Die een wat weggekom het.

Februarie 13, 2009 at 7 : 04 48 Kommentaar

Stenig my, ek steel nou blatant Olga se blog onderwerp.  Sy kan dit waarskynlik beter doen as ek, maar sover ek weet het sy dit nog nie geskryf nie.  Ek moet seker ‘n ietsie skryf oor die liefde, dit is immers die seisoen.  So kners maar die tande en deel julle ervaringe.  Ons is die ene ore.

Waar daar dogtertjies en seuntjies is, gaan daar soms vonkies wees wat in ‘n liefdesvuurtjie kan ontaard.  Die meerderheid van hierdie vuurtjies gaan uitbrand of gedoof word.  Agterna gaan jy nostalgies daarop terugkyk, ‘n traan pik oor wat kon wees of jou stêrre te dank dat jy ontsnap het.

Ek het al ouens ontmoet met wie ek glad nie sou omgee as daar iets ontwikkel het nie.  Ek was selfs al in situasies waar ek vinnig moes tekkies gryp om nie met ‘n meulsteen  om die nek op te eindig nie.  Maar Adriana Magrieta Swanepoel was net een keer in haar bestaan effens verlief. 

Ek was 18, baie onervare en so pas op universiteit nie.  Hy, kom ons noem hom Neels, was so 4 jaar ouer en, hoewel hy ‘n ordentlike ou was/is, was hy nou nie ‘n monnik nie.  Hy het blonde hare en groen oë gehad, baie mooi hande en aanvaarbare lippe en tande.  Hy was ‘n paar sentimeter korter as ek, maar nou nie so dat die ‘n doring in die vlees was nie.  Op papier was hy ook ‘n baie goeie kandidaat, selfs vandag nog. 

Neels was dit op die datum die enigste man wat my knieë kon lam maak en my laat stotter het.  Ek het hom nie baie gesien nie, maar wanneer ek hom wel gesien het, moes ek hard konsentreer om nie my naam met ‘n plank te slaan nie.  Dit was ook die enigste tyd wat hy ‘n plek in my gedagtes gehad het.  Die oomblik wat hy uit die oog was, was hy ook uit die hart uit.  Ek het nie heeldag van hom gedroom nie en beslis nie allerhande planne beraam om hom te vang nie. 

Ons het een keer saam na ‘n dinee gegaan.  Daarna het ons foto’s geruil en soms saam in ‘n groep gaan koffie drink.  Een dag was die kalsium terug in my bene en was hy net ‘n kennis.  Nie eers ‘n vriend nie.  Ons loop mekaar soms nog raak, maar dan is dit net “Hallo, hoe gaan dit”.  Is ek spyt?  Nee, almal het seker so ‘n ondervinding nodig. 

Julle beurt om my te vertel van die visse wat nie aan jou hoek gebyt het nie.

Blogvraag:  Van watter land is die groep wat Paint my love gesing het?

Blogantwoord:  Tyche is die Griekse godin van geluk (luck).  Geluk kan egter ook happiness beteken, dus is Olga reg met Eudaimonia.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Paraskavedekatriaphobia Lang vingers / oë / brein of is dit net skerp?

48 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Februarie 13, 2009 om 7 : 08

    Eerste.

  • 2. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 7 : 08

    Eerste

  • 3. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 7 : 09

    Dêmmit!

  • 4. Olga  |  Februarie 13, 2009 om 7 : 18

    Denemark.

  • 5. Olga  |  Februarie 13, 2009 om 7 : 19

    Denemark. En nou wk?

  • 6. Olga  |  Februarie 13, 2009 om 7 : 28

    Weg is almal. Seker oor dari spinnekoppie.

  • 7. Hannes  |  Februarie 13, 2009 om 7 : 28

    neels was seker netta.

  • 8. Olga  |  Februarie 13, 2009 om 7 : 31

    Hannes, kan ek jou n lillet aanbied?

  • 9. Wheelbarrow Jack  |  Februarie 13, 2009 om 7 : 35

    Goeienaand mense.

    Ek het jou video baie geniet A3.

  • 10. Olga  |  Februarie 13, 2009 om 7 : 40

    Wie was die mitologiese griekse godin van geluk? Sorrie wk, fortuna het net te voor die handliggend geklink. Ons ken mos die herrie merrie. Vir haar is niks voor die handliggend nie.

  • 11. Adrie  |  Februarie 13, 2009 om 7 : 43

    🙄

    Hannes, I am not even going to dignify that with an answer.

  • 12. Adrie  |  Februarie 13, 2009 om 7 : 44

    Fortuna was die romeinse eweknie. Ek sal gou die antwoord insit.

  • 13. Wheelbarrow Jack  |  Februarie 13, 2009 om 7 : 46

    Groet niemand nie?

  • 14. Olga  |  Februarie 13, 2009 om 7 : 48

    Elo oom jack. Hoe gaan dit?

  • 15. Adrie  |  Februarie 13, 2009 om 7 : 48

    Naand Domkrag. Jy was nogal stil vandag.

  • 16. Wheelbarrow Jack  |  Februarie 13, 2009 om 7 : 49

    hoe gaan dit olga?

  • 17. Wheelbarrow Jack  |  Februarie 13, 2009 om 7 : 51

    ag ekskuus olga. goed dankie. hoe gaan dit met jou? a3, opera mini is vol twak. ek wil nie die werk se internet misbruik nie.

  • 18. Olga  |  Februarie 13, 2009 om 7 : 54

    Goed dankie oom jack. Ek het bord smoor snoek geeet wat so lekker soos sonde was.

  • 19. Wheelbarrow Jack  |  Februarie 13, 2009 om 7 : 56

    lol. dit nou die mafia wet wat jou laat vis eet op n vrydag?

  • 20. Olga  |  Februarie 13, 2009 om 7 : 58

    Nee die mafia is deesdae nogal lenient daaroor. Vskoon my asb. Nag, leke lalies oom jack.

  • 21. Wheelbarrow Jack  |  Februarie 13, 2009 om 8 : 00

    het ek aanstoot gegee? nag olga. droom van my. lol. sweet dreams.

  • 22. Olga  |  Februarie 13, 2009 om 8 : 01

    Glad nie. eks nou net bietjie besig. nag.

  • 23. Wheelbarrow Jack  |  Februarie 13, 2009 om 8 : 01

    Nag.

  • 24. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 9 : 10

    Ai tog. My foun se bêttery het besluit ek het genoeh gepraat. Sorry Olga. Die dêmmit was oorlat ek 2 sekondes na jou ge-eerste het

  • 25. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 9 : 17

    Hannes… Hannes… Hannes… Ek sak my kop in skaamte

  • 26. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 9 : 28

    Ek wik en weeg of ek my stories moet deel of my bek moet hou

  • 27. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 9 : 38

    Anners moet ek comment en dan nie verder lees nie. Wat ons almal weet nooit sal gebeur nie

  • 28. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 9 : 40

    4 rooflesers😕

  • 29. Wheelbarrow Jack  |  Februarie 13, 2009 om 10 : 05

    Net 4? Nou is hier 7. Maar hulle kyk net na die gesiggies. Hulle kan nie lees of skryf nie.

  • 30. Olga  |  Februarie 14, 2009 om 6 : 59

    More, more. Wk, hoekom het jy nie jou stories vertel nie? Moenie skaam wees nie.😆 Ons wag in spanning.
    Opera mini raak nou rerig fattap. Ek kon gsteraand oral op o.m inkom, behalwe hier.

  • 31. Adrie  |  Februarie 14, 2009 om 8 : 16

    More. Kom Willes, die mense soek iets interessant om te lees. Ons wag in spanning.

  • 32. Wipneus!  |  Februarie 14, 2009 om 8 : 17

    Hello dorings en rose …

    Liewe aarde Adriana klink of sy ‘n veiling hier beskryf!! Ordentlike lippe, maar wag maak oop die mond dat ons net gou na die tande kan kyk, mmm wag daar is ‘n stopsel, nee dit kan nie doen nie…. volgende …. maak oop die mond …. sê Aaahhh, nee jou vingers is te kort… maak dat jy weg kom …. LOL

    Adriana dis nie wie nie aan my hoek gebyt het nie, dis ek wat nie aan hulle hoek gebyt het nie😛

    Happy Valentines day almal!

  • 33. Adrie  |  Februarie 14, 2009 om 8 : 41

    Whateva!!

  • 34. Wipneus!  |  Februarie 14, 2009 om 11 : 42

    presies my gevoel ook!

  • 35. Adrie  |  Februarie 14, 2009 om 11 : 58

    Bite me!

  • 36. Olga  |  Februarie 14, 2009 om 12 : 46

    Dis nou die dr of gyno.

  • 37. White Knight  |  Februarie 14, 2009 om 1 : 49

    Dagse Julle
    Adriana, jy laat dit na ‘n visvang kompetisie klink. “Die Een wat Weg gekom het” “twisted”
    As hy weg is, was hy in die eerste plek nie joune nie.😀

  • 38. White Knight  |  Februarie 14, 2009 om 1 : 51

    Buitendien, as jy beweer een het weggekom, het jy met opset hom in ‘n tronk probeer aan hou?😕

  • 39. Olga  |  Februarie 14, 2009 om 3 : 57

    Ai, mens kan oki verwag n ou fossiel van n mossek (jammer ouma wip) moet hedendaagse afrikaans verstaan nie.

  • 40. Adrie  |  Februarie 14, 2009 om 5 : 38

    Fossiel

    My opskrifte is altyd twisted, of het jy vandag die eerste keer n inskrywing gelees. :mrgreen:

  • 41. Adrie  |  Februarie 14, 2009 om 5 : 46

    En ek erken, Neels het my nette netjies ontsnap. Nie dat dit moeilik was nie, my nette was nie eers uitgegooi nie.

  • 42. Olga  |  Februarie 14, 2009 om 7 : 41

    Ek het self n noue ontkoming of 2 gehad. Amper het ek vis en tjips verkoop.

  • 43. Adrie  |  Februarie 14, 2009 om 8 : 11

    Details Olga, details. Ons soek al die juicy detail.

  • 44. Olga  |  Februarie 14, 2009 om 11 : 23

    Hy was so sexy kortgat gewees. Groot bos krulhare gehad. Oe wat myne gepas het. Vir my vriendin ouma wip se inligting, al sy tande was toe nog intakt. Hy was in die regte kerk ook. (dit was baie belangrik, soos ouma wip julle kan vertel.) Hy het n nuwe sportmoter gery. ek kan nie meer onthou wat dit was nie. So donker bloue. Hy het my dikwels by die skool of busstop kom oplaai. Kan jy jou die oproer voorstel? Ewentwel, 1 dag kom hy sommer so op n donderdag aand kuier. My ma kla, maar hy praat mooi. toe ek saam met hom uitstap, vertel hy my (ja, vertel nie vra nie) ek moet saam met hom wegloop. Hy was vir diensplig opgeroep. Ons moet op n skip (van alle dinge) portugal toe vlug. Wel, dit was die end van die prent. Hy het toe maar 18mnde diensplig gedoen. Ek het later jare gehoor sy vrou, sy was ook n groente gedoente, het in sy vis en tjips winkel gewerk.

  • 45. Olga  |  Februarie 14, 2009 om 11 : 29

    Die ander ene was n plaas seun van somerset wes. Hy het die plaas vir sy ouers bestuur. Was in die weermag naby sy tuisdorp. Om n lang storie kort te maak, my ma het my nes haar ander 6 dogters geissue met n disprin en ons geleer om eerder te hurk as te buk. En hy, ai tog, was n mamma se seuntjie.

  • 46. Olga  |  Februarie 14, 2009 om 11 : 34

    Dan was daar die maanlig sanger. Ek het hom al op die blog genoem.😆 😆 Ek het gehoor hy het later opgehou sing en soos n viswyf geskel. So sien, ek was dus die gelukkige vis wat weggekom het. In al3 gevalle.

  • 47. Olga  |  Februarie 15, 2009 om 9 : 52

    More, more. Ek dink dhe blog hang vol rens varkspek en knoffel. En die kragtige water het almal natgespat.

  • 48. Wheelbarrow Jack  |  Februarie 15, 2009 om 5 : 05

    Is hier melaatsheid op die blog? As ek aansteek, prosudeer ek.😀 Die een wat weggekom het, hardloop seker steeds. En good luck.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: