Sannies van die plaas, stad en dorp

Januarie 16, 2009 at 5 : 05 176 Kommentaar

Vandag gaan ek myself aan growwe veralgemenings skuldig maak.  Is dit nie snaaks hou mense nie sommer hulle plek van herkoms verloor nie.  Die kultuur van die plek waar hulle groot geword het, bly vir altyd saam met hulle.  Soos hulle in Coyote Ugly sê:  Just a small town gal, trying to make it in the big city.

Van my hoekie lyk dit asof die plaas en stad op die teenoorgestelde punte staan en die dorp die balans in die middel handaf.  As ‘n meisie van die plaas in ‘n bol mis trap, gaan sy ongestoord verder stap.  Die dorpsdame gaan haar voet vies afvee en die stadspop gaan ernstig daaraan dink om haar voet te amputeer.  Kom ons neem ‘n bul wat  . . . uhm . . . opgewonde is.  Die van die plaas kan nie minder gepla wees nie.  Die van die dorp giggel vir 10 minute daaroor en gaan aan.   Die stad . . . wel hulle is geskok en gefassineerd om die minste te sê.

Eetgoed is ‘n heel ander storie.  Veral die plaasjapies dink kos is vleis en daarmee bedoel ek net vleis.  As hulle die dag lus het vir groente, sal hulle ‘n hoender slag.  Stadsjapies begin rooivleis vermy en konsentreer op vis en hoender.  Plaasmense eet afval, niere, lewer, koppe en sluk dit met dik melk af.  ‘n Stadsmens gaan eerder dood van die honger.  Tog gril ‘n plaasmens vir een ding, sushi, ironies dat die stadsmens nie daarmee ‘n probleem het nie.  Die dorpsmens eet of geen “gross” goed nie of het hier en daar met iets mak geword.

Min stadsmense sien kans vir ‘n grondpad.  Wanneer daar weer meer as 10 karre op ‘n pad is, wil ‘n plaasmens ‘n paniekaanval kry.  Altwee is geneig om te jaag.  Die dorpsjapies is versigtiger, hulle vermy grondpaaie en verkeer, maar kan deurdruk as dit moet.

Plaassannies weet waar kom kaas, melk en ham vandaan.  Hulle weet lemoene groei aan bome en gril nie as ‘n kat ‘n muis van nie.  Hulle kan self ‘n wiel om ruil of selfs klein herstel werkies doen.  Hulle is ook handig in die kombuis.  Die stadsmense weet wie om te bel  en waar om te koop as hulle iets soek.  Weereens is die dorpenaars iets van alles.

‘n Plaassarie wil doodval as sy ‘n gemengde of gay paartjie sien.  Die keer lig die stadssarie nie ‘n wenkbrou nie.  Sarie van die dorp sal dalk net frons.  Stedelinge is nie verstom oor ‘n lughawe, liggies, ‘n bekende of ‘n mall nie.  Plaasmense raak in vervoering en die dorpsmense geniet dit. 

Dalk erg oordryf, maar sulke mense bestaan regtig.

Blogvraag:  Van waar was die kroegeienaar in Coyote Ugly oorspronklik?

Blogantwoord:  Willes was reg met Elizabeth Gracen.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Aan die neus rondlei Apartheid uit Adriana se herinneringe

176 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  Januarie 18, 2009 om 1 : 41

    O 4k! My ma tune my nou dat dit ons bediende was wat inni vangwa gesmyt was. Bleikbaar het mense my gevat en versorg tot my ma vanni werk afgekom het. My brein het alli tyd ‘n ander picture gehad. Ek sal seke nooit daai dag vigeet nie. Scary…. 4kin scary

  • 2. Wille Kjind Q  |  Januarie 18, 2009 om 1 : 56

    Daar het baie gemengde paartjies Lorenzo Marx toe gevlug. Baja van hulle het terug gekom toe die oorlog begin het da. Oom Pierre en sy vrou het vi ‘n paar jaar daar gebly en getrou. 1975 het hulle trug gekom met die 2 kjinners oppi rug. Hulle het hie in Eersterust kom bly en is tot vandag nog hier. Sy familie het hom heeltemal afgeskryf en ha familie bly ook in Eersterus

  • 3. Wille Kjind Q  |  Januarie 18, 2009 om 2 : 10

    Korreksie….. My ma was 3 toe die trok kom en hulle van MARABASTAD na Attvlle toe gevat het. Dit was die trek voor die groot trek. Ai tog! Ten minste was da ok trokke involved met die groot trek van da af met die nuwe groepswet. He! He! Sy wil weet vir wat ek alles nou op eenslag wil weet

  • 4. Olga  |  Januarie 18, 2009 om 2 : 47

    Ai, dit is tragies. Is dit omgeke erde my – pa – se kindgeid wat
    Maak dat jy vandag se tyd aandring op n blikbeker? Uoe ek destyds, 1983. Geweier het om die huishulp te registreer, het ek eers r10 toe r20 boete gekry. Toe het homer vir firma gaan werk wat die huishuld betaal het. En seker geregistreer het ook. Want as die inspekteur omgekom het, het ek gewoonlik gehoor sy noem die firma se naam, dan het die omie die aftog geblaas. Ek het na die 2de boete net nooit weer uitgegaan as n wit bakkie met of sonder n wapen voor my hek getoet het nie. As hy sy kanse wou vat en by my dalmation verby kon kom, het hy sy boete verdien. Hy was natuurlik nie dapper genoeg nie.

  • 5. Olga  |  Januarie 18, 2009 om 2 : 50

    Wk, die tyd dat die trokje gekom het, was daar toe aparthehd tussen swart en bruin gekom? Of was dit altyd in plek?

  • 6. Wille Kjind Q  |  Januarie 18, 2009 om 2 : 54

    Olga…. Ek het vandag vi die 1ste keer gehoor van my pa enni blikbeker. Ek het ok baja anne goeters gehoor wat jou hare regop sal laat staan

  • 7. Wille Kjind Q  |  Januarie 18, 2009 om 2 : 59

    Die 1ste keer het almal saam gebly. Swart, bruin en kleurling. Die 1ste trek was oorlat hulle vanni shacks na huise toe getrek het. Die kleurlinge het nogsteeds saam met die swartes gebly. Die groot trek was om die kleurlinge te dump in Eersterus

  • 8. Olga  |  Januarie 18, 2009 om 3 : 08

    Weet van n familie in my tuis dorp waat n baie donker seun gehad het. Die storie was dat hy n bloubaba by geboorte was. Hy was destyds 19. Die fluister storie was natuurklik dat sy ma n vergouding met die tuinjong gehad het. Die was natuurlik agterna aan verkragting skuldig gevind. Nadat n tweede bloubaba doodgebore was. Eers het die seuntjie verdwyn, toe dhe ma. Sy het later met n
    Wit man teruggekeer en nadat die groepsgebiedwet weggeval het, het die seun ook terug gekom. Die fluisterstorie was dat hy by n kleurling fam in pleegsorg was. Dit was n volstruis geval. Almal het geweet dit was verkeerd om kind van sy ma te skei oor n wet, maar almal het weggekruip. As jy niks gesien het nie, kon jy niks doen nie.

  • 9. Wille MA Q  |  Januarie 18, 2009 om 3 : 12

    ‘n Oomblik in my lewe wat ek nooit sal vergeet nie was toe ek 13 of 14 jaar oud was en in die hospitaal was vir ‘n heupvervanging. Ek onthou die dag toe ek die dokter buite gekry het en ek was so bly ek wou hom soos gewoonlik ‘n drukkie gee. Die man het my net so gekyk asof ek nie bestaan nie. Ek kon as kind nie verstaan hoekom die gawe dokter wat my vir 3 maande lank elkedag ‘n drukkie kon gee my dan skielik behandel asof ek melaats is nie. Op daai oomblik het ek besef in watter wrede wêreld ons bly. En dit was 40 jaar trug

  • 10. Olga  |  Januarie 18, 2009 om 3 : 15

    Onsg et die geskiedenis wat nou volgens die regering leuens is. Not gaan ons hulle weergawe kry. Nes die ou geskiedenis, gaan die nuwe ook net n glorified weergawe wees. Vol gate. Wt jy nou vertel wk, gaan ons help om die gate tussen die 2 weergawes toe te stop. Dankie aan jou ma wat haar eerpstehandse kennis met ons deel.

  • 11. Wille Kjind Q  |  Januarie 18, 2009 om 3 : 16

    Olga…. Daar was baja kjinders van die play whites wat baja blas by geboorte was. Dan was of die ma of die pa kleurling

  • 12. Wille Kjind Q  |  Januarie 18, 2009 om 3 : 21

    Ek het gewonner of ek nie by oom Pierre moet ga kuier nie. Ek dink daai oom sal die beste kanidaat wees om die gaps te vul. Net jammer my pa lewe nie mee nie. Die twee was dik chommas

  • 13. Olga  |  Januarie 18, 2009 om 3 : 29

    Dit was nou wragtig om n kind se vertroue te knou. maar ag, mens is nie vals met n kind nid.

  • 14. Wille MA Q  |  Januarie 18, 2009 om 3 : 35

    Aan Wheelbarrow Jack. Ek dink jy sal eers van jou feite agtermekaar moet kry. Daar is baie dinge wat jy nie van weet nie. Die internet dinge van julle praat nie altyd die waarheid nie. Daar was baie erger dinge wat gebeur het. Maar tog was daar die goeie dinge ook. Dit het byvoorbeeld my kinders geleer om vir hul regte op te staan. Van my 4 kinders is Samantha die een met die grootste lus vir die lewe. Ek het nog nie nog ‘n ander mens teegekom wat meer trots kan wees op waar sy vandaan kom of waarheen sy oppad is nie. Speel asseblief mooi met mekaar. Ek is seker jou ma het jou oordentlik groot gemaak. Oppas tog net vir my rissie. Sy maak van die gehardste mense sag

  • 15. Olga  |  Januarie 18, 2009 om 3 : 36

    Dink jy hy sal vir ons n post skrye wk? Ons moet dit dalk oor naweke doen dat die wat nie belangstel nie, dit nie swaar en donker vind nie. Die reun was baie meer as blas wk.

  • 16. Wille Kjind Q  |  Januarie 18, 2009 om 3 : 39

    Ma! Gee daai foun! Kom sta skinner van my op ‘n openbare blog. Eish!

  • 17. Olga  |  Januarie 18, 2009 om 3 : 40

    Dankie wille tannie vir die deel van die inligting. Dit vul ons kennis ook aan.

  • 18. Adrie  |  Januarie 18, 2009 om 3 : 41

    Olga

    Ek het al gehoor dat Xhosas en Zulu ens van mekaar ook geskei.

  • 19. Adrie  |  Januarie 18, 2009 om 3 : 43

    Grrr!! Soek julle more n apartheidsblog of moet ek dit los tot vrydag?

  • 20. Wille Kjind Q  |  Januarie 18, 2009 om 3 : 43

    Olga… Ek sal eers moet ga hoor of die ou top ons sal help. Ek gat netti al die oumas en oupas leer blog nie. Of ek sal hom interview en dan dit oppi blog sit

  • 21. Wille Kjind Q  |  Januarie 18, 2009 om 3 : 45

    Ek vote vi more!

  • 22. Adrie  |  Januarie 18, 2009 om 3 : 51

    Wat gaan ons doen? Uit my oogpunt, uit n gekleurde oogpunt en uit n ouer wit oogpunt uit?

  • 23. Wille Kjind Q  |  Januarie 18, 2009 om 3 : 52

    My wasgoed wag. Praat later

  • 24. Wille Kjind Q  |  Januarie 18, 2009 om 3 : 54

    3ling…. Dis ‘n moeilike 1 daai. Skree as ek kan help

  • 25. Adrie  |  Januarie 18, 2009 om 4 : 06

    Ek is nie nou lus om navorsing te doen nie. Ek dink Willes moet eers met oom Pierre gaan praat en vir ons n blog uit die wat regtig geraak is se oogpunt skryf.

  • 26. Wille Kjind Q  |  Januarie 18, 2009 om 5 : 46

    Dêmmit! Oom Pierre issi by die huis nie. Ek het my ma gevra om more oggend ‘n draai da te ga maak om meer inligting te kry. Ek sal later vandag weer gat loer of hy da is om die inligting self te probeer kry

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: