Fooitjie / Skenking Meter

Januarie 25, 2009 at 7 : 47 147 Kommentaar

Deesdae kan jy niks doen en nêrens heen gaan, sonder dat daar iemand is wat ‘n geldjie soek nie.  Hoe besluit jy wanneer om te gee en hoeveel jy behoort te gee? 

Kelners is seker die maklikste.  Selfs met die minimum lone in die gasvryheidsbedryf, verdien hulle nie veel nie.  Is dit regverdig om almal voor die voet 10 % te gee?  Wat van die kelner wat ‘n voortreflike diens gelewer het?  Die kelner wat jy laat rondhardloop het?  Daar is ook natuurlik die kelner wat sy/haar kant gebring het nie?  Daar is mense wat ‘n R2 fooi laat vir ‘n rekening van R500.   Daar is ook ook mense wat maklik ‘n 50% donasie gee, al is die rekening R2000.   Ek dink 10% is die standaard.  As jy met die kelner mors, moet jy meer byvoeg.  Jy kan ook ekstra gee as die kelner uit sy /haar pad gegaan het.   Mens trek dan ook af as die kelner jou viesmaak.  Tog moet ‘n mens seker onderskei tussen waar die kelner droogmaak en wanneer die restaurant verantwoordelik is.

Petroljoggies kry ook dikwels fooitjies.  Verdien hulle regtig ‘n fooitjie as hulle net petrol in jou kar gooi?   Waarvoor moet jy ekstra vergoed en op watter skaal?  Daar is tye wanneer 2 joggies jou bedien, moet jy dan altwee vergoed?    Ek verkies dat hulle my olie-en-water en bande nagaan.  Ek wil egter nie daarvoor vra nie, hulle moet aanbied.  My voorruit moet ook asseblief gewas word.  ‘n Uitmuntende joggie was die agterruit ook.  Ek gee hulle graag ‘n fooitjie, maar dit word dikwels bepaal met wat in my beursie is. 

Karnarre is ook oral.  Hulle het lang geheues, jy wil nie jou kar aan hulle genade oorlaat as hulle dink jy het hulle te na gekom nie.  Party bied ook aan om die meter dop te hou.  Ek vermoed hulle gooi net die boete weg voordat jy dit kan sien.  Weereens, gee ‘n mens voor die voet of werk jy dit volgens tyd uit.  Hoeveel “verdien” ‘n karnar ‘n uur, in ag genome dat dit nie net jou kar is waarna hy kyk nie?

Almal se kinders gaan ook nou weer met kaartjie verkope begin.  Dit grief my om aan ‘n skool geld te skenk, veral as ‘n mens in ag neem wat die ouers betaal om te keer dat hulle kinders eendag moet gaan bedel.  ‘n Mens het egter ook ‘n plig teenoor die kind, ek vir een gaan nie sommer vir hulle nee sE nie.  Ek sien dit as afbetaling van die grootmense wat nooit vir my nee gesê het nie.  Ek betaal ook vooruit vir my kinders wat nog eendag moet gaan bedel.  Dus koop ek die kaartjie van my vriende en kollegas se kinders.  Dit gaan vir my oor die kind, nie die vervlakste skool nie.

Daar is ook die wat by die robotte staan.  Ek is jammer, die meeste bordjies is maar verbeeldingloos.  Ek wil dit nie lees nie, dit vermaak my nie, dus gee ek ook nie ‘n sent nie.  As daar ‘n grappie of iets is, het ek dit dalk beloon.  Ek is mal oor die witgesigte wat op die hoeke staan.  Jy gee hulle ‘n geldjie en hulle dans ‘n riel.  Ek kan die heeldag by ‘n kruising staan waar hulle teenwoordig is.  Dit is ook nogal ‘n oulike idee om die vullis van jou kar te verwyder vir ‘n geldjie.  Ek het ‘n sagte plekkie vir jolers.  Ek sal altyd vir hulle ‘n geldjie uitkrap. 

Hoe handel julle in die gevalle?

Blogvraag:  Waarvoor staan jool?

Blogantwoord:  Willes was reg met Alexander Selkirk.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Rare Eetgoed Dobbel

147 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 01

    EERSTE!

  • 2. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 09

    Jou Onbaatsigtige Opoffering vir Liefdadigheid

  • 3. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 09

    Of so iets

  • 4. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 12

    Ek lees gou die post

  • 5. Klip  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 12

    Ek is ook besig om gratis minute op te bou by Mev Klip vir Saterdag. So ek sal seker genoeg tyd he om te braai en n paar biere te drink.

  • 6. Klip  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 16

    Ek hou n klomp R1 ‘e in my bakkie , en ek betaal n kar wag nie meer as dit nie.

    As ek dink , ek het nog nooit enige geld verniet ontvang nie , niemand het my nog nooit geld gegee net omdat ek fokken lelik is nie , my vrou sit ook makeup aan en as ek te veel rondkyk in die dorp dan doen sy ook n vreemde dans en niemand gooi geld in haar boksie nie

  • 7. Adrie  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 17

    Klip

    Jy moet mev Klip net n blog verslaafde maak. He he he

  • 8. Adrie  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 20

    Ek het hard gejool op my dag, dus moet ek terug betaal.

    Klip, ek sal jou vrou 5c tip vir die dansie.

  • 9. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 22

    Ek gee nie geld nie. Punt. Ek praat nou nie van kelners nie. Ek praat van die ou wat staan en bedel. Ek ga elke dag werk toe, werk my vingers stomp af, en hy staan net en bedel. En wat die kjinners betref…. Ek stuur NIE my kjinners om te bedel vi ‘n skool nie. Ek maak self die lys vol of koop alli kaartjies. Kjinners maggi loop en bedel nie. Dis wanne die siekous hulle vat en onsedelike dinge aanvang

  • 10. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 24

    Ek sal ha R100 tip vi die dans

  • 11. Klip  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 29

    Daar moet net iemand wees wat genoeg “cleavage” het om te wys , en ek wat nie weet waar om te kyk nie , sy doen die dans verniet 😆

  • 12. Klip  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 31

    WK ek stem saam met jou , my kinders het nooit met lysies rondgeloop nie , seker hoekom hulle ook nooit prefekte kon word nie

  • 13. Klip  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 34

    Laat ek gou my verlof insit ..nwt

  • 14. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 34

    He! He! Ek hoop sy gat vi ons dans by die blogjol😉

  • 15. Adrie  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 37

    Die meeste van die tyd vra die ouers namens die kinders. Of is ten minste saam met die kinders.

  • 16. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 40

    Ek het al baja kjinners gesien wat self loop en bedel. En dis nie net inni townships nie

  • 17. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 42

    Ek bedel inelk geval nie🙄➡ poep betaal self

  • 18. Adrie  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 44

    Willes

    Ek hang jou op as jy nie die jolers help nie. Die geld wat hulle insamel gaan netso vir liefdadigheid. Sonder dat daar eers admin betaal moet word.

  • 19. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 48

    Adriana Magrieta Swanepoel….. Ek gee ELKE jaar vi die jolers. TSK! Ek praat vanni poepol wat deuri dag da staan met sy bordjie

  • 20. Adrie  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 49

    As ek skoolfonds betaal, weier ek om te help met kollektes.

  • 21. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 50

    Klip…. Sit jy verlof in vi die volgende 10 jaar?

  • 22. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 52

    Die kjind ga da onner lei as jy nie die bedel geld betaal nie

  • 23. Adrie  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 54

    Oor my dooie liggaam. Prefekskap is nie alles nie.

  • 24. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 56

    Wag! Praat later. Julle meng nou in met my skollegudwas tyd

  • 25. Adrie  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 57

    Ek is mal daaroor as mense my probeer afpers. As ek buitendien reg onthou, is fondsinsameling van model c skole ontwettig.

  • 26. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 59

    Prefekskap gaan NIE oor hoeveel bedelgeld jou kjind gee nie. Onthou net dat onnies partykeer lelik kan wees met die kjinners

  • 27. Adrie  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 59

    Maar soos ek se, tans help ek die kind. Die skool is net gelukkig om aan die ontvangkant te wees.

  • 28. Adrie  |  Januarie 25, 2009 om 9 : 04

    Willes

    Ek daag so n onnie uit. Die onderwys beter begin bid dat my kinders nie na my aard nie. Dan gaan hulle 2 keer bollie. As daar ouers is wat hulle so laat intimideer- jammer- maar ek gaan nie saam speel nie.

  • 29. Olga  |  Januarie 25, 2009 om 9 : 25

    Ek gee geld vir jool. (Juf annie sal my slaan as ek dit nie doem nie) verdEr is ek n sucker vir n sob storie. Ek gee geld vir skoolkjenders se lysies. Ek tip n waiter na verdienste.

  • 30. Olga  |  Januarie 25, 2009 om 9 : 28

    Ek sal eerder die karnar n geldjie gee as die parkeermeter. Een of ander skelm sal dit tog net pocket.

  • 31. Adrie  |  Januarie 25, 2009 om 9 : 40

    Olga, dit is maar. Wie wil n masjien geld voer? Dit is net so erg as om dit in n casino te doen.

  • 32. Adrie  |  Januarie 25, 2009 om 9 : 45

    Dink net as jy die petroljoggie moet tip met n persentasie van bedrag op die pomp! Eish!

  • 33. Olga  |  Januarie 25, 2009 om 10 : 22

    Dan kan ons ma fiets ry. As jy die joggie bietjie kort tip, sal hulle wragtig . . . . in die tenk gooi.

  • 34. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 10 : 24

    Ek is seker dat ‘n jy dam nie ‘n tip vir net ‘n druppel petrol sal betaal nie. As hulle ooit eendag laf genoeg sal wees om dit voor te stel dan sal ek vroeg die oggend my kar by die petrol stasie los en sê hule moet hom vol DRUP!😈

  • 35. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 10 : 25

    Smaak my oom Klip vul nogsteeds die verlof vormpie in.

  • 36. Olga  |  Januarie 25, 2009 om 10 : 26

    Het jy al menseg in casinos dopgehou wanneer hulle slot masjiene speel? Hulle sit soos zombies. Oe starend, gesig uitdrukkingloos. Geld in die masjienbek, trek die arm, staar.
    Voer, trek, staar.

  • 37. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 10 : 27

    Oom Klip…. Tune hulle net oom ga die ligte afsit as hulle sê nee

  • 38. Olga  |  Januarie 25, 2009 om 10 : 30

    Hy soek dalkies sy pen. Ek maak tenk vol. Gooi nie r50 nou en r60 more nie. Dit werk nie vir my nie. Tensy die petrol prys aansienlik afkom en ek het dinsdag n koppievol nodig.

  • 39. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 10 : 32

    Hulle druk nou die knoppies. Ek was eendag saam my tannie. Sy ga once in a blue moon dan wen sy nog elke keer ok nog!

  • 40. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 10 : 38

    Jislaaik! Is ek nou vi jou lus vi ‘n magnum tjoklit ice cream. Ai tog. 5 minutes of pleasure on the lips and a lifetime on the hips

  • 41. Olga  |  Januarie 25, 2009 om 10 : 38

    Dan het ek gisteraand teen my oogvelle vasgdkyk. Nre eers agter gekom die bandiete is nou armloos nie. Net die mense dopgehou.

  • 42. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 10 : 46

    He! He! Het jy biekie ga dobbel? Eish! Ek laaik nie van geld in ‘n blik gooi nie. Ek het 1dag met die eks gegaan en R100 gedobbel. Ek het omtrent R10 oorgehad toe die matjien begin skree en liggies flash. Da wen ek toe ‘n paar duisend rand. Ek het glad nie gehou van die wicked gevoel wat ek gekry hetti. Ek het myself belowe om nooit wee die dobbel ding te doen nie

  • 43. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 10 : 49

    Ek het al gehoor van mense wat hul huise en karre weggedobbel het

  • 44. Klip  |  Januarie 26, 2009 om 1 : 05

    Skuus kyk watter tyd is ek terug , net toe ek dink nou gaan ek sit en chat , kry ek besoekers , en nou slaap almal hulle beauty slaap.

    Ek het my verlof elektronies ingesit , iemand gekry om vir my te cover , so Saterdag is ek nie by die werk nie .

  • 45. Klip  |  Januarie 26, 2009 om 1 : 08

    Kyk…ek vat kanse met Mev Klip , maar dobbel…dis n ander storie .

  • 46. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 5 : 08

    Yippeeee! Klip kom blogjol toe!

  • 47. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 5 : 09

    O ja…. More almal😳

  • 48. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 5 : 28

    Ek het ‘n nescafé matjien gekoop. Druk net die knoppie as jy koffie soek. Daas hot tjoklit (eeuuww), obs, takiela, wipskie, brannas en bier.

  • 49. Klip  |  Januarie 26, 2009 om 5 : 32

    More WK , hoop jy het lekker geslaap

    Ek laaik daai masjien van jou , hoop jy bring hom saam

  • 50. Klip  |  Januarie 26, 2009 om 5 : 37

    Wat gebeur met sonsverduistering vandag ?

  • 51. Klip  |  Januarie 26, 2009 om 5 : 43

    Almal wat met die maan gepla is kan vandag hulself verlustig in die verduistering .

    Ek hoop net die lig kom terug hier na Witbank toe.

  • 52. Klip  |  Januarie 26, 2009 om 5 : 45

    Hulle se mens kan by al die BP vulstasies spesiale brille kry om na die son te kyk. Dis nou my kans want ek wou al hoeka opgradeer na n nuwe donkerbril

  • 53. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 5 : 45

    Natuurlik gat die matjien saam. Da wa opera met ha mini ga, da gat die matjien😉

  • 54. Klip  |  Januarie 26, 2009 om 5 : 45

    http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2458817,00.html

  • 55. Klip  |  Januarie 26, 2009 om 5 : 54

    WK , jy moet net seker maak al die masjien se tenke is vol

  • 56. Klip  |  Januarie 26, 2009 om 6 : 00

    Geniet julle dag , sien weer Donderdag

  • 57. Olga  |  Januarie 26, 2009 om 7 : 48

    More, more. Sien da gaan nou woes gesuip word op diesere blog. Bessie my ding, bly by my . Jy wil nie dat mense oor jou val nie.

  • 58. Verons  |  Januarie 26, 2009 om 8 : 42

    More, more,
    Sam dankie vir daai masjien jy weet ook net wat ek norig het vandag!!

  • 59. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 8 : 52

    :mrgreen:

  • 60. Nats  |  Januarie 26, 2009 om 8 : 54

    Goeie more julle!
    Ek glo aan 10% vir waiters as hulle diens “normaal” was… bietjie meer as hulle die diens vriendelik en baie goed gedoen het!!

    Ons het jare terug koffie gehad en lekker tert ens, die diens was verby pateties gewees en ons moes vir alles vra, alles self kry en wie weet wat nog! Ons het hom 5c getip.

  • 61. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 9 : 13

    NATS!!!!!! 5c!!!??? You go girl !!!!

  • 62. White Knight  |  Januarie 26, 2009 om 9 : 29

    Dagse Julle
    Ek maak as ‘n reel van die 10% fooitjie vir kelners gebruik, tensy die rekening kleiner as R100 is. Indien die kelner droogmaak vertel ek vir hom/haar hoekom hulle minder as die reel kry en wat my dit laat besluit het, sodat hulle dan kan werk daaraan as hulle wil. Volgende keer as ek weer swak diens kry van dieselfde persoon, is swak fooitjie en ‘n klagte by bestuur hulle voorland.
    Groete

  • 63. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 9 : 31

    RIDDER!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 64. White Knight  |  Januarie 26, 2009 om 9 : 31

    Adrie, ek wou eers se elke een moet maak soos hulle in die harrt voel om te maak, maar nie almal se harte werk korrek nie, party is van klip.😉

  • 65. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 9 : 34

    Haai julle!!! Ek dink nou net aan nog ‘n matjien wat ons kan installeer. Een met baaaaaja coke, tjoklits, sweets, juice, wyn…………

  • 66. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 9 : 44

    GGGRRR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 67. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 9 : 44

    My piesie vries!

  • 68. White Knight  |  Januarie 26, 2009 om 9 : 46

    Wille Kind Q!!!!!!!!!!!
    Die ander jou alleen gelaat? Sies vir hulle, seker weer babelaas gekuier.😯

  • 69. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 9 : 46

    KOS!!!!!!!! Hoe kon ek daavan vigeet het!!

  • 70. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 9 : 48

    @ Ridder

    Miskien moet ons ‘n matjien kry wat zolle ok kan dispens😯

  • 71. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 9 : 48

    En natuurlik prozac…………

  • 72. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 10 : 17

    En ook van DAAAAAI coke😉

  • 73. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 10 : 21

    Nee sies! Ouma Wip gat my moer

  • 74. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 10 : 37

    DRIELING!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 75. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 10 : 37

    ZOEKOE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 76. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 10 : 38

    GMPF!!!!

  • 77. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 10 : 41

    VIER rooflesers……………

  • 78. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 10 : 42

    Ek gat vi julle sing as julle nie nou dadelik begin praat nie

  • 79. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 10 : 45

    All around the mulberry bush
    The monkey chased the weasel.
    The monkey thought ’twas all in fun.
    Pop! goes the weasel.
    A penny for a spool of thread,
    A penny for a needle.
    That’s the way the money goes,
    Pop! goes the weasel.
    Half a pound of tuppenny rice,
    Half a pound of treacle,
    Mix it up and make it nice,
    Pop! goes the weasel.

  • 80. Adrie  |  Januarie 26, 2009 om 10 : 58

    More Almal

    Net ‘n vinnige inloer.

  • 81. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 10 : 59

    *mompel* mirrag 3ling

  • 82. Adrie  |  Januarie 26, 2009 om 10 : 59

    En ja, ek tip die petrol joggies.

  • 83. Adrie  |  Januarie 26, 2009 om 11 : 01

    Voel ‘n bietjie hoe voel dit vinger alleen hier.

    Waar is almal vandag?

  • 84. Adrie  |  Januarie 26, 2009 om 11 : 14

    Willes

    Dink jy omdat ek nou hier is dat jy kan skuins le^?

  • 85. *mathilda*  |  Januarie 26, 2009 om 11 : 26

    Vinnige hallo maaikies

  • 86. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 11 : 30

    @ My 3ling

    Sorry!!!! Ek het net gou ‘n bêttery gechange vir ‘n cuzzie

  • 87. Adrie  |  Januarie 26, 2009 om 11 : 36

    Hei Kloon

    Ek dog jy is al lankal volleerd.

  • 88. *mathilda*  |  Januarie 26, 2009 om 11 : 40

    Nee jong – anyway is daar gratis kos – so ons leer maar nog n biki

  • 89. *mathilda*  |  Januarie 26, 2009 om 11 : 49

    Kloon – jy moet asb vir my al die blogjol se reëlings na my huismail toe stuur

  • 90. Adrie  |  Januarie 26, 2009 om 11 : 51

    Gratis kos is altyd ‘n bonus. Dit beteken ook geen tip nie.

  • 91. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 12 : 09

    Little Jack Horner
    Sat in a corner,
    Eating his Christmas pie;
    He put in his thumb,
    And pulled out a plum,
    And said “What a good boy am l!”

  • 92. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 12 : 12

    The difference between ‘involvement’ and ‘commitment’ is like an eggs-and-ham breakfast: the chicken was ‘involved’ – the pig was ‘committed’

  • 93. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 12 : 15

    A day without laughter is a day wasted

  • 94. *mathilda*  |  Januarie 26, 2009 om 12 : 18

    Willes

  • 95. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 12 : 24

    Tilla

  • 96. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 12 : 25

    Smaak my ek ge lekka gesjuip raak met al die drank wat ek ALLEEN moet babysit

  • 97. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 12 : 33

    Vrystaatse IT dictionary

    Log On – Make the braai hotter
    Log Off – The braai is too hot
    Monitor – Keeping an eye on the braai
    Download – Get the firewood off the bakkie
    Hard drive – Trip back home without any cold beer
    Floppy Disc – What you get lifting too much firewood at once
    Keyboard – Where you hang the bakkie and bike keys
    Window – What you shut when it’s cold
    Screen – What you shut in the mosquito season
    Byte – What mosquitoes do
    Bit – What mosquitoes did
    Mega Byte – What mosquitoes at the lake do
    Chip – A bar snack
    Micro Chip – What’s left in the bag after you have eaten the chips
    Modem – What you did to the lawns
    Dot Matrix – Old Jan Matrix’s wife
    Laptop – Where the cat sleeps
    Software – Plastic knives and forks you get at KFC
    Hardware – Real stainless steel knives and forks from Checkers
    Mouse – What eats the grain in the shed
    Mainframe – What holds the shed up
    Web – What spiders make
    Web Site – The shed or under the verandah
    Cursor – The old bloke who swears a lot
    Search Engine – What you do when the bakkie won’t go
    Yahoo – What you say when the bakkie does go
    Upgrade – A steep hill
    Server – The person at the pub that brings out the lunch
    Mail Server – The bloke at the pub that brings out the lunch
    User – The neighbour who keeps borrowing things
    Network – When you have to repair your fishing net
    Internet – Complicated fish net repair method
    Netscape – When fish manoeuvres out of reach of net
    Online – When you get the laundry hung out
    Off Line – When the pegs don’t hold the washing up.

  • 98. *mathilda*  |  Januarie 26, 2009 om 12 : 38

    Willes – julle nou klaar getrek ?

  • 99. Adrie  |  Januarie 26, 2009 om 12 : 42

    Ek wil nog steeds Amazone toe trek. Weet nie hoe ek gaan oorleef sonder Beker & Boontjie of internet nie.

  • 100. Adrie  |  Januarie 26, 2009 om 12 : 44

    100ste

  • 101. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 12 : 45

    @ *M*

    99.9999999999999999999999999% ja:mrgreen:

    @ Adriana

    Daar is internet……..

  • 102. *mathilda*  |  Januarie 26, 2009 om 12 : 47

    Kloon – wat de donner wil jy in die Amasone gaan maak ?

  • 103. Adrie  |  Januarie 26, 2009 om 12 : 48

    NIe in die middel van die bos nie.

  • 104. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 12 : 49

    Vir waai is almal so stil vandag? Sit hulle dalk vas by die matjien? Ek dink ek gat die matjien skyf tot langs die toilet.

  • 105. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 12 : 51

    Natuurlik inni middel vanni bos! Jy moet net 4kin ryk wees!

  • 106. Adrie  |  Januarie 26, 2009 om 12 : 55

    Daar gaan bly.

  • 107. *mathilda*  |  Januarie 26, 2009 om 12 : 57

    Vir wat ?

  • 108. Adrie  |  Januarie 26, 2009 om 12 : 58

    En elke groen mens en halwe groen mens op my case he? Dan gaan ek eerder sonder internet.

  • 109. Adrie  |  Januarie 26, 2009 om 12 : 58

    Vir sommer.

  • 110. *mathilda*  |  Januarie 26, 2009 om 1 : 01

    Sommer issi n rede ni

  • 111. Adrie  |  Januarie 26, 2009 om 1 : 02

    Dit is. Voor evolusie het skilpaaie vere gedra.

  • 112. *mathilda*  |  Januarie 26, 2009 om 1 : 06

    Evolusie se hol – dissi vi my n rede om sommer net my kloon te ontvoer ni

  • 113. Adrie  |  Januarie 26, 2009 om 1 : 07

    Ek is lus vir Boendoe bashing.

  • 114. Adrie  |  Januarie 26, 2009 om 1 : 08

    Dalk ‘n bietjie virusse jag.

  • 115. Adrie  |  Januarie 26, 2009 om 1 : 10

    ‘n Nuwe antibiotika ontdek.

  • 116. Adrie  |  Januarie 26, 2009 om 1 : 10

    Vigs se geneesmiddel ontdek.

  • 117. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 1 : 11

    GGGRRR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 118. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 1 : 15

    Vigs is oraait nes dit is. Los dit tot hy alli onodiges uitgefaseer het

  • 119. Adrie  |  Januarie 26, 2009 om 1 : 16

    Goed – ek sal dan vir iets gevaarliker as Vigs gaan soek.

  • 120. Adrie  |  Januarie 26, 2009 om 1 : 29

    ZZZZZZZ

    Ek sal maar saggies wees, wil nie iemand wakker maak nie.

  • 121. Adrie  |  Januarie 26, 2009 om 1 : 29

    Tata

  • 122. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 1 : 30

    Jys nie saggies genoeg nie!

  • 123. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 1 : 58

    OK!!!! Nous jy saggies genoeg😕

  • 124. Olga  |  Januarie 26, 2009 om 2 : 17

    Niemand gaan jou tip vir vigs of iets gevaarliker nie.

  • 125. Olga  |  Januarie 26, 2009 om 2 : 24

    Vigs is nationale
    Sport. Vir iets gevaarliker sal hulle jou hang.

  • 126. Adrie  |  Januarie 26, 2009 om 2 : 30

    Gmf

    Die Nobel prys is tip genoeg, dankie.

  • 127. Adrie  |  Januarie 26, 2009 om 2 : 40

    Ek hoor daardie prysie kom met ‘n vet tjek.

  • 128. Adrie  |  Januarie 26, 2009 om 2 : 52

    Wat ek beslis nie gaan deel nie.

  • 129. Olga  |  Januarie 26, 2009 om 3 : 47

    Ek het ook gehoor darie tjekkie kom met 6 nulle. Dis bietjie min om te deel.

  • 130. Olga  |  Januarie 26, 2009 om 3 : 49

    Tip julle die dame by die haarkapper wie julle hare gewas het?

  • 131. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 3 : 51

    Verkoop die nobel trofee dan kry jy NOG meer geld! Maak ‘n fake as jy graag een wil hê om af te show

  • 132. Olga  |  Januarie 26, 2009 om 3 : 53

    Om n ou perd weer op te saal, ek persoonlik dink die herrie merrie sal die vigs sterfte syfer drasties verminder.

  • 133. Olga  |  Januarie 26, 2009 om 3 : 58

    As die proefkonyne nie gesond word nie, is sy kapabek en draai hulle nekom omdat hulle haar durf verontagsaam. Dit sal die syfers afbring.

  • 134. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 4 : 00

    @ Olga

    Sy moet net wag tot die vigs virus gedoen het waarvoor dit aanvanklik beplan was

  • 135. Adrie  |  Januarie 26, 2009 om 4 : 06

    Olga

    Daardie tjek word in Euros uitgereik.

  • 136. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 4 : 09

    Is jy seker dissi Zim dollers nie?

  • 137. Adrie  |  Januarie 26, 2009 om 4 : 10

    Doodseker

  • 138. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 4 : 10

    😯

  • 139. Adrie  |  Januarie 26, 2009 om 4 : 12

    Dit maak jou stink ryk. Lets face it, daar is geen manier hoe ek dit vir vrede sal kry nie.

  • 140. Adrie  |  Januarie 26, 2009 om 4 : 16

    Natuurlik

    Ek is terug en die geselskap droog op. Sorry, ek sal nie weer nie.

  • 141. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 5 : 17

    😈

  • 142. *mathilda*  |  Januarie 26, 2009 om 5 : 21

    Hier is ek ook weer. Ek tip wanneer dit my pas, ek gee niks vir bedelaars nie, ek gee self donasie vir skoolgoed (my kinners sal nie loop en bedel nie) en ek betaal my min 10% vir kelners en meer as die diens goed was

  • 143. *mathilda*  |  Januarie 26, 2009 om 5 : 24

    Willes !

  • 144. Wille Kjind Q  |  Januarie 26, 2009 om 5 : 39

    TILLA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    Dêmmit! Eks alweer oppad!👿

  • 145. *mathilda*  |  Januarie 26, 2009 om 5 : 41

    Wa gan jy ?

  • 146. *mathilda*  |  Januarie 26, 2009 om 5 : 45

    Het netnou my Labrador gaan haal

  • 147. Adrie  |  Januarie 26, 2009 om 5 : 58

    Hoe lyk die nuwe brak?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: