Om te kondoom of nie

Januarie 21, 2009 at 6 : 02 222 Kommentaar

Die Beeld berig oor ‘n ondersoek oor of kondome effektief in skole versprei word.

Volgens wet het skole die keuse of hulle aan kinders ouer as 12 kondome gaan verskaf.  Baie skole weier omdat hulle ‘n mate van sedes wil behou.  Ander skole deel dit nie effektief uit nie.  Daar word voorgestel dat daar ‘n nasionele regulasie opgestel word van hoe dit gedoen behoort te word.

Volgens wet het kinders ouer as 12 die reg om hulle self seksueel te beskerm, dws met kondome, voorbehoedpille en selfs aborsies.  Dieselfde wetmakers het ‘n wet dat enige seksuele daad, selfs ‘n soen, taboe is vir kinders  onder 16.  So ‘n kind wat vrywillig seks het kan vervolg word.  Ek gaan weer sê dat dit glad nie vir my sin maak nie.  Hulle het die reg tot iets wat hulle moet gebruik vir iets wat hulle nie mag doen nie.

Dit bring ons terug na die kondome op skole.  Skole se hoofdoel is om ‘n kind kennis te gee.  Genoeg sodat daar ‘n fondament is vir verdere opleiding in ‘n rigting waarin die kind belangstel.  Skole is natuurlik ook nuttig om ‘n kind blootstelling aan kultuur en sport te gee.  Skole kan self aangewend word om kinders seksopvoeding te gee, maar dit sluit beslis nie prakties in nie.  Skole is nie ‘n plek om te kafoefel nie.  Ek wonder wat is volgende, ‘n liefdeskamer of koshuisbrakke wat saam mag slaap?

Een argument is dat die kinders hulleself moet kan beskerm as hulle gemolesteer word.  Die kind word misbruik, dit is seker nie ook nodig dat hy/sy ‘n siekte ook op doen nie.  Hulle het ‘n punt beet, maar die feit is dat geen kind gemolesteer behoort te word nie.  Die wet voorsien ook dat die kind dit in geheimhouding kan kry.  Een manier om te verseker dat die monster in geheim met sy booshede kan voortgaan.  

Ander redeneer weer dat kinders nie ore aan hulle koppe het nie en nie sal skroom om die wet te oortree nie.  Dit is stout, maar hulle verdien nie die doodstraf daaroor nie.  Ook waar, maar 2 wrongs never made one right.  Dit is waar opvoeding in kom, OORTUIG hulle dat hulle nie seks wil hê nie.  Hulle behoort ook nog die heeltyd onder volwasse toesig te wees en besig gehou te word.  Noudat ek daaraan dink, stoute kinders behoort ook nie van verkragting aangekla te word vir vrywillige seks nie. 

Kondome kan wel goed in skole aangewend word.  Dit is die beste en goedkoopste waterbomme denkbaar.  Wys hulle hoe en stuur hulle parlement toe.

Ek staan ook nie kondome in die werksplek voor nie. 

Hoe voel julle of dink julle dat ek te preuts is?

Blogvraag:  Waarvan is kondome in die Rennaisans Era gemaak?

Blogantwoord:  Olga was eerste reg met BANCA MONTE DEL PASCHI DI SIENA sederd 1472.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Verpligte Kostes Elton John

222 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Januarie 22, 2009 om 12 : 27

    Olga

    In die blog wereld is Donderdae Droldae.

  • 2. Wille Kjind Q  |  Januarie 22, 2009 om 12 : 28

    Ek gee nie om as narre hul name verander nie….. maar vloek is nou nie norig nie

  • 3. andre  |  Januarie 22, 2009 om 12 : 30

    adrie : ok hier is vir jou iets beters meer na jou styl🙂

  • 4. Wille Kjind Q  |  Januarie 22, 2009 om 12 : 30

    Of om soos die ousie te probeer praati. EN dit nog vikeerd te kry

  • 5. Olga  |  Januarie 22, 2009 om 12 : 32

    Ja, dit is droldag. WordPress is die drol.

  • 6. Wille Kjind Q  |  Januarie 22, 2009 om 12 : 33

    I am a medical student currently doing a rotation in toxicology at the poison control center. Today, this woman called in very upset because she caught her little daughter eating ants. I quickly reassured her that the ants are not harmful and there would be no need to bring her daughter into the hospital.

    She calmed down and at the end of the conversation happened to mention that she gave her daughter some ant poison to eat in order to kill the ants.

    I told her that she better bring her daughter in to the emergency room right away.😯

  • 7. Olga  |  Januarie 22, 2009 om 12 : 34

    Wie het gevloek?

  • 8. Wille Kjind Q  |  Januarie 22, 2009 om 12 : 36

    @ Olga

    131 het gevloek

  • 9. Wille Kjind Q  |  Januarie 22, 2009 om 12 : 37

    Lelik ook😕

  • 10. Adrie  |  Januarie 22, 2009 om 12 : 48

    Pinnochio’s puppet career ended when he became a real boy.

    Whahahahahaha

  • 11. Verons  |  Januarie 22, 2009 om 12 : 50

    He-he!!😆 ek kan maar net lag!

  • 12. Wille Kjind Q  |  Januarie 22, 2009 om 12 : 53

    Lag is goeie mirrisyne

  • 13. Wille Kjind Q  |  Januarie 22, 2009 om 12 : 56

    ‘n Grap is ‘n grap en ‘n joke is ‘n joke………. ma jy maaki ‘n sambreel in iemand hol oop nie

  • 14. Wille Kjind Q  |  Januarie 22, 2009 om 12 : 58

    ( ( ( ( ( ( ( ( ( ( Z O E K O E ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ) ) ) ) ) ) ) ) ) )

  • 15. Adrie  |  Januarie 22, 2009 om 1 : 12

    Flour and Water

    How come when you mix water and flour together

    You get glue?..
    And then you add eggs
    And sugar…
    And you get cake?

    Where did the glue go ?

    NEED AN ANSWER?

    You know darned well where it went!

    That’s what makes the cake
    Stick to your BUTT

  • 16. skroplap  |  Januarie 22, 2009 om 1 : 19

    eloooo almal

  • 17. skroplap  |  Januarie 22, 2009 om 1 : 23

    okay, niemand…

  • 18. Adrie  |  Januarie 22, 2009 om 1 : 36

    Skroppie

  • 19. Adrie  |  Januarie 22, 2009 om 1 : 37

    Daag ook altyd op wanneer die met vrae al weg is. Sies vir jou.

  • 20. Wille Kjind Q  |  Januarie 22, 2009 om 1 : 39

    SKROPPIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 21. Wille Kjind Q  |  Januarie 22, 2009 om 1 : 54

    Dêmmit!!!

  • 22. Bottertjie  |  Januarie 22, 2009 om 2 : 03

    Ek het ‘n aids ad gesien met Barbie en Ken die bed, dan lui die headline: life’s fantastic if you’re plastic.
    Die anner ene, ook met Barbie en Ken (Ken het ‘n kondoom oor sy gekop getrek): everything is better in plastic.
    Dan heel onder: AIDS is real. Play it safe!
    Mwahahahahahaha!

  • 23. Erns  |  Januarie 22, 2009 om 2 : 04

    Loda almal

    A3 is die blogjol nog aan ek het gereply en gese ons kom

  • 24. Wille Kjind Q  |  Januarie 22, 2009 om 2 : 09

    WHUHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAAHAAAAAAA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 25. Fielavlooi  |  Januarie 22, 2009 om 2 : 11

    testing testing

  • 26. Bottertjie  |  Januarie 22, 2009 om 2 : 12

    Haai, Fielavlooi, dit lyk my die mense werk vir ‘n slag (LOL)! Dis maar stil nou.

  • 27. Wille Kjind Q  |  Januarie 22, 2009 om 2 : 14

    Lo Erns

  • 28. Adrie  |  Januarie 22, 2009 om 2 : 15

    Sorry Erns

    Jou per ongeluk geskip.

  • 29. Fielavlooi  |  Januarie 22, 2009 om 2 : 15

    Hulle het seker gaan lunch

  • 30. Adrie  |  Januarie 22, 2009 om 2 : 15

    I wish.

  • 31. Fielavlooi  |  Januarie 22, 2009 om 2 : 16

    Lunch jy nie Adrie

  • 32. Bottertjie  |  Januarie 22, 2009 om 2 : 16

    Hoesit, Adrie? Werk jy hard vandag?

  • 33. Adrie  |  Januarie 22, 2009 om 2 : 19

    Bottertjie

    Ek werk elke dag hard. Jy?

    Fiela

    Ongelukkig nie die hele dag nie.

  • 34. Wille Kjind Q  |  Januarie 22, 2009 om 2 : 20

    Watse getoetsery is dit my jou Fielavlooi?

  • 35. Bottertjie  |  Januarie 22, 2009 om 2 : 23

    Ag, nee wat, Adrie. Werk bietjie hier, loer bietjie daar, drink ‘n koffietjie, loer weer. Nie baie lus vir werk nie. Het maar net 2 advertensies in my rakkie, wat ek seker in 5 minute sal klaarhê.
    Hoe vorder die reëlings vir jul blogjol, gaan daar baie mense?

  • 36. Adrie  |  Januarie 22, 2009 om 2 : 25

    Willes

    Sy leer dit by jou.

  • 37. Adrie  |  Januarie 22, 2009 om 2 : 26

    Die reelings? Dit moet jy vir Skroplap vra. Ek gaan net mooi lyk.

    Daar is ‘n klompie wat gaan kom, veral as ‘n mens in ag neem waar dit gehou gaan word.

  • 38. Fielavlooi  |  Januarie 22, 2009 om 2 : 27

    Willekjind Q ek toets die water!! het al voorheen gesien dis hoe dit gedoen word hier

  • 39. Erns  |  Januarie 22, 2009 om 2 : 31

    Loda Willes
    K wil weet of jou kjenners blogjol toe gaan kom

  • 40. Roer  |  Januarie 22, 2009 om 2 : 44

    Ek kan maar net my kop skud, want ek’s nie vandag lus vir swets nie. Dit kom van hierdie ‘mense regte’ snert. Kinders behoort presies dit te wees. Kinders. Dit is van hulle dit beskou as hulle goeie reg om te ponkie en dan kan besluit wat hulle met die gevolge daarvan mag doen (aborsies), want dis hulle liggame en hulle goeie reg, dat ons sit met ONDER ANDERE hierdie snert. Waar’s die dae wat jy nie eers sal waag om vir ‘n seun flikkers te gooi nie, uit respek vir jou ouers. En nee tog, natuurlik se^ ek nie kinders mag nie regte he^ nie.

  • 41. Adrie  |  Januarie 22, 2009 om 2 : 52

    Ek dink persoonlik vandag se kinders is verveeld. Hulle kan niks doen nie, want hulle lewens word letterlik bedreig, dit maak van hulle misdadigers, hulle word te veel gestimuleer – die gevolg – vindingrykheid bly in die slag.

    Wat bly oor? Rekenaars, seks, dwelms.

  • 42. Roer  |  Januarie 22, 2009 om 3 : 01

    Ag nee wat Adriana. Dis ‘n swak verskoning. Dit is bewys dat ‘n kind wat ‘n sport beoefen se kanse skraler is om deurmekaar te raak met sulke snert as ‘n kind wat nie ‘n sport beoefen nie (dit is natuurlik nie ‘n given nie). Of enige buite-muurse aktiwitiet en daar is hope. Dit hoef nie noodwendig sport te wees nie. Vind net uit waarin jou kind belangstel. Wat laat hom/haar tick. “Hulle kan niks doen nie, want hulle lewens word letterlik bedreig”… ek weet darem nie so mooi van daai een nie. Miskien is dit maar net ‘n Kaap ding, maar kinders hier gaan surf, ry in die berge fiets, j-board in die parkies, ballet, modern dance, speel skaak (my kind is in graad 2 en in sy skool se skaak spannetjie en ja, ek spog, so what), ens. Ek weet nie waar om te stop wat aktiwiteite betref nie en nie almal kos geld nie. Persoonlik dink ek daar is meer as genoeg om kinders besig te hou.

  • 43. Adrie  |  Januarie 22, 2009 om 3 : 06

    Roer

    Jy het my ‘n bietjie verkeerd verstaan. Dalk omdat ek my baie verkeerd uitgedruk het.

  • 44. Wille Kjind Q  |  Januarie 22, 2009 om 3 : 06

    TANNIE ROER!!!!!!

    @ Fiela

    O I C

    @ Erns

    Natuurlik kom my se kjinners

  • 45. Adrie  |  Januarie 22, 2009 om 3 : 19

    Laat ek vertaal

    Wat ek eintlik bedoel het is dat kinders nie hulle self kan uitleef en gesonde kattekwaad aanvang nie. As hulle vrugte steel of toktokkie speel, kan hulle geskiet word. As hulle ongeorganiseerd in die straat / buurt fiets ry of kaalgat gaan swem, kan hulle deur een of ander booswig harass word. Speel hulle cops & robbers of raak effens hardhandig met mekaar, dan is dit sielkundige drama.

    Alles moet deesdae georganiseerde aktiwiteite wees en dit leer geen kind vindingrykheid nie. Wat bly oor as hulle effens wil uithak?

  • 46. Adrie  |  Januarie 22, 2009 om 3 : 22

    Ek onthou dat my ma altyd gese het vandag se kinders (15 – 20 jaar terug) kan nie speel nie. Vandag is dit nog 10 keer erger. Omdat alles georganiseerd moet – laat ek eerder ‘n hele blog daaroor skryf.

  • 47. Adrie  |  Januarie 22, 2009 om 3 : 24

    Ek moet se, daardie Duitse snotkoppies is kreatief. Om te dink dat een kreatiewe daad wereldnuus raak.

  • 48. Roer  |  Januarie 22, 2009 om 3 : 27

    Stem 100% daarmee saam A3.

    Hoekom skree Willes alweer op my?!

  • 49. Adrie  |  Januarie 22, 2009 om 3 : 31

    Tannie Roer

    Die Ousie se net sy is baja bly om haar se tannie te sien.

  • 50. Adrie  |  Januarie 22, 2009 om 3 : 32

    Lyk my ek het ‘n derde taal. Ek kan ousie praat.

  • 51. Roer  |  Januarie 22, 2009 om 3 : 33

    😆 Okaayyy… Dankie dat julle ‘n party daar VER gaan hou hoor. Very nice Peter!

  • 52. Wille Kjind Q  |  Januarie 22, 2009 om 3 : 37

    My kjinners speel tot 9 inni aand buite………. INNI YARD!!

  • 53. Adrie  |  Januarie 22, 2009 om 3 : 55

    Tannie Roer

    Jy kan ons terug kry en ‘n party op jou voorstoep hou.

  • 54. Adrie  |  Januarie 22, 2009 om 3 : 56

    Terwyl ek nogal dink

    Witbank is nie juis op ons voorstoep nie.

  • 55. Wille Kjind Q  |  Januarie 22, 2009 om 3 : 57

    Ai tog!!!!! My comments vat so lank om deur te gaan dat ek nou ma moed opgee

  • 56. Nats  |  Januarie 22, 2009 om 4 : 01

    Hello julle!!!

  • 57. Roer  |  Januarie 22, 2009 om 4 : 06

    Willes, is dit nie ‘n bietjie gevaarlik in jou yard nie?😆

  • 58. Nats  |  Januarie 22, 2009 om 4 : 10

    Die wet maak glad nie sin nie… hoe kan jy gaan vir ‘n aborsie as jy nie mag seks hê nie… ek praat nie van waar sy verkrag was nie.

    Ek sal sê ‘n kind moet leer van seks maar darem eers leer voor mens vir hulle kondome liks en regs uit deel voor hulle weet wat dit is!

    Maar vandag se kinders weet al van ‘n baie scary ouderdom af wat dit is!😯

  • 59. Nats  |  Januarie 22, 2009 om 4 : 11

    Eish… da verdwyn my comment!!!!

  • 60. Wille Kjind Q  |  Januarie 22, 2009 om 4 : 11

    Ek wonner of ek nie moet bel en hoor watse facilities da issi. Dan kan ek somme oorslaap en die Sondag trug ry

  • 61. Adrie  |  Januarie 22, 2009 om 4 : 12

    Nats

    Se ek ook.

  • 62. Adrie  |  Januarie 22, 2009 om 4 : 14

    Willes

    Jy kan kamp of ‘n chalet kry.

  • 63. Adrie  |  Januarie 22, 2009 om 4 : 14

    Skrop reken sy kan gratis kamplek reel.

    Chalet R350 ‘n aand.

  • 64. Wille Kjind Q  |  Januarie 22, 2009 om 4 : 15

    @ Tannie

    Moetie lelik wees metti ousie nie!

    @ Nats

    Ook about tyd! Is jou naam ook nou gat?

  • 65. Adrie  |  Januarie 22, 2009 om 4 : 22

    Tannie

    Wees lelik met die ousie.

  • 66. Wille Kjind Q  |  Januarie 22, 2009 om 4 : 54

    GGGRRR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 67. Adrie  |  Januarie 22, 2009 om 4 : 54

    Oubaas comes back 2 his car & find a note saying ‘Parking Fine.’ He Writes a note and sticks it to a pole ‘Thanks for compliment.’

  • 68. Wille Kjind Q  |  Januarie 22, 2009 om 5 : 07

    He! He!

  • 69. Wille Kjind Q  |  Januarie 22, 2009 om 5 : 11

    Wat noem jy ‘n hasie in ‘n pyp? Blokhasie.

    Hasie in die tuimeldroër? Spinhasie

    Wat noem jy ‘n hasie ini hospitaal? operhasie!

    en ‘n hasie ini spur? inspurhasie…!

    en hasies wat koud kry..? vibrhasie!

    wat noem mens ‘n hasie met GPS? navighasie

    Wat noem mens ‘n rugby hasie? Paashasie

    Wat noem mens `n hasie wat in pretoria bly? Hawsie

    ‘n Hasie wat uitasem is? ‘n Blhasie

    ‘n Hasie met styl? ‘n Clhassy

    ‘n Hasie wat mond-tot-mond asemhaling toepas? Oksidhasie

    ‘n Walt Disney Hasie? Animhasie

    ‘n Vuvuzela Hasie? Gerhasie

    ‘n klomp hasies? ‘n nhasie

    Wat noem ‘n mens ‘n hasie op ‘n telefoon? Kommunikhasie…

    Wat noem ‘n mens ‘n losbandige hasie? ‘n Flirthasie…

    Wat noem mens ‘n deurskynende hasie? ‘n Glhasie!!!!

    Wat is ‘n geel hasie? ‘n Khasie!!!!

    wat noem ‘n mens ‘n hasie wat preek…….’n kanselhasie!!!!

    wat noem jy ‘n ryk hasie?? inflhasie!!

    ‘n Hasie wat boer? Plhasie…

    Wat noem mens ‘n siek hasie?…. Inflamhasie

    Wat noem jy ‘n hasie wat oorsee gaan?…. Immigrhasie

  • 70. Wille Kjind Q  |  Januarie 22, 2009 om 5 : 19

    ‘n Man se siening….

    Vanoggend terwyl ek op die snelweg ry, kyk ek oor my skouer en sien ‘n vrou hier langs my in ‘n splinternuwe Polo, met haar gesig tot teenaan die tru-spieëltjie gedruk, besig om maskara aan te sit. Kan jy dit nou glo? Ek het net vir ‘n paar sekondes weggekyk, maar toe ek my weer kon kry, is sy halfpad oor in my baan, nog steeds besig met haar bleddie maskara.

    Nou kyk, as ‘n man, skrik ek nie maklik nie. Maar die vroumens het my so horries gegee dat ek skoon my elektriese skeermes laat val, wat op sy beurt die steak-en-kidney pastei uit my ander hand stamp. In die hele deurmekaarspul, terwyl ek die kar probeer stuur met my knieë, glip die selfoon toe weg van my oor af, val in die koffie tussen my bene, verbrand GrootSeun en die Tweeling, is die selfoon in sy mo@r, my broek papnat, EN het ek boonop ‘n belangrike oproep verloor.

    Bleddie vrouemens-bestuurders…

  • 71. Wille Kjind Q  |  Januarie 22, 2009 om 5 : 41

    A man staggered into a hospital with a concussion, multiple bruises, two black eyes, and a five iron wrapped tightly around his throat.

    Naturally, the Doctor asked him, ‘What happened to YOU?’

    ‘Well, I was having a quiet round of golf with my wife, when at a difficult hole, we both sliced our golf balls into a field of cattle.

    We went to look for them and while I was looking around I noticed one of the cows had something white at its rear end.’

    ‘I walked over, lifted its tail, and sure enough, there was a golf ball with my wife’s monogram on it – stuck right in the middle of the cow’s fanny.

    Still holding the cow’s tail up, I yelled to my wife, ‘Hey, this looks like yours!”

    ‘I don’t remember much after that.’

  • 72. Wille Kjind Q  |  Januarie 22, 2009 om 5 : 42

    Hoe legendes begin

    In Engeland – Once upon a time…
    In Amerika – Long, long ago…
    In Suid Afrika – Onthou jy daai aand toe ons so gesuip was..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: