Rare Eetgoed

Januarie 23, 2009 at 5 : 58 76 Kommentaar

Ek het nou die dag in ‘n winkel turksvye gesien.  Ek sweer, dit is die eerste keer ooit wat ek turksvye in ‘n winkel gesien het.  Ek het altyd gedink daar is net een genade as jy ‘n turksvy soek.  Gaan soek ‘n bos, maar maak seker jy is gewapen met ‘n blikkie, verkieslik een wat aan ‘n lang stok vas is.  Pluk dit baie versigtig.  Skil dit nog versigtiger.  Geniet, maar nie te veel op een slag nie.

Is dit nie verstommend die goed wat ‘n mens op een of ander stadium gereeld geëet het, maar wat jy nie sommer op ‘n winkelrak sien nie.  Soos lukwarte.  Ek het dit nog nooit in ‘n winkel teëgekom nie.  Tensy almal anders dit klaar gekoop het voordat ek opgedaag het.  As ‘n mens gelukkig is, sien jy een keer ‘n jaar koejawels.  Het iemand al ooit moerbeie, granate of vars vye gesien?  Word dit bloot nie kommersieel verbou nie of word alles uit gevoer?

Daar is ook natuurlik die veldplante.  Elke keer wat ek ‘n bessie of appelliefie het ek dit self gepluk.  Ek onthou ‘n boom met so ‘n pienk vrugie wat volop was in ons tuisdorp.  Ek weet vandag nog steeds nie wat dit genoem word nie, maar dit was lekker.  Al het dit soos boesmangif gelyk.  Ek het darem nog nooit probeer om wilde sampioene te eet nie.

So met die jare saam het ons bediendes geleer om ‘n paar goed te eet.  Soos (verskoon die spelling) maroeg, beet blare en pampoenblare.  Dit proe nogal soos spinasie met ‘n verskil.  Die bediendes het ook gereeld vir ons suikerriet en heuningkoeke aangedra.  Veral met die suikerriet het ons soos ‘n spul pruimers gelyk.  Kou tot al die soet sap uit is en spoeg dan die vesel uit.  Dit was nie gross nie, dit was lekker.

Ons het soms ook varkvet geëet op ons brood.  Dit was met sout, peper en kaas bedien.  Moet my nie vra hoekom nie, maar ek was mal daaroor.  Nie almal het daarvan gehou nie.  Ek weet ook nie of ek dit vandag sal eet nie.  Nie so seer omdat ek nou daarvoor gril nie, maar daardie vet kan nie gesond wees nie.  Ons moet dalk ‘n stap terug neem, wie het al almal kaiings verorber?

As jy dink ‘n dogbiscuit is iets wat ‘n hond eet, dan het jy geen idee wat ‘n ratpack is nie.  Die randsoenpakkies was gereeld aan ons uitgedeel as die skool ‘n uitstappie na ‘n weermag kamp gehad het.  Army kasies kan enige tyd op die mark gesit word.

Daar is ook lekkers wat omtrent net in ‘n snoepie verkoop word.  Ek kyk miskien teen my ooglede vas, maar ek het nog nie sherbet in ‘n regte winkel gesien nie.  Ander gewilde lekkergoed was appelkosies (die halwe sfere) en gesiggies.

Aan watter skaars kougoed kan jy dink?  Wat het jy geëet waaroor jy nou twee keer sal dink?  Wat het van die mark af verdwyn wat jy graag terug sal wil sien?

Blogvraag:  Op wie se lewensverhaal is Robinson Crusoe moontlik baseer?

Blogantwoord:  Kruiwa het die antwoord gegee wat ek gesoek het.  Volgens popular believe was Daniel Elton John se broer.  Dit is egter nie waar nie, die liedjie gaan oor ‘n oud soldaat wat terug gekeer het huis toe.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Elton John Fooitjie / Skenking Meter

76 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Januarie 23, 2009 om 6 : 15

    Eerste.

  • 2. Wille Kjind Q  |  Januarie 23, 2009 om 6 : 21

    Tweeste!

  • 3. Wille Kjind Q  |  Januarie 23, 2009 om 6 : 21

    Alexander Selkirk

  • 4. Olga  |  Januarie 23, 2009 om 6 : 22

    Op die lewe van alexander selkirk of soos som se selcraig.

  • 5. Wille Kjind Q  |  Januarie 23, 2009 om 6 : 23

    Of so iets. Ek gat nou ry. Het ‘n important afspraak wat ekki kan missi

  • 6. Wille Kjind Q  |  Januarie 23, 2009 om 6 : 24

    Eish! Sorry Olga. Baai Olga

  • 7. Olga  |  Januarie 23, 2009 om 6 : 29

    In my kinderjare het winkels butterfly toffies verkoop. Dit was die lekkerste toffies ooit. Ek dink jy praat van MAROGGO, juf annie. In witmenstaal marog.

  • 8. Olga  |  Januarie 23, 2009 om 6 : 30

    Tata wk. Versigtig ry.

  • 9. Wille Kjind Q  |  Januarie 23, 2009 om 7 : 28

    Ons kuier lekker! Ons kuier lekker! Ons kuier lekker!

  • 10. Olga  |  Januarie 23, 2009 om 7 : 38

    Ek het al kaiingsg eeet. Pap en kaiings, brood en kaiings, kaiings en kaiings.

  • 11. Klip  |  Januarie 23, 2009 om 8 : 48

    Goeie naand almal

  • 12. Klip  |  Januarie 23, 2009 om 8 : 51

    Ek eet basies enige iets, solank dit nie beweeg , stink , vrot of af is nie

  • 13. Klip  |  Januarie 23, 2009 om 8 : 53

    Tiger toffies , Simba wosterchire sauce en picallily chips .

    Groovy cola , en al die ander smake

  • 14. Klip  |  Januarie 23, 2009 om 8 : 58

    Ek eet net vleis wat met n V begin , Vark, Vis en Vokken hoenner

  • 15. Wille Kjind Q  |  Januarie 23, 2009 om 9 : 22

    Sy dop die toets! Gmpf!

  • 16. Wille Kjind Q  |  Januarie 23, 2009 om 9 : 27

    GGGRRR!!!

  • 17. Wille Kjind Q  |  Januarie 23, 2009 om 9 : 28

    Lo Klip

  • 18. Olga  |  Januarie 23, 2009 om 9 : 31

    Wie het watter toets gedop? Lo klip. Gedink ek is in die bol gepik toe my kop tiger toffies gese het. Wat van niknaks smoked cheese? Onthou jy dit nog-

  • 19. Olga  |  Januarie 23, 2009 om 9 : 37

    Niknaks kaas en uie het net anderdag op die rakke verskyn. Dit is alklaar produkta non grata. Een ding weet ek, dit was nie net ek wat dit bo die oorsronklike verkies het nie. Simba maak net my koffie suur. Nes mens ingeburger raak met nuwe chips geur, ontrek hulle dit. Soos kreols chips rondom 1980.

  • 20. carina  |  Januarie 23, 2009 om 11 : 34

    My magtag, Kreols chips was presies wat ek gemis het en daar sien ek dit nou op jou comment! Dit was VREK lekker chips. En ek mis Gold (chocolate) so ‘n klein stafie. Kan nie onthou wie dit gemaakhet nie maar dit was so lekker. En REGTE appelkosies, nie die simpel goed wat nou op die rakke is nie!

  • 21. Wille Kjind Q  |  Januarie 24, 2009 om 12 : 00

    Oeg! Dis net ‘n gesjuipery wat hie aanga

  • 22. Klip  |  Januarie 24, 2009 om 3 : 24

    En nou le almal en winde ruik.

  • 23. Klip  |  Januarie 24, 2009 om 3 : 25

    Ek het n granaat boom en n vye boom in my tuin.

    Nou moet ek nog een van daai bome waaraan die geld groei kry om te plant.

  • 24. Klip  |  Januarie 24, 2009 om 3 : 29

    Lankal terug se vicks bubblegum, en daai wilson toffies……….. Ek kan nog van die sweeties onthou wat die oom by die kafee vir jou verniet gegee het as jy meer as tien sent se toffies gekoop het .

  • 25. Klip  |  Januarie 24, 2009 om 3 : 36

    Nikerballs, daai sweets het jou ook besig gehou , en dan daai ronde bubblegums wat jy met n twee sent uit so n snaakse rocket masjien gekry het .

    Beechies , spearmint was my favorite, en strawberry , dit laat my ook dink aan daai cherry gloss wat die meisies aan hulle lippe gesmeer het , dit het so lekker gesmaak met daai lang french kisses agter in die drive inn

  • 26. Klip  |  Januarie 24, 2009 om 3 : 40

    En daai sweets met n boodskappie op , so in rooi geskryf.

  • 27. Klip  |  Januarie 24, 2009 om 3 : 46

    Wat van daai kondensmelk “pikkies” , gewone , of arbei geur.

  • 28. Klip  |  Januarie 24, 2009 om 6 : 06

    Kaballas en sy tjomies sit oppie stoep eendag en brag oor hoe cool hulle pa’s is. “My pa is so cool dat hy vier MacDonnald burgers na mekaar kan eet!”, sê Jannie. “My pa kan ses van die goed eet!”, meen Gerrie. Kaballas lag en sê: “Dis fokol. My pa eet gloeilampe!” Die ander twee verstaan nie en Kabalas verduidelik: “Gisteraand het ek verby my pa-hulle se kamerdeur gestap toe sê hy vir my ma: Sit af die lig, laat ek bietjie daai ding eet.”

  • 29. Klip  |  Januarie 24, 2009 om 6 : 09

    Jy moet vir 3 outjies aandete voorsit: ‘n Hond, ‘n gay ou en ‘n anoreksiese persoon.
    Wat voer jy hulle?
    Epol, poepol en fokkol.

  • 30. Wille Kjind Q  |  Januarie 24, 2009 om 7 : 21

    :mrgreen:

  • 31. Wille Kjind Q  |  Januarie 24, 2009 om 8 : 46

    Voel of ‘n trein my getrap het

  • 32. Adrie  |  Januarie 24, 2009 om 9 : 17

    Die vampiere het my beet!

    Willes, ek neem aan die wildtuin sien jou nie die naweek nie?

  • 33. Olga  |  Januarie 24, 2009 om 9 : 54

    Hey daar. Ai carina, hoe proek ek nou die gold op my tong. En cherryrhpe. Ek het soveel cherryripes geeet en nooit moeg geraak daarvoor nie. Iemand wou anderdag weet van n waterval by pelgrimsrus. Ek het uitgevind van 2. Ken nie die name nie, maaq al2 is op tgme gronde en is nie toop vir die publiek nie.

  • 34. Adrie  |  Januarie 24, 2009 om 10 : 04

    Hoekom kan n mens nie n peanutbutter en stroop broodjie koop nie.

  • 35. Olga  |  Januarie 24, 2009 om 10 : 14

    Juf annie, seker om dieselfde rede hoekom hulle nie rogtoebies toebies verkoop nie. Hulle maak dit nie. Dom goed.

  • 36. Klip  |  Januarie 24, 2009 om 7 : 27

    Goeie naand almal.

    Hoop almal het n heerlike Saterdag middag beleef en alles geeet wat snaaks is

  • 37. Olga  |  Januarie 24, 2009 om 9 : 03

    Ai, bessie sal jy nou kyk hoe nostalgies iemand verlang na die agterry van die drive in. Ai, dieselfde agterry wat hom so wreed in die kniee geskop het. (Aldus hom! Gmf.)

  • 38. Adrie  |  Januarie 24, 2009 om 9 : 08

    Ek is nou so honger, ek vang sommer n paar slange vir kos.

  • 39. Adrie  |  Januarie 24, 2009 om 9 : 11

    Olga

    Versigtig, een van die dae vreet Bessie jou.

  • 40. Olga  |  Januarie 24, 2009 om 11 : 09

    Ag, nee, bessie liefwmy. Wie gaan haar karringmelk voer as sy my opeet?

  • 41. Jo-Ann  |  Januarie 24, 2009 om 11 : 13

    Pikkies…. wie onthou daai Pikkies (kondensmelkies).

    Ek en my broers het so aan die groen peule van een of ander boom gekou toe ek so 10 jaar oud was. Dit was nie ‘n doringboom nie, want ons boomhuis(e) was daarin. Ek kan die smaak nie beskryf nie, maar daar was nooit peule onder daardie bome nie – opgeëet voor dit kon “ryp” word en afval. Ons het ook suurlemoen met sout geëet – baie. Nooit verkoue gekry nie.

    Verlang ek nou huistoe by die aanhoor van kaings met sout… yummy.

    Ek het net eenkeer granaat in ‘n deli gesien.

  • 42. Olga  |  Januarie 24, 2009 om 11 : 37

    Ek het vandag granate by pnp in irene van alle plekke gesien. Ek onthou pikkies in die twisted houertjies nog goed. Ons het aarbei, tjoklit en gewone gekry. Die aarbei was my gunsteling. Ons het bessies, nie veel groter as vuurhoudjie kop, hande vol geeet. Vandag noem hulle di bos lantana, wat uitvaagsel bos is en die bessie glo uiters giftig. Ek, is te banggat om te toets of dit dieselfde bessie is wat ons in die kaap verslind het.

  • 43. Klip  |  Januarie 25, 2009 om 12 : 28

    Skaap appeltjies!!!!, hier by een van ons golf bane , is nog n skaap appeltjie boom , en ek mis dit nooit nie

  • 44. Klip  |  Januarie 25, 2009 om 3 : 37

    Hoe mis ek nie die bosduiwe wat ons in die koolstoof se oond gebraai het nie . Hoender wat op die werf groot geword het , die vleis donkerder en sommer baie smaakliker , en dan was daar altyd n gebaklei wie kry die pensie en lewertjies.

    Beskuit en brood wat met aartapel suurdeeg gebak is . , Daai beskuit het met een dompel jou hele beker koffie opgeslurp.

  • 45. Klip  |  Januarie 25, 2009 om 3 : 43

    Koffie langs die dam gemaak in n lee baked beans blikkie , met kondensmelk .

    Lekker stywe mielie pap met regte botter en suiker.

    Tameletjie wat ons gemaak het van gesmelte botter en suiker …..g’n wonder ek sit met rekmerke nie

  • 46. Klip  |  Januarie 25, 2009 om 5 : 23

    Dink net aan al die moontlikhede van wat om vandag gaar te maak

  • 47. Adrie  |  Januarie 25, 2009 om 7 : 39

    Ek het dit nou nie self probeer nie, maar ek het al gehoor van mense wat boomgom eet. Ek het al gesien hoe laat dit n kind se tande opmekaar vassit. En niks en niemand kan dit los kry nie.

  • 48. Olga  |  Januarie 25, 2009 om 7 : 41

    More, more. Leke dag almal.

  • 49. Adrie  |  Januarie 25, 2009 om 9 : 05

    Ek wil nog slaap!

  • 50. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 12 : 15

    Mirrag! Mirrag!

  • 51. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 12 : 17

    Ek is in ‘n jungle…. ‘n concrete jungle! Menlyn is wee vol mense en hul dinge

  • 52. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 1 : 12

    Wimpy het geen rare eetgoed nie😉

  • 53. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 1 : 14

    Daas net vetmaak goed

  • 54. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 1 : 24

    Die rarste eetgoed in Wimpy is ‘n Wipdomkrag:mrgreen:

  • 55. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 1 : 28

    Alle grappies op ‘n stokkie. Wa kan ek The Secret koop teen ‘n belaglike cheap prys?

  • 56. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 1 : 55

    Wat dink ‘n ouer wat met ‘n kjind inni rokers area sit❓

  • 57. Olga  |  Januarie 25, 2009 om 5 : 27

    Het die wimpy n kind in die rookarea toegelaat? Nie 1 van die ander wimpys waar ek al was laat dit toe nie.

  • 58. Olga  |  Januarie 25, 2009 om 5 : 36

    Ons was verlede jaar by die wimpy te tzaneen. Ouers get met 2 kinders in die rokers area gaan sit. Die kelner het hulle gevpa om elders te gaan sit. Hulle het geweier. Die bestuurder is ingeroep. Die uiteinde van die saak is dat hulle vloekend daar uit is. Die bestuurde het voet by stuk gehou. Geen kind in die rookarea nie.

  • 59. Klip  |  Januarie 25, 2009 om 7 : 08

    Goeie naand almal

    As jy kan eet waar mense sit en rook , dan kan jy maar mos jou kos sommer in die lavetory ook sit en eet .

    Rook stink , stront stink PUNT

  • 60. Klip  |  Januarie 25, 2009 om 7 : 21

    A Zimbabwean arrives in Johannesburg as a new immigrant to South Africa.

    He stops the first person he sees walking down the street and says, “Thank you Sir for letting me in this country , giving me housing, food, free medical care, and free education!” The passerby says, “You are mistaken, I am Nigerian.” The man goes on and encounters another passerby. ” Thank you for having such a beautiful country here in South Africa!” The person says, “I not South African, I am from Mozambique.”

    The new arrival walks further, and the next person he sees he stops, shakes his hand and says, “Thank you for the wonderful country!” That person puts up his hand and says, “I am from Middle East , I am not South Africa!”

    He finally sees a nice lady and asks, “Are you a South African?” She says , “No, I am from Kenia!” puzzled, he asks her, “Where are all the South Africans?”

    The African lady checks her watch and says…”Probably at work!!

  • 61. Klip  |  Januarie 25, 2009 om 7 : 31

    Twin sisters in St. Luke’s Nursing Home were turning one hundred years old. The editor of the local newspaper told a photographer to get over there and take pictures of the two 100 year old twins.

    One of the twins was hard of hearing and the other could hear quite well. Once the photographer arrived he asked the sisters to sit on the sofa.

    The deaf sister said to her twin, “WHAT DID HE SAY?”

    “WE GOTTA SIT OVER THERE ON THE SOFA!”, said the other.

    “Now get a little closer together,” said the cameraman.

    Again, “WHAT DID HE SAY?”

    “HE SAYS SQUEEZE TOGETHER A LITTLE.”

    So they wiggled up close to each other. “Just hold on for a bit longer, I’ve got to focus a little,” said the photographer.

    Yet again, “WHAT DID HE SAY?”

    “HE SAYS HE’S GONNA FOCUS!”

    With a big grin the deaf twin shouted out, “OH MY – BOTH OF US?”

  • 62. Klip  |  Januarie 25, 2009 om 7 : 33

    An ingenious example of speech and politics occurred recently in the United
    Nations Assembly which made the world community smile.

    A representative from Israel began: ‘Before beginning my talk I want to tell
    you something about Moses.

    When he struck the rock and it brought forth water, he thought, ‘What a good
    opportunity to have a bath!’

    He removed his clothes, put them aside on the rock and entered the water.

    When he got out and wanted to dress, his clothes had vanished. A Palestinian
    had stolen them.’

    The Palestinian representative jumped up furiously and shouted, ‘What are
    you talking about? The Palestinians weren’t there then.’

    The Israeli representative smiled and said, ‘And now that we have made that
    clear, I will begin my speech.

  • 63. ADRIANA  |  Januarie 25, 2009 om 7 : 48

    Hey Klip

    Ek neem aan jy rook nie.

  • 64. Klip  |  Januarie 25, 2009 om 7 : 54

    Hi A3 , nee ek rook nie , het baie jare terug gerook

  • 65. Klip  |  Januarie 25, 2009 om 7 : 56

    Ek gee nie om dat ander mense rook nie , altwee my kinders rook . So ek is nie juis n goeie voorbeeld nie.

  • 66. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 7 : 57

    Lo da! Olga…. Daas baja eetplekke wat net so min vi die kjinners omgee as die ouers. Pis my af

  • 67. Adrie  |  Januarie 25, 2009 om 7 : 57

    Klip

    Is jy nog in Saterdag?

  • 68. Klip  |  Januarie 25, 2009 om 7 : 58

    Ek verdra net rook as ek op die mense se “turf ” oortree, soos om in n bar te sit waar mense rook

  • 69. Wille Kjind Q  |  Januarie 25, 2009 om 7 : 58

    Ek rook nie as da kjinners naby issi

  • 70. Adrie  |  Januarie 25, 2009 om 7 : 58

    PS

    Nuwe blog.

  • 71. Klip  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 00

    Ja ek sit vannand my verlof in , vir Saterdag .

    Toe ek nou werk toe ry wonder ek of daar braai geriewe gaan wees , of bring elkeen ook sy eie braaier ?. Hoe het julle op die vorige blog jols gemaak?

  • 72. Adrie  |  Januarie 25, 2009 om 8 : 01

    Op die vorige blogjols was daar braaiers gewees. Ek sal Skroplap more epos met die laaste details.

  • 73. Cecilia Ludick  |  Mei 26, 2009 om 4 : 19

    Kan iemand asseblief vir my se hoe maak mens die aartapel suurdeeg en ook die vriendskaps koek. My resepte boeke is in gepak en ‘n Matriek dogter het ons hulp nodig.
    Baie Baie Dankie.

  • 74. Adrie  |  Mei 26, 2009 om 10 : 31

    Cecilia – namens Salome

    VRIENDSKAPSKOEK (SNOWFLAKE RESEPTEBOEK)
    500 ml koekmeel 10 g (1sakkie) kitsgis
    500 ml louwarm water
    Meng al die bestanddele, bedek en laat staan 7 dae. Roer een keer per dag. Gebruik 250 ml van die mengsel vir koek.
    Dag 1: Voeg 250 ml suiker, 250 ml koekmeel en 250 ml melk by.
    Dag 2, 3 en 4: Roer, bedek en laat rys.
    Dag 5: Voeg 1 k suiker, 1 k koekmeel en 1 k melk by.
    Dag 6, 7, 8 en 9: Roer goed. Bedek en laat rys.
    Dag 10: Roer. Gee drie vriendinne elk 250 ml van die mengsel saam met ‘n afskrif van die resep. Hou 250 ml en voeg die volgende by:
    250 ml kookolie 3 eiers, geklits
    250 ml suiker 500 ml koekmeel
    10 ml bakpoeier 5 ml koeksoda
    10 ml vanieljegeursel 5 ml kaneer
    3 ml fyn gemmer 2 ml gemengde seserye
    2 ml fyn naeltjies 1 blik (410g) tertappels, gekap
    20 ml koekvrugte 125 ml gekapte okkerneute
    250 ml klapper, opsioneel versiersuiker om oor koek te stuif
    Meng al die bestanddele goed. Skep in gesmeerde 22cm ringpan of twee 23 cm broodpanne en bak 45 minute (ringpan) of 50 – 60 minute (broodpanne) in voorverhitte oond by 160ºC. Stuif versiersuiker oor en sit warm of koud voor met room. As die mengsel meer as verdubbel terwyl dit staan, roer net weer.

  • 75. Adrie  |  Mei 26, 2009 om 10 : 32

    Hier is ‘n meer gedetaileerde resep vir die suurdeeg. Die een wat ek gegee het, is sommer soos ek dit by oumatjie oor geleer het.
    2 medium aartappels
    500 ml gekookte water
    3 ml aktiewe droë gis of 5 g persgis
    125 ml lou water
    25 ml suiker
    10 ml sout
    fles met deksel

    1. Was, skil en rasper die aartappels, gooi kookwater oor en laat afkoel.
    2. Week die gis in die 125 ml lou water.
    3. Meng die suiker, sout en geweekte gis goed met die lou aartappelmengsel, gooi in die fles en skroef toe maar nie styf vas nie.
    4. Maak warm toe en laat vir 6 tot 8 ure lank of oornag op ‘n warmerige plek staan. Die suurdeer sal skuimerig word en fles vul of selfs uitloop as die gis baie aktief is. Daarom moet die fles nie dig toegeskroef word nie, want dit kan bars.As dit te lank gelaat word verswak die gis.Afname in volume is teken daarvan.
    5. Hou 250 ml gis in die toe fles vir ‘n plantjie. Syg die res deur ‘n draadsif as die aartappels grof gerasper is of gebruik net so as dif fyngerasperde aartappels is.
    6. Knie volgens die insuur- of direkte deegmetode.

  • 76. Thys Bothma  |  Augustus 29, 2013 om 10 : 08

    Dagse, Punt 43 – Skaap appeltjies, wie weet waar kan ek saan of plantjies in die hande kry. laat weet as. info@yokidz.co.za

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: