Apartheid uit Adriana se herinneringe

Januarie 18, 2009 at 5 : 10 302 Kommentaar

Tannie Roer het onlangs gepraat van Sondes van die vaders.  Na Willes se herinneringe aan haar goeie ou dae, het daar ‘n paar vrae omtrent apartheid ontstaan.  Die gevolg is dat daar die volgende waar weke heelwat Apartheid skrywes gaan wees.  Juis omdat die meerderheid van die blog blank is en wonder waaroor die groot bohaai gaan. 

Self weet ek die minimum van apartheid af.  Ek kon nog nie eers Swanepoel spel toe daar van die Apartheidswette afstand gedoen is nie.  Ek is dalk in die Apartheidsera gebore, maar ek kon eers in die 3de demokratiese verkiesing deel neem.  Ek moet help betaal aan die prys van apartheid, want my wit vel het voordele van die apartheidstelsel geniet.  Dus tel ek as voorheen bevoordeel, al was daar heelwat gekleurde mense saam met my op skool en universiteit. 

Hierdie skrywe gaan oor my ervaringe van Apartheid en niks meer nie.  My grootste sonde was dat ek nie vrae gevra het nie, maar net aanvaar het wat om ons gebeur het.  Wat uit my kinderoë nie veel was nie.  My Afrikaanse boeke was nie met my Engelse boeke gemeng nie.  Sjokolade was nie met lekkers gemeng nie.  Daarom het dit vir my sin gemaak dat swart en wit mense nie saam gewoon het nie.  Ek het net nooit daaroor gewonder nie, dit was net hoe dit was.  En dit was omtrent net dit wat my ervaringe van Apartheid was. 

As kinders het ons verskeie bediendes gehad, waarvan die meeste in die buite kamer gewoon het.  Benewens die feit dat ons hulle op hulle naam genoem het, het die manier hoe ons hulle behandel het nie veel verskil van die manier wat ons ‘n blanke gas sou behandel het nie.  Hulle werk was om die huis skoon te hou, waarmee my ma (‘n huisvrou) hulle gehelp het.  Elkeen het hulle onderskeie take gehad, so het my ma altyd gekook en die kinders versorg.  Ons bediendes het nie oorskiet gekry nie, hulle het alles gekry soos die res van die gesin.  Lekkers en poeding ingesluit.  Ja, hulle het hulle eie beker en bord gehad, net soos elke lid van die gesin.  Ons het voor die tv geëet en sy in haar kamer.  Ek het nooit daaroor gewonder nie.  Ek onthou ook wel dat daar ‘n uur soggens en smiddae was wanneer die bediende nie gesteur kon word nie.  Dit was haar radiostorie tyd gewees. 

Ons skool het eers in die middag negentigs gekleurde kinders gekry.  Ek onthou nog die eerste kleurlingmeisie in die skool, niemand het haar sleg behandel nie.  Daar was ‘n mini oproer in die skool voordat sy gekom het, maar dit was meer veroorsaak deur nuuskierigheid as iets anders.  Anders as die skool, was daar altyd veral Kleurlinge in ons kerk.  Vandat ek kon onthou het.  Ek het maar aangeneem dat dit in alle kerke die geval is, ek het eers in die hoërskool besef dat dit nie die geval is nie.

Die kerk het ons eenkeer geneem om die kinders in die swart kant van die hospitaal te besoek.  My ma was een van die mense wat saamgegaan het om toesig te hou.  Toegegee, ek was nie ‘n gereelde besoeker aan die hospitaal nie, maar wat ons daardie dag gesien het is skokkend gewees.  Ma’s wat onder hulle kinders se wiegies geslaap het.  Op die kaal grond.  Anders as die blanke kant was daar bloot net te veel mense in die swartkant gewees.  Daar was ook kinders wat gebrand was of baie siek was.  Dit was ontstellend, self vir die groot mense, maar ons het nooit daaraan gedink dat dit Apartheid se skuld was nie.  Ons het nie eers geweet dat daar so ‘n woord was nie, ons het dit net so aanvaar.  (Vandag is dit nog steeds die geval in staatshospitale en dit is nie Apartheid se skuld nie).

Dit is omtrent die alfa en omega van my ervaringe van apartheid.  Die dorp waar ek grootgeword het, het nie openbare vervoer gehad nie.  Almal het in dieselfde winkels gekoop, daar was ook blankes wat in die indiërgebied gaan inkopies doen het.  Daar was self blankes met indiër dokters gewees.  Ons was ook (by die skool en huis) ontmoedig om afbrekend van gekleurde mense te praat.  Ons was boy, ousie en koelie toegelaat, maar kaffer, meid ens was selfs daardie tyd taboe.

Ons hoop om ‘n skrywe te kry van iemand wat erg geraak was deur apartheid.  Ek sal iewers gaan navorsing doen en julle hopenlik vertel waar kom Apartheid vandaan.   Hoe het jy destyds oor apartheid gevoel?

Blogvraag:  Uit watter tronk was Mandela in Februarie 1990 vrygelaat?

Blogantwoord:  Piedmont North Dakoda.  Olga was amper reg.

Baie geluk Xanika met jou verjaarsdag vandag.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Sannies van die plaas, stad en dorp Kuierplekke

302 Kommentaar Add your own

  • 1. andre  |  Januarie 23, 2009 om 8 : 35

    adrie: ek en een van my kollegas het so paar dae terug gepraat oor mandela se stoet ons het altwee saamgestem dit sal nou weer ‘n wereld remoer veroorsaak en hier in suid-afrika sal daar sommer vir ‘n hele week lank ekonomiese resessie wees

  • 2. marlene  |  September 6, 2016 om 10 : 23

    Ek is baie lief vir die natuur en wanneer ek kyk na die diereryk lyk dit nie vir my of hulle wil meng nie. Die swaeltjie se nes lyk tog anders as ‘n duif se nes. Ek dink nie die apartheidswette was reg nie maar glo dat elke kultuur bymekaar moet bly. Ek weet dan sal daar meer vrede in ons mooi land wees. Elke ou het tog die reg om sy eie nessie op sy manier te bou en te bly.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: