Eie Risiko

Februarie 8, 2009 at 12 : 43 39 Kommentaar

Is dit nie ironies dat parkering as veilig geadverteer word nie.  ‘n Groot letters sodat geen mens dit miskyk en per ongeluk verby ry nie.  Die veilige parkering kom natuurlik teen ‘n prys.  Jy los jou motor, met vertroue dat dit daar onbeskadig gaan wees wanneer jy terug keer.  Maar . . . . in baie klein lettertjies op jou parkeerkaartjie word dit duidelik gemaak dat jy dit daar los op eie risiko.  Die veilige parkering is nie ‘n waarborg nie.

Persoonlik dink ek dat dit ‘n verbreking van ‘n kontrak is.  Die oomblik wat jy jou kaartjie in ontvangs neem, aanvaar jy die aanbod van veilige parkering en dat jy ‘n sekere bedrag sal betaal daarvoor.  Natuurlik moet jy jou kant nakom, maar wat van hulle kant?

Ek kan die sin van vrywaring en eie risiko met sekere goed.  Soos wanneer jy by ‘n sportklub aansluit.  Jy weet wanneer jy aansluit dat daar ‘n kans is dat jy beseer kan word.  Daar is net soveel wat ‘n sportklub kan doen om die besering te verhoed en natuurlik moet veiligheid voorop gestel word.  Nadat alle voorsorg getref is, kan die ondenkbare steeds gebeur.  Die enigste manier om dit te verhoed is om die sport in geheel te stop.  Dieselfde met saamryklubs en geleenthede.

Dit is heeltemal anders wanneer jy iets belowe word, wat dan met “eie risiko” verwyder word.  Jy betaal vir ‘n valse wete.  Soos in die voorbeeld wat ek genoem het.  Onlangs was daar ‘n artikel in die Rapport waar ‘n vrou deur ‘n olifant dood getrap is.  Sy het ‘n vrywaringsvorm geteken, maar haar familie betwist dit.  Geen mens kan die optrede van ‘n dier voorspel nie, maar daar moet tog seker goed in plek wees om so ‘n tragedie sover moontlik te verhoed.  Soos byvoorbeeld behoorlike opgeleide veldwagters, wat in die geval nie daar was nie.

Ek dink die eie risiko term is net daar om blaam te ontsnap.  Alle pretparke het ‘n groot eie risiko bordjie op.  As een van hulle ritte verongeluk, gaan hulle net die mense na die groot bord verwys.  Wat as dit die gevolg was van onderhoud wat nie gedoen was nie?  Die werkswinkel waar jy jou motor laat diens het dieselfde bordjie.  Sodat hulle onverskillig met jou kar kan werk? 

Wanneer is eie risiko vanpas?  Word dit misbruik?

Blogvraag:  Wat is die doel van die speletjie Risk?

Blogantwoord:  Domkrag was reg met Pistoolskiet, skerm, swem, perderen en hardloop.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Sport Opvoedkundige Speelgoed

39 Kommentaar Add your own

  • 1. Carina  |  Februarie 8, 2009 om 8 : 27

    Eerste???

    Toe ons by die Knysna olifant park was, moes ons ‘n video kyk waar al die moets en moenies uitgespel word. MOENIE BUK VOOR ‘N OLIFANT NIE was een van die goed. As sy nie die video voor die tyd gekyk het of iemand dit vir haar gese het nie, is daardie eie risiko nonsens. As die toergids opgeslip het…wel, dan sal ek dit ook betwis.

  • 2. Carina  |  Februarie 8, 2009 om 8 : 28

    Ja ek was WRAGGIES eerste!!

  • 3. Wille Kjind Q  |  Februarie 8, 2009 om 8 : 46

    TWEESTE!

  • 4. Wille Kjind Q  |  Februarie 8, 2009 om 8 : 49

    Jy probeer om die wêreld oor te neem. World domination

  • 5. Adrie  |  Februarie 8, 2009 om 8 : 51

    More . . . . GAAAP

    Ek sien die “regte” Megan, die een wat regtig met Paulo ‘n verhouding het, gaan ‘n baba in Augustus he.

  • 6. Olga  |  Februarie 8, 2009 om 8 : 56

    Maw n bordspel so reg na die herriemerrie se smaak.

  • 7. Olga  |  Februarie 8, 2009 om 8 : 57

    Verbaas my hy kon n vrou swanger maak.

  • 8. Rapport  |  Februarie 8, 2009 om 8 : 57

    Kaapstad

    ’n Pa het vier uur lank voor sy dogter se seldeur in die polisieselle in Bellville gewaak uit vrees dat sy deur aangehoudenes aangerand word.

    Sy is opgesluit nadat sy in ’n polisievoertuig vasgery het.

    Selfs ’n dokter het, nadat hy haar ondersoek het, teenoor die polisie aangedui dat sy nugter was, maar hulle het haar toegesluit sodat sy “haar roes kan afslaap”.

    Mnr. Gideon Theron, ’n sakeman van Welgemoed, is hoogs ontstoke oor die behandeling wat sy dogter me. Tonia Theron van polisiebeamptes gekry het.

    Maar, sê Tonia, ’n finan?siële bestuurder, sy was beslis nie dronk nie. “Selfs die dokter wat my ná die ongeluk in die Karl Bremer-hospitaal ondersoek het, het in sy verslag aan die polisie geskryf ek was nie dronk nie.

    “My tyd in die polisieselle was een lang skrikwekkende ervaring. Ek was bang dat van die vroue my sal aanval en het nie ’n oog toegemaak nie.”

    Haar pa oorweeg ’n siviele eis teen die polisie.

    Tonia vertel dat sy en haar suster Anine (19) die kruising van Durbanweg en Bill Bezuidenhoutlaan in Bellville in haar swart Honda Civic genader het.

    ’n Polisievoertuig wat langs hulle gery het, het by die verkeersligte voor haar motor ingeswaai en sy moes noodgedwonge skerp na regs draai. Die motor het toe op die nat pad gegly en teen ’n verkeerslig tot stilstand gekom.

    “Die ongeluk is hoofsaaklik deur die roekelose bestuur van die polisiebeampte veroorsaak.”

    Die dokter het ’n bloedmonster geneem en die uitslag daarvan word later verwag.

    Volgens haar pa “het die dokter die polisiemanne berispe omdat hulle sy tyd gemors het, omdat Tonia nie dronk was nie.

    “Tog is Tonia aangekla van roekelose bestuur en ook dat sy onder die invloed van drank bestuur het.

    “Tonia is deur ’n polisieman gedwing om ’n verklaring te gee en te onderteken. Hy het ook snedige opmerkings gemaak toe sy in haar huistaal, wat Afrikaans is, wou praat. Vir my is dit totaal onaanvaarbaar.

    “Ek het die stasiebevelvoerder gevra om my dogter vry te laat, maar my pleidooi is begroet met arrogansie en vyandige gedrag. Ek was bang ek word ook in hegtenis geneem omdat ek so gepleit het. Ek het toe ’n vriend en eertydse direkteur in die polisie gebel om te help. Tonia is toe in die selle toegesluit.”

    Theron het vanaf tienuur die aand tot ongeveer halfdrie die oggend voor sy dogter se sel gestaan, omdat hy “gevrees het sy word deur haar mede-aangehoudenes leed aangedoen. Ek moes ook die vyandigheid van die polisiebeamptes verduur”.

    Sy dogter is die oggend om drie-uur vrygelaat nadat sy borgtog van R500 betaal het. Sy het die oggend in die hof verskyn.

    Volgens Theron “moes die aanklaer in die dossier gesien het dat die dokter meld dat Tonia nié dronk was nie”.

    Theron het ook klagtes oor die voorval aan die nasionale polisieminister gestuur.

    Die onafhanklike klagte-direktoraat (OKD) het reeds met Tonia oor die voorval gepraat. Sy verskyn op 13 Maart in die Bellvillese hof.

  • 9. Olga  |  Februarie 8, 2009 om 8 : 59

    Was gster n meisietjie, so 14 of dalk 15 op die waterval rounds gewees. dogter waarop menige ouer kan trots wees.

  • 10. Adrie  |  Februarie 8, 2009 om 8 : 59

    Olga

    As Jurie Els dit 2 keer kon regkry . . .

  • 11. Adrie  |  Februarie 8, 2009 om 9 : 03

    Wat her die meisietjie gedoen, Olga? Of moet ek eerder vra wat het sy nie gedoen nie?

  • 12. Olga  |  Februarie 8, 2009 om 9 : 04

    Nes die geval van die vrou van wie ek vertel het.

  • 13. Olga  |  Februarie 8, 2009 om 9 : 16

    By lonecreek staan en vry sy 1 man. Die ‘prettige pers’ begin uit sy hare kom om grys slierte te wys. Haar arms is nie om sy lyf nie, haar hande in sy broek, voor. Sy dra n mini. Toe hulle ons sien, klim hulle in hul motor, wit suv met baie sitplekke. Sy op sy skoot. Toe ons horse shoe nader kom die wit suv terug. Maar nou is sussie al gallopend op die jonger man se skoot. Waar was haar ouers? Het hulle regtig gedink n swart mini is regte drag om watervalle te gaan kyk? Dat hulle dogter veilig sal wees met 2 mans? Al was dit duidelik ongedwonge?

  • 14. Olga  |  Februarie 8, 2009 om 9 : 24

    Het hestrie 2de baba gehad? Wat? Hg het nie sirkus daarvan gemaak nie. Ek se steeds dari mannetjie se druiwe was suur, daarom dat hy klag gaan le het. Die hele spektrum behalwe penetrasie, want dit kan bewys word.

  • 15. Adrie  |  Februarie 8, 2009 om 9 : 33

    😯

    Die Else weier seker ook om met HG te praat. Klay se saak is nou by die vervolgingsgesag. Ek sal dit beslis nie verby Jurie sit nie.

  • 16. Olga  |  Februarie 8, 2009 om 9 : 38

    Ek sal fabrikasie nie verby die ander ene sit nie.

  • 17. Olga  |  Februarie 8, 2009 om 9 : 43

    Waarteen het die vrou vasgery? Polisie voertuig of verkeerslig?

  • 18. Olga  |  Februarie 8, 2009 om 9 : 47

    Hulle kon haar nie 22h borg gee nie, maar wel 03h in die more? Dis logika in werking.

  • 19. Adrie  |  Februarie 8, 2009 om 9 : 50

    Olga

    Jy ken mos n boelie. Snaaks hulle het haar pa by die selle toegelaat. Iets klink nie te lekker in die storie nie.

  • 20. Wille Kjind Q  |  Februarie 8, 2009 om 11 : 27

    Daai hele storie klink vi my nie lekka nie. 10 teen 1 was die poeliesieman die 1 wat gesjuip was😯

  • 21. Klip  |  Februarie 8, 2009 om 11 : 40

    Ek is al vir 26 jaar op eie risko getroud.

  • 22. Klip  |  Februarie 8, 2009 om 11 : 42

    n Saak het altyd drie kante , hulle kant , die polisie se kant, en dan die regte kant.

  • 23. Klip  |  Februarie 8, 2009 om 11 : 44

    My risiko word groter , in verhouding met die hoeveelheid castle wat ek drink

  • 24. Klip  |  Februarie 8, 2009 om 11 : 51

    Kom spog nou met die kos wat julle maak vir middag ete.

    Ons vreet hoenner breyani…..

  • 25. Olga  |  Februarie 8, 2009 om 11 : 53

    Ek kan dan seker se ek idle al 29 jaar op eie risiko. As die karnar my die parkeerkaartjie gee, en ek sien dit stipuleer EIE RISIKO, gaan doen ek my ding, klim op eie risiko in my kar en ry sonder om een sent op eie risikote betaal.

  • 26. Olga  |  Februarie 8, 2009 om 11 : 56

    Laat 1 bliksem dit waag om my kar te krap, hy sal net daar kak. Of ook n gesellige tydjie in die aanhou selle op eie risiko gaan deurbring. As ek by n parkeerplek moet betaal, betaal ek geen karnar nie.

  • 27. Olga  |  Februarie 8, 2009 om 12 : 00

    Ons het n tradisionele suid afrikaanse brekvis geeet. gsteraand se oorskiet braaivleis en slaai. Sal later worry oor wat om met die sonda hoender gaar te maak.

  • 28. Olga  |  Februarie 8, 2009 om 12 : 01

    Poe, sies, wat stink so?

  • 29. Wheelbarrow Jack  |  Februarie 8, 2009 om 12 : 14

    Aitsa. Ek was reg. Jippie. Die doel van die speletjie is om te wen. Olga, vloek jy alweer op n ordentlike openbare blog? Waar is die tabasco sous?

  • 30. Klip  |  Februarie 8, 2009 om 1 : 28

    Olga , het jy in bessie se bollie getrap???

  • 31. Klip  |  Februarie 8, 2009 om 1 : 29

    OOrskiet braaivleis het nogals die geneigdheid om n mens stink te laat poep

  • 32. Klip  |  Februarie 8, 2009 om 1 : 43

    Vir die wat kerk toe was , ek hoop julle het aan almal gedink wat werk vandag, en sommer names ons so ietsie ekstra ingegooi

  • 33. Olga  |  Februarie 8, 2009 om 1 : 54

    Klip, dit was oom jack en sy rooflesers vriende wat so stink gepoep het. Bessie se bollie? Watwo! tjk. Bessie is n fyn opgevoede waghond. Vra maar die herrie merrie. Nou moet ek met n asyn lappie gaan lé. GMF.

  • 34. Olga  |  Februarie 8, 2009 om 1 : 56

    Oom jack, ek gorrel met tabasco. Daar is bottel rooi tabasco in my yskas. Het vroeer my stink poep oorskiet braaivleis daarmee gebad.

  • 35. Klip  |  Februarie 8, 2009 om 2 : 29

    Ek hoop die asyn help Olga.

    Ek verkies dit om met n papsakkie te gaan le

  • 36. Olga  |  Februarie 8, 2009 om 2 : 51

    Papsakke is uitverkoop by die sjebien.

  • 37. Wille Kjind Q  |  Februarie 8, 2009 om 5 : 00

    Die gevreetjie pas mooi…..

  • 38. Adrie  |  Februarie 8, 2009 om 5 : 03

    Wie se gevreetjie?

  • 39. free host  |  Februarie 18, 2009 om 4 : 12

    Poe, sies, wat stink so?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: