Vir wie om te stem

Februarie 18, 2009 at 5 : 36 169 Kommentaar

22 April is aangewys as die dag wat Suid-Afrika moet gaan stem wie die volgende termyn Suid-Afrika gaan lei.  Dit is almal ouer as 18 se plig om te gaan stem.  Die vraag vir vandag is hoe besluit jy vir wie jy gaan stem.

Die verantwoordelike manier is seker om al die politieke partye te identifiseer en hulle manifeste te bestudeer.  Jy weet dan presies waarvoor hulle staan.  Jy besluit dan watter party verteenwoordig die meeste van jou ideale.  As jy ‘n realis is, besluit jy watter party het die vermoë om die meeste van jou hope te laat realiseer.  Almal weet mos dat verkiesings beloftes meestal net praatjies is.

‘n Ander verantwoordelike manier is om die grondwet van elke party te bestudeer.  Daarna kan jy op ‘n intelligente wyse besluit met wie se regering kan jy mee saam leef.  Ek het ‘n vriend wat dit wel eendag gaan doen het.  Hy het in elke party iets gekry wat hy as immoreel beskou het.  Die besluit wat daarop gevolg het is watter party het the lesser evil. 

Die boonste twee metodes is dalk die verantwoordelike manier om op jou party te besluit, maar die meeste van ons is hopeloos te lui daarvoor.  Ek is binne die eerste 2 minute verveeld as ek na ‘n politieke toespraak moet luister.  Ek woon dus ook nie partye se veldtogte by nie.  Ek kry dus ‘n vae idee van wat die partye belowe deur die opskrifte (en net die opskrifte) in die koerant te lees.  Op watter ander maniere kan ‘n mens kies?

Die meerderheid mense besluit seker van watter partyleier se gesig hou hulle die meeste.  Dit is immers die mens wat verantwoordelik is vir die uitvoer van beloftes.  Met ‘n bietjie navorsing kan jy hulle verlede oopkrap en kyk of hulle jou ondersteuning waardig is.  Daar is egter meer mense wat die party suksesvol kan maak, as net die leier.  Jy kan dalk die party kies met die interessantste persoonlikhede.  Miskien verkies jy die party wat die grootste jollers het. 

Dt is nog steeds moeite.  As jy omgewingsvriendelik is, besluit jy dalk om die party met die minste plakaarte op het.  Die party met die mees treffende plakaart is dalk die een wat jy met jou stem wil beloon.  Wat van die een met die kunstigste kenteken?  Miskien ook die party wat die netjieste aantrek?

Die minste moeite is seker om vir die party te stem vir wie almal (die meerderheid / familie / vriende) te stem.

Hoe besluit jy vir wie om te stem?  Watter ander maniere is daar waarmee jy kan besluit?

Blogvraag:  Wie is die leier van die African Christian Democratic Party?

Blogantwoord:  Nats was reg met Gerald Douglas Meyer.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Erkenning vir misdaadslagoffers Wat het WordPress getref?

169 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Februarie 19, 2009 om 5 : 01

    Afr klip?Ek het my oupa nooit geken nie. Hy kom my dus nie russies leer nie.

  • 2. Olga  |  Februarie 19, 2009 om 5 : 03

    Die goed het al so verbaster tilla. By ons vlieg daar net raaksteke rond.

  • 3. *mathilda*  |  Februarie 19, 2009 om 5 : 03

    Willes – jy was baie skaars die laaste 2 dae – als ok

  • 4. *mathilda*  |  Februarie 19, 2009 om 5 : 04

    Hulle LOVE my bloed

  • 5. Olga  |  Februarie 19, 2009 om 5 : 05

    Weet jy hoekom wik die miskiete met jou gesels juf annie? Dis omdat jy te lui is om die miskiet masjien aan te sit. Of om peaceful sleep aan te smeer.

  • 6. Klip  |  Februarie 19, 2009 om 5 : 06

    Halitose – is n lekker stink asem

  • 7. Klip  |  Februarie 19, 2009 om 5 : 07

    Tilla , jy moet vir daai muskiete se jy skenk nou bloed , hulle moet jou spaar

  • 8. Olga  |  Februarie 19, 2009 om 5 : 07

    Tilla dan diskrimineer die zoemers teen my. Hulle is lowdown se ek jou vandag.

  • 9. Olga  |  Februarie 19, 2009 om 5 : 08

    Stink asem die het ou blaffer beslis. Niemand het hom gese hy is nie n maltees nie.

  • 10. *mathilda*  |  Februarie 19, 2009 om 5 : 10

    Klip – ek moet dalk vir hulle my kaart wys waarop ek bloedskenk dat hulle kan sien ek is bespreek

  • 11. *mathilda*  |  Februarie 19, 2009 om 5 : 12

    Olga – ek sou verkies hulle moet teen my diskrimineer

  • 12. Klip  |  Februarie 19, 2009 om 5 : 12

    Tilla uitstekende idee, jy moet net een van daai naalde waarmee hulle bloed trek naby jou hou , en ek is seker as n muskiet hom sien hou hy verby

  • 13. Olga  |  Februarie 19, 2009 om 5 : 14

    Hulle is baie dikvellig tilla. Ek vertel hulle gereeld die deur is toe. Hulle is nie meer welkom nie. Dink jy die zoemers steur hulle daaraan?

  • 14. *mathilda*  |  Februarie 19, 2009 om 5 : 17

    True – daai naald is seker maklik 3 keer so dik soos my arme are

  • 15. Olga  |  Februarie 19, 2009 om 5 : 17

    Ari tilla, hulle sal jou dan voos steek. Hulle luv jou bloed, hulle diskrimineer teen my omdat hulle my steek en vir homer uitlos. Dit het al so erg geword, ek kou nie eers meer karton nie. Ek smeer net heeltyd peaceful sleep.

  • 16. *mathilda*  |  Februarie 19, 2009 om 5 : 18

    Dan moet dit kinders wees – hulle oortjies wil nie hoor nie

  • 17. Klip  |  Februarie 19, 2009 om 5 : 23

    Hoe nader hulle aan my kom met daai naald hoe groter word hy.

  • 18. Klip  |  Februarie 19, 2009 om 5 : 24

    Groete aan julle almal , ek sien julle weer more aand hier op nagskof

    Lekker eet en lekker slaap

  • 19. *mathilda*  |  Februarie 19, 2009 om 5 : 26

    Bye klip, lekker aand

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: