Afrikaanse Navorsing

Januarie 28, 2009 at 6 : 02 180 Kommentaar

 Asem in!  Asem uit!  Asem in!  Asem uit!  Tel stadig tot by 10.  1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10!

 Het julle al ooit probeer om inligting in Afrikaans oor ‘n onderwerp te kry?  Ek moet seker erken dat daar wel inligting beskikbaar is.  Wikipedia het selfs ‘n Afrikaanse webblad.  Die probleem is die bronne in Afrikaans is baie, baie beperk.  Die inhoud van die bronne is ontoereikend.  Geen kind kan dit gebruik vir ‘n taak nie.

Ek vererg my elke keer in ‘n ander bloedgroep in as ek ‘n Afrikaanse gedig of liedjie se woorde soek.  Voshaarnooi vandag, ek het uitgevind dat dit uit dele van Boerneef se gedigte opgemaak is (dankie Mykopopnblok).  Ek kon uitvind wat Boerneef se regte naam was.  Maar ek kon nie die lied se woorde kry nie.  Ek kon weergawes van die liedjie op youtube kry, maar nie een waar Louis van Rensburg dit sing nie.

Inligting van Suid-Afrikaanse sangers, digters, akteurs en skrywers is so skaars soos hoendertande.  Kry ek wel die dag die inligting, weet ek in elk geval meer as die gegewe inligting.  Waar laat dit ons?

By ‘n internet wat glad nie vriendelik teenoor Afrikaners is nie.  Ons kan daaroor kerm of gaan sit en die inligting wat in boeke is oordra op die internet.  Ek sidder as ek partykere die soekterme sien waarmee mense op my blog uitkom.  Ek gaan partykere my feite na, maar dit gebeur selde.  Dorings en Soms Rose is nie ‘n goeie bron nie, al het ek al erger gesien.

Daar is ‘n probleem, maar die vraag is hoe gaan ons dit regstel?  Iemand moet die inligting in Afrikaans skryf en op die internet plaas.  Verkieslik moet die inligting op die ou manier gewin word, dws, boeke en onderhoude.  Dit moet hersien word om dit kredietwaardig te maak.  Ek het ‘n idee dit gaan nie gebeur nie.  Op universiteite word mense vertel die wêreld is Engels, raak gewoond daaraan.  Dit is waar mense leer om in Engels te dink en werk. 

Ek mag seker nie kla nie, ek gaan nie die groot taak aanpak nie.  Ek hoop maar net om iemand te inspireer wat minder lui is.  Ek wonder of die internet gebruikersvriendelik is in die Europese tale, buiten Engels.  Ek wonder of daar enigsins Afrika tale op die internet is.  Gaan almal eendag Engels wees?

Blogvraag:  Wat was Boerneef se regte naam?

Blogantwoord:  Olga was reg met Natalie, Alex en Dylan.  (Sy het net die 4de engel, die uwe, vergeet.  :lol:  )

Ek het hierdie Doepie Doem toevallig op youtube raak geloop.  Ons het dit in die kleuterskool gesing en al die dogtertjies was mal hieroor.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Wapens vir Selfverdediging Regstellende Aksie Risiko

180 Kommentaar Add your own

  • 1. Klip  |  Januarie 29, 2009 om 2 : 03

    A3 beslis nie my engelse juffrou van std 6 nie .

    Ek wonner hoe lyk sy vandag . Maar nou ja dis waarvan drome gemaak word

  • 2. Adrie  |  Januarie 29, 2009 om 2 : 06

    Sy is seker ‘n ou vrou nou al.

    Giggel,

    Jammer, kan jou nie hier help nie.

  • 3. Klip  |  Januarie 29, 2009 om 2 : 14

    Sy het sulkie klein knoppies agter op haar rug gehad , ek dink dis waar haar vlerkies uitgegroei het.

    As ek terug dink , dan dink ek sy het nou baie kilos op haar klok , want sy was nogals bedrywig…

  • 4. Adrie  |  Januarie 29, 2009 om 2 : 16

    Sjoe Klip, hoe lank is jy al verlief?

  • 5. Klip  |  Januarie 29, 2009 om 2 : 25

    Ag ou A3 dis maar net een van daai kinder drome…..

    Daii juffrou het ons seuns se demone op hol gehad

  • 6. Adrie  |  Januarie 29, 2009 om 2 : 27

    Selfs noudat hulle ou mans is, jaag die hormone nog.

  • 7. Klip  |  Januarie 29, 2009 om 2 : 29

    Britney Spears het nou haar plek in geneem

  • 8. Adrie  |  Januarie 29, 2009 om 2 : 34

    Klip

    Is sy nie jong genoeg om jou klein dogter te wees nie?

  • 9. Klip  |  Januarie 29, 2009 om 2 : 34

    Hoe ouer n mens word maak die hormone dat hare nie op jou kop wil groei nie , maar by jou ore en neus uitgroei

  • 10. Adrie  |  Januarie 29, 2009 om 2 : 35

    Dit is jou pa se skuld as hare uit jou ore uit groei.

  • 11. Klip  |  Januarie 29, 2009 om 2 : 35

    As ek haar sien dan is hier in my hart weer net so oor die 20

  • 12. Klip  |  Januarie 29, 2009 om 2 : 37

    n Mens kan maar droom ……

  • 13. Klip  |  Januarie 29, 2009 om 2 : 38

    Ek wil gaan vir n bikini wax vir al die hare in my neus en ore

  • 14. Klip  |  Januarie 29, 2009 om 2 : 39

    As hulle van die wortels ontslae raak sal die boonste takke ook mos vrek

  • 15. Adrie  |  Januarie 29, 2009 om 2 : 44

    Yeah rite.

    Klip, ek dare jou. Gaan vir ‘n brazilian wax en kom vertel ons daarvan.

  • 16. Adrie  |  Januarie 29, 2009 om 2 : 46

    Sipho’s sister was pregnant and was in a bad car accident, which caused her to fall into a deep coma. After nearly six months, she awakens and sees that she is no longer pregnant. Frantically, she asks the doctor about her baby.

    The doctor replies” Ma’am, you had twins – a boy and a girl. The babies are fine. Your brother came in and named them. The woman thinks to herself, “Oh no! Not Sipho; He’s an idiot!” Expecting the worst, she asks the doctor “Well what’s the girl’s name?” Denise ,” the doctor answers.

    The new mother thinks.” Wow that’s a beautiful name! I guess I was wrong about my brother .I really like that name Denise .” Then she asks the doctor,” What’s the boy’s name? “The doctor replies.”Denephew.”

  • 17. Klip  |  Januarie 29, 2009 om 2 : 55

    Kyk as ek een haar uit my neus trek en my oe traan vir n uur weet ek nie so mooi nie , maar as daai Brazilian girl mooi is sal ek dit waag

  • 18. Adrie  |  Januarie 29, 2009 om 2 : 58

    Ha ha ha

    Ek hoor hulle drag queens is gorgous.

  • 19. *mathilda*  |  Januarie 29, 2009 om 3 : 02

    Terug tot die sel se battery die !
    Klip – anytime sal ek n happie haas geniet saam jou Saterdag

  • 20. Adrie  |  Januarie 29, 2009 om 3 : 07

    Tilla

    Kom die brat ook Saterdag?

  • 21. *mathilda*  |  Januarie 29, 2009 om 3 : 19

    Seker jong, dis ons naweek

  • 22. Adrie  |  Januarie 29, 2009 om 3 : 20

    Ek wil net weet vir getalle.

    Mental note ; Moenie die brat Saterdag die Brat noem nie.

  • 23. *mathilda*  |  Januarie 29, 2009 om 3 : 27

    Ha ha ha ! Moet ook nie mental note op skrif sit nie !

  • 24. Adrie  |  Januarie 29, 2009 om 3 : 31

    Wat?

    Moet ek dit gaan delete?

  • 25. *mathilda*  |  Januarie 29, 2009 om 3 : 32

    Nee wat (almal weet anyway ek noem hom dit)

  • 26. Adrie  |  Januarie 29, 2009 om 3 : 35

    Behalwe hy?

  • 27. *mathilda*  |  Januarie 29, 2009 om 3 : 51

    Nee, selfs hy weet dit

  • 28. *mathilda*  |  Januarie 29, 2009 om 3 : 55

    Bat gan nou groet, laat weet my ook syfers asb

  • 29. Adrie  |  Januarie 29, 2009 om 4 : 15

    Tata Kloon

  • 30. Die Week in ‘n Neutedop…. « Demoerin se Wêreld  |  Januarie 30, 2009 om 6 : 43

    […] wonderlik om in jou taal te kan kommunikeer op die web nie? Daar is seker maar nog baie te doen, om meer en meer inligting in Afrikaans beskikbaar te kry. Met die Afrikaans op die web saam, ondervind ons seker […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: