Binnelandse Verdriet

Februarie 22, 2009 at 11 : 36 153 Kommentaar

Ek het regtig ‘n wonderlike identiteits dokument.  Dit het my toegang gegee tot my eie rekeninge.  Dit het my ‘n motor bekom.  Dit het vir my ook verskeie pakkies in die poskantoor gewen.  Dit gee my die reg om te stem, daar is 3 registrasie plakkers in.  My ID was al gewas, wel meer as een keer.  Onlangs het my ID selfs voetjies gegroei en besluit dit is tyf om aan te beweeg. 

Jy kan 10 keer oor geregistreer wees, maar sonder ‘n geldige ID kan jy nie stem nie.  Met die verkiesingsdatum wat aangekondig is, moes ek dus plan sien.  Aangesien my bang hare lankal uitgeval is, gaan pak ek die bul by die horings in die middestad.  Daar is ‘n rede hoekom die geesteswetenskapgebou ‘n katspoegie van Binnelandse Sake is.  ‘n Mens sal gek raak daarbinne.

Eers moet jy hardop bid vir parkering.  Is jy gelukkig genoeg om een te kry, word jy geteister deur die karwagte.  Hulle soek R5 vir die meter en R20 vir ‘n bord kos.  Ek kom met R10 weg, hy gaan in elk geval die meter ignoreer en die boete weggooi.  Daarna moet jy jou weg na binne die kantoor oopstoei.  Onderweg wil iemand jou foto neem en ‘n pen aan jou afsmeer.  Ek was gelukkig reeds geholpe met beide.

Binne is daar ‘n Babelse verwarring.  ‘n Miljoen toonbanke, maar niks om jou te wys waar wat is en hoe die proses verloop nie.  Ek kry uiteindelik die ID aansoek toonbank, heelagter weggesteek.  Ek wil opgewonde raak, want daar is net 3 mense in die toe.  Helaas, hulle het reeds vorms en ek nie.  Ek moet sonder ‘n kaart en ‘n kompas ‘n aansoekvorm kry.  Gelukkig is ek mal oor Amazing Race en het daar iets geleer.  Teen die tyd wat ek altwee vorms gekry het, ‘n gaatjie gekry het om dit te voltooi, is daar 3000 mense in die ry.  Goed, ek oordryf, maar dit het so gevoel.

Ek wonder of ek nie eers die kassier moes besoek nie, maar toe kom staan daar iemand agter my wat ‘n uur verkwis het om uit te vind dat hy nie eers by die kassier moes aandoen nie.  Minute tik stadig verby en word ure.  Nee, ek oordryf nie.  Daar is net een toonbank wat 100 000 aansoekers moet hanteer.  Ai tog!!!  Ek weet ek moet nog na die kassier gaan en vinger afdrukke neem.  Die plek is oorvol en daar is nie lugversorger nie.  Die sweet tap in strome by almal af.

Uiteindelik kom ek voor, HALLELUIA.  En hier kry ek nogal ‘n verrassing.  Ek hoef nie vingerafdrukke te neem, hulle skandeer my duime en besef dat ek wel is wie ek voorgee om te wees.  My aansoek word erken en ek moet by die kassier gaan kuier.  So gaan staan ek in die ry na die enigste kassier in die gebou.  Wat alle ID aansoeke moet hanteer, alle paspoort aansoeke, trousertifikaarte, doodsertifikaarte en geboortesertifikaarte.  Boonop is die dame ongelooflik ongeskik, sy gil op elke twee klient.  Op die stadium is my selfoon se battery pap en ek gesels met almal in die ry.  Almal net so gatvol soos ek.

Na nog ‘n paar dae in die ry, terwyl my tande stomp geslyp is vir die kassier, val daar ‘n tweede kassier uit die bloue lug uit.  Die eerste een gil nog lustig voort (met ‘n stem wat deur murg sny), maar ek kry die ander kassier.  Ek betaal, kry die kwitansie en word verwys na ‘n ry met geen tou nie.  Iewers in my lewe het ek iets reggedoen.  My blydskap is van korte duur, my vinger afdrukke moet weer nagegaan word.  Gelukkig moet ek by die ry indruk.  Saam met 80 ander mense. 

Eers weet die mens agter nie toonbank wat ek daar maak nie.  Ek teken maar prentjies, sy lees my duime en ek is terug in die ry waar daar netnou niemand was nie.  Daar is nou baie mense in die ry.  Ek kom weer voor en ek kry ‘n tydelike ID.  Ek is uiteindelik klaar.  Tyd sal wys watter siektes ek in my paar ure daar opgedoen het.

Ek dink daar is iewers ‘n poging aangewend om die kantoor te verbeter, maar dit is nie deur gevoer nie.  Daar is openbare toilette en ‘n babavoed vertrek.  As jy dapper genoeg is om dit te beproef.  As hulle net bevoegde, vriendelike personeel wil kry, sal dit reeds help.  By die ingang sal ek verduidelik waarvoor elke toonbank daar is.  Die proses wat gevolg moet word, moet ook by die ingang uitgelê word.  En kry meer mense wat die publiek kan help.

Wanneer laas was jy by Binnelandse Sake?  Hoe was jou ervaringe?

Blogvraag:  Wie is die Minister van Binnelandse Sake?

Blogantwoord:  Maxie was reg met Essop Patel.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Barbie Sirkus Wet in eie hande?

153 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  Februarie 23, 2009 om 5 : 47

    @ Tilla

    Eish! Die blog is deesdae so stil en met die dat ek man…… bedoel vou al1 hier is………………….

  • 2. Wille Kjind Q  |  Februarie 23, 2009 om 5 : 48

    En nou moet ek alweer die deure loop sluit! Praat later.

  • 3. *mathilda*  |  Februarie 23, 2009 om 5 : 50

    Toodles

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: