe nie.

  • 53. Nats  |  Februarie 25, 2009 om 10 : 08

    Adrie
    Dit gebeur – ek het ook al sulke stories gehoor / gelees.
    Daar was so ruk terug ‘n berig op News 24 (ek dink) waar 2 Chinese ‘n meisie wat vir hulle gewerk het so probeer verkrag het met ‘n hond.

  • 54. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 10 : 12

    Genade, plaas gebruik die mens hulle verstand vir iets goed vir die wereld. Ek sou in my lewe nooit aan so iets kan dink nie.

  • 55. Nats  |  Februarie 25, 2009 om 10 : 42

    Adrie
    Die wêreld is vol siek mense.

    Sien nou eers daai artikel was nie nou die dag nie – maar in 2003!😯 voel soos nou die dag wat ek dit gelees het.

    Dog-raped girl gets trust fund
    24/04/2003 19:48 – (SA)

    Want to know more?
    Answerit can help.

    Dog rape: Countless sexual acts

    Shock and fury at alleged dog rape

    Dog rape: Strict bail conditions

    Dog rape: Racial undertones?

    Johannesburg – A trust fund has been set up to assist a Gauteng girl who was allegedly forced to have sex with a dog by her employers recently, provincial social services MEC Angie Motshekga said on Wednesday.

    She told reporters during a visit to Norman House place of safety in Johannesburg the “Never Again Trust” would assist the girl, 15, to get access to education, health and other services.

    “It is our desire to shape this child so that she can be a strong person in future,” Motshekga said.

    Two Taiwanese nationals, brother and sister Ken and Cheri Wang, were arrested on April 8 for allegedly beating up the girl, who was their domestic worker, shooting at her and then forcing her to have sexual intercourse with a dog.

    This was allegedly done as punishment because the girl, who worked at the family’s plot in Pomona Road, Kempton Park, reportedly did not do her cleaning work properly.

    The siblings, aged 24 and 26, were out on R20 000 bail each and would appear in the Kempton Park magistrate’s court on June 30.

    Motshekga, accompanied by prominent kwaito artist Mdu Masilela, made the announcement about the trust after she had a brief interview with the girl, now attending a grade seven class at the place of safety.

    The MEC also spoke to a social worker who was counselling the teenager.

    The girl’s face was covered with a jersey during the interview and photographers were not allowed to take pictures of her or other children residing at Norman House.

    Speaking in Zulu, the girl told Motshekga she was well attended and cared for at the institution, and was recovering well.

    “I have a runny stomach at the moment but I will go to hospital on Friday morning to have it checked,” said the weeping teenager.

    An emotional Motshekga promised to visit the girl occasionally until she was discharged from Norman House.

    “I happen to live nearby the institution so I will make time now and then to see how she is doing,” she said.

    Mahlodi Morifi, the social worker, said the girl was “highly traumatised”.

    She said the teenager was living with her elder sisters, aged 20 and 23, somewhere in the Ekurhuleni metropole before the incident happen.

    The girls’ mother died early this year and they do not know the whereabouts of their father.

    Motshekga said the trust fund would be administered by her department and Morifi would deal with the court case when it resumes.

    “This is to ensure the case does not traumatise the teenaged girl further and disrupt her recovery plan.”

    Motshekga concluded the visit by announcing that a private firm would donate groceries to the girl and her family.

    – SAPA

  • 56. Olga  |  Februarie 25, 2009 om 10 : 44

    More, more. Anus, ag ek meen hannes, van watter slet wil jy dan hoor? Die 1 agter jou? Onder jou?

  • 57. Nats  |  Februarie 25, 2009 om 10 : 50

    Olga😆
    Wha ha ha ha ha!!!!!
    Jy is so skerp soos ‘n skêr vanoggend!

  • 58. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 10 : 53

    Nats

    So iets sal my wragtig tot moord dryf.

    Olga

    Anus . . .Whahahahaha

  • 59. Olga  |  Februarie 25, 2009 om 10 : 54

    Alles is seker nou weer mxit se skuld. Hells bells. Ek se weer die omur rus op die ouers om te weet wat gaan op hulle kinders se mxit aan. Demmit. Iewers moet die ouers ook verantwoordelikheid neem.

  • 60. Olga  |  Februarie 25, 2009 om 10 : 55

    Nats hoe gaan dit?

  • 61. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 11 : 00

    Mxit was hulle hande in onskuld.

    Ek dink mense moet weer vrugteboorde aanle, sodat die kinders weer vrugte kan steel.

  • 62. Nats  |  Februarie 25, 2009 om 11 : 01

    Adrie
    Ek het die berig met die detail vir jou gespaar!

    Olga
    Goed dankie en self? Kyk maar Noord! – stil vir nou.

  • 63. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 11 : 05

    Die DBV gaan seker die kind van verkragting laat aankla.

  • 64. Zoekoe  |  Februarie 25, 2009 om 11 : 07

    En almal aanbid die yanks – hoeveel mense onskuldige vroue en kinders het hulle nie doodgemaak met die 2 atoom bomme nie? maar hulle is nie evil nie… nee o fok hulle is mos almal se heros – Solank jy net nie jode doodmaak nie – hulle is heilig !!!

  • 65. Olga  |  Februarie 25, 2009 om 11 : 10

    Goed dankie nats. Zoekoe moenie persoonlik raak nie asb.

  • 66. Olga  |  Februarie 25, 2009 om 11 : 15

    Mxit het alle rede om hulle hande in onskuld te was. Hulle het nie sussiekie se broekie uitgetrek en fotos geneem nie. Hulle het dit nie vir n ouman in jozi gestuur nie. Hulle het dit ook nie r170 per foto ontvang nie. Wat het mxit verkeerd gedoen? Wil julle vir my se die kind het gedink dit is kosher om sulke fotos te neem en te verkoop? Doen haar ouers dit? Ek vra maar net.

  • 67. Olga  |  Februarie 25, 2009 om 11 : 21

    Ek dink egter dit mag n goeie idee wees as mxit die kletskamers verwyder en dit dalk as mxd bemark en sonder die pvt msg opsie weergee. Want hoeveel kere chat jy in n mxit kletskamer dan kom die pvt msg wat se my nr is . . . add my asb. Sonder die pvt opsie sal alles in die ope wees en kan mxit dus geheel en al hulle hande in onskuld kan was.

  • 68. Nats  |  Februarie 25, 2009 om 11 : 23

    Adrie
    Die DBV het gesê dit is een van die ersgte dade nog – wat daai kind beleef het! Hulle het die hond (Rotweiler) spelling!! Terug gegee aan die beskuldiges se ma wie eintlik die hond se eienaar is.

    Olga
    Ek stem – dis nie mxit nie dis die kind en haar ouers! Sy het haarself uitgegee vir ‘n toffie en omdat sy gekou was is dit nou sommer mxit se skuld!

    Zoekoe
    Blog jy dalk op ‘n lee maag??

    Ek sien julle bietjie later!
    NNWT (Nou nou weer terug)

  • 69. Olga  |  Februarie 25, 2009 om 11 : 28

    Pryk ou josie weer op huisgenoot se voorblad. Seker soooo bly oor die sex video wat hom en sy tannie weer smack in die publiek se oog sit. Demmit, wie stel belang in hulle? n hasbeen en n wannabe?

  • 70. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 11 : 29

    Olga

    Ek stem saam met jou oor mxit.

    Zoekoe

    Die Yanks het nie met die eerste bom besef wat die omvang gaan wees nie. Daar was desperate optrede nodig gewees om die oorlog te beeindig. Die atoombomme het terduisende onskuldige mense dood gemaak, maar ek dink die gebruik daarvan sal so ver moontlik in die toekoms vermy word. Omgewingkundiges sal dit vir ewig teen VSA hou.

  • 71. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 11 : 30

    Olga

    Gaan kyk net hoe tweegat is hg oor hulle oordeel oor Heat wat die saak betref.

  • 72. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 11 : 32

    Ek het buitendien al gekla van mense wat uit ‘n raadsaal mense se lewens verwoes.

    Ek dink dit is ‘n ander saak wanneer iemand uit wreedheid ‘n ander mens laat verskeur, in flarde slaan of koelbloedig doodmaak.

  • 73. Verons  |  Februarie 25, 2009 om 11 : 37

    A3 ja ek het en het vir Trev die bewys gestuur!
    Ek is nou skoon siek, my hele brekfis sit nou in my keel!
    Eers daao gross foto’s van Mario en nou die siek bliksems waarvan julle in 15 en 55 praat!!
    YUKKK!!!!

  • 74. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 11 : 41

    Gaan kots op hulle voete, Verons.

  • 75. Olga  |  Februarie 25, 2009 om 11 : 46

    Juf annie as hg hulle nie s.a se mooiste glanspaartjie gaan noem nie, nie gaan noem hoe gelukkig en verlief (traantjie wegpink) hulle is nie, hulle 2 pragtige kimders gaan noem nie, nie hulle glanslewe in hulle luuksehuis gaan noem nie, dan gaan hulle met al hulle ekstras in obskuriteit wegraak.

  • 76. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 11 : 48

    Olga

    Dit lyk vir my na dubbel standaarde. Wat het geword van die publiek het ‘n reg om te weet en self te besluit?

  • 77. Olga  |  Februarie 25, 2009 om 12 : 03

    Maar ek besluit mos. Ek wil tog nie meer van hulle of van stofsuier of char4kenlize weetnie. Ek gaan ook n sabbatical neen en hg vir n jaar nie weer koop nie. Plaas van gaan krap hg in skole rond. Model c skole is staats skole. Swart skole is staats skole. Hoe kan modes c skool enige prys, tot r840 per maand oor 11 maande kos terwyl die swart skool r50 per jaar kos? Die staat betaal dan meeste van die model c skool se onnies. Kos instandhouding van die skole regtig soveel dat dit die ouer r9240 per jaar uit die sak kan jaag?

  • 78. Olga  |  Februarie 25, 2009 om 12 : 07

    Ja, ja, ek weet dorore has been there, done that aint got no t shirt, maar hg was nie daar nie. Heat was nie daar nie. Keur was nie daar nie. Hulle is te besig om has beens and wanna be’s terug og die map te sit.

  • 79. Olga  |  Februarie 25, 2009 om 12 : 09

    Sjym, vergeet ek amper. Die 13 jarige papatjie is ook in hg. Met sy trotse pa. Ai tog. Wens ouma wip kan die lot met haar knoffel, varkvet en kragtige water bykom.

  • 80. Olga  |  Februarie 25, 2009 om 12 : 11

    Nou het ek opgemaak vir gster se swye.

  • 81. AMELIA  |  Februarie 25, 2009 om 1 : 40

    Min mense het seker die voorreg om ook hul ouma grootjie’s te ken, sy was in n konsentrasiekamp as kind. Mense se altyd n kind wat huil is vreeslik, maar om n ou mens se oe te sien huil van groot hartseer in so kamp is bitter. Ek onthou hoe ek en Salome altyd vir haar gesing het as haar hart so seer is. Ek hoop ek kan eendag naby staan as DIE mense voor die HEMELSE Vader staan vir hul oor deel. Ons het nou die dag so waar ja sommer so net hier indie pad, so wilde boks geveg beleef. Dis toe nie net mans wat vrouens tik nie vrouens kan toe net so lekker in klim met n vuis. Buurman 2 huise af die straat sal nie weer mixit, vroulief het sy oe mooi vir hom blou gekleur vir n paar dae. Met so kwaai vrou wonder ek toe hoekom sal hy nou eintlik Mixit seker haar vriendelikheid wat hom daar toe gelei het. Hi straat skinder ek nou.

  • 82. Wille Kjind Q  |  Februarie 25, 2009 om 1 : 42

    Yebo yes……

    Ek voel al soos ‘n droster met die dat ek so besig is!😯

  • 83. Wille Kjind Q  |  Februarie 25, 2009 om 1 : 43

    Hi Amelia

  • 84. AMELIA  |  Februarie 25, 2009 om 1 : 55

    Goeie middag !!

  • 85. Wille Kjind Q  |  Februarie 25, 2009 om 1 : 58

    Eish! Sorry man. Eks bietjie besig

  • 86. See Kat  |  Februarie 25, 2009 om 2 : 23

    So n ou moet erder selfmoord pleeg. Dan as hy begrawe word moet die ma agterna spring in die graf en dan gooi hulle die graf toe. Verwys na 15.

  • 87. *Mathilda*  |  Februarie 25, 2009 om 2 : 31

    Ek is glad nie besig nie maar word nie toegelaat om iets te doen hier nie ! En die sein is so sleg dat Opera nie eers haar mini wil aantrek nie !

  • 88. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 3 : 39

    Seekat,

    Ek hou BAIE van jou idee.

  • 89. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 3 : 48

    Lyk my jaareinde is n bitch

  • 90. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 3 : 50

    Ek het nie geweet so baie van die blog word geraak daardeur nie.

  • 91. AMELIA  |  Februarie 25, 2009 om 4 : 00

    Die gemeenskap hier by ons, help n probleem persoon baie vinnig reg of weg en geen haan kraai daarna oor n verlore iemand, Die probleem is net weg.

  • 92. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 4 : 09

    Weg of iemand anders se probleem?

  • 93. AMELIA  |  Februarie 25, 2009 om 4 : 19

    Weg soos in weg, om nooit weer van te hoor nie. Die mense hier is maar anders nog. Hoor hulle praat van n bos hof.

  • 94. Wille Kjind Q  |  Februarie 25, 2009 om 4 : 26

    *POEF* Weg!

  • 95. *mathilda*  |  Februarie 25, 2009 om 4 : 45

    By die huis kan ek darem opera se mini vir haar aantrek

  • 96. *mathilda*  |  Februarie 25, 2009 om 4 : 52

    En nou wil niemand met my praat nie – ek is al so uitgehonger vir geselskap

  • 97. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 4 : 53

    😯

    Mental note: Moet nooit Escourt toe gaan nie

  • 98. *mathilda*  |  Februarie 25, 2009 om 4 : 54

    Hier is toe after all lewe

  • 99. AMELIA  |  Februarie 25, 2009 om 4 : 57

    LIEWERS NIE DIT SPOOK OOK HIER IN DIE OMGEWING VERAL SO COLENSO SE KANT TOE.

  • 100. *mathilda*  |  Februarie 25, 2009 om 4 : 59

    Amelia
    ons bang nie spoke nie

  • 101. AMELIA  |  Februarie 25, 2009 om 5 : 03

    EK PRAAT MAAR SOOS WAT DIE PROGRAM OP TV VERWYS HET OF DIT SO IS WEET EK NIE, LOOP MAAR NIE ROND WAAR MENS NIE INDIE DAG KAN GAAN NIE. ESTCOURT IS MAAR KLEIN MENS HOOR EN SIEN MAAR GOED OF DIT REGTIG SO IS GAAN EK NIE UITVIND NIE.

  • 102. Adrie  |  Februarie 25, 2009 om 5 : 04

    Eish, die sel sy bettery, hy is pap.

  • 103. *mathilda*  |  Februarie 25, 2009 om 5 : 05

    Ha ha – soos hulle sê Amelia – mens krap nie waar dit nie jeuk nie !

  • 104. Wille Kjind Q  |  Februarie 25, 2009 om 5 : 06

    @ Adriana

    Jy moet liewers bang wees vir die bacon wat so cheap is da😉

  • 105. Wille Kjind Q  |  Februarie 25, 2009 om 5 : 08

    Julle moet my samblief help. Eks inni mark vi ‘n nief foun (4ki kak wat ek nou het). Waai foun ka ek nou koop wat nice is met opera en ha mini?

  • 106. AMELIA  |  Februarie 25, 2009 om 5 : 09

    Hi nee !!! dis net sulke groooooot varkies sien hulle persoonlik elke oggend, maar ek sien hulle nooit terug kom nie. Amme goedjies. Ek voel regtig vir hulle.

  • 107. *mathilda*  |  Februarie 25, 2009 om 5 : 12

    Willes
    ek persoonlik is n nokia mens, ek upgrade ook middel Maart maar het nog nie besluit wat om te vat nie

  • 108. *mathilda*  |  Februarie 25, 2009 om 5 : 17

    Adrie
    daar is so anner dêng, hulle roep hom die charger, hy werk mooi vir daai pap bettery

  • 109. Wille Kjind Q  |  Februarie 25, 2009 om 5 : 21

    @ Amelia

    Shame…. Ag wat…. gevoel is verby. Bacon bly nogsteeds lekka.

    @ *M*

    Ek het nog altyd ‘n Samsung gehad ma my laaste foun is (nee WAS) ‘n Nokia. Simpel ding maak lat ek nooooit wee ‘n Nokia sal vat nie. Eish! Miskien die Navigator……

  • 110. Wille Kjind Q  |  Februarie 25, 2009 om 5 : 23

    @ *M*

    My se bêtterie het mos gekak. Die dat ek hom teeni muur gesmyt het

  • 111. *mathilda*  |  Februarie 25, 2009 om 5 : 24

    Amelia
    ek het ook nogal gedink dis n goeie idee om te gaan lê tot daai feeling verby is – bacon is amper lekkerder as sonde !

  • 112. *mathilda*  |  Februarie 25, 2009 om 5 : 26

    Die girls het Samsung ma ek ken dit nie regtig nie

  • 113. *mathilda*  |  Februarie 25, 2009 om 5 : 45

    Ek drink nou n lekker yskoue bier

  • 114. *mathilda*  |  Februarie 25, 2009 om 5 : 47

    Sal iemand asseblief met my praat

  • 115. *mathilda*  |  Februarie 25, 2009 om 5 : 53

    Ok – los dit !

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: