Kuierplekke

Januarie 19, 2009 at 5 : 58 207 Kommentaar

Deesdae word daar gereeld reunies gehou van gewilde kuierplekke in die jare toet.  Veral Jacquelines is baie gewild, veral as hulle oorspronklike DJ’s vir die musiek gaan sorg.  Ek het ook al ‘n Topaz reunie gesien, ironies want ek dink Topaz bestaan nog. 

Ek was nog nooit een vir ‘n nagklub gewees nie.  Ek kan nie dans nie.  Dit lyk veral eers belaglik as ek moet los dans.  Daarby is my ore geneig om toe te slaan van harde musiek.  Dit veroorsaak dat ek ‘n dokter moet besoek om my ore weer oop te maak.  Erger nog, ek het gewoonlik die grootste weirdo’s aangetrek.  Ek was wel in ‘n paar nagklubs gewees, maar dit was maar min en ver uitmekaar uit gewees. 

As ons die dag met ‘n klub bevlieging opgestaan het, was ons gewoonlik Good 4 Fellas toe gegaan.  Ons tydgenote was mal oor Drop Zone en Malloney’s, maar ek kan nie dink dat ek al ooit by een van die twee was nie.  Ek was ook ‘n keer of wat by Morgans (?), Presleys en Firkins gewees.   Ek was self een onvergeetlike aand in Topaz gewees.

Ons het met een van die privaatkoshuise ‘n tapid social gehad.  ‘n Tapid social beteken jy trek tapid aan en gaan maak jou naam iewers gat.  Tapid is regtig af.  Dit is soos ‘n swanger vrou met ‘n sigaret in die hand.  Hakskoene met ‘n sweetpakbroek.  T-hempies waarvan die moue opgerol is.  Enkelsokkies by hakskoene.  Julle kry die prentjie.  So gaan ons vol bedenkinge na Topaz.  Die plek was vol mense en ons het geensins uit gevoel nie.  Dit was net ons groepie wat opsetlik tapid aangetrek het.  Al was die plek kommin, moet ek erken dat ons baie lekker die aand gekuier het.

Gelukkig is daar geen wet wat voorskryf dat jy net ‘n nagklub as ‘n kuierplek mag aanwend nie.  Almal weet nou al waar my gunsteling kuierplek is.  Van studentedae af is ek ‘n groot beker & boontjie aanhanger, ek het al baie ure daar deurgebring.  ‘n Ander kuierplek wat van my studentedae uitstaan is die kerk se trappies.  Sonder verversings.

My kuierplekke is natuurlik in Pretoria.  Waar het julle as jong mense uitgehang?  Waar kuier julle deesdae?  Sal julle ‘n reunie van jou kuierplek bywoon?  Enige stories om te deel?

Blogvraag:    Watter nagklub is internasionaal bekend as die huis van die Can-Can?

Blogantwoord:  Maxie was reg met Victor Verster Gevangenis.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Apartheid uit Adriana se herinneringe Verpligte Kostes

207 Kommentaar Add your own

  • 1. Verons  |  Januarie 20, 2009 om 3 : 16

    Zoeks issie sover nie man! Ek het ongelukkig 1e tot die sportblogjol ge-commit daai dag anders was ek daar!

  • 2. Zoekoe  |  Januarie 20, 2009 om 3 : 16

    Ek sien somige van die belangrike mens chicken klaar uit !

  • 3. Zoekoe  |  Januarie 20, 2009 om 3 : 18

    Nee dis maar reg so Verons, ons weet sport is belangriker as vriende – ons verstaan

  • 4. Adrie  |  Januarie 20, 2009 om 3 : 18

    GMF

    Ek, Sam en Tilla is daar. Nats ook, maar sy weet dit nie.

  • 5. Wille Kjind Q  |  Januarie 20, 2009 om 3 : 24

    Trug!

    Eish! Arme Bessie! Nee wag……… arme Olga! Ek is seker Jyt jou gat meer as sy af geskrik

  • 6. Adrie  |  Januarie 20, 2009 om 3 : 26

    Sport en die sport blog.

    Prioriteite suig.

  • 7. Olga  |  Januarie 20, 2009 om 3 : 27

    Ja, bessie is ok, danki. Se vir klip ek se dankie, maar baie nee dankie.

  • 8. Olga  |  Januarie 20, 2009 om 3 : 33

    Julle weet jakaranda is die please call me radio stasie, ne. Nou ja, iemand het hulle gecall en gecall en gecall. Elke keer babala bemarking. Sjym sy het retro rewind 22 meh 2007 gewen. Toe het sy hulle haar besonderhede gefax soos hulle gevra het. Sy wag nou nog vir wat sy gewen het. Tel dit ook as ingeloop soos op verlede week se post juf annie?

  • 9. Adrie  |  Januarie 20, 2009 om 3 : 35

    Beslis

    Jakaranda betaal nie vir die oproep of faks nie.

  • 10. Verons  |  Januarie 20, 2009 om 3 : 36

    Nee julle is verkeerd die sportblog het 1e op die 31e besluit! 2 weke terug al julle het eers gister op die datum besluit EN ek het gister al gesê hulle datum is die 31e!!

  • 11. Adrie  |  Januarie 20, 2009 om 3 : 40

    Ons kwalifiseer hoEr as die sportblog mense

  • 12. Olga  |  Januarie 20, 2009 om 3 : 43

    Tel dit beslis as ingeloop deur jakaranda? Ja, ek weet hulle betaal nie die oproep nie. Hulle het my ook geplease call me. Want el het n prys gewen in n kompetisie waaraan ek nie deelgeneem het nie. Ek hoop hulle het die boek in toilet sonder papier op jozi se stasie gelos. Ek sien heeltemal te veel van pissie in huisgenoot.

  • 13. Adrie  |  Januarie 20, 2009 om 3 : 51

    Please call me is baie onprofesioneel.

  • 14. Adrie  |  Januarie 20, 2009 om 3 : 53

    Hulle vra mos die nommers, dus kan hulle self bel.

  • 15. Wille Kjind Q  |  Januarie 20, 2009 om 3 : 53

    UITERS onprofesioneel!

  • 16. Adrie  |  Januarie 20, 2009 om 3 : 57

    Willes

    Dalk moet jy vir hulle ‘n les in kliente diens gaan gee.

  • 17. Olga  |  Januarie 20, 2009 om 4 : 14

    En wat noem jy dit as iemand op die lug n prys wen en dit 2 jaar later steeds nie ontvang het nie? Al haar besonderhede is dan nog dieselfde?

  • 18. Adrie  |  Januarie 20, 2009 om 4 : 21

    Olga

    Van wie praat jy?

    ‘n Prys wat nog nooit bestaan het nie.

  • 19. Adrie  |  Januarie 20, 2009 om 4 : 21

    Dus bedrog.

  • 20. Wille Kjind Q  |  Januarie 20, 2009 om 4 : 23

    @ A3

    Op die oomblik sal ek hulle spite en somme vi chom Wanneburg vra om saam ONS blogjol te hou!

  • 21. Adrie  |  Januarie 20, 2009 om 4 : 30

    En seker maak hulle weet daarvan?

  • 22. Wille Kjind Q  |  Januarie 20, 2009 om 4 : 52

    Ek sal vir hulle elke 5 minute ‘n mms stuur van hoe lekker ons partytjie hou!

  • 23. Adrie  |  Januarie 20, 2009 om 4 : 55

    Wie is hulle?

    Die droppers soos Verons?

    As Petrie daar opdaag sien jy hoe vinnig vergeet sy die sportblog.

  • 24. Olga  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 00

    Daar was retro rewind in 2007. Die dame het gewen 22 mei 2007. Met maurice gepraat. Wat is bedrog daaraan? Ou petrus ry darem baie as sy kar vandag alweer gediens moes word. Hy het mos des ook by jou gekuier wk.

  • 25. Adrie  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 01

    Weet nie wat dit van hulle dienste se nie.

  • 26. Wille Kjind Q  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 07

    @ Adriana

    Verons beskyt haself as sy sien Petrie kuier saam ons:mrgreen:

    Ek moet tog volgende keer ‘n foto van die mannetjie neem en vi ha mms.

  • 27. Wille Kjind Q  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 08

    Kom ons mail vi ou Maurice en hoor wat sy kant vanni storie is

  • 28. Adrie  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 08

    He He He

    Dit is juis die punt.

  • 29. Adrie  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 09

    Maurice is waarskynlik onskuldig.

    Dit is daardie idiote in hulle bemarkings afdeling wat aanjaag.

  • 30. Wille Kjind Q  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 11

    Of hy Afrikaans gat verstaan is ‘n anne ding……

  • 31. Wille Kjind Q  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 12

    Dan mail ons hom anyway en hoor wat hy sê hy gat doen

  • 32. Olga  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 13

    Jy ken my vriendin in middelburg se naam en van. Mail hom en hoor. Ek sal boetie wannenberg nie ken as ek hom omloop nie.

  • 33. Wille Kjind Q  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 16

    @ Olga

    Hy ‘n groot pragtige kjind en hulle gat ons toesluit vi …… uhm indecent wees as ons saam hom moet kuier

  • 34. Adrie  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 16

    Olga

    Dit maak twee van ons.

  • 35. Adrie  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 21

    Hy is seker al middel 20s of nader aan my ouderdom.

  • 36. Wille Kjind Q  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 24

    Dan moet hy vi my tannie sê😉 Verkieslik JA TANNIE:mrgreen:

  • 37. Adrie  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 25

    Wie op aarde gaan vanaand Obama se stories kyk?

    Ek gaan eerder Mamma Mia kyk.

  • 38. Adrie  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 26

    Selfs as hy natgesweet is?

  • 39. Wille Kjind Q  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 30

    Selfs as hy natgesweet is!

  • 40. Wille Kjind Q  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 33

    Ek is nou nie ‘n Obama aanhanger nie

  • 41. ADRIANA  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 33

    EEUW

  • 42. ADRIANA  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 34

    Ek is nie ‘n Mamerika aanhanger nie.

  • 43. Adrie  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 37

    Nog net ‘n paartjies.

  • 44. Wille Kjind Q  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 38

    Bruin of te not! What happens in America stays in America

  • 45. Adrie  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 40

    Ek gaan ‘n sekuriteitsmaatskappy begin. Ridder het my die plan gegee.

  • 46. Wille Kjind Q  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 41

    YIPPEE!!!!!!!!!!!!!!!

  • 47. Adrie  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 42

    Hy kry net aandag omdat hy nie wit is nie. As ek hy is, het ek my al lankal vererg.

  • 48. Adrie  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 42

    Ek krap dalk so R100 mil bymekaar en wen ‘n nobelprys

  • 49. Adrie  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 44

    Dalk moet ek net ‘n rilfliek maak.

  • 50. Adrie  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 44

    Maklik, loop net op die strand rond met ‘n videokamera.

  • 51. *mathilda*  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 51

    Ons net wasi heel mirag af ! Adrie, al die wat per posduif gesê het hulle kan nie kom nie

  • 52. *mathilda*  |  Januarie 20, 2009 om 5 : 55

    Eish – dit hael hier by ons – alweer

  • 53. *mathilda*  |  Januarie 20, 2009 om 6 : 00

    My man is op standby van Vrydag af tot die laaste week in Februarie – en nee – dit beteken nie ek chicken uit nie – alles behalwe

  • 54. *mathilda*  |  Januarie 20, 2009 om 6 : 01

    En so praat ek nou maar met myself

  • 55. *mathilda*  |  Januarie 20, 2009 om 6 : 03

    Hallo – anybody out there ?

  • 56. *mathilda*  |  Januarie 20, 2009 om 6 : 05

    Ag okay – wees so – toodles dan maar vir eers

  • 57. M Masser  |  Februarie 17, 2010 om 11 : 45

    We cater for any Corporate Functions: Live Entertainment @ reasonable prices: Please contact Henre @ 082 849 8362 or Lilian @ 0712 560 9188

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: