Toekennings Seisoen

Februarie 3, 2009 at 7 : 58 248 Kommentaar

Dit is weer daardie tyd van die jaar. Eers het die Golden Globes ‘n voorsmakie gegee van wat verwag kan word en wie solank ‘n toespraak moet begin oefen.  Dan volg die Grammy’s, net sodat die musikante nie afgeskeep voel nie.  Die kersie op die koek is die Academy Awards, beter bekend as die Oscars.  Ek steur my net aan die laasgenoemde.

Ek vind die Oscars eintlik ironies.  Dit is veronderstel om ‘n toekenning van uitnemendheid in die vermaaksbedryfs te wees.  Die flieks mag goed wees, die flieks kan weke lank by jou spook, maar dit is selde vermaaklik.  Oscar flieks is donker, swaar en moeilik verteerbaar.  Ek onthou hoe opgewonde ek was toe Finding Neverland benoem was vir beste rolprent.  Dit was ‘n baie positiewe storie, die storie agter Peter Pan.  Million Dollar Baby het die goue mannetjie gekry.  Ek kan die rede insien, dit was briljant skokkend, maar ek het Finding Neverland geniet.  Million Dollar Baby het my net ontstel. 

Dit blyk ook dat die akteurs en veral die aktrises eers mismaak moet wees voordat hulle in aanmerking kom.  Ek verwys na Adrian Brody wat omtrent eerste moes sterf van die honger, voor hy in The Pianist vereer is.  Nicole Kidman se neus is glo een van die mooistes in die wêreld.  Niks daarvan te siene in The Hours nie.  Sou iemand Charlize gesien het, was sy nie tot ‘n monster mismaak nie?  Daar is natuurlik uitsonderings, maar die mens wat die meeste mismaak is, gaan ‘n beeldjie wen.  Vanjaar is dit natuurlik Leath Ledger.

Ek wonder of dit ‘n snob ding is, die rolprente wat baie mense vermaak het, kom selde in aanmerking vir ‘n Oscar.  Dit blyk ‘n keuse vir die vervaardiger te wees.  Maak iets wat die geld inbring of maak iets wat vir ‘n paar mense ‘n 34 cm man wat 3.85 kg weeg.  Titanic was seker die uitsondering op die reël.

Tog maak ek elke jaar ‘n punt daarvan om al die groot Oscar flieks te gaan sien.  Ek noem dit opvoeding.  Ek gee toe dat dit gewoonlik baie goed is, maar min van hulle vind hulle weg tot my DVD rak.  Dit is gewoonlik ‘n fliek wat jy MOET sien, maar net 1 keer.

Volg jy die toekennings?  Geniet jy die Oscar bekroonde flieks?  Kyk jy dalk net vir die nuutste modes?  Hoeveel van jou gunsteling akteurs het ‘n Oscar op hulle rakke?

Blogvraag:  Wie was die model waarop die Oscar gevorm is?

Blogantwoord:  Olga was reg met Tim Robbins.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Waar boeke en flieke ontmoet. ‘n Aand in die tjoekie

248 Kommentaar Add your own

  • 1. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 01

    Nou moet ek alweer my neus toedruk om te kan kommentaar lewer hier.😡

  • 2. Olga  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 02

    Kilimanjaro! Phew! Dapper mense.

  • 3. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 04

    Poepie

    Sou jy nie eers weer Donderdag gewerk het nie?

    Ridder

    Gryp sommer ‘n gasmasker.

  • 4. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 05

    Toemaar Adrie, sal net die reuk ignoreer

  • 5. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 07

    My gunstellinge vir Pretty Woman?

    1) Die Koningin van my Hart.😉

    2) Catherine Zeta Jones

    3) Thelma Hayek

  • 6. Olga  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 07

    Gasmasker herinner aan auswitch.

  • 7. Nats  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 08

    *Ssssspppppppttttt*

    wag nog bietjie…

    *Sssssspppppppttttt*

    Daarsy bietjie airfreshner om die plek weer leefbaar te maak!

  • 8. Multi  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 09

    Adrie
    Dankie – ek sal julle op hhogte hou met al die info sodra ons klaar is met die web page.

    Nats
    Loda! Dankie, dit gaan dalk rof gaan maar kan jy jou die eind resultaat voorstel??

  • 9. Olga  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 10

    Hmmm was dit lavender?

  • 10. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 10

    Hoes, hoes, te veel airfreshner.

  • 11. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 10

    Olga

    Stank herinner ook aan Auswitch. Dink net mense wat verbrand.

    Ridder

    Ek sien jy speel veilig met die mev. 😆 Catherine het haar Oscar verdien in Chicago. Sonder om mismaak te word.

  • 12. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 12

    Adrie,
    Die Koningin is altyd eerste op my lysie :razz;

  • 13. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 12

    Hoekom het ek gedink dit is Selma Hayek?

  • 14. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 12

    Eerste op die lysie van lelikste vroue ook?

  • 15. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 14

    Sorry oor daai glips met die lorrie😀

    Salma Valgarma Hayek Jiménez (born September 2, 1966)

  • 16. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 15

    Multi

    Jy kort nog ‘n gevreetjie.

  • 17. Olga  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 15

    Want dit is selma hayek. Ek kan my nie iemand anders julia indink vir pretty woman nie.

  • 18. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 15

    Adrie, jy soek pakslae. Gedra vir jou👿

  • 19. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 16

    Ek sien Ridder hou van brunette. Ek wonder nou of hy die koningin gaan steel het uit haar padre se paleis in Spanje.

  • 20. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 17

    Olga

    Ek stem saam, daar is net een Pretty Woman (tot hulle dit eendag oormaak), maar daar is seker baie ander mooi vroue?

    Wie dink jy is mooi?

  • 21. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 18

    Jy sal graag wil weet😎

  • 22. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 18

    Oom Ridder

    Jy het gese die koningin is ALTYD eerste. Nie ek nie.

  • 23. Olga  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 18

    Bietjie sonskyn is nou meer welkom as enige oscar. Die gras staan alfreakingweer kniehoogte.

  • 24. giggel  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 19

    Shit maar Tovè is irriterend!!

  • 25. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 20

    Dalk is mev Ridder ‘n Italiaanse skoonheid. Dit is as ons nou steriotipies is, want die net Latynse vroue mag mos brunette wees.

  • 26. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 20

    Giggel

    Wat doen sy vandag weer?

  • 27. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 22

    Adrie

    Presies, die Koningin is altyd EERSTE !!!!!!!!!!!!!!

    Lelike lysies feature nie by my nie👿

    Gedra jou.💡

  • 28. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 25

    Ek gedra my mos altyd. Soms is dit swak, maar ek gedra my nog steeds.

  • 29. Olga  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 25

    Wie anders as ek?😆 bessie. Ek dink anne hathaway rachel
    Weisz. Dink julle ook victoria beckham se nek ist e maer om haar groteske kop te dra. Hel, sy lyk naas.

  • 30. giggel  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 26

    A3, ek HAAAAATTTT dit as mense so hard probeer afrikaans praat en eintlik hulle naam vergat.

    Gaan leer mooi jou lessie en dan gaan oefen dit by die huis en probeer dan weer.

  • 31. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 28

    Victoria is amper ‘n walking nagmerrie.

    Snaaks genoeg feature blondes nie juis vandag nie.

  • 32. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 30

    Giggel

    Ek het Tove al ‘n paar keer met die hand gegroet. Sy is eintlik nice. Sy praat gewoonlik Afrikaans met my en Nats op haar blog. Haar Afrikaans verbeter darem al.

  • 33. giggel  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 30

    Blond – Paula ja!!
    Sy feature orals waar niemand haar wil sien nie!!

  • 34. giggel  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 32

    Ek verstaan dat sy ‘n goeie hard het en persoonlik nice is maar rêrig. Sy is van die soort wat jy eerder wil sien as om hulle te hoor!!

  • 35. giggel  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 33

    Ek bedoel hart

  • 36. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 33

    Kan julle nie die arme omroepers van Jacaranda uilos nie.
    Draai die radio op ‘n ander stasie as julle nie van dit hou nie.
    Hou net op MOAN, julle doen dit al van laasweek af.

  • 37. giggel  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 34

    White Knight – weens die gebrek aan enigiets anders het ek nie ‘n keuse nie!!

  • 38. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 36

    Koop vir jou oorproppe of druk Prestik in🙄

  • 39. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 36

    Ridder

    Jy maak ‘n fout. Ons doen dit vandat ons mekaar ken af al. Dit is van middel 2007 dus.

  • 40. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 37

    Ek besef hoe pateties is my Brits. Daarom dink ek 10 keer voordat ek iemand se Afrikaans kritiseer.

  • 41. giggel  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 38

    Sy probeer te hard en oordoen dit!!

  • 42. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 39

    Dan is dit tyd om op te hou

  • 43. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 40

    Afrikaans sprekendes is die enigste groepering in die wereld wat ander kritiseer as hulle nie goed Afrikaans praat volgens wat ons dink dit moet wees nie.😦

  • 44. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 41

    Geen ander groep sal jou kritiseer as jy sukkel met hulle taal nie, jou eerder vriendelik reghelp.😦

  • 45. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 43

    Ons hou op. Tot hulle ons weer vies maak, wat baie gebeur. Ridder, as ek jou vertel wat ek al alles met Jac gedoen het, kry jy ‘n hartaanval.

    In regverdigheid, laas was dit ek, Olga, Nats en Klip wat ons monde uitgespoel het. Oor almal behalwe Tove. Die keer is dit Giggel, maar ongelukkig vir haar is Tove een van my gunsteling omroepers.

    Daar is ‘n rede hoekom ons nou nog as Jac se bloggers bekend staan, al het ons amper ‘n jaar terug getrek.

  • 46. giggel  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 43

    Wit Ridder – mooi vir jou hou so aan!!

  • 47. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 46

    Ridder

    Vir een keer moet ek saamstem. Daar is wel ‘n groep Engels sprekende Suid-Afrikaners wat ‘n Afrikaner wat Engels praat sal bespot. Hulle is egter in die minderheid.

  • 48. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 46

    Regso Giggel, die lessie in opvoeding en kultuur was vandag gratis en verniet.😉

    Adrie, niks laat my hartaanvalle kry nie, mense met slegte maniere kry jy al eeue lank😀

  • 49. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 48

    Daai Engels prekende afrikaners is gewoonlik Afrikaans sprekende snobs wat hul Engels voordoen maar hul vernis skuur deur elke keer.😈

  • 50. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 49

    Twee honderdste

  • 51. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 50

    Daardie snobs wat hulle as Engels voordoen, se Engels suig gewoonlik.

  • 52. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 51

    Ek sal nie weet of hulle suig nie, maar hulle is kommin.

  • 53. Nats  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 52

    Tweeling
    Skinder jy lekker!

    Ek is MAL oor Tove!! Het haar van 94.7 af gevolg, so bly sy is nou by Jac!!!

  • 54. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 52

    Ek moet wel byvoeg dat wanneer iemand by uitsaaiwese is, moet hulle darem die taal ten volle magtig wees. Ek kan Tove daarvoor vergewe, maar ek onthou ‘n Afrikaanse Nuusleser op TV wat verskriklik gesukkel het. Ek het dan sommer die Engelse nuus gekyk. Gelukkig was hy gou vervang.

  • 55. giggel  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 53

    Jy sien Ridder ek is een van daai bitches wat hulle so as snobs voordoen. Ek stel nie belang wat ander dink nie dis net my opinie wat tel en de hel met die res!!

  • 56. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 54

    Jy sien, daar staaf jy my stelling.
    As jy nie van iets hou nie, verander die stasie.😎

  • 57. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 54

    Tweeling

    Skinder bly altyd lekker.

  • 58. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 55

    En kla sodat die die stasie dit kan regmaak. Ek betaal immers regtig my tv lisensie, ek mag seker Afrikaanse nuus in ruil daarvoor kry.

  • 59. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 56

    Ridder skryf Giggel se naam op die opvoedings lysie.😕

  • 60. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 56

    En daar begin ons vashak of Spam word.

  • 61. Nats  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 57

    Ek sal ook Tove vergewe… sy praat darem baie beter as in die begin!

  • 62. giggel  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 57

    Ek is baie hoër opgevoed as meeste mense en weet hoe om dit oor te dra in AFRIKAANS. Tovè is nie deel daarvan nie!!

  • 63. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 3 : 59

    Knight

    Ek dink wel ook dat ‘n mens dit onder die regte mense se aandag moet bring. Ek betaal getrou my TV lisensie, dus is ek geregtig op ‘n hoE standaard nuusberig in Afrikaans.

  • 64. Nats  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 06

    Giggel
    Ongelukkig kan mens se opvoeding nie jou aksent verander nie… kyk maar na Naas Botha – hy praat al hoe lank Engels en sukkel nog steeds!!

    As Tove net Engels gepraat het sou ons seker gekla het sy probeer nie eens nie😕

  • 65. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 08

    Ek dink al lankal dat Drol en Tove net moet Engels gooi en Maurice en Martin net Afrikaans.

  • 66. Nats  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 10

    Adrie
    Dit kan werk!! Ek lag my dood as John probeer Afrikaans praat – dis so oulik!!! Hy het nou die dag gepraat van sy naakte oë en gesê sy kaalgat oë!😆

  • 67. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 11

    Ek waardeer dit as enige persoon probeer om my Moedertaal Afrikaans te praat al is dit nie hulle eie nie.

  • 68. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 11

    Nou die dag het hy en sy baas weer lunchbox vertaal net kosdosie.

  • 69. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 12

    Persoonlik dink as julle os baie kan kla oor die omroepers by Jacaranda het julle nie genoeg werk nie.👿

  • 70. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 12

    Ridder

    Daar is ‘n verskil tussen ‘n persoon tot persoon gesprek en iets wat jy op die radio/tv hoor.

  • 71. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 13

    Ridder

    Wie kla nou? Ons gesels. Ons skinder nie agter hulle rue nie, hulle kan self kom lees wat ons hier skryf.

  • 72. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 15

    Jy weet goed die meeste van hulle het nie tyd om hier of meeste ander blogs te lees nie.

  • 73. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 18

    Ridder

    As dit jou beter laat voel, sal ek Giggel vra om Tove persoonlik te mail.

    Sover dit Daryl Scott aangaan, weet hy presies hoe ek oor hom voel en ek weet dat hy geen ooghare vir my het nie.

  • 74. Nats  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 19

    Wit Ridder
    Ag please hulle kan tyd maak!! As hulle verwag ons moet hulle blogs lees kan hulle dieselfde doen! Ons werk ook!

  • 75. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 20

    Wat wil jy met sy ooghare doen in elke geval, jy kry nie ooghaar pruike nie. Net vals wimpers.😆

  • 76. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 22

    Persoonlik wil ek sy ooghare en hele liggaam uit die Jacaranda studio’s he.

    Jy lok my uit, daarom kan jy nie nou kla nie.

  • 77. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 25

    Jy is reg ek lok jou uit, met die Marie biscuit in my hand.😈

  • 78. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 27

    Ek soek Romany Creams.

    Dat die man nou so suinig kan wees.

  • 79. Nats  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 27

    Ek is nou baie lus vir Mozart roomys!!!!

  • 80. Nats  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 30

    Quote
    of the day:

    ‘Whatever
    you give a woman, she will make greater. If you give her sperm, she’ll give you
    a baby. If you give her a house, she’ll give you a home. If you give her
    groceries, she’ll give you a meal. If you give her a smile, she’ll give you her
    heart. She multiplies and enlarges what is given to her. So, if you give her any
    crap, be ready to receive a ton of sh* t.’

  • 81. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 36

    Nats

    AMEN!!!!

  • 82. Nats  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 38

    Tweeling
    Manlief het dit vir my gestuur… weird eintlik – probeer hy vir my sê na al die jare verstaan hy my?😆

  • 83. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 39

    Solank hy besef hy is die hoof en jou plek is bo-op die hoof.

  • 84. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 40

    (Soos in sit op sy kop)

  • 85. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 41

    Romany creams pas nie by jou nie en buitendien het jy reeds gehap aan die Marie biscuit, nie eers Blue label of Bakers nie. Sommer no name brand.

  • 86. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 44

    🙄

  • 87. Nats  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 45

    Tweeling
    Sies vir jou!😉

    Ridder
    Sorry vir jou, my Tweeling sal nooit hap vir no name nie… sy het veels te veel klas vir dit! En gross dis sleg! Nie eens ek sal dit hap nie! Sy het seker vir jou hand gemik😉

  • 88. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 51

    Nats
    😉 Jy is reg, dit was vir sy hand gewees. Tot ek gesien het hoe harig dit is.

  • 89. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 54

    Waar het jy gehap dat jy so baie hare gesien het, of is jou glasoog alweer onderste bo😕

  • 90. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 57

    Jou hand, Ridder. Duidelik het hulle jou nie mooi geskeer nie.

  • 91. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 59

    Jy sien jy was verdwaal gewees, Ridder dra leer hanskoene met metaal skerms oor.🙄

    Aai die jeug van vandag ook geen waardes en opvoeding nie.

    Dink eerder dit was die perd wat jy iewers wou hap👿

  • 92. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 4 : 59

    Jy sien jy was verdwaal gewees, Ridder dra leer handskoene met metaal skerms oor.🙄

    Aai die jeug van vandag ook geen waardes en opvoeding nie.

    Dink eerder dit was die perd wat jy iewers wou hap👿

  • 93. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 5 : 04

    Ek eet nie perdvleis nie.

    Kry jy nie warm in jou mondering nie?

  • 94. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 5 : 14

    Nee

  • 95. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 5 : 18

    Wat? Het dit ingeboude Aircon?

  • 96. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 5 : 20

    😕 Jy okei of voel jy koorsig, die dat daar so ge-yl word?

  • 97. Adrie  |  Februarie 4, 2009 om 5 : 28

    Ek is piekfyn, dankie.

  • 98. White Knight  |  Februarie 4, 2009 om 5 : 50

    Luister, ek gaan julle nou eers weer verlaat.

    Buitendien dit word laat, jou Ma wil seker kinders tel en jou laat bad en kosgee.😀

    Soet wees en nie in die neus grou en vloek nie.😛

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: