Sport

Februarie 6, 2009 at 6 : 05 177 Kommentaar

Deesdae is elke tweede persoon ‘n sportliefhebber.  Suid-Afrikaners is veronderstel om sportmal te wees.  Is dit net nog ‘n illusie wat die media skep of steek daar ‘n druppel waarheid in?

Ek onthou dat ons in die laerskool geleer was dat ‘n mens oor ‘n naweek aan sport moet deelneem.  Dit was natuurlik net die Saterdag, Sondagsport was ondenkbaar.  In baie van die ouer boeke wys dan ook dat mense Saterdae middae tennis of gholf gespeel het.  Tye het beslis verander.  Deesdae is enige dag, ‘n sports dag.  Veral ‘n Sondag. 

Ek staan redelik neutraal oor sport, ek is nie sportmal nie, maar is nou ook nie heeltemaal teen sport nie.  Ek wil net papierpoppies kraam as 3 uit 4 kanale sport op het.  So ook kan ek ‘n hartaanval kry as een van my gunsteling programme gekanselleer is om een of ander geveg met ‘n bal uit te saai.  Ek sal dit verdra en selfs saamkyk as dit iets groots is, maar ek wil al klaar my TV stukkend slaan vir 2010.  Ek hou nie van sokker nie en ek gaan volgende jaar nogsteeds nie daarvan hou nie.

In Suid-Afrikaners hou blykbaar net van 3 sportsoorte:  Rugby, Krieket en Sokker.  Mense wat ernstig in sport belangstel, weer darem ook dat daar iets soos Atletiek, Tennis, Swem en Gholf is.  Ander sportsoorte mag deur die Olimpiese Kommittee herken word, maar nie by die sport aanbieders nie.  Hokkie bevoorbeeld word heeltemaal geignoreer, al is die SA spanne baie beter as die sokkerspanne en dit by die dag gewilder word onder toeskouers.  Ware mans hoef nie net rugby te speel nie, hokkie is ook inderdaad gevaarliker as rugby.

Wat my egter die meeste verstom is die gemiddelde sportmalle.  Hulle is vet, onfiks en kyk eintlik net sport op tv.  Die enigste oefening wat hulle kry is om die knoppie op die afstandbeheer te druk, die bier na hulle monde te bring en te strek vir biltong.  Van hulle gaan sover om hulle kinders te boelie om groot sportsterre te word, maar hulle sal nie hulle eie sterre naby ‘n baan bring nie. 

Hoe voel julle oor sport?  Neem jy self aan sport deel?  Waaraan sal jy graag wil deelneem?

Blogvraag:  Waaruit bestaan moderne 5 kamp?

Blogantwoord:  Volgens Wikipedia is dit die Rigidoporus wat 284 kg weeg, tot 1.66 m hoog word, 1.46 m in diameter is en wat ‘n omtrek van 4.9 m het.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Maak julle oë oop en kyk!!! Eie Risiko

177 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Februarie 7, 2009 om 9 : 56

    O wel, jy het my nog nie gebel nie, maar ek gaan slaap. Nag. Leke lalies.

  • 2. Wille Kjind Q  |  Februarie 7, 2009 om 9 : 56

    Ma praat mooi en M luister

  • 3. Wille Kjind Q  |  Februarie 7, 2009 om 9 : 57

    He! He!

  • 4. Adrie  |  Februarie 7, 2009 om 9 : 58

    Hoe laat staan hy in die oggende op.

  • 5. Wille Kjind Q  |  Februarie 7, 2009 om 10 : 04

    Naweke net wanne hy wil. Ek moet dam sê dat hy saam my deur die week teen 9 inni bed is

  • 6. Wille Kjind Q  |  Februarie 7, 2009 om 10 : 10

    Het jy al The compass gekyk? Kan M dit kyk?

  • 7. Wille Kjind Q  |  Februarie 7, 2009 om 10 : 13

    En weg is my comment ALWEE!

  • 8. Adrie  |  Februarie 7, 2009 om 10 : 14

    Nee, ek het nie. Ek hou nie van fantasiee nie. Baie meer mense glo dit is satanisties as wat glo dat Herman Potgieter satanisties is.

  • 9. Wille Kjind Q  |  Februarie 7, 2009 om 10 : 14

    Gmpf! Dis seke die cast irons se skuld

  • 10. Wille Kjind Q  |  Februarie 7, 2009 om 10 : 16

    Dit kanni erger as Narnia of Herman Potgieter weesi

  • 11. Wille Kjind Q  |  Februarie 7, 2009 om 10 : 17

    Dit lyk anyway nie of hy die hele movie sal kyk nie. Hy gaap laaaang gape

  • 12. Adrie  |  Februarie 7, 2009 om 10 : 24

    Ek dink dit is op dieselfde vlak as Narnia. Behalwe dat Narnia nie satanisties is nie. Ek weet nie hoe werk die logika nie.

  • 13. Wille Kjind Q  |  Februarie 7, 2009 om 10 : 29

    Die eerse paar minute lyk vi my heel normaal. Dis soos liewe heksie wat duiwels is

  • 14. Adrie  |  Februarie 7, 2009 om 10 : 37

    So iets. Ek weet nie hkm sekere christenne die duiwel in alles soek nie.

  • 15. Wille Kjind Q  |  Februarie 7, 2009 om 10 : 45

    Party christene kyk movies en analise die goed vi die sport davan

  • 16. Adrie  |  Februarie 7, 2009 om 10 : 58

    Ek wonder of hulle die Bybel klaar geanaliseer het.

  • 17. Wille Kjind Q  |  Februarie 7, 2009 om 11 : 11

    Ek dink hulle is nou moeg vi die bybel nou check hulle die movies. What next?

  • 18. Adrie  |  Februarie 7, 2009 om 11 : 18

    Ek dink hulle is bang vir die Bybel, nou takel hulle eerder flieks

  • 19. Wille Kjind Q  |  Februarie 7, 2009 om 11 : 24

    Miskien verstaan hulle nie die bybel nie

  • 20. Adrie  |  Februarie 7, 2009 om 11 : 28

    Dit is hoekom n predikant moet gaan swot. Sodat hy darem iets kan verstaan.

    My bat is pap.

  • 21. Wille Kjind Q  |  Februarie 7, 2009 om 11 : 33

    Jinne! Ek het al 3L coke opgesuip

  • 22. Wille Kjind Q  |  Februarie 7, 2009 om 11 : 33

    Nag

  • 23. Olga  |  Februarie 8, 2009 om 6 : 41

    More, more. Wie het in die bed gepis van al die coke opsuip?

  • 24. Klip  |  Februarie 8, 2009 om 7 : 11

    More Olga , jy is vroeg op , en dit op n Sondag.

    Ek wens ek kon nog geslaap het , na nog n klomp biltong se gevreetery voor ek gaan slaap het , het die nagmerries my behoorlik besig gehou .

  • 25. Wille Kjind Q  |  Februarie 8, 2009 om 7 : 59

    *fluiste saggies* more. *draai om en slaap verder*

  • 26. Olga  |  Februarie 8, 2009 om 8 : 50

    Jy moet maar emmertjie gras uitsit vir die nagmerries.

  • 27. andre  |  Februarie 8, 2009 om 11 : 41

    “Wat my egter die meeste verstom is die gemiddelde sportmalle. Hulle is vet, onfiks en kyk eintlik net sport op tv”

    haha dit was goed gesê

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: