Maak julle oë oop en kyk!!!

Februarie 5, 2009 at 5 : 52 178 Kommentaar

Baie mense is groot diereliefhebbers.   Ander is weer mal oor voëls, sal koud kry en op een plek stagneer net om ‘n besonderse spesie in hulle boeke af te merk.  Mens kry mense wat gek is oor plante, hulle ry nou nie die aarde plat om dit te sien nie, maar probeer alles aan die groei kry.  Ure word spandeer om meer oor vreemde plante te wete wil kom.  Daar is ook ander wie se harte tjoklits pomp oor insekte, reptiele of paddas.  Wat van ‘n honger leeu sal vergeet om die miskruier voor sy poot af te neem.  Voordat die duikers my van diskriminasie beskuldig, hulle is mal genoeg om met haaie te speel en hulle (van koue) nat te piepie, net om die seebodem te bewonder.

Alles goed en wel, maar so voorspelbaar.  Volgens sekere bronne is die grootse organisme op aarde nie die blou walvis nie, dit is nie die Sequoiadendron giganteum boom nie, dit is die nederige Honey sampioen.  Jy sal hierdie fungus in die Malheur Nationale Woud in die Blue Mountains van Oos-Oregon vind.  Die fungus van die spesie Armillaria ostoyae, lyk dalk nie indrukwekkend nie.  Dit groei meestal ondergronds en vorm net sampioene in die reën seisoen.  Die sampioene is eetbaar, maar nie lekker nie.

Kyk egter na die statistieke.  Die fungus se miselia kry hulle voeding stowwe van die bome in die woud af.  Juis omdat die bome in groot getalle gevrek het, is die fungus en die grote daarvan enigsins ontdek.  Dit beslaan ongeveer 890 hektaar (of 8.9km²) en is ten minste 2400 jaar oud.  Dit het juis weens die gebreek aan kompetisie van ander fungi so groot geword.

Jy hoef nie na die VSA te reis om fungi te soek nie.  Gaan kyk hoeveel verskillende soorte groei in jou tuin.  Gaan stap gerus in ‘n plantasie en kyk hoeveel kry jy daar.  ‘n Mens kan maklik glo dit is die huise van dwergies. 

Ek is geen mikoloog nie, maar onthou gerus die volgende.  Sampioene kan uiters giftig wees.  Al lyk dit soos die in die winkel, kan dit steeds die oorsaak van jou laaste maal wees.  Was altyd jou hande deeglik nadat jy fungi hanteer het.

Hier is ‘n paar foto’s van fungi wat ek in my ma se tuin raak geloop het.

p1010280

p1010318

p1010284

p1010288

Blogvraag:  Watter spesie fungi, het die grootste sampioene?

Blogantwoord:  Olga was reg met Kerklike Polisie, wat veral in Saudi Arabië koning kraai.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

‘n Aand in die tjoekie Sport

178 Kommentaar Add your own

  • 1. Klip  |  Februarie 6, 2009 om 2 : 09

    ABSOLUUT KOSTELIK!!!!!!!!!!

    * Verskoon asseblief Lisa se afwesigheid.. Sy was baie siek en die dokter het gesê sy moet dit afslaap, en toe het ek haar laat uitsit.

    * Geagte Skool, Dawie was afwesigheid gewees op Maart 29, 30, 32, 32 en ook 33.

    * Joylene was nie by die skool nie, want hulle het haar verstaantande geslaag.

    * Verskoon asseblief vir Pierre , dis sy pa se skuld.

    * Santie was nie by die skool nie, want ek is ‘n enkelouer en was in die bed met Giep.

    * Maryann was afwesig van die 11e tot die 16e. Sy het ‘n keel, ‘n maag en ‘n kop. Haar sussie ook. Daar moet iets aan die gang wees, want hulle pa was ook gisteraand warm.

    * My dogter was gister afwesig, want sy was moeg. Sy was op ‘n KJA kamp en het ‘n rowwe naweek gehad.

    * Sally wil liewers vandag na ‘n begrafnis toe gaan.

    * Jennifer was gister nie by die skool nie, want ons het gedink Maandag is Sondag.

    * Vir wie ook al hierdie moet lees – Janco sal nie more skool toe kom nie, hy en sy pa is op jags.

    * Jan-Jan het nie sy huiswerk gedoen nie, nou dwing hy my om ‘n verskoning uit te dink. U is sy klashoof, dink u liewers een uit. Ek het vyf kinders en ‘n man en is opgedink.

  • 2. Wille Kjind Q  |  Februarie 6, 2009 om 2 : 27

    👿

  • 3. Verons  |  Februarie 6, 2009 om 3 : 10

    😆 Voel sommer beter! Julle het my goeie raad gegee veral Klip – wortelkanaal by die ginekoloog! Wha-ha-ha!
    Sy weet ek is befok want sy vermy sover as wat sy kan en het my nog nie op my mail geantw. nie! Die personeelbeampte het amper haar valstanne ingesluk van skrik toe sy sien wat ek vir die “baas” stuur!! Sy sê ek het meer guts as verstand!

  • 4. Verons  |  Februarie 6, 2009 om 3 : 13

    A3 ek dink nie antibiotika sou gehelp het nie dit was my oogtand dis darem te voor in die gesig…….
    En ja ek eet alweer bilting inteendeel ek is juis nou weer besig met sulke lekker vet beesbiltong wat een van die kliente vir my gebring het netnou😉

  • 5. Adrie  |  Februarie 6, 2009 om 3 : 46

    Verons

    Ek het tandvleis infeksie ook gehad.

  • 6. Wille Kjind Q  |  Februarie 6, 2009 om 4 : 08

    My friend Kimberly announced that she had started a diet to lose some pounds she had put on recently.

    “Good!” I exclaimed. “I’m ready to start a diet too. We can be dieting buddies and help each other out. When I feel the urge to drive out and get a burger and fries, I’ll call you first.”

    “Great!” she replied. “I’ll ride with you.”

  • 7. skroplap  |  Februarie 6, 2009 om 4 : 25

    wk

    hehe

  • 8. Wille Kjind Q  |  Februarie 6, 2009 om 4 : 28

    Skroppie

    Is jou naam Gat? Gat jy SAAM:mrgreen:

  • 9. GAT  |  Februarie 6, 2009 om 4 : 34

    altyd!!!!

  • 10. Klip  |  Februarie 6, 2009 om 4 : 54

    En daar loop almal nou en sluit die deure vir die res van die naweek

  • 11. Klip  |  Februarie 6, 2009 om 4 : 55

    GAT of gaatjie?

  • 12. Olga  |  Februarie 6, 2009 om 5 : 25

    Wie werk nog?

  • 13. Wille Kjind Q  |  Februarie 6, 2009 om 5 : 28

    @ Olga

    EKKE!!!!!!!!!!!!! 👿

  • 14. Klip  |  Februarie 6, 2009 om 6 : 00

    Ek sal nie se ek werk nie , maar ek is hier, besig met my RDP

    Run Down Period

  • 15. Klip  |  Februarie 6, 2009 om 6 : 01

    WK , ontspan , dink net aan die heerlike naweek wat voorle

  • 16. Klip  |  Februarie 6, 2009 om 6 : 03

    A3 le leeg . Ek gaan hinderlaag le die naweek , laag le en niemand hinder nie.

  • 17. Klip  |  Februarie 6, 2009 om 6 : 05

    Het iemand vir my raad?

    Ek was so honger toe koop ek vir my n halwe witbrood en vreet dit met n beker swart soet tee, nou gis daai brood in my pens en dit voel of die ding wil bars.

  • 18. Adrie  |  Februarie 6, 2009 om 6 : 09

    Olga

    Jou foon hou deesdae goed by.

  • 19. Klip  |  Februarie 6, 2009 om 6 : 10

    Miskien help n bietjie eno’s

  • 20. Adrie  |  Februarie 6, 2009 om 6 : 11

    Jammer Klip

    Ek het geen raad daarvoor nie.

  • 21. Klip  |  Februarie 6, 2009 om 6 : 11

    Thanx vir die raad Klip , jy is n ster

  • 22. Klip  |  Februarie 6, 2009 om 6 : 12

    Ek eet normaal weg nie brood nie .

  • 23. Adrie  |  Februarie 6, 2009 om 6 : 12

    Kots? Dalk help dit.

  • 24. Klip  |  Februarie 6, 2009 om 6 : 13

    A3 wat’s op die menu vanaand……take aways?

  • 25. Klip  |  Februarie 6, 2009 om 6 : 13

    Ek wens ek kon😯

  • 26. Klip  |  Februarie 6, 2009 om 6 : 17

    Ek eet nou die dag “pork trotters” toe hoor ek vir die eerste keer wat is die tradisionele naam daarvoor
    “Walk aways”

  • 27. Klip  |  Februarie 6, 2009 om 6 : 19

    G’n wonner ek blaas so op nie, dis van al die stront wat ek eet, in jou lewe gedink n mens eet vark voete.

    Maar hoe se hulle , eerder n vark in die maag as n vark in die hart

  • 28. Adrie  |  Februarie 6, 2009 om 6 : 25

    Vis en tjips

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: