Waar boeke en flieke ontmoet.

Februarie 2, 2009 at 6 : 26 160 Kommentaar

Dit is geen verrassing dat die meerderheid flieks hulle ontstaan aan een of ander boek te danke het nie.  Oor die algemeen stem mense saam, die oorspronklike boek is beter as die fliek.  Geen wonder nie.  Die skrywer se verbeelding word nie aan bande gelê met begrotingsperke, daglig, special effects of akteure se giere nie.  Die boek moet binne 2 ure ingedruk word, met die gevolg dat sommige van die tonele in ‘n boek weggelaat of afgeskeep word in ‘n fliek.  Wat nie noodwendig ‘n slegte ding is nie.

Daar is gewoonlik ‘n paar aanhangers van ‘n boek of karakter wat in spanning op die fliek wag.  Lord of the Rings en Harry Potter om net twee voorbeelde te noem.  Ek verkies om eers die fliek te kyk voordat ek die boek aanpak.  Ek is mal oor lees, maar ek verkies om in my moedertaal te lees.  Voordat ek ‘n Engelse boek aanpak, moet ek ‘n baie goeie rede hê.  Dus lees ek net Engels as ek betaal word, ‘n boek hoog aanbeveel word deur iemand wat ek ken of as ek ‘n fliek gesien het wat my belangstelling geprikkel het.  Die boek help dan om die gate tussen in toe te stop.

‘n Fliek mag dalk op ‘n boek gebaseer het, maar die twee kan soos dag en nag verskil.  Dit is makliker om die besonderhede van die fliek te mis, as andersom.  Iets wat my nog altyd van die fliek Fiela se kind geirriteer het is Benjamin se bruin oë.  In die boek word dit herhaaldelik herhaal dat sy oë ‘n besonderse blou is.  Ek het eers “The client” gesien en toe gelees.  Dit was maklik gewees om van Susan Sarandon se rooi hare te vergeet en haar karakter met grys hare te aanvaar.  Tonele in ‘n boek verskil ook dikwels van tonele in ‘n fliek, soos in die Ya-Ya Sisterhood.  In die boek ry hulle met ‘n olifant, in die fliek vlieg hulle.

Hoe voel julle?  Watter boeke moet nog flieks raak?  Watter boeke moes eerder nooit verfilm geword het nie?

Blogvraag:  Wie is Susan Sarandon se lewensmaat?

Blogantwoord:  Fokker was reg met Schutzstaffel

Klip se Gemmerkat by die Jol

Klip se Gemmer Kat

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Nie Noorweërs genoeg nie. Toekennings Seisoen

160 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Februarie 3, 2009 om 4 : 36

    Hey. Waar is julle? Reen julle weggespoel?

  • 2. Olga  |  Februarie 3, 2009 om 4 : 38

    Genugtig tot nou toe nog toe. My comment, nr 151 het deur gegaan. Ek moes darie bitch lankal aangespreek het,

  • 3. Wille Kjind Q  |  Februarie 3, 2009 om 5 : 11

    Hey Olga!

  • 4. Emil  |  Februarie 3, 2009 om 5 : 14

    In Duits vloek, vertel jy my, Adrie! Sjoe, dit kan, nes in Afrikaanse, uiters kras in Duits klink. Vra my, ek weet – my vrou is Duits😆

    EK werk baie hard daaraan om stukke korter te hou. Semantiek en woordeskat is my ondergang!

  • 5. Wille Kjind Q  |  Februarie 3, 2009 om 5 : 15

    Ek ga gou ‘n dop saami baas maak. Check julle later

  • 6. Wille Kjind Q  |  Februarie 3, 2009 om 5 : 43

    @ Emil

    Ek het noggi jou bybel versie gelees nie. Ek sal dit dadelik ga doen😳

  • 7. Wille Kjind Q  |  Februarie 3, 2009 om 5 : 51

    @ Emil

    Ek het jou bybel versie gat lees:mrgreen:

    Heel duidelik hou jy van…….. uhm….. lees😉

  • 8. Wille Kjind Q  |  Februarie 3, 2009 om 7 : 04

    😕

  • 9. Wille Kjind Q  |  Februarie 3, 2009 om 7 : 07

    My kjind het ha huiswerk virri hele week voltooi… Sy tune my dis solat sy die res vanni week kan relax😯

  • 10. Wille Kjind Q  |  Februarie 3, 2009 om 7 : 16

    En almal wag in spanning om EERSTE te skree

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: