Skuldig soos aangekla

Februarie 16, 2009 at 6 : 05 224 Kommentaar

Ek moet bieg.  Ek is mal oor glanspersoonlikhede se skinderstories.  Dit is die deel wat ek heel eerste in ‘n koerant en tydskrif lees.  Soms is dit die enigste gedeelte wat ek lees.  Dit is nou nie die hoogtepunt van my dag nie, dit oorheers nie my lewe nie, dit is nie my gunsteling gespreksonderwerp nie, maar dit bly nogtans iets wat ek geniet.

Mense begin meer en meer voel dat celebs die reg het op ‘n private lewe.  Dit is onvanpas van publikasies is om hulle skandes, al is dit net ‘n gerug, te publiseer.  Feit bly dat tydskrifte en koerante daarmee gaan aanhou terwyl mense soos ek dit lees.  Buitendien lees die mense wat die sterre se privaatheid wil beskerm dit ook.  Wat dikwels daarna gebeur is dat hulle die arme slagoffer luidkeels gaan verdedig, met die gevolg dat die hele (onsmaaklike) voorval selfs nog meer aandag geniet.  Kan die pot dan werklik nog die yster verwyt?

Kom ons keer terug na die reg tot privaatheid.  Dit is seker nie ‘n onbillike versoek nie, hulle is immers nie apies wat toertjies moet doen nie.  Dit is net ironies dat die reg tot privaatheid net ter sprake kom as daar ‘n skande in die lug hang.  Met verlowings is die pers welkom.  Die pers betaal gewoonlik die hele troue en wittebrood.  Maar die oomblik wat die bollie die fan strike, dan kom die privaatheid ter sprake. 

Ek moet vra of daar so iets soos swak publisiteit was.  Daar was die akteur wat in 1995 met ‘n prostituut betrap was.  Hy was ‘n relatief onbekende akteur wat sopas ‘n trefferfliek gemaak het.  (As jy weet van wie ek praat, dan lees jy ook skinderstories).  Hy en sy was gearresteer.  Sy loopbaan het beslis nie skade gely nie, sy meisie het ook skielik as ‘n openbare figuur gedy.  Sy het met onderhoude genoeg geld verdien om haar kinders ‘n behoorlike opvoeding te gee en ‘n huis te koop.  Net een voorbeeld van ‘n skande wat ‘n “blessing in disguise” was.  Is dit nie die geval met alle skandes nie?

Iemand het een keer gesê dat Suid-Afrikaners hou van skandes, mits dit nie hulle eie mense is wat daardeur geraak word nie.  Dit blyk om waar te wees.  Niemand wil ‘n oorlog begin as Amy Winehouse se skandes uitgelap word nie.  Paris Hilton is ook ‘n aanvaarbare teiken.  Dink ons ons sterre is bokant die swakhede van die vlees verhewe? 

Blogvraag:  As wie is Estella Marie Thomson beter bekend?

Blogantwoord:  Hulle het goud ter waarde van $4 miljoen gesteel wat as ‘n betaling van China aan Fiat gemaak sou word vir die lisensiering om hulle karre te ontwerpe in China te maak.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Lang vingers / oë / brein of is dit net skerp? Erkenning vir misdaadslagoffers

224 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Februarie 17, 2009 om 10 : 22

    Elo! Dis britney. As sy soos in geniune kaalkop was, dink jy nie sy sou dit geflaunt het nie? Dan word sy met haar shocking pink pruik gesien en 2 minute later met haar blink kaal kop. Dis die grl wat self die paparazzi laat weet het waar sy wanneer gaan wees. Sy sou haar kaalkop geflaunt het dit sou meer nuuswaardig as haar uhm, kamera gewees het wat ten minste 2 keer in elke uitgawe van people en heat geflash het.

  • 2. Adrie  |  Februarie 17, 2009 om 10 : 24

    Wie onthou hoe het Ben Affleck en J-Lo ‘n artikel van hulleself in die openbaar gelees?

  • 3. Olga  |  Februarie 17, 2009 om 10 : 25

    Luke het nie op die regte plekke geflash nie.

  • 4. Adrie  |  Februarie 17, 2009 om 10 : 27

    Paris het seker gekla oor die kaalkop.

  • 5. Adrie  |  Februarie 17, 2009 om 10 : 29

    Van Britney gepraat, sy word darem ook nie sommer onder gekry nie. ‘n Jaar terug het niemand vir haar ‘n ander hoop gehad as die trailerpark nie en nou is sy weer bo-aan die trefferlyste.

  • 6. Olga  |  Februarie 17, 2009 om 10 : 29

    In sy blou sport motor? Hy het darem volwasse geword in jennifer gardner se geselskap. Wat weer wys, mens word aan jou vriende geken.

  • 7. Adrie  |  Februarie 17, 2009 om 10 : 32

    Kan nie onthou watter kar dit was nie. Hy is darem ook maar plat op die aarde.

  • 8. Olga  |  Februarie 17, 2009 om 10 : 32

    Re britney gaan ek nou baie geyk wees. YOU JUST CANT KEEP A GOOD BITCH DOWN. Christina, kyk wyd, jy sal nooit bykom nie.

  • 9. Adrie  |  Februarie 17, 2009 om 10 : 36

    Olga

    Waarheid. Maar dan het sy nie op ‘n hoop gaan sit en kerm oor privaatheid nie. In elk geval nie dat die hele wereld haar kan hoor nie.

    Sy het wel ‘n stunning song, my perocative (spelling) geskryf wat seker na aanleiding daarvan was.

  • 10. Adrie  |  Februarie 17, 2009 om 10 : 41

    Olga

    Ons moet seker sjarrap. Die mense gaan se^ ons het nie ons eie lewens nie, daarom weet ons alles van die celebs af.

  • 11. Adrie  |  Februarie 17, 2009 om 10 : 45

    My gunsteling celeb paartjie is hopeloos te privaat na my sin. Dit bewys seker dat hulle weet wat beteken aftrede.

    Wie is julle gunsteling celeb paartjie?

  • 12. Wille Kjind Q  |  Februarie 17, 2009 om 11 : 17

    Ai tog! Da mis ek wee alles.

    @ A3 & Olga

    Fênks! Ek sal vi T sê

  • 13. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 11 : 20

    Ek is ook famous…..ek skinder sommer oor myself

    Ek poep tog in PnP tussen die rakke

  • 14. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 11 : 22

    My gunsteling paartjie Cezaan Visser en daai Dirk ou

    Ha kak is geboek

  • 15. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 11 : 24

    Almal doen dieselfde as die bedlampie se liggie nie brand nie

  • 16. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 11 : 25

    Party mense het net beter kameras

  • 17. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 11 : 26

    Ok Ok ek loop , julle kan maar weer gesels hoor❗

  • 18. Adrie  |  Februarie 17, 2009 om 11 : 39

    Klip, jy is weer vol dinge ne?

  • 19. Adrie  |  Februarie 17, 2009 om 11 : 40

    My absoluut gunsteling is Steffi Graf en Andre Agassi

  • 20. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 11 : 44

    Anna Kournikova, en Maria Sharapova……ai ek laaik tennis

  • 21. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 11 : 45

    Steffi het darem n lekker groot neus …… Andre Agassi se kop lyk soos n paartie frikadel wat van die tafel afgeval het

  • 22. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 11 : 48

    Speel sommer …..hulle is almal mooi mense

  • 23. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 11 : 49

    Gatiepie en Gatiep klim op die bus in Adderleystraat en is gelukkig om die laaste twee sitplekke te kry. Kort agter hulle klim ´n jong dame op. Haar grimering is so oordoen dat jy wonder hoe haar vel nou eintlik lyk. Aangesien daar nie meer ´n sitplek is nie moet sy maar in die gangetjie staan en aan een van die lushangers vashou.
    Gatiep: “Djirre Gatiepie, gaan djy nie virrie lady djou seat aanbied nie?”
    Gatiepie: “Nei, ´n painting is mos gemaak om te hang, nie om te sit nie.”

  • 24. Adrie  |  Februarie 17, 2009 om 11 : 52

    Klip😯

    Hou jy van Anna en Maria as ‘n paartjie? Soos in lovers?

  • 25. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 11 : 58

    JOOST SE SEX TAPE IS ‘N FAKE!!!!

    DIE VIDEO IS 30 MINUTE LANK, EN GEEN BLOU BUL KAN SO LANK STOOT NIE!!!

  • 26. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 12 : 01

    A3 Wel as hulle n paartjie was dan sou dit soveel mooier gewees het

  • 27. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 12 : 02

    What does the new so called E-NATIS system installed at testing stations stand for?

    E – Eish

    N – Not

    A – Available

    T – Today

    I – I’m

    S – Sorry

  • 28. Adrie  |  Februarie 17, 2009 om 12 : 02

    He He He

    Ek sien Joost se dat hy kleiner in daardie area is.

  • 29. Adrie  |  Februarie 17, 2009 om 12 : 06

    Klip

    Vir jou part hoop ek mev Klip lees nie skelm nie.

  • 30. *mathilda*  |  Februarie 17, 2009 om 12 : 08

    O ja voor ek vergeet
    veels geluk liewe mini willes
    omdat jy verjaar
    mag die Jere jou seën
    en nog baie jare spaar

  • 31. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 12 : 24

    Arme Joost laat hy nou so nederig moet wees.

  • 32. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 12 : 32

    Hy was seker so uur voor die video kleiner gewees

    Die celebs …….hulle ego word mos sommer baie groter as hulle so voor die kameras optree

  • 33. Adrie  |  Februarie 17, 2009 om 12 : 33

    Ek is verbaas dat hy dit sal erken.

  • 34. Wille Kjind Q  |  Februarie 17, 2009 om 12 : 36

    Halie! Halie! Halie!

    Eks is vandag👿 met ‘n tikseltjie😈 van die😕 mense se😥

  • 35. Adrie  |  Februarie 17, 2009 om 12 : 43

    Willes het ‘n lewe iewers gekoop;

  • 36. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 12 : 43

    My wife and I were sitting at a table at my high school reunion, and I kept staring at a drunken lady swigging her drink as she sat alone at a nearby
    table.

    My wife asks, “Do you know her?”

    “Yes,” I sighed, “She’s my old girlfriend. I understand she took to drinking right after we split up those many years ago, and I hear she hasn’t been sober since.”

    “My Gosh!” says my wife, “Who would think a person could go on celebrating that long?”

  • 37. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 12 : 44

    A3 daar is soms goed wat geen man sal erken nie .

  • 38. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 12 : 46

    Pleks die aap na die vrou in die video kyk nou kyk hy vir ander goed , miskien is hy n kaboudter

  • 39. Adrie  |  Februarie 17, 2009 om 12 : 50

    Klip

    Hy het (moontlik) eerstehandse kennis van haar, hoekom nog kyk?

  • 40. Adrie  |  Februarie 17, 2009 om 1 : 01

    Willes

    Jy nou weer weg?

  • 41. Adrie  |  Februarie 17, 2009 om 1 : 02

    Op hierdie oomblik voel ek net so intelligent as Paris Hilton.

  • 42. Nats  |  Februarie 17, 2009 om 1 : 07

    Voor ek ry…

    Ek dink Joost het so gesê om sy eie basvelle te probeer red, sodat mense sal sê “Dit kan nie hy wees nie, want hoekom sal hy sê hy is kleiner” Hy werk baie fyn om ons te probeer laat dink dis nie hy nie… en so what van die tattoo – die video kon gewees het voor die tattoo!

    Maar ja onskuldig tot hy skuldig gevind is – dit lyk baie soos hy maar ons het mos al “doubles” van mense gesien!

  • 43. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 1 : 09

    A man boarded an aircraft in New York and took his seat. As he settled
    in, he noticed a very beautiful woman boarding the plane. He realized
    she was heading straight towards his seat. Bingo! She took the seat
    right beside him.

    Eager to strike up a conversation, he blurted out, “Business trip or
    vacation?” She turned, smiled enchantingly and said, “Business. I’m going to the Annual Nymphomaniac Convention in France.”

    He swallowed hard. Struggling to maintain his composure, he calmly asked, “What’s your business role at this convention?”
    “Lecturer,” she responded. “I use my experience to debunk some of the popular myths about sexuality.”

    “Really,” he smiled, “What myths are those?”

    “Well,” she explained, “one popular myth is that African American men are the most well endowed when, in fact, it’s the Nativ e American
    Indian who is most likely to possess that trait. Another popular myth is that French men are the best lovers, when actually it is the men of
    Indian descent. We have found that the best potential lovers in all categories are the Afrikaners.”

    Suddenly the woman became uncomfortable and blushed. “I’m sorry,” she said, “I really shouldn’t be discussing this with you; I don’t even know your name.”

    “Running Bear,” the man said….”Running Bear Moodley, but my friends call me Frikkie.”

  • 44. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 1 : 12

    A3 al die intelligente maaitjies rooflees.

  • 45. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 1 : 13

    3 Boetie boesmans loop in woestyn! Leeu kom agter bos uit!
    Oudste sê ‘klie klom klak’
    Middelste sê ‘klie klom gloot klak’
    Kleinste sê ‘ klaar geklak’

  • 46. See Kat  |  Februarie 17, 2009 om 1 : 14

    Ek dink as n media middel n aantyging maak wat tot inkriminering kan ly moet die persoon wat die aantyging gemaak het krimineel vervolg word. Die tyd het aangebreek as jy jou bek oop maak in die media en jy kan dit nie bewys nie moet jy die gevolge daarvan vat. Dalk tronk straf van tot 10 jaar en nie n verskoning van n paragrafie op bladsy tien van dat jy jammer is. En dan moet die betrokke persoon jou dagvaar vir vergoeding. Die wet moet se dat die betrokke publiekasie waar die saak gestel is in daar die omset wat gemaak was moet aan die persoon betaal word.

  • 47. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 1 : 17

    Bladsy 10

    Steve ek is jammer omdat ek dink jy is n d**s

  • 48. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 1 : 18

    A3 gaan hulle nou jou blog dagvaar❓

  • 49. Adrie  |  Februarie 17, 2009 om 1 : 19

    Seekat,

    Jy het ‘n punt beet. Die media moet eers hulle feite nagaan. Los die tronkstraf, maar laat hulle goed hoes.

  • 50. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 1 : 20

    Ek het ‘n wonderlike nuwe eetplan gekombineerd met oefening ontdek: Neem 1 Weetbix, krummel 1 Aero bo-oor en VOILA – AREOBIX !!

  • 51. poplap  |  Februarie 17, 2009 om 1 : 21

    ‘n Dogtertjie staan in ‘n haarsalon besig om ‘n koekie te eet.
    Haarkapper: “Meisie jy gaan hare op jou koekie kry”
    Dogtertjie: “Ek weet oom, en tieties ook

  • 52. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 1 : 21

    SeeKat jy slaan die spyker op sy kop

  • 53. poplap  |  Februarie 17, 2009 om 1 : 24

    Die ou omie lê in die hospitaal, op pad teater toe. ‘n Jong blonde verpleegster kom ingetrippel met sy verslag in die een hand en ‘n bakkie met skeergoed in die ander hand. “Goeiedag oom! Af met die broekie vir my!”
    “Nou vir wat, Nursie, wat wil jy nou maak?”
    “Ek wil jou skeer, Oupa, want ons gaan jou mos vandag besny!” antwoord sy.
    Nee, man, ek is hier vir ‘n oog operasie!” gil die ou omie verskrik.
    Nou verloor sy haar humeur: “Kyk, Oupa, ek het nie tyd vir nonsies
    nie, hier staan dit in jou verslag: VERWYDERING VAN DIE HORINGVLIES

  • 54. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 1 : 24

    Hallo Poplap

  • 55. See Kat  |  Februarie 17, 2009 om 1 : 25

    Ek dink tronk straf is gepas want dan sal hulle weet dat n lieg storie nie die moeite werd is nie. Want glo jy alles wat in die koerant geskryf word dan kan n mens net sowel glo dat die Aarde is plat.

  • 56. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 1 : 25

    Sannie en Jannie bad saam.
    Sannie: Jannie hoekom is joune so lank?
    Jannie: Want liewe Jesus het myne uitgetrek en joune ingedruk!
    Sannie: Jis, hy moes dit baie hard getrek het! Tot jou niertjies hang uit!

  • 57. poplap  |  Februarie 17, 2009 om 1 : 26

    lo klip

  • 58. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 1 : 26

    See Kat , ek het nog altyd gedog die aarde is plat

  • 59. poplap  |  Februarie 17, 2009 om 1 : 26

    ‘n Ou oom lê in ‘n plattelande hospitaal met prostaatmoeilikheid. ‘n Jong seun met ‘n gebreekte been en ‘n erge hakkel probleem word in dieselfde kamer as die oom opgeneem.
    Die seun vra: “Wa-wa-wat m-m-makeer oom?”
    Oom: “Prostaatmoeilikheid, ou seun.”
    “O-o-oom, w-w-w-wat-s p-p-prostaat m-m-m-moeilikeheid?”
    Oom: “Ek pis net so swaar as wat jy praat!”

  • 60. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 1 : 28

    Nee toemaar ek het vergeet , my kop is plat , die aarde is rond

  • 61. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 1 : 30

    Dronk boemelaar kom in ‘n parkie af op ‘n ou in ‘n sweetpak wat push-ups doen. “Eksjkuus meneer, die een wat jy probeer sjpyker isj weg”!

  • 62. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 1 : 32

    Jou mediese verslag het vandag by ons uitgekom. Jy het ‘n tekort aan yster.

    Jy kort dadelik ‘n SPYKER!

  • 63. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 1 : 35

    ** DELETED**

    You are banned from WordPress

  • 64. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 1 : 38

    😳

  • 65. Adrie  |  Februarie 17, 2009 om 1 : 39

    Klip

    213???

  • 66. Klip  |  Februarie 17, 2009 om 2 : 17

    Gedog eks geban ! 😮

    Belowe ek sal minder bollie praat

  • 67. *mathilda*  |  Februarie 17, 2009 om 2 : 29

    Ek het so pas 1 van my grootste vrese oorkom – ek het gaan bloed skenk

  • 68. *mathilda*  |  Februarie 17, 2009 om 2 : 44

    En weg

  • 69. Wille Kjind Q  |  Februarie 17, 2009 om 3 : 13

    @ Tilla

    Eks moer trots op jou!!!!!!!!! :mrgreen:

  • 70. Nats  |  Februarie 17, 2009 om 4 : 24

    Wille Q
    Sê asb vir Willetjie T baie baie baie geluk met haar verjaarsdag!!!
    Ek erg jaloers dat julle lekker koek gaan eet!!!! Eet maar vir my ook ‘n stukkie asb!

  • 71. Wille Kjind Q  |  Februarie 17, 2009 om 4 : 47

    @ Nats

    Thanx! Ek sal somme 2 stukke eet……. 1 vi my en 1 vi jou!

  • 72. White Knight  |  Februarie 17, 2009 om 6 : 07

    Dagse Wille Kjind Q

    Baie geluk aan die kind wat verjaar vandag. Mag daar vir haar ‘n vreugdevolle, vredesgevulde en liefdes oorheersende toekoms voorle.

  • 73. White Knight  |  Februarie 17, 2009 om 6 : 08

    Dagse Merrie

    Die enigste rede hoekom jy daarvan hou om na sulke twak te kyk of lees is omdat jy self daarvan hou om te skinner👿😈

  • 74. Adrie  |  Februarie 17, 2009 om 6 : 44

    Guilty as charged.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: