Dobbel

Januarie 26, 2009 at 5 : 49 313 Kommentaar

gamblingDobbel is veronderstel om vermaaklik te wees.  ‘n Tydverdryf vir die meer avontuurlike volwassene.  Daar is altyd die moontlikheid dat jy jouself binne sekondes gaan ryk maak.  Enige redelike mens weet ook dat die kans groter is, dat jy kop gaan verloor en daarmee saam alles wat jy besit. 

Vermaak is mos iets wat ‘n mens moet geniet.  As dit jou nie plesier verskaf nie, beteken dit nie veel as vermaak nie.  Hoekom dan al die stroewe gesigte in die dobbelsaal?  Voor die slotmasjiene sit die zombies terwyl hulle die munte een na die ander voer.  Dit is nogal ‘n gulsige masjien, blykbaar kry hy nooit genoeg nie.  Nie een van die zombies glimlag nie, nie een gesels nie, nie een knip ‘n oog nie – ek is glad nie seker of hulle enigsins asem haal nie.  Hulle lyk nie vir my vermaak nie, hoekom bly hulle dan daar?

Nog iets wat my al opgeval het, is die aantal kinders in ‘n casino.  Hulle word glad nie op die vloer toegelaat nie en ja, daar is genoeg om hulle mee besig te hou.  Tog dink ek nie ouers kan met ‘n rein gewete in zombies verander nie.  Ek is seker ‘n kind kan nog steeds weg, ontvoer of gemolesteer word.  Ek wonder of ‘n aankondiging oor hulle kinders hulle uit die beswyming sal kan ontwaak?  Ek twyfel egter.

Soos ek die storie verstaan, hoop mense dat hulle die geld gaan terugwen as hulle net lank genoeg gaan aanhou.  As hulle wel ietsie terug kry, verloor hulle weer alles,  want dit wys nog nie ‘n wins nie.  So verloor hulle alle kontant, bates en families, maar kry net nie genoeg nie.

Ek dobbel nie, ek speel nie eers lotto nie.  Daarom verstaan ek nie wat die groot aantrekkingskrag is nie.  Ek word wel maklik in ‘n kaartspel betrek.  Mits daar nie geld is nie.  Ook maar goed ek het nie in die wille weste gewoon nie.  Hulle sou my geskiet het.  Ek is betreklik goed daarmee, maar ek waag eerder my lewe as my geld.

Dobbel julle?  Geniet julle dit?  Hoe voel julle oor dobbel?

Blogvraag:  In watter fliek het Miss Annabelle Bransford die helfte van die prysgeld wat in ‘n poker kompetisie gewen is , gesteel?   Sy was self ‘n deelnemer in die kompetisie gewees.

Blogantwoord:  Willes was reg met Jou Onbaatsugtige Opoffering vir Liefdadigheid.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Fooitjie / Skenking Meter Wapens vir Selfverdediging

313 Kommentaar Add your own

  • 1. *mathilda*  |  Januarie 27, 2009 om 4 : 40

    Wow – ek was 49000 en 50000 !

  • 2. *mathilda*  |  Januarie 27, 2009 om 4 : 42

    Klip werk eers weer Donderdag

  • 3. Nats  |  Januarie 27, 2009 om 4 : 44

    O ek dog toe julle sê sy skof het seker begin dat julle dink dis hy… sorry ek is bietjie staaarig!

  • 4. *mathilda*  |  Januarie 27, 2009 om 4 : 45

    En daar is almal alweer op strike

  • 5. *mathilda*  |  Januarie 27, 2009 om 4 : 50

    Ek gaan dan ook maar waai, sien later

  • 6. Nats  |  Januarie 27, 2009 om 4 : 52

    Toedels julle!! Ek moet gaan!!

    Tot more!!

  • 7. *mathilda*  |  Januarie 27, 2009 om 4 : 52

    Toodles – die taxi moet eers gou die kinders rondry

  • 8. Adrie  |  Januarie 27, 2009 om 4 : 53

    Klip was al vroer op sy pos as wat ons geink het hy sou.

  • 9. *mathilda*  |  Januarie 27, 2009 om 5 : 06

    Sjoe, ek kan nie glo opera het my nog nie afgegooi nie

  • 10. Adrie  |  Januarie 27, 2009 om 5 : 16

    Iemand het my gejinx. Ek kom glad nie in om ‘n nuwe blog te kan skryf nie.

  • 11. Adrie  |  Januarie 27, 2009 om 5 : 26

    Julle sal maar net geduldig moet wag.

  • 12. *mathilda*  |  Januarie 27, 2009 om 5 : 42

    Geduld is my middel naam

  • 13. *mathilda*  |  Januarie 27, 2009 om 5 : 45

    My sel se battery aan die ander kant is n ander storie, hy is nie so geduldig nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: