Versiering of verminking

Februarie 11, 2009 at 6 : 11 186 Kommentaar

Verby is die dae wat Tattoo winkels in weggesteekte stegies was.  Deesdae het elke mall wat sy sout werd is ‘n plek waar jy vir ewig ‘n prentjie op jou kan sit.  As prentjies nie regtig jou ding is nie, kan jy iewers ongewoon ‘n gaatjie maak en ‘n ringetjie insteek. 

Ek het nie ‘n probleem met die subtiele tattoo of ‘n ringetjie nie.  As jy die maag daarvoor het, gaan voort en sit ‘n naeltjiering in.  Ek het self nie die standaard gaatjie in elke oor piercing nie.  Toegegee, my derde oorgaatjie is seker nou nie genoeg dat mense hulle koffie sal laat val as hulle my sien nie.  Dieselfde gaan ek nie gril vir iemand met ‘n tattoo nie.  Ek sal dit selfs bewonder as dit uitsonderlik is.

Tog moet daar iewers ‘n lyn getrek word.  Ek gril my dood vir iemand wie se neusring met ‘n ketting aan ‘n ringetjie in die wenkbrou verbind is.  Ek is seker skynheilig, want ‘n 100 oorbelle in een oor pla my nie juis nie.  ‘n Neusring kan baie mooi aan party mense lyk, maar net tot ek wonder hoeveel snot koek aan die ding.  Ek is seker ook self in ‘n boksie, maar ek dink dit is geklik om gaatjies in jou geslagsdele sit.  Ek giggel my altyd dood vir ‘n tongring, maar dit pla my nie regtig nie.

Selfs sal ek NOOIT ‘n tattoo kry nie.  Ek hou nie daarvan nie.  Elke gomtor wat ek ooit teëgekom het se arms en bolyf was vol tattoo’s.  As daar dus meer tattoo’s as skoon vel op ‘n liggaamsdeel is, gaan ek jou as ‘n gomtor aansien, tot jy jouself anders bewys het.  Ek dink beslis nie jou geliefde se naam op jou is romanties nie.  Jou kinders se name of geboorteplekke word op dokumente verewig.  Hulle wil dit nie noodwendig op jou sien nie.

Dit bring my tot goth.  Geen regdenkende mens kan dink dit is cool nie, tensy dit Abby van NCIS is nie.  Abby se persoonlikheid blom verby dit, niemand kan haar as ‘n spook aansien nie.   Jy lewe net een keer, hoekom wil jy soos die dood lyk?

Waar sal julle self die lyn trek?  Sal jy ‘n tattoo of piercing kry?  Hou jy van die goth image en hoekom?

Blogvraag:   Wie speel die rol van Abby in NCIS?

Blogantwoord:  Domkrag was reg met Maria Callas.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Klein boksies Paraskavedekatriaphobia

186 Kommentaar Add your own

  • 1. Wheelbarrow Jack  |  Februarie 12, 2009 om 11 : 46

    dagse. as julle ooit die stud, naeltjie ring ens uit haal, ruik daaraan. vryf oor dh gaatjie en ruik jou vinger. dan weet julle hoe ruik julle vir die mense naaste aan julle. die reuk is sterker as mama jack se chanel no 5.

  • 2. Nats  |  Februarie 12, 2009 om 11 : 48

    Zoekoe
    Lo da!🙂
    Myne het ook al so gemaak! Lyk my vandag is jou beurt!

    Skoor
    ‘n Paar keer raak gebyt… eet jy baie vinnig en hard?? Ek het myne nog net een keer raak gebyt maar dis omdat ek my lang stud in het.

  • 3. Wheelbarrow Jack  |  Februarie 12, 2009 om 11 : 48

    waar is olga se asyn lappie?

  • 4. Wille Kjind Q  |  Februarie 12, 2009 om 11 : 52

    @ WBJ

    Dit gebeur net as jy dit nie gereeld genoeg skoon maak nie. Ek het ‘n groot bottel surgical spirits wat die job goed doen

  • 5. Zoekoe  |  Februarie 12, 2009 om 12 : 02

    Ek drink soms surgical spirits, veral nou na oom Trevor se speech😯

  • 6. Wille Kjind Q  |  Februarie 12, 2009 om 12 : 08

    GGGRRR!!!!!!

    Slat my piesie somme so vanself af! GMPF!

  • 7. Wille Kjind Q  |  Februarie 12, 2009 om 12 : 10

    @ Zoekoe

    Sy speech was dam nie so erg nie. Ek hou net glad nie van die SAA gedeelte nie. As betaal ons moere suur ma hulle kry NOG geld.

  • 8. Zoekoe  |  Februarie 12, 2009 om 12 : 23

    Die belaglike belasting op petrol, wat nou nog meer belaglik word is wat my afpis !! en die SAL storie !

  • 9. Nats  |  Februarie 12, 2009 om 12 : 30

    Zoekoe😯

    Wille Q
    Ek stem saam, mens moet mos skoon maak – as ek nie surgical spirits kry nie gebruik ek detol maar skoon maak ek skoon!

  • 10. Olga  |  Februarie 12, 2009 om 12 : 32

    Die duurder belasting wat ons moet betaal is sodat die buurstate nog goedkoper kan betaal. Hulle betaal minder vir petrol wat van s.a kom as wat ons betaal.

  • 11. Olga  |  Februarie 12, 2009 om 12 : 33

    Wk gaan jou kjenders dan ook mafia kerk toe?

  • 12. Verons  |  Februarie 12, 2009 om 12 : 35

    Ek het toe ek die naeltjie ring ingehad het, hom met protection seep (die witte) skoongemaak.. Ek het terwyl ek gebad het die ding uitgehaal en mooi skoongemaak en terug gesit! Maar ek stem saam met WBJ ek het al mense geruik wat nie daai gaatjies gereeld skoonmaak nie en dit is nie ‘n baie aangename reuk nie! Ek haal elke aand my oorringe uit en so 1x ‘n week gooi ek hulle ook sommer in surgical spirits net vir die wis en onwis…..

  • 13. Wheelbarrow Jack  |  Februarie 12, 2009 om 12 : 37

    julle skoon maak troos net vryf daaroor nog voor die spiritus droog is en ruik die kaar daar deur. mens lieg ma altyd vir jouself.

  • 14. Nats  |  Februarie 12, 2009 om 12 : 39

    Verons
    Ek het darem nog nie sulke mense geruik nie!

    Olga
    Wats ‘n mafia kerk?

  • 15. Wheelbarrow Jack  |  Februarie 12, 2009 om 12 : 39

    verons jy moet oppas, die spiritus maak die goud sag met lang blootstelling. 1 dag gaan jy hulle uithaal, dan krummel dit.

  • 16. Wheelbarrow Jack  |  Februarie 12, 2009 om 12 : 43

    mens kan mense wat so woeker met die wit spiritus maklik uitken. hul piercings het donker randte soos die spiritus die derma vernietig.

  • 17. Wheelbarrow Jack  |  Februarie 12, 2009 om 12 : 46

    seep en water werk beter as die spiritus, dettol en savlon net werk tot die reuk verdamp daarvan het.

  • 18. Wheelbarrow Jack  |  Februarie 12, 2009 om 12 : 49

    veral as die ou ringetji, stud van goud is. dis maar die liggaam se manier om homself teen die indringer te beskerm.

  • 19. Wille Kjind Q  |  Februarie 12, 2009 om 12 : 52

    @ Zoekoe

    Ons moet ga toi toi voor die SAL se deure. Met ‘n bottel spirits inni hand!

    @ Nats

    Vat jy ok ‘n sluk van jou spirits😯

  • 20. Wille Kjind Q  |  Februarie 12, 2009 om 12 : 55

    @ Olga

    O ja….. Ma was by ‘n mafia skool en dit smeer af oppi kjinners😉

  • 21. Wheelbarrow Jack  |  Februarie 12, 2009 om 12 : 56

    het jy dre donker randjies gesien nats?

  • 22. Nats  |  Februarie 12, 2009 om 1 : 02

    Wille Q
    Nog nie, maar ek dink ek sal maar moet!😯

    WBJ
    Sjoe maar jy kyk omtrent die mense uit met al hul piercings! My oorbelle is witgoud en het geen merke op hul nie… en glo my ek het hulle al ‘n paar jaar! Naeltjie ring is silver en hy is nog sharp!

  • 23. Wheelbarrow Jack  |  Februarie 12, 2009 om 1 : 18

    derma is die vel nats, die die ringetjie of studs nie. mama jack het piercings. het darem al gemors uit haar oogbank gehaal. die ore is ok. die naeltjieding is ook goud.

  • 24. Wheelbarrow Jack  |  Februarie 12, 2009 om 1 : 26

    verons hoe hoér die goud karaat hoe gouer maak die jik, wit spiritus of domestos dit bros. dit krummer regtig.

  • 25. Nats  |  Februarie 12, 2009 om 1 : 36

    WBJ
    Ek het eintlik verwys na hoe ek hulle skoon maak is hulle nog sharp – jy sê mos die goud kan beskadig word as jy dit soak.

    En nee ek het nie sulke donker ringe nie, het nog nooit gehad nie.

  • 26. Wheelbarrow Jack  |  Februarie 12, 2009 om 1 : 43

    as jy so re.

  • 27. Wheelbarrow Jack  |  Februarie 12, 2009 om 1 : 54

    geniet die dag dames. en gebruik maar die spiritus spaarsamig.

  • 28. Verons  |  Februarie 12, 2009 om 1 : 58

    My naeltjie ring is lankal uit en my oorringetjies is nog sharp maar ek sal dit liewer van nou af in seepwater was het altyd gewonder hoekom my goue oorringe so gou breek? Gedink ek is maar net unlucky met dit🙄

    Nats ek het lank terug saam met ‘n vrou gewerk wat ‘n helse klomp oorringe op een oorskulp gehad het en as mens byvoorbeeld oor haar buk om haar met iets te help kon jy daai snaakse ruik by haar oor ruik! jukkk!!!

  • 29. giggel  |  Februarie 12, 2009 om 2 : 04

    Hello almal,

    Is vir ‘n slag weer besig maar lees gerus wat hier onder staan. Ek sal later kom lees wat julle opinie is!!

    Darkwolf swaai die septer by SA se towerskool
    Erna van Wyk

    Donna (Darkwolf) Vos het die eerste Academy of Magick in Suid-Afrika begin. (Foto: Brendan Croft )

    Johannesburg

    Hier gaan jy nie leer om soos Harry Potter op ’n besem by die Hogwarts-towerskool rond te vlieg nie.

    Die eerste Academy of Magick (met ’n “k” om dit van die kulkunstenaars op die verhoog te onderskei) in Suid-Afrika is die afgelope maand deur die paganistiese priesteres Donna (Darkwolf) Vos begin.

    Dit is juis die belangstelling wat J.K. Rowling se Potter-boeke en rolprente in towerkrag ontlok het wat Vos laat besef het die tyd is nou ryp om haar droom-leerskool te begin.

    “Sewe jaar gelede het ’n belegger my aangepor om die skool te open, maar ek was nie spiritueel reg nie – en die res van Suid-Afrika ook nie. Mense is vandag meer ontvanklik vir alternatiewe idees.

    “Ek verwag ’n mate van kritiek, maar niks wat ek nie sal kan hanteer nie,” sê Vos, ook stigter van die eerste Wicca-kerk in Suid-Afrika.

    Die leerplan is ’n mengelmoes van ’n verskeidenheid towerkuns – van die ou gelowe tot die okkulte.

    Die eerste kort kursusse en klasse begin vandeesmaand. Studente kan uit ’n verskeidenheid kursusse kies wat onder meer sjamanisme, feetjie-towerkuns, kabbala, tradisionele engel-towerkuns en druïdisme behels.

    “Toordery is harde werk. Dit is nie swart of wit nie. Dit is gebaseer op die beginsel dat wat jy daar buite sit, drievoudig na jou sal terugkom. Daar is rituele met kerse en tekens om jou sintuie te verskerp en jou bewussyn betrokke te kry,” verduidelik Vos.

    Om al dié kursusse aan te bied, gaan kenners op die verskillende terreine ingespan word om klas te gee. Die studente word “soekers” genoem: mense op soek na ’n “bewussynsplek” waar hulle behoort.

    En waar is God? Vos raak ernstig: “God is orals, in en om elkeen van ons. Party van ons het net verskillende maniere waarop ons na God kyk. Maar dit is alles dieselfde energie.”

    Haar adjunkhoof by die akademie, me. Cindy Pelser , voeg by: “Towerspel is vir ons soos om te bid. Dis gebed op steroïed.”

    Die Academy of Magick is vir die twee vroue ’n kookpot waar beoefenaars van verskillende style en gelowe veilig kan voel – ’n plek waar kennis gesoek word en jou maagspiere seer raak van lag.

  • 30. Zoekoe  |  Februarie 12, 2009 om 2 : 16

    😯 waars die toorskool, ek moet so paar lesse neem, daar is baie mense wat ek wil toor !!!!

  • 31. Wille Kjind Q  |  Februarie 12, 2009 om 2 : 23

    @ Giggel

    EISH!!!

  • 32. Nats  |  Februarie 12, 2009 om 3 : 08

    Giggel
    Net jammer kinders gaan dink hulle kan soos Harry Potter toor… die vrou moet haar kop laat lees!

  • 33. Verons  |  Februarie 12, 2009 om 4 : 15

    Waar is daai skool dat ek gaan inskryf!😯
    Ek word mos al die jare as ‘n heks uitgeskel nou moet ek maar seker gestalte doen daar aan!😉

  • 34. fokker  |  Februarie 12, 2009 om 4 : 38

    gn vrou sal erken ha piercings stink nie. En almal weet sur spirits word deur di vel opgeneem en dit verkleur die vel.

  • 35. *mathilda*  |  Februarie 12, 2009 om 6 : 06

    Piercings stink definitief. Ek verkies om nie te veel surgical spirits te gebruik nie maar eerder om elke week vir so 2 dae heeltemal sonder dit te loop sodat dit biki lug kan kry, ek wissel die gaatjies af ook

  • 36. Naeltjie-belletjie  |  Desember 10, 2011 om 8 : 20

    Wees maar spaarsamig met die ontsmettingalkohol (surgical spirits). Dit droog die vel erg uit.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: