Klein boksies

Februarie 10, 2009 at 7 : 27 231 Kommentaar

Ek het eendag iemand in kennis gestel dat die Rocky Horror Picture Show die aand op televisie sou wees.  Die Rocky Horror Picture Show is ‘n kultusfliek, een wat nog steeds in sekere wêrelddele daagliks vertoon word.  Daar moet dus iets aan die fliek wees.  Die persoon se reaksie?  Hoekom sal ek ‘n fliek van moffies wil kyk? 

Is dit nie snaaks dat mense soms hulle eie vooropgestelde idees het en dan nie ‘n aks daarvan sal afwyk nie.  Hulle oortuig hulle self dat iets onaanvaarbaar of mal is en weier om hulle eie teorie te toets.  Hulle meet iewers in hulle lewe vir hulle ‘n klein boksie uit, klim daarin en seël.  Hulle voel veilig en gemaklik daarin en niks gaan hulle ooit oortuig om daaruit te breek nie.  Die omvang van die lewe buite die boksie, is vir hulle verlore.  Hulle ken dit nie en mis dit ook nie.

Hoekom is mense so bang om hulle grense en denke uit te daag?  Natuurlik kan jy nie van alles hou wat jy beproef nie, niemand verwag dit van jou nie, maar dan weet jy darem hoekom jy ‘n gly daaraan het.  Dit is wat die lewe opwindend maak.  Dit is wat sorg dat jy groei.  Dit leer jou soms verdraagsaamheid, dit leer jou avontuur en dit leer jou om met ander se oë die lewe te betraag.  Jy dink dalk jy is altyd reg, maar dit is maar vir baie min mense beskore.

Vrees hou mense in hulle boksies vasgedruk.  ‘n Mens kan immers vir die hele wêreld lieg, maar nooit vir jouself nie.  Hulle is bang dat hulle gaan besef dat hulle ‘n fout gemaak het.  Hulle afkeure is dalk heeltemaal ongegrond en dan moet hulle daarmee plan sien.  Hulle kan natuurlik verkies om dit te ignoreer (ek ken mense wat so is), maar dit gaan nog steeds nie die feit verander dat hulle van beter weet nie.  ‘n Mens kan seker sê dat hulle nie die guts het om hulle self in die oë te kyk nie.

Ek daag jou vandag uit.  Doen iets waarvoor jy nog nooit kans gesien het nie.  As jy ‘n rassis is, neem ‘n persoon van die ras wat jy haat uit vir koffie.  As jy gril vir rou vis, gaan eet ‘n stukkie sushi.  As jy bang is vir hoogtes, gaan bewonder die uitsig van iets hoog af.  Woon ‘n vreemde kerk by, gaan kyk ‘n ballet of gesels met iemand wat jy heimlik verag.  Dalk word jy aangenaam verras.

Blogvraag:  As wie was Sophia Cecelia Kalos beter bekend? 

Blogantwoord:  Olga was reg met sonus (klank) en sonny (jong seun).

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Tegnologie vir reuk Versiering of verminking

231 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 3 : 31

    Ek het nie eers geweet Mynie Grove het dit gesing nie. Ek ken net haar Caravans en Pinnochio.

  • 2. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 3 : 32

    En Domkrag se hele agterwe^reld.

    Ek sal sing op die blog net wat ek wil, wanneer ek wil en so veel ek wil

  • 3. Olga  |  Februarie 11, 2009 om 3 : 36

    (H het nie gese hy hou nie daarvan nie. net dat die kraaie iets oorgekom het. Nou maak jy weer dat ek die skepsel op n openbare blog verdedig. More dink hy weer hy is in my klas.)

  • 4. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 3 : 39

    Olga

    Is jy dan bang?

  • 5. Olga  |  Februarie 11, 2009 om 3 : 41

    Kom bietjie weer?

  • 6. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 3 : 43

    Vir Domkrag, dat jy nou wal gooi. Jy gooi mense mos vinnig terug na hulle eie klas toe.

  • 7. Nats  |  Februarie 11, 2009 om 3 : 44

    I are back!

    Wat het ek gemis… of altans wat skinder Olga van my!😉

  • 8. Olga  |  Februarie 11, 2009 om 3 : 46

    Sjym man, julle het hom al so sleg gese, dit verbaas my hy kom terug.

  • 9. Olga  |  Februarie 11, 2009 om 3 : 48

    Sit jou bril nats en lees weer. Brom, brom. Volgende praat ek tussen hakies.

  • 10. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 3 : 48

    Halllooooooooooo Tweeling

    Olga

    Hy het hom vir ‘n toffie uitgegee. . . .

  • 11. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 3 : 53

    Buitendien het ek Domkrag ne^rens sleg gese^ nie.

  • 12. Nats  |  Februarie 11, 2009 om 3 : 54

    Adrie
    Is daar weer Drama oppi blog?? Ek dink ons moet die blog “Days of our Dorings and the lives of our Rose”

  • 13. Olga  |  Februarie 11, 2009 om 3 : 54

    Kom aan, het hy regtig of het wk oor reageer on te wys sy is hardegat?

  • 14. Olga  |  Februarie 11, 2009 om 3 : 58

    Hulle het gegangbang.

  • 15. Nats  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 01

    Olga 😯

    Adrie
    Ek kan nou nie alles gaan lees nie… maar dit lyk my hierdie bollie kom al van ‘n hele rukkie terug af!

  • 16. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 01

    Nats

    Ek dink nogal Doringrosie Kleuterskool is vanpas.

    Olga

    Het jy Domkrag se advokaat geword? Ek het nog nie Willes se advokaat gewaar nie.

    Om jou vraag te antwoord. Ek moes comments van Willes en Domkrag moderate. Wat beteken dat hulle altwee hulleself te buite gegaan het. Domkrag het kastig ‘n ding oor vloek, waarvan hy gister geriefliksheidshalwe vergeet het.

    Ek dink wel Willes het oorgereageer oor die gesingery, dit was nie so erg nie. Ek weet nie hoekom dit vir Domkrag nodig was om Zoekoe weer te tart nie.

    Persoonlik het ek niks teen Domkrag nie. Ek geniet sy kommentaar dikwels en hy doen niks aan my nie. Ek het nie vir Janet of Lorna sleg gese nie. Ek het wel uit gedeel wat ontvang is.

    Wat Willes en Domkrag betref, hulle het seker elkeen die reg om hulle self te verdedig soos hulle goed dink.

    Ek is nie die blogregter nie. Willes kan na haarself kyk en Domkrag ook. Ek hoef nie namens hulle baklei nie.

  • 17. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 02

    Ek sit for that matter die hele dag nog op die draad met dit fight.

  • 18. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 04

    Nats

    In kort: Willes was gister alleen op die blog, toe sing sy dat die biesies bewe. Domkrag het ‘n aanmerking daaroor gemaak en toe spring hulle aanmekaar. Tilla het probeer vrede maak en ek het kommentaar gelewer.

  • 19. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 04

    O ja – Lorna kon nie die kloutjie by die oortjie bring nie. Janet het my weer weggewens.

  • 20. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 05

    Een baie groot lawaai oor niks.

  • 21. Olga  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 10

    Janet spring uit die donkerste hoekies. Ek is niemand se advokaat nie. Julle sien net eenkant. Of erken net een se siening. Dit is wat die vete lewendig hou.

  • 22. Nats  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 11

    WBJ kon seker maar vir Sam uitgelos het – sy sing dan altyd wanneer sy alleen gelos word… en Sam hoef nou seker nie so oorgereageer het nie.

    Maar ek vat ook nie kant nie, ken nie die hele storie nie.

    Shame, so *M* was in die middel van alles!!

  • 23. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 12

    M het vure geblus asof haar lewe daarvan afhang.

  • 24. Olga  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 13

    In alle regverdigheid, zoekoe het eerste name uitgepluk en het jy gesien oom jack het terug gevloek. wk het EERSTE teruggevloek. Sy het sy ma by implikasie n m eid genoem.

  • 25. White Knight  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 15

    Agtog is julle nog steeds by die ou koeie in die modder sloot besig om ander se ners derms te dissekteer👿

  • 26. Olga  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 15

    (Almal weet jy vloek nie n bitch se ma nie.)

  • 27. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 16

    Olga

    Weereens, ek het nie kant gekies waar dit Willes of Domkrag aangaan nie.

    Ek het van Tilla verskil oor die beeld van die blog.

  • 28. White Knight  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 16

    Indien jy vergeet het Me. Olga, dis Sir White Knight wat met jou praat.😕

  • 29. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 18

    Ridder het kom ref, dus moet ons seker mooi baklei.

    Olga

    Wanneer dink jy behoort ‘n blogfight afgesluit te word?

  • 30. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 19

    Ek wil nou nie poep of skinder nie, maar Robert Mugabe is ook ‘n ridder.

  • 31. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 20

    Toegegee, dit is weer onttrek, maar hy was ‘n ridder.

  • 32. White Knight  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 21

    Robert Mugabe was dalk ‘n Ridder deur die Queen gemaak. Ek is ‘n Ridder deur die Hoogste orde, dus geen vergelyking nie.😎

  • 33. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 22

    GMFF!!! Waar het jy gehoor jy kan jouself tot Ridder verklaar.

  • 34. Olga  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 23

    As sommige van ons ons houdingkies druk, sal daar geen fights wees nie. goeie donner gaan lees terug, kyk wie hou die vervlakse vete lewendig.
    Sir knight if that is the case, do me the courtesy of addressing me as ma’am olga. Or madam olga. Gmf.

  • 35. White Knight  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 23

    Dis waar jy die fout maak, niemand het hulle self tot Ridder verklaar nie.

  • 36. White Knight  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 24

    Only if you deserve to be called Madam.😈 Untill them Me. Olga

  • 37. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 25

    Ridder

    Hmmm, diegene wat dit doen land nie net in die ouetehuis op nie, maar ook in die malhuis.

  • 38. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 26

    Olga

    Wat sukkel jy nog? Noem die ou man Fossiel en kry klaar.

  • 39. White Knight  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 27

    Me. Olga in sekere kringe word na ‘n vrou verwys as ‘n Madam as sy “Dames” het wat vir haar werk. “Dames” met minder goeie sedes. Is dit dalk waarna jy in jou skrywe verwys het?😕

  • 40. White Knight  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 29

    Herrie Merrie

    Raak die Juffrou van die naskool nie baie kwaai as jy so op haar rekenaar blog nie.🙂

  • 41. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 36

    Fossiel

    Nee, die naskool het ‘n meneer en ek draai hom om my vinger.

  • 42. White Knight  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 40

    Wie ookal daar aan diens is, is glad nie bevoeg vir jou opvoeding nie.

  • 43. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 41

    Fossiel

    Ek dink ek is meer as genoeg opgevoed.

  • 44. White Knight  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 45

    Nog nooit eers begin nie.
    Opgevoed baie beslis nie. Opgefoeter, dalk eerder

  • 45. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 46

    Fossiel

    Ek kan jou altyd my ma se kontak besonderhede gee en dan kan jy haar vertel wat dink jy van haar opvoeding.

  • 46. White Knight  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 47

    Ek is seker jou ma kan nie die skuld dra vir alles wat jy verkeerd doen nie.

  • 47. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 50

    Fossiel

    Hoe verstaan ek jou nou? Jy reken dan dat ek in opvoeding gebrek gely het.

  • 48. White Knight  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 50

    Sy het seker haar bes probeer, maar helaas was dit nie haar skuld nie.

  • 49. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 51

    Dalk, maar ek weet sy dink ek is nie onbeskof genoeg nie.

  • 50. White Knight  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 52

    Jy kan ‘n Merrie tot by die water bring maar nie maak drink nie. Maw jou Ma (Dierbare Mens), kon jou alles wat mooi geleer het maar dis nie haar skuld as jy niks daarvan wil onthou of toepas nie.

  • 51. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 52

    Sy dink ek eet hopeloos te veel bollie van almal af op.

  • 52. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 54

    Ai tog Fossiel

    Dalk moet ek jou jammer kry, want jy is besig om jouself op te hang.

  • 53. White Knight  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 56

    Geensins nie, jou Ma is nie so tipe mens nie, jy is haar grootste kopseer, maar dit kan sy ook seker maar verstaan.

  • 54. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 58

    Ridder

    Wanna bet? Ek is toevallig my ma se soetste kind.

  • 55. White Knight  |  Februarie 11, 2009 om 4 : 59

    Ja want die ander is almal tans op AWOl 😈

  • 56. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 5 : 02

    Aikona

    Ek het geAWOL om van die gesin weg te kom.

  • 57. White Knight  |  Februarie 11, 2009 om 5 : 18

    Is dit wat mens dit noem deesdae as die trop jou verwerp.😀

  • 58. White Knight  |  Februarie 11, 2009 om 5 : 21

    Shame, arme jy, hoe moet jy ook nou voel so alleen, verlate en verstote.😥

  • 59. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 5 : 23

    Fossiel

    Soos enige lewendige mens. Met my hande.

  • 60. White Knight  |  Februarie 11, 2009 om 5 : 26

    Mense voel met hul hande, hoe voel jy?

  • 61. White Knight  |  Februarie 11, 2009 om 5 : 37

    Wel ek gaan nou, mooi aand verder vir die mense en die A3 dogtertjie.😆

  • 62. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 5 : 38

    Ek voel nie. Ek is verhewe bo dit.

  • 63. Wipneus!  |  Februarie 11, 2009 om 6 : 38

    Hello!!!

    Wat gaan hier aan? Het julle nog nie gehoor dat mens moet curtsie en respek hê vir ‘n Knight nie.

    Sy hoogheid King Arthur het Knight tot Ridder geslaan met sy goue spies!! :mrgreen:

    Ouma was self by die petalje gewees. Vreeslike tyd daardie gewees! Hulle het Ou Knight amper onthoof!

  • 64. Wipneus!  |  Februarie 11, 2009 om 6 : 38

    Eindelik is Knight se regte naam Lancelot!!

  • 65. Wipneus!  |  Februarie 11, 2009 om 6 : 40

    Ouma sal nou nuwe reëls in die huis instel, in die vervolg moet julle asb curtsie as Knight hier draai!

    Buig net so effentjies, en moet hom nie in die oë kyk nie, hou die ogies afgewend vloer toe!!!

    Kinders werk nou saam asb! Ouma wil haar nie skaam nie

  • 66. White Knight  |  Februarie 11, 2009 om 6 : 41

    Wipneus jy ors jou asem met die Merrie wese, sy sal nie sulke dinge herken nie al slaan dit haar ook oor die kop.

  • 67. Wipneus!  |  Februarie 11, 2009 om 6 : 42

    Ouma gooi die plek met kragtige water en hang knoffel teen die dak en brand 20 wierrook stokkies. As ek nie hier is nie, breek hel los!

    Ouma kyk haar kinders diep beswaard aan! Nooit het ek gedink dat ek my so gaan skaam vir julle nie!

    Ouma neem maar kierie op en daar drup ‘n traantjie uit haar oog

  • 68. White Knight  |  Februarie 11, 2009 om 6 : 43

    Totaal nat agter die ore klein pip squeek vertel ek jou.😈

  • 69. Wipneus!  |  Februarie 11, 2009 om 6 : 45

    Ek sal haar ore pluk Knight!!! :mrgreen: Ouma is baie kwaai met haar kinders ek duld nie swak maniere nie!!

  • 70. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 6 : 46

    Wow!! Al die verkeerde mense maak reels hier. Raai wie is die baas hier!

  • 71. White Knight  |  Februarie 11, 2009 om 6 : 48

    Dis dalk juis die klein boksie waarin sy lewe wat maak dat sy so beknopte idee van alles.

  • 72. Wipneus!  |  Februarie 11, 2009 om 6 : 48

    Ouma wip haar sommer en laat spaander kamer toe!!

    BANGGGGGG

    GOOI SY DIE DEUR TOE….. nou is sy gevaarlik!:mrgreen:

  • 73. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 6 : 48

    Ek erken nie die fossiel se ridderskap nie. Seniele mense het nie se op die blog nie.

  • 74. Wipneus!  |  Februarie 11, 2009 om 6 : 49

    Sy weet niks van Knights nie, shame Ouma het vergeet om vir hulle daai storie te vertel van Ouma se neef wat tot Ridder geslaan is!! 😆

  • 75. White Knight  |  Februarie 11, 2009 om 6 : 49

    Shame, gogga maak vir baba bang.👿 Kyk hoe bewe ons nou vir die Merrie.

  • 76. Wipneus!  |  Februarie 11, 2009 om 6 : 50

    Adriana, sal jy nou met Ouma se gemoed lol!!! Jy weet mos Ouma voel nie vandag lekker nie, Gee bietjie vir Ouma haar fyn sakdoekie in die wakis aan asseblief en traantjies rol oor Ouma se wange.

    Dat familie nou so sleg behandel moet word. Ouma het mos vir julle gesê mens moet familie met respek te behandel!!

    Geen vir Ouma die Omo-boks aan asseblief

  • 77. White Knight  |  Februarie 11, 2009 om 6 : 51

    Sy maak reels, sy wat niks van reels weet nie.😆

  • 78. White Knight  |  Februarie 11, 2009 om 6 : 54

    Luister vir jou Ouma Adriana, voor jy weer in die hoek moet staan heeldag.🙄 Die nat agter die ore jeug van vandag, ook gin maniere of respek nie.😯

  • 79. Wipneus!  |  Februarie 11, 2009 om 6 : 55

    ADRIANA!!!!! gee die verdomde kleenex aan, skreeu Ouma met ‘n skril stem, ek gooi hom hier uit die maag op ‘n LA noot!!

    Sy is nooit so stout gewees nie, Knight, ou neef, verskoon maar! Bring asb vir Oom Lancelot van Ouma se gebak in die spens Adrie?

  • 80. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 7 : 05

    Hierso is net toiletpapier, Willes het nie shopping gaan doen nie.

    Hier is vir ouma ‘n dop en ‘n blommetjie.

  • 81. Adrie  |  Februarie 11, 2009 om 7 : 07

    Fossiel

    Tensy maniere en respek kos is, stel ek nie belang nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: