‘n Aand in die tjoekie

Februarie 4, 2009 at 6 : 26 168 Kommentaar

Suid-Afrika herinner deesdae sterk aan ‘n polisiestaat.  Klein misdade word met die polisie se volle krag vasgevat, mense word links en regs aangerand en vir die belaglikste goed gearresteer.  Dit is nie meer so eenvoudig om uit die selle te bly nie.  Klap iemand wat jou handsak wil steel en jy is goed oppad om ‘n gas van die staat te word.  Besoek ‘n nagklub waarop die groot polisiemag wil pik en jy word eers dik getik en dan toegesluit. 

Dit blyk dat die Polisie bang is vir die groot, geweldadige misdadigers.  Tog soek hulle ‘n powertrip en sal enige iets doen om dit te kry.  Kyk gerus in die Beeld van die afgelope paar weke.  In die ou dae, was dit maklik om uit die tronk te bly.  Jy moes maar net die wet gerespekteer het.  Deesdae is dit glad nie meer so eenvoudig nie.  Die cowboys soek aksie en hulle boelie almal wat hulle kan.

Wat staan jou te doen as jy ‘n bietjie met die gereg bots?  Ek weet nie van julle nie, maar ek het beslis nie ‘n prokureur op speeddial nie.  Ek het so ‘n bietjie rondgekrap, maar inligting is maar skaars as jy nie iemand ken wat self al daar was nie.  Ek sal dit post aanvul soos wat die mense met nuttige wenke vorendag kom.  Dit is nou as ek nie teen vanaand self deur die boelies gekonfronteer word omtrent die skrywe nie. 

Volgens die polisie het jy die volgende regte as jy aangehou word:

  1. Jy het die reg tot ‘n regsverteenwoordiger van jou keuse of jy kan aansoek doen vir staatshulp vir ‘n regsverteenwoordiger.
  2. Jy het die reg om die wettigheid van jou aanhouding in die hof te betwis en om vrygelaat te word as die aanhouding onwettig was.
  3. Jy het die reg om menswaardig aangehou te word, wat ten minste “adequate” huisvesting, voeding, leesstof en mediese onkostes op die staat se onkoste sal insluit.
  4. Jy het die reg op ‘n geleentheid om met jou gade, gesin, predikant en dokter van jou keuse te kommunikeer of van hulle ‘n besoek te ontvang.

Jou regte wanneer jy gearresteer word is as volg:

  1. Jy het die reg om stil te bly (almal weet dit).
  2. Jy is nie verplig om te bieg of om skuld te erken oor/op iets wat as bewys teen jou gebruik kan word nie.
  3. Jy het die reg om so gou moontlik voor ‘n hof te verskyn, maar nie later as 48 uur nie.  Indien 48 uur verstrek buite gewone hof-ure, kan jy aangehou word tot die einde van die eerste hofdag.
  4. Jy het die reg om na jou eerste hofverskyning van die redes vir verdere aanhouding verwittig te word of om vry gelaat te word.
  5. Jy het die reg om van aanhouding vry gelaat te word “if the interest of justice permit”.

Gewoonlik behoort jy nie vir die volgende aangehou te word nie.  Aanranding gewoon (dit beteken dat jy die persoon se lewe nie ingevaar gestel het nie), Dronk op straat (as iemand jou by die stasie kan kom haal), Winkeldiefstal, Saakbeskadiging (tensy jy te ver gegaan het), piepie op straat of crimin injuria. 

Ongelukkig is jy nie in die posisie om te stry nie, jy wil jou nie aan verset skuldig maak nie.  Doen wat daar vir jou gesê word, jy het 3 jaar tyd om ‘n siviele eis in te stel as jy sonder gronde aangehou is.  Jy moet een oproep kry, gebruik dit om iemand te bel wat ‘n prokureur is of wat weet hoe om ‘n goeie prokureur in die hande te kry.

Blogvraag: Wat is ‘n Mutaween?

Blogantwoord:  Olga was reg met Emilio ‘el indio’ Fernandez

Krediet:  Suid Afrikaanse Polisie Diens.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Toekennings Seisoen Maak julle oë oop en kyk!!!

168 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Februarie 5, 2009 om 3 : 41

    O heng.

    Van die polisie na die tronk, en sou jy nie gewild gewees het nie?

  • 2. Klip  |  Februarie 5, 2009 om 3 : 44

    Dit was een van my grootste bekommernisse , maar ek moet se , ek het darem meer kanse gekry as die normale persoon in n leeftyd. Dis seker hoekom ek nie die lotto kan wen nie

  • 3. Klip  |  Februarie 5, 2009 om 3 : 48

    Die reuk van jeyesfluid , herinner my altyd aan n polies lavetree

  • 4. Olga  |  Februarie 5, 2009 om 3 : 51

    Bessie het haar stil en stemmig gedra. dankie tog, want die water is ook maar net 15 cm laer as die pad.

  • 5. Klip  |  Februarie 5, 2009 om 3 : 54

    Olga hier by ons het al die sewerage darem weg gespoel dam toe , dit ruik weer vars as n mens so deur die woongebiede ry.

  • 6. Olga  |  Februarie 5, 2009 om 3 : 54

    Ek dink nie die sapd kan meer jeyesfluid bekostig nie. As jy deesdae by polisie stasie instap, ruik jy net urine. ek kan nie glo dit kom net uit die aanhou selle wat ver weg van die aanklag kantoor is nie.

  • 7. Olga  |  Februarie 5, 2009 om 4 : 00

    Ek kan die waterval hoor wanneer ek by die agterdeur uitgaan.

  • 8. Adrie  |  Februarie 5, 2009 om 4 : 10

    Olga

    Ek sweer die straat voor my huis kwalifiseer al as ‘n waterval.

    Ek was gelukkig lanklaas naby ‘n polisiestasie of polisielid.

  • 9. Beeld  |  Februarie 5, 2009 om 4 : 27

    Magdel Fourie
    ‘n Laagwaterbrug in Strijdompark, Randburg, het ná die swaar reën van Woensdag inmekaar getuimel en die pad hier onbegaanbaar gemaak.

    ‘n Fratsvloed in ‘n stroom wat onderdeur die pad vloei, het dit laat ineensak, het mnr. C.C. Mackay, die Johannnesburgse padagentskap (JRA) se woordvoerder, gesê.

    Dié reuse-sloot van meer as ‘n meter diep strek reg oor Arbeidstraat en die pad is tans gesluit.

    Dit belemmer egter nou ondernemings aan die ander kant daarvan se besigheidsaktiwiteite, het mnr. mnr. Pierre du Preez van Easy Flow-geutinstallering aan Beeld gesê.

    Hoewel ‘n ompad deur ‘n aangrensende besigheidsperseel inderhaas geprakseer is, kan geen vragmotors nou deurkom nie.

    Dit beteken geen aflewerings kan ontvang word nie, en geen ware kan per vragmotor daarvandaan vervoer word nie, het hy gesê.

    Mackay het aangedui ‘n tydelike oplossing sal binne ‘n dag of twee in plek wees, waarna herstelwerk aan die pad sal volg.

    Dit sal sowat vier na ses weke duur, het hy gesê.

  • 10. Beeld  |  Februarie 5, 2009 om 4 : 28

    Rozanne Els

    Kaapstad. – ’n Oudpolisieman wat na bewering erg verbitter was ná sy egskeiding, sal nou in die hof moet verduidelik oor ’n kaalfoto wat die wêreld ingestuur is.

    Mnr. Gideon de Beer (39) staan tereg op drie aanklagte wat verband hou met die nuwe Wet op Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede (Wet 32 van 2007), asook crimen injuria.

    Hy het gister in die Bellville-landdroshof verskyn nadat hy hom gisteroggend aan die Bellville-polisie oorgegee het.

    Na bewering het De Beer op 30 Oktober 2008 ’n foto van ’n naakte vrou wat ’n amperse ewebeeld is van sy eksvrou, me. Irene de Beer (35), op die advertensiewebwerf Gumtree geplaas. In die advertensie (wat belangstellendes nooi vir seks) by dié foto was me. De Beer se e-posadres by haar werk en haar selfoonnommer. Sy woon in Florida aan die Wes-Rand.

    Die egpaar is verlede jaar geskei, maar is glo al vier jaar vervreem. Hulle het ’n seun.

    Gumtree se werknemers het dié gewraakte foto nog dieselfde dag verwyder nadat me. De Beer hulle in kennis gestel het dat die persoon in die foto inderdaad nié sy is, soos wat in dié “advertensie” voorgegee word, nie.

    Volgens supt. Jan de Lange, die ondersoekbeampte, is sy erg getraumatiseer deur die voorval.

    “Dit was traumaties vir haar: Mans het tot vir haar naakfoto’s van hulself gestuur.”

    Sy het ook byna haar werk as ’n suster in die Life Healthcare-hospitaal in Florida verloor omdat haar e-posadres by die werk in die advertensie gebruik is.

    De Beer woon in Bellville. Hy is op borgtog van R500 vrygelaat.

    Die saak is tot 8 April uitgestel vir verdere ondersoek

  • 11. Olga  |  Februarie 5, 2009 om 4 : 49

    😆 hell has no gr8er fury than a male bitch scorned.

  • 12. Olga  |  Februarie 5, 2009 om 4 : 51

    Ek hoop nie ons laagwater brug val in nie. Ek ry nie deur die bos nie.

  • 13. Nats  |  Februarie 5, 2009 om 4 : 53

    Eks terug na vieslike verkeer! Weet regtig nie hoe mense in daai area die verkeer hanteer nie!!!

  • 14. Adrie  |  Februarie 5, 2009 om 5 : 05

    Tweeling

    Hulle kners maar net hulle tande stomp.

  • 15. Olga  |  Februarie 5, 2009 om 5 : 13

    Die tand knersery is seker hoekom tandartse so onbekostigbaar duur geword het dat mense al d.i.y jobs+met+tange+tuis+doen.

  • 16. Adrie  |  Februarie 5, 2009 om 5 : 21

    Dit word bruxism genoem

  • 17. Adrie  |  Februarie 5, 2009 om 5 : 39

    En die polisie het regtig ‘n paar kom haal.

  • 18. Nella  |  April 8, 2009 om 2 : 37

    Ja weet jy die polisie is deesdae so agter die tyd. Jy wag vir 3 ure lank vir die polisie en dan moet jy nog hulle f&*^( g!^^$ lek jou die saak te hanteer

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: