Noot vir noot, munt vir munt

Januarie 30, 2009 at 6 : 04 101 Kommentaar

My een broer vertel graag dat vleis, vleis is, al is dit op ‘n klip geteken.  Ek gaan sy woorde effens aanpas.  Geld is geld, behalwe as dit op ‘n klip geteken is.  Of jy daarvoor gewerk het, dit gesteel het, dit gewen het of dit gebedel het, geld bly geld. 

Met genade van Bo, was ek nog nie regtig desperaat vir geld gewees nie.   Natuurlik het ek soms meer nodig gehad as wat beskikbaar was.  Veral as ‘n student was die fondse soms maar skraps.  Soos dit maar vir enige student maar is.  Ek het toe weird goed gedoen om ekstra geld in die hande te kry, selfs nou sal ek nie my neus optrek om ‘n vinnige R100 of R200 op so ‘n manier te verdien nie.

So kom daar mos eendag ‘n vrou een Saterdagmiddag by die koshuis aan, opsoek na 25 meisies om as ekstras op ‘n fliek te werk.  My belangstelling (soos enige gesonde student) was dadelik geprikkel toe ek hoor daar is gratis kos.  Die R150 betaling was net ‘n bonus.  Ek het nog 24 meisies gekry en ons het ons lywe akteurs gehou.  Die beste van die hele ervaring was, ironies genoeg, die kos. 

Daar was ‘n fliek wat ek en my vriendin al maande lank na uitgesien het.  Openingsnaweek is ons twee toe bankrot.  Ons hou toe maar ons ore op die grond en hoor van ‘n bemarker wat studente soek om haar te help.  Ons moes onsself gemaklik maak met ‘n groot bak lekkers in ‘n woonstelblok en die inwoners oortuig om ‘n vorm te voltooi.  Sy vertel ons toe dat dit moeilik is, maar ons moet net vasbyt.  Ek en my vriendin is nie verniet jolers van formaat nie.  Binne ‘n halfuur is al die vorms voltooi.  Daardie vrou is seker nou nog verbaas, die ander groep kon net 2 voltooi.  Die fliek was die moeite werd.

In my eerste jaar moes ons voordeurdiens gedoen.  Versuim het ‘n boete van R50 beteken.  Ek en ‘n (ander) vriendin het dit vir R20 per uur gedoen.  Ons het nou nie in die geld gerol nie, maar dit het ‘n paar ekstra flieks en koffies beteken.

Ek weet daar is studente wat hulle eiers of sperm verkoop vir ekstra sente.  Hulle skenk ook bloed vir navorsing, dit gee nuwe betekenis aan bloedgeld.  Daar is ander wat hulle karre beskikbaar stel vir bemarking, wat so R400 ‘n maand beteken.  Sommige gaan stel produkte in winkels bekend.  Die moontlikhede is legio, sonder om regtig te werk.

Hoe het julle al ‘n paar ekstra sente gemaak?  Sal julle dit weer doen?

Blogvraag:  In watter jaar was ‘n R50 noot vir die eerste keer uitgereik?

Blogantwoord:  Cobus was reg met Gabarone in Botswana.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Regstellende Aksie Risiko Nie Noorweërs genoeg nie.

101 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  Januarie 30, 2009 om 6 : 11

    EERSTE!!!!!

  • 2. Wille Kjind Q  |  Januarie 30, 2009 om 6 : 12

    1981?

  • 3. Olga  |  Januarie 30, 2009 om 6 : 18

    2de

  • 4. Wheelbarrow jack  |  Januarie 30, 2009 om 7 : 06

    Derde. ek kry n plek.

  • 5. Wheelbarrow jack  |  Januarie 30, 2009 om 7 : 10

    toe ek n laaitie was, het ek en my boeties perde geoefen en koud gelei vir n ryskool naby ons plaas. dit het meer betaal as die 20c sakgeld wat ons gekry het. ek sal dit weer doen, ja. gratis. ek kan darem nog sonder n blok op n perd se rug kom.

  • 6. Wheelbarrow jack  |  Januarie 30, 2009 om 7 : 12

    olga kom vertel oom jack hoekom slaan jy voet in die wind deesdae as jy gekonfronteer word. wie het jou bang gedonner?

  • 7. Wille Kjind Q  |  Januarie 30, 2009 om 7 : 21

    Op skool het ek siegret verkoop. Ja ja.. Ek weet dit was verkeerd! Sal ek dit wee doen? Nee, beslis nie

  • 8. Wille Kjind Q  |  Januarie 30, 2009 om 7 : 23

    As appy het ek die ambagsmanne se tools skoon gemaak en natuurlik hul kaste reggepak. Ek het destyds mees spaargeld gehad as nou😯

  • 9. Olga  |  Januarie 30, 2009 om 7 : 37

    Grote griet oom jack. Bk is oaar od dozi op my tv te sien en hoor. Moenie jy nog jou vinger in my keel afdruk nie.

  • 10. Olga  |  Januarie 30, 2009 om 7 : 40

    Bang gedonner? Ek? Nee! Glad nie, wordpress, opera of vodacom het hulle mes in vir my. Ek kan nie my foon teen die muuq stukkend gooi nie. Homer sal my nie nuwe foon koop nie. Sal jy?

  • 11. Wille Kjind Q  |  Januarie 30, 2009 om 7 : 45

    Jakkie…. Het jy nou jou pad aanwysings gekry vi die blogjol?

  • 12. Olga  |  Januarie 30, 2009 om 7 : 50

    Weg is my elelange txt. Ek tik dit sowaar nie oor nie. Die fn byt my duim. Wat eet ons wk?

  • 13. Olga  |  Januarie 30, 2009 om 7 : 53

    4kit. Dozi maak my naar. Die mens is lelik en hy kan nie sing om sy lewe te red nie.

  • 14. Wille Kjind Q  |  Januarie 30, 2009 om 8 : 10

    Olga…. KFC. Dis my beurt om kos te verskaf aan die wolwe:mrgreen:

  • 15. Wille Kjind Q  |  Januarie 30, 2009 om 8 : 11

    Ek het die variety bucket gekry. Help jouself

  • 16. Wille Kjind Q  |  Januarie 30, 2009 om 8 : 13

    En wragtag is my text ok weg!

  • 17. Adrie  |  Januarie 30, 2009 om 8 : 16

    Maak Manuel op daarvoor, Olga?

  • 18. Wille Kjind Q  |  Januarie 30, 2009 om 8 : 18

    So gepraat van KFC. Ek moet hulle nog sue vi daai ad van hulle wa hulle mekaar so klap. My laaitie het my nou-die-dag geklap lat die snot waai. En toe sing hy daai song van hulle

  • 19. Wille Kjind Q  |  Januarie 30, 2009 om 8 : 20

    Dis nou ‘n idee vi ekstra inkomste.

  • 20. Wille Kjind Q  |  Januarie 30, 2009 om 8 : 23

    Naand 3ling. Jy jy tor gekry?

  • 21. Adrie  |  Januarie 30, 2009 om 8 : 23

    🙄 Jou laaitie doen hopeloos te veel dinge wat hy op tv sien.

  • 22. maxie  |  Januarie 30, 2009 om 8 : 23

    1984

  • 23. Adrie  |  Januarie 30, 2009 om 8 : 25

    Hoe pateties dink julle is n R400 kitaar? tweedans natuurlik.

  • 24. Adrie  |  Januarie 30, 2009 om 8 : 25

    Lo Max

  • 25. Wille Kjind Q  |  Januarie 30, 2009 om 8 : 30

    My laaitie lewe in daai tievie

  • 26. Adrie  |  Januarie 30, 2009 om 8 : 35

    My ma en die bibtannie het baklei toe ek klein was. Met die vervolg dat sy nie haar voete in die bib gesit het nie.

    In st 5 het ek al lankal al die boeke by die huis 2 keer gelees. Glad nie n geringe taak nie, daar is BAIE boeke. My ma moes n berg wortels, en nou oordryf ek nie, vir die kerk vir n funksie kook. Sy het iemand nodig gehad om dit te skil en sny.

    Sy het my en my nefie met biblioteek lidmaatskap om gekoop om daardie taak af te handel. Die volgende dag moes sy maar weer haar voete in die bib sit.

    Ek moet seker noem dat die tannie (wat my ma die mislike teef genoem het) toe al afgetree het.

  • 27. Wille Kjind Q  |  Januarie 30, 2009 om 8 : 41

    He! He!

  • 28. Wille Kjind Q  |  Januarie 30, 2009 om 8 : 42

    Woep! Weg!

  • 29. Wille Kjind Q  |  Januarie 30, 2009 om 8 : 43

    GGGRRR!!!

  • 30. Adrie  |  Januarie 30, 2009 om 8 : 51

    Die beste van als is dat my neef my die middag dare om n devils chillie te eet – ek dink dit is die naam, n rissie wat 2 cm lank is. Die snotkop was mal oor brandgoed, ek vermy dit tot vandag toe. Girls first. Ek hou dalk nie van rissies nie, maar ek kan pose hou. Ek kou die rissie, kou, wys, sluk en wys dat my mond leeg is. My mond brand, maar ek trek nie n spier nie. Hy? Met die eerste byt spoeg hy die rissie dat hy daar trek.

  • 31. maxie  |  Januarie 30, 2009 om 8 : 53

    Hi Adrie en almal
    😆 oor die biblioteekstorie

  • 32. Wille Kjind Q  |  Januarie 30, 2009 om 8 : 59

    Lo Max

  • 33. maxie  |  Januarie 30, 2009 om 9 : 09

    Ek het till geslaan by die Spar naweke en smiddae na skool.
    Lang ure en hard gewerk. Later hul boeke gedoen na ure.
    Verbasend baie geld gemaak.
    En vakansies by die plaaslike bib gewerk.
    Die geld was nie goed maar ek was mal daaroor om tussen die boeke te wees.

  • 34. Wille Kjind Q  |  Januarie 30, 2009 om 9 : 14

    Cool! Ek sou gelaaik het van inni bib werk. Ek lees my lewe om

  • 35. Adrie  |  Januarie 30, 2009 om 9 : 19

    Maxie

    Ek vir amper 2 jaar lank elke naweek till geslaan. Ek het na skool elke vakansie gewerk as doen-wat-niemand-anders-wil-nie.

    Die goed wat ek in die post genoem het, was net ekstras wat meer pret as werk was.

  • 36. maxie  |  Januarie 30, 2009 om 9 : 20

    Willes, it was HEERLIK. Daai reuk van boeke, ai!
    Baie baie jare later het ek in ‘n streeksbiblioteek gewerk.
    Al die nuwe boeke het eers na ons toe gekom voordat ons dit versprei het na die openbare biblioteke.
    Dit was ‘n massiewe gebou.
    Jy kan jou net indink daai opwinding om al die bokse nuwe boeke ens oop te maak.
    En ons het ‘n sogenaamde boekwa gehad, ‘n bus met ‘n klein bibliotekie binne-in, waarmee ons na die kleine dorpies en selfs plase gereis het vir almal om hul biblioteekdinge te doen.

  • 37. Adrie  |  Januarie 30, 2009 om 9 : 22

    Een keer met ‘n skaking het die maatskappy enige blanke tienerseun of jongman wat wou by die meule ingeneem en hulle in die swartes se plek laat werk. Daar was net 2 meisies daar, ek was een van hulle. Ons moes koffie gemaak het vir al die lummels. Ek was omtrent st 5 gewees op daardie stadium en ek het baie geld gemaak vir daardie 4 dae.

  • 38. Adrie  |  Januarie 30, 2009 om 9 : 25

    Maxie

    Is jy nog steeds in die biblioteekwese? Ek wou noudie dag ‘n blog daaroor geskryf het. Dit is seker nog oppad.

  • 39. maxie  |  Januarie 30, 2009 om 9 : 39

    Adrie
    Nee, nie meer nie.
    Sien uit na die blog daaroor!

  • 40. Adrie  |  Januarie 30, 2009 om 9 : 44

    Ek het een semester getutor. Tydens die vakansie moes ek vraestelle merk. Ek moes vir 2 dae lank die trokke langs die pad tel. Terwyl ek getel het, het ek gemerk ook. 2 vliee met een klap.

  • 41. Adrie  |  Januarie 30, 2009 om 9 : 47

    En van die lekkerste maniere van geld kry is om te babysit. Deesdae doen ek dit gratis, maar dit was iets wat ons graag in die koshuis gedoen het.

  • 42. maxie  |  Januarie 30, 2009 om 9 : 50

    Het ook die babysitting ding gedoen maar dit was nie lekker op so ‘n jong ouderdom nie.
    Kleintjies, ja, maar beterwetige 7 of 8 jariges, nee.

  • 43. Adrie  |  Januarie 30, 2009 om 9 : 55

    Die oudste wat ek al opgepas het is in hulle 50’s. Maar dit is ‘n ander storie.

    Die oudste kind was 14. Dit het darem goed afgeloop.

  • 44. maxie  |  Januarie 30, 2009 om 10 : 02

    😆

    Nou groet ek. Lekker slaap.

  • 45. Olga  |  Januarie 30, 2009 om 10 : 12

    Ek het so elke 6 maande boeke by die streeks bib gaan haal. Was so leke om trollies vol boeke te pak. Boy, oh boy. Wat n stryd om dit uitgeklaar te kry.

  • 46. Adrie  |  Januarie 30, 2009 om 10 : 12

    Lekker slaap.

  • 47. Wille Kjind Q  |  Januarie 30, 2009 om 10 : 40

    Slaap julle so vroeg?

  • 48. Wille Kjind Q  |  Januarie 30, 2009 om 11 : 48

    Nagskof het vigeet om aan te meld

  • 49. fokker  |  Januarie 30, 2009 om 11 : 56

    hey.+a3. hoe frigging dom is dom?

  • 50. Wille Kjind Q  |  Januarie 31, 2009 om 1 : 07

    Eish

  • 51. Wille Kjind Q  |  Januarie 31, 2009 om 7 : 12

    More more!

  • 52. Olga  |  Januarie 31, 2009 om 7 : 38

    More, more. Dit reen wragtig 2 h6nde uit n bos. Ek hoop nie julle reen uit nie. Veilig ry. Geniet dit.

  • 53. Wille Kjind Q  |  Januarie 31, 2009 om 7 : 49

    Dankie Olga! Dis dam oop hie by ons

  • 54. Adrie  |  Januarie 31, 2009 om 8 : 04

    Hallo Almal

    Fokker, die antwoord is amper n blog op sy eie.

  • 55. *mathilda*  |  Januarie 31, 2009 om 8 : 33

    Ek moet seker opstaan – plekke om te gaan – mense om te ontmoet !

  • 56. Olga  |  Januarie 31, 2009 om 10 : 58

    Kyk nou gesels die dorosies laki spoeg spat. Ai, geniet dit, en stadig met die voggies. Ek sal maar my boys spur toe neem.

  • 57. Wille Kjind Q  |  Januarie 31, 2009 om 11 : 02

    Dis ‘n heerlike warm dag. Ons sal starrag met die voggies Olga… Belowe!

  • 58. Wille Kjind Q  |  Januarie 31, 2009 om 3 : 25

    Geen reën! Geen kruiwa!

  • 59. Wille Kjind Q  |  Januarie 31, 2009 om 3 : 37

    Geen Ridder!

  • 60. Olga  |  Januarie 31, 2009 om 5 : 50

    Geen ridder? Die ou fossiel is nog n fader ook? Het hy darem groetnis laat weet?

  • 61. Adrie  |  Januarie 31, 2009 om 6 : 13

    Die fossiel het formeel om verskoning gevra.

    Die wat nie gekom het nie, JULLE HET GEMIS. BIG TIME!!

  • 62. Wille Kjind Q  |  Januarie 31, 2009 om 6 : 54

    Ek moet seke vi Erns bel of sy veilig tuis is😕

  • 63. Wille Kjind Q  |  Januarie 31, 2009 om 7 : 06

    OM TE HOOR of sy veilig tuis is😳

  • 64. Olga  |  Januarie 31, 2009 om 7 : 09

    Wk, het die savana’s swaar geland? Oeee, ek dink wille m het huis toe bestuur.

  • 65. Wille Kjind Q  |  Januarie 31, 2009 om 7 : 10

    Dit het honde en katte gereën toe ons in PTA aangekom het. Da was net 1 poephol oppi pad wat vi MY geflash het inni vinnige baan en ek het NIE starag gery nie

  • 66. Wille Kjind Q  |  Januarie 31, 2009 om 7 : 12

    Olga…. Ek het net 2 glase wyn gedrink. Stroes bob

  • 67. Wille Kjind Q  |  Januarie 31, 2009 om 7 : 16

    Ek wil ‘n ‘beam me up Scotty’ ding ontwerp wat my binne ‘n split sekond by punt B kan kry

  • 68. Wille Kjind Q  |  Januarie 31, 2009 om 7 : 18

    Die koei het my okki laat weet sys veilig tuis nie. GMPF! Watse 3ling laat ha 3ling in spanning wag😯

  • 69. Olga  |  Januarie 31, 2009 om 7 : 40

    Slaat haar wanneer jy haar weer sien.

  • 70. Olga  |  Januarie 31, 2009 om 7 : 42

    Slaan is te beskaaf. Slaat ha.

  • 71. Adrie  |  Januarie 31, 2009 om 8 : 07

    Ek het net teen 120 km per uur terug gery. Ek moes dalk vir die ousie weggery het, dan het ons nie die optog gemis nie.

  • 72. Wille Kjind Q  |  Januarie 31, 2009 om 8 : 16

    Eish! Ek het gesê julle moet met my ry. Ma nee…. Jy weet van beter👿

  • 73. Olga  |  Januarie 31, 2009 om 8 : 51

    Watter optog?

  • 74. Wille Kjind Q  |  Januarie 31, 2009 om 8 : 52

    Oom Klip…. Daai gemmer kat was oraait hoor.

  • 75. Wille Kjind Q  |  Januarie 31, 2009 om 8 : 58

    Olga… Jool

  • 76. Wheelbarrow jack  |  Januarie 31, 2009 om 11 : 41

    Adriana Magrieta Swanepoel dankie vir die padkaart wat ek nie gekry het nie. Almal is in droomland. Dit moes n ma se blog jol gewees het.

  • 77. Olga  |  Februarie 1, 2009 om 12 : 28

    Oom jack, het jy rerig nie aanwysigings gekry nie, of was jy bang jy word geneuk? (Fluister: ek dink it was laasgenoemde.)

  • 78. Wille Kjind Q  |  Februarie 1, 2009 om 1 : 45

    GMPF!!!

  • 79. Wille Kjind Q  |  Februarie 1, 2009 om 8 : 13

    More

  • 80. Olga  |  Februarie 1, 2009 om 8 : 29

    More, more.

  • 81. Adrie  |  Februarie 1, 2009 om 9 : 26

    More

    Domkrag, dit is nie my skuld as jou epos nie werk nie.

    Trudie Taljaard is die naweek toe aan beenkanker dood. Sy was 61.

  • 82. Wipneus!  |  Februarie 1, 2009 om 9 : 38

    Môre almal, ek het nie munt vir munt gedoen nie. Ek wou nie eers blikkie skud nie!! 😳
    Vandag sal ek dit met graagte te doen, met ouderdom kom wysheid!!! Uhmmm ek dink so😯

    Klink of julle lekker gejol het!

    Geniet die laaste stukkie van die naweek!

  • 83. Wille Kjind Q  |  Februarie 1, 2009 om 9 : 46

    3ling…. Die nuwelinge moet nog leer dat ons SAAM ‘n ding beplan. As hulle rerig iets wil weet dan sal hulle ‘n epos stuur. Niemand se gat ga gelek word nie. Wel…. Miskien ouma sin😉

  • 84. Klip  |  Februarie 1, 2009 om 11 : 17

    Goeie more almal

  • 85. Klip  |  Februarie 1, 2009 om 11 : 19

    Ja beslis , ek is seker almal het lekker gekuier gister.

    Ek wil ook vir alaml wat daar was se dankie vir julle vriendelikheid , en gasvryheid.

    WK ek sal seker maak daar is genoeg gemmer katte vir die volgende keer

  • 86. Olga  |  Februarie 1, 2009 om 11 : 38

    Dis nice. Dis baie nice. Ouma wip se gat word gelek. Ek aan die anderkant, was nie eers genooi nie. Eisj, ek word sommer van voor af droooo o oooonk.

  • 87. Wille Kjind Q  |  Februarie 1, 2009 om 12 : 11

    Olga…. ‘n Mens jok nie op ‘n openbare blog nie😯

  • 88. skroplap  |  Februarie 1, 2009 om 12 : 19

    is da iemand hier

  • 89. skroplap  |  Februarie 1, 2009 om 12 : 19

    elo opstairs ousie

  • 90. skroplap  |  Februarie 1, 2009 om 12 : 22

    typical!

  • 91. Olga  |  Februarie 1, 2009 om 1 : 31

    Jok? Ek? Tjk. Ek jok gn niks nie.

  • 92. Rapport  |  Februarie 1, 2009 om 2 : 49

    Twee kinders – een ’n verstandelik gestremde meisie (17) en een ’n tweejarige seuntjie – is dié week binne ure van mekaar wreed verkrag en aangerand in die Witzenberg-distrik.

    Die vermeende oortreders is sélf kinders – die een so jonk as agt.

    By navraag het ’n polisiebeampte kommer uitgespreek oor ’n “epidemie” van kinders wat kinders verkrag in dié streek.

    In 2008 is 227 verkragtings in die Ceres-streek aangemeld, insluitend Ceres, Wolseley, Tulbagh en Prince Alfred Hamlet.

    In toenemend baie van dié gevalle is die oortreders kinders. Van die slagoffers is jonger as twee jaar oud.

    Die 17-jarige meisie is by die munisipale oord Dennebos deur drie seuns, van 11, 13 en 15 jaar oud, verkrag.

    Enkele ure vantevore op dieselfde middag, ’n paar kilometer verder buite Tulbagh, het ’n agtjarige seuntjie sy maatjie (2) wat oorkant hom woon, met ’n stok gesodomiseer.

    Die agtjarige was self al vermoedelik vantevore gesodomiseer en/of gemolesteer.

    Hy kan nie strafregtelik vervolg word nie omdat hy “geheel en al glad nie toerekeningsvatbaar is nie,” sê ’n ingeligte.

    Die familie van die verstandelik gestremde meisie is verpletter.

    “Sy was vol bloed toe ons haar kry. Sy het net bly sê hoe seer dit was. Sy wou nie hê dat ek aan haar moes vat nie . . . Sy het maar die emosionele intelligensie van ’n sewejarige kind – sy bly steeds praat van die ‘maatjies’ wat haar seergemaak het,” vertel die ma.

    Sy was Dinsdagaand besig om aandete te maak en haar aangenome dogter het onskuldig op die swaaie, trampolien en ander apparaat in die parkie oorkant hul chalet, G27, gespeel.

    “Ons het kort-kort vir haar gewaai,” sê die ma. Skielik was sy weg. Haar ma en ouer suster (30) het begin soek.

    Haar verlate skoene en ’n rugsak naby die trampolien het die ma kriewelrig gemaak.

    “Ek weet sy trek net haar skoene uit as sy trampolien spring. Anders het sy hulle aan.”

    Uit die hoek van haar oog het die ma ’n seun by die oord se saaltrappe sien afhardloop.

    “Toe hy my sien, toe hardloop hy weer op met die trappe en klap die deur toe. Ek het haar hoor smeek. Huil. ‘Moenie, hou op . . .’ ”

    Die ma het die trappe uitgehardloop. In haar gedagtes: “Ag Here, asseblief net nie verkragting nie, net nie dit nie.”

    Binne die saal het haar nagmerrie waarheid geword. Haar dogter het op ’n hopie gelê, bloed oral.

    Die outjies is ’n paar strate buite die oord aangetree en teruggebring. “Die jongste seuntjie het met die hele sak patats uitgekom,” vertel ’n ooggetuie.

    Die meisie se pa sê hy moes homself inhou toe hy die seuns van aangesig tot aangesig sien.

    “Ek het alle rede gehad om hulle by te kom. Maar ek het besef wat die gevolge sou wees.”

    Sy oë is rooi en leeg as hy sê: “Hulle het haar ontneem van iets wat niemand vir haar kan teruggee nie.”

    Die ma sê: “As ma staan jy dié kant van die stroompie en wens jy kan haar net bo-oor (die seer) dra en anderkant neersit . . .”

    Sy was briesend toe hulle by die Ceres-hospitaal meer as ’n uur moes wag.

    Haar stukkende kind wou nie eens ’n drukkie hê nie.

    “Uiteindelik het sy my darem toegelaat om by haar op die bed te lê en saam met haar te huil.”

    Die ouers het haar op sewejarige ouderdom juis gered uit die kloue van die dood in ’n haglike kinderhuis in Europa. Sy het maar 7 kg geweeg.

    “Die gereg moet nou sy gang gaan. Ons hoop net die hofsaak kan aangaan voordat ons weer in April wil teruggaan Europa toe. En ons hoop dat dié ding wat met haar gebeur het, ander kinders sal help.”

    Die drie seuns is dié week in die sorg van hul ouers vrygelaat. Twee van hulle se ma’s (enkelma’s) werk by die Witzenberg-munisipaliteit, aan wie Dennebosoord behoort.

    “Ek het geen haat in my hart teenoor die seuns of hul ouers nie. Ek het simpatie met die ma’s. Ek het saam met hulle gehuil. Hulle was by ons,” sê die slagoffer se ma.

    * Mnr. David Nasson, bestuurder van die Witzenberg-munisipaliteit, sê die munisipaliteit betreur die voorval. Ekstra veiligheids- en toegangsmaatreëls word vir Dennebosoord beplan.

    acronje@rapport.co.za

  • 93. Olga  |  Februarie 1, 2009 om 3 : 01

    Dit is so, maar so onaanvaarbaar. Waar was die seuns se ouers? Die 2 jarige se ouers? Kla hulle aan. Hulle is toerekeningsvatbaar. Hulle het hulle plig as opvoeders versuim. Is daar iets waarvoor kinders nog vrees, ontsag, respek het?

  • 94. Wheelbarrow jack  |  Februarie 1, 2009 om 3 : 26

    vra daai vraag olga. my email werk uitstekend dankie.

  • 95. Klip  |  Februarie 1, 2009 om 3 : 49

    Three girls all worked in the same office with the same female boss. Each day, they noticed the boss left work early.
    One day the girls decided that when the boss left, they would leave right behind her. After all, she never called or came back to work, so how would
    she know they went home early?? The brunette was thrilled to be home early.
    She did a little gardening, spent playtime with her son, and went to bed early. The redhead was elated to be able to get in a quick workout at the
    spa before meeting a dinner date.

    The blonde was happy to get home early and surprise her husband, but when she got to her bedroom, she heard a muffled noise from inside.
    Slowly and quietly, she cracked open the door and was mortified to see her husband in bed with her lady boss!!
    Gently, she closed the door and crept out of her house.

    The next day, at their coffee break, the brunette and redhead planned to leave early again, and they asked the blonde if she was going to go with
    them.

    “No way”, the blonde exclaimed. “I almost got caught yesterday.”.

  • 96. *mathilda*  |  Februarie 1, 2009 om 3 : 52

    Hallo julle – my internet op die sel het besluit hy wil nie werk nie – en ek wou so graag vir al die maaikies dankie sê wat die moeite gedoen het om daar te wees – veral die wat ek nog nie voorheen met die hand kon groet nie. Klip, die gemmerkat was uit die boonste gestoeltes !

  • 97. Klip  |  Februarie 1, 2009 om 4 : 14

    Groot plesier Tilla, Ek is seker my volgende probeerslag gaan nog beter wees

  • 98. Klip  |  Februarie 1, 2009 om 4 : 15

    Dis die langste Sondag wat ek nog ooit beleef het

  • 99. Adrie  |  Februarie 1, 2009 om 4 : 21

    Olga

    Ek stem saam. Dit is siek om die minste te se.

    Klip

    Ek stem saam, jou Gemmer roadkill was lekker. Ek hoop nie Mev Klip het haar doodgeskrik nie.

  • 100. Adrie  |  Februarie 1, 2009 om 4 : 22

    Nou wonder ek of Klip te veel gemmer gehad het, dat die dag nou so lank is.

  • 101. Klip  |  Februarie 1, 2009 om 5 : 08

    Ek weet nie wat dit is nie , maar ek bewe lekker hier waar ek sit.( ek dink so n vitamin boost sal die ding doen)

    Mev Klip sal om die dood nooit aan daai road kill raak nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: