Aan die neus rondlei

Januarie 15, 2009 at 5 : 31 305 Kommentaar

Beeld berig van ‘n geval waar iemand hulle deposito op vakansieverblyf betaal het, maar toe vir ‘n slenter gevang is.  Vermoedelik ht die mense wat die verblyf aangebied het, niks gehad wat hulle kon aanbied nie.  Hulle is vort met die deposito van wie weet hoeveel mense.  Hulle het gelukkig rot geruik voordat hulle die volle bedrag betaal het.

Ek moet tot my skaamte erken dat ek ook al met ‘n slenter gevang is.  In my jong voortvarende dae toe ek nog nie geleer het om na my innerstemmetjie te luister nie.  Ek wou by ‘n gim aansluit, soos gewoonlik het ek hulle afgestry.  Ek moes daar en dan betaal het.  Ek sit dit nogal op my begrotingsrekening, net ingeval ek ingeloop word, dan kan ek dit mos stop.  Min wetende dat dit nie so werk nie.  3 maande later was hulle bankrot en ek het vir ‘n 3 jaar kontrak betaal.  Soos baie ander mense in baie ander (standvastige) gims ook gedoen het. 

Dit was so R4000 se skoolgeld.  Ek het ‘n paar waardevolle lesse geleer.  Om mee te begin koop ek nooit iets wanneer iemand my druk om dit te doen nie.  Daar is geen haas nie, ‘n winskopie kan nie binne ‘n dag of week verdwyn nie.  As  hulle werklik ernstig is om jou as ‘n klant te kry, sal hulle doen wat jou pas.  Nooit weer betaal ek ‘n kontrak vooruit nie.  Ek sal dit maandeliks betaal of daar is geen ooreenkoms nie.  NOOIT weer ignoreer ek daardie stemmetjie wat my waarsku dat daar ‘n slang in die gras is nie.  Daardie stemmetjie het my al van soveel boetes gered, dit kon my ‘n paar duisend rand gespaar het ook.  As ek maar net geluister het.

Wat my oorgekom het, was basies my eie skuld.  Ek moes verder gedink het as wat my neus lank was.  Daardie bedrag het my nie geruineer nie, dit was nie eers ‘n gevoelige slag nie.  My eer het ‘n baie groter knou weg as my beursie.  In sulke gevalle kan ek amper die skelm salueer, dat hy aan iets gedink het wat my ore aangesit het.  As ‘n mens dom is, moet jy sukkel.

Tog dink ek dat so ‘n skelmstreek wat mense verwoes dieselfde straf as ‘n moord verdien.  Watse genot kan jy put daaruit nadat jy alles wat ‘n paar vir hulle aftrede gespaar het, gesteel het?  Of om ‘n middelklas gesin in armoede te dompel? 

Terug na die praktyk van vereiste deposito’s.  Mense se woord is deeste niks werd nie.  Jy kan nie iemand wat bespreek vertrou om op te daag, tensy jy ‘n houvas op hom het nie.  As daardie persoon net nie opdaag nie, ly jy nie te veel skade nie.  Tog, hoe moet jy weet dat jou bespreking by ‘n plek is wat werklik bestaan?  Webbladsye en foto’s is geen waarborge nie.

Deposito’s wanneer ‘n mens ‘n huis huur is amper ‘n blog op hulle eie.  As dit ‘n privaat huur is, dan kan jy amper verseker wees dat jy daardie deposito nooit weer gaan sien nie.  Weereens is daar ‘n geldige rede hoekom ‘n deposito gevra word.  Tog is daar altyd 10 stories as dit teruggee tyd is.  Regsoptrede is net duurder as die deposito, die kool is die sous nie werd nie.

Hoe voel jy oor deposito’s?  Is jy al ingeloop?  Van watter cons het jy al gehoor?  My idee van weerwraak – con die conartist.

Blogvraag:  My gunsteling dief, Amanda van die Highlander reeks, was deur watter aktrise gespeel?

Blogantwoord:  Olga was reg met Rydell High.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Gr 1 Juffrou Sannies van die plaas, stad en dorp

305 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Januarie 16, 2009 om 4 : 49

    Grappie

    Die doek moet stewig sit, maar jy moet jou vinger met gemak kan indruk.

  • 2. Nats  |  Januarie 16, 2009 om 4 : 52

    Adrie
    Ek sal jou goed glo, hoe werk drie mense met so klein babatjie? Ek en my ma het gesukkel om albei haar te bad – sy is net te klein en pas omtrent in my ma se hand! So jy kan imagine!

    He he he! Sy was darem nog nie blou nie!

  • 3. Adrie  |  Januarie 16, 2009 om 4 : 56

    Nou weet jy hoekom het dit so lank gevat.

  • 4. Nats  |  Januarie 16, 2009 om 5 : 02

    Cherio julle!!!!!

    Lekker naweek!!!!!

  • 5. Magda  |  Augustus 31, 2009 om 8 : 17

    Ek stem saam met die idee dat jy nooit weer jou huishuur deposito sien nie.Het nou amper ‘n maand terug ook R4 000 op deposito verloor.My raad? Maak die huis so vuil as moontlik en sabotteer als wat jy kan of bly jou deposito uit,dan kan jy nie verloor.Ek glo nie mens kry meer eerlike huiseienaars nie.Dis altyd eerlike huurders soos ons wat die spit moet afbyt.Dis hoekom huiseienaars so lekker kan lewe.Dis van al die geld wat hul steel van deposito’s.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: