Wet in eie hande?

Februarie 23, 2009 at 6 : 11 153 Kommentaar

‘n Mens sien deesdae meer en meer dat mense die wet in hulle eie hande neem.  Onder alle kulturele groepe, in enige klas vir enige misdaad.  ‘n Mens sien ook dat hulle daarvoor vervolg word.  Die SAPD waarsku gereeld in die media dat mense nie die wet in eie hande moet neem nie.  Wat staan Jan Publiek eerder te doen?  Die SAPD staan handjies gevou. 

Wat is die rol van die polisie in die samelewing.  Ek dink ‘n mens kan dit as volg op som.  Hulle is veronderstel om die publiek te beskerm en te beveilig.  Hulle moet orde handaf en natuurlik die misdadigers ontmasker en aankeer. Ek dink ook nie dat dit onredelik is om hulp aan die publiek te verleen nie.  Die SAPD faal jammerlik.  Instede word hulle befonds uit misdaadaktiwiteite en boelie diegene wat beskerm moet word.

Word daar nou verwag dat die publiek misdaad, veral geweldsmisdaad, gelate moet aanvaar?  Moet ‘n wetsgehoorsame burger verkrag, vermoor of aangerand word om die wet te respekteer?  Wat staan ons te doen as die polisie hulle plig teenoor ons versaak?

Ons het die naweek gehoor van mense wat met klein kinders in hulle huis vasgekeer was.  ‘n Groep mense het op hulle dak amok gemaak en basies vrees in hulle geplant.  Hulle was onseker wanneer hulle huis se weerstand gaan verkrummel, wanneer hulle letterlik aangeval gaan word.  Hulle het die blitspatrollie gebel, maar het vir omtrent 3 ure gewag voordat die polisie opgedaag het.  Vasgevang in ‘n situasie, waar ‘n paar sekondes die verskil tussen lewe en dood kan beteken.  3 ure is ‘n luukse wat hulle nie beskore was nie.

Die polisie se koms het die bende verjaag, maar net tydelik.  Hulle het hulle intimidasie van ‘n afstand af voortgesit.  Die SAPD was te bang om hulle te probeer aankeer.  Hulle het nie eers in helder daglig die spore gevolg nie.  Die volgende aand was die bende terug.  Die polisie het hulle weereens verwerdig om uit te kom, maar weereens niks daadwerkliks gedoen nie.  Kan jy die gesin blameer dat hulle net daar die huis verlaat het? 

In die geval het onreg gewen.   Juis omdat die polisie nie wou optree nie.  Die polisie maak jou onmagtig om self op te tree.  Wat bly oor?  Om te vlug?

Dink jy die polisie is bevoeg?  Is jy bereid om die wet in eie hande te neem?

Blogvraag:  Waar is Interpol se hoof kwatiere?

Blogantwoord:  Olga was reg met Nosiviwe Mapisa Nqakula .

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Binnelandse Verdriet Irma Grese

153 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Februarie 24, 2009 om 5 : 21

    Glo wat jy wil.

  • 2. Wille Kjind Q  |  Februarie 24, 2009 om 5 : 43

    Life is not about waiting for the storms to pass… it’s about learning how to dance in the rain

  • 3. Wipneus!  |  Februarie 24, 2009 om 5 : 52

    Willes wat gaan vanaand met jou aan? moet ons begin dans!! Adrie veroorsaak vreeslike donderstorms in my lewe vandag!!!
    Bring die Omo boks vir Ouma!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: