Tegnologie vir reuk

Februarie 9, 2009 at 5 : 58 153 Kommentaar

As ‘n mens ‘n bietjie nadink oor die tegnologie ontploffing van die afgelope 100 jaar, self as ‘n mens net oor die laaste 10 / 20 jaar nadink, moet jou mond oophang met wat die mens bereik het.  ‘n Mens kan ook nie help om te wonder waarmee daar volgende vorendag gekom gaan word nie.  Is daar nog horisonne wat nog deur tegnologie ontdek moet word?

Die mens beskik oor 5 sintuie:  smaak, gevoel, reuk, sig en gehoor.  Van die 5, kan net twee deur tegnologie weerspieël word.  Dit is natuurlik gehoor en sig, met die vervolg dat ons wêreld om ons oë en ore draai.  Ons vergeet gerieflikheidshalwe van die ander drie, met die gevolg dat ons afgestomp raak in ‘n mate.  Dit maak ons net gedeeltelik ons sintuie inspan en dalk ook net gedeeltelik leef.  Tensy jy natuurlik gaan tyd maak om regtig jou ander sintuie te oefen.

Daar is ‘n gaping in tegnologie, iets wat die ander sintuie op ‘n werklike manier kan oordra.  Die maklikse daarvan is seker reuk.  Maklik in die sin dat jy nie direkte kontak met die mens nodig het nie, maar steeds baie moeilik.  Op ‘n manier om ‘n reuk in elektronika omgesit word en van daar af weer in die regte reuk vertaal word. 

Kan julle aan al die moontlikhede dink?  In plaas dat ‘n wekker op jou skree soggens, kan jy met die reuk van koffie ontwaak.  Die wrede ontnugtering dat dit net ‘n reuk was, sal seker maak dat jy nie verder gaan slaap nie.  Iemand se meisie was in ‘n nartjiepit en sy ouma in kaneel.  Jy kan selfone stel om iemand se foto / liedjie te gebruik as daardie persoon bel, maar wat as jy hulle reuk daaraan kan koppel?  Weer ‘n keer gaan klank dan onnodig wees.

Bemarkers gaan vir ‘n maand lank ‘n riel dans as so iets moontlik is.  Dit gaan moeiliker wees om jou oë vir KFC toe te knyp as jou hele huis na KFC ruik.  Dit is sommer geklik om parfuum met musiek en fotografie uit te beeld. 

Televisie en flieks gaan ‘n heel nuwe ervaring wees.  Jy sien nie net die see / bos / woestyn / tuin nie, jy ruik dit ook sommer.  Voordat die karakters op die skerm verskyn, ruik jy wie is om die draai.  Voordat hulle ‘n vrot lyk opspoor, ruik jy dit al klaar uit.  Dit is dalk waar die probleem lê.

Sal jy opgewonde raak as hulle reuk in media kan weergee?  Waar sien jy gapings in tegnologie?

Blogvraag:  Waar het Sony aan hulle naam gekom?

Blogantwoord:  Willes was reg met John Spilsbury

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Opvoedkundige Speelgoed Klein boksies

153 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Februarie 10, 2009 om 7 : 15

    Ja, jy ir reg. Dit was onnodig. Aan al2 kante. Die lot wat so stimk poep. Hulle wag almal om die nuwe fight te ref.

  • 2. Olga  |  Februarie 10, 2009 om 7 : 17

    Ek kan ook n vreemde taal skryf. Kyk maar 148.

  • 3. *mathilda*  |  Februarie 10, 2009 om 7 : 25

    Ek weet nie vir wat kan mense nie net mekaar uitlos en net kuier nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: