Paraskavedekatriaphobia

Februarie 12, 2009 at 6 : 04 204 Kommentaar

As jy ‘n leier van paraskavedekatriaphobia is, gaan 2009 vir jou ‘n nagmerrie jaar wees.  Jy wil dit dalk oorweeg om tot die 14de November in ‘n koma te verkeer.  Aan die anderkant, verwag jy al reeds al wat ‘n ongeluk is en sal jy verras wees as jy nie in ‘n koma land nie.  Jy wil more in die bed bly en dit het niks te doen daarmee om ‘n langnaweek te geniet nie.  Jy is bang vir ‘n spesifieke dag.  Vrydag die 13de om presies te wees.

Volgens Wikipedia is niemand presies seker waar die bygeloof van Vrydag die 13de ontstaan het nie.  Voor die 20ste eeu het dit nie juis baie aandag geniet nie.  Baie mense glo dat Vrydae ongelukkig is en dat 13 ‘n ongelukkige nommer is.  Voeg die twee bymekaar en jy ‘n resep vir chaos. 

Daar is ‘n ou Noorse mite dat wanneer daar 13 mense vir ‘n ete aansit, een van hulle sal sterf.  Twaalf was in die antieke tyd beskou as ‘n voltooide getal: daar was 12 apostels, Olympus het 12 gode gehad, daar is 12 maande en 12 sterretekens.  Dertien het die volmaaktheid verwoes en is dus as ongelukkig beskou.

Vrydae is ook weens verskeie redes as ongelukkig beskou.  Daar word geglo dat Jesus op ‘n Vrydag gekruisig is.  Sedert die 19de eeu het markineenstortings en groot rampe juis op ‘n Vrydag plaas gevind.  Volgens ‘n ander Noorse legende, is Vrydag vernoem na Frigga.  Na die koms van Christendom, het die Nore haar verban na die berge.  Elke Vrydag het sy, 11 ander hekse en die duiwel (=13) vergader om te besluit hoe hulle die mensdom gaan terroriseer. 

‘n Ander mite (wat veral met die Da Vinci Code bekend gemaak is) spoor dit terug na die Templar Ridders toe.  Hulle is aangestel om die Christelike pelgrims op hulle kruistogte te beskerm.  Hulle het in 200 jaar baie magtig en ryk geword.  Koning Phillip wou hulle rykdom inpalm en het beveel dat hulle aangekeer moet moet.  Op Vrydag, 13 Oktober 1307 is massas van die ridders ook gearresteer. 

Hoe sê die Engelse?  Take your pick.  More is die eerste van 3 Vrydag-die-dertiende die jaar.  Is jy bygelowig oor Vrydag die 13de?  Gaan jy dapper genoeg wees om jou bed te verlaat?

Blogvraag:  Wie is in die Griekse mitologie die godin van geluk?

Blogantwoord:  Olga was reg met Pauley Perrette.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Versiering of verminking Die een wat weggekom het.

204 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 2 : 24

    GGGRRR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 2. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 2 : 31

    Miskien moet ek wee sing………………..

  • 3. Adrie  |  Februarie 13, 2009 om 2 : 43

    Sing.

  • 4. Zoekoe  |  Februarie 13, 2009 om 3 : 06

    Sing dat die dak bewe –😀

  • 5. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 3 : 13

    :mrgreen:

    Jy hoef my nie 2 keer te nooi nie!

    *KUG* *KUG*

  • 6. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 3 : 14

    Pollie, ons gaan Pêrel toe,
    Pollie, ons gaan Pêrel toe,
    Pollie, ons gaan Pêrel toe;
    ek en jy alleen!

  • 7. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 3 : 15

    Stadig stap in die harde pad,
    stadig stap in die harde pad,
    stadig stap in die harde pad;
    ek en jy alleen!

  • 8. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 3 : 21

    Pollie gaan mos Pêrel toe,
    Pollie gaan mos Pêrel toe,
    Pollie gaan mos Pêrel toe.
    Wat gaan sy daar maak?

  • 9. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 3 : 22

    Sy gaan na haar kêrel toe,
    sy gaan na haar kêrel toe,
    sy gaan na haar kêrel toe
    soos dit niemand traak.

  • 10. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 3 : 22

    En wat sal die wêreld sê?
    En wat sal die wêreld sê?
    En wat sal die wêreld sê?
    Pollie gaan alleen!

  • 11. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 3 : 23

    Sy sal aan die wêreld sê,
    sy sal aan die wêreld sê,
    sy sal aan die wêreld sê:
    “Skeer vir my part heen.”

  • 12. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 3 : 27

    Gaan sy regtig Pêrel toe?
    Gaan sy regtig Pêrel toe?
    Gaan sy regtig Pêrel toe,
    Pollie stokalleen?

  • 13. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 3 : 28

    En wat sal haar kêrel sê?
    En wat sal haar kêrel sê?
    En wat sal haar kêrel sê?
    Jy en sy alleen!

  • 14. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 3 : 29

    Sy gaan om hom af te sê,
    sy gaan om hom af te sê,
    sy gaan om hom af te sê;
    dan bly ons alleen.

  • 15. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 3 : 34

    Hoe gat die res?

  • 16. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 3 : 47

    Wat gaan jy en sy dan doen?
    Wat gaan jy en sy dan doen?
    Wat gaan jy en sy dan doen;
    jy en sy alleen?

  • 17. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 3 : 52

    Pollie, ons gaan Pêrel toe,
    Pollie, ons gaan Pêrel toe,
    Pollie, ons gaan Pêrel toe,
    ek en jy alleen.
    :mrgreen:

  • 18. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 3 : 53

    Eish! Arme Pollie………….

  • 19. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 3 : 54

    Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, staan stil;
    Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, staan stil.
    Goeie môre my vrou, hier’s ‘n soentjie vir jou.
    Goeie môre my man, daar is koffie in die kan.

  • 20. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 3 : 54

    Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, staan stil;
    Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, draai om.
    Hy draai om en hy leen van sy ouma ‘n bril,
    en hy soek met die bril na ‘n vroutjie vir hom

  • 21. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 3 : 57

    Ek hoop julle klomp rooflesers sing saam!

  • 22. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 01

    My Sarie Marais is so ver van my hart,
    maar’k hoop om haar weer te sien.
    Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon,
    nog voor die oorlog het begin.

    [KOOR]
    O bring my t’rug na die ou Transvaal,
    daar waar my Sarie woon,
    daar onder in die mielies by die groen doringboom,
    daar woon my Sarie Marais,
    daar onder in die mielies by die groen doringboom,
    daar woon my Sarie Marais.

    [2]
    Ek was so bang dat die Kakies my sou vang
    en ver oor die see wegstuur;
    toe vlug ek na die kant van die Upington se sand
    daar onder langs die Grootrivier.

    [KOOR]
    O bring my t’rug na die ou Transvaal,
    daar waar my Sarie woon,
    daar onder in die mielies by die groen doringboom,
    daar woon my Sarie Marais,
    daar onder in die mielies by die groen doringboom,
    daar woon my Sarie Marais.

    [3]
    Die Kakies is mos net soos ‘n krokodillepes.
    Hul sleep jou altyd water toe.
    Hul gooi jou op ‘n skip vir ‘n lange, lange “trip”,
    die josie weet waarnatoe.

    [KOOR]
    O bring my t’rug na die ou Transvaal,
    daar waar my Sarie woon,
    daar onder in die mielies by die groen doringboom,
    daar woon my Sarie Marais,
    daar onder in die mielies by die groen doringboom,
    daar woon my Sarie Marais.

    [4]
    Verlossing het gekom en die huis toe gaan was daar,
    terug na die ou Transvaal;
    my liewelingspersoon sal seker ook daar wees
    om my met ‘n kus te beloon.

    [KOOR]
    O bring my t’rug na die ou Transvaal,
    daar waar my Sarie woon,
    daar onder in die mielies by die groen doringboom,
    daar woon my Sarie Marais,
    daar onder in die mielies by die groen doringboom,
    daar woon my Sarie Marais.

  • 23. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 09

    My hartjie, my liefie, die son sak weg,
    die son sak weg, die son sak weg.
    My hartjie, my liefie, die son sak weg
    daar onder by die blou berge.

  • 24. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 11

    Saai die waatlemoen,
    saai die waatlemoen,
    saai die waatlemoen,
    saai die waatlemoen!
    My mamma roei in die skuitjie,
    my pappa blaas ‘n fluitjie,
    my boetie draai die orreltjie,
    saai die waatlemoen!

    Braai die jong kalkoen,
    braai die jong kalkoen,
    braai die jong kalkoen,
    braai die jong kalkoen.
    My tannie dra ‘n kruikie
    vol water uit die spruitjie,
    sy saai ‘n koringkorreltjie,
    en kry ‘n boerpampoen!

    Wat sal ek tog doen?
    Wat sal ek tog doen?
    Wat sal ek tog doen?
    Spyker in my skoen!
    Die nooi’ntjie brei ‘n truitjie,
    sy trek haar mond ‘n tuitjie,
    sing ‘n wysie deur haar gorreltjie.
    Wat sal ek tog doen?

    Almal wil haar soen,
    almal wil haar soen,
    almal wil haar soen,
    almal wil haar soen!
    Dan bak sy maar ‘n kluitjie
    en sê sy’s klaar ‘n bruidjie,
    die vonkelwyn maak ‘n borreltjie,
    almal wil haar soen!

  • 25. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 12

    Ver in die wêreld, Kittie, Kittie, Kittie,
    ver in die wêreld, Kittie, Kittie oor die see.
    Sy laat haar draai en sy laat haar swaai,
    maar sy laat haar nie verraai,
    sy laat haar draai en sy laat haar swaai,
    maar sy laat haar nie verraai.

    Al in die rondte, Kittie, Kittie, Kittie,
    al in die rondte, Kittie, Kittie om die draai.
    Hy swaai haar hier en hy swaai haar daar,
    maar sy hou haar bymekaar,
    hy swaai haar hier en hy swaai haar daar,
    maar sy hou haar bymekaar.

    Wie is die kêrel, Kittie? Kittie? Kittie?
    Wie is die kêrel, Kittie, wat so knaend draai?
    Dis Piet de Waal wat die paal wil haal
    maar sy flous hom elke maal.
    Dis Piet de Waal wat die paal wil haal
    maar sy flous hom elke maal.

  • 26. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 18

    *KUG* *KUG*

    My stembande is nou seer gesing. Ek gat no nou hees wees

  • 27. Wipneus!  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 19

    My Sarie Marais is so ver van my hart,
    maar’k hoop om haar weer te sien.
    Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon,
    nog voor die oorlog het begin.

    Ouma loer gou versigtig deur die venster om te kyk of hierdie dag al verby is.

    Niks vreemds het nog gebeur!!! LOL

  • 28. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 20

    Nou vat ek maar eerder ‘n sluk van my se coke. Die blik is al vuurwarm

  • 29. Wipneus!  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 20

    Ouma smeer Willekind se bors met vicks!

  • 30. Wipneus!  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 21

    Ouma gee vir Willekind die omo boks aan

  • 31. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 21

    OUSMA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 32. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 22

    Dankie ousma Wip. Jislaaik! Kan ousma glo die klomp los my net so al1 hie in cyberspace😕

  • 33. Wipneus!  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 23

    Hoe gaan dit Willekind, OUma gee vir jou ‘n rooi roos vir Vaaltuintjie se dag!

  • 34. Wipneus!  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 24

    Waar is almal heen, het hulle geskrik vir Vrydag die 13de of het hulle vroeg weggeslip by die werk??

    Toemaar hier is vir jou ‘n groot tjoklit!!! Sies hulle is lelik

  • 35. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 24

    Spesienjaal aan my se ousma Wip opgedra

    Môre Oompie, môre Tannie, waar is Sannie dan?
    Sannie het gaan water haal daar onder by die dam.
    Ja, Oompie, ja, môre gaan ons trou!
    Ja, Oompie, ja, môre gaan ons trou!

    Haar rokkie het ‘n skeurtjie in; die jonkman kyk daarna.
    Die jonkman vra om met Sannie te trou; en skaamrig sê sy: “Ja”.
    Ja, Oompie, ja, môre gaan ons trou!
    Ja, Oompie, ja, môre gaan ons trou!

  • 36. Wipneus!  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 26

    Mmmm maar jy ken die hele FAK Willekind!!! Ouma gaan vir daai man van Noot vir Noot bel, jy moet definitief deelneem, ek dink jy gaan groot geld by Absa wen!!!

  • 37. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 28

    Dankie ousma Wip. Lekka eet ek nou

    Trippe trappe trone,
    die varkies in die bone,
    gansies op die groene gras,
    eendjies in die waterplas,
    ek wens dat Kindjie groter was
    om ouma se eendjie op te pas.

  • 38. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 31

    Daai oom Johan sal ‘n anne baaikie moet aantrek as ek op sy show gat wees. Ek sal myself dood lag as ek heeltyd in daai onner baaikie moet vas kyk😯

  • 39. Wipneus!  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 32

    Whahahaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaa 😆

  • 40. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 33

    Jinne nee! Die anner kom nie eens uit as ousma ko kuier nie

  • 41. Wipneus!  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 37

    Hulle is bang vir Vrydag die 13de Willekind, piepie balies!!!:mrgreen:

  • 42. Olga  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 41

    Hells bells, die heks het geshop, hoor. Ek vat haar beslis nie pnp toe nie.

  • 43. Wipneus!  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 44

    Hello Olga, watter Heks het nou weer haar beursie so groot oopgeswaai!

  • 44. Olga  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 45

    Die heks het my kaart geknou. Chips, marshmallows, choclits, magnum, liq all sorts en eet sum mor ook. Sy weet dit net nie, maar die rooi koeldrank wat sy gevat het, is sparberry.

  • 45. Wille Kjind Q  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 45

    Lo da Olga. Het sy dam jou hand mooi vasgehou?

    *fluister* Ek vat ha nêrens mee saam my nie. Laas toe sy saam my Simonstad toe was het sy heeltyd by die patrose aangelê

  • 46. Olga  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 47

    Liewe heksie wat nie skool toe gegaan het nie. Sy was bang vir vrydag 13 de. Kan jy glo. Gaan dit wipneus?

  • 47. Wipneus!  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 48

    Huh, mens sal rol van al hierdie lekker goed!!😯

  • 48. Olga  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 48

    Sy het mooi vasgehou wk. Net paar jong meisies geniepsig geknyp.

  • 49. Wipneus!  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 50

    Klein stoute Heks!!! Volgende keer bel ek die lammervanger met hierdie skool slip stories👿

    Heigend herd, wat is volgende…..

    Gaan baie goed Olga, ek is net bly die week is verby!

  • 50. Olga  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 50

    Sy wou nie na rede luister nie ouma wip. Nes ek wegkyk, gooi sy nog iets in die trollie.

  • 51. Olga  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 52

    Sy reken haar ouma levinia het gese mens bly in die bed op vrydag 13. Sy het amper die bed nat gemaak. Hectic week gewees, wip?

  • 52. Wipneus!  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 54

    Nee Olga ons sal haar moet kort vat!!

    Dit was crazy Olga! 😆 Maar hopelik gaan dit volgende week baie kalmer begin raak!

  • 53. Wipneus!  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 58

    Ek gaan nou waai na ‘n lekker plek toe!

    Julle moet almal lekker naweek en Valentynsdag hou!!!

    Dankie tog hierdie Vrydag die 13de is amper verby!!

    Tata Olga en Willekind!!! ‘)

  • 54. Olga  |  Februarie 13, 2009 om 4 : 59

    Ek gaan kos maak. gaan julle goed. leke naweek wip. Sal wk weer vanaand raak txt. tata.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: