Regstellende Aksie Risiko

Januarie 29, 2009 at 5 : 26 305 Kommentaar

Beeld berig vandag van nog ‘n bemagtige plaas wat gevou het.  ‘n Volstruis plaas wat voorheen R 1 miljoen ‘n jaar wins gemaak het, se volstruise moet nou deur beskermings organisasies gevoer word.

Die enigste vereistes waaraan die nuwe eienaars moes voldoen, was om swart te wees.  Hulle was nie boere nie, hulle was nie opgelei nie, hulle het geen kapitaal gehad nie en hulle het niks van volstruise geweet nie.  Die staat was hulle hande in onskuld.  En gaan voort om kommersiele boere van hulle grond af te verwyder, net sodat die grond ‘n swart baas moet kry. 

Dit gaan nie net op plase so nie.  BBBEE berus op die beginsel dat wit besighede fondse moet beskikbaar stel om swart mense te bemagtig.  Dit kan op 7 maniere gedoen word, wat swart eienaarskap, swart bestuur, swart verskaffers en swart besigheid ontwikkeling insluit.  Besighede moet streef om ten minste vlak 5 te behaal.  Dit beteken basies dat 80% van hulle inkomste in swartsakke land.  Ek stel dit nou baie eenvoudig, daar is natuurlik baie grys areas ook.

Cut off the nose to spite the face.  All animals are equal, some are just more equal than others.  Die twee sinne som die hele situasie op. 

Punt is dat ‘n swart vel nie ‘n waarborg vir sukses is nie.  ‘n Mens kan nie ‘n land vernietig om die onregte van die verlede reg te stel nie, dit bring niemand iets in die sak nie.  Net soos blankes, moet swartes ook kennis, ervaring en sekere eienskappe besit om van iets ‘n sukses te maak.  Hulle kort ook mentors om hulle te leer wat geen handboek verduidelik nie.  BBBEE is veronderstel om ‘n sekere mate van mentorskap te bied, maar teen watter prys?  Wat wie moet betaal?

Daar is briljante swart beroepslui in die land.  Daar is swartes wat beter as blankes presteer.  Hoekom is dit nog vir hulle nodig om voordeel uit regstellende aksie te trek?  Hoekom kan iemand wat al 14 jaar al in ‘n toppos sit, steeds op sy velkleur getakseer word?  As ek swart was, het ek dit as ‘n belediging beskou.

Volgens die staat kry blankes steeds makliker werk as swartes.  Volgens die blankes is daar glad nie werk nie.  Die probleem is dat daar net soveel geskikte swart kandidate is en dat hulle salarisse baie hoër as hulle blanke ewekniee is.  Hulle ry op regstellende aksie se rug en keer so dat ander swartes ook ‘n kans kry om hulle staal te wys. 

BBBEE werp nie die vrugte af wat die regering voor hoop nie.  Beide ANC en COPE belowe om BBBEE te verskerp.  Dit gaan met ander woorde nog langer toegepas word.  Tot wanneer?

Blogvraag:  Waar is die African Renaissance Institute se hoofkantoor?

Blogantwoord:  Olga was eerste reg met Izak Wilhelmus van der Merwe.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Afrikaanse Navorsing Noot vir noot, munt vir munt

305 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Januarie 30, 2009 om 6 : 03

    Jou kop gaan Sondag lekker pyn.

  • 2. Adrie  |  Januarie 30, 2009 om 6 : 04

    Klip

    Sien jou dalk later. Ek moet huiswaarts keer.

  • 3. Klip  |  Januarie 30, 2009 om 6 : 04

    My pa het gese ek moet n dokter, prokureur of n ding word , wel ek is die beste ding wat die polisie nog mee te doen gehad het

  • 4. Klip  |  Januarie 30, 2009 om 6 : 05

    Geniet jou aand A3 en ry veilig more ..

  • 5. Adrie  |  Januarie 30, 2009 om 6 : 07

    Sal so maak. Die nuwe blog behoort gou te verskyn.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: