Opvoedkundige Speelgoed

Februarie 8, 2009 at 5 : 56 160 Kommentaar

Ek het nou nie regtig rede om in speelgoedwinkels rond te dwaal nie.  Van my hoekie lyk dit asof daar ‘n klemverskuiwing is na opvoedkundige speelgoed is.  Die speelgoed is ook gewoonlik elektronies van aard, ‘n groot sprong van my opvoedkundige speelgoed as kind.  Natuurlik is ek nie ‘n arbeidsterapeut nie, maar ek het my bedenkeninge.  Ek beskou vandag nog legkaarte en lego as die room van opvoedkundige speelgoed.  

Ek wonder of die kinders van vandag enigsins uithoudingvermoë gaan hê as volwassenes.  Die een ding van elektroniese speletjies is dat dit maklik is om te reset of om na iets anders oor te slaan.  ‘n Kind leer ook maklik die reëls van die spel en raak gou wenners.  Ek lees nou die dag ‘n artikel dat veral perfeksionistiese kinders bang is vir nuwe uitdagings.  Hulle hou nie van sukkel nie, maar wil altyd alles reg kan doen.  Dus sal hulle op een speletjie konsentreer, een wat hy/sy kan wen en net dit speel.  Met iets soos Lego of legkaarte moet hulle volhou tot die taak voltooi is.  Hulle handewerk kan ‘n rukkie gelos word en hulle kan altyd later terug keer.  Daar is natuurlik ‘n vangplek.

Ek moet oortuig word dat die elektroniese speelgoed nie ‘n kind se kreatiwiteit aan bande lê nie.  Een verseker manier om in besigheid vandag suksesvol te wees, is om kreatief te dink.  ‘n Oorspronklike gedagte wat deur gevoer kan word, kan van jou van die res onderskei, jou in jou beroep vestig en jou skatryk maak.  Kreatiwiteit word nie uit ‘n boek uit aangeleer nie, maar wel op die speelgronde.

Een van die nadele van die oudtydse speelgoed, is dat ‘n ouer, broer of suster nodig is om die kleure en vorms uit te wys.  Hulle moet aanmoedig wanneer nodig en die kind help om sy brein oop te maak.  Dit vra natuurlik tyd en baie geduld. 

Ek let op dat baie ouers weier om hulle kinders voor elektroniese speelgoed te vergeet.  Dit is al bewys dat dit na vetsug en gesondheidsprobleme kan lei.  Hulle maak dus seker dat kinders aan heelwat sport deel neem.  Elke beskikbare oomblik word dus deur skool of georganiseerde aktiwiteite in beslag te neem.  Wanneer dat weggeneem word, is hulle verveeld.  Hulle het geen vindingrykheid nie en kan hulleself nie vermaak nie.

Terwyl ek nou daaraan dink, wat is die nuwe neiging dat almal wenners is?  Al meer laerskole ken aan elke kind ‘n prys met prysuitdelings toe.  Waarvoor moet hulle streef, as hulle in elk geval gekroon gaan word?  Hulle moet leer dat hulle nie in alles die beste kan wees nie.  Selfvertroue word net kunsmatig so gewek.

Net ‘n paar halwe gedagtes.  Hoe voel julle daaroor?

Blogvraag:  Wie het in 1760 die eerste legkaart ontwikkel?

Blogantwoord:  Willes was reg met wêreld oorname.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Eie Risiko Tegnologie vir reuk

160 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Februarie 9, 2009 om 5 : 44

    Ek het nou nog nie terug voer van vodacom of samsung gehad nie

  • 2. *mathilda*  |  Februarie 9, 2009 om 5 : 45

    Olga, my probleem is nie met my foon nie, dis wordpress wat my hond vat

  • 3. *mathilda*  |  Februarie 9, 2009 om 5 : 47

    Ek upgrade Maart maar weet nog nie watse foon om te vat nie

  • 4. Olga  |  Februarie 9, 2009 om 5 : 50

    Iemand is alweer vreeslik astrant. as die blog more de ene varkspek, knoffel en sterkwater ruik, dan weet julle wie se skuld dit is.

  • 5. Olga  |  Februarie 9, 2009 om 5 : 51

    Tilla, wat wil die fatcat wp met jou hond maak?

  • 6. *mathilda*  |  Februarie 9, 2009 om 5 : 54

    Hy hijack my briefies

  • 7. Olga  |  Februarie 9, 2009 om 5 : 56

    Wp is n haar. Mislike ou teef.

  • 8. Olga  |  Februarie 9, 2009 om 5 : 58

    Sorry bessie. Sorry! Sorry! Sorry! Olga sal nie weer nie. Wp is n koei.

  • 9. *mathilda*  |  Februarie 9, 2009 om 6 : 04

    Olga, wat eet ons

  • 10. Opvoedkundige Speelgoed « Dorings en soms Rose  |  Februarie 26, 2009 om 9 : 55

    […] Opvoedkundige Speelgoed « Dorings en soms Rose […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: