Barbie Sirkus

Februarie 21, 2009 at 2 : 44 214 Kommentaar

Onder al die ander groot media sirkusse het die Advokaat Barbie verhoor weer begin.  Dirk Prinsloo het die land ontvlug en word dus nie saam verhoor nie.  Sy staan terug op 14 aanklagte; onder meer van bedrog, maak en besit van kinderpornografie, onsedelike aanranding, verkragting en besit van dagga.   Haar verdediging:  Seksgod Dirk het haar so beheer, dat sy geen wil van haar eie gehad het nie. 

Ek goed glo dat sy maklik gebreinspoel word.  Destyds was sy in haar middel twintigs en Dirk Prinsloo was die hoof van die onafhanklike balieraad.  Sy het gevlei gevoel omdat hy in haar belangstelling getoon het.  Dit was waarskynlik ook ‘n gulde loopbaangeleendheid vir haar.  Sy het haarself laat vervorm om hom te plesier.  Sy het in ‘n media aandagsoeker ontaard om hom te plesier.  Hoekom dus nie verder gaan nie?  Benewens sy posisie is Prinsloo nie juis iets om oor opgewonde te raak nie.  Amper vergeet ek van die ongelooflike seks.

Dit is dus moontlik dat sy gebreinspoel was.  Ek het al gelees wat Prinsloo haar ook mishandel het.  Dit is seker ook moontlik dat sy die een was wat hom gebruik het.  Kom ons aanvaar haar weergawe dat sy gebreinspoel was.  Wat ek wil vra is of dit ‘n aanvaarbare verskoning / verdediging is.  Sy was nie met enige chemiese middel gebreinspoel nie.  Ek het nie gehoor dat iemand iets mompel van hipnose of iets nie.  Sy was gebreinspoel met persoonlikheid of seks. 

Ek dink dit is dalk ‘n verduideliking, maar nie genoeg om op vrygespreek te word nie.  Sy is ‘n intelligente vrou, ‘n regsgeleerde en moes van beter geweet het.  As sy daarop loskom, kan enige ma wat vrees pleit omdat sy toegelaat het dat haar kinders mishandeling verduur ook vrygespreek word.  Dieselfde wat volstaan dat die man nooit so iets sal doen nie.

Ek hoop dus die verdediging gaan nie slaag nie.  Ek moet egter haar die erkenning gee wat haar toekom.  Sy erken die gebeure, sy wag al jare lank vir haar verhoor. 

As daar nie kinders/verkragting betrokke was nie, het ek regtig gevoel dat sy gelos moet word.  Sy is reeds van die rol geskrap.  Ek wonder of sy op die gegewe aanklagte tereg staan en of sy tereg staan omdat sy ‘n verleendheid vir regslui is.  ‘n Saak oor geregtigheid of om haar te laat boet oor die klad op die regslui se naam?

Wat dink julle?

Blogvraag:  Die dood van watter regter het veroorsaak dat die saak van vooraf verhoor moet word?

Blogantwoord:  Olga was reg.  Christine Selleck was verantwoordelik vir die naamsverandering van b2\cafelog na WordPress.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Wat het WordPress getref? Binnelandse Verdriet

214 Kommentaar Add your own

  • 1. sharona  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 08

    Ok Olga, dit gaan moeilik wees – naaste polistestasie?

  • 2. Adrie  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 08

    Ek soek gou Kimberley se polisie kantoor se nommer.

  • 3. sharona  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 10

    Olga-Het iemand in the “higher rankings” in Bloem wat sal gat skop

  • 4. Olga  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 10

    Die bliksems is nou daar. Hulle het nou versterking en die honde eenheid ingeroep.

  • 5. Adrie  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 11

    Hulle kan ook Crime line sms by 32211

  • 6. Adrie  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 13

    Kimberley (053) 839 3787

  • 7. Adrie  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 14

    Olga

    Hulle moet sommer nou al bel vir moreaand. Sommer vir die res van die week ook.

  • 8. Adrie  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 16

    Ek sou daarop aangedring het dat die polisie moet waghou. En Maandag ‘n onwettige vuurwapen of 10 gaan aanskaf vir in geval.

    Het die dakspringers hulle uit die voete gemaak?

    Die kinders is seker ongelooflik bang. Neem hulle vir berading en stuur die rekening vir die polisie.

  • 9. Adrie  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 17

    Maandag? Aikona, sommer more al. Vanaand indien moontlik.

  • 10. Adrie  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 18

    Ek wonder of hulle probeer intimideer en of dit ‘n aanval was?

  • 11. sharona  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 18

    Adrie-dis nou entrepreneurskap op sy beste – ons kan vir rescue 911 en die hele toetie uit besigheid uit sit met hierdie stelsel.

  • 12. Olga  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 20

    Sharona as jy die blogvorm invul, kan a3 jou die mense se nr gee. Ek weet nie watter area dit is nie. Die presiep van die saak is dit. Die mense het 2 weke gelede al die eerse keer gekla. Die sapd het uitgekom, romdgestaan en gewaai. Hulle het gsteraand woes tekere gegaan. die lot het gekom, maar het nie flitse gehad nie. Vanaand het dit hulle amper 3 ure geneem om daar te kom.

  • 13. Adrie  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 21

    Sharona

    Dit sal baie meer help as die regte mense so iets lees. Jy maak ‘n blog oop waarop iemand kan skree as hulle in gevaar verkeer en hou die mense ophoogte.

  • 14. Adrie  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 22

    Olga

    Ons kyk SABC 1 vanaand.

  • 15. sharona  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 23

    Olga – sal die blogvorm voltooi. Net bly daar is aandag aan die situasie gegee – uiteindelik.

  • 16. Olga  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 25

    Nou se die sapd die mense het dalk iets wat die lot soek. Daarom breek hulle nie in as die huismense by die werk is nie. Hulle het opgedaag toe almal tuis was. Toe was dit nog nie vol donker nie. Juf annie, kimberley sapd sou my veel gehelp het. Die mense woon 15 km uit bloem.

  • 17. sharona  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 25

    Ek gaan nou nagse – dag was baaaaaie lank en more is daar ander verpligttinge. Rustige Nag almal en Veilig wees.

  • 18. Olga  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 28

    Dankie sharona. ek sal uitvind wat die polisiestasie was wat so BLITSIG gereageer het en die naam hier laat. Juf annie, nie 1 van daardie nr s antw nie.

  • 19. Olga  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 29

    Nag sharona. Gaan jou goed.

  • 20. Adrie  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 29

    En ek dog nuushonde is 24 uur ‘n dag beskikbaar.

  • 21. Adrie  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 32

    Nag Sharona

    Ek hoop jy kom kuier weer.

    Olga

    Ek het nie veel hoop vir Petrusburg se SAPD nie. En dit is al 80km uit Bloem. Tog ken die lede mekaar en weet watter knoppies om waar te druk. ‘n Mens het net een simpatieke lid nodig.

  • 22. Olga  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 32

    Wys jou net hoe ver is afrika tyd al gesprei.

  • 23. Wille Kjind Q  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 35

    Trug! Die blêrrie opra ruk mos ha lip ‘n ‘n krul sodra ek net lekka begin chat. Bitch!

  • 24. Olga  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 39

    Ek sal jou laaj weet wat gebeur in bloem. Ek stryk my bad box se klere.

  • 25. Adrie  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 40

    Olga

    Gaan jy ‘n blog oor hulle incompetence skryf?

  • 26. Olga  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 40

    Ai, my bad boy bedoel. Nag julle. Leke aand.

  • 27. Adrie  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 42

    So jy het kuiergaste die naweek.

  • 28. Olga  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 42

    Gaan dit help juf annie? Iemand behoort die stasiebevelvoerders vi elke klagte van ontoereikendheid 200 push ups te laat doen. Dit behoort die goed op hulle tone te hou.

  • 29. Barbie Sirkus | Isteri Puas 18SX Only  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 47

    […] More here: Barbie Sirkus […]

  • 30. gogga  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 49

    AAG OLGA KERM OOR DIE POLISIE IN JOU EIE AREA OOK. DIE VERKEERSPOLISIE EN DIE POLISIE VAN GRASKOP EN PELGRIMSRUST WAS AL BAIE GEBEL OOR DIE MYN WERKERS VAN PELGRIMSRUST WAT P**SDRONK OOR DIE BERG RY. LYK DIT OF HULLE OMGEE?

  • 31. Adrie  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 49

    Die hele kantoor.

  • 32. Adrie  |  Februarie 21, 2009 om 10 : 52

    Gogga

    Die taal, asseblief.

  • 33. Klip  |  Februarie 21, 2009 om 11 : 02

    Hiers ek weer , geselskap het geloop , en daar is nog n lang nag wat voorle.

    Askies as ek sommer net verdwyn het , en ek hoop almal wat al goodbye gese het gaan lekker slaap

  • 34. Klip  |  Februarie 21, 2009 om 11 : 02

    Sit ons nou hier en praat van kerrievis met lekker vars wit brood met baie regte botter op en n lekker beker tee

  • 35. Klip  |  Februarie 21, 2009 om 11 : 03

    Ek is nou so honger ek kan n klein varkie met seer oe opeet

  • 36. Klip  |  Februarie 21, 2009 om 11 : 04

    Barbie sonder geld??? As ek soos sy gelyk het en ek was n vrou , dan was ek seker al n miljoener

  • 37. Klip  |  Februarie 21, 2009 om 11 : 05

    Ek glo nie n bortjie om haar nek by een van die robots in PTA gaan werk nie

  • 38. Klip  |  Februarie 21, 2009 om 11 : 07

    Arguing with a lawyer is like mud wrestling with a pig: after a while you realize that the pig actually enjoys it.

  • 39. Klip  |  Februarie 21, 2009 om 11 : 07

    There are two kinds of lawyers, those who know the law and those who know the judge.

  • 40. Klip  |  Februarie 21, 2009 om 11 : 09

    What’s wrong with Lawyer jokes?
    Lawyers don’t think they’re funny, and nobody else thinks they’re jokes.

  • 41. Klip  |  Februarie 21, 2009 om 11 : 13

    Almal spring seker nou popcorn vir die late night etv movie

  • 42. Klip  |  Februarie 21, 2009 om 11 : 14

    Ek ook net gou my popcorn spring …….

    Geniet die aand

  • 43. Rapport  |  Februarie 21, 2009 om 11 : 33

    Pretoria

    Adv. Dirk Prinsloo, gewese minnaar van “adv. Barbie”, is Interpol se mees gesoekte voortvlugtige Suid-Afrikaner, maar tog is die internet-webwerf waar inligting oor Prinsloo verskaf kan word al meer as ’n jaar lank buite werking en van geen waarde nie.

    Op die webtuiste word insp. Sunet Coetzee se naam as ondersoekbeampte aangedui, hoewel sy reeds meer as ’n jaar met siekverlof is. Rapport het Coetzee oor haar selfoon opgespoor wat nie op die webtuiste aangedui word nie.

    Boonop bestaan die telefoonnommer wat op die webtuiste as Coetzee se nommer aangegee word nie meer nie.

    Dié nommer is in onbruik sedert die polisie se eenhede rakende gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) in 2006 ontbind en alle GKS-lede aan spesifieke polisiekantore toegewys is.

    Coetzee was die derde ondersoekbeampte wat die bedrywighede van Prinsloo (39) en me. Cézanne Visser, beter bekend as “adv. Barbie”, ondersoek het.

    Die afgelope week het kapt. Carel Cornelius, die aanvanklike ondersoekbeampte wat intussen na die Kaap verhuis het, die staat in die Pretoriase hooggeregshof bygestaan waar Visser vir die tweede keer skuld op al die aanklagte teen haar ontken het.

    Sr.supt. Tumi Golding, woordvoerder van Interpol en van die polisie se misdaadintelligensie, het die afgelope week by navraag aan Rapport bevestig die polisie kry van tyd tot tyd leidrade oor Prinsloo wat opgevolg word.

    Golding wil nie die besonderhede van die leidrade bekend maak nie omdat dit die polisie se ondersoek, wat as sensitief beskou word, kan benadeel.

    “Hy is steeds Suid-Afrika se mees gesoekte voortvlugtige wat deur Interpol gelys word,” sê Golding.

    Prinsloo het in Mei 2006 landuit gevlug maande nadat sy verhouding met Visser finaal verbrokkel en sy hom aan Rapport as ’n “poppemeester” beskryf het.

    Adv. Retha Meintjes, adjunk-direkteur van openbare vervolging, sê sover sy weet het niks van die “leidrade” oor Prinsloo op iets noemenswaardigs uitgeloop nie.

    Adv. Johann Engelbrecht, SC, Visser se regsverteenwoordiger, sê hy is geskok en teleurgesteld oor die flater op die polisie se webblad.

    “Dit is in belang van regspleging dat die webblad te alle tye bygewerk word,” sê hy.

    Rapport het die afgelope week verneem die polisie glo Prinsloo is in ’n voormalige Sowjet-land, maar die moontlikheid om hom op te spoor word bemoeilik deur die gebrek aan uitruilooreenkomste tussen Suid-Afrika en dié lande.

    Niks het ook gekom van bespiegelings dat Prinsloo, wat deur sy gewese vriende beskryf word as ’n meester in die kuns van vermomming, hom in Johannesburg bevind nie.

    Prinsloo moet saam met Visser teregstaan op aanklagte van bedrog, verkragting, die uitlokking van ’n minderjarige kind tot ’n onsedelike daad, die besit van kinderpornografie, die vervaardiging van kinderpornografie en die besit van dagga.

    Sy het die afgelope week alleen in die beskuldigdebank van die Pretoriase hooggeregshof ingeskuif waar haar verhoor opnuut begin het ná die dood van regter Essop Patel in April 2007.

    Visser beweer sy was só erg in Prinsloo se magsweb vasgevang dat sy nie ’n wil van haar eie gehad het nie.

  • 44. Rapport  |  Februarie 21, 2009 om 11 : 37

    Kaapstad

    Allesbehalwe snaaks. Inteendeel, dit is haat?spraak.

    Dit is Christenkerke se reaksie op die 2009-uitgawe van die Universiteit van Kaapstad (UK) se jooltydskrif, Sax Appeal. En boonop is ’n Pick n Pay-grootbaas mnr. Jonathan Ackerman ewe ontsteld ná hewige reaksie van die Kaapse publiek.

    In ’n gewraakte swart-en-wit foto-artikel word “fundamentele Christene” “op hul plek” gesit met opmerkings soos dat “honderde miljoene Christene oor die wêreld verkeerd is” om in God te glo. ’n Christen word bestempel as ’n “C.U.N.T. (Christians who Understand No Theorems)”.

    Die vise-kanselier van die UK, dr. Max Price, het Vrydag inderhaas ’n verklaring uitgereik waarin hy erken dat Sax Appeal se redaksionele span “die grense oorskry het”.

    “Baie van ons, ongeag ons geloofsoortuigings, is beledig deur sekere aspekte van die publikasie.”

    Nou gaan Price en sy bestuurspan môre ’n dringende vergadering met Christenleiers hou.

    Die leiers, onder leiding van mnr. Errol Naidoo van die Familiebeleidsinstituut in Kaapstad, soek ’n “verduideliking”.

    Die artikel is volgens hom “Christelike haatspraak”.

    Price en die UK-bestuur is genoodsaak om formeel om verskoning te vra ná ’n toestroming van e-pos en klagtes oor die artikel deur Richard Sagan op bl. 84 en 85.

    “Dit is totaal onaanvaarbaar! Dit is mý God wat hulle beledig!” skryf een Christen-blogger.

    Intussen het die NG Kerk ook van hom laat hoor.

    “Ons leef in ’n vrye gemeenskap met ’n Grondwet wat baie vryhede toelaat. Dit is jammerlik as daardie vryhede misbruik word vir inkriminerende optrede,” sê dr. Ben du Toit, redakteur: elektroniese kommunikasie van die NG Kerk.

    Du Toit sê gelowiges moet in so ’n geval nie militant reageer nie. “Dit is nie waar die kerk regtig wil wees nie. Wees eerder so goed as moontlik ingelig oor jou regte. Gesprek tussen die verskillende partye is ook belangrik.”

    Hoewel Price Vrydag gesê het die rol van die redaksionele advieskomitee sal heroorweeg word, het mnr. Cameron Arendse, UK-joolvoorsitter, gesê die raad het nie “artikels geskep om mense te beledig nie”.

    “Die inhoud is ’n versameling grappies. Sax Appeal is ’n satiriese tydskrif wat sosiale kommentaar wil ontlok.”

    Naidoo kap terug: “Daar is altyd ’n plek vir satire, maar nie ’n direkte aanval op geloofsoortuigings nie.

    “En hoekom is net Christene aangeval?”

    Uittreksels uit die artikel sluit in:

    • ’n Kaal man wat in die bed lê saam met ’n vrou en aan haar sê: “I’m pretty happy when I’m drunk, high on crack and having freakish man sex.”

    • “Jesus died to save us from our sins. I bet he feels like a tool (sic) now.”

    Pick n Pay het die tydskrif van agt van sy Wes-Kaapse takke se rakke verwyder.

    Ackerman, bemarkingsdirekteur van Pick n Pay, het by monde van ’n woordvoerder, me. Tamara Vealey, gesê die winkelgroep sal nié sy R105 000-borgskap onttrek nie.

    Pick n Pay adverteer al 40 jaar in Sax Appeal. Die Ackermans was, volgens e-pos, “baie kwaad”.

    “Ons glo egter nie dat Shawco (die liefdadigheidsafdeling van UK-jool) of sy projekte, wat ten bate van Kaapstad se armste gemeenskappe aangewend word, gestraf moet word vir die optrede van ’n paar onverantwoordelike studente nie.”

    Shawco en die joolkomitee het gehoop om minstens R500 000 in te samel met Sax Appeal, wat R20 kos.

  • 45. Olga  |  Februarie 21, 2009 om 11 : 50

    Dankie gogga. Waar kan ek vir jou 5c los?

  • 46. Olga  |  Februarie 22, 2009 om 12 : 00

    Geefig. Maar die skinderpost het gou vol geword.

  • 47. Olga  |  Februarie 22, 2009 om 12 : 01

    Is dit hoekom jy so skinder?

  • 48. Olga  |  Februarie 22, 2009 om 12 : 02

    Ek gaan vir ouma wip laat weet van die skindersessie.

  • 49. Olga  |  Februarie 22, 2009 om 12 : 03

    Dan gaan sy ore opwen omdat jy sonder haar geskinder het.

  • 50. Olga  |  Februarie 22, 2009 om 12 : 04

    200 ste. he he.

  • 51. Adrie  |  Februarie 22, 2009 om 12 : 05

    Hol, Olga. Voordat die pad vol dubbeltjies word.

    http://onderdiemaanensterre.wordpress.com/

  • 52. Adrie  |  Februarie 22, 2009 om 12 : 05

    Glad nie sleg vir ‘n Saterdag post nie.

  • 53. Klip  |  Februarie 22, 2009 om 1 : 15

    More ek dink ek is eerste om te post op die Sondag oggend

  • 54. Klip  |  Februarie 22, 2009 om 5 : 51

    Hoop almal het n geseende Sondag

  • 55. Olga  |  Februarie 22, 2009 om 6 : 44

    More, more.

  • 56. *mathilda*  |  Februarie 22, 2009 om 10 : 32

    Siende dat niemand anders dit gedoen het nie – Eerste ! Hallo maaikies

  • 57. Wipneus!  |  Februarie 22, 2009 om 10 : 45

    More almal!

    Wel ek is jammer ek het geen simpatie met Barbie nie.
    Geen mens kan ook nou so gemanipuleer word nie!!
    Ek sou simpatie gehad het, as daar nie kinders betrokke was nie!🙄

    Patel was daai regter, ‘n baie naby familielid was sy PA😉

  • 58. Wipneus!  |  Februarie 22, 2009 om 10 : 49

    Ouma trek Adriana se ore!!! 👿

  • 59. Wipneus!  |  Februarie 22, 2009 om 10 : 51

    Olga het dadelik die draad na Ouma toe geslaan! 😆

  • 60. Adrie  |  Februarie 22, 2009 om 11 : 39

    Dit is blerrie laag om iemand se ore te trek terwyl hulle slaap. Kyk, nou, dit bloei!!!!!

    Sies.

  • 61. Olga  |  Februarie 22, 2009 om 1 : 25

    HA PA PA LA PA. Die wysneus het op haar neus, nee, oor gekry.

  • 62. Wipneus!  |  Februarie 22, 2009 om 9 : 05

    Volgende keer tel jy jou ore op die vloer op Adriana!

    En waar het jy gesien mens is op die pad in hierdie storm!!!!
    Gaan dadelik huis toe voor ek jou met die paplepel kom haal👿

    Dankie dat jy dissipline op die werf hou Olga!!! Ons sal hierdie klomp kjinders reg kry!! A nee A!!!!

  • 63. Misdaad onder Liefde se vaandel  |  Maart 4, 2009 om 4 : 16

    […] Julie 2007 doen ek HIERDIE INSKRYWING oor vroue en gevaarlike mans. Met wat Doringrosie hier vertel, ‘n rukkie gelede, word ek weer daaraan herinner en ek gaan lees bietjie meer […]

  • 64. Zuanne  |  April 27, 2014 om 8 : 54

    Goeie dag
    Stuur asb ‘n email adres waarheen ek die “ROU” ebook weergawe van die boek: “Kinders van die wind kan aanstuur”. Die blog inskrywing: “Barbie sirkus” word gedeeltelik in die boek aangehaal

    Groete
    Zuanne

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: